About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2008
>>
[2008] ZAFSHC 80
|
|
S v Dlamini (456/2008) [2008] ZAFSHC 80 (14 August 2008)
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Saak
Nr. : 456/2008
In
die
saak
tussen:
DIE
STAAT
en
ALEX
TANDEKANE DLAMINI
CORAM
:
WRIGHT, R
et
VAN
DER MERWE, R
UITSPRAAK:
VAN
DER MERWE, R
GELEWER
OP:
14
AUGUSTUS 2008
[1]
Die
beskuldigde is na ‘n pleit van skuldig skuldig bevind aan
handeldryf in 100 kilogram dagga ter oortreding van die bepalings
van
artikel 5(b) van Wet nr. 140 van 1992 en is gevonnis tot 12 maande
gevangenisstraf in geheel voorwaardelik opgeskort vir 5
jaar asook ‘n
boete van R8 500,00 of by wanbetaling 15 maande gevangenisstraf.
[2] Die
beskuldigde was onverdedig en die saak was as gevolg van die
voormelde vonnis onderworpe aan verpligte outomatiese hersiening
deur
hierdie Hof ingevolge die bepalings van Artikel 302 van die
Strafproseswet, Nr. 51 van 1977. Die landdros rapporteer egter
nou
dat die oorkonde van die verrigtinge, wat elektronies opgeneem is,
ten spyte van verskeie pogings van tegnici nie transkribeer
kan word
nie. Die landdros sê verder dat hy geen aantekeninge gehou het
nie en dat dit dus nie moontlik is om die rekord
van verrigtinge te
rekonstrueer nie.
[3] As
gevolg van die voormelde ontbreek wesenlike gedeeltes van die rekord
van verrigtinge, besonderlik die ondervraging ingevolge
Artikel
112(1)(b) van die Strafproseswet en die vonnisverrigtinge. Dit is
gevolglik nie moontlik om te bepaal of die verrigtinge
ooreenkomstig
die reg was nie. In so ‘n geval moet die skuldigbevinding en
vonnis ter syde gestel word. Sien byvoorbeeld
S
v FREDERICKS
1992 (1) SASV 561 (K) op 562.
[4] Gevolglik word die
skuldigbevinding en vonnis tersyde gestel.
____
______________________
C. H. G. VAN DER
MERWE, R
Ek stem saam.
________________
_
G. F. WRIGHT, R
/em