About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2008
>>
[2008] ZANCHC 9
|
|
Langeberg Stene BK v Pick-A-Brick and Others (754/04) [2008] ZANCHC 9 (15 February 2008)
Verslagwaardig: Ja / Nee
Sirkuleer aan Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saaknommer: 754/04
Datum
Verhoor
:
2005/11/22;
2005/11/23;
2005/11/24; 2008-02-04; 2008-02-05
Datum
Gelewer:
2008-02-15
In
die saak van
:
LANGEBERG
STENE BK EISER
versus
PICK-A-BRICK 1
STE
VERWEERDER
FJ
KOEN 2
DE
VERWEERDER
HJ
KRAUZE 3
DE
VERWEERDER
SURE
FOCUS THIRTY SIX CC 4
DE
VERWEERDER
(Registrasie
Nr: CK 2001/040957/23)
Coram:
MAJIEDT R
UITSPRAAK
MAJIEDT R:
1.
Die
Eiser vorder betaling van die bedrag van R206 454.74, rente teen
die statutêr voorgeskrewe koers, sowel as gedingskoste.
2.
Slegs
Derde Verweerder (â
Krauze
â)
staan die aangevraagde regshulp teen in die onderhawige verrigtinge.
Daar is alreeds verstekvonnis geneem teen Tweede Verweerder
(â
Koenâ
)
in die bedrag van
R158 694.88. Gedurende die verloop van die verhoor het dit
geblyk uit die getuienis dat Koen intussen gesekwestreer
is.
3.
Namens
die Eiser het Mnr. Knoetze aansoek gedoen vir wysiging van die
eisbedrag na dieselfde bedrag waarvoor verstekvonnis teen Koen
geneem
is soos hierbo vermeld, naamlik R158 694.88. Daar was geen
beswaar vanaf die kant vanaf Krauze, hierin verteenwoordig
deur Mnr.
Zietsman nie, en is dit gevolglik toegestaan.
4.
Ek
maak nou alreeds melding daarvan dat die partye, verteenwoordig deur
hulle prokureurs, by die voorverhoorkonferensie ingevolge
Hofreël 37
ooreengekom het dat dit nie nodig is om die geskilpunte ten aansien
van die meriete en die kwantum van die Eiser se eis
te skei ingevolge
Hofreël 33(4) nie. Só ân aansoek is eers op ân laat stadium in
die verhoor gebring deur Mnr. Knoetze toe
hy alreeds ver gevorder was
met die getuienis van die eerste getuie vir die Eiser, Mnr. DF Malan
(jnr) (â
Malan
(jnr).â
). Teen
daardie stadium is ân groot hoeveelheid getuienis alreeds aangebied
deur Malan (jnr) aangaande aspekte wat slaan op die
kwantum van die
Eiser se eis. Ek het dié aansoek afgewys vanweë
doelmatigheidsredes, juis gegewe die feit dat daar alreeds soveel
getuienis aangehoor is oor kwantum tot op daardie stadium. Hierdie
is ân ongelukkige situasie, want dit het, soos ek aanstons
sal
aantoon, erge komplikasies meegebring vir die Eiser in die aanbied
van sy saak.
5.
Daar
is baie min geskil oor die feite in hierdie saak tot op ân sekere
punt van die gebeure en ek som derhalwe die feite wat wel
gemene saak
is, bondig as volg op:
5.1
Die
Eiser vervaardig bakstene op ân perseel buite Olifantshoek. Die
alleenlid van die Eiser is Mnr. DF Malan (senior) (â
Malan
(senior))
. Malan
(jnr), na wie ek alreeds verwys het en wat die eerste getuie vir die
Eiser was, is Malan (snr) se seun en het dienste verrig
as bestuurder
van die stenefabriek. Die Eiser het ook ân depot gehad te Upington
wat as Pick-a-Brick handel gedryf het tot op
ân stadium toe dit
gesluit moes word, klaarblyklik vanweë swak bestuur deur die
werknemers daar by die depot.
5.2
Koen
en Krauze het belang gestel om vir hulle eie rekening dié depot weer
te bedryf as ân afsetpunt vir bakstene voorsien deur
die Eiser
vanaf sy Olifantshoek fabriek (alhoewel daar voortdurend in die
verrigtinge en in die pleitstukke sprake was daarvan dat
daar ook ân
ooreenkoms was vir die lewering van âaanverwante boumateriaalâ,
gaan hierdie saak uitsluitlik oor die verkoop en
lewering van
bakstene deur die Eiser). Koen is ân sakeman van Kakamas wat
volgens die getuienis handel gedryf het as Kakamas
Boerderybenodigdhede
(ân tipe koöperasie) en veral ook sement
verkoop het. Krauze is ân sakeman van Olifantshoek en was
klaarblyklik bevriend met
die twee Malans voor die verhouding versuur
het met die geskil in die onderhawige saak. Krauze besit, volgens
die getuienis, ondermeer
ân vulstasie te Olifantshoek en bedryf ook
ân vervoeronderneming onder die handelsnaam
Krauzer
Vervoer
.
5.3
Aanvanklike
gesprekke tussen die twee Malans aan die een kant en Koen en Krauze
aan die ander kant het gedurende Februarie 2002 op
ân informele
vlak plaasgevind waartydens dié twee verweerders die moontlikheid
eksploreer het om handel te dryf onder die naam
Pick-a-Brick
by die depot te
Upington wat hulle van die Eiser sou huur vir die verkoop van
bakstene. Dié voorstel het in beginsel die Malans
geval en is daar
in beginsel ân besluit geneem dat só ân transaksie aangegaan kon
word. Daar was op dié stadium geen duidelike
besonderhede op
ooreengekom nie, aangaande byvoorbeeld in watter tipe entiteit die
twee verweerders die besigheid sou bedryf, die
pryse van die stene en
aanverwante kostes en dies meer. Dit sou klaarblyklik op ân latere
stadium verder bespreek en ooreengekom
word.
