Van Heerden and Others v Suidwes Landbou (Edms) Beperk and Another (370/2008) [2008] ZAFSHC 56 (26 June 2008)

62 Reportability
Contract Law

Brief Summary

Execution — Disclosure of documents — Applicants sought disclosure of documents and information from respondents regarding the sale of maize under a settlement agreement — Respondents refused to provide details, claiming sufficient information had been given — Legal issue arose whether a fiduciary relationship existed between the parties, obligating the respondents to account for the transaction — Court held that a fiduciary relationship was established, entitling the applicants to access the requested documents and records to protect their rights.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2008
>>
[2008] ZAFSHC 56
|

|

Van Heerden and Others v Suidwes Landbou (Edms) Beperk and Another (370/2008) [2008] ZAFSHC 56 (26 June 2008)

IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Saak
Nr. :
370/2008
In
die saak tussen:-
ADRIAAN
ALBERTUS VAN HEERDEN
Eerste
Applikant
ANEL
VOERKRALE BK
Tweede
Applikant
CANAL
SQUARE INVESTMENTS 48
Derde
Applikant
(EDMS)
BEPERK
en
SUIDWES
LANDBOU (EDMS) BEPERK
Eerste
Respondent
SUIDWES
NYWERHEDE (EDMS) BEPERK
Tweede
Respondent
_____________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
19
JUNIE 2008
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
HANCKE,
R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
26
JUNIE 2008
_____________________________________________________
[1]
Die
applikante hierin vra dat die respondente gelas word om sekere
dokumente en inligting aan die applikante beskikbaar te stel.

Benewens die voormelde regshulp vra die applikante verder dat ‘n
lasbrief wat uitgereik is in saaknommer 605/2007 tersyde
gestel word,
alternatiewelik dat die uitvoering of implimentering daarvan
opgeskort word tot ‘n datum 30 dae na datum waarop
die
respondente voldoen het aan die bevele wat in die eerste vier
smeekbedes gevra word.
[2] Op 9 Februarie 2007
het die partye ‘n ooreenkoms gesluit ingevolge waarvan hulle
sekere Hooggeregshofgedinge en arbitrasieverrigtinge
geskik het. Die
skikkingsakte is beliggaam in twee dokumente waarvan die inhoud
dieselfde is, maar wat namens die onderskeie partye
op verskillende
plekke onderteken is. Op 12 Februarie 2007 is die skikkingsakte op
aansoek van die respondente tot ‘n hofbevel
verhef.
[3] In
die skikkingsakte onderneem die applikante, gesamentlik en
afsonderlik, om die bedrag van R5 150 000,00 aan die eerste
respondent
te betaal. In die skikkingsakte word eerste respondent
gemagtig om sekere mielies te verkoop en die opbrengs daarvan in
berekening
te bring teen betaling van die bedrag van R5 150 000,00.
[4] Eerste
respondent beweer dat dit die mielies verkoop het, maar weier om
enige besonderhede van die verkoping aan die applikante
bekend te
maak. Dit blyk dat selfs die verkoopprys aanvanklik geheim gehou is
en van die applikante weerhou is. Op 15 Februarie
2007 word die
koopprys vir die eerste keer openbaar, maar weier die respondente
steeds om die identiteit van die koper te openbaar
of om enige
dokumentêre stawing van die koopprys of die datum te verskaf.
Ondanks ‘n skrywe van mnr Maree, prokureur
van die applikante,
dat afskrifte van die brondokumente wat handel met die transaksie,
verskaf moet word, is dit die houding van
die respondente

