Van Tonder v Padongelukfonds (5438/2008) [2008] ZAFSHC 70 (18 September 2008)

45 Reportability
Personal Injury Law - Road Accident Fund

Brief Summary

Procedure — Condonation — Late filing of replication — Applicant seeking condonation for late filing of replication in a damages claim arising from a motor vehicle accident — Respondent opposing the application on grounds of unreasonable delay and potential prejudice — Court emphasizing the need for the applicant to demonstrate good cause for the late filing — Condonation granted as the delay was adequately explained and the respondent was not prejudiced by the late submission.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2008
>>
[2008] ZAFSHC 70
|

|

Van Tonder v Padongelukfonds (5438/2008) [2008] ZAFSHC 70 (18 September 2008)

IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Aansoeknommer : 5438/2008
In
die aansoek tussen:-
MEV
DOROTHY VAN TONDER
Applikante
en
DIE
PADONGELUKFONDS
Respondent
_____________________________________________________
CORAM:
VAN
ZYL, R
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
VAN
ZYL, R
_____________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
11
SEPTEMBER 2008
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
18
SEPTEMBER 2008
_____________________________________________________
[1] Hierdie is ‘n
aansoek waarin applikante aansoek doen om kondonasie in terme van die
bepalings van Hofreël 27 vir
die laat liassering van haar
repliek in die hoofaksie onder saaknommer 4591/2005, in welke
hoofaksie applikante, as eiseres, vir
respondent, as verweerder, in
hierdie hof gedagvaar het vir skadevergoeding voortspruitend uit ‘n
motorbotsing wat op 12
Maart 2004 plaasgevind het.
[2] Die onderhawige
aansoek is op 14 Augustus 2008 geloods. Die tersaaklike verloop van
gebeure wat aanleiding gegee het tot die
noodsaak om die onderhawige
aansoek te loods, is nie wesenlik in geskil nie en blyk die volgende
te wees:
Applikante het met
behulp van haar prokureurs van eerste instansie, mnre. Schoeman,
Kellerman en Kotze Ingelyf, as eiseres gedurende
April 2005 aksie
ingestel teen respondent as verweerder in die Landdroshof, Welkom,
vir skadevergoeding voortspruitend uit
voormelde motorbotsing. Die
totale vordering het die bedrag van R221 719,51 beloop, maar het
applikante die bedrag van R121
719,51 abandoneer ten einde die
vordering binne die jurisdiksie van die Landdroshof te bring.
Hierdie bewering ten opsigte
van abandonering, het as volg in
paragraaf 12 van daardie besonderhede van vordering gelees:

12. Ten einde die bedrag wat
gevorder moet word binne die jusrisdiksie van die Agbare Hof te
bring, abandoneer Eiseres hiermee die
bedrag van R121 719.51.”
Voordat verweerder
verdediging daarin aangeteken het, het applikante se prokureurs van
eerste instansie namens eiseres die aksie
teen verweerder teruggetrek
op 16 Augustus 2005.
Daarna en wel gedurende
Oktober 2005 het applikante voormelde hoofaksie onder saaknommer
4591/2005 in die Hooggeregshof ingestel,
voortspruitend uit
dieselfde skuldoorsaak as die aksie in die Landdroshof, in welke
aksie applikante die bedrag van R192 287,66
vanaf respondent
vorder.
Op 6 Februarie 2006 het
respondent ‘n verweerskrif in die hoofaksie liasseer, waarin
die tersaaklike gedeeltes van toepassing
op die onderhawige aansoek
vervat is in paragrawe 9.2.1 tot 9.2.5 daarvan wat as volg lees:

9.2.1 Eiseres het voor instel
van bogemelde aksie dagvaarding uitgereik teen die verweerder op
grond van dieselfde skuldoorsaak
vanuit die Landdroshof vir die
distrik van Welkom onder saaknommer 4849/2005;
Dagvaarding in voormelde
landdroshof aksie is op verweerder beteken gedurende Mei 2005;
Eiseres het voormelde landdroshof
aksie teen verweerder teruggetrek gedurende Augustus 2005;
Eiseres het in gemelde landdroshof
aksie in ooreenstemming met die bepalings van Artikel 38 van die
Wet op Landdroshowe 32
van 1944 uitdruklik afstand gedoen van ‘n
gedeelte van haar vordering in die bedrag van R121 719.51 en het
eiseres
se vordering ten aansien van hierdie gedeelte waarvan
afstand gedoen is, te niet gegaan;
Bygevolg, en indien die eiseres
bewys het dat sy skade gely het weens voormelde botsing, moet die
bedrag van R121 719.51 van
sodanige bedrag afgetrek word.”
Pleitstukke is geag
gesluit te gewees het op 25 Februarie 2006.
Op 22 Januarie 2007 het
applikante se prokureur van rekord ‘n skrywe gerig tot
respondent se prokureur van rekord ten
einde te verneem of
respondent bereid is om toe te stem dat die aksie teruggeplaas word
na die Landdroshof in Welkom. Op 2
Februarie 2007 het respondent
se prokureur van rekord in ‘n skrywe vermeld dat hulle
instruksies neem met betrekking
tot die voorstel, maar ten einde
hul kliënt behoorlik te adviseer, hulle verneem of applikante
toegee dat ‘n gedeelte
van haar eis in die bedrag van R121
719,51 tot niet gegaan het uit hoofde van die afstanddoening in die
aksie wat voorheen
in die Landdroshof te Welkom uitgereik is. Op 6
Februarie 2007 het applikante se prokureur van rekord geantwoord
met ‘n
skrywe waarin vermeld word dat opdrag geneem word by
applikante en dan aan respondent se prokureur van rekord berig sal
word.
Op 28 Februarie 2007,
en weer op 6 Junie 2007, het respondent se prokureur van rekord
weer twee skrywes gerig waarin verneem
is of applikante se
prokureur van rekord al instruksies met betrekking tot hulle
navraag bekom het. Op 8 Junie 2007 het applikante
se prokureur van
rekord by wyse van ‘n skrywe reageer en bevestig dat hy
opdrag neem by sy korrespondent en eersdaags
weer aan respondent se
prokureur van rekord sal berig. Op 22 Augustus 2007 het respondent
se prokureur van rekord weer by
wyse van ‘n skrywe navraag
gedoen met betrekking tot applikante se prokureur van rekord se
instruksies.
Op 10 September 2007
het applikante se prokureur van rekord ‘n skrywe aan
respondent se prokureur van rekord gerig waarin
vermeld is dat
applikante se prokureur van eerste instansie opdrag gegee het dat
die aangeleentheid in die Hooggeregshof voortgesit
word en het
applikante se prokureur van rekord voorts aangedui dat hy opdrag
gekry het om ‘n repliek tot die verweerskrif
te liasseer,
welke repliek inderdaad op die dieselfde dag as wat die skrywe per
faksimilee versend is, synde 11 September 2007,
geliasseer is.
Applikante se prokureur het ook in die skrywe aangedui dat hy besef
die repliek is buitenstyd en indien respondent
daardeur benadeel
word of beswaar het teen die laat aflewering daarvan, applikante se
prokureur van rekord graag van respondent
se prokureur van rekord
daaromtrent verneem.
Die deponent tot die
funderende beëdigde verklaring geliasseer namens applikante,
is ‘n prokureur wie as professionele
assistent in diens is
van applikante se prokureur van rekord. Sy verduidelik bogemelde
tydsverloop vanaf 2 Februarie 2007
tot 10 September 2007 op die
basis daarvan dat na aanleiding van die skrywe van 2 Februarie
2007, daar besluit is om ‘n
memorandum van advies vanaf ‘n
advokaat te versoek, welke ontvang is op 7 Maart 2007. Na
aanleiding daarvan is besluit
om nie voort te gaan om die aksie oor
te plaas na die Landdroshof nie, maar inderdaad in die
Hooggeregshof voort te gaan. Die
vraag of dit nodig is om `n
repliek te liasseer, is daarop gedebatteer tussen applikante se
prokureur van rekord en applikante
se prokureur van eerste
instansie, na aanleiding waarvan daar is besluit om ‘n
advokaat instruksies te gee om te oorweeg
of daar ‘n repliek
opgestel moet word na aanleiding van die verweerskrif. Op advies
van die betrokke advokaat is daar
besluit om wel ‘n repliek
te voorweeg en is daar voortgegaan met die opstel daarvan, welke
repliek dan geliasseer is,
soos reeds vermeld, op 11 September
2007. In die repliek is daar as volg gerepliseer tot die bewerings
gemaak in paragraaf
9 van die verweerskrif:

1.1 Eiseres volstaan by die
bewerings in die Besonderhede van Vordering en ontken
volledigheidshalwe enige afstanddoening in paragraaf
9.2 gepleit.
Alternatiewelik tot paragraaf 1.1
hierbo en indien bevind word dat Eiseres wel afstand gedoen het van
die gedeelte van die vordering
soos in hierdie paragraaf gepleit,
dan pleit Eiseres dat gemelde afstanddoening voorwaardelik was en
dat gemelde voorwaarde
ingehou het dat Eiseres slegs afstand doen
van die gemelde bedrag ten einde in die Landdroshof jurisdiksie te
resorteer, indien
daar voortgegaan sou word met die aksie in die
Landdroshof. Eiseres het nie voortgegaan met die aksie in die
Landdroshof nie
en pleit Eiseres dat die voorwaarde dus nie vervul
is nie.
In die verdere alternatief tot
paragraaf 1.2 hierbo en indien bevind word dat die gemelde
afstanddoening in terme van Artikel
38(2) van die Landdroshofwet,
Wet 32 van 1944 `n finale uitwissing van `n gedeelte van Eiseres se
vordering tot gevolg het,
pleit Eiseres dat die voorbehoudsbepaling
vervat in Artikel 38(2) van die Landdroshofwet steeds toepaslik sal
wees in die voormelde
omstandighede.”
Na aanleiding van die
skrywe van 10 September 2007 van applikante se prokureur van
rekord, het respondent se prokureur van rekord
op 22 Oktober 2007
‘n skrywe gerig waarin vermeld is dat instruksies verkry word
met betrekking tot applikante se repliek
en die laat liassering
daarvan. Op 28 Februarie 2008 is daar ‘n skrywe ontvang
vanaf respondent se prokureur van rekord,
welke skrywe gedateer was
26 Februarie 2008, waarin hulle te kenne gegee het dat dit hulle
instruksies is dat respondent nie
bereid is om kondonasie te
verleen vir die laat liassering van applikante se repliek nie en
dat hulle beswaar maak teen die
aflewering daarvan.
Na aanleiding van
laasgenoemde skrywe is daar weereens instruksies bekom vanaf
applikante se prokureur van eerste instansie
en is daar
korrespondensie verwissel tussen applikante se prokureur van rekord
en applikante se prokureur van eerste instansie.
‘n Advokaat
is ook weer gekonsulteer ten einde te verneem of dit absoluut
noodsaaklik is dat ‘n repliek geliasseer
moet word en of
applikante moontlik kan voortgaan sonder die repliek gesien in die
lig van respondent se houding dat nie toegestem
word tot die laat
liassering van die repliek nie. Die advokaat het egter geadviseer
dat ‘n repliek wel aangewese is
en is daar voortgegaan om die
betrokke advokaat instruksies te gee om die onderhawige aansoek
voor te berei.
Dit is dus duidelik uit
voormelde verloop van gebeure dat:
2.11.1 Die repliek
ongeveer 19 maande laat geliasseer is, synde 19 maande na sluiting
van pleitstukke;
2.11.2 Dit ongeveer 6½
maande na die liassering van die repliek geneem het alvorens
respondent se prokureur van rekord instruksies
kon verkry dat
respondent beswaar maak teen die laat liassering van die repliek,
soos aangedui in hulle skrywe van 26 Februarie
2008;
2.11.3 Daar ongeveer 6½
maande verloop het sedert applikante aldus ingelig is by wyse van die
skrywe van 26 Februarie 2008
totdat die onderhawige aansoek geloods
is op 14 Augustus 2008; en
2.11.4 Respondent sedert
11 September 2007 in besit is van die repliek en dus kennis dra van
die inhoud daarvan.
[3] Die
onderhawige aansoek word op twee basisse geopponeer. Die eerste
hiervan is dat daar tydens die verloop van bogemelde gebeure,

