S v Waiza (363/08) [2008] ZAFSHC 64 (28 August 2008)

40 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — Assault with intent to cause grievous bodily harm — Accused, a 19-year-old schoolboy, found guilty of stabbing a fellow student with a knife during a school altercation — Original sentence of two years' imprisonment imposed — Court finds mitigating factors, including the accused's age, status as a first offender, and the minor nature of the victim's injuries — Original sentence set aside and replaced with a two-year term of imprisonment, effective from an earlier date, to align with rehabilitative goals.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2008
>>
[2008] ZAFSHC 64
|

|

S v Waiza (363/08) [2008] ZAFSHC 64 (28 August 2008)

IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Hersiening
Nr. :
363/08
In
die hersiening van:-
DIE
STAAT
versus
THEMBA
JUSTICE WAIZA
_____________________________________________________
CORAM:
CILLIé,
R
et
VAN
DER MERWE, R
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
VAN
DER MERWE, R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
28
AUGUSTUS 2008
_____________________________________________________
[1] Die beskuldigde is
skuldig bevind aan aanranding met die opset om ernstig te beseer en
gevonnis tot 2 (twee) jaar gevangenisstraf
ingevolge die bepalings
van artikel 276(1)(b) van die Strafproseswet, Nr. 51 van 1977. Die
skuldigbevinding is ooreenkomstig die
reg.
[2] Ten
tye van die onderhawige voorval op 28 Januarie 2008 was beide die
klaer en die beskuldigde skoliere by dieselfde skool.
Beide was ten
tye van die verhoor 19 jaar oud. Slegs die klaer en die beskuldigde
het getuienis by die verhoor afgelê.
Daar is weinig verskil
tussen die weergawes van die klaer en die beskuldigde. Vir sover
hierdie weergawes wel verskil, is die
getuienis van die beskuldigde
minstens redelik moontlik waar en moes die beskuldigde op daardie
basis gevonnis gewees het. Hiervolgens
blyk dat die klaer vir die
beskuldigde tydens pouse van ‘n stoep by die skool gestamp het,
as gevolg waarvan die beskuldigde
geval het. Die beskuldigde was
hieroor baie kwaad en het die klaer met ‘n mes een keer op die
kop gesteek. Die klaer het
‘n 1 sentimeter wond op die kop
opgedoen wat met een hegsteek geheg is. Die beskuldigde is
klaarblyklik as gevolg van hierdie
voorval daarna uit die betrokke
skool geskors.
[3] Ek
is daarvan oortuig dat die omstandighede van hierdie saak ‘n
ligter straf regverdig dan die vonnis van 2 (twee) jaar

gevangenisstraf voorgeskryf in artikel 4(1) van Wet 71 van 1968. Die
beskuldigde was soos voormeld ten tye van die voorval ‘n

skolier en is ‘n 19-jarige jeugdige. Hy is ook ‘n eerste
oortreder. Hy het van meet af aan erken dat hy vir die klaer
met die
mes gesteek het omdat hy kwaad was omdat laasgenoemde hom van die
stoep afgestamp het en ook erken dat sy optrede nie geregverdig
was
nie. Al hierdie aspekte dui op goeie vooruitsigte op rehabilitasie.
Die klaer is nie ernstig beseer nie.
[4] Die
beskuldigde het gesê dat hy in besit was van die mes omdat hy
dit op pad na en van die skool nodig gehad het om homself
te
verdedig. Dit is jammer dat ‘n skolier hom in omstandighede
moet bevind waarin hy ten minste dink dat hy in gevaar is
op pad na
of van die skool. Nogtans kan die gebruik van ‘n mes op ‘n
skoolterrein geensins goedgepraat word nie.
Na my oordeel sal ‘n
vonnis van twee jaar gevangenisstraf ingevolge die bepalings van
artikel 276(1)(i) van Wet No. 51 van
1977 in die omstandighede van
hierdie saak voldoen aan al die oogmerke van vonnis.
[5] Gevolglik word die
skuldigbevinding bekragtig, maar word die opgelegde vonnis tersyde
gestel en vervang met ‘n vonnis
van 2(twee) jaar
gevangenisstraf ingevolge die bepalings van artikel 276(1)(i) van die
Strafproseswet, Nr. 51 van 1977. Hierdie
vonnis moet geag word
opgelê te gewees het op 18 Junie 2008.
________________________
C.H.G. VAN DER MERWE,
R
Ek stem saam.
________
____
C.
B.
CILLIé, R
/sp