About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2008
>>
[2008] ZAFSHC 62
|
|
Odendaal v Gwamanda (A4242/07) [2008] ZAFSHC 62 (28 August 2008)
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Appèlnommer
: A
4242/07
In
die appèl tussen:-
JANA
ODENDAAL
Appellant
en
MUZOMUHLE
BETHWELL GWAMANDA
Respondent
_______________________________________________________
CORAM:
EBRAHIM,
R
et
VAN
DER MERWE, R
_
______________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
25
AUGUSTUS 2008
_______________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
VAN
DER MERWE, R
_______________________________________________________
GELEWER
OP:
28
AUGUSTUS 2008
_______________________________________________________
[1] Hierdie is ‘n
appèl teen ‘n uitspraak en bevel in ‘n
motorbotsingsaak gelewer in die landdroshof te
Welkom ingevolge
waarvan die respondent se eis vir skadevergoeding weens beskadiging
van sy voertuig met koste teen die appellant
toegestaan is.
[2] Die
onderhawige botsing het plaasgevind by die kruising tussen Jan
Hofmeyerweg en Buitenstraat in Welkom. Jan Hofmeyerweg loop
oos/wes
en dra twee bane verkeer in elke rigting, geskei deur ‘n
middelman. Buitenstraat op sy beurt loop noord/suid en
dra insgelyks
twee bane verkeer in elke rigting met ‘n middelman tussenin.
Die appellant het met ‘n Golf motorvoertuig
omstreeks 16h00 op
die betrokke dag in Jan Hofmeyerweg gery in die rigting van oos na
wes. Aan die linkerkant van die appellant
soos sy gery het, is daar
dus twee bane van verkeer in Buitenstraat wat aansluit by Jan
Hofmeyerweg. Hierdie aansluiting is bedoel
vir verkeer wat Jan
Hofmeyerweg kruis om verder aan te beweeg in Buitenstraat of wat na
oos in Jan Hofmeyerweg wil afdraai. Vir
verkeer wat vanaf die
appellant se linkerkant, soos gemeld, na wes in Jan Hofmeyerweg wil
beweeg, is daar ‘n glipweg vanaf
Buitenstraat na Jan
Hofmeyerweg. Beide die aansluiting van die twee gemelde bane van
Buitenstraat met Jan Hofmeyerweg sowel as
die aansluiting van die
glipweg uit Buitenstraat na Jan Hofmeyerweg word beheer deur
toegeetekens en beide aansluitings het gebroke
lyne wat aandui waar
voertuie wat aan hierdie toegeetekens moet gehoor gee, tot stilstand
moet kom. In die getuienis is na die
baan naaste aan die middelman
in beide Buitenstraat en Jan Hofmeyerweg verwys as die binnebaan en
na die ander verkeersbaan in
dieselfde rigting as die buitebaan en ek
doen geriefshalwe dieselfde.
[3] Die
respondent het getuig dat hy met sy BMW voertuig op die betrokke dag
in die gemelde glipweg gery het met die bedoeling om
na wes in Jan
Hofmeyerweg te ry. Hy het sy voertuig by die toegeeteken tot
stilstand gebring met die neus daarvan net effentjies
oor die gebroke
lyn waar die glipweg aansluit by Jan Hofmeyerweg. Hy het na regs
gekyk en gesien dat daar ‘n Jetta voertuig
aan sy regterkant
stilstaande was in die buitebaan by die toegeetekenaansluiting van
Buitenstraat met Jan Hofmeyerweg. Hierdie
Jetta voertuig se neus was
so 30 tot 40 sentimeter in Jan Hofmeyerweg in. Hy het toe gesien dat
die Golf voertuig, bestuur deur
die appellant, teen ‘n hoë
spoed vanaf die binnebaan in Jan Hofmeyerweg na links geswaai het,
eers teen die stilstaande
Jetta gebots het en toe met sodanige geweld
teen sy stilstaande BMW voertuig gebots het dat die voertuig ongeveer
15 meter verder
teen ‘n heining tot stilstand gekom het.
Hierdie getuienis is wesenlik gestaaf deur die bestuurder van die
gemelde Jetta,
te wete mnr. Lucas Motsapi, sowel as deur die
getuienis van mnr. Jabulani Ndlazi, wat die ongeluk waargeneem het
terwyl hy met
sy voertuig in die teenoorgestelde rigting as die
appellant, d.w.s. van wes na oos, in Jan Hofmeyerweg beweeg het.
Beide mnre.