5.4
Al
die partye in die onderhawige verrigtinge was dit eens dat die
aanvanklike gedagte was dat Koen en Krauze eers die besigheid sou
bedryf in hul persoonlike hoedanighede en, soos alreeds aangedui is,
was daar nog nie klarigheid oor die entiteit waarin hulle dit
sou
bedryf nie. Ek maak in besonder melding hiervan, want dit is een van
die kardinale geskilpunte hierin.
5.5
Lewering
van bakstene vanaf die Eiser se fabriek te Olifantshoek na die depot
te Upington het ân aanvang begin neem op 5 Maart 2002
en het
voortgeduur tot min of meer 11 Mei 2002. Lewering is gestaak vanweë
geskille wat daar ontstaan het, eerstens oor betalings
wat nie gemaak
is nie en tweedens oor die feit dat Koen bepaalde lewerings en
heffings op die rekening in geskil geplaas het.
5.6
Alhoewel
dit in die vooruitsig gestel was deur die partye tydens hulle
aanvanklike informele samesprekings dat hulle mondelinge ooreenkomste
later beliggaam sou word in skriftelike ooreenkomste wat opgestel sou
word deur Mnr. Rudi Oosthuizen (ân prokureur te Olifantshoek),
het
dit nooit gematerialiseer nie, vanweë die dispuut wat daar toe
ontstaan het tussen die Malans namens die Eiser aan die een kant
en
Koen en Krauze aan die ander kant.
6.
Die
primêre geskilpunte hierin is die volgende:
6.1
Met
wie die Eiser gekontrakteer het en wie gevolglik aanspreeklik is vir
betaling van die uitstaande bedrae ten aansien van bakstene
wat deur
die Eiser gelewer is en nie betaal is nie; en
6.2
Of
die Eiser die kwantum van sy eisbedrag bewys het.
7.
Krauze
het pertinent bovermelde geskilpunte uiteengesit in sy verweerskrif
en het geverg dat die Eiser dit moet bewys. By die
voorverhoorkonferensie
het die partye, heeltemal tereg, ooreengekom
dat die Eiser die bewyslas ten aansien van die voormelde geskilpunte
dra en ook die
las sal hê om te begin om getuienis af te lê. Ten
einde hierdie bewyslas te kwyt het die Eiser die getuienis aangebied
van die
twee Malans asook Oosthuizen. Krauze het ook mondelinge
getuienis afgelê in sy eie saak.
8.
â
n
Hele aantal dokumente wat van besondere belang in hierdie saak is, is
ingehandig en ek sal mettertyd daarna verwys. Al die dokumente
is
ingeha
ndig deur die onderskeie
partye op die basis dat dit nie nodig sal wees om die egtheid daarvan
te bewys of die oorspronklikes daarvan
voor te lê nie, maar op die
verdere belangrike basis dat die inhoud van die onderskeie dokumente
nie erken word nie. Soos ek aanstons
sal aandui is hierdie ook ân
belangrike aspek wanneer dit kom by die bepaling van die vraag of die
Eiser hom van sy bewyslas gekwyt
het.
9.
Die
Eiser se saak, bondig opgesom, is dat hy vanaf die aanvang en
deurgaans tot aan die einde gekontrakteer het met Koen en Krauze
in
hulle persoonlike hoedanighede. Krauze, aan die ander kant , het
getuienis gelewer dat hy op ân stadium die Eiser se repudiasie
van
die ooreenkoms aanvaar het en toe teruggetree het uit die ooreenkoms.
Krauze voer aan dat Koen óf persoonlik óf as alleenlid
van die
Vierde Verweerder Beslote Korporasie aanspreeklik gehou moet word vir
die uitstaande bedrag verskuldig aan die Eiser.
10.
Die
voormelde geskilpunt tussen die partye, naamlik met wie die Eiser
gekontrakteer het, kan slegs bereg word deur te beslis op die
waarskynlikhede watter van die twee botsende weergawes voor die Hof
meer aanvaarbaar en geloofwaardig is. Ek ontleed vervolgens
kortliks
die getuienis ter beregting van dié bepaalde geskilpunt.
11.
Die
twee Malans se getuienis is in breë trekke dieselfde, naamlik dat
die informele gesprekke tussen die partye plaasgevind het onder
ân
afdak by die steenfabriek buite Olifantshoek gedurende Februarie
2002, waarna hulle almal na die Olifantshoek Hotel is om te
gaan eet
en verder te onderhandel. Hulle albei getuig dat tydens dié gesprek
by die hotel, daar toe op bepaalde kontraksterme ooreengekom
is te
wete prys, kortings onder sekere omstandighede, vervoer- en laaikoste
asook die huur van die depot te Upington en afslag vir
uitgawes
aangewend vir die opknapping daarvan deur die Verweerders. Volgens
die Malans is daar toe ooreengekom tussen die partye
dat hulle so
spoedig moontlik daarna dié kontraksterme sal laat beliggaam in ân
skriftelike ooreenkoms deur Oosthuizen en dat
die partye dan, wanneer
dit vir hulle geleë sal wees, Oosthuizen se kantore sal besoek ten
einde die skriftelike ooreenkoms te onderteken.
Die twee Malans het
dit beklemtoon dat, wat hulle aanbetref, Koen en Krauze in hulle
persoonlike hoedanighede sou besigheid doen
en was daar nooit sprake
van ân ander regsentiteit wat hulle sou gebruik nie.
12.
Krauze
se weergawe verskil heelwat van dié van die Malans. Hy bevestig die
aanvanklike samesprekings en verduidelik dat dit Koen
was wat eintlik
daarin belang gestel het om die bakstene te verkoop daar te Upington.
