About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2008
>>
[2008] ZAFSHC 153
|
|
Viviers NO and Another v Barnard NO (A441/2007) [2008] ZAFSHC 153 (19 December 2008)
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Appèl Nr. :
A441/2007
In
die appèl tussen:
HERMANUS
VIVIERS N.O.
Eerste
Appellant
HERMANUS
VIVIERS
Tweede Appellant
en
PHILLIPUS
STEFANUS BARNARD N.O.
Respondent
_____________________________________________________
CORAM:
EBRAHIM, R
et
VAN ZYL, R
_____________________________________________________
UITSPRAAK:
VAN
ZYL, R
AANGEHOOR
OP:
11
AUGUSTUS 2008
GELEWER
OP:
19
DESEMBER 2008
[1] Respondent
het as eiser in sy hoedanigheid as Eksekuteur in die boedel van wyle
Justinus Gerhardus Barnard (hierinlater na verwys
âdie oorledeneâ)
vir appellante as verweerders in die landdroshof te Odendaalsrus
gedagvaar vir die betaling van ân bedrag
van R100 000.00, tesame
met rente en koste. Appellante het ân spesiale pleit van verjaring
geopper, welke spesiale pleit in
die hof
a
quo
van die hand gewys is, met koste. Dit is teen hierdie bevinding wat
appellantte se appèl gerig is.
[2] Geriefshalwe
sal na die partye verwys word as âeiserâ en âverweerdersâ
soos in die hof
a
quo
.
[3] Blykens die
besonderhede van vordering is eiser se vordering teen eerste
verweerder gebasseer op ân koopkontrak gesluit tussen
die oorledene
as verkoper en eerste verweerder in sy hoedanigheid as trustee van
die Herlee Trust (hierinlater na verwys as âdie
Trustâ), met die
trust as synde die koper, welke koopkontrak gesluit is op 4 Junie
1999. In terme van die koopkontrak het die
oorledene die eiendom
bekend as Resterende Gedeelte van die plaas Hartplaas no. 149, geleë
in die distrik Odendaalsrus, 263.9604
hektaar groot en gehou kragtens
Transportakte T2878/1965 (hierinlater na verwys as âdie eiendomâ)
aan die Trust verkoop vir
die bedrag van R350 000,00. In terme van
klousule 3.1 van die koopkontrak was die bedrag van R250 000,00
betaalbaar teen registrasie
van transport van die eiendom in die naam
van die Trust, welke bedrag inderdaad ooreenkomstig die besonderhede
van vordering deur
die Trust aan die oorledene aldus betaal is. In
terme van die besonderhede van vordering steun die eiser dan voorts
vir doeleindes
van sy vordering op klousules 3.2, 3,3, 5, 5.1, 5.2,
5.7 en 5.10 van die koopkontrak, welke tersaaklike klousules as volg
lees:
â
3.2 Die Koper sal aan die Verkoper
die som van R100 000,00 (EENHONDERD DUISEND RAND) betaal op datum van
die ontruiming van die
woonhuis soos hierinlater omskryf.
...............
(5)
SPESIALE VOORWAARDES
Hierdie ooreenkoms van koop is
onderworpe aan die spesifieke voorwaarde dat ân vruggebruik ten
gunste van Verkoper JUSTINUS GERHARDUS
BARNARD met Identiteitsnommer:
541006 5110 005 verleen word vir ân tydperk van 10 jaar vanaf datum
van Transport op hierdie eiendom,
sodanige vruggebruik aldus verleen
sal slegs geld ten opsigte van die gebruik van die woonhuis op die
eiendom met die volgende
voorwaardes:-
5.1 Die Verkoper sal vir ân tydperk
van 10 jaar of ingeval hy voor die tyd te sterwe kom die vruggebruik
van die woonhuis op die
eiendom hê.
5.2 Indien die gesegde Verkoper te
sterwe kom voor die verstryking van die 10 jaar sal sy eggenote die
reg hê om die eiendom
te bewoon sonder die betaling van enige
vergoeding vir ân tydperk van 3 maande.
5.3 ...
5.4 ...
5.5 ...
5.6 ...
5.7 Die Verkoper sal geregtig wees om
die vruggebruik aldus verleen kontraktueel te kanselleer na die
verstryking van ân periode
van 5 (VYF) jaar en sal die Koper dan
verplig wees om ân bedrag van R100,00-00 (EENHONDERD DUISEND RAND)
aan die Verkoper te
betaal.
