About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2008
>>
[2008] ZANCHC 15
|
|
Oosthuizen v Grobbelaar (544/2000) [2008] ZANCHC 15 (22 February 2008)
Rapporteerbaar:
Ja / Nee
Sirkuleer
onder Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
onder Landdroste: Ja / Nee
Sirkuleer
onder Streeklanddroste: Ja / Nee
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saak
No: 544/2000
Saak
Aangehoor: 18/02/2008
Datum
gelewer: 22/02/2008
In
die saak tussen:
CECELIA
JOHANNA OOSTHUIZEN APPELLANT
en
JACOBUS
DAWID GROBBELAAR RESPONDENT
Coram:
Majiedt R et Olivier R et Mokgohloa WnR
UITSPRAAK
OP APPèL
Olivier R:
Die appellant
was die eerste verweerder in Å aksie waarin, onder andere, die
respondent Å bedrag van haar gevorder het op grond
van
ongeregverdigde verryking. Die appellant se spesiale pleit dat
hierdie eis verjaar het, het misluk en die appellant kom nou
met
verlof van die Hof
a
quo
in hoër beroep teen daardie bevel, asook die gepaardgaande
kostebevel.
In wese gaan dit
hier daaroor dat die respondent vorderingsregte, wat hy teen die
versekeraar Sanlam gehad het uit hoofde van bepaalde
polisse, aan
die appellant se eggenoot (
âdie
oorledeneâ
)
gesedeer het uit hoofde van Å koopkontrak ingevolge waarvan die
oorledene onroerende eiendom aan die respondent verkoop het.
Die
sessies het geskied deur middel van drie skriftelike
sessie-ooreenkomste of -ondernemings.
Dit was
gemenesaak dat die koopkontrak
ab
initio
nietig was weens nie-nakoming van Šbepaalde statutêre vereiste
(daar is wel op ân later stadium kennis gegee van die
âkansellasieâ
van die koopkontrak, maar in die lig van wat volg, is dit nie nou
tersaaklik nie). By afsterwe van die oorledene is die polisse
(of
dan die vorderingsregte daarin) oorgedra aan die appellant as
enigste erfgenaam.
Die afkoopwaarde
van die polisse is toe aan die appellant uitbetaal en dit is die
bedrag wat die respondent van die appellant geëis
het op die basis
dat sy ongeregverdigd daarin verryk is ten koste van die respondent.
Die respondent se saak was dat, in die lig
van die nietigheid van
die koopkontrak, die oorledene nie geregtig was op die sessie van
die vorderingsregte nie.
Die feitelike
agtergrond tot die voorgaande was tot Å groot mate gemenesaak en
het ondermeer geblyk uit Å gestelde saak wat voor
die Hof
a
quo
geplaas is. Å Volledige en kronologiese uiteensetting daarvan kom
voor in die uitspraak van die verhoorhof.
Waaroor die
partye egter nie gemenesaak was nie, en ten aansien waarvan by
ooreenkoms getuienis van die omringende omstandighede
aangebied is,
was die vraag of die bedoeling van die partye met die sessies was
dat hulle
in
securitatem debiti
sou geskied en of dit sogenaamde uit-en-uit sessies was.
Die appellant
het aansoek gedoen om kondonasie van verskeie prosedurele versuime
rondom die appél. Mnr Danzfuss SC, wat namens
die respondent
verskyn het, het aangedui dat die aansoek nie teengestaan word nie
en, ook in die lig daarvan dat die versuime nie
dié van die
appellant persoonlik was nie en onder meer veroorsaak is deur
misverstande, en verder ook in die lig van wat volg,
meen ek dat die
aansoek om kondonasie moet slaag.
Die regsposisie
is baie duidelik dat Å sessie
in
securitatem debiti
normaalweg nie die sedent ontdaan van die eienaarskap en die
dominium
in so Å gesedeerde vorderingsreg nie en dat, uit hoofde van
sodanige
dominium
,
die sedent ân
âreversionary
rightâ
ten aansien van so Švorderingsreg behou, dit wil sê die reg op
die vorderingsreg sodra die skuld van die sedent teenoor die
sessionaris gedelg is (sien
Bank
of Lisbon and South Africa Ltd v The Master and Others
1987 (1) SA 276
(AD) op 294,
Incledon
(Welkom) (Pty) Ltd v Qwaqwa DC Ltd
[1990] ZASCA 85
;
1990 (4) SA 798
(AD) op 804 en
Louw
v WP Koöperatief en Andere
[1994] ZASCA 54
;
1994 (3) SA 434
(AA) op 443).
