About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2008
>>
[2008] ZAFSHC 143
|
|
Premier van die Vrystaat Provinsie v Randum Chemicals BK (6271/2008) [2008] ZAFSHC 143 (6 November 2008)
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Saak
Nr. : 6271/2008
In
die
saak
tussen:
DIE
PREMIER VAN DIE VRYSTAAT PROVINSIE
Applikant
en
RANDUM
CHEMICALS BK
Respondent
UITSPRAAK:
VAN
DER MERWE, R
AANGEHOOR
OP:
30
OKTOBER 2008
GELEWER
OP:
6
NOVEMBER 2008
[1]
Hierdie
is ân interlokutêre aansoek gerig op die verkryging van
verdere of verbeterde blootlegging.
[2] Die
respondent het op 21 Januarie 2005 onder saaknommer 190/2005 aksie in
hierdie Hof teen die applikant ingestel vir die verhaal
van
skadevergoeding in die bedrag van R57 324 382,02. Die wese van die
respondent se saak in die aksie is dat ân tender om
skoonmaakmiddels aan die Vrystaatse Provinsie te verskaf vir die
tydperk van 5 jaar vanaf 28 Desember 2000 tot 27 Desember 2005,
aan
die respondent toegeken is, maar dat die applikant strydig met die
bepalings van die tenderkontrak skoonmaakmiddels by ander
verskaffers
aangekoop het, wat gelei het tot gederfde wins vir die respondent in
die gemelde bedrag.
[3] ân
Ondernemer soos die respondent is verplig om twee- maandeliks ân
opgawe ten aansien van Belasting op Toegevoegde Waarde
(âBTWâ) by
die Suid-Afrikaanse Inkomstediens in te dien. Dit is myns insiens
tereg gemeensaak dat die respondent se BTW opgawes
vir die voormelde
kontraktydperk van 2000 â 2005 relevant sal wees by beslegting van
die hoofgeding. Die vraag is dus essensiëel
of bevind kan word
dat die respondent in besit is van kopieë van sy BTW opgawes vir
die betrokke tydperk en ân verwysing
na die respondent se BTW
opgawes hierna moet so verstaan word, tensy uit die samehang anders
blyk.
[4]
Op
20 Junie 2008 het die applikant ân kennisgewing ingevolge hofreël
35(3) aan die respondent beteken. Hierin is ooreenkomstig
die
bepalings van hofreël 35(3) onder andere aangevra die respondent
se BTW opgawes vir die finansiële jare 2000 â
2001 tot 2005 â
2006. Op 25 Junie 2008 het die respondent hierop onder eed
geantwoord dat die betrokke BTW opgawes by die Suid-Afrikaanse
Inkomstediens ingehandig is en dat afskrifte daarvan verlore geraak
het gedurende die voorbereiding van die verhoor en dat dit
nie
opgespoor kan word nie. Op 21 Julie 2008 het die respondent se
prokureurs egter ân skrywe aan die applikant se prokureurs
gerig
wat soos volg lees:
â
Ons verwys na bogemelde
aangeleentheid en heg hierby aan BTW opgawes vir die tydperk 2000 â
2005 vir u aandag.â
Dit
is gemeensaak dat by gemelde skrywe BTW opgawes
volledig
vir die jare 2004 en 2005 aangeheg was. Ten opsigte van die jaar
2003 was slegs die opgawes vir September en November
aangeheg. Geen
opgawes vir die jare 2000, 2001 en 2002 was ontvang nie. Die BTW
opgawes wat wel aldus deur die respondent aan
die applikant verskaf
is dra almal die BTW nommer 4660225899, gee almal voor geteken te
wees op 15 Mei 2007 en is almal sogenaamde
nul opgawes, dit wil sê
dit dui telkens aan dat die respondent geen omset gehad het nie. Die
BTW nommer wat die respondent
in die pleitstukke aangegee het, is ân
ander nommer, te wete 4730150895.
