Nel v Kotze (52/2008) [2008] ZANCHC 51 (20 June 2008)

55 Reportability
Land and Property Law

Brief Summary

Access to land — Interference with access — Applicant sought urgent relief against respondent for restoration of access path to agricultural land — Respondent had obstructed access by altering the path, rendering it impassable for agricultural vehicles — Legal issue concerned whether the respondent's actions unlawfully deprived the applicant of the use and enjoyment of the access path — Court held that the respondent's conduct was intentional and constituted unlawful interference, justifying the granting of a final interdict to restore access and prevent further obstruction.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2008
>>
[2008] ZANCHC 51
|

|

Nel v Kotze (52/2008) [2008] ZANCHC 51 (20 June 2008)

R
apporteerbaar:
Ja / Nee
Sirkuleer
onder Regters
:
Ja / Nee
Sirkuleer
onder Landdroste
:
Ja / Nee
Sirkuleer
onder Streeklanddroste
:
Ja / Nee
IN
DI
E
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saak
No
:
52/2008
Saak
Aangehoor:
13/06/2008
Dat
um
gelewer: 20/0 6/2008
In
die
saak tussen:
GERHARDUS
NEL
APPLIKANT
e
n
DIRK
KOTZE
RESPONDENT
Coram:
OLIVIER
R
UITSPRAAK
Olivier
R:
Die
applikant, mnr Gerhardus Nel, het op ʼn dringende basis ʼn
aansoek geloods teen die respondent, mnr Dirk Albertus
Kotze. Op 14
Januarie 2008 is ʼn bevel
nisi
toegestaan waarin gelas is

1.1 Dat
die respondent onmiddellik die toegangspad te herstel ten einde die
applikant vry en ongesto
orde
toegang te verleen na gedeeltes 228, 229 en 230 geleë te
Upington, Noord-Kaap, soos aangedui op die kaart aangeheg tot
die
Funderende Beëdigde verklaring as Aanhangsel “A”;
Dat
die respondent verbied word om op enige wyse in te meng met die
applikant se toegang tot gedeeltes 228, 229 en 230 soos
aangedui op
die kaart aangeheg tot die Funderende Beëdigde as
Aanhangsel
“A”;
Dat die respondent
verbied word om die applikant en/of sy gesin te dreig, intimideer,
viktimiseer of aan te rand;
Dat
die respondent verbied word om binne ʼn 50 meter radius van die
applikant en sy gesin af te kom.”
en dat die respondent
op die keerdatum redes moes aanvoer waarom dié bevele nie
finaal gemaak moet word nie. Die koste is
voorbehou vir beregting op
die keerdatum.
In
die
lig daarvan dat die applikant op die keerdatum dus finale regshulp
versoek het, sal die aangeleentheid oorweeg word, vir soverre
daar
wesenlike feitegeskille mag bestaan, deur “
die
feite wat gemene saak is te neem en waar daar werklike dispuut op
die feite bestaan die weergawe van die respondent ... te
aanvaar

