About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2008
>>
[2008] ZAFSHC 60
|
|
Smith v S [2008] ZAFSHC 60 (14 August 2008)
IN
DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(
ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Appèl
Nr. :
A380/07
In
the
appèl tussen:-
ARNO
KLEYNHANS SMITH
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
_____________________________________________________
CORAM:
BECKLEY,
R
et
HANCKE,
R
et
MOLEMELA,
R
_____________________________________________________
ANGEHOOR
OP
:
11
AUGUSTUS 2008
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR
:
BECKLEY,
R
_____________________
________________________________
GELEWER
OP
:
14
AUGUSTUS 2008
_____________________________________________________
[1]
Die
appellant het in die Hooggeregshof tereggestaan op die volgende
klagtes: moord, roof met verswarende omstandighede, diefstal,
die
onwettige besit van ‘n vuurwapen asook die onwettige besit van
ammunisie. Wat die roof, diefstal en statutêre
oortredings
betref, het die appellant skuldig gepleit. Op die aanklag van moord
het hy onskuldig gepleit aan moord, maar skuldig
aan strafbare
manslag. Die Staat het nie die pleit, soos aangebied op die eerste
aanklag, aanvaar nie. Desondanks sy pleit van
onskuldig op die
moord, is hy skuldig bevind aan moord en daarna as volg gevonnis:
Op die aanklag van moord
is hy gevonnis tot lewenslange gevangenisstraf;
Op aanklag twee, die
roof met verswarende omstandighede, tot 15 (vyftien) jaar
gevangenisstraf;
Op aanklag drie, die
aanklag van diefstal, is hy gevonnis tot 2 (twee) jaar
gevangenisstraf; en
Op die statutêre
oortredings is hy gevonnis tot onderskeidelik 12 (twaalf) en 6 (ses)
maande gevangenisstraf.
Vanweë
die aard van die vonnis wat opgelê is op die eerste aanklag,
spreek dit vanself dat daardie vonnisse samelopend
uitgedien sal word
met die vonnis opgelê ten opsigte van aanklag een.
[2] Na skuldigbevinding
het die appellant aansoek gedoen om verlof om te appelleer en is
verlof aan hom verleen om te appelleer
teen die skuldigbevinding en
moord en die vonnis van lewenslange gevangenisstraf.
[3] Wat
die skuldigbevinding betref, is daar in effek slegs twee aspekte wat
oorweeg moet word, naamlik, eerstens, die vraag of
die appellant se
getuienis verkeerdelik verwerp is as synde vals
:
me Wright, wat namens die appellant in hierdie Hof verskyn het, het
aan die hand gedoen dat sy getuienis inderdaad redelik moontlik
waar
is en dat die Hof
a
quo
fouteer
het deur dit te verwerp. Die tweede vraag wat oorweeg moet word, is
of die Staat aangetoon het dat die appellant die nodige
opset in
enige van die verskyningsvorms, gehad het om die oorledene te dood.
[4] Wat
die feitelike agtergrond betref, was dit nooit in geskil geplaas dat
die appellant die betrokke vuurwapen wat hier ter sprake
is dié
van sy ouma was, by wie hy destyds ingewoon het nie, en dat hy kort
voordat hy hierdie misdade gepleeg het, die vuurwapen
gesteel het,
tesame met ammunisie daarvoor. Hy het aangevoer dat die rede waarom
hy die vuurwapen gesteel het, was omdat hy voornemens
was om daarmee
selfmoord te pleeg. Dit blyk voorts uit sy eie getuienis dat hy,
vroeër die middag van hierdie treurspel,
in die omgewing van die
Pick n Pay, ‘n sakekompleks in Fichardtpark, was. Die
appellant beskryf die gebeure daarna as volg
in sy skriftelike
verklaring wat ingehandig is ingevolge die bepalings van artikel
112(2) van die Strafproseswet:
“
Op 22 November 1999 het ek die
vuurwapen van Carolina Kleynhans sonder haar medewete of toestemming
geneem met die doel om elders
selfmoord te gaan pleeg. My moed het
my egter begewe en terwyl ek rondgedwaal het, het ek ‘n dame
bemerk wie die Pick n
Pay winkelsentrum te Fichardtpark, Bloemfontein
na ure binnegegaan het. Op die ingewing van die oomblik het ek
besluit om haar
te beroof.
Die dame, Anna du Plooy, was besig om
geld te onttrek by ‘n bank outotellermasjien. Ek het haar van
agter benader, die pistool
op haar gerig tussen haar skouerblaaie en
meegedeel dat sy moet wegstaan van die outoteller.
