S v Scheepers (461/2008) [2008] ZAFSHC 85 (14 August 2008)

70 Reportability
Criminal Procedure

Brief Summary

Criminal Procedure — Summary inquiry — Procedure for inquiry into failure to attend court — Accused convicted without formal charge or trial — Inquiry held not provided for in the Criminal Procedure Act — Conviction and sentence set aside. Accused, released on bail, failed to appear in court, leading to a summary inquiry and conviction under section 67A of the Criminal Procedure Act. The inquiry was conducted without a formal charge or trial, contrary to legal requirements. The court held that the procedure followed was incorrect and set aside the conviction and sentence, ordering a proper inquiry if the State wished to proceed.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2008
>>
[2008] ZAFSHC 85
|

|

S v Scheepers (461/2008) [2008] ZAFSHC 85 (14 August 2008)

IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Spesiale
Hersieningsnommer. : 461/2008
In
die spesiale hersiening tussen:
DIE
STAAT
en
ANTONY
NATHAN SCHEEPERS
______________________________________________________
CORAM:
HANCKE,
R
et
VAN ZYL, R
UITSPRAAK:
VAN
ZYL, R
______________________________________________________
GELEWER
OP:
14
AUGUSTUS 2008
[1] Beskuldigde het in
die Bloemfontein landdrosshof verskyn op ‘n aanklag van
aanranding met die opset om ernstig te beseer.
Op 30 Januarie 2008
is borg aanvanklik vasgestel ten bedrae van R800.00, waarna sodanige
borg op 5 Maart 2008 verminder is tot
R500.00 en is die saak
uitgestel tot 20 Maart 2008. Op dieselfde dag, synde 5 Maart 2008,
het beskuldigde voormelde borg van R500.00
betaal en is hy op borgtog
vrygelaat. Op die daaropvolgende verskyningsdatum, synde op 20 Maart
2008, was beskuldigde afwesig by
die hofverrigtinge, waarop ‘n
lasbrief vir sy inhegtenisneming uitgereik is. Sy borggeld is
voorlopig verbeurd verklaar
aan die Staat.
[2] Beskuldigde is daarop
op 26 Junie 2008 voor die Verhoorhof gebring, waarna die verrigtinge
uitgestel is tot 2 Julie 2008 vir
doeleindes van ‘n formele
ondersoek ten opsigte van beskuldigde se wanverskyning. Op 2 Julie
2008 is daar ‘n summiere
ondersoek gehou na die beskuldigde se
wanverskyning op 20 Maart 2008, waarna die Verhoorlanddros
beskuldigde skuldig bevind het
aan die oortreding van artikel 67A van
die Strafproseswet, Wet nr. 51 van 1977, en gevonnis het tot die
betaling van R300.00 of
90 dae gevangenisstraf, welke in geheel
opgeskort is vir 2 jaar op voorwaarde dat beskuldigde nie weer
skuldig bevind word aan
die oortreding van artikel 67A gepleeg
gedurende die tydperk van opskorting nie.
[3] Die aangeleentheid is
daarna ooreenkomstig die bepalings van artikel 304(4) van die
Strafproseswet op spesiale hersiening gestuur
met, onder andere, die
volgende opmerkings:

When he (the accused) was
eventually apprehended on the strength of a warrant of arrest, the
public prosecutor did not charge him
in terms of Section 67A of Act
51 of 1977; instead the court proceeded to hold a summary inquiry
into his failure to attend court.
Subsequently the accused was
convicted and sentenced to R300.00 (Three hundred rand) or 90
(ninety) days imprisonment conditionally
suspended for 2 (two) years.
I am of the humble opinion that such
an inquiry is not provided for in the Act.
It is requested that the purported
inquiry and the resultant outcome be set aside.”
[4] Dit
blyk duidelik uit die oorkonde dat die prosedure wat gevolg is met
betrekking tot die ondersoek na beskuldigde se wanverskyning,
die
vorm van ‘n summiere ondersoek aangeneem het. Geen klagstaat is
opgestel nie en ‘n formele verhoor is nie gehou
nie. Hierdie
prosedure is, soos tereg uitgewys deur die landdros wie die
aangeleentheid op hersiening gestuur het, nie korrek
nie. In
S
v MABUZA
1996 (2) SASV 239 (T) op 243 E – G is as volg beslis:

In sy redes meld die landdros
dat die beskuldigde wel aangekla was, maar uit die oorkonde blyk dit
nie duidelik nie. Die hof het
bloot, nadat hy bevind het dat die
beskuldigde die voorwaarde verbreek het, voortgegaan en die
beskuldigde skuldig bevind aan 'n
oortreding van die betrokke
artikel.
Artikel 67A maak nie voorsiening dat
'n landdros op summiere wyse 'n ondersoek kan instel of 'n
beskuldigde 'n borgvoorwaarde verbreek
het nie. In hierdie opsig
verskil die artikel dus van die bepalings soos vervat in arts 55, 72,
170 en 188 van die Wet. Waar daar
op summiere wyse so 'n ondersoek
ingestel word, word nie 'n formele klagstaat opgestel en word die
beskuldigde nie formeel verhoor
nie. Vgl S v Du Plessis
1970 (2) SA
562
(OK).
Dit skyn asof die landdros in die
onderhawige geval die prosedure gevolg het om op summiere wyse 'n
ondersoek in te stel. Hy was
nie geregtig om dit te doen nie. Daar
moes 'n klagstaat opgestel gewees het en 'n formele verhoor moes
plaasgevind het.”
Voormelde
siening word ook bevestig in Hiemstra
SUID-AFIKAANSE
STRAFPROSES,
6de uitgawe, Kriegler en Kruger, op p. 177 en voorts in
COMMENTRY
ON THE CRIMINAL PROCEDURE ACT,
Du Toit
et
al
,
op p. 9–81. Die afwesigheid van “gegronde rede”,
soos na verwys in die bewoording van artikel 67A, is ‘n
element
van die misdryf wat bo redelike twyfel deur die Staat bewys moet word
en derhalwe is ‘n formele verhoor nodig. Sien
S
v MABUZA,
supra,
op 244E.
[5] Gevolglik moet die
summiere ondersoek ten opsigte van die beskuldigde se wanverskyning
en die skuldigbevinding en vonnis wat
daaruit voortgespruit het,
tersyde gestel word.
[6] Derhalwe word die
volgende bevel verleen:
1. Die summiere
ondersoek ten opsigte van beskuldigde se wanverskyning nadat hy op
borgtog vrygelaat is, word tersyde gestel.
2. Die skuldigbevinding
aan die oortreding van artikel 67A van die Strafproseswet, Wet Nr. 51
van 1977, en die opgelegde vonnis
word tersyde gestel.
3. Die aangeleentheid
word na die Verhoorhof terugverwys om, indien die Staat steeds wens
vervolging daaromtrent teen die beskuldigde
voort te sit, ‘n
behoorlike ondersoek ooreenkomstig die bepalings van artikel 67A van
die Strafproseswet, Wet Nr. 51 van
1977, voor `n ander landdros dan
die Verhoorlanddros te hou.
____________
C. VAN ZYL, R
Ek stem saam.
________________
S.P.B. HANCKE, R
/em