About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2008
>>
[2008] ZAFSHC 129
|
|
S v Leiee (736/08) [2008] ZAFSHC 129 (20 November 2008)
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Hersiening
Nr. :
736/08
In die
hersiening
tussen:
DIE STAAT
versus
KHOTHATSO ERIC
LEIEE
_____________________________________________________
CORAM:
CILLIé,
R
et
WRIGHT,
R
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
WRIGHT,
R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
20
NOVEMBER 2008
_____________________________________________________
[1]
In
hierdie geval is die beskuldigde skuldig bevind aan huisbraak met die
opset om te steel en diefstal. Die betrokke vonnis is
egter in
geheel opgeskort vir 4 jaar
“
op voorwaarde dat die
beskuldigde nie skuldigbevind word aan huisbraak met die opset om te
steel gepleeg binne die tydperk van opskorting
nie”.
Die landdros het aangedui
dat hy per abuis vergeet het om die woorde “en diefstal”
in die opskortingsvoorwaarde in te
voeg. Klaarblyklik is dit in
belang van die beskuldigde dat dit gedoen moet word en die
opskortingsvoorwaarde word derhalwe gewysig
sodat die vonnis dan soos
volg lui:
“
Ingevolge artikel 276(1)(b) Wet
51 van 1977 word die beskuldigde gevonnis tot 18 (agtien) maande
gevangenisstraf wat in geheel opgeskort
word vir 4 (vier) jaar op
voorwaarde dat die beskuldigde nie skuldig bevind word aan huisbraak
met die opset om te steel en diefstal
gepleeg gedurende die tydperk
van opskorting nie.”
______________
G.F. WRIGHT, R
Ek stem saam.
_
___________
C.B.
CILLIé
,
R
/sp