Alhoewel hierdie
benadering al gekritiseer is, bly dit steeds die tans geldende
regsposisie in hierdie verband (sien
Leyds
NO v Noord-Westelike Koöperatiewe Landboumaatskappy Bpk en Andere
1985 (2) SA 769
(A) op 780B-G en
Marais
en Andere NNO v Ruskin NO
1985 (4) SA 659
(A) op 669H-670B).
Die verhoorhof
het bevind dat die partye se bedoeling was dat die sessies bloot
in
securitatem debiti
geskied het en dat die bedoeling nooit was om ook die eiendomsreg
aan die oorledene oor te dra nie. Dit is geykte reg dat nie
op
appèl ligtelik ingemeng sal word met Šverhoorhof se
feitebevindinge nie. Dit sal slegs geskied as die Hof van appèl
oortuig
is dat sò Šbevinding verkeerd was (sien
Harlech-Jones
Treasure Architects CC v University of Fort Hare
2002 (5) SA 32
(EDC) op 63E-G).
Ek is hoegenaamd
nie oortuig dat die Hof
a
quo
se bevindinge in hierdie verband verkeerd was nie. Dit is so dat
die sessie-dokumente die sessies beskryf het as
âUIT
EN UIT SESSIE VIR WAARDE ONTVANGâ
.
Hierdie woorde het egter nie in die drie dokumente voorgekom toe
die respondent dit onderteken het nie. Dit is later daarin
aangebring op aandrang van die oorledene se regsverteenwoordiger.
Die argument dat
dit later ingeskryf is deur die respondent se makelaar en dat die
respondent daarom daaraan gebonde is, neem nie
die saak veel verder
nie. Dit werp geen lig op wat die respondent se eie bedoeling was
ten aansien van die vraag of die sessies
in
securitatem debiti
moes wees aldan nie. Dit was nie in opdrag of op versoek van die
respondent wat die makelaar die dokumente later so voltooi het
nie.
Dit is gedoen op aandrang van die oorledene se regsverteenwoordiger.
Alhoewel sekere
bepalings van die koopkontrak aanduidend was van Å bedoeling dat
die sessies
âuit-en-uit
... vir waarde ontvangâ
sou wees (en selfs uitdruklik so gelui het) het klousule 23 daarvan
ewe uitdruklik gelui dat die sessie sou geskied
âas
sekuriteit vir die uitstaande balans verskuldig ten opsigte van die
koopsomâ
.
Die koopkontrak
was dus na my oordeel dubbelsinnig en vatbaar vir meer as een
vertolking en dit was op alle aanduidings juis om
daardie rede wat
die partye by die verhoor ooreengekom het dat getuienis oor die
omringende omstandighede wel aangebied kon word
(sien
Coopers
en Lybrand v Bryant
[1995] ZASCA 64
;
1995 (3) SA 761
(A) op 768A-E en
Engelbrecht
and Another NNO v Senwes Ltd
2007 (3) SA 29
(SCA), para [7]).
By beoordeling
van die aard van Å sessie is dit van belang om in gedagte te hou
dat dit Å ooreenkoms is (en nie Å eensydige handeling
nie) en dus
is die bedoeling van die partye tot die sessie van deurslaggewende
belang, eerder as die presiese bewoording of vorm
daarvan (sien
Louw
v WP Koöperatief en Andere, supra
,
op 443A). Selfs al sou Å sessie absoluut of uit-en-uit in voorkoms
wees,
âthat
does not suffice to take the dominium out of the cedent âif it was
clear that the parties did not intend it to passââ
(sien
Bank
of Lisbon and South Africa Ltd v The Master and Others, supra
,
op 294D).