Motsapi en Ndlazi was onbekend aan die respondent.
[4] Die
appellant het getuig dat sy teen ongeveer 60 kilometer per uur in die
buitebaan van Jan Hofmeyerweg die gemelde kruising
met Buitenstraat
genader het. Sy het getuig dat op ‘n kort afstand voor haar
die Jetta van mnr. Motsapi die kruising genader
het. Sy het
aangeneem dat hierdie voertuig sou stop. Die voertuig het egter nie
gestop nie, maar in Jan Hofmeyerweg inbeweeg.
Ten einde ‘n
ongeluk te probeer vermy, het die appellant spoed vermeerder en na
regs geswaai, maar sy kon nie ‘n botsing
vermy nie. Die Jetta
het haar Golf links agter op die agterwiel getref. Sy het toe beheer
oor die voertuig verloor en kan nie
eintlik sê wat daarna
gebeur het nie. Sy ontken egter nie dat die Golf die BMW getref het
toe dit stilstaande was in die
posisie soos wat die respondent getuig
het nie. Mnr. J.F. Coetzee het namens die appellant getuig. Hy het
getuig dat hy vanaf
die polisiestasie na sy voertuig gestap het in
Jan Hofmeyerweg verder wes vanaf die voormelde kruising. Hy het ‘n
slag gehoor
en opgekyk. Op daardie stadium het die botsing tussen
die Golf en die Jetta reeds plaasgevind en het hy gesien hoedat die
Golf
teen die BMW bots. Volgens mnr. Coetzee het die Jetta op
daardie stadium ongeveer een meter tot ‘n meter en ‘n
half
verby die toegeeteken gestaan, soos hy dit gestel het.
[5] Die
landdros het bevind dat daar nie veel peil getrek kan word op die
getuienis van mnr. Coetzee nie. Die landdros het in besonderhede
aangedui dat die respondent en sy twee getuies almal as getuies
beïndruk het. Die landdros het ook bevind dat die respondent
se
weergawe op ‘n oorwig van waarskynlikhede die korrekte is en
gevolglik bevind dat die botsing uitsluitlik aan die nalatigheid
van
die appellant toegeskryf moet word.
[6] Ek
is op appèl nie oortuig daarvan dat die landdros in enige van
die gemelde bevindinge fouteer het nie. Mnr. Coetzee
het nie die
botsing tussen die Jetta en die Golf waargeneem nie en was ongeveer
75 meter weg van die botsingtoneel toe hy die slag
gehoor het. Daar
is geen geregverdigde kritiek uit te spreek teen die getuienis van
die respondent, mnr. Motsapi of mnr. Ndlazi
nie. Daareenteen laat
die getuienis van die appellant myns insiens veel te wense oor. Die
appellant erken dat sy na die botsing
vir doeleindes van die
botsingsverslag aan die polisie meegedeel het dat sy nie weet wat
gebeur het nie. Hierby aansluitend het
sy op ‘n stadium in
haar getuienis gesê dat sy net voor die botsing met die Jetta
na links geswaai het, wat wesenlik
teenstrydig is met die weergawe
waarop namens die appellant gesteun word. Die gebrek aan enige
wesenlike beskadiging aan die Golf
voertuig by die linker agterwiel
daarvan volgens die foto’s wat as bewysstukke voor die hof
geplaas is, rym ook nie daarmee
dat die primêre botsing van die
Jetta teen die Golf op daardie plek plaasgevind het nie. Vir my is
die volgende egter die
deurslaggewende. Volgens die weergawe van die
appellant was die respondent se voertuig meer na haar linkerkant dan
die plek waar
die Jetta met die Golf gebots het. Volgens die
appellant het sy egter net voor die botsing met die Jetta na regs
geswaai en spoed
vermeerder en is haar voertuig deur die Jetta van
links na regs gestamp. In hierdie omstandighede is dit heeltemal
onverstaanbaar
waarom die Golf nie heeltemal na regs beweeg het nie,
maar eerder na links ten einde die BMW te tref.
[7] Gevolglik word die
appèl van die hand gewys met koste.
________________________
C.H.G. VAN DER MERWE,
R
Ek stem saam.
__________
___
S.
EBRAHIM,
R
Namens
d
ie
appellant: Adv. H.J. Cilliers
In opdrag van:
Honey Prokureurs
BLOEMFONTEIN
Namens
die respondent: Adv. M.D.J. Steenkamp
In opdrag van:
Wessels
& Smith Ing.
BLOEMFONTEIN
/sp