About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2008
>>
[2008] ZANCHC 30
|
|
Uys NO v Uys and Others (86/08) [2008] ZANCHC 30 (16 May 2008)
Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer aan
Regters: Ja / Nee
Sirkuleer aan
Landdroste: Ja / Nee
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse Afdeling)
Saaknommer: 86/08
Datum
Verhoor: 2008-05-09
Datum
Gelewer: 2008-05-16
In
die saak van
:
MARIA
JOHANNA CHRISTINA UYS N.O.
APPLIKANT
versus
HENDRIK
JOHANNES UYS
EERSTE
RESPONDENT
ELIZABETH
CLOETE TWEEDE RESPONDNET
VIVIAN DI
SCALA DERDE RESPONDENT
MEESTER
VAN DIE HOOGGEREGSHOF:
NOORD-KAAPSE AFDELING VIERDE RESPONDENT
Coram:
MAJIEDT
R
REDES
VIR BEVEL
MAJIEDT R:
Ek het in die Mosiehof
die volgende bevel uitgereik:
“
1. DAT
die fotostatiese kopie (aangeheg as aanhangsel “B” tot
die funderende verklaring van Maria Johanna Christina
Uys) van die
ses (6) bladsye dokument (met nege (9) klousules) onder opskrif:
“Uiterste Wil en Testament”, gedateer
2 November 2000 te
DANIëLSKUIL, verklaar word as die Laaste Wil en Testament van
die oorlede Mnr Hendrik Johannes Uys (ID
nr: 301106 5027 082)
voorheen woonagtig te Johanna van der Merwestraat 9, DANIëLSKUIL,
Noord-Kaap Provinsie.
2. DAT
die Meester van die Hooggeregshof vir Noord-Kaap Provinsie gemagtig
word om voormelde dokument te aanvaar as die Laaste Wil
en Testament
van voormelde Mnr Hendrik Johannes Uys, vir doeleindes van Artikel 8
van die Boedelwet, 1965, en die bereddering en
afhandeling van die
boedel daarooreenkomstig.”
Ek het die redes vir dié
bevel voorbehou. Hier volg hulle.
Die
applikante is die eggenote van wyle Mnr. Hendrik Johannes Uys
(hierna verder verwys as “
die
oorledene
”).
Sy is ook die eksekutrise van die oorledene se bestorwe boedel en
sy bring hierdie aansoek in sodanige hoedanigheid.
Die eerste twee
respondente is kinders gebore uit die huwelik tussen die applikante
en die oorledene. Die derde respondent
is die applikante en
oorledene se skoonseun (die derde respondent se eggenote het
afgesterf kort na die afsterwe van haar vader,
die oorledene). Die
vierde respondent is gesiteer in sy amptelike hoedanigheid. Die
aansoek word nie bestry nie.
Die aansoek het ten doel
om ‘n verklarende bevel te bekom dat ‘n fotostatiese
afdruk van die oorspronklike testament
van die oorledene verklaar
word as sy laaste wil en testament en dat die Meester gemagtig word
om dit as sulks te aanvaar.
Die
fotostatiese afdruk van die oorsponklike laaste wil en testament van
die oorledene is aangeheg as Aanhangsel B tot die stukke.
Hierdie
kopie is gemaak deur bankamptenare van die Eerste Nasionale Bank-tak
te Daniëlskuil en is
daarvandaan
versend aan ene Mnr. Eugene Venter, verbonde aan Eerste Nasionale
Batebestuur en Trustmaatskappy Edms (Bpk) se tak
te Bloemfontein.
Daardie tak sou die bereddering van die bestorwe boedel hanteer.
Dit
blyk uit die applikante se funderende eedsverklaring dat, na die
oorledene se afsterwe, sy die oorspronklike testament wat
in hul
huis bewaar is na die Eerste Nasionale Bank-tak te Daniëlskuil
geneem het vir versending aan die voormelde trustmaatskappy
te
Bloemfontein wat kragtens klousule 9 van die testament as eksekuteur
aangestel is in die boedel. Dit blyk
verder
dat ‘n afdruk van die oorspronklike toe wel aangestuur is na
Mnr. Venter te Bloemfontein en is die oorspronklike
bewaar by die
Eerste Nasionale Bank-tak te Daniëlskuil. Daar het dit egter
verlore geraak en uit ‘n stawende eedsverklaring
van ‘n
voormalige amptenaar van die bank te Daniëlskuil, Me Els, blyk
dit dat, ten spyte van intensiewe soektogte,
die oorspronklike
testament nie opgespoor kan word nie.
