S v Tlhahadi (362/08) [2008] ZAFSHC 65 (28 August 2008)

55 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — Appropriateness of sentence — Accused convicted of robbery and sentenced to two years' imprisonment — Court found sentence excessive given circumstances — Accused, a first offender aged 19, inflicted minor injuries and stole R20 — Sentence reduced to one year’s imprisonment.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2008
>>
[2008] ZAFSHC 65
|

|

S v Tlhahadi (362/08) [2008] ZAFSHC 65 (28 August 2008)

IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Hersiening
Nr. :
362/08
In
die hersiening van:-
DIE
STAAT
versus
TUMELO
ABRAM TLHAHADI
_____________________________________________________
CORAM:
VAN
DER MERWE, R
et
VAN
ZYL, R
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
VAN
DER MERWE, R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
28
AUGUSTUS 2008
_____________________________________________________
[1] Die beskuldigde in
hierdie saak is tereg skuldig bevind aan roof en is ‘n vonnis
van 2 (twee) jaar gevangenisstraf opgelê.
[2] Die klaagster is ‘n
21-jarige vrou. Sy het voorheen ‘n liefdesverhouding met die
beskuldigde gehad, maar op die
betrokke dag was daardie verhouding
reeds beëindig. Toe die klaagster op die betrokke dag vir die
beskuldigde teëgekom
het, het hy haar met die oop hand deur die
gesig geslaan, met die vuis teen die ribbekas geslaan en haar op ‘n
klip laat
val. Hy het toe ‘n bedrag van R20,00 uit haar
broeksak geneem, wat nie teruggekry is nie.
[3] Soos
blyk uit die voormelde het die beskuldigde brutaal en vernederend
teenoor die klaagster opgetree. Daar kan myns insiens
gevolglik nie
fout gevind word met die landdros se siening dat direkte
gevangenisstraf die enigste gepaste vonnis is nie. Die
termyn van 2
(twee) jaar gevangenisstraf is na my oordeel egter buitensporig swaar
in al die omstandighede van hierdie saak. Die
klaagster het geen
ernstige beserings opgedoen nie en slegs ‘n bedrag van R20,00
is ter sprake. Die beskuldigde is 19 jaar
oud en ‘n eerste
oortreder. Gevolglik meen ek dat ‘n vonnis van 1 (een) jaar
gevangenisstraf gepas is.
[4] Derhalwe
word die skuldigbevinding bekragtig, maar die vonnis tersyde gestel
en vervang met ‘n vonnis van 1 (een) jaar
gevangenisstraf wat
geag moet word opgelê te gewees het op 18 Junie 2008.
________________________
C.H.G. VAN DER MERWE,
R
Ek stem saam.
________
____
C.
VAN ZYL
,
R
/sp