About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2008
>>
[2008] ZAFSHC 55
|
|
S v Julinoh Macamo and Others (16/2006) [2008] ZAFSHC 55 (26 June 2008)
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Saak
Nr. :
16/2006
In
die saak tussen:-
DIE
STAAT
versus
PAULUS
SHILANGO @ JULINOH MOCAMO
Beskuldigde
1
ALEXANDRE
ALBINO DAVA
Beskuldigde
2
JABU
MTEMBU @ JAVAS
Beskuldigde
3
ANTHONY
MATHEBULA @ JOHN DRAKE
Beskuldigde
4
LAZARUS
MNISI
Beskuldigde
5
SIMON
MNISI
Beskuldigde
6
SEBASTIAN
SIBEKO @ MANDLA
Beskuldigde
7
SIPHO
DAVID MXOLI
Beskuldigde
8
(MADALA
MALOLEKE)
(Beskuldigde
9)
ARLINDO
DIVANE @ THIVANE @ ELLIOT ZULU
Beskuldigde
10
JACKSON
FULANE @
Beskuldigde
11
JACKSON
STEPHEN KHOZA
CAIN
GONDWE
Beskuldigde
12
JOSEPH
MAHLALELA
Beskuldigde
13
BENZANI
NXUMALO
Beskuldigde
14
JOEL
NDZIMANDE
Beskuldigde
15
WALTER
GUMEDE
Beskuldigde
16
_____________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
1 FEBRUARIE 2008, 22 FEBRUARIE 2008, 25 APRIL 2008, 13
JUNIE 2008
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
HANCKE,
R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
26
JUNIE 2008
_____________________________________________________
[1] Die betrokke
applikante is skuldig bevind aan verskeie aanklagte wat wissel van
roof met verswarende omstandighede, menseroof,
diefstal, oortreding
van artikel 9 van Wet 21 van 1998, die Wet op Voorkoming van
Georganiseerde Misdaad.
[2] Ten
einde verwarring te voorkom sal hierin later verwys word na die
betrokke beskuldigde se nommer waarmee hy tydens die strafverhoor
geïdentifiseer is.
[3] Die
Staat by monde van mnr Steyn opponeer die aansoek ten opsigte van
beide die skuldigbevindings en vonnisse.
[4]
Alhoewel kronologies met elke aanklag gehandel sal word volgens die
applikante se betoogshoofde, is dit egter belangrik dat
die klagtes
nie in isolasie beskou word nie, maar moet die geheelbeeld van veral
selfoonkontak, die tyd, plek en volgorde waarop
die oproepe op mekaar
gevolg het, die feit dat die meeste beskuldigdes handstukke gedeel
het, asook besonderhede van mekaar op
hulle foonboeke gehad het, in
ag geneem word. Die patroon wat selfoonkontak ten opsigte van die
onderskeie klagtes aangeneem het,
asook patroon van misdaad
aktiwiteite moet ook in ag geneem word.
[5] Aanklagte
1 en 2 (Beskuldigde 13):
Die
betrokke vragmotor is geroof vanuit die besit van
Ben Senatle en ‘n passasier deur onbekende persone met ‘n
blou Toyota Cressida, op 15 November 1999 omstreeks 22h00.
Op 17
November 1999 was privaatondersoekers in ‘n jaagtog betrokke
met die Cressida, waarna die insittendes weggehardloop
het. Die
klere van mnr Senatle, wat tydens die rooftog gebuit was, is in die
bagasiebak van die voertuig gevind. Beskuldigde
13 se vingerafdruk
is gevind aan die buitekant van hierdie voertuig op die masjienkap,
welke afdruk, volgens die staatsgetuies
betreklik vars was. (Sien
paragrawe [58], [68] en [170] van die uitspraak.) Applikant se
vorige skuldigbevinding (aan poging
tot roof) was slegs ter sake om
te bepaal of hy in die tronk was toe hy die beweerde motortransaksie
aangegaan het en of sy weergawe
redelik moontlik waar was. Artikel
197(d) van die Strafproseswet, Hiemstra (5de Uitgawe) p. 482.