[5] Gevolglik
het die applikant in die kennisgewing van mosie in hierdie aansoek
gevra vir ân bevel dat die respondent gelas word
om die respondent
se volledige BTW opgawes vir die tydperk 2000 tot 2005 onmiddellik
aan die applikant beskikbaar te stel of binne
10 dae na verlening van
die bevel onder eed te verklaar dat sodanige dokumente nie in sy
besit is nie, in welke geval die respondent
moet verklaar waar
gemelde dokumente is indien dit aan die respondent bekend is, sowel
as meegaande regshulp. In die opponerende
verklaring is ten ene male
ontken dat die respondent in besit is van BTW opgawes vir die
tersaaklike tydperk. Daar is naamlik
gesê dat al die BTW
opgawes vir die betrokke tydperk by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens
ingedien is en dat die respondent
nie in besit is van kopieë
daarvan nie. Daar is in die eedsverklaring onherroeplike toestemming
aan die applikant verleen
om afskrifte van die betrokke BTW opgawes
by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens te verkry. Daar is ook gemeld
dat daar deur die
respondent elektroniese inligting tot die applikant
se beskikking gestel word wat dieselfde inligting bevat as wat die
BTW opgawes
bevat het. Laasgemelde twee aspekte het gelei tot ân
tema wat herhaaldelik in die opponerende verklaring en in die betoog
voor
my voorgekom het, naamlik dat die applikant die ontbrekende BTW
opgawes by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens kan verkry en dat die
inligting wat daarin vervat is in elk geval blyk uit ander beskikbare
dokumentasie. Hiervan moet korte mette gemaak word. Die
applikant
is geregtig op blootlegging van relevante dokumente in die besit van
die respondent en dit is geen verweer om te sê
dat die
dokumente elders of anders verkry kan word nie.
[6] Tot groot
konsternasie van die applikant het die respondent egter ook die
volgende in die opponerende verklaring gesê:
â
16.7
Ek
bevestig dat Respondent in besit is van uitdrukke van die
elektroniese inligting wat weergegee is op die BTW opgawes en aanslae
wat ingedien is by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens. Ek bevestig
dat die dokumente ter insae aangebied is. Die voormelde dokumente,
is rekenaar uitdrukke wat vanaf die Ontvanger van Inkomste bekom is
ten opsigte van die BTW opgawes wat vir die relevante periode
ingedien is. Dit bevat al die inligting wat in die BTW opgawes (VAT
201A) vervat is. In soverre die opgawes soms verwys na Randum
Agencies en andersins na Randum Chemicals, het voormelde geskied uit
hoofde van ân reëling met die Ontvanger van Inkomste,
welke
reeling nie verder hierin bespreking behoef nie. Ek bevestig dat
voormelde uitdrukke op Respondent betrekking het.â
[7]
Hierdie getuienis het daartoe gel
ei
dat die applikant by wyse van betekening van ân konsepbevel op 28
Oktober 2008, nadat die repliserende verklaring reeds op
23 Oktober
2008 afgelewer is, kennis gegee het dat gevra sal word dat die
voormelde aangevraagde regshulp uitgebrei word deur dit
te vervang
met die volgende:
â
2. Dat Respondent gelas word om
binne 10 (TIEN) dae na verlening van hierdie bevel, die volgende
dokumente aan Applikant beskikbaar
te stel of onder eed te verklaar
dat sodanige dokumente nie in sy besit is nie, in welke geval,
Respondent moet verklaar waar gemelde
dokumente is indien dit aan
Respondent bekend is;
Die volledige BTW
opgawes vir die finansiële jare
2000
tot
2005
van Respondent, asook Randum Agencies BK;
In soverre dit nie
alreeds verskaf is nie, die volledige finansiële state van die
entiteite vir die finansiële jare
2000
tot
2005
met BTW nommer 4730150895; BTW nommer 47301508950 en BTW nommer
4660225899;
Indien die
besonderhede nie in bevel 2(a) vervat is nie, die volledige BTW