Sy eie betrokkenheid sou daarin geleë wees
dat hy die vervoer van
die bakstene sou behartig. Volgens hom was die aanvanklike informele
gesprek met die Malans bloot ân beginsel
gesprek en is daar slegs
beginselbesluite geneem. Daar was niks gepraat oor pryse, vervoer,
huur en dies meer nie. Volgens Krauze
het hy ân afspraak met
Oosthuizen bekom die volgende dag ná die informele samesprekings en
is al vier van hulle na Oosthuizen
vir konsultasies. By dié
konsultasie die daaropvolgende dag is daar gepraat oor kortings wat
bepaal is op tien persent vir betaling
binne 30 dae na lewering van
die staat. Die huur van die perseel te Upington is bespreek, asook
die opknapping daarvan en is daar
gepraat oor ân moontlike beslote
korporasie of vennootskap waarin die besigheid bedryf sou word deur
hom en Koen. Volgens Krauze
het Koen by hierdie konsultasie in die
teenwoordigheid van die twee Malans aan Oosthuizen vermeld dat hy ân
beslote korporasie
het wat beskikbaar gestel kan word en dat hy sou
toesien na die formalisering van dié bepaalde aspek. Krauze het
getuig dat na
die konsultasie hulle vier, d.w.s. die twee Malans,
Koen en Krauze by die hotel gaan eet het. Volgens hom is daar
instruksies aan
Oosthuizen gegee dat dié solank moes begin met die
opstel van ân voorlopige ooreenkoms waarna hulle in kennis gestel
sou word
as dit voltooi is. By die hotel is daar oor ete verder
gepraat en almal was baie positief oor die voorgenome transaksie.
Krauze
het getuig dat hy duidelik onthou dat Malan (snr) gesê het
dat geen stene gelewer sou word tensy alle skriftelike ooreenkomste
en
ander formele vereistes in plek is nie. Hy was tevrede daarmee en
het dit so aanvaar. Koen het daarna Kakamas toe vertrek. Volgens
Krauze het hy die volgende oggend in sy kantoor ân kredietaansoek
en borgstelling wat in een vorm beliggaam is aangetref, komende
van
die Eiser. Hy het Malan (jnr) gebel en was onstoke oor dié vorms
aangesien hy (Krauze) nooit self sulke vereistes gestel het
aan die
Malans wanneer hy met hulle vantevore besigheid gedoen het nie, bv.
die vervoer van steenkool in groot hoeveelhede. Malan
(jnr) het aan
hom aangedui dat die rede daarvoor is dat sy pa (Malan (snr)) daarop
aandring. Krauze het aangevoer dat hy aan Malan
(jnr) gesê het as
dÃt die geval is hy hom onttrek van die voorgenome besigheid en nie
sy weg oopsien om daarmee voort te gaan nie.
Hy het ook sy
onttrekking oorgedra aan Oosthuizen en aan Koen.
13.
Die
kardinale geskilpunt is dus: het Krauze inderdaad, soos wat hy
beweer, op ân stadium onttrek van die mondelinge ooreenkoms wat
daar gesluit was tussen die partye en, indien wel, wanneer het
sodanige onttrekking plaasgevind? Daarmee saam gaan die vraag of
Krauze vir enige van die uitstaande bedrae aanspreeklik is teenoor
die Eiser.
14.
Die
twee Malans het redelik goed gevaar in hul getuienislewering, die pa
heelwat beter as sy seun. Laasgenoemde het maar bra klei
getrap oor
aspekte waaroor hy onseker was en was dit veral vir hom moeilik om
die kloutjie by die oor te bring wat sekere van die
dokumentasie wat
handel oor die kwantum van die eisbedrag aanbetref. In die algemeen
gesproke egter, is hulle getuienis aanvaarbaar,
mits dit strook met
die algemene waarskynlikhede soos dit veral blyk uit die dokumentasie
voor my waarna ek later sal verwys.
15.
Krauze
was ook nie ân swak getuie nie en was tot ân groot mate
selfversekerd in sy getuienisaflegging. Daar is enkele aspekte
waar
sy getuienis minder bevredigend is, maar is sy getuienis ook
aanvaarbaar waar dit eweneens strook met die algemene waarskynlikhede
soos dit blyk uit die dokumente voor my.
16.1
Na
my mening is Oosthuizen die deurslaggewende getuie ten aansien van
hierdie bepaalde geskilpunt. Sy getuienis het tot ân mate
opspraak
verwek, deurdat dit op ân laat stadium geblyk het dat sy
kantoorlêer hoogs tersaaklike dokumentasie bevat wat nie blootgelê
is nie. Die verhoor is by geleentheid vir ân lang tydperk
uitgestel op die koste van die Eiser, juis vanweë hierdie versuim.
Krauze is derhalwe tot ân mate verras deur hierdie getuienis wat
toe later na vore gekom het en soos wat ek nou sal aandui, van
deurslaggewende belang blyk te wees. Hoe dit ookal sy, die inhoud
van Oosthuizen se kantoorlêer ten aansien van die transaksie
tussen
die Malans en Koen en Krauze is blootgelê en ingehandig as
Bewysstuk E bevattende 28 items. Ek moet daarop wys dat
daar ân
ander lêer bestaan in Oosthuizen se kantoor wat handel oor die
litigasie in hierdie saak waarvan slegs nie-gepriviligeerde
gedeeltes
blootgelê is en waarvan sommige voor die Hof is as bewysstukke.
16.2
Oosthuizen
het getuig dat Koen en Krauze by twee geleenthede aanwesig was by sy
kantoor vir konsultasies aangaande die onderhawige
transaksie. By
die eerste geleentheid, te wete 20 Maart 2002, was die twee Malans
ook aanwesig. Hy het by albei geleenthede breedvoerige
notas op sy
lêer gehou, dié notas is in oorspronklik handgeskrewe vorm en in
getikte vorm voor die Hof geplaas as deel van Bew E.
Hierdie
notas, synde gelyktydige boekstawing van die gesprekke en
instruksies, is primêr die rede waarom ek Oosthuizen se getuienis
so
hoog aanslaan en as deurslaggewend beskou. By die tweede konsultasie
wat op 26 Maart 2002 plaasgevind het, was dit slegs Koen
en Krauze
wat aanwesig was. Oosthuizen was heeltemal oortuig daarvan dat die
datums, soos aangeteken in sy kantoorlêer, wel korrek
is en dat hy
nie daarmee ân fout begaan nie. Dit is ondermeer aan hom
gesuggereer deur Mnr. Zietsman namens Krauze dat die eerste
konsultasie se datum nie 20 Maart 2002 nie, maar moontlik 20
Februarie 2002 behoort te wees, maar Oosthuizen het dit heftig
ontken.
