Mokoena v S [2008] ZAFSHC 96 (12 July 2008)

60 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Attempted Rape — Appeal against conviction — Appellant convicted of attempted rape and sentenced to seven years' imprisonment — Appellant's defense based on alleged consensual relationship — Court found complainant's testimony credible despite being a single witness — Appellant's version deemed improbable and inconsistent — Evidence indicated complainant was intoxicated and did not consent — Appeal dismissed, conviction upheld.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2008
>>
[2008] ZAFSHC 96
|

|

Mokoena v S [2008] ZAFSHC 96 (12 July 2008)

IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Appèl Nr. :
A11/2006
In
die appèl tussen:-
DAVID
MOKOENA
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
_____________________________________________________
CORAM:
RAMPAI
R
et
MILTON
WND R
_____________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
30
APRIL 2007
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
MILTON
WND R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
12
JULIE 2007
_____________________________________________________
[1]
INLEIDING
1.1 Die appellant is op 8
Augustus 2005 in die streekshof Sasolburg skuldig bevind op ‘n
aanklag van poging tot verkragting
en op 10 Augustus 2005 gevonnis
tot 7 (sewe) jaar gevangenisstraf. Verlof om te appelleer is op
dieselfde dag toegestaan.
Die appellant het
onskuldig gepleit op die klagte.
Appellant appelleer
teen die skuldigbevinding en opgelegde vonnis.
Die appellant het
regsverteenwoordiging gehad gedurende die verhoor.
[2]
DIE
MERIETE
DIE STAAT SE SAAK:
Die Staat het twee
getuies geroep, die klaagster, Emily Nosinja en Joseph Moeketsi.
Die klaagster, ‘n
getroude dame, het getuig dat sy die beskuldigde die dag van die
voorval ontmoet het. Sy het hom nie
voorheen geken nie en het ook
nie ‘n liefdesverhouding met hom gehad nie.
Daardie aand het sy by
haar huis gedrink saam met verskeie ander mense o.a. die
beskuldigde. Sy was sterk onder die invloed
van alkohol en het
besluit om te gaan slaap. Sy het met haar klere op die bed gelê.
Sy het gevra dat die ander mense
haar kom sê wanneer hulle
loop.
Terwyl sy op haar sy
gelê het op die bed, is sy wakker gemaak en het sy gevoel dat
haar privaatdele word gepenetreer en
dat dit seer was. Sy het
probeer om die persoon met haar elmboog te druk. Die persoon het
haar mond toegedruk en haar verwurg.
Sy het om hulp geroep en van
die bed afgeklim. Anna (“Meisie”) en Joseph het
gereageer en probeer om die ligte
aan te sit, maar hulle kon dit
nie regkry nie en toe het die klaagster buitekant gegaan na die
kragboks om dit aan te sit.
Toe sy terugkeer het sy ‘n leë
bottel geneem en die appellant op die kop geslaan in die slaapkamer
waar hy nog
was.
Appellant het toe na
die kombuis beweeg en ‘n mes gehad. Hy wou baklei. Sy, Anna
en Joseph het hulle in die slaapkamer
toegesluit en die polisie
ontbied. Sy het nie ingestem om met die appellant te slaap nie.
Die polisie het hulle dokter toe
geneem.
Toe sy wakker word, was
styfpassende kouse en onderklere uitgetrek en op die vloer. Die
appellant was nakend, maar nadat sy
die ligte aangesit het, het hy
sy onderbroek aangetrek.
Klaagster het die
suggestie van die verdediging ontken dat sy in dronkenskap die
appellant na haar bed toe genooi het of vir
hom gesoen het.
Die J88 word nie
ingehandig nie wat die beserings van die klaagster kon uiteensit of
bevestig.
Die tweede
Staatsgetuie, Joseph Moeketsi, het die aand gekuier met Anna, die
suster van die klaagster, by die klaagster se huis.
Almal het
gedrink en musiek geluister. Na so vier ure het hulle gaan slaap
in die slaapkamer terwyl die ander nog gedrink
het.