Indien die Verkoper voor die
verstryking van die periode van 10 jaar te sterwe kom, sal die Koper
verplig wees om die bedrag aan
die boedel soos hierbo genoem aan die
Verkoper te betaal.
...
...
Die Verkoper sal geregtig wees om
die vruggebruik na die verloop van 5 (vyf) jaar op te sê, by
welke gebeurtenis die Koper,
met 3 (DRIE) maande kennis, aan die
Verkoper die balans van die koopprys te wete R100,00-00 (EENHONDERD
DUISEND RAND) sal betaal.â
[4] Ter fundering van sy
vordering beweer eiser dan as volg in paragrawe 6 en 7 van die
besonderhede van vordering:
â
6.
Die Verkoper en sy
Eggenote is op of omtrent
23
Februarie 2003
in ân motorbotsing oorlede en is die woonhuis, op gemelde eiendom
en in terme waarvan die Verkoper ân vruggebruik gehad het,
in terme
van paragraaf 3.2 gedurende November tot Desember 2004 deur die
Eksekuteur in die boedel van die Verkoper (Eiser) ontruim
en kon die
Verweerder in terme van paragraaf 3.2 sodanige woonhuis verder bewoon
of gebruik.
7.
In terme van
paragraaf 3.2 van die Koopkontrak moes die Verweerders op daardie
stadium ân bedrag van
R100
000,00
aan die Eiser uitbetaal, welke betaling nooit plaas gevind het nie.â
[5] Eiser se vordering
teen tweede verweerder is daarop gebasseer dat in terme van klousule
15 van die koopkontrak tweede verweerder
hom in sy persoonlike
hoedanigheid as borg teenoor die oorledene verbind het vir die
nakoming van al die voorwaardes van die koopkontrak
deur die Trust.
[6] Verweerders het
daaropvolgend in ân versoek om nadere besonderhede aan eiser gevra
of eiser erken of ontken dat ingevolge
klousule 5.7 van die
koopkontrak, betaling van die bedrag van R100 000,00 deur die koper
betaalbaar en opeisbaar geword het op
die datum waarop die verkoper
te sterwe gekom het, naamlik op 23 Februarie 2003. Daar is voorts
gevra of eiser erken dat die vruggebruik
ten gunste van die verkoper
tot ân einde gekom het op datum van die dood van die verkoper en sy
eggenote, naamlik op 23 Februarie
2003. Indien dit erken word, het
verweerders gevra op grond waarvan die woonhuis eers ontruim is
gedurende November tot Desember
2004. (Sien Versoek tot Nadere
Besonderhede, Oorkonde p. 16 â 17, paragrawe 4.1 tot 4.4).
In antwoord hierop, het
eiser in sy verdere en betere nadere besonderhede as volg geantwoord:
â
2.1 Dit word erken dat die
vruggebruik in terme van die koopkontrak sou verval na ân tydperk
van 10 (TIEN) jaar of op datum van
dood van die verkoper onderhewig
aan die verdere bepalings van die koopkontrak met betrekking tot
uitbetaling van gelde aan langslewende
eggenoot of by implikasie
erfgename asook die reg op verblyf vir ân verder periode van 3
(DRIE) maande deur die langslewende
eggenoot of erfgename. Dit word
egter op rekord geplaas dat in terme van ân mondelingse ooreenkoms
tussen die EISER en die VERWEERDER
hierdie bepalings gewysig is.
2.2 Dit word erken dat in terme van
die skriftelike ooreenkoms die vruggebruik ten gunste van die
verkoper tot ân einde gekom
het op datum van dood van die verkoper
en sy eggenote, onderhewig daaraan dat sekere verdere bepalings in
die kontrak ingeskryf
is aangaande uitbetaling van die gelde na ân
verloop van ân periode van 3 (DRIE) maande en dat okkupasie deur
die oorledene
se eggenote en erfgename asook uitbetaling aan sy
boedel daardeur gereguleer is, en die betaling uitgestel is.
2.3 Die woonhuis is eers ontruim
gedurende November / Desember 2004 in terme van die mondelinge
ooreenkoms aangegaan tussen die
eksekuteur / EISER en die VERWEERDER.