Anna du Plooy het haar kop na links
gedraai sonder om enigiets te sê. Sy het teruggetree en haar
een been het geswik. Vanweë
die skielike beweging het ek
geskrik en het ek instinktief sonder om te dink ‘n skoot vanuit
die pistool afgevuur, welke
skoot die dame noodlottig in haar kop
getref het. Ek wou haar nie skiet nie. Indien sy haar sou teensit,
sou ek heelwaarskynlik
verskoning gevra en weggehardloop het.
Terwyl ek verdwaas na Anna du Plooy se
liggaam gestaar het, het die outotellermasjien voortgegaan om die
bankkaart, geld en strokie
uit te gee, ek het dit geneem en
weggehardloop.
Ek het die
bankkaart en strokie
weggegooi
en later ook die vuurwapen.
Terwyl ek rondgeloop het op 26
November 1999, is ek langs die pad deur lede van die Suid-Afrikaanse
Polisiediens opgelaai, later
gearresteer en het ek vrywillig sekere
uitwysings aan die SAPD gemaak en vrywillig verklarings afgelê
rakende die gebeure.”
[5] Die
eerste aspek wat oorweeg moet word,
soos
voormeld, is of die weergawe van die appellant redelik moontlik waar
is. Die Verhoorregter het volledige redes verskaf waarom
hy die
getuienis van die appellant verwerp het, en dit is nodig om kortliks
na daardie redes te verwys, en daarmee tesame die kritiek
wat deur me
Wright daaromtrent geopper is.
[6] Eerstens
het die Verhoorregter bevind dat die appellant se verduideliking nie
versoenbaar is met die onbetwisbare getuienis
van dr. Zaharie is nie.
Dr. Zaharie was die staatspatoloog wat die lykskouing uitgevoer het.
Met betrekking tot sy getuienis,
waarna ek aanstons sal verwys, het
die Verhoorregter as volg bevind:
“
Volgens dr.
Zaharie is dit onmoontlik dat die ingangswond regs agter en die
uitgangswond links voor kan wees as die oorledene haar
kop na links
gedraai het net voor die skoot afgegaan het soos die beskuldigde
beweer. Dit is so vir die eenvoudige rede dat die
oorledene se
regteragterkop dan weg van die beskuldigde gedraai sou gewees het en
die trajek van die koeëlpunt nie na links
kon gewees het nie.
Toe dr. Zaharie getuig het, was dit nog nie bekend dat die
beskuldigde linkshandig is nie. Hierdie feit van
sy linkshandigheid
bevestig eintlik nog meer die onmoontlikheid van dit wat die
beskuldige probeer te kenne gee. Ten einde reg
te kry wat die
beskuldigde sê gebeur het, sou hy sy linkerhand heeltemal na
regs voor sy bors verby moes geplaas het, die
loop van die vuurwapen
dan weer uitwaarts, d.w.s na links gedraai het en dan moes die skoot
per abuis afgegaan het
.
‘n Blote poging deur ‘n mens self met die vuurwapen om
hierdie maneuver te bewerkstellig, dui aan hoe onnatuurlik
en eintlik
onmoontlik dit werklik is.”
[7] Dit
is belangrik om te let op die stellings wat tydens kruisondervraging
aan dr. Zaharie gemaak is met betrekking tot die bewegings
wa
t
deur die oorledene uitgevoer is kort voordat die skoot afgevuur is.
Die betrokke stellings lees as volg:
“
My
instructions are the following and that is that the accused did stand
behind the deceased, pointing the gun between her shoulder
blades
from her back and then she moved her head
,
then he confronted her, she moved her head to the left... and then
her one leg did wobble... and then he got a fright and then
a shot
went off and then he shot her through the head. With that scenario,
is that possible, taking into account the direction
of the entrance
wound, the exit wound, etc? --- Okay, this scenario with the leg
wobbling and the victim somehow going down a bit,
that is possible
but turning the head towards the left would have protected her right
side where the entrance wound is, sure she
was not turning towards
the right, the head, you see that is my point. I mean My Lord if
here is the machine, wall, wall machine,
the assailant is here, if I
turn myself even wobbling towards the left, how can the gunshot
entrance wound be on the right side?
If it would have been to the
right side, ja, of course then it was very possible...
COURT:
So are you saying that on this scenario the deceased must have
turned her head to the right? --- To the right, absolutely, it
is
impossible...
So a turn to the
left is not compatible with what you found? --- No, not in this
scenario that I was given. To the right, yes,
to the right, I mean
it was it is very possible and I said about the wobbling and stuff,
that is again possible.”
[8] Nadat mnr. Nel, wat
tydens die verhoor vir die appellant opgetree het, ‘n
geleentheid gehad het om finale instruksies
van die appellant te
neem, gaan die kruisondervraging as volg voort:
“
I just got
an instruction from the accused and he confirms that indeed the
deceased did turn her head to the left, then she stood
a bit back and
then the leg wobbled but that does not change any, are you sticking
with your evidence? --- Okay, lets make it clear.