Hy is wakker gemaak
deur iemand wat vir hom vra om te help om die lig aan te sit. Hy
het hom vroeër die aand daar gesien.
Klaagster het reeds
geslaap. Hy sit die ligte af en gaan weer slaap.
Na ‘n lang ruk
hoor hy die klaaster roep om hulp. Hy en Anna het probeer om die
ligte aan te sit, maar ondervind probleme
waarna die klaagster vir
hom gesê het waar om dit aan te sit. Hy vra haar wat is
fout, maar sy swyg en gaan terug in
die huis waarna hy ‘n
geluid hoor van ‘n bottel wat in die kamer breek. Hy haas na
klaagster se kamer en vind
die man wat hy vroeër gehelp het om
die ligte af te sit waar hy met ‘n bottel beseer was. Hy was
slegs geklee in
sy onderbroek. Klaagster rapporteer dat die
appellant haar verkrag het. Die appellant het geblyk medium onder
die invloed
van drank te wees.
Hierdie getuie bevestig
dat die appellant nadat hy met die beseer is hulle met ‘n mes
gedreig het en dat hulle hulleself
in die kamer toegemaak het.
Appellant het daarna die deur geskop. Hulle het gewag vir die
polisie.
In kruisverhoor het hy
gesê dat hy nie die klaagster geken het nie en was dus nie
bewus van enige verhouding met die appellant
nie. Die klaagster
het geskok voorgekom nadat sy om hulp geroep het. Sy het geen
mededeling gemaak aan hom nadat sy die eerste
keer geroep het vir
hulp dat sy verkrag word nie. Hy weet ook niks van enige vriende
wat geld geleen het nie.
APPELLANT SE SAAK:
Appellant bevestig dat
hy wel in die huis van die klaagster was die aand saam met vriende,
waar hulle gedrink het. Sy vriende
het geloop, maar een van hulle
het hom gevra om vir hom R50,00 te leen. Dit was op die stadium
toe hy reeds in die slaapkamer
was. Hierdie geld was gegee in die
teenwoordigheid van die ander mense.
Appellant se weergawe
is dat klaagster vir hom gevra het om die deur toe te maak en die
ander te vra om die ligte af te sit.
Hulle het ooreengekom dat hy
sou oorslaap. Hy was moeg en hulle het net gesoen. Hy het nooit
met haar probeer omgang hê
nie en het hulle nooit met ‘n
mes gedreig nie.
In kruisverhoor was die
appellant vaag t.o.v. hoe hy genooi is en wat hulle oor gepraat
het. Hulle het baie gesels en dieselfde
dag verlief geraak. Sy
was sy meisie. Klaagster het hom na die slaapkamer geroep terwyl
ander in die kombuis was. Hy het
die aanbod aanvaar. Haar optrede
het hom laat dink dat hulle verliefdes was.
Hulle het saam
slaapkamer toe gegaan toe die ander op die punt was om te loop.
Klaagster het nie geslaap nie, want hulle het
lank nog gepraat. Hy
het sy langbroek en T-hemp uitgetrek. Die klaagster was ten volle
geklee. Hulle het saam onder die
komberse geklim en hy het vir die
tweede Staatsgetuie gevra om die ligte af te sit.
Die appellant het ‘n
getuie geroep, Pule Manoto, wat ook by die huis was waar hulle
almal gedrink het. Hy het opgemerk
dat die klaagster en die
appellant praat met mekaar. Hy het gesien hulle gaan na die kamer
en Moramang hulle gevolg het en
R50,00 geleen het van die
appellant. Toe hy loop het hy gesien appellant was ontklee behalwe
vir sy onderbroek. Hy het eers
die volgende dag verneem dat
appellant met ‘n bottel geslaan was. Volgens hom het
klaagster nooit beswaar gemaak dat
appellant in haar kamer en bed
was nie.
