About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2008
>>
[2008] ZAFSHC 66
|
|
S v Raleting (364/08) [2008] ZAFSHC 66 (28 August 2008)
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Hersiening
Nr. :
364/08
In
die hersiening van:-
DIE
STAAT
versus
MOSALA
PETRUS RALETING
_____________________________________________________
CORAM:
WRIGHT,
R
et
VAN
DER MERWE, R
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
VAN
DER MERWE, R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
28
AUGUSTUS 2008
_____________________________________________________
[1] Die
beskuldigde is skuldig
bevind aan ‘n oortreding van artikel 5(b) van Wet Nr. 140 van
1992, deurdat hy handel gedryf het in 7,2 kilogram dagga.
Hierop is
die beskuldigde gevonnis tot ‘n boete van R3 000,00 of by
wanbetaling 12 (twaalf) maande gevangenisstraf, asook
‘n
verdere 12 (twaalf) maande gevangenisstraf wat voorwaardelik
opgeskort is vir 4 (vier) jaar.
[2] Die
skuldigbevinding is in orde. Daar kan ook nie fout gevind word met
die boetevonnis van R3 000,00 as sulks nie. Beide die
alternatiewe
gevangenisstraf van 12 (twaalf) maande sowel as die opgeskorte termyn
van gevangenisstraf van 12 (twaalf) maande kom
my egter so
buitensporig voor in die omstandighede van hierdie saak dat dit nie
kan bly staan nie.
[3] Die
beskuldigde is 25 jaar oud en ‘n eerste oortreder. Die
beskuldigde het skuldig gepleit en ‘n relatief klein
hoeveelheid dagga is betrokke. Die beskuldigde is werkloos en het
die dagga gekoop vir R300,00 met die bedoeling om dit vir ‘n
wins te verkoop, maar het nog nie enige daarvan verkoop op die
stadium toe hy betrap is nie. ‘n Vonnis van 12 (twaalf) maande
gevangenisstraf is myns insiens in hierdie omstandighede treffend
onvanpas. Na my oordeel moet beide die alternatiewe en opgeskorte
termyne van gevangenisstraf verminder word na 6 (ses) maande.
[4] Gevolglik
word die skuldigbevinding bekragtig, maar die opgelegde vonnis
verander na een van ‘n boete van R3 000,00 of
by wanbetaling 6
(ses) maande gevangenisstraf asook ‘n verdere 6 (ses) maande
gevangenisstraf wat in geheel opgeskort word
op voorwaarde dat die
beskuldigde nie skuldig bevind word aan ‘n oortreding van
artikel 5(b) van Wet Nr. 140 van 1992 gepleeg
gedurende die tydperk
van opskorting nie. Hierdie vonnis moet geag word opgelê te
gewees het op 28 Mei 2008.
________________________
C.H.G. VAN DER MERWE,
R
Ek stem saam.
________
______
G.F.
WRIGHT,
R
/sp