The shot went off
at the moment that the deceased turned her head to the left or after?
Because maybe she made other movements
after that, then it is
possible, you see? So it is impossible your scenario in the
situation that the shot went off at the moment
she turned her head to
the left, then it is impossible.”
[9] Tydens
sy eie getuienisaflegging, het dit geblyk dat die appellant se
getuienis strydig is met die stellings wat deur sy
regsverteenwoordiger
aan dr. Zaharie gemaak is, selfs nadat die
regsverteenwoordiger ‘n geleentheid gehad het om met hom te
konsulteer. Die appellant
se getuienis wat hierdie aspek betref, lui as volg:
“
And then
what was the reaction of the lady? --- Like I said she turned her
head to the side, to the left
hand side. At no time throughout did she say anything.
Do you think she
saw the firearm? --- Probably through the reflection in the window,
ja, because the window was on her left side
where she pointed her
head. It is possible that she could have seen it, yes.
But impossible to have seen it
directly? --- No no, she could not have seen it directly. I do not
think so at least.
And what was her
reaction? --- She turned her head around again and she started moving
backwards. Dit is toe dat haar been geswik
het and I just pulled the
trigger.”
[10] Eerstens,
moet in gedagte gehou word dat die appellant se getuienis wesenlik
verskil van dit wat deur sy regsverteenwoordiger
aan dr. Zaharie
gestel is. Tweedens, meen ek dat, selfs indien aanvaar word dat die
oorledene kort voor die skoot afgevuur is
haar kop na regs beweeg
het, is daar geen aanduiding dat sy dit verder na die regterkant
beweeg het, dermate dat dit moontlik sou
wees vir die appellant om
die skoot af te vuur sodat die ingangswond net onder die regteroor is
en die uitgangswond aan die linkerkant
van die oorledene se kop nie.
Ek meen derhalwe nie dat die
Verhoorregter
fouteer het deur te bevind dat die getuienis van die appellant
vereenselwigbaar is met die ingangs- en uitgangswond
nie.
[11] Alhoewel
die appellant nie in soveel woorde getuig dat die skietvoorval as ‘n
ongeluk bestempel kan word nie, kan sy
getuienis beswaarlik as
enigiets anders interpreteer word. In die hoofverhoor getuig hy
“
I got a fright and I cannot
even remember pulling the trigger. I just remember the shot going
off and her falling down.”
Daarteenoor,
en tereg
na
my mening, wys die Verhoorregter daarop dat die beskuldigde nooit
teenoor Kaptein Laux, die Ondersoekbeampte, gemeld het dat
die
voorval ‘n blote ongeluk was nie. Inteendeel, het Kaptein Laux
die appellant gevra waarom hy geskiet het, waarop hy
geantwoord het
“I
was hungry.”
[12] Voorts
het die
Verhoorregter
ook bevind dat die appellant se getuienis totaal onaanvaarbaar is dat
hy so groot geskrik het dat die skoot afgaan.
Dit is moeilik om te
verstaan waarvoor die appellant kwansuis so groot geskrik het. Hy
nader die oorledene van agter, sê
vir haar
“Please
step away from the auto teller,”
en
toe sy dit doen, skrik hy groot. Uit sy eie mond is dit duidelik dat
die oorledene gedoen het dit presies wat hy vir haar gevra
het. Die
feit dat sy geswik het, kan nouliks vir hom laat skrik het. Die
bevinding van die Verhoorregter in hierdie verband word
ondersteun.
[13] ‘n
Verdere punt van kritiek wat die Verhoorregter, weereens tereg na my
mening, geopper het, is die feit dat die appellant
getuig dat dit
nooit in sy gedagtegang was dat daar geskiet sou word nie. Toe daar,
teen alle verwagtinge, ‘n skoot afgaan,
skrik hy hom nie dat hy
tot sy sinne kom nie, maar is hy dadelik gereed om oor haar sterwende
liggaam te tree en die geld, sowel
as die kaart by die muntoutomaat
te neem en homself uit die voete te maak. Die optrede van die
appellant in geheel nadat die oorledene
gedood is, is moeilik
vereenselwigbaar met ‘n ongeluk. Ek meen dat die Verhoorregter
tereg bevind het dat sy optrede nie
die is van ‘n persoon wat
pas per abuis en onvoorsiens ‘n medemens doodgeskiet het nie.
Indien die afvuur van die
wapen per ongeluk was, of nie voorsien was
nie, sou ek minstens verwag dat die appellant sou poog om die
oorledene te help.
[14] Me
Wright het aan die hand gedoen dat die Verhoorregter ‘n
mistasting begaan het deur te bevind dat die appellant die
roof so
beplan het dat hy
“op
presies die regte moment toegeslaan het op die oorledene.”