[3] 3.1 Die landdros het
bevind dat die klaagster se weergawe meer waarskynlik is en alhoewel
sy ‘n enkel getuie was wat die
verkragting aanbetref, daar geen
rede was om haar weergawe nie te aanvaar nie. Tewens, hy bevind dat
dit nie nodig was om die
versigtigheidsreël toe te pas nie, want
die faktore uiteengesit in
S
v V
2000 (1) SACR 453
(SCA) nie van toepassing was nie naamlik dat:
- sy nie ontwykend was
nie;
- daar was nie ‘n
lang verloop tussen die voorval en die aanmeld van die voorval nie;
- die getuie geen wrok
teen die appellant gekoester het of ‘n motief sou gehad het om
hom valslik te beskuldig.
Daarenteen het die
landdros bevind dat die appellant se weergawe onwaarskynlik en
onbetroubaar was gesien in die lig van die
wesenlike weersprekings
tussen die appellant en sy getuie.
[4] Indien die getuienis
in totaliteit oorweeg word, blyk die volgende gemenesaak te wees:
Die appellant was by
die klaagster se woning die aand van die voorval.
Hulle het almal saam
gedrink en was die klaagster en die appellant onder die invloed van
drank.
Klaagster was op ‘n
stadium in haar slaapkamer.
Sy was ten volle
geklee.
Appellant was ook in
haar slaapkamer.
Hy het homself
uitgetrek alhoewel hy ontken dat hy totaal naak was.
Klaagster het die
appellant op die kop geslaan met ‘n bottel en hy is daardeur
beseer.
Die polisie is geskakel
en het albei, die klaagster en die appellant, kom haal en hospitaal
toe geneem.
[5] Die hof moet dus ‘n
bevinding maak of die appellant se weergawe redelik moontlik waar kan
wees en of dit so onwaarskynlik
is dat dit verwerp moet word.
[6] Beskuldigde se
weergawe was dat die klaagster hom in die slaapkamer ingenooi het en
dat hulle daardie aand besluit het op ‘n
liefdesverhouding.
Tog hou hy voor dat hulle niks seksueel die aand sou gedoen het nie,
sou net gesoen het want hulle was moeg.
Sy verduideliking oor
presies wat die ooreenkoms was tussen die klaagster en homself was
vaag en onbevredigend. Die hof is verder
nie seker waarom die
appellant die tweede getuie geroep het nie, maar is daarvan oortuig
dat dit slegs was om stawing te probeer
kry dat die klaagster wakker
was saam met hom in die kamer toe Moramang gevra het om R50,00 te
leen. Dit was bedoel om die klaagster
se weergawe te weerlê
dat sy geslaap het en nie die appellant in haar kamer ingenooi het
nie. Ongelukkig het dié
getuie die appellant se weergawe nie
gestaaf nie en is daar wesenlike verskille veral ten opsigte van waar
die appellant in die
kamer was toe Moramang die geld aangevra het.
Aanvanklik het die appellant getuig dat hulle in die bed was toe die
geld aangevra
is. Later het hy getuig dat hy R50,00 gegee het
voordat hulle na die slaapkamer gegaan het en klaagster sowel as die
ander teenwoordig
was. Hierdie twee weergawes was weer in direkte
konflik met sy getuie wat getuig het dat hulle reeds in die bed was
en hy gehoor
het die geld word aangevra in teenstelling met sy
antwoord in kruisverhoor dat hy gesien het dat die geld word
oorhandig.
[7] Die hof is oortuig
dat die landdros korrek die weergawe van die appellant verwerp het as
onwaarskynlik en wel vir die volgende
redes:
Indien die partye ‘n
liefdesverhouding gehad het of die klaagster hom na haar kamer toe
genooi het soos beweer, vir welke
rede sal sy hom dan aanrand, en
direk daarna ‘n rapport maak aan die eerste mens wat sy mee
kontak maak oor die voorval
dat sy verkrag is.
Indien sy wakker was
soos deur die appellant beweer, sou sy vir hom vra om die ligte af
te sit. Sy sou in staat gewees het
om dit self te doen.