2.4 Die eksekuteur en die kinders van
die oorledene het die huis ge-okkupeer.â
(Sien Verdere en Betere
Nadere Besondere, Oorkonde p. 22, paragrawe 2.1 tot 2.4)
[7] Daaropvolgend het
verweerders in `n spesiale pleit gepleit dat die bedrag van R100
000,00 wat Eiser vorder, opeisbaar en betaalbaar
geword het op 23
Februarie 2003, synde die datum waarop die oorledene en sy eggenote
oorlede is. Aangesien eiser se dagvaarding
eers op 14 Julie 2006 op
verweerders beteken is, synde drie jaar na die datum waarop die skuld
opeisbaar en betaalbaar geword het,
eiser se vordering teen
verweerders derhalwe verjaar het ingevolge die bepalings van artikel
11 van die Verjaringswet, No. 68 van
1969 (hierinlater na verwys as
âdie Wetâ). (Sien Spesiale Pleit, Oorkonde p.24, paragrawe 1 tot
3)
[8] Volledigheidshalwe
word vermeld dat verweerders ook op die meriete van eiser se
vordering gepleit het en is daar voorts ân
teeneis deur hulle
geliasseer. Die eerste vordering in die teeneis is gebaseer op die
verkoper en dus die oorledene se kontraktueel
ooreengekome
verpligting om die woonhuis waarop die oorledene vruggebruik gehad
het, in `n goeie toestand te gehou het, welke verpligting
verweerders
beweer die oorledene versuim het om te doen en as gevolg waarvan
verweerders na bewering skade gely het. Die tweede
vordering in die
teeneis is `n vindikatoriese terugvordering van sekere artikels;
alternatiewelik `n vordering van die waarde daarvan.
Ek meen egter
dat dit nie nodig is vir doeleindes van die onderhawige appèl
om met die detail hiervan te handel nie.
[9] Ten
tyde van die verrigtinge in die hof
a
quo
waartydens die spesiale pleit bereg is, is geen getuienis deur of
namens verweerders aangebied nie. Mondelinge betoë is egter
wel
namens verweerders aan die hof voorgehou. Die wese van hierdie betoë
was daarop gebasseer dat inaggenome die bepalings
van klousule 5.7
van die koopkontrak in terme waarvan die koper verplig is om die
bedrag van R100 000,00 aan die verkoper se boedel
te betaal indien
die verkoper voor die verstryking van 10 jaar sou te sterwe kom, dit
tot gevolg het dat die R100 000,00 op 23
Februarie 2003, synde die
datum waarop beide die oorledene en sy eggenote oorlede is, opeisbaar
en betaalbaar geraak het. Volgens
die verdere betoog wat voorgehou
is, kan die beweerde mondelinge wysiging van die koopkontrak ook nie
geldig en afdwingbaar wees
nie, gegewe die bepalings van klousule 13
van die koopkontrak tot dien effekte dat geen wysiging van die
ooreenkoms enige regskrag
sal hê tensy dit op skrif gestel en
deur beide partye onderteken is nie.
[10] Eiser
het wel ten tyde van die verrigtinge in die hof
a
quo
getuig. Ek sal hierin later na sekere gedeeltes van sy getuienis in
detail terugkeer. Op hierdie stadium kan vermeld word dat
dit uit sy
getuienis blyk dat hy te Ficksburg woonagtig was, die broer van die
oorledene is en dat hy as eksekuteur in die boedel
van die oorledene
aangestel is op 5 Maart 2003. Hy het ene mnr. Con Bothma, synde ân
praktiserende prokureur van Odendaalsrus,
aangestel om hom behulpsaam
te wees in die uitvoering van sy pligte as eksekuteur. Ongeveer ân
week na die begrafnis, dit wil
sê ongeveer einde Februarie
2003, het daar mondelinge onderhandelings plaasgevind tussen, onder
andere, eiser en verweerders,
waartydens ân bedrag wat in terme
van die kontrak uitstaande is ter sprake gekom het en ooreengekom is
dat die oorledene se
kinders nog in die huis kon aanbly. Die huis is
daarop eventueel ongeveer November / Desember 2004 deur eiser en/of
die kinders
van die oorledene ontruim. Eiser het die eerste keer die
tersaaklike koopkontrak onder oë gehad toe hy dit via
faksimilieë
vanaf die prokureur, Mnr Bothma, ontvang het op 21
Januarie 2005. Volgens eiser was dit die eerste keer dat hy gesien
en besef
het dat `n Trust betrokke is. Volgens sy getuienis is dit
ook die datum waarop hy gesien het hoe die skuld wat verskuldig is
deur
verweerders aan eiser, ontstaan het.
