About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2008
>>
[2008] ZANCHC 18
|
|
Bestuursraad van Laerskool Sentraal,Kakamas v Sersant van Kradenburg and Another (CA &R 52/07) [2008] ZANCHC 18 (4 April 2008)
Verslagwaardig:
Sirkuleer
Aan Regters:
Sirkuleer
aan Streeklandroste
Sirkuleer
Aan Landdroste:
JA
/ NEE
JA
/ NEE
JA
/ NEE
JA
/ NEE
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse Afdeling)
Saakno: / Case
number:
CA
&R 52/07
Datum verhoor: / Date
heard:
17/03/2008
Datum
gelewer: / Date delivered:
04/04/2008
In
die Volbank Appèl:
DIE
BESTUURSRAAD VAN LAERSKOOL SENTRAAL,KAKAMAS
Appellant
teen
SERSANT
VAN KRADENBURG Eerste Respondent
ERIKA
IZAKS Tweede Respondent
Coram:
Lacock R et Williams R
UITSPRAAK OP
APPÃL
LACOCK
R:
Die appellant, die
Bestuursraad van Laerskool Sentraal, Kakamas, appelleer teen ân
uitspraaak van die landdros, Kakamas, waarkragtens
die vordering van
die appellant teen die eerste respondent vir die betaling van
âagterstallige skoolgeldeâ ten behoewe van
die buite-egtelike
kind van die eerste respondent, en welke kind in die de jure en de
facto bewaring van haar biologiese moeder
(die tweede respondent)
is, van die hand gewys is met koste.
Dit is gemeensaak of
minstens nie in geskil nie, dat
[2.1.] Die appellant
die behoorlik verkose beheerliggaam van die Laerskool Sentraal
Kakamas (die skool) is;
[2.2.] Die
appellant die skoolgeld betaalbaar ten behoewe van leerders van die
skool behoorlik vasgestel het kragtens die toespaslike
voorskrifte
van die
Suid-Afrikaanse
Skolewet, 84 van 1996
(die
Wet
);
[2.3.] Die skool ân
openbare skool is kragtens die
Wet
;
[2.4.] Skoolgelde ten
bedrae van R1425-00 ten behoewe van die buite-egtelike dogter van die
respondente en laerskool leerder van die
skool (die leerder) aan die
skool verskuldig en betaalbaar is;
[2.5.] Die
appellant die skoolgeld vorder kragtens sy bevoegdheid ontleen aan
artikels 40 en 41 van die Wet;
[2.6.] Die
eerste respondent die biologiese vader van die voormelde leerder is;
[2.7.] Die
leerder in die de jure en de facto bewaring van van haar biologiese
moeder, (die 2de respondent) is; en
[2.8.] Die
eerste respondent kragtens ân bevel van die onderhoudshof onderhoud
ten behoewe van die leerder aan haar moeder betaal
in die bedrag van
R300-00 per maand.
Die vordering van die
appellant is uitsluitlik gegrond op die voorskrifte van artikel
40(1) van die Wet, en wat as volg lees:
â â
n
Ouer is aanspreeklik vir die betaling van die skoolgeld ingevolge
artikel
39
bepaal, tensy en tot die mate waartoe hy of sy van betaling vrygestel
is kragtens hierdie Wet.â
Dit is gemeensaak dat
geen vrystelling van die betaling van skoolgeld ten behoewe van die
tersaaklike leerder hierin toepaslik is
nie.
Die enigste geskil
tussen die partye wat deur die landdros beslis moes word, en wat op
appèl voor hierdie Hof dien, is naamlik
of die eerste respondent
vir doeleindes van die voorskrifte van artikel 40 van die Wet ân
âouerâ van die leerder is of nie.
Die antwoord op
hierdie vraag is geleÑ in die vertolking van die woord âouerâ
soos gebesig in die voormelde artikel van die
Wet en soos omskryf in
artikel 1 daarvan. In artikel 1 van die Wet word âouerâ as volg
omskryf:
â
(a) Die
ouer of voog van ân leerder;
(b) Die persoon met wettige
aanspraak op sorg vir ân leerder;
(c) Die
persoon wat onderneem om die verpligtinge van ân persoon in
paragrawe (a) en (b) ten opsigte van die leerder se opvoeding
op
skool na te kom.â
Die
Engelse (getekende) teks omskryf âparentâ as volg:
â
(a)
The parent or guardian of a learner;
The person legally entitled to
custody of a learner;or
The person who undertakes to
fulfill the obligations of a person referred to in paragraphs (a)
and (b) towards the learnerâs education
at school.â
Die advokate van die
onderskeie partye is dit eens dat slegs sub paragraaf (a) van die
voormelde woordomskrywing in casu van toepassing
is.