(sien
Staatsdiensliga
van Suid-Afrika en Andere v Minister van Waterwese
1990 (2) SA 440
(NK) op 443G).
Wanneer
op hierdie grondslag na die getuienis betreffende die toegangspad
(en die regshulp in paragrawe 1.1 en 1.2 van die voorlopige
bevel)
gekyk word, blyk die volgende:
Die applikant boer op
meerdere eiendomme in die omgewing van Upington (een waarvan
perseel 207 is).
Die
respondent is ook ʼn boer in dieselfde omgewing, en wel op
perseel 13842.
Daar
is ʼn openbare pad (ʼn grondpad) tussen persele 207 en
13842, wat strek tot teen ʼn grens van een van die applikant
se
verdere landboupersele en daartoe toegang verleen.
Die
applikant het normaalweg nodig, vir doeleindes van sy boerdery, om
die
laasgemelde
verdere landbou-persele ook te kan bereik, onder andere met ʼn
vragmotor, om sy druiwe-oes te kan verwyder.
Die applikant het vir
baie jare die betrokke pad vir sodanige doeleindes gebruik.
Gedurende
1989 is die pad ná ʼn vloed herstel (deur dit oor te
gruis) en toe is die roete wat die applikant normaalweg
langs die
pad na sy verdere persele gevolg het, by ooreenkoms tussen die
applikant en die respondent gewysig.
Die
wysiging het behels dat, baie naby aan die punt waar die pad teen een
van die verdere persele van die applikant doodloop en
regoor die plek
waar die betrokke pad by die woonhuis van die respondent verbyloop,
die roete as’t ware verlê is om
die applikant in staat te
stel om net vanaf daardie punt van die pad af te beweeg en oor die
respondent se grond te beweeg. Dit
is gedoen om dit vir die
applikant te vergemaklik om met ʼn vragmotor daar na regs te
draai.
Die
gedeelte van die roete oor die respondent se grond is toe gegruis
in plaas van dié laaste gedeelte van ongeveer 50
meter van
die openbare pad, op welke gedeelte die respondent toe gras geplant
het om stof te beperk.
Dit
blyk duidelik dat daar toe later onenigheid tussen die applikant en
die respondent ontstaan het, klaarblyklik oor die koste
verbonde aan
die destydse gruis van die pad, en ook oor die onkoste van die
oprigting van
ʼn
toegangshek aan die begin van die openbare pad.
Volgens
die respondent het die applikant toe op ʼn stadium stappe geneem
om die grense van perseel 207 te merk, het die applikant
toe self
opgehou om te ry oor die gedeelte van die roete wat oor die
respondent se eiendom gestrek het en begin om reguit aan
te beweeg
met die openbare pad tot by sy verdere landboupersele, en dus oor
die gedeelte van die pad waar die respondent vroeër
gras
geplant het. Dit is die respondent se saak dat die applikant hom
ook op daardie stadium meegedeel het dat hy voortaan slegs
op die
openbare pad sou beweeg, en nie weer oor die gedeelte van die roete
wat oor die respondent se eiendom gestrek het nie.
Dit
is toe wat die gebeure plaasgevind het wat gelei het tot hierdie
aansoek.
Dit
is die applikant se saak dat die respondent toe op 20 Desember 2007
die betrokke 50 meter gedeelte van die openbare pad
“met
ʼn laaigraaf .... opgebreek en weggestoot”
het, en wel tot op ʼn diepte van 50 cm.
Dit
blyk nie in geskil te wees nie dat dit die gevolg gehad het dat die
water waarmee die wingerde op perseel 207 nagelei is,
gedreineer het
na dié gedeelte van die pad.
Dit
blyk ook nie werklik in geskil te wees nie dat, wanneer dit gebeur
het, die
“pad
... in ʼn moddergat verander”
het en onbegaanbaar geraak het vir ʼn vragmotor. Wanneer gelet
word op die applikant se foto’s van hoe die betrokke
gedeelte
van die pad op daardie stadium daaruit gesien het, is dit ook
duidelik sigbaar.
Dit
is die applikant se saak dat die respondent deur sodanige
optrede
van hom
“opsetlik
(die applikant se)
ongestoorde
gebruik en genot van die openbare pad ... ontneem”
het, terwyl die respondent geweet het dat die applikant dan nie sy
oes effektief sou kon verwyder nie.
Die
respondent se saak is dat hy bloot die gras van die betrokke
gedeelte van die pad verwyder het toe dit duidelik geword het
dat
die applikant se voertuie voortaan daar sou ry en nie meer op dié
punt van die pad af oor die respondent se grond
sou beweeg nie.
Die
respondent ontken dat hy enigsins ʼn laaigraaf gebruik het op
daardie gedeelte van die pad, maar sê ook nie hoe
presies die
gras dan uitgehaal is nie.
Na
my oordeel is dit egter nie deurslaggewend nie. Van meer belang is
dat die respondent nie ontken nie dat sy optrede - of dit
dan nou
bestaan het uit die opbreek van die pad met ʼn laaigraaf of uit
die onskuldige verwydering van gras – daartoe
gelei het dat
die oppervlak van die pad daar gedaal het (en wel met soveel as 50
cm), wat weer gelei het tot die opdamming van
water.
I
nteendeel,
dit blyk baie duidelik uit die respondent se antwoordende verklaring
dat hy toegee dat die applikant die betrokke gedeelte
later moes
laat gruis en opvul om dit weer begaanbaar te maak.
Die
respondent se argument is dat die applikant
“sy
eie wingerd natlei en hy kan dus self verseker dat die pad nie in ʼn
moddergat verander nie”
.
Die
argument kan egter nie in die omstandighede opgaan nie. Selfs al
sou die applikant moontlik die dreinering van water daarheen
kon
voorkom het op die een of ander wyse (
ʼn
mens weet net nie hoe dit sou gehelp het as dit gereën het
nie), bly die feit dat dit vóór die respondent
se
optrede nie nodig sou gewees het nie.
Dit
is ook opvallend dat die respondent nêrens aanvoer dat hy nie
geweet het dat die daling in die padoppervlak dié
gevolg sou
hê nie (Die teendeel blyk uit sy latere optrede, waarna
hieronder verwys sal word).
Die
respondent voer aan dat hy, toe die applikant aangedui het dat hy
voortaan net op die openbare pad sou ry, met die “
dilemma
gesit
(het)
dat
ek my gras van die openbare pad moes verwyder”
.
Hy verduidelik glad nie waarom hy onder so ʼn verpligting sou
gewees het nie en waarom hy toevallig juis toe, ná
die
onenigheid tussen hulle en met oestyd op hande, so moes gedoen het
nie.
Ek
is dus van oordeel dat die respondent wel die applikant van sy
ongestoorde gebruik van die betrokke gedeelte van die pad ontneem

