About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2008
>>
[2008] ZAFSHC 59
|
|
S v Sekowa (817/2007) [2008] ZAFSHC 59 (24 July 2008)
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Hersiening
Nr. : 817/2007
In
die
hersiening
tussen:-
DIE
STAAT
en
MICHAEL
SEKOWA
_____________________________________________________
CORAM:
VAN
ZYL, R
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
VAN
ZYL, R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
24
JULIE 2008
_____________________________________________________
[1] Beskuldigde het in
die landdroshof vir die distrik van Theunissen, gehou te Theunissen,
tereggestaan op ‘n aanklag van
oortreding van artikel 5(b)
gelees met artikels 1, 13(1), 17(e), 18, 19, 20, 21, 25 en 64 van Wet
140 van 1992, synde handeldryf
in dagga van 380 gram. In die
alternatief tot die hoofaanklag het hy tereggestaan op ‘n
aanklag van oortreding van artikel
4(b) gelees met artikels 1, 13(d),
17(d), 18, 19, 20 en 64 van Wet 140 van 1992, synde die onwettige
besit van 380 gram dagga.
Beskuldigde het onskuldig gepleit en na
die aanbied van getuienis deur die Staat, het beskuldigde sy saak
gesluit sonder om enige
getuienis aan te bied. Die verhoorlanddros
het daarop die beskuldigde heeltemal tereg skuldig bevind aan die
hoofaanklag, synde
handel in dagga.
[2] Nadat die Staat
vorige veroordelings teen die beskuldigde bewys het, het die
verhoorlanddros beskuldigde gevonnis tot 4 (vier)
jaar
gevangenisstraf wat in geheel opgeskort is vir 5 (vyf) jaar op
voorwaarde dat beskuldigde nie weer skuldig bevind word aan
die
oortreding van artikel 4 of artikel 5 van Wet 140 van 1992 gepleeg
gedurende die tydperk van opskorting nie.
[3] Nadat die
aangeleentheid op outomatiese hersiening voor Beckley R gedien het,
is die volgende navrae tot die verhoorlanddros
gerig:
“
i) Hoekom word op die J4 gemeld
dat beskuldigde skuldig is aan die hoof sowel as die alternatiewe
klag terwyl hy slegs skuldig bevind
is aan die hoofklag.
Waarom word in die vonnis se
opgeskorte voorwaarde verwys na Art 4, in plaas van Art 5 waaraan
skuldig bevind?”
[4] Na
terugontvangs van die rekord vanaf die verhoorlanddros, blyk dit dat
wat die eerste navraag betref, dit plaasgevind het as
gevolg van ‘n
bona
fide
administratiewe fout gemaak deur die klerk van die landdroshof
waarvoor sy dan ook in ‘n aparte skrywe deur haarself
verskoning
aangebied het. Haar verduideliking en verskoning word
onvoorwaardelik aanvaar en is die J4 dienooreenkomstig reggestel.
[5] Wat die tweede
navraag betref, het die verhoorlanddros, onder andere, as volg daarop
reageer:
“
Rede hoekom die hof Art 4(b)
van Wet 140/92 by gevoeg het, was dit duidelik uit die vorige
veroordelings dat hy verskeie keer aan
besit skuldig bevind is.
Wil die hof tot die gevolgtrekking kom
dat hy op Art 4(b) Wet 140/92 skuldig pleit en word die sake
afgehandel sonder SAP69 en kom
hy met ligte vonnisse weg soos dit
duidelik blyk uit die lys van vorige veroordelings.
Wat die hof in die geval gepoog het is
om ‘n opskortende vonnis op te lê wat hopelik ‘n
rehabliteerde effek sal
hê, maar het die hof gepoog om al die
deure toe te maak wat die beskuldigde in toekoms mag gebruik om sy
verantwoordelikheid
te kan ontwyk, dus hy het het die speelbal in sy
hand en hy kan dan nou besluit wat hy met dit gaan maak.
Dit is hiermee my smeekbede dat Sy
Edele Regter AP Beckley dit ook so sal insien en asseblief die vonnis
sal bekragtig.
Al wat die hof probeer het is om die
beskuldigde op ‘n pad van rehablitasie te plaas deur hom te
verplig om die regte ding
te doen en in harmonie met die samelewing
te leef en so elke persoon se regte te respekteer word.
Sou die landdros
verkeerd wees bied ek my verskoning aan en vra ek met respek van Sy
Edele Regter AP Beckley leiding om te wys hoe
kan ons ‘n
positiewe vonnis oplê om van die beskuldigde ‘n beter
mens te maak en in dieselfde lig die gemeenskap
se belange en die
gemeenskap te beskerm soos wat die plig my opgedra is.” (
sic
)
[6] Dit blyk inderdaad
uit beskuldigde se SAP69 dat hy reeds by meerdere geleenthede skuldig
bevind is aan hetsy handeldryf in dagga,
hetsy besit van dagga. In
die lig hiervan is die verhoorlanddros se verduideliking vir die
tersaaklike opskortingsvoorwaardes
dus verstaanbaar en het ek
waardering daarvoor onder die omstandighede.