Volgens
Aanhangsel B, die fotostatiese afdruk van die oorledene se laaste
wil en testament, is dit ‘n gesamentlike testament
tussen die
oorledene en die applikante. Daarvolgens vererf die bestorwe boedel
aan die langslewende en waar die langslewende
binne sewe dae na die
eers
sterwende
tot sterwe kom, bevat die testament dan sekere bepalings vir die
vererwing van die boedel in daardie omstandighede.
Indien die
onderhawige aansoek onsuksesvol sou wees en die aangevraagde
regshulp nie toegestaan word nie, sal die eerste, tweede
en derde
respondente intestaat van die oorledene se boedel vererf, vandaar
hul wesenlike belang in hierdie aansoek en gevolglik
hul voeging as
partye.
In
haar funderende eedsverklaring het die applikante plegtig en
onomwonde verklaar dat die fotostatiese afdruk van die laaste
wil en
testament wel ‘n
ware
afdruk en juiste weergawe daarvan is. Sy het uit die aard van die
saak eerstehands kennis daarvan, omrede sy ‘n mede-testateur
is. Sy het ook verklaar dat voor die oorledene se dood hulle twee
die bepalings van die testament weer bespreek het en dat die
oorledene tevrede was dat die testament in orde is en dat sy
boedelsake behoorlik gereël is.
Wanneer
‘n testament (wat wel bestaan het en in ‘n testateur se
besit was) na ‘n testateur se oorlye nie gevind
kan word nie,
ontstaan daar ‘n vermoede dat sodanige testament vernietig is
animo
revocandi
.
Sien:
Corbett,
Hofmeyr, Kahn: THE LAW OF SUCCESSION IN SOUTH AFRICA
(2de
uitgawe, 2001)
te 99.
Joubert,
THE LAW OF SOUTH AFRICA (Eerste heruitgawe) Vol. 31
te par. 270 (bl. 177) en gewysdes daar aangehaal.
‘
n
Party wat op ‘n verlore oorspronklike testament wil steun
,
kan regshulp by ‘n hof aanvra om ‘n afdruk van die
testament geldig te verklaar en sodoende die voormelde vermoede
te
weerlê. Van so ‘n party word verwag om die volgende te
bewys:
dat daar ‘n
geldig verlyde testament was;
die omstandighede
waaronder die oorspronklike testament verlore geraak het en dat ‘n
volledige soektog op tou gesit is
daarna;
dat
daar geen
animus
revocandi
was
nie; en
wat die inhoud van die
oorspronklike testament vervat het.
Sien
in hierdie verband:
Corbett,
Hofmeyr, Kahn,
supra
,
te 117;
Van
der Merwe en Rowland: DIE SUID-AFRIKAANSE ERFREG (6de uitgawe, 1990)
te 192.
Meyerowitz
on Administration of Estates and Estate Duty, 2007 uitgawe
te par. 3.5 (bl. 3-4).
Die
bostaande vereistes moet op ‘n oorwig van waarskynlikhede
bewys word en sal uiteraard afhang in elke geval van die bepaalde
omstandighede wat van toepassing is. In die onderhawige geval is ek
die mening toegedaan dat al vier vereistes behoorlik bewys
is:
Eerstens
is
Aanhangsel B tot die stukke (die fotostatiese afdruk van die
testament) bewys daarvan dat ‘n geldige testament inderdaad
verly is.
Die
omstandighede waaronder die oorspronklike testament verlore geraak
het is volledig uiteengesit in die applikante se funderende
eedsverklaring en is die feit dat die oorspronklike testament
verlore geraak het toe te skryf aan die nalate van die amptenare
van Eerste Nasionale Bank te Daniëlskuil. ‘n Volledige
soektog is op tou gesit ten einde dit op te spoor, sonder
enige
sukses.
Die
applikante beweer in haar funderende eedsverklaring dat sy en die
oorledene kort voor sy dood sy boedelsake bespreek het
en dat die
oorledene tevrede was dat die testament in orde is en dat sy
boedelsake na behore gereël is. Sy beweer verder
dat die
oorspronklike testament na die oorledene se dood in hul huis gevind
is en dat sy dit toe na die Eerste Nasionale Bank
te Daniëlskuil
geneem het. Die gedagte was uiteraard dat die Bank óf die
oorspronklike óf ‘n afdruk
(in welke geval die
oorspronklike óf teruggegee sou word vir die applikante óf
veilig bewaar sou word by die
bank in Daniëlskuil) aan te
stuur na die Bloemfontein tak van die Batebestuur en Trustafdeling
van die Bank. In hierdie
omstandighede is ek die mening toegedaan
dat daar voldoende getuienis is om die vermoede van herroeping te
weerlê.