opgawes en berekenings daarvan, van die entiteite met
BTW nommer
4730150895; BTW nommer 47301508950 en BTW nommer 4660225899 en wel
vir die finansiële jare
2000
tot
2005
.â
[8] Dit
is bekende reg dat ân applikant slegs in uitsonderlike gevalle
toegelaat sal word om ân saak aan te voer wat nie in
sy stawende
eedsverklaring vervat is nie en
dan
slegs indien dit duidelik is dat daar geen benadeling vir andere sal
wees nie. In die konsepbevel word in die vooruitsig gestel
dat die
dokumente van ân ander entiteit, te wete Randum Agencies BK,
beskikbaar gestel word. Dit word weliswaar geverg dat die
respondent
dokumente van Randum Agencies BK wat in die repondent se besit is,
moet beskikbaar stel, maar sonder enige kennisgewing
deur die
applikant aan Randum Agencies BK. Verder word dokumente versoek wat
nie eers in die repliserende verklaring vermeld is
nie, soos
finansiële state en berekenings ten opsigte van BTW opgawes
inteenstelling met die BTW opgawes self. Daar is gepaste
remedies in
hierdie verband tot beskikking van die applikant. Ek is gevolglik
nie bereid om die aansoek ooreenkomstig die regshulp
in die
konsepbevel voorgestel, te oorweeg nie.
[9] Myns
insiens moet die saak egter soos volg gesien word. Die voormelde
aangehaalde pasasie beteken myns insiens dat die respondent
sê
dat van sý BTW opgawes vir die betrokke tydperk in die naam
van Randum Agencies BK ingedien is. Hierdie is deur
die respondent
se advokaat in betoog duidelik bevestig. Die opgawes, alhoewel
ingedien deur die respondent in die naam van Randum
Agencies BK, bly
die respondent se opgawes. Vanweë die respondent se erkenning
is die respondent se opgawes wat ingedien
is in die naam van Randum
Agencies BK, na my oordeel derhalwe in die kennisgewing van mosie in
oorspronklike vorm betrek. Die
kennisgewing van mosie verg dus
beoordeling daarvan of die respondent gelas moet word om sy BTW
opgawes vir die betrokke tydperk,
insluitende dié ingedien in
die naam van Randum Agencies BK, beskikbaar te stel. In die lig
hiervan, indien die aansoek
op die meriete daarvan moet slaag, sal
dit myns insiens in belang van regsekerheid wees en tot geen
benadeling vir respondent wees
om in die bevel dit duidelik te maak
dat die respondent se BTW opgawes, insluitende dié ingedien in
die naam van Randum
Agencies BK, beskikbaar gestel moet word.
[10] ân
Blootleggingsverklaring
onder eed, wat insluit een afgelê ingevolge die bepalings van
hofreël 35(3), moet as afdoende
aanvaar word, tensy dit
aangetoon is dat daar ân waarskynlikheid is dat die inhoud daarvan
vals of verkeerd is. Die
onus
rus op die party wat so beweer. Hierdie
onus
kan normaalweg slegs gekwyt word uit sekere beperkte erkende bronne,
te wete:
(i) Die betrokke
blootleggingsverklaring;
(ii) Die dokumente waarna
verwys word in die blootleggingsverklaring;
Die pleitstukke in die
aksie;
Enige erkennings gemaak
deur die party wat die blootleggingsverklaring gemaak het;
Die
aard van die saak of van die dokumente in geskil.
Sien
MARAIS
v LOMBARD
1958 (4) SA 224
(OK) op 227 G â H;
LENZ
TOWNSHIP CO (PTY) LTD v MUNNICK AND OTHERS
1959 (4) SA 567
(T) op 572 E â 573 F;
RELLAMS
(PTY) LTD v JAMES BROWN & HAMER LTD
1983 (1) 556 (N) op 560 F â H. Laasgemelde twee beslissings is elk
van ân Volle Hof van die betrokke Afdeling. Sien ook
CONTINENTAL
ORE CONSTRUCTION v HIGHVELD STEEL & VANADIUM CORPORATION LTD
1971 (4) SA 589
(W) op 597 F â 598 D waarin ook gesê word dat
die term redelike gronde om te vermoed (âreasonable grounds to
supposeâ)
nie iets anders beteken nie. Myns insiens moet die
gebruik van hierdie frase of term ontmoedig word in die lig van die
voormelde
beslissings. ân Erkenning soos bedoel in (iv) hierbo kan
in ag geneem word:
â
...
