About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2008
>>
[2008] ZANCHC 19
|
|
S v Williams (10/2007) [2008] ZANCHC 19 (18 April 2008)
Rapporteerbaar:
Ja / Nee
Sirkuleer
onder Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
onder Landdroste: Ja / Nee
Sirkuleer
onder Streeklanddroste: Ja / Nee
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saak
No: 10/2007
Datum
gelewer: 18/04/2008
In
die saak tussen:
DIE
STAAT
en
HILTON
WILLIAMS
UITSPRAAK
OP HERSIENING
Olivier R:
Die beskuldigde
is op 27 Maart 2002 in die Streekhof te Upington skuldig bevind aan
moord en gevonnis tot 15 jaar gevangenisstraf.
Op 15 November 2006 het die
betrokke streeklanddros, by oorweging van Å aansoek om kondonasie
en om verlof om te appelleer, gelas
dat die aangeleentheid op
spesiale hersiening gestuur word, en wel omdat dit geblyk het dat
die meganiese opname van die destydse
verrigtinge in die streekhof
verlore is en dat die oorkonde op geen wyse gerekonstrueer kan word
nie.
Die dokumentasie in die bogemelde
aansoeke is op 6 Desember 2005 deur die Klerk van die Landdroshof te
Upington ontvang. Die beskuldigde
het as rede vir hierdie
vertraging aangevoer dat hy wel destyds binne die voorgeskrewe
periode van 14 dae ná sy skuldigbevinding
en vonnis in die
gevangenis Šaansoek om verlof tot appèl oorhandig het aan ene mnr
S D Freeman, Å beampte wat aldaar in diens
van die Departement van
Korrektiewe Dienste was. Volgens die beskuldigde het mnr Freeman by
daardie geleentheid aan hom verduidelik
dat hy Å geruime tyd sou
moes wag vir terugvoering.
Toe die beskuldigde volgens hom
egter later besef het dat ander gevangenes wat later as hy stappe
geneem het om aansoek te doen
om verlof tot appèl al terugvoering
ontvang het, het hy besef dat mnr Freeman nie sy aansoek om verlof
tot appèl behoorlik geprosesseer
en hanteer het nie en het hy
dadelik stappe geneem om die onderhawige aansoek om kondonasie en
verlof tot appèl ingedien te kry.
Volgens die beskuldigde het
dieselfde lot destyds meerdere ander gevangenes se aansoeke om
verlof tot appèl getref.
Hierdie beweringe van die
beskuldigde sou op die oog af na my oordeel Å behoorlike
verduideliking vir die vertraging daargestel
het. Daar is nie
namens die Staat enigiets aangebied ter weerlegging daarvan nie en
gevolglik sal daar aanvaar moet word dat hierdie
beweringe van die
beskuldigde korrek is.
Vir die
behoorlike beregting van die aansoek om kondonasie sou die
beskuldigde egter ook moes aangetoon het dat daar redelike
vooruitsigte
van sukses in sy aansoek om verlof tot appèl en in Å
appèl sou wees (sien
S
v Thobakgale and Others
1998 (1) SACR 703
(WLD)).
Die beskuldigde het as gronde van
appèl teen sy skuldigbevinding aangevoer dat hy eintlik aan
strafbare manslag skuldig bevind
moes gewees het, oënskynlik op die
basis dat hy die perke van noodweer oorskry het. Hy het ook Å
verskeidenheid van gronde ten
aansien van die vonnis uiteengesit.
Die probleem was egter dat die
streeklanddros wat die saak verhoor het, niks meer daarvan kon
onthou nie. Sonder insae in die oorkonde
sou die betrokke
streeklanddros dus nie kon oorweeg of die beskuldigde se gronde op
die afgelegde getuienis redelike vooruitsigte
op sukses sou inhou
nie. As gevolg hiervan was die streeklanddros dus nie in staat om
die beskuldigde se aansoek om verlof tot
kondonasie te beslis nie
(en sou hy ook nie in staat gewees het om die aansoek om verlof tot
appèl te beslis nie).
Die afwesigheid
van die oorkonde het dus, op die inligting wat voor die
streeklanddros gedien het, in effek verhoed dat die beskuldigde
sy
grondwetlike reg van appèl uitoefen (sien
artikel
35(3)(o)
van die
Grondwet
,
108 van 1996).