[6] Advokaat Van
Niekerk SC namens die appellant betoog eerstens dat aan die woord
âouerâ die normale grammatikale betekenis daarvan
toegeskryf moet
word, en dat dit insluit die biologiese vader van ân buite-egtelike
kind. Tweedens betoog hy dat dit uit die Wet
as geheel blyk dat die
Wetgewer die net vir die aanspreeklikheid van skoolgelde wyd wou span
en dit ook die buite-egtelike vader
van ân leerder wou betrek.
Indien dit nie die bedoeling was nie, aldus die betoog, kon die
Wetgewer dit in eenvoudige taal aldus
verorden het.
Advokaat Coetzee namens
die eerste respondent daarinteen betoog eerstens dat die vertolking
soos voorgehou namens die appellant sal
neerkom op ân ongegronde
wysiging van die gemenereg, en, tweedens, dat die voorskrifte van die
Wet as geheel aanduidend daarvan
is dat die Wetgewer met âouerâ
bedoel het die âbewaringsgeregtigdeâ ouer met uitsluiting van die
ânie-bewaringsgeregtigdeâ
ouer.
[7] Dit is bekende reg
dat, by die vertolking van ân statutêre voorskrif , die Howe
primêr sal poog om die oogmerk van die Wetgewer
met die tersaaklike
voorskrif vas te stel. Normaalweg en as vertrekpunt word gepoog om
dié oogmerk eerstens vas te stel uit die
gewone grammatikale
betekenis van die woord of woorde soos gebesig, tensy daardie
betekenis lei tot ân absurde of dubbelsinnige
vertolking van die
voorskrif, of duidelik in stryd is met die oogmerk van die Wetgewer.
Sien
R
v Venter
1907 TS 910
;
Bras v
Randburg Stadsraad,
[1992] ZASCA 47
;
1992 (3) S.A. 371
(A)
te
377
I
;
Randburg
Town Council v Kerksay Investments (Pty) Ltd.,
1998 (1) S.A. 98
(HHA).
Uiteraard moet die
bedoeling van die Wetgewer ook nagespeur word uit die konteks waarin
die tersaaklike woord of woorde gebesig word.
Sien
Birch
v Klein Karoo Agricultural Co-Operative Limited
[1993] ZASCA 34
;
1993 (3) S.A. 403
(A)
te
411 E
.
ân Kontekstuele vertolking verg oorweging van
â
the
language of the rest of the statute as well as the matter of the
statute, its apparent scope and purpose, and, within limits,
its
background.â
Stellenbosch
Farmersâ Winery v Distillers Corporation
and
Another,
1962 (1) S.A. 458
(A)
te
476
E.
Verdermeer, en soos
deur Mnr. Coetzee aangevoer, moet wette, behalwe in soverre dit van
die gemenereg afwyk, so vêr doenlik in ooreenstemming
met die
gemenereg uitgelê word.
Kleynhans
v Yorkshire insurance Company limited,
1957 (3) S.A. 544
(A)
te
551
B.
[8] Daar kan weinig
twyfel wees dat, in sy gewone grammatikale betekenis die woord âouerâ
verwys na óf die vader óf die moeder
van ân kind. Dat dit in
hiedie gewone betekenis ook sal insluit die vader van ân
buite-egtelike kind, sal ek vir doeleindes
van hierdie beslissing
aanvaar.
[9] Gemeenregtelik was
die vader van ân buite-egtelike kind nie as ân ouer, in die sin
van ân ouer met ouerlike gesag oor ân
kind, beskou nie in
teenstelling met ân vader van ân kind gebore uit ân wettige
huwelik of die vader van ân gewettigde kind.
Sien Voet I.6.3. en 4
(Gane se vertaling);
B
v S
1995 (3) S.A. 571
(A):
â
The
fact is that in Roman-Dutch law an illegitimate child fell under the
paternal authority, and thus the guardianship and custody
of its
mother; the father had no such authority: Van Leeuwen Het Roomsch
Hollandsch Recht 1.7.4; Van Bynkershoek Quaestiones Juris
Privati
3.11; Van der Linden Koopmans Handboek
1.4.2.â
(te 575 G-H) en verder te 576 D,
â
In
Docrat v Bhayat
1932 TPD 125
the father applied for custody, the
mother having died. The child in question was born of their Muslim
marriage. In the course
of his judgment De Wet remarked (at 127-8)
that the father had âno locus standi at allâ as far as custody of
the child and that
he had âno legal claim to the childâ. These
statements were not supported by reference to any authority but, from
what I have
already said, they were in line with the common law and
would also have applied to the matter of access.â
Sien
verder
Santam
Versekeringsmaatskappy v Roux,
1978
(2)
S.A. 856
(A) te 864 e.v.
