S v Mohloku and Others (358/08) [2008] ZAFSHC 63 (28 August 2008)

55 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — Youth offenders — Consideration of age and maturity in sentencing — Three accused found guilty of housebreaking and theft, with varying sentences imposed — Court held that the moral blameworthiness of a youthful offender is less than that of an adult, necessitating a reconsideration of the sentence for the youngest accused — Original sentence for the youngest accused set aside and replaced with a suspended sentence reflecting his youth and circumstances.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2008
>>
[2008] ZAFSHC 63
|

|

S v Mohloku and Others (358/08) [2008] ZAFSHC 63 (28 August 2008)

IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Hersiening
Nr. :
358/08
In
die hersiening van:-
DIE
STAAT
versus
LEBOGANG
MOHLOKU
Beskuldigde
een
MOTLATSI
TOANE
Beskuldigde
drie
LEJA
TLALE
Beskuldigde
vier
_____________________________________________________
CORAM:
VAN
DER MERWE, R
et
VAN
ZYL, R
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
VAN
DER MERWE, R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
28
AUGUSTUS 2008
_____________________________________________________
[1] Die
voormelde drie beskuldigdes is elkeen tereg skuldig bevind aan
huisbraak met die opset om te steel en diefstal. Hul het
gesamentlik
‘n woonhuis oopgebreek en binnegegaan en ‘n televisie,
hoëtroustel, selfoon, ‘n paar skoene
en drie CD’s
(met
‘n totale waarde van R2 280,00) gesteel.
[2] Beskuldigde
een is gevonnis tot 18 (agtien) maande gevangenisstraf wat opgeskort
is vir 4 (vier) jaar op voorwaarde dat hy nie
skuldig bevind word aan
huisbraak met die opset om te steel en/of diefstal gepleeg in die
tydperk van opskorting nie en beskuldigdes
drie en vier is elk
gevonnis tot 2 (twee) jaar gevangenisstraf.
[3] Die vraag vir
beslissing is of die vonnis van beskuldigde drie ooreenkomstig die
reg is en navraag is dienooreenkomstig aan
die landdros gerig.
[4] Al
drie die voormelde beskuldigdes het skuldig gepleit op dié
aanklag teen hulle en derhalwe is hul verhoor geskei van
die van
beskuldigde nommer twee wat onskuldig gepleit het. Al drie is eerste
oortreders. Beskuldigde een was 16 jaar oud ten
tye van die pleging
van die misdryf, beskuldigde drie 19 jaar oud en beskuldigde vier 24
jaar oud. Beide beskuldigdes een en drie
was ten tye van die verhoor
steeds leerders op skool, beskuldigde nommer een in graad 8 en
beskuldigde nommer drie in graad 10.
Beskuldigde vier is getroud en
het saam met sy eggenote en hul nege maande oue baba gewoon. Die
gesin was vir hul lewensonderhoud
afhanklik van stukwerk deur
beskuldigde vier asook hulp ontvang van sy eggenote se familie. Al
die gesteelde goedere is teruggekry.
[5] Op
die voormelde navraag antwoord die landdros dat die morele
verwytbaarheid van beskuldigde nommer drie niks minder is as dié

van beskuldigde vier nie. Hierdie siening is fundamenteel verkeerd.
Dit is ‘n vaste beginsel van ons gemene reg dat as
gevolg van
die onvolwassenheid, gebrek aan lewenservaring, onbesonnenheid en
vatbaarheid vir beïnvloeding teweeggebring deur
jeugdigheid, die
misdaad van ‘n jeugdige behalwe in buitengewone omstandighede
minder laakbaar is dan dié van ‘n
volwassene soos
beskuldigde vier. Sien byvoorbeeld
S
v LEHNBERG EN ‘N ANDER
1975 (4) SA 553
(A) op 560F – 561B. Dit is myns insiens des te
meer so waar, soos hier, die beskuldigde nog op skool is. Die vonnis
van
beskuldigde drie kan derhalwe nie bly staan nie. By heroplegging
van vonnis moet rekening gehou word met die realiteit dat beskuldigde

drie die vonnis reeds uitdien sedert 26 Mei 2008.
[6] Gevolglik
word die skuldigbevindings van al drie beskuldigdes sowel as die
vonnisse van beskuldigdes een en vier bekragtig.
Die vonnis van
beskuldigde drie word tersyde gestel en vervang met ‘n vonnis
van 2 (twee) jaar gevangenisstraf waarvan 18
(agtien) maande
gevangenisstraf opgeskort word vir 5 (vyf) jaar op voorwaarde dat die
beskuldigde nie skuldig bevind word aan huisbraak
met die opset om te
steel en/of diefstal gepleeg gedurende die tydperk van opskorting nie
en wat geag moet word opgelê te
gewees het op 26 Mei 2008.
________________________
C.H.G. VAN DER MERWE,
R
Ek stem saam.
________
____
C.
VAN ZYL
,
R
/sp