Daar is geen
aanduiding dat die beskuldigde self te blameer is vir die feit dat
die bande weg is of vir die onvermoë van alle betrokkenes
om Å
rekonstruksie te bewerkstellig nie (vergelyk
S
v van Staden
,
Å ongerapporteerde uitspraak op hersiening in hierdie afdeling
onder saaknommer 105/2007, gelewer op 28 Maart 2008).
Op die inligting wat voor die
streeklanddros gedien het, sou die beskuldigde se skuldigbevinding
en vonnis dus tersyde gestel moes
word en was die streeklanddros
korrek om die saak onder sodanige bepaalde omstandighede op spesiale
hersiening te stuur.
Hierdie Hof het reeds voorheen
verwys na die feit dat swak administrasie by die Upington
Landdroskantoor lei tot hierdie tipe situasies.
Die frustrasie en
wanhoop wat dit op alle waarskynlikhede veroorsaak by die publiek
daarbuite en by alle persone wat betrokke
is by misdaad-ondersoek en
regspleging, veral by ernstige misdade soos hierdie, spreek vanself.
Wat dit in hierdie geval vererger,
is die feit dat die beskuldigde in Šlatere beëdigde verklaring
(rondom die vraag of die rekord
gerekonstrueer kon word) aangevoer
het dat hy nou ook niks meer van sy eie weergawe kan onthou nie;
terwyl hy dit net meer as
2 jaar tevore nog goed genoeg kon onthou
het om gronde van appèl te kon formuleer.
Hierdie tipe
ommeswaai sou natuurlik Å vraagteken oor die beskuldigde se
bona
fides
kon plaas.
Dit sou verder,
indien dit deel sou gewees het van die inligting wat voor die
streeklanddros gedien het op die stadium toe die beskuldigde
aansoek
gedoen het om kondonasie en om verlof tot appèl, in effek beteken
het dat die beskuldigde op sy eie weergawe geen gronde
van appèl
hoegenaamd aangevoer het nie, dit wil sê stellings oor in watter
opsigte die skuldigbevinding en vonnis op die getuienis
aanvegbaar
sou gewees het. In sulke omstandighede sou die beskuldigde
natuurlik nie voldoen het aan die vereiste gestel in artikel
309B(3)(a) van die Strafproseswet, 51 van 1977, nie (sien ook
S
v Zondi
2003 (2) SACR 227
(W) op 240i-241b).
Die beskuldigde
sou ook nie in sulke omstandighede werklik kon aantoon dat hy
benadeel is deur die afwesigheid van die oorkonde
of Å
rekonstruksie nie. Hy sou nie daarop geregtig gewees het dat die
Streeklanddros moes spekuleer oor die vraag of die oorkonde
of
rekonstruksie nie dalk gronde vir inmenging sou opgelewer het nie
(sien
S
v Zondi
,
2003 (2) SACR 227
(WLD) op 240i-241b).
Die feit is egter dat dié latere
weergawe van die beskuldigde nie deel uitgemaak het van die
beskuldigde se aansoek nie. In dié
omstandighede word hierdie Hof
eintlik geen ander keuse gelaat nie as om die skuldigbevinding en
vonnis tersyde te stel. Niks
sou natuurlik die Direkteur van
Openbare Vervolgings verhoed om in sodanige omstandighede opnuut
vervolging teen die beskuldigde
in te stel nie en vir hierdie
doeleindes sal gelas word dat die stukke in hierdie aangeleentheid,
asook hierdie uitspraak, aan
die plaaslike Direkteur van Openbare
Vervolgings voorgelê word vir die oorweging daarvan om die
beskuldige opnuut te vervolg.
Bygevolg word die
volgende bevele hierin gemaak:
Die beskuldigde se
skuldigbevinding aan moord en die vonnis van 15 jaar gevangenisstraf
word tersyde gestel.
Dit word
gelas dat hierdie stukke, sowel as Å afskrif van hierdie uitspraak,
aan die plaaslike Direkteur van Openbare Volgings
voorgelê word vir
oorweging daarvan om die beskuldigde opnuut op die betrokke aanklag
te vervolg.
________________________
C J OLIVIER
REGTER
NOORD-KAAPSE AFDELING