17.
By
die eerste konsultasie op 20 Maart 2002 waar al vier die persone
aanwesig was soos voormeld, is die volgende pertinente aspekte
bespreek volgens Oosthuizen en soos wat blyk uit sy notas:
17.1
Hy
het eerstens aangeteken dat daar ân huurkontrak opgestel moet word
waar die verhuurder Malan (snr) sou wees (in sy hoedanigheid
as
alleenlid van die die Eiser beslote korporasie) en Koen en Krauze sou
die huurders wees. Hy het daar ook ân nota gemaak dat
addresse nog
bekom moet word. Die erfnommer en adres van die perseel te Upington
is wel aangeteken.
17.2
Daar
is verder ân aantekening gemaak dat die huurgeld R3500 per maand
sou beloop vooruitbetaalbaar, met eskalasie van 10 persent
per jaar
en dat vir die eerste ses maande ân bedrag van R500 per maand op
dié huurbedrag verminder kon word ten aansien van verbeterings
wat
by die perseel aangebring sou word deur Koen en Krauze.
17.3
Die
huurtermyn is aangeteken en daar is ook aantekeninge gemaak aangaande
die dienstegelde en belastings betaalbaar.
17.4
â
n
Verdere aantekening handel oor die onderverhuur van ân gedeelte van
die perseel en dat ân voorwaarde gestel is dat slegs bakstene
gelewer deur die Eiser verkoop sal word vanaf die bepaalde perseel.
18.
Wat
opval van dié bepaalde aangekening op 20 Maart 2002, is dat
Oosthuizen geen aantekeninge hoegenaamd gemaak het aangaande die
voorwaardes en terme wat sou handel met die ooreenkoms ten aansien
van die voorsiening van bakstene deur die Eiser aan Koen en Krauze
nie. Hierdie aspek val vir my ietwat vreemd op, veral omdat
Oosthuizen in sy mondelinge getuienis aangedui het dat sy opdrag in
breë trekke was dat hy ân huurkontrak moes opstel ten aansien van
die perseel te Upington en ook ân steenvoorsieningsooreenkoms.
19.
Oosthuizen
het getuig dat by die tweede besoek van 25 Maart 2002 beide Koen en
Krauze aanwesig was (ân feit wat deur Krauze ontken
word, deurdat
hy getuig het dat hy nie daar aanwesig was en dat slegs Koen by
hierdie konsultasie teenwoordig was). Toe dié bepaalde
twee
verweerders by hom opgedaag het vir die konsultasie op 25 Maart 2002
het hy alreeds konsepooreenkomste opgestel ten aansien
van die
huurkontrak asook ân eerste konsep van die
steenvoorsieningsooreenkoms. Na aanleiding van dié tweede
konsultasie is sekere
veranderinge aangebring op die
konsephuurooreenkoms en is ân tweede konsep opgestel wat betref die
steenvoorsieningsooreenkoms.
20.
Vanweë
die belangrikheid daarvan haal ek nou volledig die notas aan wat
Oosthuizen op sy lêer aangebring het ten aansien van hierdie
konsultasie van 25 Maart 2002:
20.1
âJohan
& Frikkie Koen 25/3/02
BK Sure Focus Thirty Six CC
Nel & Vennote
Upington
Kobus Nel
+ BK Dormant
+ Johan sal lid word â
Kobus Nel
Samewerkings
ooreenkoms â gewoon
Frikkie sal Bestuur &
Besigheid hanteer
Bemarking
Advertensie
Johan verantwoordelik
vir vervoer
Trokke nog nie onttrek
nie
BK Betaal per vrag km
30 dae na staat
Boumateriaal.â
Oosthuizen het verduidelik dat hy hierdie aantekeninge
gemaak het omrede hy instruksies van dié twee verweerders gekry het
dat hulle
sake wil bedryf in ân beslote korporasie, te wete Sure
Focus BK, wat ân dormante beslote korporasie was. Hy was ook
meegedeel
dat die rekenmeesters Nel en Vennote te Upington die nodige
sou doen om te reël dat Krauze ook ân lid van die beslote
korporasie
word (op dié stadium was Koen die alleenlid). Hy het ook
opdrag ontvang om ân gewone samewerkingsooreenkoms tussen Koen en
Krauze
op te stel en is daar aan hom meegedeel dat Koen die besigheid
sou bestuur en die bemarking en advertering daarvan sou behartig.
Krauze sou op sy beurt weer verantwoordelik wees vir die vervoer.
20.2
Op
die tweede bladsy van sy notas is van belang die feit dat hy beopdrag
om die huurkontrak op te stel ten aansien van die depot te
Upington
en ook die vervoerkontrak tussen Sure Focus Bk en Krauze se
voervoeronderneming. Van belang is dat daar ân nota staan
in dié
verband as volg:
â
Kontrak
BK en Johan â Henmar Trust IT1794/99â
Daar staan ook inskrywings ten aansien van die
vervoertarief, betaaltermyn en die feit dat Krauze nie sou kon
onttrek of weier om
vervoer te lewer anders as soos in die ooreenkoms
bepaal nie.
20.3
Bladsy
3 van die notas vervat verdere aantekeninge ten aansien van die
huurooreenkoms wat gaan oor die perseel te Upington en is nie
vir
huidige doeleindes van belang nie. Wat wel van belang is is dat op
bladsy 4 van die kantoorlêer se notas daar aan die onderkant
die
volgende verskyn:
â
Borgakte
tgv (ten gunste van) Langeberg
Borgakte tgv Krauzer Vervoer.â
21.
Oosthuizen
het die mening uitgespreek dat die kontrakspartye na die eerste
besoek aan hom op 20 Maart 2002, Langeberg Stene Bk aan
die een kant
en Koen en Krauze in hulle persoonlike hoedanighede aan die ander
kant was wat betref die steenvoorsieningsooreenkoms.