wherever
the admission is found and in whatsoever shape it is made.â
Dit
sluit natuurlik ân erkenning by implikasie in. Sien
FEDERAL
WINE AND BRANDY CO. LTD v KANTOR
1958 (4) SA 735
(OK) op 740E en 747F. Hierdie beginsels is van
toepassing waar besit van ân dokument in geskil is asook waar
relevansie daarvan
in skil is (sien
RICHARDSONâS
WOOLWASHERIES LTD v MINISTER OF AGRICULTURE
1971 (4) SA 62
(OK) op 67F) en het ân aanval van ongrondwetlikheid
oorleef in
SWISSBOROUGH
DIAMOND MINES (PTD) LTD AND OTHERS v GOVERNMENT OF THE REPUBLIC OF
SOUTH AFRICA AND OTHERS
1999
(2) SA 279
(T) op 316 tot 321. In laasgemelde beslissing is op 321B
â E bevind dat indien die applikant steun op
mala
fides
aan die kant van die respondent in die sin van ân komplot of iets
dergliks, die applikant nie tot die voormelde bronne beperk
is nie,
maar dat in so geval die normale beginsels vir beslegting van
feite-geskille in aansoeke toepassing vind. Die applikant
steun nie
in hierdie aansoek op
mala
fides
van hierdie aard nie.
[11] Die
vraag in hierdie saak is dus of uit die erkende bronne ân
waarskynlikheid blyk dat die respondent se ontkenning van besit
van
die betrokke BTW opgawes vals of verkeerd is. In hierdie verband
moet myns insiens op die volgende gewys word:
(a) Soos
gemeld het die respondent op 25 Junie 2008 verklaar dat BTW opgawes
vir die tydperk 2000 â 2005 ingehandig is by die
Suid-Afrikaanse
Inkomstediens en dat afskrifte daarvan verlore geraak het gedurende
die voorbereiding vir die verhoor van die hoofgeding.
Dit blyk egter
dat die respondent op 21 Julie 2008 tog BTW opgawes vir ân gedeelte
van die betrokke tydperk verskaf het.
Die BTW opgawes wat toe verskaf is, het almal die datum 15 Mei 2007
gedra. Die verhoor van die hoofgeding is blykens die pleitstukke
reeds op 23 Augustus 2005 vir die eerste keer deur die applikant ter
rolle geplaas vir verhoor vanaf 23 Mei 2006. In hierdie
omstandighede kom dit my hoogs twyfelagtig voor dat die respondent al
sy BTW uitgawes vir die betrokke tydperk gedurende voorbereiding
vir
die verhoor kon verloor het.
(b) Die
brief van 21 Julie 2008 bevat myns insiens ân geimpliseerde
erkenning deur die respondent van besit van BTW opgawes vir
die
gehele tydperk vanaf 2000 tot 2005. Die respondent is in die beste
posisie om te verduidelik waarom desondanks nie BTW opgawes
vir die
volle tersaaklike tydperk verskaf is nie. Geen verklaring van die
betrokke prokureur is voorgelê nie. Die poging
tot
verduideliking daarvan in die opponerende verklaring in hierdie
aansoek is onoortuigend. Dit is enersyds blote spekulasie
en
andersins foutief omdat by wyse van die brief van 21 Julie 2008
inderdaad BTW opgawes verskaf is en nie bloot elektroniese inligting
soos wat die respondent wil voorgee nie.