Die getuienis
van die omringende omstandighede, en meer spesifiek dan dié van die
respondent en van die appellant se eie prokureur,
en korrespondensie
wat gewissel is, dui na my oordeel oorweldigend op Å bedoeling dat
die sessies
in
securitatem debiti
sou wees en, van meer belang en hoe ookal daarna verwys mag gewees
het in die sessie-dokumente en in die koopkontrak, dat die bedoeling
was dat die respondent
dominium
sou behou.
Inteendeel, dit
is meermale deur juis die appellant se prokureur in korrespondensie
duidelik en uitdruklik gestel dat die skuld
âversekerâ
word deur die sessies en dat die gesedeerde vorderingsregte
âas
sekuriteitâ
gehou sou word. Hierdie voorwaarde en basis is destyds so aanvaar
deur die respondent, wat dan ook in lyn is met sy getuienis
dat hy
te alle tye die sessies bedoel en beskou het as
in
securitatem debiti
.
Ander duidelike
aanduidings dat die bedoeling nooit was dat die respondent sy
dominium
in die polisse sou verloor nie, is die feit dat ooreengekom is dat
die oorledene nie die vorderingsregte verder sou kon sedeer
nie en
dat enige bedrag wat die polisse meer sou oplewer as die koopsom,
die respondent sou toekom (sien
National
Bank of South Africa Ltd v Cohenâs Trustee
1911 AA 235 op 250).
Selfs al sou
daar ook geargumenteer kon word dat daar op die getuienis steeds
twyfel hieroor bestaan het, moet dit in gedagte gehou
word dat die
bewyslas op die appellant was om te bewys, op Å oorwig van
waarskynlikhede, dat die gemeenskaplike bedoeling met
die sessies
nie was dat dit
in
securitatem debiti
sou geskied nie en dat die
dominium
in die polisse en vorderingsregte nie in die respondent sou bly nie
(sien
Gericke
v Sack
1978 (1) SA 821
(A) en
ABSA
Bank Ltd v Erasmus
2007 (2) SA 545
(C) op 547F), en hierin het die appellant beslis nie
geslaag nie.
Mnr De la Harpe het namens die
appellant geargumenteer dat ân sessie kan geskied met die
gelyktydige bedoeling dat dit uit-en-uit
vir waarde (of dan
absoluut) moet wees en dat dit moet dien ter versekering van skuld.
Alhoewel ek persoonlik dit moeilik
vind om die gedagte van ân absolute sessie (vir waarde reeds
ontvang) te versoen met ân sessie
vir sekuriteit (ter versekering
van ân toekomstige verpligting), is dit na my oordeel onnodig om
hieroor te beslis. Die kernvraag
sou, soos reeds gemeld, bly of die
onderhawige partye bedoel het dat die respondent sy eiendomsreg in
die polisse sou verloor,
al is dit dan ook net vir die duur van die
sessies. Soos reeds aangedui, is ek van mening dat die antwoord op
hierdie vraag ontkennend
moet wees.
Indien die
sessies dan
in
securitatem debiti
geskied het en die bedoeling nooit was dat die respondent sy
dominium
en sy voorwaardelike reg op die gesedeerde vorderingsregte prysgee
nie, sou die vraag wees of die laasgemelde reg verjaar het binne
die
drie jaar periode na verwys in artikel 11 (d) van die Verjaringswet,
68 van 1969 (in welke geval dit nie gesê sou kon word
dat die
appellant ten koste van die respondent verryk is toe Sanlam aan haar
uitbetaal het nie), want die respondent se eis is
ruim buite hierdie
periode ingestel.
In hierdie
verband het mnr Danzfuss gesteun op die passasie op 294E in die
beslissing
Bank
of Lisbon and South Africa Ltd v The Master and Others, supra
,
waar
Galgut
Wn AR
(soos hy toe was) verwys het na die beslissing van
National
Bank of South Africa Ltd v Cohenâs Trustee, supra
,
waar opgemerk is dat geen terugsessie eers nodig was nie en dat die
sedent bloot, by vereffening van die skuld aan die sessionaris,
sy
endossement van sessie op die polis kon kanselleer.
