About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2008
>>
[2008] ZANCHC 11
|
|
S v Gombuse (CA&R 119/07) [2008] ZANCHC 11 (7 March 2008)
Verslagwaardig: Ja / Nee
Sirkuleer aan Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saakno
: CA&R
119/07
Datum
verhoor
: 2008-03-03
Datum
gelewer
: 2008-03-07
In
die appél van
:
JOSEPH
GOMBUSE APPELLANT
versus
DIE
STAAT RESPONDENT
Coram
:
MAJIEDT R
et
OLIVIER
R
UITSPRAAK
MAJIEDT R:
1.
â
Judicial
officers ought to be vigilant in the assessment and the evaluation of
evidence to eliminate a risk of conviction on the basis
of evidence
of doubtful quantum. The complainants in matters of this nature,
unfortunately, happen to be the most vulnerable members
of our
society. But I have said it in the past, and I am saying it once
again, the vulnerability of this section of our society
should not be
allowed to be a substitute for proof beyond reasonable doubt or to
cloud the threshold requirement of proof beyond
reasonable doubt.
Judicial officers ought to and are expected to evaluate evidence
properly and objectively as a whole and against
all probabilities in
order to arrive at a just and fair conclusion. Anything falling
short of this test is nothing other than miscarriage
of justice.â
2.
Yekiso
R in
S
v K 2008(1) SACR 84 (C)
te 86 e-g kon in die bovermelde aangehaalde passasie, wat handel oor
die oorweging van uitkenningsgetuienis, net sowel verwys het
na die
streeklanddros se benadering in die onderhawige saak.
3.
Die
appellant kom met verlof van die verhoorhof (by monde van ân ander
streeklanddros as dié een wat die verhoor behartig het,
aangesien
laasgenoemde nie beskikbaar was nie) in hoër beroep teen sy
skuldigbevinding aan poging tot verkragting en opgelegde vonnis
van
15 jaar gevangenisstraf. Die Staat, hierin verteenwoordig deur Me
Birch, gee tereg toe dat die skuldigbevinding regtens ongegrond
is en
dat die appél gehandhaaf behoort te word.
4.
Die
appellant was van verkragting aangekla en is daar van Staatsweë
beweer dat hy ân 16-jarige dogter verkrag het. Die klaagster
was
ân enkelgetuie ten aansien van die voorval self. Dit was gemene
saak tydens die verhoor dat poging tot verkragting wel behoorlik
bewys is bo redelike twyfel en is die mediese verslag (J88) sowel as
die eerste rapport getuie se eedsverklaring met toestemming
van die
verdediging voor die Hof geplaas, sonder dat daar mondelinge
getuienis in dié verband nodig was. Die enigste geskilpunt
was of
die Staat bo redelike twyfel bewys het dat dit die appellant was wat
gepoog het om die klaagster te verkrag dié betrokke
aand.
5.
Gegewe
die Staat se voormelde toegewing, is dit nie nodig om in groot
besonderhede die feite hierin uiteen te sit nie. Ek som dit
bondig
as volg op:
5.1
Die
klaagster se ouers was die betrokke dag en aand uitstedig. Haar vader
en die appellant is goeie vriende en hulle werk ook saam.
5.2
Die
appellant is versoek deur die klaagster se ouers om ân ogie te hou
in hul afwesigheid oor die klaagster, haar boetie en jonger
sussie.
5.3
Die
aand van die voorval het die appellant, wat redelik naby aan die
klaagster-hulle gewoon het, opgemerk dat daar ân onbekende
persoon
by laasgenoemde se huis was en het hy die kinders vermaan om liewer
nie daar te gaan slaap nie. Die klaagster se boetie
en sussie het,
as gevolg van dié waarskuwing, die aand toe deurgebring by die
appellant se woning. Die klaagster daarenteen, het
besluit om wel by
haar eie woning te gaan slaap.
5.4
Volgens
die klaagster se getuienis het sy in die loop van die aand wakker
geword toe die voordeur van die huis oopgegaan het en ân
persoon
binnegekom het wat toe gepoog het om haar te verkrag. Toe die
boosdoener nie daarin kon slaag om haar vaginaal te penetreer
nie,
het hy haar onsedelik aangerand per anum. Sy beweer dat dié booswig
die appellant was.