het, selfs op sy eie weergawe, en dat hy moedswilliglik so gedoen
het, of minstens met ʼn blatante verontagsaming van die
gevolge
vir die applikant.
Die
respondent se gesindheid blyk ook uit die feit dat hy, weereens op
sy eie weergawe, ingemeng het toe die munisipale werkers
daar
opgedaag het om die pad te herstel. Hy ontken wel dat hy hulle met
geweld gedreig het. Hy voer aan dat hy bloot vir hulle
gesê
het dat dit onbillik was dat hy destyds self die pad moes herstel en
dat hulle nou die betrokke gedeelte van ongeveer
50 meter op die
belastingbetalers se koste wou herstel. Die respondent ontken egter
nie dat, wat ookal dan sy optrede teenoor
die werkers was, dit
daartoe gelei het dat hulle nie die pad herstel het nie.
Die
respondent se stelling dat “
die
probleem ... opgelos was

nadat die applikant se vrou op 4 Januarie 2008 sy skuld aan die
respondent betaal het, is moeilik te versoen met sy inmenging
toe
die munisipale werkers die pad wou herstel. Wat meer is, die
respondent het selfs tussen 11 en 13 Januarie 2008 nog, en

klaarblyklik voordat die applikant uiteindelik die betrokke gedeelte
van die pad herstel het (waarmee ek weer later sal handel),
water
daar laat inloop met ‘n tuinslang. Die bedoeling daarmee kon
tog maar net gewees het om die applikant verder te
frustreer in sy
gebruik van die pad.
In
die omstandighede meen ek dat die applikant daarop geregtig is dat
die bevel in paragraaf 1.2 van die bevel
nisi
bekragtig word. Dat die applikant later tog daarin geslaag het om
die betrokke gedeelte van die pad te herstel of te laat herstel,