onredelike lang tydperke verloop het waarvoor applikante nie
bevredigende verduidelikings verskaf nie. Voorts beweer respondent

dat hy benadeel word deurdat applikante poog om ‘n regtens
onhoudbare regsargument per die repliek voor die Hof te plaas.
In
dié verband is dit respondent se saak, gebaseer op die
argumente waarna ek hieronder sal verwys, dat applikante nie
‘n
bona
fide
verweer in die repliek openbaar in antwoord op die tersaaklike pleit
vervat in die verweerskrif nie.
[4] Alvorens ek
voortgaan, word duidelikheidshalwe vermeld dat in die onderhawige
aansoek, Mnr. P. Zietsman namens applikante optree
en Mnr. P.J.J.
Zietsman namens respondent optree. Ter onderskeiding sal ek dus
telkens die tersaaklike Mnr. Zietsman identifiseer
deur `n
gepaardgaande verwysing na applikante of respondent.
[5] Dit is welbekend dat
in aansoeke ooreenkomstig Hofreël 27, vereis word dat die
applikant goeie redes (“good cause”)
moet aantoon vir
doeleindes van verlening van kondonasie. In die verband het die hof
‘n wye diskresie wat, in beginsel,
uitgeoefen word met
inagneming van die meriete van die aangeleentheid beoordeel as ‘n
geheel en na gelang van die omstandighede
in elke besondere saak.
Die vereistes waaraan voldoen moet word alvorens die hof ‘n
bevel in terme van Hofreël 27 sal
verleen, is al as volg
omskryf:
“Die
neiging van die hof is om aansoeke ...... toe te staan (a) waar daar
‘n redelike verduideliking aangevoer word
vir die
aansoekdoener se versuim; (b) die aansoek
bona
fide
is en nie gedoen word met die bedoeling om die teenparty se eis te
vertraag nie; (c) voorts blyk dit dat daar nie ‘n roekelose
of
opsetlike verontagsaming van die Hofreëls is nie; (d)
aansoekdoener se saak nie klaarblyklik ongegrond is nie, en (e) die

teenparty nie tot so ‘n mate benadeel is dat hy nie vergoed kan
word deur ‘n gepaste bevel aangaande die koste te maak
nie.”
Sien
SMITH,
N.O. v BRUMMER, N.O. AND ANOTHER
1954
(3) SA 352
(O) op 358A.
Wat
betref die vereiste dat die meriete van die applikante se saak nie
ongegrond moet wees nie, is hierdie vereiste as volg verwoord
in
DU
PLOOY v ANWES MOTORS (EDMS) BPK
1983 (4) SA 212
(OPA) op 217H – 218A:
“Ek
meen dat die minimumvereiste wat ook in hierdie geval moet geld, die
een is wat, in wese, deur die vier Vrystaatse beslissings
(
Van
Aswegen v Kruger; Motaung v Mukubela and Another NNO; Grant v
Plumbers Pty Ltd en Smith NO v Brummer NO and Another
(almal
supra
) geformuleer is, nl dat die verweer nie klaarblyklik ongegrond is
nie en berus op feite wat in hooftrekke vermeld moet word en
wat,
indien bewys, 'n verweer daarstel. Dit beteken dat in die tans
tersake gevalle die verweer genoem moet word en die hooffeite
waarop
dit berus, vermeld moet word.”
[6] Voormelde
vereistes is opsommenderwys en gesaghebbend as volg uiteengesit in
CHETTY
v LAW SOCIETY, TRANSVAAL
1985 (2) SA 756
(AD) op 765B – C:
“The
term "sufficient cause" (or "good cause") defies
precise or comprehensive definition, for many and
various factors
require to be considered. (See
Cairn's
Executors v Gaarn
1912 AD 181
at 186 per INNES JA.) But it is clear that in principle
and in the long-standing practice of our Courts two essential
elements
of "sufficient cause"........are:
(i) that the party seeking relief
must present a reasonable and acceptable explanation for his default;
and
(ii) that on the
merits such party has a
bona
fide
defence which,
prima
facie
,
carries some prospect of success. (
De
Wet's
case
supra
at 1042;
PE
Bosman Transport Works Committee and Others v Piet Bosman Transport
(Pty) Ltd
1980 (4) SA 794
(A) ;
Smith
NO v Brummer NO and Another
1954
(3) SA 352
(O) at 357 - 8.)”
[7] Mnr.
Zietsman namens applikante, het my ook ten tyde van die aanhoor van
die onderhawige aansoek verwys na die onlangse uitspraak
in
MADINDA
v MINISTER OF SAFETY AND SECURITY
[2008] ZASCA 34
;
[2008] 3 ALL SA 143
(SCA) op 147B, waar beslis is dat die vereiste
van “good cause” die volgende behels:
“’Good
cause’ looks at all those factors which bear on the fariness of
granting the relief as between the parties
and as affecting the
proper administration of justice. In any given factual complex it
may be that only some of many such possible
factors become relevant.
These may include prospects of success in the proposed action, the
reasons for the delay, the sufficiency
of the explanation offered,
the
bona
fides
of
the applicant, and any contribution by other persons or parties to
the delay and the applicant’s responsibility therefore.”
[8] In die onderhawige
aansoek is die advokate dit tereg eens dat vanweë die
tersaaklike omstandighede hier ter sprake, daar
hoofsaaklik twee
hooffaktore is wat in die onderhawige geval in ag geneem behoort te
word vir doeleindes van die beregting van
die aansoek en dit is die
aard en redes vir die tydsverloop en nie-voldoening aan die Hofreëls
en applikante se vooruitsigte
op sukses met die pleit vervat in die
repliek.
Wat betref die vraag met
betrekking tot enige potensiële benadeling wat respondent kan ly
indien die kondonasie verleen sou
word, is dit reeds deur respondent
in sy opponerende verklaring vermeld dat die benadeling vir die
respondent daarin geleë
is dat
“applikant
poog om ‘n regtens onhoudbare regsargument per die repliek voor
die Agbare Hof te plaas”.
Sien opponerende
verklaring, p. 32, par. 22.7.
Mnr.
Zietsman namens respondent het dan ook ten tyde van die aanhoor van
die aansoek toegegee dat daar nie enige verdere nadeel
vir respondent
bestaan nie, deurdat die repliek reeds in respondent se besit is
sedert 11 September 2007 en dat daar op hierdie
stadium nie
aanduidings is dat die verhoor wat ter rolle geplaas is vir beregting
op 28, 29 en 31 Oktober 2008, uitgestel sal moet
word vanweë die
liassering van die repliek nie. Mnr. Zietsman namens respondent het
voorts, na my mening heeltemal tereg,
op ‘n vraag van myself
toegegee dat die tersaaklike beweerde “nadeel” nie
benadeling in die ware sin van die
woord daarstel nie, maar eerder
hand-aan-hand loop met respondent se saak dat applikante nie
aangetoon het dat die inhoud van die
repliek ‘n
bona
fide
verweer op die inhoud van die verweerskrif daarstel nie. Gevolglik
kan hierdie aspek hand-aan-hand bereg word met die vraag of

