Nieuwoudt v Rantso and Others (5361/2008) [2008] ZAFSHC 90 (4 September 2008)

75 Reportability
Land and Property Law

Brief Summary

Execution — Sale in execution — Ex parte application — Applicant purchased property at auction and registered it, but respondents continued to occupy it unlawfully — Respondents obtained an ex parte final order to set aside the applicant's eviction order without notifying the applicant — Court found the ex parte order grossly irregular and a violation of the applicant's right to be heard — Final order set aside, and respondents prohibited from further ex parte applications related to the dispute.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2008
>>
[2008] ZAFSHC 90
|

|

Nieuwoudt v Rantso and Others (5361/2008) [2008] ZAFSHC 90 (4 September 2008)

IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Aansoeknommer. :
5361/2008
In
die aansoek tussen:
TIELMAN
NIEUWOUDT
Applikant
en
MATTHEW
SEHLOHO RANTSO
1ste Respondent
BEVERLY
RUTH RANTSO
2de Respondent
THE
SHERIFF: BLOEMFONTEIN WEST
3de Respondent
ADDITIONAL
MAGISTRATE, J LEROOLI N.O.
4de Respondent
(BLOEMFONTEIN)
THE
MINISTER OF JUSTICE AND
5de Respondent
CONSTITUTIONAL
DEVELOPMENT
_____________________________________________________
UITSPRAAK:
HANCKE,
R
AANGEHOOR OP:
4
SEPTEMBER 2008
GELEWER OP:
4
SEPTEMBER 2008
[1] Die applikant in
hierdie aansoek is een van die lede van die publiek wat ontgogel moet
wees as gevolg van die stadige werking
van die regsproses. Hy het ‘n
sekere eiendom bekend as erf 9810, geleë te Fowlerstraat 6,
Hospitaalpark, Bloemfontein
op 17 Oktober 2007 gekoop tydens ‘n
eksekusie veiling, welke eiendom in sy naam geregistreer is op 4
Februarie 2008. Dit
volg nadat First Rand Bank Beperk ‘n
verstek vonnis teen eerste en tweede respondente geneem het op 13
Februarie 2007. Genoemde
respondente het daarna by drie verskillende
geleenthede aansoek gedoen om tersydestelling van gemelde vonnis,
selfs nadat bogemelde
eiendom in die naam van die applikant
geregistreer was. Nadat eerste en tweede respondent geweier het om
die eiendom te ontruim,
was die applikant verplig om ‘n
uitsettingsbevel teen hulle te verkry, wat geskied het op 20 Mei
2008.
[2] Tot op datum woon
eerste en tweede respondente steeds in die betrokke huis. Hulle het
nie alleen versuim om hulle verpligtinge
teenoor die plaaslike
owerheid na te kom nie, as gevolg waarvan die applikant verplig was
om ‘n bedrag van R20 700,00 te
betaal ten opsigte van
uitstaande water, elektrisiteit, sanitasie en erfbelastings ten einde
‘n uitklaringsertifikaat te
verkry om die eiendom op sy naam
oor te dra nie. Verder moes hy ook munisipale heffings ten bedrae
van R2 700,00 ten opsigte van
die eiendom betaal. Die applikant het
by verskeie geleenthede die munisipaliteit in kennis gestel dat die
respondente onregmatiglik
die woning okkupeer, maar weier die
munisipaliteit om die elektrisiteit af te skakel en bewoon die
betrokke respondente dus die
gemelde eiendom gratis en gebruik hulle
water en elektrisiteit vir die rekening van die applikant.
[3] Die huidige aansoek
is genoodsaak deur die eerste en die tweede respondente toe hulle op
20 Junie 2008 ‘n finale hofbevel
in die landdroshof verkry het
tot die effek dat die applikant se uitsettingsbevel wat verleen en
gedateer is 20 Mei 2008 tersyde
gestel is.
[4] Die vierde
respondent, landdros Lerotoli, se optrede deur
ex
parte
1
‘n
finale bevel te verleen op aandrang van eerste en tweede respondente:
1. sonder dat die
applikant kennis gegee was van die feit dat ‘n finale bevel
versoek sou word; en
2. sonder dat aan die
applikant enigsins ‘n geleentheid gegun was om sy saak te stel
voordat gemelde regshulp verleen was;
is grof onreëlmatig.
[5] Verder blyk dit dat
die gewraakte bevel in die vorm van ‘n bevel
nisi
uitgereik
is wat die applikant oproep om redes aan te voer waarom ‘n
bevel wat reeds ter syde gestel is nie opgeskort of gestuit
sal word
nie, welke bevel eers 2 Julie 2008 (11 dae later) op die applikant se
regsverteenwoordigers beteken is.
[6] Dit is geykte reg dat
die miskenning van die reg om eers aangehoor te word voordat regshulp
teen ‘n individu verleen word,
onreëlmatig is. Waar die
regshulp ingeklee is in die vorm van finale regshulp en gepaard gaan
met die aantasting van die
regte van die individu, is die verrigtinge
en gepaardgaande bevel beklee met nietigheid.
GUINEY
v DETACHED ARM OF ZASTRON
1916 OPD 67
te 70,
SA
MOTOR EXCEPTANCE CORPORATION (PTY) LTD v VENTER
1963 (1) SA 214
(O) te 219 G - H.
[7] Volgens die stukke is
dit duidelik dat daar nie eers gronde vir die landdros was om ‘n
bevel
nisi
op ‘n
ex
parte
basis te verleen nie, nog minder ‘n finale bevel.
NTULI
v ZULU AND OTHERS
2005 (1) SA 456
(N) te 460.
[8] Dit blyk verder dat
die eerste en tweede respondente se optrede tot gevolg gehad het dat
die applikant, synde die eerste respondent
in die landdroshof, en wel
in die siviele verrigtinge onder landdroshof siviele saakomslag
nommer 17379/2008, opponerende beëdigde
verklarings ingedien
het. Die wese van die aansoek vir “opskorting” van die
uitsettingsbevel was gerig in die lig
van die afhandeling van die
eerste en tweede respondente se sogenaamde derde
tersydestellingsaansoek.
[9] Afgesien van die feit
dat sodanige aansoek om tersydestelling in die omstandighede regtens
onhoudbaar was, het eerste en tweede
respondent die tersaaklike
tersydestellingsaansoek teruggetrek nadat ‘n aansoek om uitstel
van die hand gewys is en het die
bestaansreg vir enige bevel wat
verleen is onder gemelde siviele saak omslag in ieder geval verval.
WILLIAMS
v LANDMARK PROPERTIES SA AND ANOTHER
1998 (2) SA 582
(W),
MANTON
v CROUCAMP NO AND OTHERS
2001 (4) SA 374
(W) te 381. Die bevel was duidelik veronderstel om
verleen te wees hangende die beregting van ‘n aansoek wat deur
die eerste
en tweede respondente teruggetrek is. Hulle het dit toe
daarna goed geag om ‘n finale bevel aan te vra, waarop hulle
nie
geregtig was nie.
[10] Om ‘n finale
bevel op ‘n
ex
parte
basis in hierdie omstandighede te verkry sonder kennisgewing aan die
applikant stel ‘n growwe onreëlmatigheid daar wat
neerkom
op ‘n kwelsugtige misbruik van die landdroshof se reëls en
prosesse. Die applikant is dus geregtig op die aangevraagde

