About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2008
>>
[2008] ZANCHC 13
|
|
S v Blom (CA&R 118/07) [2008] ZANCHC 13 (7 March 2008)
Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse Afdeling)
Saakno
: CA&R
118/07
Datum
verhoor
: 2008-03-03
Datum
gelewer
: 2008-03-07
In
die appél van
:
JAKOB
BLOM APPELLANT
versus
DIE
STAAT RESPONDENT
Coram
:
MAJIEDT
R
et
OLIVIER
R
UITSPRAAK
MAJIEDT R:
Die appellant is so
lank gelede as 11 Februarie 2000 in die plaaslike streekhof skuldig
bevind op ân aanklag van verkragting en
gevonnis tot 15 jaar
gevangenisstraf. Hy kom nou met verlof van die verhoorhof in hoër
beroep teen die voormelde opgelegde vonnis.
Kondonasie is ook
verleen deur die verhoorhof vir die appellant se laat liassering van
sy aansoek om verlof om te appelleer.
Die
appellant is daaraan skuldig bevind dat hy die klaagster,wat 14 jaar
oud was ten tyde van die voorval,verkrag het en ook aangerand
het
met ân hokkiestok. Dié verkragting het gedurende die grootste
gedeelte van die bepaalde nag plaasgevind. Die appellant
en die
klaagster was betrokke in ân liefdesverhouding, maar het die
getuienis bo redelike twyfel bewys dat die gemeenskap tussen
hulle
die betrokke aand van die voorval sonder die klaagster se
toestemming plaasgevind het. Verder verswarend is die feit dat
die
appellant sy broer of vriend (dit was nie duidelik op die getuienis
wat die korrekte situasie ten aansien hiervan was nie)
versoek het
om die klaagster ook te verkrag, wat dié toe gedoen het.
Die
appellant het redelik gunstige persoonlike omstandighede gehad
tydens vonnisoplegging en het die verhoorhof behoorlik aandag
en
oorweging daaraan geskenk tydens vonnisoorweging. Die appellant was
naamlik 22 jaar oud ten tyde van die voorval, ân eerste
oortreder,
hy het een kind gehad en het by sy sieklike ouers gewoon. Die
appellant was werkloos en het peuselwerk gedoen waarmee
hy R40 per
dag verdien het.
Namens die appellant
het Mnr. Van Tonder voor ons betoog dat die opgelegde vonnis
skokkend onvanpas is en inmenging op appél regverdig.
Hy het ook
aan die hand gedoen dat die streeklanddros die appellant se
persoonlike omstandighede onderbeklemtoon het en die erns
van die
misdryf en die gemeenskap se belange oorbeklemtoon het.
Ek
stem nie saam met die voormelde submissies nie. Die vonnis is
weliswaar baie swaar. Verder moet in ag geneem word dat dit opgelê
is voor die inwerkingtreding van die verpligte minimum vonnisse soos
vervat in artikels 51 en 52 van die Strafregwysigingswet,
105 van
1997. Sou daardie wet se bepalings van toepassing wees, het die
appellant blootgestaan aan ân minimum vonnis van lewenslange
gevangenisstraf op ten minste drie gronde naamlik:
Die feit dat hierdie
ân gesamentlike verkragting was, d.w.s. dat die klaagster deur
meer as een persoon verkrag is;
Die feit dat die
klaagster onder 16 jaar oud was ten tyde van die voorval; en
Die feit dat die
appellant die klaagster ook ernstig aangerand het met ân
hokkiestok tydens die verkragting.
Die
bepalings van die voormelde Wet moet egter vir doeleindes van
oorweging van die vraag of die opgelegde vonnis inderdaad skokkend
onvanpas is, soos wat Mnr. Van Tonder betoog het, buite rekening
gelaat word. Die aangeleentheid moet benader word op die basis
dat
die verhoorhof se normale diskresie ten aansien van ân gepaste
vonnis van toepassing is. Die streeklanddros het verwys na
die
geykte beginsels en riglyne wat geld by die oorweging van die
oplegging van vonnis en het dit na my mening ook korrek toegepas.
Daar was versigtige oorweging geskenk aan al die tersaaklike
faktore. Daar kan na my mening ook geen gekibbel wees oor die
streeklanddros
se beskrywing van die misdryf as â
barbaars
en afskuwelikâ
nie. Dié verwysing het hy gemaak na aanleiding daarvan dat die
appellant, soos alreeds aangedui is hierbo, sy vriend of broer
aangemoedig het om sonder die klaagster se toestemming met haar
gemeenskap te hou en dat die appellant boonop toe nog die klaagster
aangerand het ook.
