August v Landdros vir die Distrik Hopetown and Another (821/07) [2008] ZANCHC 32 (23 April 2008)

45 Reportability
Criminal Procedure

Brief Summary

Criminal Procedure — Review — Admission of evidence — Applicant sought review of magistrate's decision allowing contested evidence during ongoing drug trafficking trial — Applicant argued that evidence obtained via entrapment violated statutory and constitutional rights — Respondents contended that review was premature and that magistrate exercised discretion appropriately — High Court held that the review was premature as it did not meet the threshold for immediate intervention, and the magistrate's discretion in admitting evidence was not improperly exercised — Application dismissed, and trial to resume.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2008
>>
[2008] ZANCHC 32
|

|

August v Landdros vir die Distrik Hopetown and Another (821/07) [2008] ZANCHC 32 (23 April 2008)

Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer aan
Regters: Ja / Nee
Sirkuleer aan
Landdroste: Ja / Nee
IN DIE HOOGGEREGSHOF
VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse Afdeling)
Saaknommer: 821/07
Datum
Verhoor: 2008-05-16
Datum
Gelewer: 2008-05-23
In
die saak van
:
ANDREW
AUGUST
APPLIKANT
versus
DIE
LANDDROS VIR
DIE DISTRIK HOPETOWN
EERSTE
RESPONDENT
DIE
DIREKTEUR VAN OPENBARE
VERVOLGINGS, NOORD-KAAP TWEEDE RESPONDENT
Coram:
MAJIEDT
R
et
LACOCK
R
UITSPRAAK
MAJIEDT R:
Hierdie is ‘n
aansoek vir die hersiening en tersydestelling van ‘n
beslissing van die eerste respondent, naamlik dat
sekere betwiste
getuienis toelaatbaar is. Die hersieningsaansoek word gebring
midde-in die
strafverhoor,
welke verrigtinge opgeskort is hangende die beregting van hierdie
hersieningsaansoek. Slegs die tweede respondent
bestry die aansoek.
Die applikant
staan tereg in die voormelde verhoor
in
Hopetown se distrikshof op twee aanklagte van handel in
dwelmmiddels.
Die
toelaatbaarheid van sekere getuienis wat die Staat wou aanbied teen
die applikant was die onderwerp van ‘n binneverhoor
voor die
eerste respondent ten einde te bepaal of die getuienis toelaatbaar
is aldan nie.
Die applikant het
aangevoer by die aanvang van die verhoor dat sekere lokval getuienis
ontoelaatbaar is
,
aangesien die bepalings vervat in art 252A van Wet 51 van 1977
(”die Strafproseswet) nie nagekom is nie en omrede
sekere van
sy grondwetlike regte geskend is. Die beswaar aangaande die
skending van die applikant se regte handel ondermeer
oor die
toelating as getuienis van ‘n video-opname waarby klank ook
opgeneem is.
In die
binneverhoor het d
ie
Staat drie getuies geroep wat almal destyds lede van die
Suid-Afrikaanse Polisiediens was en gemoeid was met ‘n geheime

operasie teen dwelmhandelaars met die projeknaam van “
OPERASIE
DIMPIMPI”
.
Die applikant het nie getuig nie en het ook geen getuies geroep
nie. Na die aanhoor van die voormelde getuienis het die eerste

respondent bevind dat die video opname sowel as die gepaardgaande
meeluistering, wel toelaatbare getuienis daarstel.
Die
hersieningsaansoek voor ons
handel
bloot oor die toelating van die video-opname met gepaardgaande
meeluistering, alhoewel die binneverhoor gehou was om oor
die
toelaatbaarheid van die lokval getuienis in die geheel te beslis.
Namens die
applikant het Mnr. Nel, wat ook vir hom verskyn het tydens die
verrigtinge in die Hof
a
quo
,
volledige betoog voorgehou waarom die landdros se beslissing
hersienbaar is en tersyde gestel behoort te word. In wese en bondig

opgesom kom sy betoog daarop neer dat die eerste respondent ‘n
growwe onreëlmatigheid begaan het deur nie sy diskresie

regterlik uit te oefen nie deur te beslis dat ontoelaatbare
getuienis wel toegelaat behoort te word. Mnr. Nel het aan die hand

gedoen dat die video opnames met gepaardgaande meeluistering in
stryd met die bepalings vervat in die Wet op die Verbod op