regshulp, wat insluit die tersydestelling van die landdros se bevel,
asook ‘n bestraffende kostebevel.
[11] Die optrede van die
eerste en tweede respondente se prokureur laat egter veel te wense
oor. Om finale regshulp aan te vra
in die lig van die geskiedenis
van hierdie saak waar daar alreeds uitgerekte litigasie was en sonder
kennisgewing aan die applikant,
is onaanvaarbaar. Dit stel na my
mening
prima
facie
onbehoorlike en kwelsugtige optrede daar, en ag ek dit gepas om dit
na die Prokureursorde van die Vrystaat te verwys vir verdere

ondersoek.
[12] Wat die landdros
betref:
Alvorens enige bevel
deur ‘n voorsittende beampte verleen word waarvan die effek is
dat daar inbreuk gemaak word op die regte
van ‘n individu is
dit noodsaaklik dat die individu, of sy regsverteenwoordiger, betyds
kennis daarvan gegee moet word.
Die optrede van die betrokke
landdros alhoewel onverskoonbaar, kan moontlik toegeskryf word aan
gebrek aan ervaring. Dit is egter
belangrik dat in die toekoms
toegesien word, alvorens bevele soos die huidige verleen word, daar
eers behoorlike betekening op
die teenkant moet geskied.
[13] Bygevolg word die
volgende bevele verleen:
1. Die bevel verleen deur
vierde respondent in die landdroshof vir die distrik van Bloemfontein
onder siviele saak omslagnommer
17379/2008 word ter syde gestel.
2. Die eerste en tweede
respondente word verbied om enige verdere aansoeke op
ex
parte
basis te rig en wat verband hou met die geskil tussen die partye.
3. Die eerste en tweede
respondente word gelas om die koste in die aansoek te betaal op ‘n
skaal soos tussen prokureur en
kliënt, gesamentlik en
afsonderlik, die een betaal ander vrygestel te word.
4. Die eerste en tweede
respondente word gelas om die applikant se koste, as synde die eerste
respondent, in saaknommer 17379/2008
en wat teweeggebring is as
gevolg van die verlening van die bevel hierbo na verwys, te betaal op
‘n skaal soos tussen prokureur
en kliënt, gesamentlik en
afsonderlik, die een betaal die ander kwytgeskeld te word.
5. Die optrede en gedrag
van prokureur Bosiu word verwys na die Prokureursorde van die
Vrystaat om die nodige ondersoek te doen
en sodanige stappe as wat
hulle mag doenlik ag, te neem.
_________________
S. P. B. HANCKE, R
Namens die
applikant: Adv. N. Snellenburg
In opdrag van:
Rossouws Prokureurs
BLOEMFONTEIN
Namens die
respondente: Bosiu Prokureurs
BLOEMFONTEIN
/EM
1
Wat
ex parte
aansoeke in die algemeen betref, verklaar De Wet, R in
Du
Plessis V Tzerefos
1979 (4) SA 819
(O) op 825 B – C die volgende:

Ex
parte
-aansoeke
moet na my mening met die grootste mate van goeie trou geloods word
en
‘n
korrekte weergawe van al die wesenlike feite waarop in sodanige
aansoeke gesteun word moet uiteengesit word. Applikante
in sodanige
aansoeke moet die Hof in hul vertroue neem en geen wesenlike feite
waarop gesteun word verswyg nie. Die weerhouding
van sodanige feite
is laakbaar.”
Sien ook
Collective Investments (Pty) Ltd v
Brink
1978 (2) SA 252
(N) te 225G.