[10] Deur die jare is
die gemeenregtelike verhouding tussen ân biologiese vader en sy
buite-egtelike kind deur wetgewing gewysig
of aangepas. Sien onder
andere
S v H,
2007 (3) S.A. 330
(K)
te
339
F-H; Fraser v Childrensâ Court, Pretoria
North
and
Others
1997 (2) S.A. 261
(CC)
en wat aanleiding gegee het tot die gewysigde
artikel
18 (4) (d)
van die
Wet
op
Kindersorg,
74 van 1983; en âThe Law of South Africa: (2de uitgawe) Vol. 10 par
418.
Ek vind dit egter nie nodig om verder te handel met hierdie statutêre
aanpassings nie aangesien sodanige verordeninge nie toepassing
vind
op die onderhawige aangeleentheid nie, en die
Kinderwet
nr. 38 van 2005
eers in werking getree het nadat uitspraak hierin deur die Hof a quo
gelewer is.
[11] Uit hoofde van die
voorgaande is daar myns insiens meriete in die argument van Mnr.
Coetzee naamlik dat, indien die woord âouerâ
in sy
gemeenregtelike nis vertolk word, dit waarskynlik verstaan moet word
as die ouer of ouers beklee met ouerlike gesag. In casu
sal dit die
tweede respondent wees met uitsluiting van die eerste respondent.
[12] Deurslaggewend is
myns insiens die gebruik van die begrip âouerâ in die Wet in sy
geheel gelees. Indien die Wet aldus in
sy geheel gelees word, is dit
na my mening baie duidelik dat die Wetgewer met âouerâ in
artikels 40 (1) en 41 van die Wet, saamgelees
met die woordomskrywing
van âouerâ in artikel 1 daarvan, bedoel het die vader en/of
moeder van ân kind wat beklee is met die
ouerlike gesag (âparental
authorityâ) van ân leerder kragtens die Wet.
[12.1.] Artikel 3 (1)
van die Wet bepaal dat,
â
Behoudens
hierdie Wet en enige toepaslike provinsiale Wet moet elke ouer elke
leerder vir wie hy of sy verantwoordelik is, ân skool
laat bywoon.â
Hoewel die
woord âouerâ hierin gekwalifiseer word as die ouer
verantwoordelik vir ân leerder is dit myns insiens aanduidend
daarvan dat die Wetgewer die âverantwoordelikeâ ouer wou belas
met die verpligting om ân leerder ân skool te laat bywoon.
So ân
ouer sal, ingevolge par. (a) van die woordomskrywingsartikel van
âouerâ in die Wet, wees beide die vader en moeder van
ân
leerder wat met mekaar getroud is, of die moeder van ân
buite-egtelike kind, of die geskeide ouer van ân leerder aan wie
die bewaring of voogdyskap oor die kind toegeken is (
Governing
Body, Gene Louw Primary School v Roodtman,
2004 (1) S.A. 45
(K) )
.
Dit kom my onlogies voor dat die Wetgewer hierdie verpligting op die
verantwoordelike ouer alleen sou plaas, maar die
nie-verantwoordelike
ouer ook sou belas met die verpligting tot
betaling van skoolgelde.
[12.2.] Artikel
8 (1) en (6) van die Wet lees as volg:
â
(1) Behoudens
enige toepaslike provinsiale Wet moet ân beheerliggaam van ân
openbare skool ân gedragskode vir leerders aanvaar
na oorleg met
die leerders, ouers en opvoeders van die skool.
â
n
Leerder moet by disiplinêre verrigtinge deur sy of haar ouer of ân
persoon deur die ouer aangewys, vergesel word, tensy afdoende
redes
deur die beheerliggaam aangevoer kan word vir die voortsetting van
die die verigtinge in die afwesigheid van die ouer of
die persoon
deur die ouer aangewys.â
Dit is eenvouding
ondenkbaar dat die Wetgewer in hierdie artikels ook die vader van ân
buite-egtelike kind sonder ouerlike gesag
in gedagte gehad het.