5.5
As
gevolg van haar geskreeuery het die booswig later die hasepad gekies
en het sy ân rukkie later die voorval gaan aanmeld by die
eerste
rapport getuie, ene Mnr. Rudie Slabbert, wat die plaasvoorman was.
5.6
Die
klaagster het die appellant, wat sy goed geken het (en dÃt was
gemeensaak), uitgeken bloot aan sy donker gelaatskleur en aan
sy
kleredrag. Op al die getuienis staan dit vas dat die beligting binne
in die kamer waar die poging tot verkragting plaasgevind
het, sowel
as buite die woonhuis maar bra swak was. Onder kruisondervraging het
die klaagster toegegee dat daar in die omgewing
waar sy gewoon het
baie mans van donker gelaatskleur is. Sy het ook toegegee dat daar
baie mans is wat geel sokkerbroekies dra soos
dié wat die appellant
volgens haar die aand aangehad het (dit blyk uit haar getuienis dat
dit ân sokkerbroekie is soortgelyk aan
dié wat gewoonlik gedra
word deur die spelers van
Kaizer
Chiefs
,
seker die gewildste sokkerspan in Suid-Afrika, asook deur die
plaaslike sokkerspan daar by die plaas waar die klaagster en die
appellant
gewoon het).
5.7
Die
appellant het ook getuig en hy het ontken dat hy die booswig is wat
gepoog het om die klaagster die betrokke aand te verkrag.
Sy verweer
het neergekom op ân alibi
en
het hy aangevoer dat hy by sy eie woning geslaap het saam met sy
broer,
Rich,
asook met die klaagster se boetie en sussie.
5.8
Die
streeklanddros was tevrede met die identifikasie van die enkelgetuie,
die klaagster, en het die appellant se alibi sondermeer
verwerp.
6.
By
ân bepaling van die vraag of die Staat bo redelike twyfel ân
misdadiger se identiteit bewys het, waar dit in geskil is, moet
bepaal word of die uitkennende getuie eerstens eerlik is en tweedens
ân betroubare uitkenning gemaak het.
Sien in dié
verband:
S
v Mthetwa 1972(3) 766 (A)
te
768 A-C. Dit ly geen twyfel nie dat die klaagster in die onderhawige
geval ân eerlike getuie was en dit is ook nie anders betoog
voor
ons in die appél en in die hof
a
quo
nie.
Die probleem lê in die betroubaarheid van haar uitkenning.
7.
Soos
ek hierbo aangedui het, was die uitkenning bloot gemaak op grond van
die aanvaller se donker gelaatskleur en sy kleredrag. Die
klaagster
het nooit uitdruklik aangedui dat sy die appellant in sy gesig gekyk
het en hom aan sy gelaatstrekke herken het nie en
verder was haar kop
ook toegemaak met ân duvet tydens die voorval. Verder was die
beligting swak en het sy getuig dat sy na die
voorval wéér deur die
venster gekyk het om seker te maak dat dit wel die appellant is wat
haar aangeval het. In haar getuieverklaring
aan die polisie het sy
dit gestel dat sy âdoodsekerâ wou maak en sy het dit ook so
bevestig tydens kruisondervraging. Soos ek
hierbo aangedui het was
die beligting aan die buitekant van die woning net so swak, indien
nie swakker, as wat dit binne in die woning
was nie, waar slegs die
badkamerlig aan was. Hierdie aspek laat die vraag ontstaan:
beteken
dit dan nie noodwendig dat die klaagster nie seker was van die
uitkenning binne in die kamer nie?
8.
In
die lig van al die voormelde feite moes daar by die streeklanddros ân
aansienlike mate van twyfel bestaan het of die appellant
inderdaad
korrek geïdentifiseer is deur die klaagster. Sy bevinding dat die
klaagster se uitkenning eerlik en betroubaar is word
nie onderskraag
deur die getuienis op die oorkonde nie en is inderdaad regtens
ongegrond en behoort die appél gehandhaaf te word
vir dié rede
alleen.
9.
Die
streeklanddros het in drie sinne gehandel met die appellant se alibi
verweer as volg:
â
Dit is maklik om hier te kom
inklim en te sê ek was nie daar nie. Dan kan niemand mos vrae vra
nie. Die Hof verwerp u weergawe
en die Hof aanvaar die klaagster se
weergaweâ.
