S v Brown (15/2008) [2008] ZANCHC 17 (28 March 2008)

70 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Traffic Offences — Sentencing — Accused convicted of a violation of section 122(1)(a) of the Road Traffic Act, 29 of 1989, and sentenced to a fine or imprisonment, with half of the sentence suspended — Review of the suspended sentence condition which referred to repealed provisions of the Act — Court held that the reference to repealed provisions was unnecessary and amended the condition to refer to the current applicable law under the National Road Traffic Act, 93 of 1996.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2008
>>
[2008] ZANCHC 17
|

|

S v Brown (15/2008) [2008] ZANCHC 17 (28 March 2008)

Rapporteerbaar:
Ja / Nee
Sirkuleer
onder Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
onder Landdroste: Ja / Nee
Sirkuleer
onder Streeklanddroste: Ja / Nee
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saak
No: 15/2008
Landdroshofsaakno:
B09/2008
Datum
gelewer: 28/0 3/2008
In
die saak tussen:
Die
Staat
en
David
Brown
Coram:
Lacock R et Olivier R
UITSPRAAK
OP HERSIENING
Olivier R:
Die beskuldigde
in hierdie aangeleentheid is skuldig bevind aan ‘n oortreding van
artikel 122(1)(a) van die Padverkeerswet, 29
van 1989. Hy is
gevonnis tot ‘n boete van R3 000,00 of 12 maande
gevangenisstraf, waarvan die helfte voorwaardelik opgeskort
is vir
‘n periode van 3 jaar.
Die
saak dien nou op outomatiese hersiening. Die beskuldigde het
skuldig gepleit en die ondervraging en skuldigbevinding blyk in
orde
te wees.
Wat die vonnis
betref, is dit net die bewoording van die opskortingsvoorwaarde wat
oorweging verdien. Dit lui dat
“die
beskuldigde nie weer skuldig bevind word aan oortreding artikel
122(1)(a) Wet 29/1989 of enige gelykluidende bepaling van
enige
ander wet gepleeg gedurende die tyd van opskorting nie”
.
Die oortreding is in
Maart 1997 gepleeg, toe die voormelde Wet nog gegeld het. Die
betrokke bepalings van daardie Wet is egter
gedurende 2000 herroep
deur die bepalings van die Nasionale Padverkeerswet, 93 van 1996,
waarvan artikel 65(1)(a) gelykluidende
bepalings aan dié van
artikel 122(1)(a) van die vorige Wet bevat. Die verhoor van hierdie
aangeleentheid het egter, om die een
of ander rede wat nie uit die
oorkonde blyk nie, eers op 7 Januarie 2008 geskied.
Omdat die
onderhawige oortreding gepleeg is op ‘n stadium toe die vorige Wet
nog van toepassing was, was dit in orde om die beskuldigde
aan te
kla en skuldig te bevind aan ‘n oortreding van die herroepe
bepalings van die Padverkeerswet (sien
artikel
12
van die
Interpretasiewet,
33 van 1957
).
Dit kom my egter sinneloos voor om
nou na die herroepe bepalings te verwys in ‘n
opskortingsvoorwaarde. Die feit is dat, indien
‘n oortreding nou
gepleeg sou word, die beskuldigde in elk geval nie aan ‘n
oortreding van die herroepe bepalings skuldig bevind
sou kon word
nie, omdat dit reeds herroep is en nie van toepassing sou kon wees
op ‘n oortreding wat gepleeg is nadat dit herroep
is nie.
Dit is duidelik
wat die landdros probeer bereik het met die gedeelte van die
opskortingsvoorwaarde wat verwys na “
gelykluidende
”
bepalings van ander wetgewing, maar ek meen dat die
opskortingsvoorwaarde eenvoudig moes verwys het na die bepalings van
artikel
65(1)(a) van die Nasionale Padverkeerswet. Daar is geen
suggestie dat hierdie bepalings binne die volgende drie jaar herroep
gaan
word nie.
Die vonnis is origens
in orde. Dit sou na my oordeel ‘n onnodige vermorsing van tyd
wees om die saak na die landdros terug te
verwys hieroor en
gevolglik word die volgende bevele hierin gemaak:
Die
skuldigbevinding word bekragtig.
Die vonnis word
gewysig om soos volg te lees:
“
R3 000,00
(Drie Duisend Rand) of 12 (Twaalf) maande gevangenisstraf, waarvan
die helfte opgeskort word vir 3 (Drie) jaar op voorwaarde
dat die
beskuldigde nie skuldig bevind word aan ‘n oortreding van artikel
65(1)(a) van die Nasionale Padverkeerswet, 93 van 1996,
gepleeg
gedurende die tydperk van opskorting, nie”
.
________________________
C
J OLIVIER
REGTER
NOORD-KAAPSE AFDELING
Ek stem saam.
________________________
H
J LACOCK
REGTER
NOORD-KAAPSE
AFDELING