â
n
Verdere verswarende faktor wat
verseker
ook in ag geneem behoort te word, is die feit dat die klaagster asât
ware dwarsdeur die nag teen haar sin aangehou is
deur die appellant.
Die klaagster het geskree en haar teëgesit en toe was sy
aangerand. Haar ouma en oupa het die kamer probeer
binnekom, maar
die deur was toegesluit. Hierdie is verdere verswarende faktore wat
korrek in aanmerking geneem was tydens vonnisoplegging.
Vonnis
is by uitstek ân aangeleentheid in die diskresie van die
verhoorhof en kan daar op appél slegs ingemeng word met ân
opgelegde vonnis as die vonnisoplegger nie daardie diskresie
regterlik en behoorlik uitgeoefen het nie. Verder kan daar slegs
op
appél ingemeng word by ân wesenlike mistasting of by ân vonnis
wat skokkend onvanpas is.
Sien
in die algemeen in die verband:
S
v Giannoulis 1975(4) SA 867 (A)
te
868 E-G.
In
S
v Malgas 2001(1) SACR 469 (SCA)
te
478 d-g (par. 12) het Marais AR dit as volg gestel:
â
A
court exercising appellate jurisdiction cannot, in the absence of
material misdirection by the trial court, approach the question
of
sentence as if it were the trial court and then substitute the
sentence arrived at by it simply because it prefers it. To do so
would be to usurp the sentencing discretion of the trial courtâ¦â¦..
However, even in the absence of material misdirection, an
appellate
court may yet be justified in interfering with the sentence imposed
by the trial court. It may do so when the disparity
between the
sentence of the trial court and the sentence which the appellate
Court would have imposed had it been the trial court
is so marked
that it can properly be described as 'shocking', 'startling' or
'disturbingly inappropriate'.
Die gewysdes aangehaal
deur Mnr. Van Tonder in sy betoogshoofde ter ondersteuning van sy
betoog is onderskeidbaar op die feite.
In
S
v R 1996(2) SASV 341 (T)
het dit gegaan oor ân enkel verkragting deur ân 19-jarige
beskuldigde van ân 14-jarige maagd. Daar was geen bykomende
verkragters betrokke nie en was die klaagster ook nie aangehou teen
haar sin, soos wat hier die geval is nie.
In
S
v Gqamana 2001(2) SACR 28 (C)
was
daar ook slegs een verkragter wat die klaagster meermale verkrag
het. Die klaagster was ook nie aangehou nie.
In
S
v A en ân ander 1994(1) SASV 602 (A)
was
die klaagster 19 jaar oud. Sy was ook nie aangehou nie en slegs
dreigemente van geweld was teenoor haar geuiter.
Gevolglik ondersteun
hierdie beslissings nie die appellant se saak op appél nie.
In
al die omstandighede is ek die mening toegedaan dat, alhoewel die
vonnis weliswaar baie swaar is (en kan ek byvoeg dat ek self
nie in
die omstandighede dié bepaalde vonnis sou opgelê het nie), dit nie
as skokkend onvanpas aangemerk kan word nie. Die toets
is nie welke
vonnis ek sou opgelê het nie, want dan sou dit op ân aanmatiging
van die verhoorhof se vonnis diskresie neerkom.
Die toets is eerder
of die vonnis skokkend onvanpas is, soos hierbo uiteengesit in die
Malgas
beslissing. Ek meen nie dat daar regtens, met toepassing van die
voormelde riglyne, voldoende gronde is om met die vonnis in te
meng
nie en behoort die appél gevolglik afgewys te word.
Ek reik die volgende
bevel uit:
Die appél word
afgewys en die skuldigbevinding en vonnis word bekragtig.
_____________
SA MAJIEDT
REGTER
Ek
stem saam:
_____________
CJ OLIVIER
REGTER
NAMENS
APPELLANT : ADV A VAN TONDER
IN
OPDRAG VAN : REGSHULPRAAD
NAMENS
RESPONDENT : ADV T BIRCH
IN
OPDRAG VAN : DIE STAAT
DATUM VAN VERHOOR : 3
MAART 2008
DATUM
VAN UITSPRAAK : 7 MAART 2008