Mnr Danzfuss se
argument was dat die vorderingsregte teen Sanlam (wat op 8 Augustus
1991 na die oorledene oorgegaan het ingevolge
die gemelde
sessie-dokumente) onmiddellik by ondertekening van die nietige
koopkontrak (op 14 Augustus 1991) outomaties en
ipso
iure
weer
teruggeval het na die respondent en dat daar dus nooit sprake kon
gewees het van die verjaring van die reg om weer die houer
te word
van daardie vorderingsregte nie.
Dit is egter so
dat daar in die latere beslissing van
Incledon
(Welkom) (Pty) Ltd v Qwaqwa DC Ltd, supra
,
op 804J weer uitdruklik verwys is daarna dat die
âreversionary
interest .... entitled the owner
(cedent)
to claim the re-cession of the rights upon payment of the
indebtness
â.
Alhoewel die
Hoogste Hof van Appél in die saak van
Engelbrecht
and Another NNO v Senwes Ltd, supra
,
nie nodig gehad het om pertinent te beslis oor hierdie vraag nie, is
daar nie, in reaksie op die eis om Å
declarator
dat die sedent geregtig was op terugesessie van Å polis, die
standpunt ingeneem dat Å terugsessie in elk geval nie nodig was
nie.
Daar is ook geen teken in enige van
die sessie-ooreenkomste in hierdie geval dat die bedoeling was dat
die vorderingsregte uit hoofde
van die polisse op ân sekere
stadium na die respondent sou terugval nie.
Selfs al sou dit
geargumenteer kon word implisiet of stilswyend die partye se
bedoeling te gewees het dat, by vereffening van die
koopsom (vanuit
Å ander bron van fondse as die polisse self), die terugsessie asât
ware outomaties moes gebeur het of eensydiglik
deur die respondent
bewerkstellig kon word (sien
The
Law of Cession
,
Scott, 2de uitgawe, bl 55), is dit nie wat hier gebeur het nie, is
dit nie deel van die respondent se saak soos gepleit nie en
is
hierdie geval duidelik te onderskei van Å geval soos die
National
Bank
-saak.
Hier het die respondent se aanspraak op die vorderingsregte
ontstaan vanweë die nietigheid van die koopkontrak, en nie
weens
die vereffening van die koopsom of die vooraf ooreengekome nakoming
van ân versekerde verpligting nie.
In
Aussenkehr
Farms (Pty) Ltd v Trio Transport
CC
2002 (4) SA 483
(SCA) het die Hof duidelik die standpunt ingeneem
dat die sessie van regte slegs beëindig kan word by ooreenkoms
tussen die betrokke
partye, alhoewel daar geen beperking is op die
vorm wat so Å ooreenkoms kan aanneem nie. Dit kan uitdruklik wees
of deur gedrag
of stilswyend (sien paragraaf [20] van die verslag).
In die onderhawige geval was daar
geen uitdruklike ooreenkoms met betrekking tot hoe en wanneer die
respondent weer geregtig sou
wees op die gesedeerde vorderingsregte
nie. Alhoewel daar seker bespiegel sou kon word oor Å moontlike
stilswyende ooreenkoms
met betrekking tot die posisie indien die
koopsom betaal sou word uit Å ander bron as die polisse, is dit nie
relevant nie, want
dit is nie wat gebeur het nie.
Die respondent
was nie hier op hierdie grond geregtig om sy vorderingsregte terug
te kry nie, maar wel weens die nietigheid van
die koopkontrak; iets
wat geeneen van die partye tog op daardie stadium kon voorsien het
nie. Alhoewel daar uiteenlopende gesag
mag wees oor die vraag of
gesedeerde vorderingsregte
ipso
iure
en van regsweë terugval na ân sedent by delging van die
versekerde verpligting (sien
LAWSA
,
vol 2, deel 2, 2de uitgawe, para 56) is dit dus nie hier tersaaklik
nie, want die respondent het op heeltemal ân ander basis
geregtig
geraak daarop dat sy vorderingsregte teen Sanlam na hom teruggaan.
Dit het na my
mening hier gegaan daarom dat die respondent, die oomblik toe die
nietigheid van die koopkontrakte ingetree of bestaan
het, die reg
gehad het op restitusie van dit wat hy reeds presteer het; in
hierdie geval sy vorderingsregte wat deur die sessies
in die hande
van die oorledene oorgegaan het. Dié reg op restitusie moet
onderskei word van die
âreversionary
rightâ
wat ter sprake sou gewees het waar die versekerde skuld vereffen is.