[11] Voortspruitend
uit eiser se getuienis, is namens eiser in die hof
a
quo
betoog dat gegewe die bepalings van artikel 12(3) van die Wet, die
onderhawige skuld nie geag kan word opeisbaar te gewees het
voor 21
Januarie 2005 nie,
synde die datum waarop
eiser die eerste keer kennis gekry het van die identiteit van die
skuldenaar en van die feite waaruit die
skuld ontstaan het.
[12] In repliek is namens
verweerders betoog en aan die hand gedoen dat verjaring ten laatste
begin loop het ân week na die begrafnis
toe eiser kennis geneem het
van die bestaan van die kontrak deurdat hy toe, aldus die betoog, oor
die minimum feite beskik het
om met die saak te begin.
[13] In
sy uitspraak het die hof
a
quo
bevind dat op die stadium wat eiser bewus geword het van die bestaan
van ân kontrak, synde ongeveer ân week na die begrafnis,
eiser
nie bewus was van die feite waaruit die skuld ontstaan het en wat die
bepalings van die kontrak was nie. Gevolglik kan dit
nie geag word
dat die skuld reeds op daardie datum opeisbaar en betaalbaar geword
het nie. Verdermeer het die hof
a
quo
bevind dat âdie eiser alles in sy vermoë gedoen het om van die
kontrak te wete te kom en daarvolgens op te treeâ, voortspruitend
waaruit die kontrak en die inhoud daarvan eers in sy besit gekom het
op 21 Januarie 2005. Gevolglik het die hof
a
quo
bevind dat verjaring eers begin loop het op 21 Januarie 2005 en dat
verweerders se spesiale pleit derhalwe van die hand gewys moet
word,
met koste.
[14] Die tersaaklike
gronde van appèl wat in die Kennisgewing van Appèl
vervat is, is die volgende:
â
4. Die Agbare Hof het fouteer deur
te bevind dat verjaring eers op 21 Januarie 2005 begin loop het;
5. Die Agbare Hof het fouteer deur te
bevind dat verjaring eers begin loop het op die datum waarop die
eksekuteur van die boedel
van die skuldeiser kennis gedra het van die
identiteit van die skuldenaar en die feite waaruit die skuld ontstaan
het;
6. Indien dit hoegenaamd korrek sou
wees om kennis deur die eksekuteur van die boedel van die skuldeiser
aangaande die identiteit
van die skuldenaar en die feite waaruit die
skuld ontstaan het, gelyk te stel aan die kennis wat die skuldeiser
self gehad het
of sou gehad het, het die Agbare Hof in ieder geval
gefouteer deur nie op die feite voor hom te bevind dat die eksekuteur
van die
skuldeiser se boedel (Respondent) nie deur die beoefening van
redelike sorg, reeds vóór 21 Januarie 2005 bewus kon
gewees het van die identiteit van die skuldenaar en die feite waaruit
die skuld ontstaan het nie.
7. Die Agbare Hof
het fouteer deur die bepalings van artikel 13(1)(h) van die
Verjaringswet nr 68 van 1969 oor die hoof te sien.â
(Sien Kennisgewing van
Appél, Oorkonde p.46 tot 47)
[15] Mnr.
Steenkamp, namens verweerders, het betoog dat eiser teen einde
Februarie 2003 kennis gedra het van die bestaan van die
koopkontrak,
dat hy versuim het om deur redelike sorg die identiteit van die
skuldenaar en die feite waaruit die skuld ontstaan,
vas te stel, dat
hy dus ooreenkomstig die bepalings van artikel 12(3) geag moet word
sodanige kennis te gehad het teen einde Februarie
2003 en dat die
vordering dus verjaar het. Mnr Grewer, namens Eiser, het egter
daarenteen betoog en aan die hand gedoen dat op
die basis soos deur
die hof
a
quo
bevind, eiser eers op 21 Januarie 2005 van die terme van die
koopkontrak en die identiteit van die skuldenaar bewus geraak het
en
dat die verjaringstermyn dus toe eers `n aanvang geneem het.
