About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2008
>>
[2008] ZAFSHC 77
|
|
S v Tsotetsi (355/2008) [2008] ZAFSHC 77 (10 July 2008)
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Saak
Nr. : 355/2008
In
die
saak
tussen:
DIE
STAAT
en
FANA
SAM TSOTETSI
UITSPRAAK:
VAN
DER MERWE, R
GELEWER
OP:
10
JULIE 2008
[1]
Hierdie
is ‘n spesiale hersiening. Die beskudigde se versoek dat ‘n
skulderkenningsboete wat hy ingevolge die bepalings
van artikel 57
van die Strafproseswet, No. 51 van 1977 (“die Wet”)
betaal het, ter syde gestel word, is deur die landdros
van Bethlehem
onder die aandag van hierdie hof gebring. Die rede vir die
vertraging in die aangeleentheid is bevredigend deur
die landdros
verduidelik.
[2] Op
4 Augustus 2007 is ‘n kennisgewing ingevolge artikel 56 van die
Wet aan die beskuldigde oorhandig ingevolge waarvan
hy versoek is om
op 17 September 2007 in die landdroshof te Bethlehem te verskyn op ‘n
aanklag van oortreding van artikel
102(1)(a) van die Vrystaatse Wet
op Openbare Vervoer, No. 4 van 2005 deurdat hy 6 volwasse passasiers
teen vergoeding vervoer het
sonder ‘n geldige openbare vervoer
permit. ‘n Skulderkenningsboete van R1 500,00 is in die
kennisgewing vasgestel.
Die beskuldigde het hierdie boete betaal by
die Klerk van die Hof, Bethlehem op 7 Augustus 2007. Gevolglik word
die beskuldigde
ingevolge artikel 57(6) van die Wet geag deur die hof
ten opsigte van die betrokke misdryf skuldig bevind en gevonnis te
gewees
het. Die skulderkenning is ingevolge artkel 57(7) van die Wet
nagesien op 10 Augustus 2007 en die landdros het nie die
skuldigbevinding
en vonnis ter syde gestel nie. Gevolglik het die
landdros ook
functus
officio
geword ten aansien van die aangeleentheid.
[3] Ek
stem met eerbied saam met die beslissing in
S
v MTHIYA
1991 (1) SASV 615 (OK) op 617 dat in die algemeen die toets by ‘n
geval soos die onderhawige is of die beskuldigde se bewerings
voldoende is om ‘n redelike twyfel te skep aangaande die
korrektheid of geldigheid van die geagte skuldigbevinding en vonnis.
Feitelike beweringe van die beskuldigde wat nie objektief korrek
aangetoon is nie, sal gewoonlik slegs voldoende wees indien dit
onder
eed gemaak is. Dit is verder myns insiens vanselfsprekend dat daar
gewoonweg slegs ‘n redelike twyfel aangaande die
korrektheid
van die skuldigbevinding sal wees indien ‘n redelike of
bevredigende verduideliking voorgelê is aangaande
waarom die
skulderkenning desondanks betaal is.
[4] Die
beskuldigde, ‘n onderwyser, verklaar onder eed dat hy nie op
die betrokke dag die passasiers teen vergoeding vervoer
het nie. Hy
word gestaaf deur ‘n verklaring van een van die passasiers.
Die beskuldigde verduidelik verder dat by die geleentheid
waarop die
kennisgewing ingevolge artikel 56 van die Wet aan hom oorhandig is
ingevolge die bepalings van artikel 99 van die Vrystaatse
Wet No. 4
van 2005 ook op sy motorvoertuig beslag gelê is. Hy heg by sy
eedsverklaring ‘n kennisgewing van beslaglegging
aan waaruit
blyk dat die voertuig slegs aan die beskuldigde terugbesorg sou word
voor die verhoordatum op 17 September 2007 indien
hy ‘n bedrag
van R2 000,00 betaal sowel as die bedrag van R1 500,00 ten opsigte
van erkenning van skuld. Hierdie kennisgewing
het boonop vermeld dat
‘n daaglikse addisionele fooi van R40 per dag gehef sou word
vir die tydperk waartydens die voertuig
in beslaglegging is. Uit ‘n
kwitansie wat voorgelê is, blyk dat die beskuldigde ook hierdie
bedrag van R2 000,00 betaal
het aan die Vrystaatse Provinsiale
regering, op 7 Augustus 2007. Die beskuldigde sê dat hy en sy
familie afhanklik was van
vervoer met hierdie voertuig, dat hy nie
sonder die voertuig kon wees tot op die verhoordatum of watter datum
daarna ookal waarop
die verhoor afgehandel sou word nie en dat dit
die rede is waarom hy beide die skuldigerkenningsboete en die gemelde
bedrag van
R2 000,00 op 7 Augustus 2007 betaal het.
[5] Na
my oordeel voldoen die beweringe van die beskuldigde aan die
voormelde toets en stem ek met die landdros saam dat aan die
beskuldigde se versoek voldoen moet word. Die skuldigbevinding en
vonnis wat gevolg het as gevolg van die betaling van die onderhawige
skulderkenningsboete moet dus ter syde gestel word. Dit is
vanselfsprekend dat die skulderkenningsboete aan die beskuldigde
terugbetaal
moet word. Dit is vir die vervolgingsgesag om te besluit
of die beskuldigde verder op die onderhawige aanklag vervolg moet
word
en dit sal bepalend wees daarvan of terugbetaling van die
voormelde bedrag van R2 000,00 ingevolge artikel 99 van die
Vrystaatse
Wet No. 4 van 2005 moet geskied al dan nie.
[6] Gevolglik word die
skuldigbevinding en vonnis ter syde gestel.
____
______________________
C. H. G. VAN DER
MERWE, R
/em