Alhoewel daar
uiteenlopende menings mag wees oor die vraag of ân geldige
causa
ân voorvereiste is vir ân geldige sessie, bestaan daar
oënskynlike eenstemmigheid daaroor dat, waar die
causa
ongeldig of nietig sou blyk te wees, die reeds gesedeerde regte aan
die sedent teruggesedeer sal moet word (sien
The
Law of Cession, supra
,
bladsye 79-85 en
LAWSA,
supra
,
paragrawe 28 en 57).
Dit moet onthou word dat dit nie
die sessies self was wat nietig was nie, in welke geval moontlik
geargumenteer sou kon word dat
die vorderingsregte nooit in die
eerste plek oorgegaan het na die oorledene nie.
Ek is dus van
oordeel dat, by gebreke aan samewerking van die kant van die
oorledene of sy boedel, die respondent Å aksie sou moes
ingestel
het om die gesedeerde vorderingsregte terug te kry, en wel op grond
van sy reg op restitusie weens die nietigheid van
die koopkontrak en
dus die verdwyning van die hele
substratum
van die sessies.
Mnr Danzfuss
het, in die alternatief tot die voorgaande, geargumenteer dat, selfs
al sou die gesedeerde vorderingsregte nie van
regsweë teruggeval
het na die respondent nie, die
dominium
wat die respondent deurgaans behou het nie net bestaan het uit die
âreversionary
interestâ
in die gesedeerde vorderingsregte nie, maar ook uit die reg dat
alles wat die gesedeerde vorderingsregte meer sou oplewer as die
versekerde skuld, die sedent sou toekom en dat, omdat die versekerde
skuld in hierdie geval weens die nietigheid van die koopkontrak
nul
was, die respondent as eienaar van die polisse uit hoofde van dié
verdere
âkompetensie
bevoegdheidâ
geregtig was op die volle eisbedrag as synde die
âsurplusâ
.
Hierdie argument
het na my oordeel geen meriete nie. Dit sou beteken dat ân
sedent, uit hoofde van dié komponent van sy of haar
dominium
,
die totale bedrag van die skuldenaar (in hierdie geval dan Sanlam)
sou kon eis terwyl die sessionaris sit met die gesedeerde
vorderingsregte ten aansien van presies dieselfde bedrag. Dit sou
tog totaal ondenkbaar wees.
Dit is ook ân
drogargument om te sê dat die koopsom of hoofskuld weens die
nietigheid nul was. Weens die nietigheid was daar
geen geldige of
afdwingbare koopkontrak nie,
ab
initio
,
was daar dus regtens geen sprake van enige koopsom van enige aard of
omvang nie en kon daar dus nooit sprake van ân
âsurplusâ
gewees het nie.
In elk geval het die
respondent ook nie sy saak so gepleit nie. Op die pleitstukke is
die respondent se saak juis uitdruklik gebaseer
op die
vorderingsregte teen Sanlam wat onverskuldiglik oorgegaan het na die
oorledene.
Bowendien meen
ek dat die reg op so ân surplus voorveronderstel dat die
sessionaris die gesedeerde vorderingsreg gerealiseer
of uitgeoefen
het, want slegs dan sou daar tog van enige surplus sprake kon wees.
Daar is ook geen
meriete nie in die argument wat blykbaar by die verhoor gevoer is
namens die respondent, naamlik dat die oorledene
ook nie deur
verkrygende verjaring eienaar kon geword het van die polisse nie,
omdat Å periode van 30 jaar nog nie verstryk het
nie. Dit gaan nie
hier om die eienaarskap van die polisse of om verkrygende verjaring
nie, maar wel om die reg op die vorderingsregte
ingevolge daarvan
teen die versekeraar en die uitwissende verjaring van daardie reg.
Om dieselfde
rede verskil ek met respek van die verhoorhof se bevinding dat,
indien die respondent sy eiendomsreg behou het,
âis
artikel a 1 van die Wet
(Verjaringswet,
68 van 1969)
van toepassing, wat beteken dat die eis eers na 30 jaar verjaarâ
.
