S v Kruger (A557/2003) [2008] ZAFSHC 141 (30 October 2008)

60 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Murder — Culpability of co-accused — Appellant, a police officer, convicted of murder in connection with the death of a man during a group attack — Appellant's defense claimed he was not present during the fatal blow — Court rejected appellant's testimony as false and accepted evidence from a state witness linking him to the attack — Appellant's appeal against conviction and sentence dismissed, with the court finding sufficient evidence of his participation in the assault leading to the victim's death.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2008
>>
[2008] ZAFSHC 141
|

|

S v Kruger (A557/2003) [2008] ZAFSHC 141 (30 October 2008)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Saak
nr:
A557/2003
In
die saak tussen:
E
M KRUGER
Appellant
en
DIE
STAAT
Resondent
_____________________________________________________
CORAM:
BECKLEY, R
et
RAMPAI,
et
VAN ZYL, RR
_____________________________________________________
UITSPRAAK:
BECKLEY,
R
AANGEHOOR
OP:
13
OKTOBER 2008
GELEWER
OP:
30
OKTOBER 2008
[1]
Die
appellant het as beskuldigde 4 tesame met ander mede beskuldigdes
voor Hancke R tereggestaan; in die geval van die appellant
op ‘n
enkele klag van moord en in die geval van sy mede beskuldigdes, twee
klagtes van moord. Aan die einde van die staatsaak
is beskuldigde 5
ontslaan en aan die einde van die verhoor is beskuldigdes 1, 2 en 3
aan beide klagtes van moord skuldig bevind
en die appellant skuldig
bevind op die tweede aanklag van moord. Beskuldigdes 1, 2 en 3 is in
Desember 2001 gevonnis tot effektief
20 jaar gevangenisstraf en die
appellant tot 17 jaar gevangenisstraf. Beskuldigdes 1, 2 en 3 het
appèl aangeteken teen
hul skuldigbevindings sowel as die
vonnisse, en aldrie se appèl teen die skuldigbevindings sowel
as die vonnisse is afgewys.
Die appellant kom nou in hoër
beroep teen beide die skuldigbevinding sowel as die vonnis.
[2] Die agtergrond van
die gebeure wat gely het tot die klagtes is kortliks as volg:
Appellant
was ‘n polisiebeampte het onder sy eggenote se naam ‘n taverne,
Flintstones, bedryf. Nadat die taverne om ongeveer
5 uur die oggend
van die voorval gesluit het en die appellant oppad huis toe was, het
hy by ‘n verkeerskruising van Breë-
en Van Collerstrate, Parys
drie blanke seuns opgemerk en in die onmiddellike omgewing was ook
drie swart mans. Een van die blanke
seuns het hom meegedeel dat een
van die drie seuns met ‘n mes gesteek is. Die drie seuns wat die
appellant opgemerk het, was
inderdaad sy latere drie
medebeskuldigdes, synde beskuldigdes 1, 2 en 3. Die oorledene, ‘n
56-jarige swart man, was een van
die swart mans wat naby die kruising
gestaan het en, vermoedelik toe hy merk dat die beskuldigdes 1, 2 en
3 sowel as die appellant
en ‘n passasier wat saam met hom in sy
voertuig was naamlik beskuldigde 5, vir die swart mans nader, het die
oorledene asook
die twee ander swart mans weggehardloop in
verskillende rigtings. Die appellant het beskuldigde 5 versoek om
die oorledene te
gaan haal, en nadat beskuldigde 5 in die rigting van
die oorledene begin hardloop het, het die appellant hom gevolg.
Beskuldigde
5 het die oorledene geduik as gevolg waarvan hy geval
het. Kort nadat hy geval het, het beskuldigdes 1, 2 en 3 hom begin
skop
en slaan.