Indien hy nie die
bedoeling gehad het om met haar omgang te hê nie, waarom trek
hy al sy klere uit.
Dit is onwaarskynlik
dat sy toestemming sou gee in die lig van haar besope toestand
aangesien sy nie eers bewus was dat haar
onderklere uitgetrek word
nie.
[8] Die klaagster se
getuienis is nie foutloos nie en is daar enkele weersprekings met
haar getuienis, weersprekings wat egter nie
wesenlik is nie. Sy
erken dat sy baie dronk was en daarom het sy gaan slaap. Die enigste
kritiek wat teen haar getuienis gemeld
kan word, is die feit dat sy
nie dadelik nadat die appellant haar probeer verkrag het nie, ‘n
rapport aan Moeketsi gemaak
het toe hy vir haar gevra het wat was
fout. Sy het dit egter op ‘n latere stadium gedoen nadat sy
die appellant beseer het.
[9] Appellant is slegs
aangekla van poging tot verkragting aangesien daar geen getuienis ten
opsigte van die beserings ingehandig
was nie en die J88 nie
beskikbaar gestel is nie. Die klaagster is eintlik dus ‘n
enkele getuie ten opsigte van die aanklag
van poging tot verkragting
en ten aansien waarvan evaluasie van ‘n enkelgetuie meer
behoort te word volgens die riglyne in
S
v SAULS AND OTHERS
1981 (3) SA 172
(A) op bl. 180 F:
“The
trial Judge will weigh his evidence, will consider its merits and
demerits and, having done so, will decide whether it
is trustworthy
and whether, despite the fact that there are shortcomings or defects
or contradictions in the testimony, he is satisfied
that the truth
has been told.”
Geloofwaardigheid is ‘n
wye konsep en is nie afhanklik van eerlikheid, bevooroordeeldheid of
motiewe van ‘n getuie alleen
nie, maar ook op geheue en die
vermoë om waar te neem en die waarnemings weer te gee.
[10] Uit die
omstandighede wat uit die rekord uitkom, is ek oortuig dat die
enigste afleiding wat gemaak kan word, is dat die appellant
van die
situasie dat die klaagster baie dronk was, misbruik gemaak het, veral
toe die klaagster dronk op haar bed gaan lê
het en hy besluit
het om hom op haar af te dwing.
Dit is twyfelagtig dat
sy ooit sou kon toestemming gee in haar toestand, want sy was só
dronk dat sy nie eers gevoel het
dat haar onderklere verwyder word
nie.
[11] Die riglyne wat die
hof in appèl aanvaar, is deeglik oorweeg soos uiteengesit in
REX v
DHLUMAYO AND ANOTHER
1948 (2) SA 677
(A). Hierdie hof kan geen fout vind met die
verhoorhof se bevinding dat die appellant skuldig bevind is aan
poging tot verkragting
en slaag die appèl op die
skuldigbevinding gevolglik nie.
AD
VONNIS:
[12] Die hof
a
quo
het
‘n vonnis van 7 (sewe) jaar opgelê op ‘n klagte van
poging tot verkragting.
[13] Die minimum vonnis
voorgeskryf vir verkagting van ‘n eerste oortreder is 10 (tien)
jaar in terme van artikel 51(2)(b)
van Wet 105 van 1997.
[14] In oorweging daarvan
of die vonnis wat deur die hof
a
quo
opgelê is, toepaslik is moet alle faktore deur hierdie hof in
ag geneem word soos die omstandighede waaronder die misdaad
gepleeg
is, die aard daarvan asook die persoonlike omstandighede van die
appellant, en die belange van die gemeenskap en moet dit
daarna
bepaal of die vonnis wat deur hierdie hof opgelê sou word
aanmerklik sou verskil van die vonnis
a
quo
.
Sien
S
v DE VOS
1970 (2) SA 590
(C) op 593 H – 594. Indien dit aanmerklik sou
verskil dan sal hierdie hof verplig wees om in te meng.