Onderskepping en Meeluistering, Wet 127 van 1992 en die Grondwet,
Wet 108 van 1996, geskied het. Laastens het Mnr. Nel aangevoer
dat
indien hierdie Hof nie op hersiening inmeng en die eerste respondent
se beslissing tersyde stel nie, die applikant onherstelbaar
benadeel
sal word.
Mnr. Cloete,
namens die tweede respondent, het ‘n heeltemal ander
benadering ingeneem en het in sy betoogshoofde glad nie
submissies
gemaak aangaande die meriete van die aansoek self nie. Hy het
eerder daarop gewys en volledige betoog voorgehou dat
die applikant
se aansoek voortydig is en dat die onderhawige geval nie een is waar
by wyse van hoë uitsondering ingegryp
behoort te word deur ‘n
hoër hof terwyl ‘n verhoor nog aan die gang is in ‘n
laer hof nie. Hy het ook
aan die hand gedoen dat, indien hierdie
Hof nie die applikant tegemoet kom in sy hersieningsaansoek nie, dit
nie tot ‘n
onomkeerbare regskending sal lei nie. Tydens
mondelinge betoog en op ons versoek, het Mnr. Cloete wel gehandel
met die meriete
van die aansoek.
Uit hoofde van sy
inherente hersieningsbevoegdheid om onreëlmatighede in laer
howe te voorkom, het ‘n Hooggeregshof
die bevoegdheid om in te
meng by onafgehandelde strafverrigtinge in ‘n laer hof by wyse
van hersiening waar dit andersins
tot ‘n onomkeerbare en
ernstige regskending mag lei. Ogilvie Thompson AR stel dit só
in die leidende gesag op dié
aspek, naamlik
Wahlhaus
v Additional Magistrate, Johannesburg 1959(3) SA 113(A)
te 119H:

It is
true that, by virtue of its inherent power to restrain illegalities
in inferior courts, the Supreme Court may, in a proper
case, grant
relief – by way of review, interdict, or mandamus –
against the decision of a magistrate’s court
given before
conviction.”
Hierdie bevoegdheid word egter slegs
by hoë uitsondering uitgeoefen en die toets is:
“…
Of
dit onregverdig (is) en tot onherstelbare nadeel van ‘n
beskuldigde sal wees om toe te laat dat die saak tot ‘n einde

gevoer word,”
p
er
Rose-Innes R in:
S
v Claassen 1998(1) SACR 317(C)
te
322 d-e.
In
S
v Attorney General, Western Cape: S v Regional Magistrate Wynberg and
another 1992(2) SACR 13(C)
te
22 e-f, word dit as volg gestel:
“……
.
The
proper approach ……. is to consider whether the
applicant has made out a case for departing from the general rule

that it is undesirable in criminal proceedings to entertain appeals
and/or reviews before the trial has been concluded. To put
the same
test in different terms: is this one of those rare cases where grave
injustice might otherwise result if we do not interfere
before
criminal proceedings have been finalised or where justice might not
by other means be attained?”
Sien verder in dié
verband:
Mendes
and another v Kitching NO and another 1996(1) SA 259(E)
te 269 A-B waar die geleerde Regter daarop wys dat ‘n
beskuldigde wat verontreg voel se normale remedie eerder daarin lê

om die gewaande onreëlmatigheid na skuldigbevinding by wyse van
appél in hoër beroep te neem, eerder as om in
die middel
van strafverrigtinge hom te wend na die Hooggeregshof op hersiening.
In ‘n
ongerapporteerde beslissing van hierdie Afdeling, per Kgomo RP
en Olivier WnR (soos hy toe was), naamlik
Herman
Zürich v Regional Court Magistrate Upington and another
,
saaknommer 116/02, gelewer op 26 September 2003, is die voormelde
beginsel ook in hierdie Afdeling bevestig.
Vergelyk verder
ook die onlangse beslissing van
Mngomezulu
v National Director of Public Prosecutions 2008(1) SACR 105
(SCA)
te par [12] en par [13] (112 e- 113 e), waar
dieselfde algemene beginsel nagevolg is in die konteks van ‘n