In werklikheid is dit
presies die appellant se eie getuienis:
“
You see Mr. Smith, because it
is clear to me that you actually approached the lady at exact the
right time, just after she had withdrawn
the money already, just
before the money came out of the machine.
COURT:
After she has entered her pincode but before the money actually
becomes available. Is that what you are putting to the witness?
MR. DU TOIT:
Yes My Lord. --- Ja it is quite likely that it ended up that way,
yes. It did happen that way, yes. When I pointed the gun at
her and
asked her to step away from the auto teller, the machine was not
making any noises yet, so I assumed that she was still
waiting for
the money to be withdrawn to come out.
No, but she has
already entered her pin number into the machine. --- Yes.
It was important
for you to wait until that moment because otherwise it would have
been difficult for you to get a pin number out
of her. --- Yes.”
Gedagtig aan die
appellant se eie getuienis, meen ek met eerbied hoegenaamd nie dat
die Verhoorregter se bevinding enigsins op
‘n mistasting
neerkom nie.
[15] Benewens
die feit dat die appellant ‘n ongeloofwaardige getuie was en
dat hy homself op talle wesenlike aspekte weerspreek
het, soos wat ek
aanstons mee sal handel, meen ek dat die Verhoorregter tereg bevind
het dat die appellant se getuienis nie redelik
moontlik waar kan wees
nie, en derhalwe verwerp moet word.
[16] Van
die belangriker weersprekings in die appellant se getuienis, is die
volgende:
1. Aanvanklik getuig hy
dat hy die wapen wou gebruik om die oorledene mee te dreig; later
getuig hy “it (die wapen) was more
for my safety than anything
else”;
2. Aanvanklik
is sy getuienis dat hy onthou dat hy die sneller getrek het; later in
sy kruisverhoor, en spesifiek nadat die vraag
aan hom gevra is waarom
hy die sneller getrek het, kan hy skielik nie onthou dat hy dit
getrek het nie;
3. Aanvanklik getuig hy
dat hy nie oor die liggaam van die oorledene getree het nadat sy
geval het nie; later erken hy dat hy dit
inderdaad gedoen het.
[17] Ek
handel vervolgens met die vraag of dit bewys is dat die appellant die
nodige opset gehad het om die oorledene te dood.
Me Wright het
verwys na die bekende benadering van Olivier AR in
S
v LUNGILE
1999 (2) SASV 597 (HHA) te p. 602h – i:
“
But this
Court
has cautioned, on several occasions, that one should no too readily
proceed from ‘ought to have foreseen’ to ‘must
have
foreseen’ and hence to ‘by necessary inference in fact
did foresee’ the possible consequences of the conduct
inquired
into.
Dolus
being a subjective state of mind, the several full processes
attributed to an accused must be established beyond reasonable doubt,
having regard to the particular circumstances of the case... In this
case, as in many others, the question whether an accused in
fact
foresaw a particular consequence of his acts can only be answered by
way of deductive reasoning. Because such reasoning can
be
misleading, one must be cautious.”
Die
betoog van
me
Wright was dat die Verhoorregter homself wanvoorgelig het in die
slotsom wat hy bereik het, inaggenome voormelde
dictum
,
naamlik,
“
Indien eenmaal bevind word dat
dit ‘n vrywillige handeling van die beskuldigde was, is daar
geen ruimte vir ‘n ander
bevinding as dat die beskuldigde die
nodige opset gehad het nie.”
Die onmiddellik
daaropvolgende sin in die uitspraak van die Verhoorregter, maak dit
egter duidelik wat sy benadering was:
“
Om iemand met so ‘n
vuurwapen soos bewysstuk 1 te skiet en dit nogal op so ‘n
fatale plek as in die kop, regverdig die
afleiding dat bedoel was om
dood te skiet, andersins ten minste dat roekeloos ten aansien van
dood intrede, opgetree was.”
[1
8] Om
te bepaal of die beskuldigde die nodige opset gehad het, in welke
verskyningsvorm ookal, is ‘n vraag wat beantwoord
moet word by
wyse van afleiding oftewel, soos Olivier AR dit beskryf in die
LUNGILE
-saak,
“By
way of deductive reasoning.”