Met die
huurooreenkoms was dit weer Malan (snr) aan die een kant en Koen en
Krauze aan die ander kant. Hy het die eerste keer verneem
van Sure
Focus Bk op 25 Maart 2002 tydens die tweede konsultasie waartydens
Koen en Krauze by hom aangedoen het.
22.
Oosthuizen
het ook getuig aangaande sekere dokumente wat in die bundel vervat
is. Ek sal later daarna verwys. Van belang is die
feit dat hy
getuig het dat hy op die notas wat hy gemaak het tydens die eerste
konsultasie op 20 Maart 2002 later in ân blokkie
die volgende
inskrywing agterna aangebring het:
â
Aankope
Borg
en aansoekâ
Hy het verduidelik dat hy hierdie nota agterna
aangebring het nadat Malan (snr) hom by sy kantoor besoek het en
beswaar gehad het
teen die feit dat daar nou in ân beslote
korporasie besigheid gedoen sou word met die Eiser. Volgens Malan
(snr) se mededeling
was hy onder die indruk dat die ooreenkoms met
Koen en Krauze in hulle persoonlike hoedanighede sou wees en
aangesien dit nou verander
het, het hy (Malan (snr)) vereis dat die
kredietaansoek en borgstelling deur Koen en Krauze onderteken moes
word. Volgens Oosthuizen
het hierdie gesprek plaasgevind vóór 24
Mei 2002, welke die datum is waarop Oosthuizen skrywes uitgestuur het
aan al die partye
en het die konsepooreenkomste daarby aangeheg vir
hul ondertekening.
23.
â
n
Verdere belangrike aspek
van
Oosthuizen se getuienis is dat hy heftig ontken het dat Krauze ooit
aan hom meegedeel het dat hy onttrek van die transaksie, omrede
hy
beswaard was dat daar van hom vereis was om ân kredietaansoek en
borgstelling in te vul en te onderteken. Hy het ook getuig
dat
Krauze nooit aanspreeklikheid vir betaling van die uitstaande
rekenings ontken het nie. Toe dit onder kruisondervraging aan
hom
gestel is dat hy sy datums verkeerd het en ook dat Krauze nie
teenwoordig was tydens die tweede konsultasie van 25 Maart 2002
nie,
het hy dit heftig ontken en gesteun op sy kantoornotas en die datums
daarop aangebring. Oosthuizen het toegegee dat hy alreeds
vanaf 25
Maart 2002 geweet het dat die kontraksparty nou Sure Focus Bk is en
nie Koen en Krauze in hul persoonlike hoedanighede
nie. Hy het
verduidelik dat die dagvaarding in sy huidige vorm uitgereik is met
alternatiewe eise teen Pick-a-Brick as vennootskap
en Koen en Krauze
in hul persoonlike hoedanighede as alternatief en as verdere
alternatief met Sure Focus Bk as die Vierde Verweerder,
omrede die
Eiser by monde van Malan (snr) die houding ingeneem het dat hulle
nooit besigheid gedoen het met Sure Focus Bk nie. Oosthuizen
het ook
ontken dat hy ooit, soos wat Krauze getuig het, laasgenoemde gebel
het en gevra het om as bemiddellaar op te tree in die
geskil oor die
betaling van rekeninge wat ontstaan het tussen Koen en die Malans.
24.
Waar
daar feitegeskille is tussen die weergawes van Oosthuizen aan die een
kant en Krauze aan die ander kant, aanvaar ek sonder huiwering
dié
van Oosthuizen, veral omrede hy tydens sy konsultasies met die partye
gelyktydige notas aangebring het van die gesprekke met
hulle. Daarom
bevind ek dan ook dat die datums van die konsultasies inderdaad 20
Maart 2002 en 25 Maart 2002 was, soos wat Oosthuizen
getuig het. Ek
meen dat Krauze se getuienis in dié verband verwerp moet word. Ek
bevind ook dat Krauze inderdaad aanwesig was
tydens die konsultasie
van 25 Maart 2002. Tydens daardie konsultasie het hy ondermeer
instruksie gegee dat die Henmar Trust gebruik
word as kontraksparty
vir die vervoerooreenkoms tussen hom en Sure Focus Bk.
25.
Die
voormelde bevindinge het belangrike implikasies â eerstens beteken
dit dat Krauze deel was van die transaksie as kontraksparty
in sy
persoonlike hoedanigheid, ten minste tot en met 25 Maart 2002. In
die tweede plek beteken dit dat die entiteit by name Sure
Focus Bk
eers aan Oosthuizen bekend geword het teen die vroegste op 25 Maart
2002. Hy sou sodanige inligting derhalwe eers daarna
kon oordra aan
die Malans.
26.
Mnr.
Knoetze het aangevoer dat daar etlike redes is waarom die Eiser se
weergawe, naamlik dat Krauze nooit teruggetree het uit die
ooreenkoms
nie, op die waarskynlikhede aanvaar behoort te word, te wete:
26.1
Daar
geen rede sou wees hoekom Oosthuizen ân leuen sou vertel oor die
feit dat hy nooit deur Krauze meegedeel is dat dié terugtree
nie.
26.2
Dat
dit aanvaar moet word dat, volgens Oosthuizen se notas van 25 Maart
2002, Krauze wel die konsultasie bygewoon het en sekere instruksies
gegee het en dat Oosthuizen daarna toe onder andere ân
samewerkings- en vervoerooreenkoms sou opstel met Krauze se trust
(Henmar
Trust) daarby ingesluit as ân kontraksparty. Dit is
gevolglik onwaarskynlik dat Krauze alreeds by dié stadium onttrek
het.
26.3
Die
feit dat Oosthuizen op 24 Mei 2002 ân brief sou aflewer by Krauze
se besigheidsperseel waarby die vier konsep-ooreenkomste aangeheg
is
indien Krauze wel alreeds onttrek het en dit aldus oorgedra het aan
Oosthuizen.