aangevraagde verklarende bevel wat hangende strafregtelike
verrigtinge affekteer.
Ek is dit eens
met Mnr. Cloete dat hierdie hersieningsaansoek voortydig is en dat
dit nie een van daardie hoë uitsonderingsgevalle
is waar
hierdie Hof behoort in te meng met onafgehandelde verrigtinge in ‘n
laer hof nie. Ek kom tot dié bevinding,
omrede ek die mening
toegedaan is dat daar nie gesê kan word op die stukke voor ons
dat versuim om in te gryp sal lei tot
‘n onomkeerbare en
ernstige regskending tot benadeling van die applikant nie.
Daar
kan na my mening nog nie op hierdie stadium sprake wees van ‘n
onomkeerbare regskending nie, aangesien:
a) Die eerste
respondent sy beslissi
ng,
wat immers bloot interlokutoor is, kan verander in die loop van die
verhoor;
b) Die applikant kan bes moontlik
onskuldig bevind word aan die einde van die saak;
c) Die applikant kan, indien hy
skuldig bevind word, appelleer en onder andere hierdie beweerde
onreëlmatighede wat die onderwerp
van die binneverhoor gevorm
het, in hoër beroep neem.
In die
omstandighede dus behoort ons nie die applikant op hierdie stadium
tegemoet te kom in sy aansoek dat ons die verrigtinge
a
quo
hersien
en tersyde stel nie.
Daar is ‘n
verdere grond waarom die aansoek nie kan slaag nie. Soos Mnr.
Cloete tereg aangedui het, het die eerste respondent
‘n
diskresie gehad om die bepaalde getuienis toe te laat. Sodanige
diskresie spruit nie alleen uit hoofde van art 252A(3)
van die
Strafproseswet nie, maar ook in terme van die bepalings vervat in
art 35(5) van die Grondwet, Wet 108 van 1996.
Sien in dié
verband:
Key
v Attorney General Cape Provincial Division and another 1996(2) SACR
113(CC)
te
120h – 121b.
Sien ook:
S
v Khan 1997(2) SACR 611(SCA)
te 618 b-d;
S v Khuzwayo
2002(1) SASV 24
(NK)
te
27 f-i.
In
S
v Du Toit en andere (1) 2005(2) SASV 367(T)
is die onderskeid tussen sogenaamde deelnemende meeluistering en
derdeparty meeluistering breedvoerig bespreek aan die hand
van die
vroeëre beslissing in
S
v Kidson 1999(1) SASV 338 (W)
.
In die onderhawige
geval het ons te make met sogenaamde deelnemende meeluistering
wat
beteken dat dit selfs van groter belang is dat ‘n Hof ‘n
diskresie uitoefen by bepaling van die toelaatbaarheid
van getuienis
al dan nie, wanneer ons te make het met meeluistering.
Ek meen dat Mnr.
Cloete korrek is in sy betoog dat die eerste respondent toegelaat
moet word om ongehinderd voort te gaan met die
uitoefening van sy
diskresie totdat die saak voltooi is en dat dit nie gepas sal wees om
nou op hierdie stadium
,
terwyl die aangeleentheid deelsverhoor is, met sodanige diskresie in
te meng nie.
Ter samevatting
dus
is ek die mening toegedaan dat die applikant se aansoek nie kan
slaag nie, omrede dit voortydig is en op ‘n onbehoorlike

inmenging met die verhoorlanddros se diskresie sou neerkom. Die
voormelde bevindinge maak dit onnodig om met die meriete van
die
aansoek te handel. Daar word geen kostebevel aangevra nie, aangesien
Mnr. Cloete, ‘n lid van die tweede respondent
se
personeelkomponent, self die aangeleentheid namens die tweede
respondent beredeneer het.
Ek reik die volgende bevel uit:
A. DIE APPLIKANT SE AANSOEK WORD
VAN DIE HAND GEWYS.
B. DIE STRAFVERHOOR VOOR DIE
DISTRIKSLANDDROS TE HOPETOWN MOET SO GOU DOENLIK HERVAT WORD.
____________
SA MAJIEDT
REGTER
Ek stem saam.
____________
HJ LACOCK
REGTER
Namens Applikant : Adv I Nel
In opdrag van : Hugo Mathewson en Oosthuisen Ing
Namens Tweede Respondnet : Adv JJ Cloete