Coetzee v Malan, Coetzee v Padongelukkefonds (394/04, 99/06) [2008] ZANCHC 24 (23 May 2008)

62 Reportability

Brief Summary

Delict — Negligence — Motor vehicle collision — Plaintiff, as curator ad litem, claimed damages from defendant Malan for injuries sustained in a collision involving Malan's vehicle and a truck driven by Dreyer — Malan alleged that the collision was caused by Dreyer's negligence — Consolidated actions against both Malan and the Road Accident Fund based on the same cause of action — Court to determine liability and degree of negligence of both drivers — Evidence presented showed conflicting accounts of the events leading to the collision — Court found that Malan failed to exercise reasonable care while driving, contributing to the accident — Judgment in favor of the plaintiff against Malan for damages.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2008
>>
[2008] ZANCHC 24
|

|

Coetzee v Malan, Coetzee v Padongelukkefonds (394/04, 99/06) [2008] ZANCHC 24 (23 May 2008)

Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer aan
Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN DIE HOOGGEREGSHOF
VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse Afdeling)
Saaknommers: 394/04
en 99/06
Datum
Verhoor: 19 en 20 Mei 2008
Datum
Gelewer: 2008-05-23
In
die saak van
:
SAAKNOMMER
394/04
PETRUS
JACOBUS COETZEE EISER
(namens PR HAYWARD)
versus
JOHAN
WILHELM MALAN VERWEERDER
en
SAAKNOMMER
99/06
PETRUS
JACOBUS COETZEE EISER
(namens PR HAYWARD)
versus
DIE
PADONGELUKKEFONDS VERWEERDER
Coram:
LACOCK
R
UITSPRAAK
LACOCK
R:
Die eiser in
hierdie gekonsolideerde aksies is Petrus Jacobus Coetzee, ‘n
advokaat van die Pretoria Balie in sy hoedanigheid as
behoorlik
aangestelde kurator
ad
litem
van
Paulus Rossouw Hayward (die beseerde). Die verweerder in saaknommer
394/04 is Mnr. Johan Wilhelm Malan (Malan), ‘n meerderjarige
man
werksaam te Kumba Resources, Kathu. Die verweerder in saaknommer
99/06 is die Padongelukkefonds, ‘n regspersoon soos bedoel
in
artikel 2(1) van die Padongelukkefonds Wet, Wet 56 van 1996.
In die eerste
aksie het die eiser skadevergoeding gevorder van Malan na
aanleiding van beserings wat die beseerde opgedoen het
in ‘n
motorbotsing tussen ‘n Opel Astra voertuig bestuur deur Malan en
waarin hy (die beseerde) ‘n passassier was, en ‘n
dubbelsleepwa
vragmotor bestuur deur ene Mnr. Dreyer (Dreyer).
Na aanleiding van
die bewering van Malan in sy verweerskrif naamlik dat die tersaaklike
botsing veroorsaak is deur die nalatigheid
van Dreyer, die bestuurder
van die vragmotor, het die eiser daarna onder saaknommer 99/06 aksie
ingestel teen die verweerder in daardie
saak.
Hierna en by ooreenkoms tussen die
partye is aansoek gedoen en is gelas dat die aksies gekonsolideer
word. Dit is gedoen omdat beide
aksies gegrond was op dieselfde
beweerde skuldoorsaak en omdat die omvang van die beweerde skade in
beide aksies dieselfde beloop.
Met die aanvang van die verhoor is
ek deur die advokate vir die onderskeie partye versoek om ‘n
skeiding van die geskilpunte te
gelas en verder te gelas dat die
verhoor op hierdie stadium slegs voortgesit word ten einde die
geskilpunt aangaande aanspreeklikheid
(die meriete) alleen te
beslis. Ek het aan hierdie versoek voldoen. Wat vervolgens hierin
beregting verg, is naamlik of die tersaaklike
botsing veroorsaak is
deur die nalatigheid van óf Malan óf Dreyer, en of dit veroorsaak
is deur die gesamentlike nalatigheid
van beide die gemelde
bestuurders, en, indien wel, tot watter mate het die nalatigheid van
elke sodanige bestuurder aanleiding
gegee tot die botsing en die
daaruitvoortspruitende skade wat die eiser mag bewys hy gely het.