[3] Appellant
se getuienis, wat deur die Hof
a
quo
verwerp is, is dat die oorledene, terwyl hy op sy maag gelê
het, ‘n dreigende houding ingeneem het met ‘n mes in sy
linkerhand. Die appellant het, aldus sy eie getuienis, die oorledene
met die vuis in sy gesig geslaan en toe een maal op sy skouer
geskop
ten einde die mes van hom af te neem. Nadat die mes uit die
oorledene se hand geval het, het die appellant dit weggeskop
en het
beskuldigde 5 die mes opgestel en dit weggegooi. Daarna het die
aanvalle op die oorledene steeds voortgegaan en is die
oorledene,
aldus die appellant se getuienis, herhaaldelik deur beskuldigdes 1,
2, 3 en 5 geskop en geslaan. Op ‘n stadium het
een van die
aanvallers op die oorledene se kop gespring en daarna het die aanval
steeds voortgegaan totdat iemand opgemerk het
dat daar ‘n voertuig
oppad was, na die toneel, waarna die beskuldigdes sowel as die
appellant en beskuldigde 5 weggehardloop
het. Die appellant se
getuienis was, voordat hy weggehardloop het, hy gemerk het dat die
oorledene se klere en sy gesig erg bebloed
was.
[4] Die
Hof
a
quo
het,
soos reeds vermeld, die appellant se getuienis verwerp as synde vals.
Die getuienis van ene Willem Oosthuizen, ‘n ander
staatsgetuie, is
aanvaar en dit was op sterkte van die getuienis van Oosthuizen wat
die hof die beskuldigdes sowel as die appellant
skuldig bevind het.
[5] Oosthuizen
se getuienis het in breë trekke die feite soos hierbo
uiteengesit, bevestig. Ander tersaaklike pasasies van
sy getuienis
lei as volg:
Hy
was destyds ‘n werknemer van die appellant in die sin dat hy die
musiek verskaf het by Flintstones
.
Hy het bevestig dat die appellant die oorledene op sy skouer geskop
het en dat een van die beskuldigdes later op die oorledene
se kop
gespring het. Wat sekere gebeure betref nadat die aanval ten einde
geloop het, sal ek later mee handel.
[
6] Mnr
Reinders, wat namens die appellant verskyn het, se betoog was dat die
oorledene in alle waarskynlikheid die fatale hoofbesering
opgedoen
het toe hy deur beskuldigde 5 geduik is en, en toe hy val, hy met sy
kop teen die randsteen geval het, dat die appellant
op daardie
stadium nog besig was om nader te hardloop, bygevolg nie op die
toneel was nie, en ook derhalwe geen handeling verrig
het wat kon
bygedra het tot die oorledene se dood. Aldus Mnr Reinders is die
appellant hoogstens skuldig aan aanranding met die
opset om ernstig
te beseer vanweë die feit dat hy hom op sy skouer geskop het.
[7] Dit
is nie in geskil dat, terwyl die oorledene weggehardloop het, sy
aanvallers wat hom agtervolg het, dit wil sê, beskuldigdes
1, 2
en 3, klippe na hom gegooi het nie. Dit is ook nooit betwis dat twee
klippe in die onmiddellike omgewing vanwaar die oorledene
gelê
het, aangetref is waaraan daar bloed was nie. Dit is nooit in geskil
geplaas dat die klippe met bloed aan die klippe
was wat een van die
aanvallers na die oorledene gegooi het nie. Trouens was die
veroorsaking van sommige van die wonde aan die
oorledene se kop deur
daardie klippe wat gegooi is, die basis van vrae wat tydens
kruisondervraging aan Dr Peters, wat die lykskouing
uitgevoer het,
gevorm het.
[8] Wat
die klipgooiery betref, is die enigste redelike afleiding dat
minstens twee van die klippe wat na die oorledene gegooi is,
die
oorledene getref het en dat hy beserings aan sy kop opgedoen het as
gevolg daarvan. Mnr Reinders se betoog was egter dat,
wanneer gelet
word op die getuienis van Dr Peters, ‘n bevinding onafwendbaar is
dat die besering wat tot die dood gelei het,
een van twee moontlike
oorsake was, naamlik, óf die feit dat die oorledene met sy kop
teen die randsteen geval het, en dus
reeds fataal beseer was voordat
die appellant by die toneel opgedaag het, óf ‘n kombinasie
van die klipgooiery na die
oorledene en die feit dat daar met
geskoende voete op die oorledene se kop gespring is op ‘n latere
stadium. Dat daar inderdaad
op die oorledene se kop gespring is deur
een van sy aanvallers, is nooit betwis nie en die hof
a
quo
het na my mening tereg aanvaar dat dit inderdaad gemeensaak was
tussen die die Staat en die verdediging dat dit gebeur het.
