About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2008
>>
[2008] ZAFSHC 123
|
|
S v Hloloane (A123/08) [2008] ZAFSHC 123 (30 October 2008)
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Appèl Nr. :
A123/08
In
die saak
tussen:
MPAPI
SIMON HLOLOANE
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
CORAM:
EBRAHIM
R
et
MOLOI
WND R
______________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
MOLOI
WND R
AANGEHOOR
OP:
20
OKTOBER 2008
______________________________________________________
GELEWER
OP:
30
OKTOBER 2008
______________________________________________________
[1] Die
appellant is in die Streekhof
,
gehou te Kroonstad, skuldig bevind aan moord. Dit word beweer dat hy
op 24 Maart 2006 te of naby Vrisgewagt in die Streekafdeling
Vrystaat
wederregtelik en opsetlik ene Matebesi Lebina, in lewe ‘n
manspersoon, gedood het. Hy was gevonnis tot twaalf (12)
jaar
gevangenisstraf.
[2] Die Verhoorhof het
hom verlof tot appèl geweier en is hy later verlof tot appèl,
slegs teen die opgelegde vonnis,
deur hierdie Hof verleen.
[3] Die Verhoorhof het
bevind dat daar wesenlike en dwingende omstandighede, soos bedoel in
artikel 51 van die Strafregwysigingswet
105 van 1997, aanwesig was
wat hom toelaat om af te wyk van die oplegging van die minimum
voorgeskrewe vonnis van vyftien (15)
jaar gevangenisstraf. Aan die
hand daarvan het die Verhoorhof beoordeel dat die gepaste vonnis in
die omstandighede van die geval
‘n vonnis van twaalf (12) jaar
gevangenisstraf was, wat hy toe opgelê het.
[4] Op
appèl was daar namens die appellant aangevoer dat die
Verhoorhof se vonnis onbillik is deurdat dit nie die balans
tussen
die misdaad, die misdadiger en die gemeenskapsbehoefte handhaaf nie
en dat dit bygevolg skokkend onvanpas is inaggenome
die algehele
omstandighede van die saak. Dit word aangevoer dat die Verhoorhof
die aard en die erns van die misdaad en die gemeenskapsbelang,
aan
die eenkant, oorbeklemtoon het en die persoonlike omstandighede van
die appellant, aan die ander kant, onderbeklemtoon het.
[5] Dit
is geykte reg dat die Hof van Appèl slegs met die opgelegde
vonnis sal inmeng wanneer die Verhoorhof nie sy diskresie
met
betrekking tot vonnisoplegging na behore uitgeoefen het nie en die
opgelegde vonnis skokkend swaar en onvanpas is:
S
v MATLALA
2003 (1) SACR 80
(SCA) op 83 E – F.
[6] In
die proses om die balans te handhaaf tussen die aard en erns van die
misdaad, die gemeenskapsbelang en die appellant se persoonlike
omstandighede, moet die Hof ook aandag skenk aan die doelwitte van
strafoplegging, naamlik, vergelding, hervorming, voorkoming
en
afskrikking,
S
v KHUMALO AND OTHERS
[1984] ZASCA 30
;
1984 (3) SA 327
(A) op 330 D – H; ook
S
v RABIE
1975 (4) SA 855
(A) op 862 A – B en die doelwitte teenoor
mekaar opweeg.
[7] In
die onderhawige saak het die Verhoorhof alle relevante feite in ag
geneem, dit wil sê die gemeenskapsbelang, die aard
en erns van
die misdaad en die appellant se persoonlike besonderhede en dié
behoorlik teenoor mekaar opgeweeg. Die Verhoorhof
het ook bevind dat
daar wesenlike en dwingende omstandighede aanwesig was wat gelei het
tot die afwyking van die minimum voorgeskrewe
vonnis soos bedoel in
artikel 51 van die Strafregwysigingswet Nr. 105 van 1997.
[8] Na
my mening het die Verhoorhof gladnie ‘n mistasting gepleeg met
betrekking tot die straftoemeting nie en kan daar ook
nie regtens
sprake wees dat die opgelegde vonnis skokkend swaar en onvanpas is of
dit onbillik is nie.
[9] Bygevolg word die
appèl teen die opgelegde vonnis van die hand gewys.
_
________________
K
.
J. MOLOI, WND R
Ek stem saam.
_____________
S. EBRAHIM, R
Namens
die appellant:
Adv.
T. B. van Rensburg
In opdrag van:
Regshulpraad
BLOEMFONTEIN
Name
ns
die respondent: Adv. R. Hoffman
In opdrag van:
Die
Direkteur:
Openbare Vervolgings
BLOEMFONTEIN
/
sp