Dit
beteken na my mening eenvoudig dat die Hof die benadering moet volg
soos uiteengesit in die bekende beslissing
R
v BLOM
1939 AD 188
te 203 – 203, waar die twee kardinale beginsels van
die logika aldus gestel word:
Die
afleiding wat gesoek word, naamlik,
in
casu
,
die afleiding dat die appellant die opset gehad het, moet ooreenstem
met al die bewese feite. So nie, kan die afleiding dat die
appellant
die nodige opset gehad het, nie gemaak word nie, en, tweedens, die
bewese feite moet sodanig wees dat hulle elke redelike
afleiding
uitsluit behalwe die een wat gesoek word. As hulle ander redelike
afleidings nie uitsluit nie, moet daar twyfel bestaan
of die
afleiding wat gesoek word, naamlik dat die appellant die nodige opset
gehad het, korrek is. Mnr. Du Toit, namens die Direkteur
van
Openbare Vervolgings, se argument hieromtrent was as volg:
Die
objektiewe feite soos tevoorskyn getree het tydens die verhoor dui
na
my mening oorweldigend daarop dat die appellant die nodige opset
gehad het en derhalwe opsetlik opgetree het. Die feite is eenvoudig:
Die oorledene is koelbloedig doodgeskiet met ‘n enkele kopskoot
tydens ‘n rooftog by ‘n geldoutomaat en nadat
hy besluit
het dat hy haar gaan beroof en haar met die vuurwapen te dreig. Die
appellant het haar van agter genader terwyl sy
geld trek en ‘n
gelaaide vuurwapen waarvan die veiligheidsknip nie geaktiveer was
nie, op haar gerig. Hy het haar opdrag
gegee om weg te staan vanaf
die masjien, en toe haar been swik nadat hy haar die opdrag gegee
het, het hy haar sondermeer in die
kop geskiet. Nadat sy geval het
en die bloed uit die wonde aan haar kop begin stroom het, het hy oor
haar lyk getree en die geld,
kaart en strokie geneem en weggestap.
Met die geld het hy kos, koeldrank en sigarette gekoop en die strokie
en kaart weggegooi
ten einde die getuienis te verbloem.
[19] By
oorweging van die vraag of die beskuldigde se optrede die afleiding
regverdig dat hy die nodige opset gehad het, moet uiteraard
gelet
word op die appellant se eie getuienis, desondanks die feit dat dit
as synde vals verwerp is. Sy getuienis is kortliks dat
hy, toe hy
die oorledene die winkelsentrum sien binnestap, hy besluit het dat hy
haar gaan beroof. Hy het besluit dat hy haar
gaan beroof deur haar
met die vuurwapen te dreig, en haar sodoende te dwing om geld te
onttrek, waarna hy sou padgee. Hy het verder
tydens
kruisondervraging getuig dat die vuurwapen gerig was tussen haar
skouerblaaie en, nadat sy slegs ‘n geringe beweging
uitgevoer
het wat vir die appellant geen bedreiging ingehou het nie, het hy
haar geskiet. Hy het ook nie ontken dat, nadat sy
geval het en begin
bloei hy, hy vir ‘n ruk lank na haar gekyk het voordat hy die
geld en die strokie geneem het nadat hy
oor haar getree het nie.
Dit is moeilik om te
verstaan, indien die appellant nie die oorledene wou skiet nie,
waarom hy die wapen op haar gerig het. Hy
kon haar ewe effektief
daarmee dreig deur dit bloot in sy hande te hou met die loop in ‘n
opwaartse posisie. Die feit dat
hy dit op haar gerig het, is
makliker vereenselwigbaar met roekeloosheid.
[20] Dit
is geykte reg dat daar gelet mag word op die optrede van ‘n
dader nadat ‘n misdryf gepleeg is om te bepaal
of hy die nodige
opset gehad het al dan nie. Die appellant se optrede nadat hy die
oorledene geskiet het, is hoegenaamd nie vereenselwigbaar
met dié
van ‘n persoon wat nie die oorledene wou dood nie, aangesien,
indien dit sy skuldvorm was, naamlik nalatigheid,
sou mens verwag dat
hy die oorledene sou gehelp het of stappe sou geneem het om haar te
help. Sy traak-my-nie-agtige optrede nadat
hy die skoot afgevuur
het, is slegs vereenselwigbaar met dié van ‘n persoon
wat minstens roekeloos was of hy slagoffer
doodgeskiet het al dan
nie.
[21] Wanneer
die toets soos neergelê in die
BLOM
-saak,
supra
,
toegepas word op die feite in die onderhawige saak, dan meen ek nie
dat daar enige bewese feit is wat indruis teen daardie afleiding
nie.
Die mededelings wat hy ook self daarna aan Kaptein Laux gemaak het,
is sonder twyfel vereenselwigbaar met die afleiding en
bevinding dat
die appellant die nodige opset gehad het.
[22] Na
my mening bestaan daar nie redes om in te meng met die Verhoorregter
se bevinding dat die appellant die nodige opset gehad
het om die
oorledene te dood nie. Dit volg derhalwe dat die appèl teen
die skuldigbevinding nie kan slaag nie en dat die
skuldigbevinding
aan moord bekragtig moet word.
