S v Frey (104/07) [2008] ZANCHC 28 (4 January 2008)

57 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Theft — Sentence disproportionate to the crime — The accused was charged with stealing a chocolate valued at R6.49 from a Shoprite store. Although he initially pleaded guilty, the magistrate was not satisfied that all elements of the crime, particularly intent, were acknowledged. After hearing evidence from a security officer, the accused was found guilty. The magistrate sentenced him to 12 months' imprisonment, which was deemed excessive given the minor value of the theft and the accused's clean record for the past eight years. The High Court held that the sentence was shockingly inappropriate and replaced it with a reduced sentence of one month and two weeks' imprisonment, backdated to the time already served.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2008
>>
[2008] ZANCHC 28
|

|

S v Frey (104/07) [2008] ZANCHC 28 (4 January 2008)

Verslagwaardig: Ja / Nee
Sirkuleer aan Regters:
Ja / Nee
Sirkuleer aan Landdroste:
Ja / Nee
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Hooggeregshof
Hersieningsnr: 104/07
Landdros
Saaknr: 693/2007
Datum
gelewer: 2008-01-04
In
die hersieningsaak van
:
DIE STAAT
versus
JAN
FREY
BESKULDIGDE
Coram
:
MAJIEDT R
UITSPRAAK
OP HERSIENING
MAJIEDT R:
Die
beskuldigde was daarvan aangekla dat hy een sjokolade ter waarde van
R6,49 gesteel het by
Shoprite
winkel te Kuruman.
Alhoewel
die
beskuldigde aanvanklik skuldig gepleit het, was die Landdros nie
tevrede dat hy al die wesenlike elemente van die misdryf
van
diefstal erken het nie, meer bepaald dié van opset, en het
die Landdros tereg ‘n pleit van onskuldig ingevolge
art 113
van die Strafproseswet, 51 van 1977, (“
die
Strafproseswet”
)
genotuleer en is daar die getuienis aangehoor van een getuie, die
sekuriteitsbeampte wat op die bepaalde dag die pleging van
die
misdryf waargeneem het. Hierdie getuienis is glad nie in geskil
geplaas nie en is die beskuldigde dan ook tereg skuldig
bevind aan
diefstal van ‘n sjokolade. Alhoewel die klagstaat vermeld dat
die waarde daarvan R6,49 is, het die sekuriteitsbeampte
getuig dat
die waarde daarvan inderdaad R6,99 is. Hierdie geringe
teenstrydigheid is van minder belang hierin; feit van die
saak is
dat die beskuldigde skuldig bevind is aan diefstal van ‘n
sjokolade met ‘n baie lae waarde.
Die
Landdros het die beskuldigde gevonnis tot 12 maande gevangenisstraf
en het hom ook onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen
te besit. My
kollega, Williams R, het die onmiddellike vrylating van die
beskuldigde gelas (tensy hy vir ander sake aangehou
is of vonnis
uitdien op ander sake) en het ook ‘n navraag op hiersiening
aan die Landdros as volg gerig:

Die
beskuldigde het slegs een vorige veroordeling vir ‘n
oneerlikheidsmisdryf – diefstal, gepleeg 14 jaar gelede. Vir

die laaste 8 jaar loop hy ‘n skoon paadjie. Is dit werklik in
die omstandighede gepas om hom te vonnis tot 12 maande
gevangenisstraf
vir die diefstal van sjokolade ter waarde van R6,49
terwyl hy onder die invloed van drank was? Sien
S
v N 2007(2) SACR 298 (ECD)
.
Ek het intussen gereël vir die onmiddellike vrylating van die
beskuldigde.”
Die beskuldigde is dan
ook vrygelaat, ‘n bietjie meer as ‘n maand nadat hy die
voormelde vonnis opgelê is deur
die voorsittende Landdros.
Die
beskuldigde was 37 jaar oud tydens vonnisoplegging en was werkloos,
alhoewel hy los werkies verrig het waaruit hy ‘n
karige
inkomste kon verdien. Hy is ongetroud en het geen kinders nie.
Hy
het slegs standerd 4 op skool behaal. Wat sy vorige veroordelings
betref, het die beskuldigde slegs een tersaaklike vorige

veroordeling vir ‘n oneerlikheidsmisdryf, te wete diefstal
waarvoor hy op 5 Mei 1993 gevonnis is tot 30 maande gevangenisstraf