Duidelik kan hierdie regte van ouers alleen slaan op die ouer beklee
met ouerlike gesag van ân leerder of
dan, in die woorde van die
Wet, die verantwoordelike ouer. Dit sal duidelik onhoudbaar wees om
van ân beheerliggaam te verwag
om, benewens die verantwoordelike
ouer, ook nog die nie-bewaringspligtige ouer kennis te gee van
stappe soos hierin be-oog.
Dieselfde geld ten
aansien van die voorskrifte van artikels 18
(2),
(âân Grondwet Beoog in sub artikel (1) moet voorsiening
maak vir
(b) vergaderings van die
beheerliggaam met ouers, leerders, opvoeders en ander personeel
onderskeidelik, minstens een keer per jaar
.â)
en 20 (1) (h)
(âBehoudings hierdie Wet moet die beheerliggaam van ân openbare
skool -
(h) ouers,
leerders, opvoeders en ander personeel van die skool aanmoedig om
vrywillige dienste aan die skool te lewer.â)
van die Wet.
[12.3.] Artikel 23 (2)
van die Wet bepaal,
â
Verkose lede van
die beheerliggaam bestaan uit ân lid of lede van elk van die
volgende kategorieÑ
(a) Ouers
van leerders by die skool;
(b) Opvoeders by die skool;
(c) Personeellede by die skool
wat nie opvoeders is nie;
(d) Leerders in die agste graad
of hoÑr by die skool.â
Dit sal na my mening
absurd wees om te sê dat ook ân ander ouer van ân leerder as dié
beklee met die ouerlike gesag oor daardie
leerder bevoeg is om
verkies te word op die beheerliggaam van ân skool waar daardie
leerling ingeskryf is. Indien dit so kan wees,
kan dit beteken dat
botsende standpunte ten behoewe van dieselfde leerder op die
beheerliggaam deur die twee ouers voorgestaan word,
of dat die
standpunt van die ouer beklee met ouerlike gesag deur die ander ouer
sonder ouerlike gesag geveto kan word.
Sien ook artikel 23
(10).
âIndien
die getal ouers in enige stadium nie meer is as die gekombineerde
totaal van die ander lede met stemreg nie, moet die beheerliggaam
ouers tydelik met stemreg ko-opteer.â
Dit is eenvoudig ondenkbaar dat die Wetgewer in hierdie artikel
enige ander ouer as dié beklee met ouerlike gesag oor ân leerder
in gedagte gehad het.
[12.4.] Hoewel die
gewysigde artikel 41 van die Wet eers in werking getree het na die
ontstaan van die skuldoorsaak in hierdie geding,
is die bewoording
daarvan nietemin aanduidend van die bedoeling van die Wetgewer met
die begrip âouerâ soos in sub-paragraaf
(a) van die omskrywing
van âouerâ in artikel 1 omskryf. Die tersaaklike voorskrifte van
hierdie artikel lees as volg:
â
(1) ân
Openbare skool kan die betaling van skoolgelde deur ouers wat
ingevolge artikel 40 daarvoor aanspreeklik is, deur regsproses
afdwing.
(4) ân
Openbare skool kan ingevolge subartikel (1) optree slegs nadat hy
vasgestel het dat â
(a) die ouer nie ingevolge
hierdie Wet vir sy vrystelling van die betaling van skoolgelde
kwalifiseer nie;
(b) aftrekkings gemaak is
ingevolge regulasies in artikel 39(4) beoog vir ân ouer wat vir
gedeeltelike vrysteling kwalifiseer; en
(c)
die ouer die vorm wat in die regulasies in artikel 39 (4) beoog
word, ingevul en geteken het.
(6) ân Openbare skool mag nie
op die woning waarin ân ouer woon, beslag lê nie.â
Dat die Wetgewer in
hierdie artikels die ouer beklee met ouerlike gesag bedoel, behoef
geen betoog nie. ân Ouer sonder ouerlike
gesag oor ân leerder,
het geen bevoegdheid om te besluit by watter skool om daardie leerder
in te skryf, of om op ân ander wyse
die ouerlike gesag van die ouer
wat daarmee beklee is, te ondermyn of te vervang anders dan by
ooreenkoms of kragtens ân Hofbevel
nie, in welke geval hy of sy
waarskynlik sal resorteer onder sub paragraaf (c) van die omskrywing
van âouerâ in artikel 1 van
die Wet. Dit sal ook absurd wees om
die ouer wat nie met ouerlike gesag beklee is ingevolge artikel 40
(1) van die Wet van die betaling
van skoolgelde vry te skeld, terwyl
die ouer wat wel beklee is met ouerlike gesag ân uiters
welgestelde moeder van die betrokke
leerder is.