26.4
â
n
Verdere aspek is die feit dat op dieselfde datum, te wete 24 Mei
2002, die skrywe afgestuur is aan die Eiser met aanhegting van
die
huur- en steenvoorsieningsooreenkomste se konsepte vir ondertekening
en waarvolgens Krauze steeds figureer as kontraksparty.
26.5
Die
feit dat Oosthuizen twee keer rekenings uitgestuur het aan Krauze, te
wete op 17 Junie 2002 en 14 Augustus 2002 en ook volgens
ân
joernaalinskrywing ân debiet deurgevoer het teen een van die
krediete wat Krauze gehad het in een van sy ander sake waarmee
Oosthuizen besig wes.
27.
Ek
is egter die mening toegedaan en bevind inderdaad so dat die
waarskynlikhede eerder Krauze se weergawe steun, naamlik dat hy op
ân
stadium teruggetree het uit die ooreenkoms (weliswaar glad nie so
vroeg as wat hy probeer voorhou het in sy getuienis nie) en
dat die
Eiser inderdaad gekontrakteer het met die Vierde Verweerder. Na my
mening het die Eiser nie daarin geslaag om op ân oorwig
van
waarskynlikhede te bewys dat Krauze nooit teruggetree het uit die
ooreenkoms nie en dat hy deurgaans tot by die laaste aflewering
aanspreeklik gehou behoort te word vir die uitstaande bedrae geld aan
die Eiser nie. Ek maak hierdie bevinding aan die hand van
Oosthuizen
se getuienis wat ek verkies bo dié van Krauze. My redes vir dié
bevinding ten aansien van Krauze se terugtrede is as
volg:
27.1
Dit
staan na my mening vas dat al die partye aanvanklik die transaksie
aan die gang gesit het op dié basis dat Koen en Krauze in
hulle
persoonlike hoedanighede optree. Die Vierde Verweerder as entiteit
waarmee sake gedoen sou word het eers op 25 Maart 2002
gestalte
gevind tydens die konsultasie met Oosthuizen.
27.2
Dit
is opmerklik dan dat, net daarna en wel op 4 April 2002, daar ân
afleweringsnota is vanaf die Eiser waarop Sure Focus Bk se
naam vir
die eerste keer verskyn. Al die aflewerings voor dit het óf Krauze
se naam óf Krauzer Vervoer se naam daarop gehad.
Ná 4 April 2002
is al die afleweringsnotas in die naam van Pick-a-Brick en soms
verskyn daaronder ook die name van Koen en Krauze.
Die enigste
uitsonderings is twee afleweringsnotas gedateer 16 Mei 2002 en 20 Mei
2002 waar óf Krauze se naam alleen óf sy naam
saam met dié van
Pick-a-Brick sân op verskyn.
27.3
Dit
is verder insiggewend dat die Eiser twee tjeks ontvang het ter
gedeeltelike delging van die uitstaande rekening en wel vanaf die
Vierde Verweerder. Hierdie betalings is naamlik gemaak, volgens die
datums op die twee tjeks, op onderskeidelik 8 Mei 2002 en 4
Junie
2002. Dit is gemene saak dat die Eiser hierdie twee betalings
aanvaar het, ongeag die feit dat dit afkomstig was vanaf die
Vierde
Verweerder. Malan (snr) se verduideliking hieraangaande was dat hy
nie omgegee het wie hom betaal nie, solank hy net betaling
ontvang
het.
27.4
Van
verdere belang is dat Oosthuizen op 17 Junie 2002 en weer op 14
Augustus 2002 rekeninge gestuur het aan Vierde Verweerder wat
sy eie
professionele fooie aanbetref. Toe hy nie betaling van die rekenings
vanaf Vierde Verweerder gekry het nie, het hy toe ân
krediet van
Krauze vanaf ân ander lêer oorgeplaas en gedebiteer vir die helfte
van die uitstaande bedrag. Dit is ten minste ân
aanduiding dat in
Oosthuizen se gemoed die Vierde Verweerder aanspreeklik was vir sy
fooie.
27.5
Op
24 Mei 2002 het daar ân brief uitgegaan wat die konsepooreenkomste
insluit vanaf Oosthuizen aan die Eiser en daarvolgens is dit
duidelik
dat Vierde Verweerder nou ân kontraksparty is.
27.6
Laastens
is daar die vreemde verskynsel dat feitlik alle korrespondensie en
telefoongesprekke ten aansien van betaling van die uitstaande
rekening met Koen gevoer is. Daar is nooit geld gevorder vanaf
Krauze nie, nieteenstaande die feit dat dit gemene saak is dat albei
die Malans en Krauze op baie goeie vriendskaplike voet voorheen met
mekaar verkeer het.
28.
Alles
inaggenome en vir die redes voormeld, bevind ek dus dat Krauze
inderdaad teruggetree het uit die ooreenkoms en wel onmiddellik
na 25
Maart 2002. Ek bevind verder dat op die waarskynlikhede sy redes vir
sodanige terugtrede is soos wat hy verduidelik het, naamlik
dat hy
gebelgd gevoel het oor die feit dat daar van hom ân kredietaansoek
en borgstelling vereis is deur die Malans, terwyl hulle
nooit
vantevore in die loop van baie jare só besigheid met mekaar gedoen
het nie.
29.
Ek
bevind verder op ân oorwig van waarskynlikhede dat, alhoewel daar
aanvanklik sake gedoen is deur die Eiser met Koen en Krauze
in hul
persoonlike hoedanighede, die ander kontraksparty ná 25 Maart 2002
inderdaad Vierde Verweerder was. Op daardie stadium was
Koen
alleenlid van Vierde Verweerder.
30.1
Die
voormelde bevindinge beteken dat Krauze slegs aanspreeklik gehou kan
word vir aflewerings wat plaasgevind het tot omstreeks 25
Maart 2002.
Die rede daarvoor is natuurlik dat hy tot op daardie stadium in sy
persoonlike hoedanigheid saam met Koen besigheid
gedoen het met die
Eiser.