[16] Dit is gemeensaak
dat die tersaaklike verjaringstermyn een van drie jaar is. Artikel
12(1) van die Wet wat bepaal dat verjaring
begin loop sodra die
skuld opeisbaar is, word gekwalifiseer deur artikel 12(3) van die Wet
wat as volg lees:
â
(3) ân Skuld word nie geag
opeisbaar te wees voordat die skuldeiser van die identiteit van die
skuldenaar en van die feite waaruit
die skuld ontstaan, kennis dra
nie: Met dien verstande dat ân skuldeiser geag sodanige kennis te
dra indien hy dit deur die
beoefening van redelike sorg kon bekom
het.â
[17] Alvorens
die toepaslikheid en effek van artikel 12(3) van die Wet in oorweging
geneem word in die onderhawige geval, is dit
noodsaaklik om eers vas
te stel wanneer verjaring in die onderhawige geval sou begin loop in
terme van artikel 12(1) van die Wet
indien artikel 12(3) van die Wet
nie van toepassing sou wees nie. Soos blyk uit paragrawe 6 en 7 van
die Besonderhede van Vordering
waarna ek reeds hierbo verwys het,
blyk dit eiser se saak te wees dat op ân behoorlike interpetasie
van die koopkontrak, die
skuld opeisbaar sou word op of omtrent
November / Desember 2004 as synde die datum waarop die woonhuis
ontruim is. Hoewel sodanige
betoog aanvanklik namens eiser in die
hof
a
quo
aangevoer is, het dit geblyk dat daar nie daarmee volhard is nadat
eiser getuienis aangebied het nie. Hierdie argument is ook
nie deur
Mnr Grewar ten tyde van die argumentering van die appèl
geopper nie (na my mening heeltemal tereg), hoewel dit
wel in
paragraaf 4.1 van sy betoogshoofde geopper is. By nalees van die hof
a
quo
se uitspraak blyk dit by implikasie dat die hof
a
quo
bevind het dat op blote interpretasie van die terme van die
koopkontrak, die skuld inderdaad op 23 Februarie 2003, synde die
datum
van die dood van die oorledene en sy eggenote, opeisbaar sou
geword het (indien artikel 12(3) van die Wet nie van toepassing is
nie).
[18] By behoorlike
oorweging van al die tersaaklike bepalings van die koopkontrak, meen
ek dat die kontrak nie vatbaar is vir enige
ander interpretasie as
dat in die onderhawige geval, synde waar die oorledene (en sy
eggenote) beide oorlede is op 23 Februarie
2003, die bedrag van R100
000,00 opeisbaar geraak het op daardie datum (indien artikel 12(3)
van die Wet nie van toepassing is
nie) op die basis van die tweede
gedeelte van klousule 5.7 van die koopkontrak wat spesifiek bepaal
dat die koper verplig sal wees
om die bedrag aan die boedel te betaal
indien die verkoper voor die verstryking van die periode van 10 jaar
te sterwe kom. Inaggenome
dat die oorledene se eggenote
terselfdertyd oorlede is, kan daar dus nie sprake wees van ân
verdere tydperk van 3 maande soos
voor voorsiening gemaak in klousule
5.2 van die koopkontrak nie. Aangesien hier ook nie sprake was
daarvan dat die oorledene die
vruggebruik opgesê het nie, kan
die 3 maande tydperk waarvoor in klousule 5.10 van die koopkontrak
voor voorsiening gemaak
word, ook nie in die onderhawige geval van
toepassing wees nie. Die terme en bepalings van enige mondelinge
ooreenkoms wat na
die oorledene se dood tussen eiser en verweerders
op ooreengekom is, kan ook nie enige effek hê op my voormelde
bevindings
nie, aangesien dit uitdruklik in klousule 13 van die
koopkontrak ooreengekom is dat geen wysiging van die koopkontrak
enige regskrag
sal hê tensy dit op skrif gestel en deur beide
partye onderteken is nie.
[19] Dit
bring my by die toepaslikheid van artikel 12(3) van die Wet. Gesien
teen die agtergrond van die getuienis deur eiser aangebied,
die
bevindings wat deur die hof
a
quo
gemaak is en die gronde van appèl waarna reeds verwys is, moet
twee vrae na my mening beantwoord word. Die eerste vraag
is of eiser
kennis gedra het van die identiteit van die skuldenaar en van die
feite waaruit die skuld ontstaan het op die stadium
wat die skuld
opeisbaar geword het, d.w.s ten tyde van die dood van die oorledene
en/of te enige stadium meer as drie jaar voor
die dagvaarding beteken
is. Indien nie, is die tweede vraag wat derhalwe beantwoord moet
word die vraag of eiser deur die beoefening
van redelike sorg
sodanige kennis kon bekom het.