Buitendien het
artikel 1 van die betrokke Verjaringswet te make met
verkrygende
verjaring van
sake
,
en nie met die uitwissende verjaring van skulde nie. Daar word wel
in artikel 11(a) van die Verjaringswet ook in die konteks
van
uitwissende verjaring van skulde Štermyn van 30 jaar neergelê,
maar dit is opmerklik dat dit net ten aansien van bepaalde
tipes
skuld geld, waarvan die terugsessie van gesedeerde regte nie deel
uitmaak nie.
Ek verskil ook
van die Hof
a
quo
se bevinding dat die respondent
âingevolge
die
rei
vindicatio
sy eiendom kon terugeis by die boedel van die oorledeneâ
.
Die respondent het nooit sy eiendomsreg van die polisse verloor nie
en het dus nooit nodig gehad om dit terug te eis nie. Bowendien
is
die
rei
vindicatio
Å aksie vir die lewering van stoflike sake, en nie onliggaamlike
goed soos vorderingsregte nie (sien
Silberberg
and Schoemanâs The Law of Property
,
5de uitgawe, Badenhorst
et
al
,
bl 243).
Die vraag wat na
my oordeel oorweeg moet word, is of die verpligting om die
respondent se vorderingsregte aan hom terug te sedeer,
hetsy weens
die nietigheid van die kontrak of die gewaande kansellasie daarvan,
Å skuld is soos bedoel in artikel 11 (d) van die
Verjaringswet.
Namens die appellant is verwys na
gesag waar vorderingsregte, en in die besonder ook vorderingsregte
ingevolge polisse, beskou is
as skuld vir hierdie doeleindes. Die
gesedeerde regte in die onderhawige geval was wel vorderingsregte
teen die versekeraar, maar
ek is van oordeel dat die respondent se
reg op terugsessie van daardie regte nie as dieselfde tipe
vorderingsreg beskou kan word
nie.
Die respondent
se reg op die terugsessie van sy vorderingsregte weens die
nietigheid van die koopkontrak was meer in die aard van
Å reg om
restitusie. In artikel 3 (2) van die 1943 Verjaringswet (18 van
1943) is voorsiening gemaak daarvoor dat die verjaringstydperk
van Å
eis om
restitutio
in integrum
drie jaar sou wees (sien
Prescription
in South African Law
,
Saner, bladsy 3-7).
In die 1969
Verjaringswet, en dus die Wet wat hier van toepassing is, is
weggedoen met die benadering wat in die 1943 Verjaringswet
gevolg
is, naamlik om te bepaal op watter aksies en skuldoorsake die
verskillende verjaringstermyne van toepassing sou wees, en
is
oorbeweeg na Å benadering waar verskillende verjaringstermyne ten
aansien van verskillende tipes skulde bepaal is (sien
The
Law of Contract in South Africa
,
Christie, 5de uitgawe, bladsy 485).
In subartikels
(a), (b) en (c) van artikel 11 is die verskillende verjaringstermyne
voorgeskryf ten aansien van spesifieke tipes
skulde (nie een waarvan
die onderhawige skuld, naamlik die verpligting om te restitueer, sou
insluit nie), en in subartikel (d)
is dan bepaal dat, behalwe waar Å
Wet ander sou bepaal, die verjaringstermyn drie jaar sou wees ten
aansien van
âenige
ander skuldâ
.
Die vraag is dus
of die oorledene se plig om die vorderingsregte terug te sedeer
weens die nietigheid van die koopkontrak Å
âskuldâ
was soos bedoel in artikel 11 (d) van die Verjaringswet en ek is van
oordeel dat die antwoord hierop bevestigend behoort te wees.
Daar kan geen
rede wees waarom die Wetgewer dit in die 1943 Verjaringswet aan
verjaring onderworpe sou wou stel, maar nie in die
huidige
Verjaringswet nie (sien
The
Law of Contract in South Africa, supra
,
op 483-484).
Dit is dan ook
geyk dat die begrip
âskuldâ
in artikel 11 van die 1969 Wet Å wye uitleg gegee moet word en
selfs die verpligting tot restitusie van eiendom sou dek (sien
Evins
v Shield Insurance Co Ltd
1979 (3) SA 1136
(W) op 1141F-G).