30.2
Bundel A
is ân stel dokumente wat deur die Eiser ingehandig is. Die eerste
28 bladsye is sogenaamde belastingfakture van die
Eiser. Alhoewel
daar aanvanklik toegegee is deur Malan (jnr) in sy getuienis dat daar
rekenaardrukstukke is wat opgestel is op grond
van hierdie
belastingfakture en dié rekenaardrukstukke (wat na ân verbete
soektog nie gevind kon word nie) eintlik ân beter
brondokument daar
sou stel, het Mnr. Knoetze tydens sy slotbetoog aangevoer dat dié
toegewing verkeerd gemaak is. Hy het, soos
wat hy nie anders kon
nie, gesteun op dié belastingfakture (wat ook afleweringsnotas
daarstel) vir sy betoog op kwantum.
31.
Dit
is gemene saak tussen die partye dat afleweringsnotas A2-A6 (vanaf 5
Maart 2002 â 21 Maart 2002) wel betaal is (ironies genoeg
deur die
Vierde Verweerder). Afleweringsnota A7 met nr 2550 gedateer 22 Maart
2002 vervat die inskrywing van â
Krauzer
Vervoer
â en
verwys na twaalfduisend pleisterstene. Daar is geen aanduiding van
laai-, vervoerkoste en kortings nie en is die prys per
duisend en die
finale prys nie ingevul nie. Na my mening is hierdie die enigste
afleweringsnota en faktuur waarvoor Krauze in sy
persoonlike
hoedanigheid moontlik aangespreek kan word. Hierna, soos ek aangedui
het, en wel vanaf 4 April 2002, is die afleweringsnotas
se
inskrywings gemaak aan óf Vierde Verweerder óf Pick-a-Brick.
Hierna het Krauze dan volgens my voormelde bevinding alreeds
teruggetree
uit die ooreenkoms. Dit bring my gevolglik by die vraag
na kwantum.
32.
Na
afloop van die Eiser se saak het Mnr. Zietsman namens Krauze aansoek
gedoen vir absolusie van die instansie omdat die Eiser nie
kwantum
bewys het nie. Ek het op daardie stadium die aansoek afgewys en die
redes daarvoor voorbehou. Ek het dié beslissing van
afwysing van
die aansoek gemaak, omrede ek die mening toegedaan was dat daar wel
tog getuienis was waarop ek ân bevinding kon maak
namens Krauze en
dat daar ân
prima
facie
saak vir ten
minste ân gedeelte van die kwantum uitgemaak was.
Sien in die algemeen: Schmidt, Bewysreg, 4de uitg te 91.
Aan die einde van die saak is die toets natuurlik
anders, naamlik of die Eiser hom van sy bewyslas gekwyt het om op ân
oorwig van
waarskynlikhede die kwantum van sy eisbedrag te bewys.
Dit is ook so, soos Mnr. Knoetze tydens sy slotbetoog voorgehou het,
dat
dit nie ân alles-of-niks beginsel is nie. As daar probleme is
met die bewys van ân gedeelte van die fakture en/of
afleweringsnotas,
dan beteken dit nie dat die Eiser se eis in sy
geheel afgewys moet word nie. Ek moet onmiddellik egter byvoeg dat
die boekhouding
in hierdie aangeleentheid skokkend swak was. Baie
van die fakture is nie onderteken nie, op andere is daar geen pryse
ingevul nie,
nog ander het geen laai- en vervoerkostes wat ingevul is
nie en daar is geen aanduiding van kortings nie. Die primêre
probleme
in die Eiser se saak wat kwantum aanbetref is die volgende:
a)
Eerstens
is die feit dat die fakture so onvolledig ingevul is soos ek so pas
aangedui het.
b)
Tweedens
is die feit dat daar, volgens die ooreenkoms aanvanklik gesluit
tussen die partye, ân korting van 10% sou wees mits betaling
binne
30 dae vanaf lewering van staat sou plaasvind en sou dié bepaalde
korting
pro rata
verminder namate
die betaling later as 30 dae sou geskied. Daar was geen aanduiding
van wanneer betalings vir watter fakture plaasgevind
het nie,
(behalwe vir Malan (jnr) se getuienis dat die betalings vanaf Vierde
Verweerder aangewend is vir sekere bepaalde fakture)
en hoe die
kortings bereken behoort te word nie.
c)
Verder
is laai- en vervoerkostes saamgevoeg op die fakture sonder dat
aangedui word wat gehef word vir welke item.
d)
Belangriker
egter is die probleem dat die Eiser na my mening nooit bewys het dat
Koen en Krauze toegestem het tot hoeveel die laaikoste
sou beloop nie
en oor hoeveel die vervoerkoste wat distansie aanbetref sou wees nie.
Na my mening is daar wel ooreengekom dat laaikoste
gehef sou word en
só ook vervoerkoste, maar is die bedrae daarvan of die metode van
bepaling nooit gefinaliseer nie. Dit is uiteraard
ân wesenlike
probleem vir die Eiser in die bewys van sy saak wat kwantum
aanbetref.
e)
â
n
Verdere wesenlike probleem wat dié aspek aanbetref, is die feit dat
daar slegs getuienis gelei is deur Malan (jnr)
,
wat tot ân mate bevestig is deur sy pa, dat pleisterstene teen R475
per duisend verkoop sou word. Daar is egter in totaal vier
verskillende tipes stene verkoop en gelewer in hierdie saak. Daar is
hoegenaamd geen getuienis aangebied oor wat die ooreenkoms
was ten
aansien van die prys van die ander tipes stene nie. In die
Besonderhede van Vordering het die Eiser weliswaar gepleit dat
stene
teen die Eiser se normale pryse verkoop sou word. Daar is egter geen
getuienis oor wat die normale pryse van die ander tipes
stene sou
wees nie. Mnr. Knoetze het aangevoer dat die Hof moet kyk na die
fakture en dan moet bepaal wat die pryse is van die onderskeie
tipes
steen wat daarin aangedui word. Hy het verder aangevoer dat die feit
dat Vierde Verweerder betalings gemaak het ten aansien
van al vier
tipes stene sonder om beswaar te maak teen die pryse en ook die feit
dat Koen in korrespondensie nooit gekla het oor
die steenpryse nie,
aanduidend daarvan is dat die partye die kontrak deurgevoer het op
die basis dat normale pryse, soos gehef op
die fakture, van
toepassing sou wees. Die probleem met dié submissie is natuurlik
dat Krauze nie gebind kan word deur die optrede
van Koen en Vierde
Verweerder nie. Die probleem met die pryse wat die ander drie tipes
bakstene aanbetref, is na my mening onoorkomelik
vir die Eiser in die
saak.