[23] Ek
handel vervolgens met die opgelegde vonnis. In hierdie verband was
me Wright se betoog dat die Hof fouteer het deur te
bevind dat daar
nie wesenlike en dwingende omstandighede aanwesig is nie en dat die
Verhoorregter ‘n mistasting begaan het
met betrekking tot die
toets of wesenlike en dwingende omstandighede bewese is al dan nie
deur te verwys en te steun op
S
v SHONGWE
1999 (2) SASV 220 (O). Mnr. Du Toit het toegegee dat die vonnis van
lewenslange gevangenisstraf opgelê is voordat die beginsel
ten
aansien van wesenlike en dwingende omstandighede in die besligging
S
v MALGAS
2001 (1) SASV 469 (HHA) uitgespel is en het bygevolg toegegee dat
hierdie Hof gevolglik geroepe is om oorweging aan al die toepaslike
faktore te gee en dan in die lig daarvan opnuut vonnis te oorweeg.
[2
4] In
S
v SHONGWE
,
supra
,
was die geleerde Verhoorregter se benadering as volg:
“
Ek meen nie
dat hierdie ‘n geval is waar gesê kan word dat elke
regdenkende en ervare vonnisoplegger die oplegging van
die
voorgeskrewe vonnis as ‘n skokkende onreg teenoor die
beskuldigde sal aanvoel nie.”
In
S
v MALGAS
,
supra
,
het Marais AR as volg opgemerk rakende die benadering van
S
v SHONGWE
,
supra
,
en wel op bladsy 481d – e:
“
[23] While
speaking of injustice, it is necessary to add that the imposition of
the prescribed sentence need not amount to a shocking injustice (‘’n
skokkende onreg’ as it has been put in some
of the cases in the
High Court) before a departure is justified. That it would be an
injustice is enough. One does not calibrate
injustices in a Court of
Law and take note only of those which are shocking.”
Dan,
te bladsy 481h – 482f handel Marais AR opsommenderwys met die
benadering wat gevolg moet word ten einde te bepaal of
daar wesenlike
en dwingende omstandighede bestaan. In die latere beslissing van die
Hoogste Hof van Appèl in
RAMMOKO
v DIRECTOR OF PUBLIC PROSECUTIONS
2003 (1) SASV 200 te 202g – i handel Mpati AR samevattend met
die beslissings van
SHONGWE
en
MALGAS
,
en bevestig dat die toets nie is of die oplegging van die
voorgeskrewe vonnis ‘n skokkende onreg teenoor die beskuldigde
tot gevolg sal hê nie, maar dat ‘n blote onreg voldoende
is.
Me
Wright het ook daarop gewys dat die Verhoorregter ‘n
onreëlmatigheid begaan het deur vrae toe te laat aan die
appellant
rakende ‘n vorige veroordelig wat nie formeel bewys
is nie, maar wat ter sprake gekom het in die getuienis van professor
Louw. In
S
v MAPUTLE
2002 (1) SASV 550 (WPA) te 552j – 553b som Cachalia R, soos hy
destyds was, die situasie na my mening tereg as volg op:
“
No SAP69
form was handed in by the prosecutor. The magistrate then took it
upon himself to question the second appellant regarding
his previous
convictions. The second appellant submits that this is a
contravention of
s 271
of the
Criminal Procedure Act 51 of 1977
which
contemplates proof of previous convictions either by way of the SAP69
or of the J14 form. Proof of previous convictions in
any other manner
constitutes an irregularity. However, as this alleged irregularity
occurred after the conviction it can only have
a bearing on the
question of sentence.”
Op
bladsy 555h – i kom
Cachalia
R dan tot die volgende gevolgtrekking:
“
It is clear
on the basis of these authorities that the magistrate committed a
serious irregularity by questioning the second appellant
regarding
his previous convictions. He should, in the absence of the production
of an SAP69 form by the State, not have taken into
account any
previous convictions by the second appellant. The second appellant
should have been treated as first time offender.
This justifies
interfering with the sentence imposed by the magistrate.”
In
die lig van die feit dat hierdie Hof in ieder geval opnuut moet besin
oor die vraag na wesenlike en dwingende omstandighede en
‘n
gepaste vonnis, is dit nie nodig om volledig te handel met die
onreëlmatigheid voormeld nie.
[25] Gedagtig
aan die benaderings uiteengesit in die voorafgaande beslissings, moet
die vraag derhalwe gevra word of wesenlike en
dwingende omstandighede
in die onderhawige geval aanwesig is.