[6] Insiggewend
is die feit dat die getuie Senatle vir beskuldigde 10 as een van die
rowers uitwys, wat op hulle eie weergawes swaers
is en saamgewoon
het. Sien verder paragraaf
[170]
van die uitspraak.
[7] Aanklag
4 (
Beskuldigde
1):
Dit is
gemene saak dat
die
Pajero voertuig op 27 Julie 2000 omstreeks 20h10 deur drie onbekende
mans geroof is en wat die volgende dag, op Vrydag 28 Julie
2000 te
Nelspruit teruggevind is. Daar was sekere weersprekings in die
weergawe van die staatsgetuies, met welke weersprekings
in die
uitspraak gehandel is. (Sien paragraaf [171].) Dit is ook van
belang om daarop te let dat die registrasienommer naamlik
MME 0490
agter-op die folien, wat vanaf die vingerafdruk gelig is, aangeteken
is. Beskuldigde 1 se vingerafdruk op die nommerplaat
was vars gewees
volgens die getuienis. Hyself plaas homself ook in daardie omgewing
en is hy ook deur verskeie polisie beamptes,
wat geloofwaardige
getuienis gelewer het, aldaar in die omgewing van Beginners Lodge
geïdentifiseer. Verder word volstaan
met dit wat alreeds in die
uitspraak in hierdie verband vermeld is. (Sien paragraaf [171].)
Wat
die eiendomsreg van die selfone betref is alreeds gehandel in die
uitspraak en is belangrik dat die getuienis in die totaliteit
beskou
moet word. Sien paragraaf
[153]
van die uitspraak.
Die
betoog dat mev Heyneke nooit in getui
enis
bevestig het dat die state wat handel oor hierdie klagte of dat die
inhoud daarvan korrek is, kan ook nie opgaan nie. Haar
getuienis was
dat al die state waar en korrek was. In elk geval kan vir doeleindes
van hierdie skuldigbevinding, hierdie getuienis
buite rekening gelaat
word, in die lig van die feit dat beskuldigde 1 se vingerafdruk op
die betrokke nommerplaat gevind is ten
opsigte waarvan hy ‘n
weergawe gegee het wat leunagtig was en gevolglik verwerp was.
Wat
die dokumentasie betref wat ingehandig is deur Kaptein Fourie ten
opsigte van die drukstukke wat afkomstig is van die rekenaarstelsel
is dit verbasend dat dit geopper word in betoog
,
in die lig van die feit dat geen skuldigbevinding gebasseer is op
hierdie getuienis nie en dat dit buite rekening gelaat was.
[8] Aanklagte 7 & 8
(Beskuldigdes 1, 5 en 6):
Die verdediging se
betoog dat daar ‘n sogenaamde afstanddoening (disassociation)
van die misdaad was, en dat die element
van permanente
besitsontneming nie bewys is nie, kan net nie opgaan nie. Dit blyk
duidelik uit die getuienis dat hier nie eers
sprake is van ‘n
poging nie, maar dat die misdaad volledig uitgevoer en voltooi was.
Die applikant wys selfs in sy hoofde
dat die vragmotor vyf kilometer
van die rooftoneel gevindikeer is, d.w.s
nadat
die roof plaasgevind het. Van die rowers se skuld moet beoordeel
word soos wat dit was
tydens
die pleging van die betrokke misdrywe en blyk dit dat hulle
effektiewe beheer oor die voertuig geneem het met die opset om die
eienaar permanent van sy besit te ontneem. Wat beskuldigde 6 se
uitkenning betref deur die getuie, Willie Ncongwane (paragraaf
[72]),
blyk dit dat die voorval helder oordag plaasgevind het en dat die
getuie voldoende tyd gehad het. Hy kon en het noukeurige
waarnemings
gemaak en het ook die teenwoordigheid van gees behou deur tydens die
aanhouding te ontsnap. Origens word verwys na
paragraaf [173] van
die uitspraak.