[20] Die
bewyslas rus op verweerders om aan te dui dat eiser oor die vereiste
kennis beskik het of deur die uitoefening van redelike
sorg dit kon
bekom het. Sien
GROENEWALD
v MINISTER VAN JUSTISIE
1972 (3) SA 596
(O) op 600 B â D en
GERICKE
v SACK
1978 (1) SA 821
(A) op 827 â 828.
[21] Wat
vervolgens beslis moet word, is of eiser van die identiteit van die
skuldenaar en van die feite waaruit die skuld onstaan
het, kennis
gedra het op ân vroeër stadium dan op 21 Januarie 2005 soos
deur die hof
a
quo
bevind.
Indien Eiser nie kennis gedra het van of die identiteit van die
skuldenaar of van die feite waaruit die skuld ontstaan
het nie, of
beide, moet die skuld geag word nie opeisbaar te wees alvorens
sodanige kennis bekom is nie.
[22] Met
betrekking tot die vraag of Eiser van die feite waaruit die skuld
ontstaan het kennis gedra het, al dan nie, is dit eerstens
noodsaaklik om daarop te let dat die Wet verwys na âskuldâ en
strek dit nie so wyd as âskuldoorsaakâ nie. Sien
GELDENHUYS
NO v DIEDERICKS
2002 (3) SA 674
(OPA) op 680 A â H. Dit het tot gevolg dat die
aanvang van verjaring nie uitgestel word totdat die skuldeiser die
volle omvang
van sy regte vasgestel het nie. Dit is ook aldus beslis
in die beslissing van
VAN
STADEN v FOURIE
1989 (3) SA 200
(A) op 216 C â E:
â
Die probleem in die onderhawige
geval draai om die toepassing van die woorde âdie feite waaruit die
skuld onstaanâ in artikel
12(3) van die Verjaringswet. Die
respondent was klaarblyklik bewus van die basiese feite. Hy het
geweet wat die aard en inhoud
van sy kontrak was. ... Artikel 12(3)
van die Verjaringswet stel egter nie die aanvang van verjaring uit
totdat die skuldeiser
die volle omvang van sy regte uitgevind het
nie. Die toegewing wat die Verjaringswet in hierdie verband maak, is
beperk tot kennis
van âdie feite waaruit die skuld ontstaanâ.
Myns insiens het die respondent reeds sodanige kennis gehad toe hy
die eerste
betaling gemaak het.â
Sien
ook
NEDCOR
BANK BPK v REGERING VAN DIE REPUBLIEK VAN SUID_AFRIKA
[2000] ZASCA 154
;
2001 (1) SA 987
(HHA) op 995H:
[23] Eiser het ondermeer
die volgende getuig:
â
U het wel met hom onderhandel om
langer op die perseel, of die woonhuis aan te bly soos wat beweer
word in die stukke?-- Dit is
reg, ons hele gesin was bymekaar, ons
was redelik getraumatiseer, want die ma en die pa van die kinders is
oorlede, daar is ân
minderjarige kind betrokke wat in die koshuis
was, so die bedoeling was van Mnr Viviers, inteendeel ons was ân
hele paar mense
teenwoordig waar hy net vir ons gesê het ons
kan aanbly in die huis, inteendeel hy het nie geld om te betaal vir
die bedrag
wat uitstaande is nie, as daar ân bedrag uitstaande was
en dat hy die kinders die huis moet beskou soos asof die kontrak
verleng
sou wees, en dan sou hy sodra daar kennis gegee word deur
hom, want hy het die huis nie later nodig gehad nie, sal dan verdere
reëlings getref word oor die invordering van die bedrag.â
(Sien oorkonde, p. 58,
reëls 5 â 18)
En dan voorts in
kruisverhoor:
â
Okay, nou mnr so, hierdie
onderhandelinge wat u nou beweer mondelings plaasgevind het was dan
nou kort na afloop van die datum van
afsterwe, is dit korrek? ----
Dit is reg.
Ongeveer wanneer sou u sê? ----
ân Week na die begrafnis.
So, ons kan rofweg sê
(tussenbeide) ? ---- Hulle is op die Sondag oorlede en hulle is
Vrydag begrawe.
So, ons kan nog rofweg sê einde
Februarie se kant rond né, is dit korrek? --- Dit is reg.