Vir doeleindes van sy vordering teen
Malan steun die Eiser daarop dat Malan sy voertuig nalatiglik
bestuur het in een of meer van
die volgende opsigte:
Dat hy oor beweeg het na die
verkeerde kant van die pad op ‘n stadium toe dit gevaarlik en/of
ongeleë was om so te doen;
Deurdat hy versuim het om ‘n
ongeluk met die trok te vermy toe hy dit kon en moes gedoen het
deur die uitoefening van redelike
sorg;
Deurdat hy versuim het om ‘n
behoorlike uitkyk te hou;
Deurdat hy te vinnig gery het die
heersende verkeersomstandighede inaggenome; en
Deurdat hy versuim het om die regte
van ander padgebruikers, meer spesifiek dié van die aankomende
trok en van die beseerde as
passassier, in ag te neem,
alternatiewelik behoorlik in ag te neem.
In sy vordering teen die
Padongelukkefonds steun die Eiser daarop dat beide die bestuurders
van die voertuie nalatig was daarin dat
hulle,
a) Versuim het om ‘n botsing te
vermy in omstandighede waar hulle met die uitoefening van redelike
sorg, vaardigheid en behendigheid
dit kon en moes gedoen het;
b) Te vinnig gery het in die
heersende padomstandighede;
c) Beide oor die middel van die pad
beweeg het toe dit gevaarlik en/of ongeleë was om dit te doen;
d) Beide die draai in die pad “gesny”
het, terwyl dit gevaarlik en ongeleë was om dit te doen;
e) Versuim
het om ‘n behoorlike uitkyk te hou; en
f) Versuim
het om die eerste en tweede versekerde voertuie behoorlik onder
beheer te hou.
Namens die eiser het slegs Dreyer,
wat die bestuurder van die vragmotor ten tye van die botsing was,
getuig. Sy getuienis kan kortliks
as volg saamgevat word:
Tussen 08h00 en 09h00 op 10 Mei
2001 het hy vanaf Grootfontein, Namibië, met die vragmotor met
registrasie nommer N161M vertrek.
Die vragmotor het bestaan uit ‘n
meganiese perd en twee leunwaens. Die totale lengte van hierdie
vragmotor met leunwaens
was 22 meter, 4 meter hoog en ongeveer 2,5
meter breed. Hy was op pad vanaf Grootfontein na die Rand met ‘n
vrag beeste.
Nadat hy die aand op Upington
arriveer het, het hy vanaf ongeveer 22h00 tot 24h00 vir 2 ure op
Upington geslaap en het op 11 Mei
2001 weer vanaf Upington vertrek.
Om ongeveer 03h30 in die vroeë
oggendure van 11 Mei 2001, het hy hom op die teerpad tussen Kathu
en Kuruman en ongeveer 10 km
vanaf Kathu bevind. Die pad waarop hy
die vragmotor bestuur het, het ‘n draai na sy regterkant gemaak,
en terwyl hy in hierdie
draai was, het hy die ligte van ‘n
aankomende voertuig vanuit sy teenoorgestelde rigting sien aankom.
Terwyl hy nog in hierdie
draai was en in sy korrekte (linker) baan
bestuur het, het hy gemerk dat die aankomende voertuig in sy
verkeerde baan aankom
teen ‘n hoë snelheid. Hierop het hy
onmiddellik sy voertuig se remme gebruik, sy spoed afgebring en
terselfdertyd die aankomende
bestuurder met sy hoofligte gewaarsku
dat hy in gevaar verkeer. Die aankomende voertuig het, soos Dreyer
dit gestel het, aggressief
na links, d.w.s. na sy korrekte baan,
geswenk en het die aankomende voertuig aan sy (Dreyer) regterkant
van die voertuig verby
beweeg. Onmiddellik nadat hierdie voertuig
by die voorkant van sy vragmotor verby beweeg het, het hy in sy
regterspieël opgemerk
dat hierdie voertuig die agterste sleepwa
tref en het hy vonke aldaar sien spat.