doen geen afbreuk aan die duidelike saak wat uitgemaak is ten
aansien van die respondent se gesindheid en die bedreiging wat
dit
vir die applikant inhou rondom sy gebruik van die pad nie.
Wat
die regshulp in paragrawe 1.3 en 1.4 van daardie bevel betref, is
dit toegestaan op die basis van die applikant en sy prokureur
se
stellings dat die respondent telefonies gedreig het (teenoor die
prokureur) om die applikant aan te rand en dat die respondent
die
dag daarna, toe hy die applikant teëgekom het waar hy en sy
vrou met hulle honde gestap het naby die respondent se huis,
die
applikant bestorm het en geskree het dat hy hom sou aanrand.
Die
respondent ontken nou in sy antwoordende verklaring hierdie gebeure.
Hy erken die telefoniese gesprek met die applikant se
prokureur, en
ook dat hy tydens dié gesprek vloekende te kenne gegee het
hoe kwaad hy vir die applikant was, maar ontken
nietemin dat hy toe
gedreig het om die applikant aan te rand.
Die
respondent ontken ook nie die ontmoeting met die applikant en sy
vrou nie. Hy ontken egter dat hy die applikant bestorm het
of
gedreig het om hom aan te rand. Volgens die respondent wou hy maar
net met die applikant praat oor die onkostes van die masjien
by die
toegangshek.
Die
respondent erken egter darem dat hy driftig gepraat het en dat hy,
toe die applikant duidelik nie met hom wou praat nie, in
die
applikant se rigting beweeg het. Hy erken ook dat die applikant op
ʼn stadium daar van hom weggehardloop het, maar volgens
hom was
dit omdat die applikant die
“situasie
totaal verkeerd”
verstaan het.
Ek
moet sê dat ek maar taamlik skepties is oor die respondent se
verduidelikings in hierdie verband. Dit is egter nie die
toets nie.
Daar is op die stukke na my oordeel hieroor moontlik tog ʼn
wesenlike feitedispuut en, bloot vir doeleindes van
hierdie
uitspraak, sal ek dus die respondent se verduidelikings in hierdie
verband moet aanvaar. Daar was ook nooit ‘n
versoek dat
mondelinge getuienis hiervoor aangehoor word nie.
Dit
bring my by die aspek van koste. Die bevel
nisi
is
ex
parte
en op ʼn dringende basis aangevra en verkry op 14 Januarie 2008
(die aansoekstukke en die voorlopige bevel is terselfdertyd
op die
respondent beteken). As motivering ten aansien van die aspek van
dringendheid is aangevoer dat die respondent die munisipale
werkers
verhoed het om die pad te herstel en dat die applikant alreeds op 9
Januarie 2008 moes begin het om sy druiwe te oes.
Dit is op hierdie
basis dat die tussentydse regshulp in paragraaf 1.1 van die betrokke
bevel toegestaan is (Die beweerde dreigemente
van aanranding kon
nooit die basis vir dringendheid gewees het nie, want dit sou al
byna ‘n maand tevore plaasgevind het).
Die
respondent het toe in sy antwoordende eedsverklaring
aangevoer
dat die applikant die skade aan die pad eintlik alreeds voor die
aflê van die funderende eedsverklaring en die
verkryging van
die voorlopige hofbevel herstel het.
Alhoewel
die applikant se repliek hierop nie heeltemal duidelik is nie, blyk
dit minstens daaruit, en ook uit wat in argument
namens hom
voorgehou is deur sy advokaat, mnr Van Rensburg, dat die respondent
erken dat die skade reeds herstel was toe die
regshulp in paragraaf
1.1 van die voorlopige bevel versoek en verkry is.
Die
applikant
voer
aan dat hy daardeur maar net sy skade wou beperk en namens hom is
ook in argument aangedui dat daar nie langer ʼn bekragtiging
van
die bevel in paragraaf 1.1 versoek word nie.
Dit
is egter nie die punt nie. Niks het die applikant verhoed om sy
skade te beperk nie, maar hy was verplig om, veral weens
die feit
dat die aansoek
ex
parte
gebring is, aan die Hof te openbaar dat hy reeds die skade herstel
het (sien
Cometal-Mometal
v Corlana Enterprises
1981 (2) SA 415
(WLD) op 414 en
De
Jager v Heilbron and Others
1947 (2) SA 415
(W)). In plaas daarvan, het hy ʼn bevel versoek
wat die respondent sou verplig om die skade te herstel en so te
kenne gegee
dat die pad nog beskadig is en dat hy dus geregtig was
om die Hof op ʼn dringende basis vir sodanige regshulp te nader.
Ek
vind die stelling wat mnr Van Rensburg op een stadium in argument
gemaak het dat daar by verkryging van die voorlopige bevel
wel aan
die Hof openbaar is dat die pad reeds herstel was, moeilik om te
begryp. Indien dit gedoen is, sou die regshulp in paragraaf
1.1 van
die voorlopige bevel tog nie toegestaan gewees het nie. Inteendeel,
die applikant sou dit dan ook nie eers versoek het
nie; net soos wat
die bekragtiging daarvan nie nou versoek is nie.
Dit
is selfs denkbaar dat die Hof, indien dié belangrike
inligting openbaar was, nie meer geneë sou gewees het om
die
aangeleentheid as sodanig dringend te beskou dat kennis aan die
respondent nie eers nodig was nie.
Die
applikant het ook die hele agtergrond tot die gebeure verswyg. By
die lees van slegs die funderende eedsverklaring, is dit
totaal
duister wat aanleiding kon gegee het tot die respondent se optrede.
Sonder om enigsins te kenne te gee dat die geskiedenis,
en die
beweerde versuim om tot onkostes by te dra, as regverdiging kon
gedien het vir die respondent se latere optrede, bly die
feit dat
die applikant die Hof op daardie stadium totaal in die duister
gelaat het oor wat die agtergrond tot alles was.
Ek
stem glad nie saam met mnr Van Rensburg se argument dat die
inligting ontersaaklik sou gewees het nie. Die applikant het nooit