So u woorde was: âEn daarna het ons
mondelings onderhandel om die kontrak te verlengâ, so, wat u
daarmee te kenne gee is dat
wel aan die einde van Februarie was u wel
bewus dat daar ân vorm van ân kontrak bestaan, hetsy dit nou in
ân trust is of
wie ookal, u sê u het die woord kontrak
gebruik en u sê dan nou dit is binne ân week na afloop van
die datum van
afsterwe, so u het kennis gedra dat daar ân mate van
ân kontrak is? ---- Net van ân huurkontrak, want dit is die
plaas
van (nie in mikrofoon).
Ek stem met jou saam dit kan ân
huurkontrak wees, stem u met my saam u het dus kennis gedra dat daar
ân vorm van ân kontrak
was? ---- Dit is reg.â
(Sien
oorkonde, p. 63, reël 8 â p. 64, reël 4)
[24] Na
my mening is dit nie in die onderhawige geval nodig om te beslis of
voormelde getuienis sodanig is dat verweerders hul van
hul bewyslas
gekwyt het dat eiser op daardie stadium kennis gedra het van die
feite waaruit die skuld ontstaan het nie, aangesien
dit vasstaan dat
eiser in ieder geval op daardie stadium nie bewus was van die
identiteit van die skuldenaar nie. Wat kennis van
die skuldenaar se
identiteit betref, word dit as volg in
Extinctive
Prescription, M M Loubsher,
op
p. 103, paragraaf 4.8.2.1 gestel:
â
The creditor must in fact know the
debtor`s identity and not merely facts enabling him or her to
establish the debtor`s identity
...â
[25] Dit was pertinent
eiser se onbetwiste getuienis dat die eerste keer wat hy gehoor het
dat daar ân Trust betrokke was, was
toe hy die koopkontrak te siene
gekry het op 21 Januarie 2005. (Sien oorkonde, p. 58, reël 1 â
2 en p. 62, reël 8
â 11.)
Dit moet ook saamgelees
word met eiser se getuienis dat tweede verweerder deurentyd opgetree
het asof hy die eienaar van die eiendom
was. (Sien oorkonde, p. 64,
reël 8 â p. 65, reël 5.)
[26] Derhalwe het
verweerders hulle nie van hul bewyslas gekwyt om te bewys dat eiser
op daardie stadium kennis van die identiteit
van verweerders, in
besonder eerste verweerder, gedra het nie.
[27] Gevolglik kan die
skuld nie geag word opeisbaar te gewees het teen einde Februarie 2003
nie, tensy, ooreenkomstig die bepalings
van artikel 12(3) van die
Wet, eiser geag moet word kennis te gedra het van die identiteit van
die skuldenaar en van die feite
waaruit die skuld ontstaan het indien
hy dit deur die beoefening van redelike sorg kon bekom het.
[28] Die
mate van sorgsaamheid wat vereis word is die van die redelike man,
wat as volg verwoord in is in
DRENNAN
MAUD & PARTNERS v PENNINGTON TOWN BOARD
[1998] ZASCA 29
;
1998 (3) SA 200
(HHA) op 209 F:
â
Section 12(3) of the Act provides
that a creditor shall be deemed to have the required knowledge âif
he could have acquired it
by exercising reasonable careâ. In my
view, the requiement âexercising reasonable careâ requires
diligence not only in the
ascertainment of the facts underlying the
debt, but also in relation to the evaluation and significance of
those facts. This means
that the creditor is deemed to have the
requisite knowledge if a reasonable person in his position would have
deduced the identity
of the debtor and the facts from which the debt
arises.â
[29] Die
vereiste is voorts as volg omskryf in
Extinctive
Prescription,
supra,
op
p. 105 â 106, paragraaf 4.8.2.3:
â
It is suggested that the following
factors will be relevant to determine whether the creditor has
reasonably endeavoured to acquire
the requisite knowledge: the
physical and mental capacity of the creditor to acquire knowledge;
the opportunity to acquire knowledge
from sources open to
investigation;
whether the
creditor already facts knew which would have caused an ordinary
prudent person to investigate further
;
and the nature of the relationship between creditor and debtor, for
example a fiduciary or confidential relationship.â
(Eie
onderstreping)
[30] Ek het reeds in
paragraaf 23 hierbo verwys na die getuienis van eiser waaruit dit
blyk dat hy teen einde Februarie 2003 deeglik
bewus was van die