Hy het stadig
vorentoe met sy voertuig gery en ‘n plek probeer vind waar hy kon
omdraai. Terwyl hy aldus gery het het hy weer
ligte in sy
linkerspieël waargeneem wat in sy rigting geskyn het. Hy het
omgedraai, teruggery na waar die botsing plaasgevind
het, sy
voertuig aan die linkerkant van die pad en op die skouer daarvan,
parkeer en ondersoek ingestel.
Hy het die
aankomende voertuig, synde ‘n Opel Astra in die veld waargeneem
en kon sien dat dit meerdere kere moes omgeslaan
het. Hy het ook
een van die passassiers, Mnr. Rooies Muller, aangetref in die veld,
sowel as Malan en die beseerde. Laasgenoemde
twee persone het
duidelik ernstig seergekry.
Hy het die
polisie op sy selfoon geskakel en hulle ook versoek om te reël vir
‘n ambulans om die beseerde persone behulpsaam
te wees.
Terwyl hy op die toneel beweeg het,
het hy gehoor dat Malan vir Muller sê dat laasgenoemde niks moes
sê van hoe die ongeluk
plaasgevind het nie.
Die polisie en daarna die ambulans
het aldaar opgedaag en is die beseerde persone van die toneel
verwyder. Hyself het op die
toneel vertoef tot ligdag, en was ook
teenwoordig terwyl die polisie die nodige ondersoekwerk gedoen het.
Laastens het hy getuig dat hy ‘n
skuurmerk op die teerpad opgemerk het en wat hy aanvaar het aldaar
gelaat is op die stadium
toe die Opel Astra met sy sleepwa gebots
het. Hierdie merk het gestrek vanaf ‘n punt ongeveer 70/80 cm
vanaf die middellyn
van die pad en in sy baan vir ‘n afstand van
ongeveer 3-4 meter.
Hy getuig dat sy voertuig nooit sy
korrekte kant van die pad verlaat het nie en dat hy op geen stadium
voor of tydens hierdie
botsing oor die middellyn van die pad
bestuur het nie.
In kruisverhoor
het hy ontken dat hy enige skuur of remmerke van die Opel Astra
voertuig wat deur bande gelaat is, op die teerpad
waargeneem het.
Hy het ook ontken dat enige gedeelte van óf die meganiese perd óf
enige van die sleepwaens ten tye van die botsing
aan sy verkeerde
kant van die pad was. Voorts het hy getuig dat daar niks was wat hy
kon doen om die botsing te vermy nie, behalwe
om die aankomende
voertuig te waarsku soos wat hy gedoen het en om die spoed van sy
vragmotor te verminder nie. Sou hy sy vragmotor
na links swenk, sou
dit tot gevolg gehad het dat hy die vragmotor met beeste kon omgooi.
Hierna het Malan in sy eie
verdediging getuig.
Hy het getuig
dat hyself, Muller en die beseerde gedurende die aand van 10 Mei
2001 vanaf Kathu, waar al drie van hulle werksaam
en woonagtig was,
na Kuruman vertrek het om ‘n vriend van hulle te besoek. Hy was
deurentyd die bestuurder van sy Opel Astra
voertuig met
registrasienommer BFL435NC. Te Kuruman kon hulle nie die vriend
opspoor nie, het daarna in die dorp rondgery en
uiteindelik beland
by ‘n eet- en kuierplek genaamd
Pub
and Grill
.
Hier het sy twee passassiers ‘n paar drankies gedrink maar
hyself het slegs koeldrank gedrink.
Net na 03h00 is die drie van hulle
weer met die Opel Astra terug na Kathu. Terwyl hy aldus bestuur het,
het hy die ligte van ‘n
groot vragmotor opgemerk wat besig was om
deur ‘n draai te beweeg en wat vanaf die rigting van Kathu aangekom
het. Hy het op daardie
stadium in sy korrekte baan van die pad
bestuur teen ‘n spoed van ongeveer 120 km/h.
Hy getuig verder dat hy verby die
voorkant van hierdie vragmotor gery het, en onmiddellik daarna
skuurgeluide soos dié van metaal
wat teen metaal skuur en ook die
geskuur van bande gehoor, en daarna het hy eers weer in die veld
waar hy gelê het, wakker geword.