[26] Wat
die persoonlike omstandighede van die appellant betref, is dit nie in
geskil dat hy destyds tydens vonnisoplegging 30 jaar
oud was nie; dat
hy sy skoolloopbaan suksesvol voltooi het; dat hy ongetroud is met
geen afhanklikes nie; dat hy werkloos was tydens
die vonnisoplegging;
dat hy deurgaans samewerking aan die polisie verleen het; dat hy ly
aan depressie en anti-sosiale gedragsversteurings
en dat hy geen
vorige veroordelings het vir enige geweldsmisdryf nie.
[27] Me
Wright het ook aan die hand gedoen dat die Verhoorregter fouteer het
deur nie die feit dat die appellant skuldig gepleit
het enigsins ter
strafversagting in aanmerking te neem nie. Streng gesproke het die
appellant nie skuldig gepleit nie; wat hy
wel gedoen het, was om
skuldig te pleit aan ‘n minder ernstige misdryf. Ek meen nie
dat die feit dat hy skuldig gepleit
aan ‘n minder ernstige
misdryf werklik ‘n beduidende faktor is en wat ernstige
oorweging geniet wanneer die vraag na
wesenlike en dwingende
omstandighede beoordeel moet word nie.
[28] Talle
beslissings dui daarop dat die blote pleit van skuldig nie as ‘n
versagtende faktor bestempel kan word nie, tensy
dit gepaard gaan met
opregte berou nie. Wat berou betref, het die Verhoorregter bevind
dat die appellant weinig, indien enige,
berou getoon het vir wat hy
gedoen het. Ek aanvaar dat die Verhoorregter verwys na die feit dat
die appellant na die voorval ‘n
skrywe gerig aan die
naasbestaandes van die oorledene waarin hy sy berou uitspreek. Mnr.
Du Toit het, tereg na my mening, betoog
dat die kwessie van berou in
die onderhawige saak problematies is en dat die getuienis van
professor Louw van die uiterste belang
is. Professor Louw was tydens
die verhoor ‘n professor in die Departement Sielkunde aan die
Vrystaat Universiteit en is
as ‘n getuie geroep deur die Staat
voor vonnisoplegging. In die loop van sy getuienis het hy verwys na
sekere onderhoude
wat hy met die appellant gevoer het en in die
besonder die antwoorde wat die gesprekvoering na vore laat kom het.
Die passasies
waarna mnr. Du Toit verwys het in sy betoog dui daarop
dat die appellant weinig berou getoon het. Antwoorde aan professor
Louw
tydens die onderhoude was bv. die volgende:
“
My conscience doesn’t
really hassle me, nothing comes back to haunt me. I never give it a
second thought and I am removed
from the present situation.” ;
”I did a stupid ridiculous thing, taking my intelligence into
account” ; ”When
I do break the law, I don’t think
about the consequences ... for very long. I can treat people like
shit, but I love animals”
;
Wanneer professer Louw
aan hom vra of iets soos wat hier plaasgevind het weer kan gebeur,
antwoord hy:
“It
can more likely than not happen again.”
Toe hy gevra is wat die
rede daarvoor is, het hy geantwoord:
“
I’ve got too much built
up anger... if I were intelligent and strong, I would have been one
of the notorious serial killers,
now I am just intelligent.”
[2
9] Voorts
het me Wright daarop gewys dat die appellant aan depressie ly, en het
betoog, met verwysing na
R
v M
1998 (1) SASV 162 (W) dat die Verhoorregter fouteer het deur die feit
dat die appellant aan depressie ly, nie in aanmerking te
neem as ‘n
versagtende faktor nie. In
R
v M
,
supra
,
het Du Plessis R oor depressie as versagtende faktor gesê op
bladsy 165c – d:
“
Depression
no doubt is a debilitating affliction. Society, however, expects of
its trusted members to deal with such personal problems
in a manner
which does not result in crime. I appreciate that depression might in
given circumstances serve as a weighty mitigating
factor.”
Professor Louw se
getuienis in hierdie saak rakende depressie is as volg:
“
My
instruksies is dat vir ‘n geruime tyd het die depressie
opgebou, opgebou, opgebou totdat daar selfmoord gedagtes gewees
het
en ek wil dit tog aan u stel dat hierdie beskuldigde in ‘n
uiters verwarde toestand moes gewees het toe hy by hierdie
betrokke
voorval betrokke was. Stem u met my saam? ... Ongelukkig nie en dit
is dat die wyse waarop hierdie daad plaasgevind het
en dit is ook wat
ek oorgedra het na my aanvanklike konsultasie, getuig van soveel, ek
wil amper sê berekendheid, soveel
bewustheid dat ek kwalik
vreeslike verwarring in daardie proses sien... Eintlik die teendeel
gebeur en dit is naamlik dat hy die
bewyse probeer vernietig. Ek wil
amper sê sy fisiologiese reaksie sê vir my dat daar was
nie hierdie vreeslike verwarring
nie,
hy
eet ‘n vleispasteitjie en drink koeldrank ‘n paar minute
daarna. Daar was vier dae volgens my waar hy genoeg tyd
het om tot
besinning te kom en homself te gaan oorgee. Let wel, hy het hom nie
self oorgegee nie, hy is gearresteer. So dit is
nie vir my die
gedrag van ‘n persoon wat iets gedoen het in ‘n verwarde
toestand en daarna gaan terugtree en sê
o my maggies, wat het
ek gemaak nie.”