[7] Dit
is egter so dat hierdie Afdeling van die Hooggeregshof die benadering
wat in
S
v MOKOENA
1986 (2) SA 106
(OPA) gevolg is, konstant toepas, synde dat by ‘n
oortreding aan handel in dagga die besit van dagga nie by die
opskortingsvoorwaardes
betrek moet word nie. In daardie beslissing
het Malherbe R (soos hy toe was) as volg op 107D – 107I beslis:
“
Die
Tshaki
-beslissing
het gehandel met die wenslikheid al dan nie om by ‘n
skuldigbevinding aan oortreding van art 2 (
b
)
van die Wet, art 2 (
a
)
by die opskortingsvoorwaardes te betrek, met ander woorde of
handeldryf
betrek behoort te word by ‘n skuldigbevinding aan
besit
.
Ten aansien van hierdie vraag kom die Hof tot die gevolgtrekking op
377G:
‘
Dit volg dat
daar geen algemene regsreël is dat dit ongewens is om art 2 (
a
)
te betrek by die opskortingsvoorwaardes van ‘n vonnis vir
oortreding van art 2 (
b
)
van Wet 41 van 1971 nie soos in
S
v Zono (supra
)
bepaal nie en behoort daardie beslissing gevolglik nie nagevolg te
word nie.’
Die situasie in die
onderhawige saak is egter die omgekeerde van die vraag wat in die
Tshaki
-beslissing
beslis is en val vierkantig binne die omstandighede in die
Letsie
-
en
Tshabalala
-beslissings.
Bowendien sê STEYN en DE WET RR op 377H van die
Tshaki
-beslissing
dat hulle ‘sterk aangetrokke’ voel tot FLEMMING R se
redenasie in
S
v Mazola
1980 (2) PH H99 (O) waarin beslis is dat
‘
by die
skuldigbevinding aan handeldryf in dagga die opskortingsvoorwaarde
nie na oortreding van art 2 (
b
)
moes verwys nie’.
Ek is bewus van die
uitspraak in
S
v Allart
1984 (2) SA 731
(T) waarin ‘n teenoorgestelde standpunt
gehuldig word en waarna die landdros ook in sy redes verwys, maar
vereenselwig my
met eerbied met die ‘aangetrokkenheid’
tot die
Mazola
-uitspraak.
Sedert die
Allart
-uitspraak
het ‘n volle Hof van dieselfde Afdeling in
S
v Mziyane and Others
1985 (2) SA 844
(T) die
Allart
-standpunt
bekragtig. Ek verkies egter nogtans die
Mazola
-benadering
wat ooreenstem met die benadering van
S
v Mandla
1984 (2) SA 549
(K) en
S
v Kgadebe
1984 (3) SA 753
(N). Afgesien van die beweerde ongelyksoortigheid
van die handelinge wat strafbaar gemaak word in arts 2 (
a
)
en 2 (
b
)
onderskeidelik, is dit na my mening onbillik dat ‘n ‘handelaar’
die risiko moet loop om vir ‘n redelike
aansienlike periode na
die gevangenis te gaan weens blote besit gedurende die periode van
opskorting
benewens
enige ander vonnis wat hy vir daardie besit opgelê word.”
Bogemelde
benadering is ook nagevolg in
S
v NXUMALO
1992 (2) SASV 268 (O) op 273H – 274B en in
S
v MONISA
1992 (2) SASV 670 (O).
[8] Ek vereenselwig
myself met eerbied met bogemelde uitsprake en die ratio daarvoor en
meen dat dit nie gepas is om die opskortingsvoorwaardes
so wyd te
verwoord soos in die onderhawige geval gedoen is nie. Beskuldigde se
huidige skuldigbevinding aan handeldryf sal in
die toekoms in ieder
geval in alle waarskynlikheid dan as vorige veroordeling
strafverswarend inwerk by ‘n moontlike verdere
skuldigbevinding
en vonnisoplegging weens besit. Gevolglik moet daar ingemeng word
met die opskortingsvoorwaardes.
[9] Die volgende bevel
word gemaak:
1. Die skuldigbevinding
word bekragtig.
2. Die opgelegde vonnis
word tersyde gestel en vervang met een van 4 (vier) jaar
gevangenisstraf wat in geheel opgeskort word vir
5 (vyf) jaar op
voorwaarde dat beskuldigde nie weer skuldig bevind word aan
oortreding van artikel 5 van Wet 140 van 1992 gepleeg
gedurende die
tydperk van opskorting nie. Hierdie vonnis moet geag word opgelê
te gewees het op 27 Augustus 2007.
____________
C. VAN ZYL, R
/sp