bestaan van
ân
kontrak in terme waarvan tweede verweerder of ân ander entiteit
geld aan die boedel van die oorledene verskuldig was. Eiser
het
verder getuig dat hy al die relevante inligting aan sy prokureur,
Mnr. Bothma, deurgegee het aan die begin van 2003 en vir
hom gesê
het dat daar moontlik ân kontrak oor die tersaaklike perseel
bestaan. (Sien oorkonde, p. 65, reël 21 â
p. 66, reël
10.) By die behoorlike nalees van die getuienis blyk dit egter na my
mening dat eiser nie aanvanklik die kontrak
van belang geag het nie
en is daar nie gedurende einde Februarie 2003, toe eiser bewus geword
het van die bestaan van die kontrak,
stappe geneem om hierdie kontrak
te bekom nie. In die verband lees die getuienis as volg:
â
Het u vir hom
gesê daar kan moontlik ân kontrak bestaan? --- Ja, dit het
gegaan oor die verwydering van die meubels en
al daardie goed, en toe
het Mnr Viviers vir ons mondelings, weet hy of ons kan aangaan met
die verblyfreg
het
ons nie verder aan dit aandag gegee nie
want die kinders is versorg.â
(Eie
onderstreping)(Oorkonde, p. 66, reël 11 â 16)
Dit moet saamgelees word
met die volgende getuienis waaruit dit blyk dat eiser geen verdere
navraag in die verband gerig het nie
en eers ân afskrif van die
kontrak aangevra het nadat die perseel verlaat is gedurende November
/ Desember 2004:
â
Goed, ek merk op hy het ân
teeneis vir skade aan die huis, ek het dit u voorheen bespreek? ---
Dit is reg.
Presies wanneer het hy begin met u
praat oor hierdie skade aan die eiendom, ens. ens.? --- Nadat ons
uitgetrek het en ons die versoek
gerig het oor sy betaling.
Goed, en dit is nou net kort nadat u
hierdie kontrak ontvang het? ---- Dit is reg.
Met ander woorde u verlaat die woning
November / Desember 2004, Januarie 2005 vra u vir die kontrak, u
begin hom druk vir betaling
en hy opper die skade aan die woning as
rede hoekom u nie kan of gaan betaal nie? --- Dit is reg, dit is ook
daarna na ân konsultasie
sessie by Mnr Bothma se kantoor geopper.â
(Sien oorkonde, p. 61,
reël 11 â reël 24.)
[31] In die omstandighede
meen ek dat op eiser se eie weergawe hy teen einde Februarie 2003
kennis geneem het van die bestaan van
ân kontrak uit hoofde waarvan
daar ân skuld bestaan wat deur ân entiteit aan die boedel van die
oorledene verskuldig is.
Desnieteenstaande het hy nie op daardie
stadium stappe geneem of toegesien dat sy prokureur stappe neem ten
einde ân afskrif
van die kontrak te bekom en hom te vergewis van
die identiteit van die skuldenaar en van die feite waaruit die skuld
ontstaan het
nie. Indien eiser dit wel op daardie stadium sou gedoen
het, blyk daar geen rede te wees waarom hy nie vroegtydig en voordat
verjaring
sou intree kennis sou bekom het van die identiteit van die
skuldenaar en van die feite waaruit die skuld ontstaan het nie. Na
my mening het Verweerders hul dus van hul bewyslas gekwyt dat eiser
dit deur die beoefening van redelike sorg kon bekom het, wat
hy
versuim het om te doen. Eiser moet dus geag word sodanige kennis te
gehad het teen einde Februarie 2003.
[32] Derhalwe
is ek van oordeel dat die hof
a
quo
fouteer het deur te bevind dat eiser eers bewus geraak het van die
bestaan van die kontrak op 21 Januarie 2005 en het die hof
a
quo
voorts fouteer deur te bevind dat eiser voor gemelde datum alles in
sy vermoë gedoen het om van die kontrak te wete te kom.
Gevolglik is die spesiale pleit van verjaring dus foutiewelik deur
die hof
a
quo
van die hand gewys en moet die appèl slaag.
[33] Gevolglik word die
volgende bevel verleen:
1. Die appèl
slaag, met koste.
2. Die
bevel van die hof
a
quo
word ter syde gestel en vervang met die volgende:
â
Verweerders se
spesiale pleit van verjaring word gehandhaaf met koste.â
_____________
C. VAN ZYL, R
Ek stem saam.
______________
S. EBRAHIM, R
Namens
die appellant: Adv. M.D.J. Steenkamp
In
opdrag van:
Wessels
& Smith
Bloemfontein
Namens
die respondent: Adv. D. M. Grewar
In
opdrag van:
Claude
Reid Ingelyf
BLOEMFONTEIN
/EM