As daar eenmaal aanvaar word dat
die plig tot restitusie van die respondent se vorderingsregte Å
skuld was soos bedoel in artikel
11 van die 1969 Wet (soos wat ek
dan ook doen), kan nie enige van subartikels (a), (b) of (c) van
artikel 11 daarop van toepassing
wees nie, wat noodwendig sou
beteken dat dit onder subartikel (d) resorteer en dat die toepaslike
verjaringstermyn drie jaar was.
Die vraag
wanneer die respondent kennis gedra het
âvan
die feite waaruit die skuld ontstaanâ
het (artikel 12(3) van die Verjaringswet), hoef nie oorweeg te word
nie. Mnr Danzfuss het tydens die verhoor reeds dit duidelik
gestel
dat die appellant nie nodig gehad het om dit te bewys nie en dat dit
nie die respondent se saak was dat die skuld op enige
ander datum as
die datum van ondertekening van die koopkontrak opeisbaar geraak het
nie.
Daar moet dus aanvaar
word dat die skuld waarom dit hier gaan, naamlik die oorledene en sy
boedel se verpligting om die vorderingsregte
terug te sedeer aan die
respondent, opeisbaar geraak het op die datum waarop die koopkontrak
onderteken is en nietigheid ingetree
het.
In elk geval
moes die respondent op die laatste by
âkansellasieâ
van die koopkontrak (op grond van die wanbetaling van premies op die
polisse) geweet het dat die vorderingsregte aan hom teruggesedeer
moes word en sou verjaring op die laatste vanaf daardie datum begin
loop het (sien
Drennan
Maud & Partners v Pennington Town Board
[1998] ZASCA 29
;
1998 (3) SA 200
(SCA) op 212F-213C); nog steeds ruim meer as drie
jaar voor die instel van die aksie.
Na my oordeel is die
respondent se aanspraak op die vorderingsregte dus uitgewis deur
verjaring en kon enige mate waartoe die appellant
verryk mag wees
nie ten koste van hom gewees het nie.
Die posisie mag totaal
anders gewees het ten aansien van die premies wat die respondent op
die polisse betaal het. Daaroor laat
ek my egter nie uit nie, want
dit is en was nie die respondent se saak nie.
Ek is dus van oordeel dat die appèl
behoort te slaag, en daar is geen rede waarom die koste van die
appèl (wat sal insluit die
koste van die aansoek om verlof tot
appèl) nie die uitslag daarvan behoort te volg nie.
In die lig daarvan dat dit sal
beteken dat elk van die partye gedeeltelik suksesvol was, sal die
kostebevel ook verander moet word.
Ek meen dat dit billik sal wees
indien elk van die partye die koste dra van die onsuksesvolle
opponering van die spesiale pleite
van verjaring teen die onderskeie
eise.
Die appellant
moet self die koste van sy aansoek om kondonasie dra en ten aansien
daarvan maak ek dus geen bevel nie.
Bygevolg sou ek die
volgende bevele hierin maak:
Die appellant se aansoek om
kondonasie word toegestaan.
Die appèl slaag en
die verhoorhof se bevel word gewysig om soos volg te lees:
â
1.) Die eerste
verweerder se spesiale pleit van verjaring teen die eiser se eerste
eis slaag met koste.
2.) Die
eiser se spesiale pleit van verjaring teen die eerste en tweede
verweerder se teeneis slaag met koste.â
Die respondent word
gelas om die koste van die appèl (wat sal insluit die koste van die
aansoek om verlof tot appèl) te betaal.
________________________
C
J OLIVIER
REGTER
NOORD-KAAPSE AFDELING
EK
STEM SAAM EN DIT WORD SO GELAS:
________________________
S
A MAJIEDT
REGTER
NOORD-KAAPSE
AFDELING
EK
STEM SAAM:
________________________
F
E MOKGOHLOA
WAARNEMENDE
REGTER
NOORD-KAAPSE
AFDELING
Nms
Appellant: Adv S P Le R de la Harp
In
opdrag van: van de Wall & Vennote
Nms
Respondente: Adv F W A Danzfuss, SC
In
opdrag van: Engelsman Magabane Ing