applikante ‘n
bona
fide
verweer aangetoon het wat
prima
facie
`n vooruitsig op sukses het.
[9] Wat betref die
verduideliking namens applikante vir die tydsverloop en die
nie-voldoening aan die Hofreëls, is die tersaaklike
verloop van
gebeure reeds in die aanvang van hierdie uitspraak uiteengesit. Soos
daaruit blyk, het daar inderdaad meerdere lang
tydperkte verloop
tussen tersaaklike gebeure en handelinge. Met betrekking tot hierdie
tydperke is daar nie net namens applikante
verskoning aangebied
daarvoor nie, maar is dit ook verduidelik met betrekking tot die
praktiese omstandighede, synde dat daar voortdurend
korrespondensie
en ander vorme van kommunikasie moes plaasvind tussen applikante se
prokureur van rekord, applikante se prokureur
van eerste instansie,
applikante self en applikante se advokaat. Na my mening kan die
vertragings wat veroorsaak is in die omstandighede
van hierdie
aansoek, nie werklik voor die deur van applikante gelê word nie
en behoort sy nie daarvoor gepenaliseer te word
nie. Dit is duidelik
uit die optrede van applikante se onderskeie regsverteenwoordigers
dat applikante deurentyd die erns en bedoeling
gehad het om met die
aksie voort te gaan en dat dit deurentyd die bedoeling was van die
onderskeie regsverteenwoordigers om behoorlike
advies aan applikante
te verskaf met betrekking tot die wyse waarop haar aksie bedryf moes
word.
Wat betref die feit dat
applikante se prokureur van rekord reeds op 11 September 2007 vanaf
respondent se prokureur van rekord by
wyse van ‘n skrywe
verneem het of respondent beswaar het teen die laat liassering van
die repliek, en dat respondent se prokureur
van rekord eers op 26
Februarie 2008 sodanige instruksies bekom het, stem ek saam met mnr.
Zietsman namens respondent se betoog
dat respondent, anders as
applikante, nie verantwoordelik was vir die laat liassering van die
repliek nie en dus nie ‘n belang
daarin gehad het om noodwendig
‘n spoedige antwoord aan applikante te verskaf nie. Na my
mening is dit egter hierteenoor
ook so dat hierdie versuim van
respondent om spoedige instruksies aan sy prokureur van rekord te
verskaf, aanduidend is daarvan
dat respondent nie uitermatige erns
gehad het met die spoedige finalisering van die aspek rondom die laat
liassering van die repliek
nie. Hoe dit ookal sy, teen die geheel
van die agtergrond van die tersaaklike gebeure, is ek tevrede dat ‘n
redelike en
aanvaarbare verduideliking namens applikante vir haar
versuim en die tydsverloop verskaf is.
[10] Wat
betref die meriete van applikante se verweer uiteengesit in die
repliek in antwoord op die bewerings gepleit in respondent
se
verweerskrif, het mnr. Zietsman namens respondent ten eerste betoog
en aan die hand gedoen dat applikante versuim het om te
voldoen aan
die vereiste dat sy die feite waarop sy steun ter ondersteuning van
haar verweer, in breë trekke in haar funderende
verklaring moes
uiteensit. Hierteenoor het mnr. Zietsman namens applikante betoog en
aan die hand gedoen dat gegewe dat die tersaaklike
bewerings in
respondent se verweerskrif daarop gebaseer is dat applikante afstand
gedoen het van ‘n gedeelte van haar vordering,
sodanige verweer
van abandonering tot gevolg het dat die bewyslas ten opsigte daarvan
op respondent rus. In dié verband
het mnr. Zietsman namens
applikante gesteun op die beslissing van
COLLEN
v RIETFONTEIN ENGINEERING WORKS
1948 (1) SA 413
(AD) op 436, wat as volg lees:

.....it
should be pointed out, as INNES, C.J., stated in
Laws
v Rutherford
(1924 AD 261
, at p. 263), that the onus of proving waiver is strictly
on the party alleging it and he must show that the other party with
full
knowledge of his right decided to abandon it, whether expressly
or by conduct plainly inconsistent with an intention to enforce
it.
In the present case the only evidence in the record touching the
defendant's knowledge of his rights is that he did not know
his
rights at the time he advertised the pump for sale. So even if waiver
had been pleaded, there is insufficient evidence to support
it.”
Hy het bygevolg aan die
hand gedoen dat vanweë die bewyslas, die plig op respondent
gerus het om in sy opponerende verklaring
bewerings te maak op grond
waarvan hy voornemens is om in die hoofaksie sy verweer van
abandonering of afstanddoening te bewys,
wat respondent nie gedoen
het nie.
[11] Wanneer die
funderende verklaring afgelê namens applikante beskou word,
meen ek dat applikante wel bewerings onder eed
gemaak het met
betrekking tot die meriete van haar pleit uiteengesit in die repliek,
deurdat paragraaf 8 op bladsy 9 van die aansoekstukke,
spesifiek die
bewerings gemaak in die repliek geïnkorporeer het by die
funderende beëdigde verklaring met die volgende
woorde:

Dit word met respek aan die
hand gedoen dat daar redelike vooruitsigte op sukses in die
aangeleentheid is indien ‘n repliek
inderdaad geliasseer kan
word, en verwys ek die agbare hof in hierdie omstandighede na die
pleitstukke soos dit tans staan in die
hoofaksie, waarby ingevoeg is
die betrokke repliek waarvoor daar nou gevra word vir kondonasie vir
die laat liassering daarvan.”
Met inagneming van die
bewerings gepleit in die repliek, het bogemelde bewering in die
funderende verklaring tot gevolg dat dit
geag moet word dat
applikante onder eed beweer dat:
Sy die afstanddoening
soos gepleit in paragraaf 9.2 van die verweerskrif in totaliteit
ontken;
Indien bevind word dat
sy wel aldus afstand gedoen het van ‘n gedeelte van haar
vordering, sodanige afstanddoening voorwaardelik
was tot dien
effekte dat applikante slegs afstand gedoen het van die gemelde
bedrag ten einde die vordering binne die Landdroshof
jurisdiksie te
laat resorteer op die basis dat en indien daar voortgegaan sou word
met die aksie in die Landdroshof. Aangesien
daar egter nie
voortgegaan is met sodanige aksie nie, is die voorwaarde dus nie
vervul nie en is die afstanddoening nie meer
van krag nie;
In die verdere
alternatief, en indien bevind word dat die afstanddoening vanweë
die bepalings van artikel 38(2) van die
Wet op Landdroshowe, ‘n
finale uitwissing van ‘n gedeelte van haar vordering tot
gevolg het, dan en in daardie
geval die voorbehoudsbepaling vervat
in artikel 38(2) van die Wet op Landdroshowe steeds toepaslik sal
wees.
[12] Gegewe die feit dat
die bewyslas ten opsigte van afstanddoening op respondent rus, is ek
van mening dat voormelde bewerings
wat namens applikante in dié
funderende beëdigde verklaring gemaak is, voldoende is om te
voldoen aan die vereiste
dat sy ten opsigte van die meriete van haar
verweer die feite waarop sy steun, in breë trekke onder eed moet
beweer.
[13] Die
laaste, en moeilikste, aspek wat dus oorweeg moet word, is die vraag
of voormelde feite en verweer wat applikante onder
eed beweer,
voldoen aan die vereiste soos gestel in
CHETTY
v LAW SOCIETY, TRANSVAAL
,
supra
,
synde of dit ‘n
bona
fide
verweer daarstel wat
prima
facie
“some prospect of success” het.
[14] Alvorens ek na die
tersaaklike beslissings en beginsels verwys, meen ek dit is gepas om
die bewoording van artikel 38 van die
Wet op Landdroshowe aan te
haal:

38 Afstanddoening
van gedeelte van vordering
(1) 'n Eiser kan, ten einde 'n
vordering binne die jurisdiksie te bring, in sy dagvaarding of te
eniger tyd daarna uitdruklik van
'n gedeelte van sy vordering afstand
doen.
(2) 'n Vordering waarvan aldus
gedeeltelik afstand gedoen is, gaan ten aansien van daardie gedeelte
te niet: Met dien verstande
dat indien die vordering slegs ten dele
toegewys word, die afstanddoening geag word eers ten aansien van die
nie-toegewese gedeelte
van die vordering te geld.”
[15] Wat betref die
uitleg van artikel 38 en die gevolge van `n afstanddoening
ooreenkomstig artikel 38 of gelykluidende voorganger-artikels,
is ek
deur die advokate na vier beslissings op die punt verwys.
[16] Die
eerste tersaaklike beslissing is
THERON
v NEL
1910 TPD, synde ‘n uitspraak van twee Regters en dus ‘n
volbank-uitspraak. Sien
Civil
Procedure in the Superior Court
,
Harms, op B-358, par. B50.3. Dit dien vermeld te word dat ten tyde
van daardie uitspraak die jurisdiksie van die Landdroshof
£100
beloop het en ‘n artikel gelykluidend aan artikel 38(2) nog nie
op die Wetboek was nie. Op 848 – 849 van
daardie uitspraak is
as volg beslis:

But in order
to bring the claim within the jurisdiction of the magistrate, the
plaintiff waived £102,10s.11d. Mr.
Gregorowski
has contended that if the plaintiff in the lower court reduced his
claim so as to bring it within the jurisdiction of the magistrate,

the amount by which he reduced the claim must be considered as
totally abandoned, and as if it had never under any circumstances