... dat daar reeds voldoende
inligting aan u verskaf was en dat die verdere dokumentasie, veral in
die lig van die skikking wat
hierin aangegaan is, irrelevant is.”
[5] Op
7 Mei 2007 openbaar die respondente se prokureurs vir die eerste keer
dat die mielies nie “op S
AFEX”
verkoop is nie asook dat daar geen skriftelike koopkontrak bestaan
nie.
[6] Volgens
‘n skrywe van 15 Februarie 2007 vermeld respondente se
prokureur dat 3432,871 metrieke ton WM1 mielies verkoop
is volgens
SAFEX-prys 12/02/07 vir R1 508,00 per ton minus vervoer differensiaal
per ton van R101,00 waarby ‘n premie van
R5,00 per ton gevoeg
moet word.
[7] Die
vraag hierin is of applikante geregtig is op eerstens die
brondokumente waarop die opbrengs en uitgawes betrekking het,
en
tweedens om insae te kry in respondente se boeke, waarin die
verkoping aangeteken is. Dit is die applikante se saak dat daar
‘n
vertrouensverhouding tussen eerste applikant en eerste respondent tot
stand gekom het op grond waarvan hulle bogemelde
reg verkry het.
[8] Mnr
De Bruin, namens die respondente, het betoog dat die verhouding
tussen die partye ‘n gewone skuldeiser/skuldenaars
verhouding
is en dat daar dus geen vertrouensverhouding bestaan het wat enige
verpligting op die respondente geplaas het om rekenskap
van die
transaksies te gee nie. In hierdie verband het hy gesteun op
VICTOR
PRODUCTS (S A) (PTY) LTD v LATEULERE MANUFACTURING (PTY) LTD
1975 (1) SA 961
(W) te 963;
ABSA BANK BPK v JANSE VAN RENSBURG
2002 (3) SA 701
(HHA) te par. [16]. Hy het verder betoog dat daar
nêrens ‘n bewering op die stukke gemaak is hoekom
applikante geregtig
is om insae in die dokumentasie te hê nie.
Dit blyk egter uit die applikante se stukke dat hulle nie tevrede was
met die
besonderhede van die transaksie wat geopenbaar was nie, dat
die respondente se ontwykende houding voldoende was om applikante
agterdogtig
te maak, asook dat uit die feit dat die respondente die
begeleidende dokumentasie geheim gehou het, die applikante die
afleiding
gemaak het dat die mielies op onreëlmatige wyse
verkoop is.
[9] Die
verhouding tussen die partye word bepaal deur twee dokumente.
Eerstens, die skikkingsakte waarvan die tersaaklike klousule
soos
volg lui:

1.
Die verweerders
onderneem om gesamentlik en afsonderlik die bedrag van
R5
150 000,00
(VYF MILJOEN EEN HONDERD EN VYFTIG DUISEND RAND) aan Suidwes Landbou
(Edms) Bpk h/a Suidwesfin (
Suidwes
)
te betaal op die wyse en tye hierna uiteengesit.
2.
Adriaan Albertus
van Heerden (
“Van
Heerden”
),
die eerste verweerder in saaknommer 177/2005 magtig hiermee vir
Suidwes om, in terme van die hierna genoemde sessie, alle mielies
wat
tans in die silos van Suidwes gehou word in die naam van Van Heerden,
sonder enige versuim te verkoop teen die SAFEX prys wat
vir sodanige
mielies verkry kan word asof Van Heerden dit self op SAFEX verkoop
het.
3.
Die verkoopprys van
die mielies soos hierintevore bedoel, word in berekening gebring teen
die bedrag van
R5
150 000.00
ooreenkomstig die sessie wat Van Heerden op 30 Augustus 2004 ten
gunste van Suidwes verly het.”
[
10] Tweedens,
is die sessie van belang, waar die tersaaklike klousule soos volg
lui:

5. Uit
hoofde van sodanige sessie, magtig ek hiermee die maatskappy om die
opbrengs of ander teenprestasie in die naam van die maatskappy
op te
vorder, om enige sodanige teenprestasie te gelde te maak en om alle
gelde aldus verhaal nadat alle onkostes verbonde aan
die verhaal
daarvan daarteen in verrekening gebring is, teen my bogenoemde
rekening te krediteer ter vermindering van my aanspreeklikheid

teenoor die maatskappy.”
[1
1] Die
vraag ontstaan nou of eerste respondent as
agent
opgetree het toe dit die mielies verkoop het. Ten opsigte van die
omskrywing van agent verklaar
Wille’s
Principles of South African Law
(8ste Uitgawe) op p. 592 die volgende:

An agent is
a person who, by performing juristic acts for and on behalf of
another person, known as his princip
al,
places the latter in legal relations with third persons. A juristic
act is one whereby a legal relationship is created, altered
or
discharged. Hence, to put it more fully, an agent is a person who
for and on behalf of a principal performs one or more of
the
following acts: he acquires, enforces, or extinguishes rights against
third persons, or incurs, performs, or discharges obligations
in
favour of third persons.”
[1
2] Ten
opsigte van die verskillende soorte agente, verklaar Wille a.w. p.
594 die volgende:

The term
‘agent’
is
often applied indiscriminately to denote any person who performs some
act on behalf of another, and who thus in a sense ‘represents’

the other. These ‘agents’ are then classified according
to the nature of the acts which they perform. In fact, however,
many
of these ‘agents’ are not strictly agents at all since
they lack the power to bind their principals, which is
the hallmark
of agency.”
[1
3] Dit
is van belang om daarop te let dat die skikkingsooreenkoms magtiging
verleen aan die eerste respondent om die mielies te
verkoop. Wat die
sessie betref, magtig dit die eerste respondent om die opbrengs van
die mielies te verhaal en die applikante
se rekening daarmee te
krediteer. Die kooptransaksie kom dus tot stand tussen eerste
applikant en die koper en die eerste respondent
verkry die reg om die
koopprys in die plek van die eerste applikant vanaf die koper te
vorder. Die eerste respondent se optrede
voldoen dus aan die
omskrywing van agent, soos hierbo vermeld.
[14] Die
resultaat daarvan is dat die eerste respondent as agent van die
eerste applikant sekere verpligtinge opdoen wat onder andere
insluit
die verpligting om die prinsipaal toe te laat om sy boeke en alle
bewysstukke, wat ter saaklik is, te inspekteer. In
HANSA
v DINBRO TRUST (PTY), LTD
1949 (2) SA 513
(T) verklaar Millin, R op 514 die volgende:

...
the
plaintiff insists that he has a legal right to get the relief that I
have mentioned. That he has that right is very clear from
the
authorities. I believe the law as it prevails both here and in
England is correctly set out in Article 46 of Bowstead on
Agency
(10th ed., p. 76). It is there said - I shall only read what is
material -
'It is the duty of
every agent (
b
)
to preserve and be constantly ready with correct accounts of all his
dealings and transactions in the course of his agency; (
c
)
to produce to the principal, or to a proper person appointed by the
principal, all books and documents in his hands relating to
the
principal's affairs.'
That is what the
applicant is asking and what
prima
facie
he is entitled to.”
Vergelyk
ook
JACOBSOHN
v SIMON AND PIENAAR
1938 TPD 116
te 120;
DOYLE
AND ANOTHER v FLEET MOTORS PE (PTY) LTD
1971 (3) SA 760
(A) te 762E – H;
RELLAMS
(PTY) LTD v JAMES BROWN & HAMER LTD
1983 (1) SA 556
(N) te 560H – 561A;
Amler’s
Precedents of Pleadings
(6de Uitgawe) deur L T C Harms, p. 4 – 5.
[15] Agentskap
sluit beide verteenwoordiging en lasgewing in. Wille a.w. p. 592.
Die huidige kontrak kan ook as ‘n lasgewingskontrak
of ‘n
mandatum
beskryf word. In hierdie verband verklaar Nienaber, A.R. in
DAVID
TRUST AND OTHERS v AEGIS INSURANCE CO LTD AND OTHERS
[2000] ZASCA 108
;
2000 (3) SA 289
(HHA) te 298, par. [20] die volgende:

The contract
is one of mandate. The mandate given by each plaintiff to Katz
Salber was to invest and administer funds entrusted
to it by the
plaintiff concerned and collected by it from the plaintiff’s
debtors. These funds were to be invested in a
bank, in this case
Investec and Trust Bank respectively. It is one of the
naturalia
of each such contract, as it is of contracts of mandate in general,
that the mandatory is obliged, first, to perform his functions

faithfully, honestly, and with care and diligence and secondly,
to
account to his principals for his actions
.”
(My beklemtoning.)
[16] Wat
die regte van die mandator betref, word in
The
Law of South Africa
,
(First Re-issue Vol 17) onder redaksie van Joubert) teenoor par. 12
die volgende verklaar:

Upon receipt of the account the
madator is entitled to a reasonable opportunity to examine it for
purposes of ascertaining its correctness.
He may also examine the
relevant entries in the books kept by the mandatory insofar as they
contain information relating to the
execution of the mandate. In
addition he may make extracts and, if he deems it necessary, procure
the services of an accountant
or other qualified person to assist
him.
Once the mandator
has ratified the account, he is entitled to receive whatever is
reflected as being due to him; by the same token
he is obliged to
give the mandatory whatever is shown to be due to him.”
[17] Die
beskikbaarstelling van die aangevraagde inligting sal in
ooreenstemming wees met die Grondwet, aangesien die applikante
‘n
voldoende basis gelê het dat hierdie inligting benodig word om
hulle regte te beskerm. Artikel 32(b) van die Grondwet
108 van 1996;
CLUTCHCO
(PTY) LTD v DAVIS
2005 (3) SA 486
(HHA) te 491J – 492A; 493C – F;
The
Bill of Rights Handbook
(5de Uitgawe) deur I Currie en J de Waal, p. 688 e.v.
[18]
Dit
volg dus uit hoofde van die voorgaande dat applikante geregtig is op
beide lewering van die aangevraagde dokumentasie, asook
insae in die
tersake boeke, uit hoofde van die feit dat eerste respondent as agent
of lashebber opgetree het van die applikante.
[19] Wat
smeekbede 5 betref naamlik die regshulp dat die lasbrief tersyde
gestel word, het mnr Danzfuss, namens die applikante,
gevra vir die
alternatiewe gedeelte van die smeekbede, naamlik dat die uitvoering
en implimentering daarvan opgeskort word vir
‘n sekere tydperk.
Na my mening is dit reg en billik dat gehoor gegee word aan hierdie
versoek ten einde applikante in staat
te stel om hulle te vergewis
omtrent die korrektheid van die uitstaande balans aan die hand van
die betrokke bewysstukke en ander
dokumentasie. Hofreël 45(A);
LE
ROUX v YSKOR LANDGOED (EDMS) BPK EN ANDERE
1984 (4) SA 252(T)
te 257B – D;
WHITFIELD
v VAN AARDE
1993 (1) SA 332
(OK) te 337G - H;
ROAD
ACCIDENT FUND v STRYDOM
2001 (1) SA 292
(K) te 300B.
[
20] Bygevolg
word die volgende bevele verleen:
1. Die
respondente word gelas om alle dokumente wat betrekking het op die
verkoping van die eerste applikant se 3432,871 metrieke
ton WM1
mielies gereflekteer word, insluitende
tersaaklike
fakture, kwitansies, tjeks, depositostrokies, bewyse van
bankinbetalings, kasboekinskrywings, grootboek- inskrywings,

joernaal-inskrywings, aan die applikant te lewer binne sewe dae vanaf
datum van hierdie bevel.
2. Dat
die respondent gelas word om binne sewe dae vanaf datum van
hierdie
bevel aan applikante te openbaar die identiteit van die persoon of
instansie aan wie die mielies in die voorafgaande paragraaf
vermeld,
verkoop is.
3. Dat applikant gemagtig
word om vir doeleindes van inspeksie, insae te neem in al respondente
se boeke waarin die gemelde verkoping
aangeteken is.
4. Dat
respondent gelas word om applikante toe te laat om vir inspeksie
insae te neem in die boeke waarna in die voorafgaande paragraaf

verwys word en om na aanleiding van die inskrywings in die boeke aan
applikante
te verreken.
5. Dat die lasbrief tot
uitwinning in saak 605/2007 opgeskort word tot ‘n datum 30 dae
na die datum waarop respondente voldoen
het aan die bevele 1 –
4 hierbo.
6.
Die
respondente word gelas om die koste van die aansoek te betaal.
________________
S.P.B. HANCKE, R
Namens
d
ie
applikante: Adv. F.W.A. Danzfuss SC
In opdrag van:
Schoeman Maree
Ingelyf
BLOEMFONTEIN
Namens
die
respondente: Adv.
J.P. de Bruin SC
In opdrag van:
Symington & De
Kok
BLOEMFONTEIN
/sp