[9] Mnr
Reinders se betoog oor die vraag welke handelinge die dood van die
oorledene veroorsaak het, was dat, in die lig daarvan
dat die
getuienis van Dr Peters, wat die lykskouing uitgevoer het, dit meer
waarskynlik is dat die oorledene die fatale besering
opgedoen het toe
hy met sy kop teen die randsteen geval het, en dat, indien aldus
gevind word, die appellant in die posisie van
die sogenaamde
“laatkommer” is, aangesien hy eers op die toneel arriveer nadat
die oorledene reeds op die grond gelê
het, en dat die appellant
bygevolg nie aan moord skuldigbevind kan word nie. Hierdie betoog is
gebaseer op die beslissing wat
beskou word as die
locus
classicus
van die leerstuk oor die sogenaamde laatkommer, te wete
S
v MOTAUNG AND OTHERS
[1990] ZASCA 75
;
1990 (4) SA 485
(A) te 485 C – D en G – I.
[10] Die
getuie Oosthuizen, wie se getuienis deur die Hof
a
quo
aanvaar is, was tot die effek dat hy nie in staat is om te getuig oor
die plek en wyse waarop die oorledene op die grond geval
het nadat hy
gejaag is nie, omdat hy nie self naby daardie toneel was om dit op te
merk nie. Die getuienis van die appellant sowel
as die van
beskuldigdes 1, 2 en 3 is verwerp, en in ieder geval nie
ooreenstemmend wat betref die wyse en die plek waarop die oorledene

geval het nie, en spesifiek oor die vraag of sy kop die randsteen
getref het toe hy val aldan nie.
[11] Ek
meen in ieder geval nie dat Mnr Reinders korrek is wanneer hy betoog
dat Dr Peters se getuienis is dat die noodlottige beserings
slegs of
meer waarskynlik inpas met die stamp van sy kop teen die randsteen en
dat dit minder vereenselwigbaar is met die feit
dat hy deur klippe op
sy kop getref is en dat daar op sy kop gespring is nie. Sy getuienis
hieromtrent is as volg tydens sy hoofverhoor:
“
Waar ‘n
persoon byvoorbeeld geduik word en hy val met sy kop teen ‘n
randsteen, sou ‘n mens hierdie beserings verwag wat u
hier gekry
het?
- Ja, dit is moontlik, want ek het aan u verduidelik dat hy val en hy
het ‘n direkte besering links pariëtaal met ‘n laserasie.

So as hy op ‘n randsteen hier val wat links pariëtaal is, dan
kan kan hy ‘n coup besering gekry van die linker ventrikel
ja, dit
kan moontlik wees.
Is dit ook moontlik as daar op ‘n
persoon se kop gespring word dat hy dan so beseer word? – As sy kop
so gelê het en hulle
spring op sy kop en veroorsaak ‘n
laserasie in daardie gebied, dan kan dit gebeur, maar dan sal ons
waarskynlik nie ‘n linker
... (onduidelik) tref nie. ‘n
Springery op ‘n kop sal nie vir jou ‘n laserasie gee nie, hy sal
vir jou meer eksklusiewe
kneuswonde gee. Die randsteen sal vir my
meer inpas as die springery. Waar dit moontlik is, die springery in
‘n mate, waar
goed is waarteen hy vas lê en hy beseer is deur
‘n coup besering.”
Dit is belangrik dat, wat
hierdie gedeelte van Dr Peters se getuienis betref, hy bloot gevra is
of die beserings wat hy aangetref
het vereenselwigbaar is met die
springery op sy kop, sonder om in aanmerking te neem dat daar klippe
na hom gegooi is.