been due to the plaintiff, and that therefore, if any deductions are
to be made, they should be made not from the total amount
of the
debt, but from the amount actually claimed by the plaintiff. I do
not think this contention is correct. When a plaintiff
says, ‘I
do not desire to claim the full amount which is due to me; I only
claim £100, so as to bring the claim within
the jurisdiction of
the magistrate,’ I do not think we ought to treat the amount
waived as totally abandoned, in the sense
that it is to be regarded
either as a debt which never existed or as a complete release. It is
true that in a certain sense it
is an abandonment, because, if
judgment is given upon the facts as laid before the Court by the
plaintiff, and he recovers £100,
he will not be entitled to
institute another action for the amount abandoned. That, I think, is
due more to the principle that
the court will not allow a
multiplicity of actions, than to the principle of total abandonment.
As my bother BRISTOWE put it to
Mr.
Gregorowski
during the argument: supposing the plaintiff said to the defendant,
‘You owe me much more than £100, but I reduce my
claim to
that amount so as to bring it within the jurisdiction of the
magistrate,’ and for some reason or another the case
was
dropped, or absolution from the instance was given, would not the
plaintiff be entitled, if he came to this Court, to claim
the whole
amount? If there had been a complete abandonment he would not be.
But I take it that under the circumstances stated
he would be; I
think that if the case was not proceeded with in the lower court, he
would clearly be entitled to come to this Court
and ask that his
original total claim should be adjudicated upon. It that be the
case, there cannot be a total abandonment of
the amount over £100,
as suggested by Mr.
Gregorowski
.
Nor does it appear to me that it would be just and equitable to
uphold such a view. It appears to me far more equitable to say,
as
was said in
Taxeira’s
case
(9 S.C. 460)
, that if any deductions are to be made they should be
made from the amount the plaintiff does not claim, and not from the
actual
amount of his claim.”
[17] Die
daaropvolgende volbank-beslissing in
NATHAN
v SIDELSKY
1914 TPD 354
, neem na my mening nie werklik die onderhawige
aangeleentheid verder nie, behalwe om te vermeld dat dit daaruit blyk
dat die jurisdiksie
van die Landdroshof op daardie stadium ook
vasgestel was deur wetgewing, synde artikel 12 van die Landdroshowe
Proklamasie, 21
van 1902. Sien
NATHAN
v SIDELSKY
,
supra
,
op 354 en 357. Ek meen dus dat aanvaar kan word dat dieselfde
Proklamasie ook reeds van toepassing was ten tyde van voormelde
THERON
v NEL
-beslissing.
[18] Daaropvolgend,
en wel nadat artikel 38(2) spesifiek by wyse van ‘n
wetswysiging gedurende 1917 op die Wetboek geplaas
is, het die
volbank-uitspraak in
WHITE
v G.A. FICHARDT LIMITED
1926 OPD 181
gevolg waarin bevind is dat ‘n afstanddoening
ooreenkomstig die bepalings van artikel 38 (die gelykluidende artikel
38 in
Wet 32 van 1917) ‘n finale afstanddoening daarstel vir
alle doeleindes, insluitende verrigtinge in ‘n ander hof. Op

181 – 183 van die uitspraak blyk die volgende relevante
gedeelte:

In this case
the present applicant had some time back sued the present respondent
company in the court of the magistrate for Vredefort
for an amount of
the sum of £600 or £700, but in order to bring his case
within the jurisdiction of the magistrate,
the appellant, then
plaintiff, abandoned so much of his claim as was in excess of the sum
of £200, leaving that, therefore,
as the amount of his claim.
He now comes before the Court and asks leave to be allowed to sue
in forma pauperis
,
not for the amount of £200 for which he had sued in the court
below, but for the full amount of something between £600
and
£700. Under these circumstances, the attention of the Court is
at once directed to sec. 38 (2) of Act 32 of 1917, where
it is
provided ‘ if any part of a claim be so abandoned, it shall be
thereby finally extinguised’ and, by virtue of
these words, it
was contended for the respondent company that applicant could not as
plaintiff claim more than £200. We
have heard the arguments of
counsel on that section, and it appears to me that the word ‘so’
is somewhat material,
‘if any part of the claim is so abandoned
it shall be thereby finally extinguished.’ If we refer to the
first sub-section,
we have this, ‘in order to bring a claim
within the jurisdiction, a plaintiff may in his summons or at any
time thereafter
explicitly abandom part of such claim, and when
abandonment takes place under these circumstances, then that part of
the claim
abandoned is finally extinguished.’ It seems to me
that these words fit the present case because there was as
contemplated
in the first sub-sec. an abandonment in order to bring
the case within the jurisdiction of the court below and that being
so, it
would then seem from the second sub-sec. that the part
abandoned is therby finally extinguished. It is true that one may
theorise
and suggest that the Legislature had some specific set of
facts in view by reason of which the abandonment would be operative
for
all time and the part of the claim abandoned be finally
extinguished. But it appears to me, in order to give effect to any
such
suggested view of the Legislature, one has practically to read
in certain words into the section. But this does not appear to be
a
case where it is necessary to read anything new into the section; the
section seems to be quite capable of reasonable interpretation
and
construction without any words being read in, and, if a section is
capable of receiving reasonable interpretation without reading
in
words, then words ought not to be read in, because, as far as
possible, one endeavours to give effect to the words simply as
they
stand. On the whole, it seems to me, therefore, that the words as
employed by the Legislature are words capable of clear
meaning, and
should receive that
prima
facie
meaning. In other words, that ‘finally extinguished’
means finally extinguished not only in the Court where abandonment

took place, but as regards extinction generally of part of the claim
advanced. That leaves the case thus that the claim can only
stand for
£200.”
[19] Laastens
is ek verwys na die uitspraak in
HYMAN
v HOPPE
1926 (2) PH F81(E), synde die uitspraak van ‘n enkel Regter,
waarin ook beslis is, hoewel sonder om die basis van of rede
vir die
beslissing uiteen te sit, dat wanneer ‘n eiser ‘n
gedeelte van sy vordering abandoneer het ten einde dit binne
die
jurisdiksie van die Landdroshof te bring, dit geag moet word finaal
geabandoneer te wees en dit derhalwe ook nie in ‘n
ander hof
gevorder kan word nie.
[20] Mnr.
Zietsman namens applikante het betoog dat waar namens applikante in
die onderhawige geval eerstens ontken word dat daar
`n afstanddoening
was soos deur respondent beweer en in die alternatief beweer word dat
selfs indien sodanige afstanddoening bevind
sou word, dit
voorwaardelik was, die getuienis wat in die hoofaksie aangebied gaan
word
prima
facie
tot
gevolg kan hê dat die onderhawige geval onderskeibaar kan wees
van die feite in die
White
-beslissing
en dus tot `n ander beslissing aanleiding kan gee. Voorts het hy
gewys op die gemeenregtelike vermoede teen afstanddoening
en die
spesifieke beginsels wat geld waar daar ‘n prinsipaal en agent
ter sprake is, wat as volg in
PRETORIUS
v GREYLING
1947 (1) SA 171
(W) op 177 verwoord is:

It seems to me, however, that
in a matter of waiver it cannot be said that the knowledge of the
principal is that of the agent or
that the knowledge of the agent is
that of the principal, because before there is a waiver there must be
an unequivocal act done
with full knowledge of all the relevant facts
as well as of the rights which it is argued have been waived. This
knowledge, to
be effective in the case of waiver, must be the
knowledge of a single person, not partly of one and partly of
another, because
no intention to waive can be inferred unless the
particular person himself who commits the act which is said to
constitute waiver
knew of the relevant facts and intended to waive
the rights of which he was fully aware.
If in this case it is the agent who
waived the rights then it must be proved that he himself knew all the
relevant facts as well
as his principal's legal rights and intended
to waive those rights, and it must also be proved that he was
authorised to waive
his principal's rights.”
Hy het
ook verwys na soortgelyke beginsels wat van toespassing is waar die
agent ‘n prokureur is en waar daar vereis word
dat so ‘n
afstanddoening deur die prokureur namens sy kliënt, ‘n
spesiale mandaat vanaf die kliënt verg.
In dié verband
het hy gesteun op
BIKITSHA
v EASTERN CAPE DEVELOPMENT BOARD AND ANOTHER
1988 (3) SA 522
(ECD) op 527J – 528A:

For acts of great prejudice an
attorney needs a special mandate.... A general mandate does not
authorise an attorney to act in a
manner adverse to his client's
interests.....”
In die
lig van voormelde gemeenregtelike beginsels, het mnr. Zietsman namens
applikante aan die hand gedoen dat dit dus essensieel
is dat
getuienis omtrent die beweerde afstanddoening aangehoor moet word,
veral waar die bewyslas op respondent rus, en dat die
onderhawige
aangeleentheid ook om hierdie rede prima facie moontlik onderskeibaar
kan wees van die
WHITE
-beslissing,
aangesien die gemeenregtelike beginsels klaarblyklik nie oorweeg is
by die uitleg van artikel 38 in die
WHITE
-beslissing
nie.
[21] Teenoor
bogemelde het mnr. Zietsman namens respondent betoog dat die
gemeenregtelike beginsels ten opsigte van afstanddoening
of
abandonering irrelevant is, aangesien die afstanddoening geskied het
ooreenkomstig die bepalings van artikel 38 van die Wet
op
Landdroshowe, Wet 32 van 1944, en dat die regsgeldigheid en gevolge
van applikante se afstanddoening dus slegs ooreenkomstig
die
bepalings van artikel 38 beoordeel moet word. Op grond van die
bogemelde
WHITE
-beslissing
het mnr. Zietsman namens respondent in die verband betoog dat ongeag
welke getuienis ookal deur of namens applikante
in die hoofaksie
aangebied sou word, dit irrelevant sou wees in die lig van die
wetsuitleg wat in die
WHITE
-beslissing
gedoen is tot dien effekte dat die woorde “finally
extinguished” soos vervat in artikel 38, beteken dat
dit ‘n
finale afstanddoening daarstel, ook vir doeleindes van voortsetting
van die aksie in ‘n ander hof. Volgens
mnr. Zietsman namens
respondent het applikante die keuse uitgeoefen om in die Landdroshof
te dagvaar en dus getref te word deur
die Wet op Landdroshowe. Op die
stadium wat sy die besluit geneem het om ‘n gedeelte van haar
vordering te abandoneer, was
artikel 38(2) op haar van toepassing.
Hoewel artikel 38(2), as synde `n artikel van die Wet op
Landdroshowe, dus nie werking het
in die Hooggeregshof nie, word
applikante, aldus mnr. Zietsman namens respondent se betoog, steeds
getref deur die resultaat van
haar afstanddoening in terme van
artikel 38, synde dat dit ‘n finale afstanddoening daargestel
het.
[22] Ooreenkomstig
die
stare
decisis
beginsel is ek as enkel Regter gebonde aan die volbank-uitspraak in
die
WHITE
-beslissing.
Dit is egter na my mening nie die einde van die pad in die beregting
van die onderhawige aansoek nie. In die
WHITE
-beslissing
was daar geensins ‘n dispuut of die eiser afstand gedoen het
van ‘n gedeelte van sy vordering in die Landdroshof
nie.
Verdermeer, hoewel daar na die bepalings van artikel 38(1) van Wet 32
van 1917 verwys word, synde die artikel wat gelykluidend
is aan die
huidige artikel 38(1), is daar na my mening, met respek, geen
aanduiding dat die geleerde Regters in hul uitleg en interpretasie

van artikel 38(2) behoorlike oorweging oorweging geskenk het aan die
feit dat gegewe dat die afstanddoening in terme van artikel
38(1)
voorwaardelike afstanddoening is, sodanige afstanddoening moontlik
geag moet word te verval het as daar nie met die aksie
in die
landdroshof voortgegaan word nie.
[23] Teenoor
voormelde, is dit in die onderhawige geval spesifiek applikante se
saak dat sy ontken dat daar ‘n afstanddoening
in die
landdroshof geskied het soos in par. 9.2 van die verweerskrif
gepleit. In sodanige geval, gegewe dat die bewyslas op respondent

rus, sal respondent dus getuienis moet aanbied, insoverre dit deur
haar betwis sou word, dat sodanige afstanddoening geskied het
op haar
instruksies terwyl sy behoorlike kennis gedra het van haar regte
en/of dat sodanige afstanddoening deur haar prokureur
van eerste
instansie geskied het terwyl hy behoorlik kennis gedra het van
applikante se regte en bedoel het om daardie regte te
abandoneer
terwyl hy ook ‘n mandaat tot daardie effek vanaf applikante
gehad het. Dit kan tot gevolg hê dat die onderhawige