Indien die Wetgewer
bedoel het dat ook die ouer sonder ouerlike gesag aanspreeklik gehou
kan word vir die betaling van skoolgelde,
is daar geen logiese
bestaansreg vir artikel 41 (6), hierbo aangehaal, nie. Hierdie
artikel het duidelik die belang en beskerming
van die leerder en sy
of haar bewarende ouer as ratio in gedagte, en nie ook dié van
derdes (soos die biologiese vader van ân
buite-egtelike kind sonder
ouerlike gesag) nie.
[13] In
Governing
Body, Gene Louw Primary School v Roodtman
(supra) het Van Heerden R (soos sy toe was) ook gewys op die
onbillike resultate wat kan volg indien ân nie â bewaringsouer
van
ân leerder kragtens ân voorganger van die Wet, synde
Wet
70 van 1988
,
aanspreeklik gehou kan word as ân ouer van ân leerder benewens
die toesighoudende ouer.
âThe
appellantâs interpretation of the word âparentâ in
s
102A(1
) of the
Act
would also give rise to inequitable and, in many cases, absurd or
anomalous consequences. Thus, for example, where the amount of
maintenance payable by the non-custodian parent in respect of his or
her child has been computed with reference to all the different
components of the duty of support, including the childâs
educational expenses (see for example,
Du
Toit v Du Toit
1991 (3) SA 856
(O)
), the school at which the custodian parent has enrolled the child
would nevertheless be entitled to sue the non-custodian parent
for
all the outstanding school fees in respect of such child. This would
be the case even if the non-custodian parent had complied
with the
maintenance order in all respects. Another possibility which springs
to mind is the situation where the child has been
placed in the
custody of a foster parent by a childrenâs court and that foster
parent has enrolled the child in a school. Quite
apart from the
possibility of a foster care grant payable to the foster parent, the
natural parent may also have been ordered to
make regular payments as
a contribution towards the maintenance of the child (by means of a
contribution order in terms of
s
43 of the Child Care Act 74 of 1983).
If one were to interpret the word âparentâ in
s
102A(1)
of the
Act
in the manner contended for by the appellant, this would mean that
the school would be able to sue the natural parent (who does not
have
the custody of his or her child) for all outstanding school fees in
respect of such child, even if the natural parent had complied
with
the contribution order against him or her in every respect. This
type of consequence would offend against the tenet of statutory
interpetation to the effect that, as far as possible, statutes must
be interpreted so as not to give rise to the inequitable or absurd
results (see, in this regard, Du Plessis (op cit at 83-97).
â
(te 56 F tot 57 B). Ek stem met eerbied hiermee saam.
[14] Uit hoofde van die
voorgaande bevind ek vervolgens dat die woord âouerâ soos onskryf
in sub paragraaf (a) van die omskrywing
van âouerâ in artikel 1
van die Wet en soos gebesig in o.a. artikel 40 (1) van die Wet, nie
die biologiese vader van sy buite-egtelike
kind en ân leerder van
ân openbare skool (soos die Laerskool, Sentraal, Kakamas) en wat
nie beklee is met ouerlike gesag oor
daardie kind nie, insluit nie.
Daar is gevolglik geen redes op grond waarvan die slotsom waartoe die
Landdros in die Hof a quo geraak
het, te versteur nie.
[15] Gesien die
gevolgtrekking waartoe ek hierin geraak het, vind ek dit nie nodig om
te handel met die aard van die regsverhouding
tussen ân skool en
die ouer van ân leerder by daardie skool, en of daardie verhouding
ân kontraktuele een is soos bevind in
die
Gene
Louw Primary School
-
saak (supra) nie.
[16] Die Advokate is
dit eens dat die koste van die appèl op die resultaat behoort te
volg. Ek stem saam.
Bygevolg
word die volgende bevel hierin verleen:
Die
appèl word afgewys met koste.
_______________
HJ
Lacock
REGTER
Ek
stem saam.
_______________
CC
Williams
REGTER
Namens
appellant:
Adv
Van Niekerk SC
(i.o.v.
Duncan & Rothman, Kimberley)
Namens
respondent:
Adv
Coetzee (i.o.v. Madeleen Teseling Prokureurs, Kimberley