Die
inhoud van die testament verskyn in Aanhangsel B, die fotostatiese
afdruk. Die
applikante
as mede-testateur bevestig onder eed dat dit inderdaad ‘n
getroue weergawe van die oorspronklike testament
is. Sy is in
staat om self eerstehands die inhoud as juis te bevestig aangesien
dit ook haar eie testament is.
Ooglopend
dus is die aansoek ‘n heel eenvoudige een in dié sin
dat die vier vereistes na behore bewys is soos wat
ek alreeds hierin
aangedui het. Die probleem in hierdie aansoek het ontstaan uit
hoofde van die Meester se verslag. In sy verslag
beweer die Meester
in par. 5 dat hierdie aansoek gebring word in terme van die
bepalings van art 8(4B) van die Boedelwet,
no 66 van 1965 (“
die
Wet”
).
Daardie artikel lui as volg:
“
Die
Meester kan vir doeleindes van hierdie Wet ook ‘n
duplikaat-oorspronklike testament aanvaar.”
Die Meester het by
ontvangs van die afdruk van die oorspronklike testament dit as volg
endosseer:
“
Geregistreer
maar nie aanvaar nie, aangesien slegs afskrif is.”
Die
voormelde benadering van die Meester kom egter op ‘n
wanopvatting neer. Hierdie aansoek word glad nie in terme van
art 8(4B) van die Wet gebring nie, maar ingevolge die
gemenereg. Die Meester het in ‘n volledige verslag aangetoon
waarom die fotostatiese afdruk nie aanvaar kan word nie, aangesien
dit nie kwalifiseer as “’
n
duplikaat-oorspronklike
”
soos bedoel in art 8(4B) nie.
Artikel 8(4) van die Wet
lees as volg:
“
(4)
Indien dit aan die Meester blyk dat so 'n dokument wat 'n testament
is of heet te wees, om die een of ander rede ongeldig is,
kan hy,
ondanks registrasie daarvan ingevolge (3), weier om dit vir die
doeleindes van hierdie Wet te aanvaar totdat die Hof oor
die
geldigheid daarvan besluit het.”
Die
applikante bring juis hierdie aansoek om die Hof te vra om
aangaande
die geldigheid van die fotostatiese afdruk te beslis ingevolge die
beginsels neergelê in die gemenereg. Die bepalings
vervat in
art 8 van die Wet herroep nie die gemeenregtelike posisie nie
dat ‘n hof, in die geval van ‘n verlore
oorspronklike
maar waar ‘n afdruk beskikbaar is, sodanige afdruk kan verklaar
as die testament van die oorledene. ‘n
Verdere aanduiding
daarvan dat art 8 nie die gemeenregtelike posisie verander het
nie, is dat die betrokke bepaling reeds
sedert 1965 in die Wet
voorkom, maar dat die skrywers (Corbett, Hofmeyr, Kahn; Van der Merwe
& Rowland; Meyerowitz ens) sedertdien
steeds na die
gemeenregtelike posisie verwys soos wat ek dit hierbo uiteengesit het
in paragrawe 8 en 9.
In
die lig van voormelde benadering is dit gevolglik nie nodig om in
besonderhede te handel met die Meester se breedvoerige verslag
waar
hy ‘n bespreking voer oor wat ‘n duplikaat-oorspronklike
is en die gewysdes daaraangaande nie. Dit is na my
mening voldoende
om daarop te wys dat die Meester korrek is in sy verslag dat in die
onderhawige geval Aanhangsel B, die fotostatiese
afdruk, nie
kwalifiseer as ‘n duplikaat-oorspronklike nie. Soos ek egter
aangedui het, en soos Mnr. Hertzog-Els korrek
aangevoer het namens
die applikante, is hierdie aansoek nie geskoei op art 8(4B) se
bepalings nie, maar inderdaad op die
gemeenregtelike posisie soos
volledig na verwys hierin.
Gevolglik was ek tevrede
dat die applikante ‘n behoorlike saak op ‘n oorwig van
waarskynlikhede uitgemaak het en is
die aangevraagde regshulp
toegestaan soos uiteengesit in par. 1 van hierdie uitspraak.
____________
SA MAJIEDT
REGTER
NAMENS
DIE
APPLIKANTE : ADV HERTZOG-ELS
IN
OPDRAG VAN :
ENGELSMAN
MAGABANE