Insgelyks het professor
Louw getuig oor die anti-sosiale persoonlikheidsversteuring oftewel
psigopatie van die appellant:
“
Professor, is daar in hierdie
betrokke geval met die beskuldigde, na u mening, vermindere
toerekeningsvatbaarheid betrokke? ---
Nee.
En is hierdie ‘n geval van
ontoereikende persoonlikheids of persoonlikheidsversteuring, is dit
‘n geval wat na u mening
kwalifiseer vir ‘n versagtende
omstandigheid? --- Nie as ‘n mens die aard van die oortreding
in aanmerking neem nie.
Inteendeel was professor Louw se getuienis:
‘
Hierdie persoon voldoen aan die
kriteria van... psigopatie en dat hy... ‘n wesenlike gevaar vir
die gemeenskap inhou.’”
[
30] Dit
is duidelik uit die beslissing
MALGAS
,
supra
,
dat alle faktore wat tradisioneel in aanmerking geneem is by die
bepaling wat ‘n gepaste vonnis is, steeds oorweeg moet
word by
die beantwoording van die vraag of wesenlike en dwingende
omstandighede aanwesig is. Dit beteken dat die gebruiklike triade,
nl. die persoonlike omstandighede, die besonderhede van die misdryf
en die belang van die misdryf en die belang van die gemeenskap
ook
hier oorweeg moet word. Daar is, wat daardie drie aspekte betref,
weinig, indien enigiets, wat as wesenlik en dwingend bestempel
kan
word. Wat van belang is, is die kommentaar van Marais AR op bladsy
481 par. d:
“
The
specified sentences are not to be departed from lightly and for
flimsy reasons.
Speculative high potencies favourable to the offender, undue
sympathy, the version to imprisoning first offenders, personal doubts
as to the efficacy of the policy underlined legislation, and marginal
differences in personal circumstances or degrees of participation
between co-offenders are to be excluded.”
[
31] Voormelde
opmerkings kom pertinent ter sprake in die uitspraak van die
Verhoorregter, veral waar hy die volgende opmerking maak:
“
The h
einous
crime which you committed fills one with horror and all of it was so
unnecessary. Mr. Du Toit rightly stressed the general
public’s
outcry against crimes of this nature. The reaction which your
horrific deed had in the community at large as testified
by Mr. du
Plooy is indicative of that.”
Moord
voortspruitend uit roof veral, is ‘n misdaad wat deur die
gemeenskap, ons howe en die wetgewer in ‘n ernstige
lig gesien
en eintlik verafsku word. ‘n Vrou wat ‘n sinvolle bydrae
in die Bloemfontein gemeenskap gelewer het, is
vir ‘n skamele
R100,00 koeëlbloedig vermoor. Verslaentheid deur die familie,
die betrokke skool en die algemene publiek,
het geblyk uit die
getuienis van mnr. Du Plooy en professor Louw. Onderbeklemtoning van
die gemeenskapsbelang, het mnr.
Du
Toit betoog, sal in ‘n geval soos hierdie ly tot diskrediet van
die regspleging.
[32] Alles
inaggenome, meen ek nie dat daar ingemeng kan word met die bevinding
van die Hof
a
quo
dat daar nie wesentlike en dwingende omstandighede aanwesig is, selfs
inaggenome die maatstaf soos uiteengesit in
S
v MALGAS
,
supra
.
Ek moet byvoeg dat, selfs indien hierdie Hof sou bevind dat
wesenlike en dwingende omstandighede wel aanwesig is, het ek erge
bedenkinge oor die vraag of dit tot gevolg sou hê dat ‘n
ander vonnis as lewenslange gevangenisstraf opgelê word.
Dit
volg derhalwe dat die appèl ook nie kan slaag wat die
opgelegde vonnis betref nie.
[33] Bygevolg
misluk die appèl en word die skuldigbevinding aan moord
bekragtig sowel as die opgelegde vonnis van lewenslange
gevangenisstraf.
_______________
A.P.
BECKLEY
,
R
Ek stem saam.
_
_______________
S.P.B.
HANCKE,
R
Ek
stem
saam.
_________________
M.B. MOLEMELA, R
Namens
die appellant:
Me
G.M. Wright
Namens
die respondent:
Mnr.
A.F. du Toit, SC
/sp