Voorts getuig hy
dat hy ongeveer twee weke na die botsing saam met sy vader die
toneel besoek het, en dat hy toe op die teerpad
in die omgewing
waar die botsing plaasgevind het, sleepmerke soos dié gelaat deur
die bande van ‘n voertuig opgemerk het,
en wat begin het in die
linkerbaan waarin hy na bewering sy voertuig die betrokke aand
bestuur het en vandaar skuins oor die
pad beweeg tot waar dit die
pad aan sy regterkant verlaat het.
In
kruisondervraging het dit duidelik geblyk dat Malan nie veel kan
onthou van wat onmiddellik voor die plaasvind van die botsing
gebeur het nie. Hy het ook toegegee dat daar niks was wat hom
verhinder het om sy voertuig meer na links en selfs op die skouer
van die pad te bestuur ten einde ‘n botsing te vermy nie. Hy kon
geen rede aanvoer waarom hy nie aldus bestuur het nie. Hy
het ook
getuig dat hy op geen stadium die remme van sy voertuig aangeslaan
het nie. Laastens het hy getuig dat, op die stadium
toe hy verby
die voorkant van die vragmotor gery het, was die vragmotor aan sy
korrekte kant van die pad.
Laastens het
getuig Mnr. Johan (
alias
Rooies)
Muller.
Hy het in wese die getuienis van
Malan ten aansien van die gebeure voor die plaasvind van die
botsing, bevestig.
Hy getuig voorts dat, terwyl hulle
oppad terug was die nag na Kathu, het hy self links voor in die
Opel Astra gesit, terwyl die
beseerde gesit/lê het op die agterste
sitplek van hierdie voertuig. Hy was half teruggedraai na die
beseerde terwyl die twee
van hulle vrolik geskerts het.
Terwyl hy aldus met die beseerde
gesels het, het hy uit die hoek van sy oog waargeneem dat hulle by
‘n vragmotor verby beweeg
en onmiddellik daarna het hy ‘n slag
beleef. Hierna het hy in die veld tot verhaal gekom.
In kruisondervraging het hy getuig
dat hy nie meen dat Malan óf besonder vinnig óf besonder stadig
bestuur het nie. Hoewel
hy getuig het dat Malan op sy korrekte
kant van die pad bestuur het, het hy in kruisondervraging toegegee
dat hy nie weet aan
watter kant van die middellyn van die pad die
botsing plaasgevind het nie.
Hy ontken dat Malan aan hom sou
gesê het op die toneel dat hy niks moes praat nie.
Dreyer, en wat homself ‘n gesoute
drywer noem, het op my ‘n besonder goeie indruk as getuie gelaat.
Hy het duidelik ‘n goeie
herinnering aan die omstandighede wat
geheers het ten tye van hierdie botsing. Ek het die indruk gevorm
dat hy die gebeure na
die beste van sy vermoë weergegee het, en
waar hy onseker was of getwyfel het, het hy onmiddellik toegegee dat
hy óf nie kon
onthou nie óf onseker was. Hy het my getref as ‘n
eerlike persoon en daar is niks onwaarskynlik in sy getuienis nie.
Ek het vervolgens geen huiwering om
die getuienis van Dreyer as eerlik en geloofwaardig te aanvaar nie.
Daarenteen het Malan my hoegenaamd
nie as getuie beïndruk nie.
Hoewel hy
aanvanklik in sy getuienis probeer voorgee het dat hy ‘n goeie
herinnering het aan die gebeure onmiddellik voor die
plaasvind van
die botsing, het dit in kruisverhoor duidelik na vore gekom dat hy
geen sodanige gebeure kon onthou nie. Dat hy
waarskynlik nie enige
onafhanklike geheue het van die gebeure onmiddellik voor die
botsing nie, of dat hy bewustelik voorgee
dat hy nie sodanige
geheue het nie, word gestaaf uit ‘n verklaring wat hy kort na die
voorval aan die polisie gedoen het.