[12] Tydens
kruisondervraging, namens beskuldigde 3, het Dr Peters as volg
getuig:
“
So dit is
moontlik as ek u reg verstaan het verbindbaar met ‘n spring op die
persoon se kop
.
... Ek het gesê die spring of die druk.”
Later in kruisverhoor
getuig hy as volg:
“
Ja, wat ek by u wil weet, as hy
gegooi word met ‘n klip teen sy kop. ... Ja.
En daar word op sy kop gespring, die
beserings wat u gevind het. ... Ja.
Dit vereenselwigbaar maak. ... Met
ander woorde hy word gegooi met ‘n klip, hy kry ‘n rotasie
beweging, hy val neer, ‘n ou
kom en hy spring bo-op sy kop.
Dit is reg. ... (Onduidelik) ... Hy
spring op sy kop.
Kom ons kyk, ons
kyk na die senario. Ek sê daar is ‘n kneusing regs frontaal.
Goed, hierdie ou lê, regs frontaal,
dit is daar. Hy word met
‘n klip hier gegooi en hier links pariataal word met die klip
gegooi, hy val neer. Hy moet ‘n coupe
besering hê maar die
coupe besering is nie pariataal nie. Dit is frontaal en om die
frontale area is daar nie ‘n coupe
besering nie.”
[1
3] ‘n
Verdere pasassie van sy getuinis lees as volg:
“
Ek sê
voordat die man geval het, is hy met ‘n klip gegooi en dit het die
l
aserasie
veroorsaak. ... Goed, hy is met ‘n klip gegooi, waar kom die
besering nou frontaal vandaan?
Dit is toe hy op die grond geval
het... Is dit toe hy op die grond geval het?
Ja. ... En toe spring hulle op sy kop?
Ja. ... Met ander
woorde hy het ‘n dubbelbesering van sy paretale area voor sy coupe
besering.
As u dit so wil stel, ja...
(Onduidelik)
Is dit moontlik?
... Ek probeer dink of dit moontlik is, maar ek dink dit is moontlik
as hy gegooi word met ‘n klip, hy kry ‘n
rotasie beweging wat
subaragnϊdale breinbloeding daar veroorsaak, hy val neer op die
grond, hy kry ‘n frontale besering, hulle
spring op sy kop ...
(onduidelik) waar die laserasie is, want die laserasie is reeds daar
en daar is .... (onduidelik) het, en
dit is moontlik, ja sure, ek
moet saam met dit gaan, dit is moontlik.”
[1
4] Dit
is na my mening duidelik dat Dr Pieters nie getuig het dat die een
weergawe oor hoe die oorledene noodlottig beseer is, meer
waarskynlik
is as die ander weergawe nie. Waar die een weergawe feitlik
gemeensaak, is, naamlik dat die oorledene met klippe gegooi
is (en
dat ‘n bevinding onaanwendbaar is dat hy teen die kop getref is met
die klippe) en dat een van sy aanvallers later op
sy kop gespring het
en die ander weergawe, naamlik, dat hy met sy kop teen die randsteen
geval het, nie gemeensaak is nie, en daar
geen bevredigende getuienis
daaromtrent aangebied is wat aanvaar is nie, is daar niks wat in die
weg staan van ‘n bevinding dat
die oorsaak van dood die klipgooiery
en daaropvolgende spring op die oorledene se kop is nie, en dit is
inderdaad die bevinding
van hierdie Hof hoe daardie beserings
opgedoen is. In die lig van voormelde bevinding, is dit onnodig om
te beslis of die appellant
‘n “laatkommer” was, aangesien hy
teenwoordig was tydens die aanranding op die oorledene en inderdaad
hom daarmee vereenselwig
het en, selfs op sy eie weergawe, daaraan
deelgeneem het.