[15] Aan die anderkant is
dit bekend dat die bepaling van ‘n vonnis in ‘n
strafsaak, uitnemend in die diskresie van
die verhoorhof is en het
die verhoorhof ‘n diskresie om te besluit
(a) welke faktore hy of
sy sal gebruik om hom te beïnvloed om ‘n gepaste vonnis op
te lê; en
welke waarde hy op elke
faktor gaan heg.
Sien
KIBIDO
v S
1998 (3) ALL SA 72
(A).
In bogenoemde saak word
die volgende op bl. 46 f gesê:

A failure to take certain
factors into account or an improper determination of the value of
such factors amounts to a misdirection,
but only when the dictates of
justice carry clear conviction that an error has been committed in
this regard.”
en
later

Furthermore a mere misdirection
is not by itself sufficient to entitle a court of appeal to interfere
with a sentence. It must
be of such a nature, degree, or seriousness
that it shows directly or inferentially that the court did not
exercise its discretion
at all or exercise it improperly or
unreasonably. (See Trollip JA in
S
v PILLAY
,
supra
at 535 E – G.)”
[16] Die faktore wat in
ag geneem moet word, is:
Die misdaad;
Die faktore wat
verswarend oorweeg moet word; en
Die faktore wat
versagtend oorweeg moet word; en
Die belange van die
gemeenskap.
[17] Verkragting bly ‘n
ernstige misdryf en het die statistiek so toegeneem dat dit blyk asof
die swaar strawwe wat deur die
howe opgelê word, nie meer
afskrikkingswaarde het nie. Daar word ook saamgestem met die
verhoorlanddros waar hy op bl. 90
van die oorkonde die volgende sê:
“It
is not the Court’s duty to make serious offences look trivial
throught imposition of inappropriate or disproportionate
sentences.”
Die hof moet egter die
persoonlike omstandighede van die appellant asook die feite wat uniek
is tot elke saak, daarteenoor opweeg.
[18] Myns insiens het die
verhoorlanddros nie sy diskresie redelik uitgeoefen toe hy die vonnis
oorweeg het nie en het veral nie
in ag geneem dat vir die misdryf van
verkragting ‘n minimum vonnis van 10 (tien) jaar opgelê
moet word. Die oplegging
van 7 (sewe) jaar vir poging tot
verkragting waar daar geen getuienis van beserings was nie en die
klaagster en appellant albei
onder die invloed van drank was, kan
niks anders as onbillik en onvanpas beskou word nie.
[19] Ek het dus die
volgende faktore oorweeg:
Dat die misdryf een van
poging tot verkragting is;
Die appellant ‘n
eerste oortreder is;
Daar geen beserings was
nie;
Klaagster en appellant
onder die invloed van alkohol was;
Die appellant ook in
die proses beseer is;
Die minimum vonnis vir
verkragting 10 (tien) jaar gevangenisstraf is;
Daarteenoor dat die
appellant opportunies opgetree het deurdat hy uit die klaagster se
bedwelmde toestand probeer voordeel trek
het;
Die vermetelheid gehad
het om die klaagster in haar eie huis te probeer verkrag sonder om
haar toestand, gevoelens of privaatheid
in ag te neem;
Ernstigheid van die
misdryf en die toeneem daarvan in hierdie hof se jurisdiksie.
[20] Gevolglik word die
volgende bevel gemaak:
Die skuldigbevinding
word bekragtig.
Die vonnis van 7 (sewe)
jaar gevangenisstraf word opgehef en vervang met ‘n vonnis
van 5 (vyf) jaar gevangenisstraf.
Die vonnis word geag
opgelê te gewees het op 10 Augustus 2005.
________________
D. MILTON, WND R
Ek
stem saam.
______________
M.H. RAMPAI, R
Namens
die Appellant: Adv. R. Van Wyk
In
opdrag van:
BLOEMFONTEIN
Namens
die Respondent: Adv. R. Hoffman
In
opdrag van:
Direkteur
Openbare Vervolgings
BLOEMFONTEIN
/sp