Hierdie benadering is verkeerd. ân
Alibi verweer kan nooit as ân aparte geskilpunt tot die aspek van
identifikasie benader word
nie. Per slot van sake is ân alibi
verweer in sy essensie ân ontkenning van die Staat se saak wat
betref identifikasie.
Sien
in dié verband:
S
v Ngcina 2007(1) SACR 19 (SCA)
te
par 18 (25 c-d).
10.
Die
voormelde bevinding dat die appél gehandhaaf moet word, maak dit
eintlik oorbodig om te handel met enige verdere aspekte. Ek
ag dit
egter gerade, gegewe die belangrikheid daarvan, om twee verdere
aspekte hierin aan te spreek.
11.
Eerstens
het Me Birch, in die beste tradisie van die rol wat ân aanklaer
behoort te speel, (sien in dié verband
S
v Jija and others 1991(2) SA52 (E)
te
67 J â 68 B;
S
v Shaik and others 2008(1) SACR 1 (CC)
te 29 d-e), die Hof se aandag daarop gevestig in haar skriftelike
betoogshoofde dat daar ân wesenlike onreëlmatigheid begaan is
tydens die verrigtinge, welke onreëlmatigheid van sodanige aard is
dat dit die appellant ernstig benadeel het en
ipso
facto
tot
die tersydestelling van die skuldigbevinding en vonnis sou kon lei.
Na afloop van die appellant se getuienis het sy regsverteenwoordiger
aansoek gedoen vir uitstel van die verrigtinge ten einde die
appellant se broer,
Rich
,
se getuienis te lei. Die verhoor is te Upington gehou en was die
appellant se broer op daardie stadium te Kuruman. Daar is ook
op
rekord geplaas dat daar vantevore versoek is deur die verdediging dat
dié broer gedagvaar moet word as ân getuie. Die streeklanddros
het summier hierdie aansoek vir uitstel geweier.
12.
Hierdie
weiering was onbillik en het na my mening inderdaad ân
onreëlmatigheid daargestel soos wat Me Birch tereg gesubmitteer
het.
Hierdie verdedigingsgetuie sou in alle waarskynlikheid belangrike
getuienis ter stawing van die appellant se alibi verweer
kon aanbied
en was sy getuienis derhalwe van wesenlike belang vir die appellant
se saak. Verder was hierdie die eerste versoek vir
die uitstel vir
die getuienis van dié getuie en het die verhoor op dieselfde dag as
wat dit ân aanvang geneem het, ook ten einde
geloop, met ander
woorde daar was hoegenaamd geen onredelike vertragings nie. Hierdie
weiering kom neer op ân miskenning van die
appellant se reg op ân
billike verhoor en ondermyn die
audi
alteram partem
beginsel.
13.
Op
hierdie grond alleen sou die skuldigbevinding en vonnis na my mening
ook tersyde gestel moes gewees het.
14.
Die
laaste aspek wat ek geroepe ag om wel aan te spreek is die kwessie
van vonnis. Dit is weliswaar akademies, omrede die appellant
se
vonnis tersyde gestel moet word na aanleiding van die tersydestelling
van sy skuldigbevinding soos hierinvantevore vermeld. Dit
is tog
egter nodig om kommentaar te lewer op die skokkend onvanpaste vonnis
wat die streeklanddros opgelê het, te wete een van 15
jaar
gevangenisstraf op ân eerste oortreder vir poging tot verkragting.
Dit dien vermeld te word dat die streeklanddros hierdie
saak behandel
het asof die appellant, wat vonnis aanbetref, skuldig bevind is aan
verkragting. Die streeklanddros begaan ook verskeie
verdere
mistastings ten aansien van die vonnis in sy uitspraak, maar ag ek
dit nie nodig om verder daarop uit te brei hierin nie.
15.
Ek
reik die volgende bevel uit:
Die appellant se skuldigbevinding
en vonnis word tersyde gestel.
_____________
SA
MAJIEDT
REGTER
Ek
stem saam:
_____________
CJ
OLIVIER
REGTER
NAMENS
APPELLANT : ADV B SEGONI
IN OPDRAG
VAN : DIE REGSHULPRAAD
NAMENS
RESPONDENT : ADV T BRICH
IN OPDRAG
VAN : DIE STAAT
DATUM
VAN VERHOOR : 3 MAART 2008
DATUM VAN
UITSPRAAK : 7 MAART 2008