About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2008
>>
[2008] ZAFSHC 84
|
|
Qwemico Distributors (Edms) Bpk v H & N Chemies en Saad (Edms) Beperk and Another (2107/2008) [2008] ZAFSHC 84 (14 August 2008)
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Saak
n
ommer.
: 2107/2008
In
die aansoek tussen:
QWEMICO
DISTRIBUTORS (EDMS) BPK
Applikant
en
H
& N CHEMIES EN SAAD (EDMS) BEPERK
1ste Verweerder
J
H P HATTINGH
2de Verweerder
_____________________________________________________
UITSPRAAK:
HANCKE,
R
AANGEHOOR
OP:
7
AUGUSTUS 2008
GELEWER
OP:
14
AUGUSTUS 2008
[1] Hierdie
is ‘n aansoek van die applikant (eiser)
ingevolge
Hofreël 28, om wysiging van sy Besonderhede van Vordering,
waarin hy vra dat paragrawe 1 – 14 deurgehaal word
en vervang
word met sekere gewysigde paragrawe.
[2] Respondent
het ‘n beswaar ingevolge Hofreël 28(3) geliasseer
ingevolge waarvan sy beswaar by wyse van agt gronde
uiteengesit word.
[3] Die
algemene uitgangspunt by die oorweging van ‘n aansoek om
wysiging is dat ‘n hof sy diskresie sodanig uitoefen
dat dit in
die guns van ‘n wysiging is ten einde geregtigheid tussen die
partye te verseker op die basis dat die werklike
geskilpunte voor die
hof kom. Harms:
Civil
Procedure in the Superior Court,
p. B-188 en verder,
TRANS
DRAKENSBERG BANK LTD (under judicial management) v COMBINED
ENGINEERING (PTY) LTD AND ANOTHER
1967 (3) SA 632
(D) te 640. Bewerings word ook nie onder ‘n
vergrootglas geplaas ten einde foute na vore te bring nie.
KAHN
v STUART AND OTHERS
1942 CPD 386
te 391,
SOUTHERN
PORT DEVELOPMENTS (PTY) LTD v TRANSNET LTD
2003 (5) SA 665
(W) te 669 A – B.
[4] Wat
die besware betref, volhard die respondent met sommige daarmee op die
volgende gronde:
“
1. Ooreenkomstig
‘n kennisgewing van terugtrekking afgelewer deur eiser op 31
Maart 2008, het eiser
die
aksie teen eerste verweerder teruggetrek, maar nieteenstaande hierdie
feit word eerste verweerder steeds gevoeg as ‘n
party in die
voorgenome wysiging, welke die voorgenome wysiging vaag en verwarrend
en derhalwe eksipieer maak op die volgende gronde:
1.1 Daar word geen grondslag beweer
van waarom eerste verweerder steeds gevoeg is as ‘n party tot
die aksie nie, synde of
eiser steeds wil vorder vanaf eerste
verweerder en/of eerste verweerder bloot gevoeg word aangesien hy ‘n
wesenlike belang
het by die aksie nie;
1.2 Eerste verweerder word in die
kopskrif beskryf as ‘n maatskappy, en in terme van paragraaf 2
van die voorgenome wysiging
as ‘n beslote korporasie, sonder
enige bewering dat eerste verweerder as maatskappy omskep is in ‘n
beslote korporasie
al dan nie, en indien nie of die beslote
korporasie die regte en verpligtinge van die maatskappy oorgeneem
het, en indien wel,
wanneer nie.”
[5] Mnr.
Els, namens die applikant het betoog dat die kennisgewing van
terugtrekking duidelik was en dat daar dus geen verwarring
en
gevolglike nadeel bestaan nie. Hy het egter toegegee dat
die
vermelding van die eerste verweerder nie moes gebeur het nie en dat
dit neerkom op slordige formulering van die voorgestelde
wysiging.
Selfs indien aanvaar word dat dit ‘n oorsig is aan die kant van
die applikant, is dit huidiglik vaag en verwarrend
om die redes
vermeld in die beswaar, en behoort dit deur die applikant reggestel
te word.
[6] Die
respondent steun ook op die nie-nakoming van Hofreël 18(6). Die
beswaar lui soos volg:
“
5
. Aanhangsel
“A”
tot die besonderhede van vordering waarna eiser verwys in sy
aanvanklike besonderhede van vordering asook in sy voorgenome
wysiging
is ‘n ongetekende afskrif wat die agent betref, en
indien daar wel so ‘n skriftelike kontrak tussen die partye
aangegaan
is soos wat beweer word in die Besonderhede van Vordering,
voldoen eiser nie aan die bepalings van Hofreël 18(6), deur die
skriftelike kontrak of ‘n ware afskrif daarvan, aan te heg nie;
6. Aansluitend by
die voorgaande paragraaf, in indien nie so ‘n skriftelike
kontrak tussen die partye bestaan nie is die bewerings
vervat in die
voorgenome wysiging en wel
paragraaf
5
daarvan vaag en verwarrend, en ook bloot op hierdie grond
eksepieerbaar.”
[7] Dit
blyk dat die betrokke dokument, alhoewel
elke
bladsy geparafeer is deur beide partye, dit aan die einde daarvan
deur geeneen van die partye onderteken is nie. Die regsposisie
ten
opsigte van wat ‘n skriftelike ooreenkoms is, word soos volg
opgesom in die handboek van Christie:
The
Law of Contract in South Africa
(vyfde uitgawe) waar op p. 108 die volgende verklaar word:
“
.... a written contract comes
into existence when it
is
signed by all parties
, and
no particular of words need precede the signatures, but the court has
no power to change the position of a signature and then
draw
inferences about the signatory’s intention.”