In hierdie verklaring het hy
die volgende gesê:
“
Op
2001-05-11 om ongeveer 03.20 was ons onderweg vanaf Kuruman terug na
Kathu toe. Ek onthou dat ons die “Ou Pos” naambordjie
verbygegaan het en dat ek ‘n voertuig van voor af sien aankom het.
Ek het die aankomende voertuig se ligte gesien. Al wat ek
verder kan
onthou is dat ek buite die voertuig wakker geword het. Dit is al wat
ek het om te verklaar.”
Ook in ‘n verklaring aan sy eie
versekeraars afgelê op 18 Mei 2001 het hy die volgende verklaar
ten aansien van die beskrywing
van die ongeluk:
“
Het die pad
verlaat aan die regterkant op die lang draai tussen Kathu en Kuruman.
Weet nie eindelik (sic) wat presies gebeur het
nie.”
Wat ook ‘n
vraagteken plaas oor die geloofwaardigheid van Malan is die feit
dat hy in die laasvermelde eisvorm gerig aan sy
versekeraars,
verswyg het dat daar ‘n ander voertuig in die botsing betrokke
was. Dit blyk uit hierdie verklaring dat hy teenoor
sy
versekeraars tekenne gegee het dat daar nie ‘n botsing
plaasgevind het nie, maar dat hy bloot op die draai die pad aan die
verkeerde kant verlaat het.
Die getuienis van
Mnr. Muller neem die saak nie na die een of die ander kant nie.
Duidelik was Mnr. Muller ook nie in staat om
‘n verduideliking te
verskaf van hoe en waar op die pad die botsing plaasgevind het nie.
Mnr. Van Niekerk,
namens Malan, het toegegee dat daar nie anders bevind kan word as
dat Malan nalatig was nie en dat sy nalatigheid
bygedra het tot die
plaasvind van die botsing nie. Hy het egter betoog dat Dreyer ook
nalatig was en dat ook sy nalatigheid bygedra
het tot die botsing.
Hy grond hierdie argument daarop dat dit onwaarskynlik is dat Dreyer
nie, nadat hy die voertuig van Malan
reg voor hom opgemerk het, sy
vragmotor na links sou swenk nie. Indien dit sou gebeur, aldus Mnr.
Van Niekerk, sou dit tot gevolg
gehad het dat die sleepwa waarteen
Malan gebots het, vir ‘n wyle na regs sou swenk, en dat Malan
waarskynlik op daardie moment
teen die sleepwa se sykant gebots het.
Hierdie argument
kom my totaal onlogies voor en daar is in elk geval geen sweempie van
getuienis dat Dreyer sy vragmotor na links
probeer swenk het nie.
Inteendeel, het Dreyer getuig dat, indien hy dit sou doen, dit
katastrofiese gevolge kon inhou. Dit was
ook nie vir hom nodig om
aldus na links te swenk nie omdat hy gesien het dat die aankomende
voertuig weer uit sy baan terug swenk
na sy korrekte baan en het dit
inderdaad by die voorkant van sy voertuig verby beweeg.
Op
waarskynlikhede is ek tevrede dat daar geen nalatigheid bevind kan
word aan die kant van Dreyer nie. Na my oordeel het hy alles
in sy
vermoë gedoen wat hy in die omstandighede redelikerwys kon doen om
hierdie botsing te vermy. Op die waarskynlikhede het
hierdie
botsing plaasgevind as gevolg van die uitsluitlike nalatigheid van
Malan. Hy het sy voertuig op die stadium toe hy die
tersaaklike
draai binnegegaan het, op sy verkeerde kant van die pad bestuur en
moes drasties na sy korrekte kant van die pad swenk
om ‘n
kop-aan-kop botsing met die vragmotor te vermy. Dit is waarskynlik
dat, nadat hy na links geswenk het, hy sodanig beheer
oor sy
voertuig verloor het dat hy daarna teen die kant van die agterste
sleepwa van die vragmotor gebots het.