waarvan 12 maande opgeskort is vir 5 jaar op bepaalde voorwaardes.
Die beskuldigde se laaste vorige veroordeling was op 5 November
1999
vir die besit van dagga gepleeg op 27 Julie 1999 en daarvoor is hy
gevonnis tot R1000.00 of 30 dae gevangenisstraf.
Soos
Williams R
se
navraag, hierbo aangehaal, tereg aandui, is die beskuldigde se
laaste tersaaklike vorige veroordeling vir diefstal 14 jaar
gelede
gepleeg. Hy het ook, soos sy tereg aangedui het, vir die laaste 8
jaar ‘n skoon paadjie geloop. Ek kan nie anders
as om hierdie
vonnis as skokkend onvanpas en as ‘n skreiende onreg teenoor
die beskuldigde aan te merk nie. Daar is geen
manier hoe ‘n
vonnis van 12 maande gevangenisstraf geregverdig kan word in die
omstandighede van hierdie saak waar dit
gaan oor diefstal van
sjokolade ter waarde van R6,49 (of R6,99) nie.
In
die saak van
S
v N 2007(2) SACR 298 (E)
,
waarna Williams R verwys het in die voormelde hersieningsnavraag, is
‘n 15-jarige seun skuldig bevind aan diefstal van
‘n
brood ter waarde van R3,25 en gevonnis tot 8 maande gevangenisstraf.
Op outomatiese hersiening ingevolge art 304(2)(a)
van die
Strafproseswet, het die Regters (Plasket R en Dambuza R) voortgegaan
om die aangeleentheid af te handel sonder om eers
die Landdros se
redes te bekom, aangesien hulle van mening was dat die vonnis
duidelik nie ooreenkomstig die Reg was nie en dat
enige vertraging
die beskuldigde sou benadeel. Hierdie is ‘n aanduiding
daarvan dat die geleerde Regters, heeltemal tereg
met respek, die
houding ingeneem het dat die vonnis geheel en al onvanpas is. In
daardie saak het Plasket R, wat die uitspraak
geskryf het, verwys na
S
v Baartman 1997(1) SACR 304 (E)
te 305 g-h waar Jones R die benadering tot vonnis in gevalle
van diefstal van items van lae waarde as volg uiteengesit:

It all comes down to the basic
principle that the punishment should fit the crime. Where the crime
is petty theft, and the offender's
previous record makes imprisonment
rather than some alternative form of punishment imperative, the
period must still be in proportion
to the petty nature of the crime.
There is a limit beyond which a sentence is no longer a
proportionate or reasonable sentence.
The upper limit is probably
somewhere between four months' and six months' imprisonment. Anything
above that should usually be
reserved for offences which are not
petty. In my view a sentence of nine months' imprisonment is a
substantial sentence. In rare
and exceptional circumstances it might
be appropriate for a petty offence. This case is neither rare nor
exceptional.”
Die
benadering gevolg deur Jones R in die
Baartman
saak
supra
en
deur Plasket R in die saak van
S
v N
supra
,
geld eweneens in die onderhawige geval. Ek het die indruk gekry dat
die Landdros erg geïrriteerd was deur die beskuldigde
se
duidelike gebrek aan berou deurdat die beskuldigde tydens die
verhoorverrigtinge en veral tydens vonnisoplegging gedurigdeur
gelag
het. Die Landdros meld dan ook hierdie aspek in sy redes vir vonnis
in antwoord op Williams R se navraag. Hierdie geïrriteerdheid

het gelei tot ‘n ongebalanseerde oorweging van vonnis wat
vergestalt is in die skokkende vonnis van 12 maande direkte
gevangenisstraf. Die Landdros het weliswaar tydens sy
vonnisuitspraak verwys daarna dat die sjokolade ‘n geringe
waarde
het, ook na die feit dat die beskuldigde aanvanklik skuldig
wou pleit, maar nie die opsetsvereiste erken het nie en verder ook

na die feit dat die beskuldigde eintlik maar behandel kon word as ‘n
eerste oortreder vir ‘n oneerlikheidsmisdryf,
gegewe die feit
dat die vorige oneerlikheidsmisdryf meer as 10 jaar gelede gepleeg
is. Desnieteenstaande het die Landdros bloot
lippediens bewys aan
hierdie voormelde faktore, na my mening.
Ek is
dit heeltemal eens met Williams R wat die beskuldigde
se
vrylating soos voormeld gelas het. In hierdie saak meen ek dat ‘n
gepaste vonnis een sal wees wat bloot voorsiening
maak vir die
tydperk wat die beskuldigde alreedes in die gevangenis deurgebring
het alvorens hy vrygelaat is.
Bygevolg word die
beskuldigde se skuldigbevinding bekragtig, maar die opgelegde vonnis
word tersyde gestel en vervang met die
volgende:
Die
beskuldigde word gevonnis tot een maand en twee weke gevangenisstraf,
teruggedateer tot 18 September 2007.
_____________
SA MAJIEDT
REGTER