aangeleentheid, op die feite daarvan, moontlik onderskeibaar kan wees
van die
WHITE
-beslissing.
As bevind sou word dat daar geen regsgeldige of behoorlike
afstanddoening was nie, sal die interpretasie of effek van
artikel 38
klaarblyklik nie eers `n rol speel nie. In ieder geval blyk dit dat
die algemene gemeenregtelike beginsels ten opsigte
van
afstanddoening, geensins in die WHITE-beslissing in ag geneem is by
die interpretasie van artikel 38 nie.
[24] Addisioneel
tot voormelde steun applikante in die onderhawige aangeleentheid
spesifiek in die alternatief daarop dat indien
dit bevind sou word
dat sy wel regsgeldiglik afstand gedoen het van ‘n gedeelte van
haar vordering, soos in par. 9.2 van
die verweerskrif gepleit,
sodanige afstanddoening voorwaardelik was, aan welke voorwaarde nie
voldoen is nie en dat die afstanddoening
derhalwe verval het. In die
verband meen ek dat dit argumenteerbaar is dat wanneer die
voorwaardelike aard van artikel 38(1) spesifiek
in oorweging geneem
word by die interpretasie van artikel 38(2) dit, op die feite van die
onderhawige aangeleentheid, tot gevolg
kan hê dat ‘n
ander interpretasie moontlik aan artikel 38(2) geheg kan word dan in
die
WHITE
-beslissing.
In die verband is dit ook nie in die interpretasie van artikel 38(2)
in die
WHITE
-beslissing
oorweeg dat artikel 38(2) moontlik op die wetboek geplaas is om die
potensiële veelvuldigheid en/of splitsing van
aksies in die
l
anddroshof
(eie beklemtoning) te verhoed, soos wat spesifiek bespreek en geopper
is in die
THERON
v NEL
-
en
NATHAN
v SIDELSKY
-beslissings
wat die wetswysiging voorafgegaan het nie.
[25] Gevolglik,
met inagneming van die vereiste dat applikante ‘n
bona
fide
verweer moet aantoon wat
prima
facie
‘n kans op sukses het, meen ek dat applikante aan hierdie
vereiste voldoen het.
[26] Verdermeer
en aan die hand van die beslissing van
MADINDA
v MINISTER OF SAFETY AND SECURITY
,
supra
,
meen ek dat dit in belang van behoorlike regspleging is dat die
geskilpunte tussen die partye behoorlik geventileer word deur

applikante toe te laat om haar repliek te liasseer sodat dit vir
beide partye duidelik is welke geskilpunte hulle ten tyde van
die
verhoor sal moet bewys en/of weerlê. Ek meen verder dat dit in
belang van behoorlike regspleging is dat dat indien die
vraagstuk met
betrekking tot die interpretasie en effek van artikel 38 van die Wet
op Landdroshowe eventueel deur een van die partye
op appèl
geneem word, dit gedoen word nadat alle relevante en tersaaklike
getuienis aangehoor is.
[27] Ek is dus oortuig
dat in die uitoefening van my diskresie, kondonasie aan applikante
verleen moet word.
[28] Wat die koste
betref, het applikante reeds in die Kennisgewing van Mosie aangebied
om die koste van die aansoek te betaal,
tensy geopponeer. Mnr.
Zietsman namens applikante het aan die hand gedoen dat die opponering
van die aansoek nie redelik en geregverdigd
was nie en dat applikante
derhalwe gelas behoort te word om die koste van die aansoek op ‘n
ongeopponeerde basis te betaal,
terwyl respondent gelas behoort te
word om die koste vanaf datum van opponering, insluitende die koste
van die verskyning in die
hof ter argumentering van die aansoek, te
betaal. In die alternatief het mnr. Zietsman namens applikante aan
die hand gedoen dat
die koste behoort oor te staan vir beregting ten
tyde van die hoofaksie, deurdat die voorsittende Regter dan, aldus
mnr. Zietsman
namens applikante se betoog, in ‘n beter posisie
sal wees om die aspek van koste te bereg. Mnr. Zietsman namens
respondent
het betoog dat respondent se opponering van die aansoek in
die omstandighede redelik was en dat applikante dus gelas behoort te

word om die koste van die aansoek te betaal, ingesluit die opponering
daarvan. Mnr. Zietsman namens respondent het voorts aan
die hand
gedoen dat daar geen rede of basis is waarom die koste behoort oor te
staan vir latere beregting nie.
[29] Dit
is ‘n geykte beginsel dat wanneer ‘n party ‘n hof
vir ‘n vergunning nader, soos die applikante
in die onderhawige
geval doen, so ‘n party gelas behoort te word om die koste
daardeur veroorsaak, te betaal. Die enigste
aspek wat dus oorweeg
moet word, is of respondent se opponering van die aansoek, redelik en
geregverdig was. Gegewe die lang tydsverlope
wat blyk uit die
chronologiese verloop van gebeure aan die een kant, en gegewe die
volbank-uitspraak in die
WHITE
-beslissing
wat, in isolasie gesien, tans die basis van respondent se opponering
van die aansoek steun, meen ek dat respondent se
opponering van die
onderhawige aansoek wel redelik en geregverdigd was. Ek meen voorts
dat daar geen rede of regverdiging daarvoor
bestaan dat daar nie
reeds op hierdie stadium ‘n gepaste kostebevel deur my behoort
gemaak te word nie, aangesien die verhoorhof
in geen beter posisie as
ekself sal wees om die koste van die huidige aansoek te bereg nie en
dus nie met daardie onnodige las
opgesaal behoort te word nie.
[30] Gevolglik word die
volgende bevele verleen:
30.1 Kondonasie word aan
applikante verleen vir die laat liassering van haar repliek in die
hoofaksie onder saaknommer 4591/2005.
30.2 Applikante word
gelas om die koste van die aansoek te betaal, ingesluit die
opponering daarvan.
____________
C. VAN ZYL, R
Namens die
applikante: Adv. P. Zietsman
In opdrag van:
Rossouws Prokureurs
BLOEMFONTEIN
Namens die
respondent: Adv. P.J.J. Zietsman
In opdrag van:
Honey Prokureurs
BLOEMFONTEIN
/sp