die deurhaling versoek van dit wat die respondent in besonderhede
hiervoor verklaar het nie. Dit kon tog, minstens uit ‘n

koste-oogpunt, nooit ontersaaklik gewees het wat dit was wat na al
die jare aanleiding gegee het tot die inbreuk op die applikant
se
regte nie.
Alhoewel
ek van oordeel is dat die algehele opheffing van die voorlopige
bevel nie hier aangewese is nie,
meen ek dat, as ʼn teken van die Hof se misnoë met die
applikant se versuim om tersaaklike inligting ten volle te openbaar,

die applikant ontneem moet word van die kostebevel wat normaalweg
sou gevolg het op ʼn suksesvolle aansoek (vergelyk
Poseiden
Ships Agencies (Pty) Ltd v African Coaling and Exporting Co
(Durban) (Pty) Ltd and Another
1980 (1) SA 313
(D) op 317 en
Schlesinger
v Schlesinger
1979 (4) SA 342
(W) op 354).
Ek
meen dus dat geen kostebevel gemaak behoort te word nie, wat tot
gevolg sal hê dat elke party sy eie koste sal dra, wat
in die
geval van die applikant sal insluit die koste verbonde aan 14
Januarie 2008, toe die voorlopige bevel verkry is.
In
die omstandighede maak ek dus die volgende bevele hierin:
Paragraaf
1.2
van die bevel
nisi
van 14 Januarie 2008 word bekragtig.
Paragrawe 1.1, 1.3
en 1.4 van daardie bevel word opgehef.
________________________
C J OLIVIER
REGTER
NOORD-KAAPSE
AFDELING
Nms
Applikant
: Adv
F G Janse van Rensburg
In
opdrag van
: Engelsman
Magabane Inc, KIMERLEY
Nms
Respondente
: Adv
J G van Niekerk, SC
In
opdrag van
: Duncan
& Rothman, KIMBERLEY