(my
beklemtoning)
GOLDBLATT
v FREMANTLE
1920 AD 123
te 128,
WEBSTER
v LAWLESS
1929 TPD 970
,
METER
MOTORS (PTY) LTD v COHEN
1966(2) SA 735 (T) te 737,
HAWKINS
v CONTRACT DESIGN CENTRE (CAPE DIVISION) (PTY) LTD
1983 (4) SA 296
(T).
[8] Mnr.
Zietsman het namens die respondent betoog dat die betrokke ooreenkoms
nie ‘n skriftelike kontrak is nie, en in die
lig van die feit
dat daar verder gesteun word op stilswyende en/of geimpliseerde terme
van die ooreenkoms, dit die deur oopmaak
vir die moontlikheid dat
daar inderdaad ‘n getekende ooreenkoms, dit wil sê ‘n
skriftelike ooreenkoms bestaan.
Ek stem saam met hierdie beswaar.
[9] Na
my mening volg dit uit die voorgaande dat daar gewoonweg van ‘n
skriftelike ooreenkoms gepraat word wanneer sodanige
ooreenkoms deur
beide partye onderteken is.
1
In die afwesigheid van sodanige ondertekening is dit dus nie ‘n
skriftelike ooreenkoms in die juridiese sin van die woord
nie.
Vergelyk Christie a.w. p. 106 e.v. Insgelyks is dit dus aangewese
vir die applikant om te pleit dat daar ‘n mondelinge
ooreenkoms
aangegaan is tussen die partye waarvan die terme blyk uit die
skriftelike dokument aangeheg by die Besonderhede van
Vordering.
Gevolglik moet die respondent dus gelyk gegee word wat hierdie
beswaar betref.
[10] Die
respondent se verdere besware is soos volg verwoord:
“
7. Wat eis 1
betref word daar slegs in
paragraaf
7
beweer dat Eiser gedurende die bestaan van die ooreenkoms
voorskotbetalings aan Tweede Verweerder gemaak het in die bedrag van
R11
621.84
,
sonder om volledige, duidelike en bondige stellings van die wesenlike
feite waarop die eis berus, te beweer, welke die voorgenome
wysiging
eksepieerbaar sal laat indien gewysig ooreenkomdstig die bepalings
van Hofreël18(4);
8. Insgelyks wat
betref Eis 2 voldoen Eiser nie aan die bepalings van Hofreël
18(4) op dieselfde basis soos hierbo verwys,
nie, en sal die
voorgenome wysiging, indien gewysig, weereens eksepieerbaar wees op
gemelde grond.”
[1
1] Dit
is slegs nodig om na die bewoording van paragraaf 7 van die
voorgestelde Besonderhede van Vordering te verwys, wat soos lees:
“
Die
eiser
het gedurende die bestaan van die ooreenkoms voorskotbetalings aan
die tweede verweerder gemaak in die bedrag van R11 621,84.”
[1
2] In
die verband lees Hofreël 18(4) soos volg:
“
Elke pleitstuk bevat ‘n
duidelike en bondige stelling van die wesenlike feite waarop die eis,
verweer of antwoord, na gelang
van die geval, berus, in voldoende
besonderhede om die teenparty in staat te stel om daarop te
antwoord.”
[13]
Dit,
is duidelik dat die Besonderhede van Vordering nie hieraan voldoen
nie. Dieselfde gebrek aan besonderhede blyk ook uit die
bewoording
van pargraaf 10 onder eis 2. Wat paragraaf 7 verder kompliseer is
die feit dat daar ‘n kommissiestaat aangeheg
is tot die
voorgenome wysiging waarop voorskotbetalings ten gunste van ‘n
agent genaamd Herman van Zyl gereflekteer word
ten opsigte van die
finansiële jaar 2006. Ingelyks moet die respondent gelyk gegee
word wat hierdie beswaar betref.
[14] Die
bewerings in ‘n Besonderhede van Vordering moet volledig genoeg
wees ten einde ‘n verweerder in staat te stel
om daarop te kan
pleit. ‘n Verweerder geniet nie meer die voordeel van ‘n
versoek om nadere besonderhede ten einde
verwarring en vaaghede uit
die weg te ruim nie. Die enigste versoek is vir verhoordoeleindes
wat op ‘n te laat stadium geskied
om die verweerder in hierdie
verband behulpsaam te wees. Individueel beskou sou sommige van die
besware hierbo na verwys moontlik
onvoldoende gewees het vir ‘n
eksepsie om te slaag. Dit blyk egter dat hier verskeie van die
bewerings is in die voorgenome
Besonderhede van Vordering waarvan die
formulering veel tewense oorlaat. Alhoewel ‘n hof in die
uitoefening van sy diskresie
gewoonweg ten gunste van die verlening
van ‘n wysing neig, meen ek dat dit in belang van geregtigheid
is om dit nie te doen
in die huidige geval nie.
[15] Bygevolg
word die aansoek om wysiging van die hand gewys met koste.
______
___________
S.
P. B. HANCKE, R
Namens
die applikant: Adv. A. P. J. Els
In opdrag van:
McIntyre
& Van der Post
BLOEMFONTEIN
Namens
die respondent: Adv. P. Zietsman
In opdrag van:
Naudes
BLOEMFONTEIN
/EM
1
Ondertekening deur beide partye word ook vereis wanneer statutêr
bepaal word dat die ooreenkoms in skrif moet wees.
Vergelyk
artikel 2(1) Wet 68 van 1981 (ten opsigte van onroerende eiendom);
artikel 6 Wet 50 van 1956 (borgkontrak).