In iedere geval, en selfs al sou
bevind kon word dat Malan nie vanaf sy verkeerde kant van die pad
oorgeswenk het na sy korrekte kant
daarvan nie, is dit steeds
onverklaarbaar waarom hy nie sy voertuig meer na links bestuur het om
hierdie botsing te vermy nie. In
die lig daarvan dat hierdie botsing
plaasgevind het aan sy verkeerde kant van die pad, te wete in die
omgewing waar Dreyer die sleepmerk
op die pad opgemerk het, kan
alleen een afleiding gemaak word, en dit is dat Malan sy voertuig oor
die middellyn van die pad bestuur
het wat veroorsaak het dat hy teen
die sleepwa gebots het.
Dit
is ook onverklaarbaar waarom Malan geensins die remme van sy voertuig
aangeslaan het toe hy moes besef het dat hier ‘n botsing
kon
plaasvind nie. Ook in daardie opsig was hy ooglopend nalatig.
Die sleepmerke
waarna Malan en Mnr. Muller in hul getuienis verwys het, neem die
saak myns insiens ook nie verder nie, en verander
ook nie aan die
waarskynlikhede soos hierbo bevind nie. Eerstens is daar geen
getuienis dat hierdie sleepmerke inderdaad deur die
voertuig van
Malan veroorsaak is nie. Tweedens ontstaan die vraag waarom, indien
die sleepmerke begin het waar hierdie getuies beweer
dit begin het,
die polisiebeampte wat die toneel na die botsing bygewoon het en ‘n
sketsplan van die toneel voorberei het, nie
hierdie sleepmerke
opgemerk en op die plan aangeteken het nie. Die sleepmerke wat wel
deur die polisiebeampte op sy plan aangebring
is, begin eers in die
baan van die vragmotor en strek van daar tot waar die Opel Astra die
teeroppervlak van die pad verlaat het.
Uit hoofde van die voorgaande is ek
tevrede dat die Eiser daarin geslaag het om te bewys dat die
tersaaklike botsing veroorsaak
was deur die uitsluitlike nalatigheid
van Malan.
Wat koste
aanbetref het Mnr. Ras, namens die Eiser, my versoek om, indien ek
tot die voormelde bevinding sou kom, Malan te gelas om
die koste van
die Eiser sowel as dié van die Fonds in die tweede saak te betaal.
In hierdie verband het hy gesteun op die uitspraak
in
Baptista
v Stadsraad van Welkom, 1996(3) SA 509 (OPA)
.
Mnr. Botha namens die Padongelukkefonds het hierdie versoek gesteun,
en Mnr. Van Niekerk het nie ernstig tot die teendeel betoog
nie. Ek
meen dat die versoek van Mnre Ras en Botha gegrond is.
Mnr. Botha het ook versoek dat ek sal
gelas dat die kwalifiserende koste van die deskundige, Mnr.
Grobbelaar, ook takseerbaar en betaalbaar
is. Ook hierteen het Mnr.
Van Niekerk nie met veel erns beswaar gemaak nie, en meen ek dat die
betrokke verweerder ook op die verhaal
van hierdie koste geregtig is.
Bygevolg word die volgende bevele
hierin verleen:
Die Eiser se
eis in saaknommer 99/06 word van die hand gewys met koste; welke
koste sal insluit die kwalifiserende koste van
die deskundige, Mnr.
Grobbelaar.
In saaknommer 394/04 word die
volgende gelas:
Die Verweerder (JW Malan) is
aanspreeklik teenoor die Eiser vir enige skade wat die Eiser mag
bewys hy gely het uit hoofde van
die skuldoorsaak soos in die
Besonderhede van Vordering uiteengesit.
Die Verweerder word gelas om
die Eiser se koste te betaal.
____________
HJ
LACOCK
REGTER
IN SAAKNOMMER 394/04
NAMENS
EISER : ADV FA RAS
IN
OPDRAG VAN : VAN DE WALL EN VENNOTE
NAMENS VERWEERDER : ADV JG VAN NIEKERK SC
IN
OPDRAG VAN : DUNCAN & ROTHMAN
IN SAAKNOMMER 96/06
NAMENS
EISER : ADV FA RAS
IN
OPDRAG VAN : VAN DE WALL EN VENNOTE
NAMENS VERWEERDER : ADV CH BOTHA
IN
OPDRAG VAN : DUNCAN & ROTHMAN