f)
â
n
Verdere probleem wat laaikoste aanbetref is dat daar twee
verskillende pryse gehef sou word vir laai met die hand (die Eiser
voer
aan dit sou R44 per duisend stene wees) en vir laai met palette
(volgens die Eiser sou dit R22 per duisend wees). Mnr. Knoetze het
erg kleigetrap om getuienis aan te bied ten aansien van die billike
en redelike koste van die palette en het later afstand daarvan
gedoen.
33.
Om
saam te vat dus is my bevinding dat Krauze slegs aanspreeklik gehou
kan word in sy persoonlike hoedanigheid vir die stene wat afgelewer
is volgens die faktuur wat bewysstuk A7 voor die Hof is met nr
2550 gedateer 22 Maart 2002, ten aansien van twaalf duisend
pleisterstene.
Dié stene is normaalweg verkoop teen R475 per
duisend, maar swyg die betrokke faktuur oor die prys en het dit geen
aanduiding aangaande
die laai en vervoerkoste nie. ân Verdere
probleem wat ek het met faktuur A7 is dat daar geen aanduiding is of
dié bakstene gelaai
is met die hand of met palette nie.
34.
Dit
is dus vir my in die lig van dié probleme heeltemal onmoontlik om ân
bevinding te maak aangaande die bedrag waarvoor Krauze
aanspreeklik
gehou moet word wat faktuur A7 aanbetref. In dié verband meen
ek dat die Eiser se eis afgewys moet word omdat
hy hom nie van sy
bewyslas gekwyt het nie.
35.1
Ter
samevatting dus is Krauze aanspreeklik in sy persoonlike hoedanigheid
vir betaling van die faktuur A7, nr 2550 gedateer 22 Maart
2002. Die
Eiser het egter nie daarin geslaag om te bewys hoeveel die bedrag van
aanspreeklikheid behoort te wees nie.
35.2
Dit
bring my by die kwessie van koste. Ek het die absolusie aansoek aan
die einde van die Eiser se saak met koste afgewys. Aan die
einde van
die saak het die Eiser gedeeltelike sukses behaal in dié sin dat ek
bevind het dat Krauze deel van die ooreenkoms was
tot ten minste 25
Maart 2002 en dat hy aanspreeklik gehou behoort te word vir die
afleweringsnota nr 2550 (A7) gedateer 22 Maart
2002. Die Eiser het
egter ook misluk deurdat hy hom nie van sy bewyslas gekwyt het
aangaande wat die bedrag van hierdie betrokke
aflewering is nie. In
al die omstandighede meen ek dat dit billik en redelik sal wees
teenoor beide partye dat ek gelas dat elke
party sy eie koste dra.
35.3
Die
verspilde koste teweeggebring deur die uitstel van 6 November 2006
het oorgestaan vir beregting aan die einde van die saak. Ek
het
nagelaat om hierdie aspek te behandel tydens die slotbetoë en dit
het die advokate ook ontgaan. Ek het gevolglik aanvullende
betoogshoofde van die partye se regsverteenwoordigers aangevra en
bekom. Die verhoor was voorheen op 24/11/2005 uitgestel op die
Eiser
se koste vir die blootlegging van Oosthuizen se kantoorlêer. ân
Ongetekende blootleggingsverklaring is enkele dae later
(1 Desember
2005) aan Krauze se prokureur gestuur. ân Dag of twee ná die
voormelde uitstel het Krauze se prokureur ook die volledige
lêer
gekopieer by Eiser se prokureur se kantoor. Eers op 30 Oktober 2006
(dus slegs enkele dae voordat die verhoor weer ân aanvang
moes neem
op 6/11/2006), is ân
verkeerde
(getekende) blootleggingsverklaring beteken op Eiser se prokureur.
Hierdie betekening van die verkeerde blootleggingsverklaring
het
onafwendbaar gelei tot die uitstel van die saak op 6 November 2006,
wat geplaas was vir 4 dae (6-9 November 2006). Na my mening
het
beide prokureurs tot ân mate skuld aan dié verloop van sake.
Krauze se prokureur het toé alreeds meer as ân jaar lank
die
afskrifte van Oosthuizen se kantoorlêer se inhoud sowel as die
ongetekende (korrekte) blootleggingsverklaring in sy besit gehad.
Hy
kon hiermee die nodige voorbereidings en konsultasies begin doen.
Die Eiser se prokureur het egter op sy beurt weer gefouteer
om ân
verkeerde blootleggingsverklaring te beteken en boonop nog so laat
ook (enkele dae voor die verhoor). In die omstandighede
meen ek dat
ek geen kostebevel behoort te maak ten aansien van die verspilde
koste teweeggebring deur die uitstel van 6/11/2006 nie.
36.
Gevolglik
reik ek die volgende bevel uit :
36.1
Die
Eiser se eis teen Krauze word afgewys.
36.2
Elke
party word gelas om sy eie gedingskoste te betaal welke insluit die
verspilde koste teweeggebring deur die uitstel van 6 November
2006.
____________
SA
MAJIEDT
REGTER
ADVOKATE
NAMENS EISER : ADV B KNOETZE SC
IN OPDRAG
VAN : ELLIOT MARIS WILMANS & HAY
ADVOKATE
NAMENS VERWEERDER 3 : ADV P ZIETZMAN
IN OPDRAG
VAN : VAN DE WALL & VENNOTE
DATUM
VAN VERHOOR : 2005/11/22; 2005/11/23; 2005/11/24; 2008-02-04;
2008-02-05
DATUM VAN
UITSPRAAK : 2008-02-15