[15] Wat
die vraag betref of dit bewys is dat die appellant ‘n
gemeenskaplike oogmerk om die oorledene noodlottig aan te rand,
gehad
het, het Mnr Reinders betoog dat dit nie bewese is nie, en dat dit
redelik moontlik is dat die appellant se betrokkenheid
slegs was om
die mes van die oorledene af te neem. Ek kan met eerbied nie met
hierdie betoog saamstem nie. Oosthuizen se getuienis,
wat aanvaar is
deur die Hof
a
quo
,
en tereg ook, maak dit duidelik dat die appellant en die beskuldigdes
1, 2 en 3 deurgaans op die toneel in mekaar se teenwoordigheid
was en
as ‘n groep opgetree het. Die appellant se skuld, soos Mev Giorgi,
namens die DOV, betoog het, moet bepaal word aan die
hand van die
beginsels uiteengesit in
STAAT
v MADLALA
1969 (2) SA 637
(A) tot 640F;
STAAT
v SAFATSA AND OTHERS
1988 (1) SA 868
(A) te 896G en
STAAT
v MGEDEZI
1989 (1) SA 678
(A) te 704 A.
[16] Wanneer
hierdie beginsels toegepas word op die optrede van die appellant, is
‘n bevinding onafwendbaar dat hy binne daardie
raamwerk val, en
bygevolg tereg skuldig bevind is aan moord.
[17] Voormelde
bevinding is ook volkome vereenselwigbaar met sy optrede na die
voorval. Daar kan, by wyse van voorbeeld, slegs
na die volgende
aspekte verwys word:
a) Die getuie Oosthuizen
getuig dat die appellant hom wou voorsê wat om aan die polisie
te sê indien hy deur die polisie
genader word, naamlik, dat hy
moet sê dat die appellant niks gedoen het nie en dat hy net
probeer het om die oorledene te
help; die appellant het ook vir hom
gesê “cover jy my en dan cover ek jou”;
b) Na
die voorval bly die appellant nie op die toneel nie, maar ry na ‘n
motorhawe om die polisie te skakel, en toe hy met die
polisie
telefonies in verbinding tree, sê hy nie dat dit hy is wat
praat nie, maar verkondig leuens;
c) Later die dag na die
voorval ry hy weer by die toneel verby en merk hy sy kollega, Sersant
Meintjies, op die toneel op, maar
hou hy nie stil en praat ook nie
met Meintjies nie;
d) Selfs die volgende dag
na die voorval rep hy geen woord teenoor enige van sy kollegas oor
wat die oggend van hierdie gebeure
plaasgevind het nie.
e) Desondanks die feit
dat hy die mes afneem van die oorledene, poog hy hoegenaamd nie om
die mes na die voorval te soek en te hou
as ‘n bewysstuk nie.
[1
8] Voormelde
optrede is sekerlik nie die van ‘n onskuldige persoon wat niks het
om weg te steek nie, en sy optrede na die tyd
mag klaarblyklik in
aanmerking geneem word as grondslag van ‘n afleiding dat hy die
moontlikheid gesien het dat die oorledene
gedood kan word en dat hy
onverskuldig daarteenoor gestaan het. (Vergelyk
STAAT
v MAJOSI AND OTHERS
1991
(2) SASV 532 (A) te 537b.)
[19] Wat
die opgelegde vonnis van 15 jaar betref, het Mnr Reinders dit
duidelik gemaak dat hy nie steun op enige onreëlmatigheid
of
mistasting nie, maar slegs daarop dat die vonnis “te swaar” is.
Dat dit ‘n stewige vonnis is vir ‘n 24-jarige eerste
oortreder,
kan nouliks betwyfel word. Dit is egter nie die toets nie. Alles
inaggenome, kan daar nie bevind word dat die vonnis
skokkends swaar
of treffend onvanpas is nie. Gevolglik is hierdie hof nie by magte
om in te meng met die opgelegde vonnis nie.
[20] Bygevolg
misluk die appèl en word die skuldigbevinding en die vonnis
bekragtig.
________________
A.
P. BECKLEY, R
Ek stem saam.
__________
_____
M.
H. RAMPAI
,
R
Ek stem saam.
_________
_______
C.
VAN ZYL, R
Namens
die app
ellant: Adv.
S. J. Reinders
In opdrag van:
Symington
& De Kok
BLOEMFONTEIN
Namens
die respondent: Adv. S. Giorgi
In opdrag van:
Die
Direkteur:
Openbare
Vervolgings
BLOEMFONTEIN
/em