(c) Soos
gemeld, het die respondent ook erken dat van sy BTW opgawes vir die
betrokke tydperk ingedien is in die naam van Randum
Agencies BK. Dit
blyk ook dat die BTW nommer op die BTW opgawes wat wel verskaf is, ân
ander een is as die een wat die respondent
op die pleitstukke verskaf
het. Die respondent het egter myns insiens nie in sy opponerende
verklaring uitdruklik of duidelik
gesê dat sy BTW opgawes wat
in die naam van Randum Agencies BK of onder ân ander BTW nommer
ingedien is, nie meer in sy
besit is nie.
[12] Die
kumulatiewe effek van die voormelde s
tel
myns insiens ân voldoende waarskynlikheid daar van besit van
relevante BTW opgawes deur die respondent om ân verdere antwoord
van die respondent te verg soos in die kennisgewing van mosie in die
vooruitsig gestel.
[13] Die
applikant is myns insiens geregtig op koste van die aansoek. Namens
die applikant is egter gevra dat die koste van twee
advokate
toegelaat word. Hierdie versoek is namens die respondent
teengestaan. Namens die applikant is daarop gewys dat die
gebruik
van twee advokate in die hoofgeding klaarblyklik geregverdig is soos
ook blyk uit die feit dat die respondent daarin deur
twee advokate
verteenwoordig word. Met verwysing na veral die beslissing van
DAVIS
v CALEDON MUNICIPALITY AND ANOTHER
1960 (4) SA 885
(K) op 887 G â H is gevolglik betoog dat daarom die
koste van twee advokate ook in aansoeke interlokutêr tot die
hoofgeding
toegestaan behoort te word. Dit is verder betoog dat die
aansoek in ieder geval opsigself die dienste van twee advokate
regverdig.
Myns insiens is dit nie in die Davis-saak bedoel om ân
rigiede reël daar te stel wat altyd geld nie. Dat die gebruik
van
twee advokate in die hoofgeding geregverdig is, is natuurlik ân
belangrike en gewigtige faktor by beslissing van die onderhawige
kwessie, maar myns insiens moet in elke geval steeds beslis word of
dit ân wyse en redelike voorsorg (âa wise and reasonable
precautionâ) was om van twee advokate gebruik te maak. Sien
byvoorbeeld
NEWMAN
v PRINSLOO AND ANOTHER
1974 (4) SA 408
op 411. Indien die aanstel van twee advokate in ân
bepaalde geval neerkom op luuksheid of oorversigtigheid, is dit nie
ân
wyse of redelike voorsorg nie. Vergelyk
HENRY
v AA MUTUAL INSURANCE ASSOCIATION LTD
1979 (1) SA 105
(K) op 106H â 107A. Na my oordeel is die dienste
van twee advokate in hierdie spesifieke aansoek nie geregverdig deur
die kompleksiteit
of omvang daarvan òf die belang daarvan in
die hoofgeding nie.
[14] Gevolglik word die
volgende bevele gemaak:
1. Die
respondent word gelas om die respondent se volledige BTW opgawes,
insluitende dié ingedien in die naam van Randum
Agencies BK,
vir die tydperk 2000 tot 2005 onmiddellik aan die applikant
beskikbaar te stel of binne 10 (tien) dae na verlening
van hierdie
bevel onder eed te verklaar dat sodanige dokumente nie in sy besit is
nie, in welke geval die respondent moet verklaar
waar gemelde
dokumente is indien dit aan die respondent bekend is.
2. Aan
die applikant word verlof verleen om ingeval van versuim van die
respondent om aan paragraaf 1 hierbo te voldoen, hierdie
Hof op
dieselfde stukke, behoorlik aangevul indien nodig, te nader vir ân
bevel van afwysing met koste van die respondent se
eis in saak nommer
190/2005.
3. Die respondent word
gelas om die koste van hierdie aansoek te betaal.
____
______________________
C. H. G. VAN DER
MERWE, R
Namens
die applikant: Adv. H. P. Viljoen SC
Adv. J. Y. Claasen
SC
In opdrag van:
Die Staatsprokureur
BLOEMFONTEIN
Namens die
respondent: Adv. A. J. R. Van Rhyn SC
In opdrag van:
Vermaak & Dennis
BLOEMFONTEIN
/em