S v Abrahams (24/08) [2008] ZANCHC 48 (4 June 2008)

60 Reportability
Criminal Procedure

Brief Summary

Criminal Procedure — Plea of guilty — Irregularities in proceedings — Accused pleaded guilty to a charge of maintenance non-compliance without proper explanation of legal rights — Accused's plea based on a charge that differed from the one served — Court found that the magistrate failed to clarify the implications of the charge and did not ensure the accused's understanding of potential defenses — Resulted in a miscarriage of justice — Guilty plea and sentence set aside.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2008
>>
[2008] ZANCHC 48
|

|

S v Abrahams (24/08) [2008] ZANCHC 48 (4 June 2008)

R
apporteerbaar:
Ja / Nee
Sirkuleer
onder Regters
:
Ja / Nee
Sirkuleer
onder Landdroste
:
Ja / Nee
Sirkuleer
onder Streeklanddroste
:
Ja / Nee
IN
DI
E
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saak
No
:
24/08
Datum
gelewer: 04/06/2008
In
die
saak tussen:
DIE
STAAT
e
n
PIETER
KOBUS ABRAHAMS
Coram:
Olivier R en Mokgohloa
WnR
UITSPRAAK
OP HERSIENING
Olivier
R:
Die
beskuldigde het as ‘n onverteenwoordigde aangeklaagde
in
die Landdroshof skuldig gepleit op ‘n aanklag van die
oortreding van artikel 31(1) van die Wet op Onderhoud, 99 van 1998.

Nadat hy skuldig bevind is, is hy gevonnis tot ‘n boete van R2
000,00 of 12 maande gevangenisstraf, welke vonnis in die
geheel
voorwaardelik opgeskort is vir drie jaar. Die aangeleentheid dien
nou op outomatiese hersiening.
Ek
het etlike navrae ten aansien van beide die skuldigbevinding
en
die vonnis aan die betrokke landdros gerig. Die landdros gee toe
dat verskeie onreëlmatighede begaan is en dat beide
die
skuldigbevinding en die vonnis tersyde gestel behoort te word. In
die lig van hierdie toegewing gaan ek bloot na enkele
van die
probleme ten aansien van die skuldigbevinding alleen verwys.
Die
beskuldigde is skuldig bevind nadat die landdros, na aanleiding van
‘n aanduiding tot dié effek deur die aanklaer,

ingevolge artikel 112(1)(a) van die Strafproseswet gehandel het en
die beskuldigde dus skuldig bevind het sonder ‘n ondervraging

of ‘n verklaring van die kant van die beskuldigde.
Die
aanklag soos uiteengesit in
die dagvaarding verskil van dié uiteengesit in ‘n
aanhangsel tot die dagvaarding, beide ten aansien van die tydperk

van versuim (om die onderhoudsbevel na te kom) en die totale
agterstallige bedrag.
By
navraag verklaar die landdros dat die weergawe in die aanhangsel die
een is wat aan die beskuldigde gestel is. Dit beteken
dat daar ‘n
aanklag aan die beskuldigde gestel is wat wesenlik verskil het van
die een vervat in die dagvaarding wat op
hom bestel is en op sterkte
waarvan hy Hof toe is; en dit sonder dat enige stappe geneem is om
die aanklag te wysig of die beskuldigde
daarop bedag te maak dat ‘n
verskillende aanklag aan hom gestel sou word.
Volgens beide
weergawes van die aanklag is die onderhoudsbevel op 7 Maart 2006
gemaak en die strekking van beide weergawes van
die aanklag was dat
die beskuldigde van die begin af geen betalings gemaak het nie.
In strafversagting het
die beskuldigde aangevoer dat hy wel aanvanklik betaal het, totdat
hy sy werk op 3 November 2006 verloor
het en dat hy daarna, nadat hy
weer ‘n werk bekom het, weer betaal het totdat hy weereens
werkloos geraak het.
Ek
is
van oordeel dat daar by die landdros teen hierdie agtergrond twyfel
moes bestaan het of die beskuldigde regtens skuldig was
op die
aanklag soos wat dit bewoord was (en hy daarop skuldig gepleit het)
en of die beskuldigde nie in effek, weliswaar onwetend,
‘n
geldige verweer geopper het nie.
Ek
sê onwetend, omdat die l
anddros
ook nagelaat het om, voordat die beskuldigde op die aanklag gepleit
het, aan hom die bepalings artikel 31(2) van die Wet
op Onderhoud te
verduidelik (sien
S
v Nduku
2000 (2) SACR 382
(Tk HC) par [11]-[12],
S
v Morekhure
2000 (2) SACR 730
(T) op 732 (i) tot 733 (i) en
S
v Magagula
2001 (2) SACR 123
(T) par
[81] ).
Selfs al sou aanvaar
word dat die beskuldigde se tweede periode van werkloosheid aan sy
eie toedoen te wyte was (in ‘n dokument
wat die aanklaer op ‘n
latere stadium van die vonnisverrigtinge op ‘n totaal
onreëlmatige wyse van die beskuldigde
bekom en ingehandig het
as bewysstuk, is te kenne gegee dat hy op daardie stadium sy verloor
het omdat hy gedros het), sou die
feit steeds bly dat hy ook op ‘n
ander stadium werkloos was en dat geen stappe geneem is om ondersoek
in te stel na wat
sy verduideliking daarvoor was nie.
Ek
is van oordeel dat die l
anddros
in sodanige omstandighede stappe moes geneem het om by wyse van
ondervraging vas te stel of daar nie ‘n pleit van
onskuldig
aangeteken moes word ingevolge artikel 113 (1) van die
Strafproseswet nie.
Afgesien
hiervan is die afleiding onvermydelik dat die beskuldigde wesenlik
benadeel is deur die versuim om die bepalings van
artikel 31(2) van
die Wet op Onderhoud aan hom te verduidelik. Indien dit wel gedoen
is, sou hy geweet het dat sy werkloosheid
‘n verweer (of
minstens ‘n gedeeltelike verweer) daar kon gestel het en sou
hy moontlik nie sondermeer op die aanklag
(soos wat dit bewoord was)
skuldig gepleit het nie. Hierdie is dus nie ‘n geval waar
daar eenvoudig gesê sou kon
word dat die bepalings van artikel
112 of 113 van die Strafproseswet nie nagekom is nie en dat daarom
‘n bevel soos beoog
in artikel 312 (1) van die Strafproseswet
gemaak behoort te word nie. So ‘n bevel sou die
onreëlmatigheid wat begaan
is reeds voordat die beskuldigde op
die aanklag gepleit het, buite rekening laat.
In die omstandighede
meen ek dat die verrigtinge met betrekking tot die skuldigbevinding
nie ooreenkomstig die reg was nie en
word die volgende bevel hierin
gemaak:
Die skuldigbevinding
en vonnis word tersyde gestel.
________________________
C J OLIVIER
REGTER
NOORD-KAAPSE
AFDELING
Ek stem saam
___________________________
F E MOKGOHLOA
WAARNEMENDE REGTER
NOORD-KAAPSE
AFDELING