[9] Wat die eienaarskap
van selfoon 083 481 8804 betref, vertoon dit die naam Mokamo wanneer
dit aangeskakel word en het beskuldigde
1 erken dat sy ander naam
Julinoh Alberto Mocamo is. Dit blyk duidelik uit sy getuienis dat hy
Mokamo/Mocamo verskillend spel.
Verder bevat hierdie selfoon ‘n
foto wat voorgee die van beskuldigde 1 te wees. Alhoewel die
getuienis van
Inspekteur
Van Deventer nie vry van kritiek was nie, was hy (in teenstelling met
Kaptein
Van Deventer) ‘n eerlike en geloofwaardige getuie gewees. Dit
is belangrik dat die totaliteit van die getuienis hier in
ag geneem
word. Sien verder paragraaf [153] van die uitspraak.
[10] Selfoonstate en
getuienis daaromtrent:
Die
getuies, Petro Heyneke namens Vodacom, en Hilda du Plessis namens
MTN, het die Hof beïndruk as geloofwaardige en betrou
bare
getuies wat uitgebreide kennis omtrent hulle vakgebied het. Op ‘n
stadium, toe die verdediging die suggestie gemaak
het dat daar
foutiewe inligting voor die Hof geplaas is, is die getuie, Heyneke,
teruggeroep en het dit geblyk dat die data inderdaad
korrek was. Die
moontlikhede deur die verdediging in hierdie verband t.o.v. hulle
getuienis kom neer op spekulasie. Dit is nie
die Staat se plig om
alle moontlikhede uit te skakel nie. Vergelyk
S
v GLEGG
1973 (1) SA 34
(A) te 38 H – 39 A. Dit was ook nie die
verdediging se saak dat die oproepe ontken of elders gemaak was nie.
S
v BOESAK
2000 (1) SASV 633 (HHA) te 647 c – d. Sien verder paragraaf
[149] van die uitspraak asook die getuienis van Heyneke en Du
Plessis.
[11] Aanklagte 15 en 16
(Beskuldigdes 1 en 2):
Die
bestuurder van die vragmotor, mnr Motaung, het vir beskuldigde 2
uitgeken as die persoon wat hom beveel het om in die voertuig
te
klim, asook die persoon wat ‘n vuurwapen in sy hand gehad het
(paragraaf [74]). Verder is beskuldigde 2 ook die persoon
wat hom in
die bos ingeneem het en het hy aan die polisie te kenne gegee dat hy
in staat sal wees om een van sy aanvallers te identifiseer.
Uitkenning het helder oordag geskied en was hulle vir ongeveer vier
ure in mekaar se geselskap. Alhoewel dit ‘n sogenaamde
“dock
identification” was, wat met versigtigheid benader moet word,
is beskuldigde 2 tussen 15 swart manspersone uitgeken.
Beskuldigde 2
se swak vertoning in die getuiebank is ook hier in ag geneem. Wat
beskuldigde 1 betref, word sy selfoonnommer wat
eindig 8804 op die
toneel geplaas. Sien verder paragraaf [177] van die uitspraak.
[12] Aanklagte 17 en 18
(Beskuldiges 1, 2, 3, 4, 5, 6, en 11):
Dit
blyk duidelik uit die uitspraak dat daar nie staatgemaak is op die
uitkenning van die getuie, Ganias Budhu nie, maar daar gesteun
is op
die totaliteit van die omstandigheidsgetuienis soos gereflekteer in
die selfoonstate. So byvoorbeeld het beskuldigde 11
‘n
belangrike rol gespeel in die pleging van hierdie aanklagte en ‘n
groot aantal van die ander misdrywe. Uiteindelik
is hy aan 21
aanklagte skuldig bevind. Wat hierdie aanklagte betref, het hy voor
die voorval kontak met beskuldigdes 1 en 6, en
ná die voorval
met 1, 6 en 4 (met laasgenoemde op ‘n deurlopende basis). Na
die voorval bevind beskuldigdes 2, 4
en 6 hulle almal soos gewoonlik
te Alrode Suid. Sien verder die 1ste paragraaf [178] van die
uitspraak. Wat die eienaarskap van
selfoon 082 759 5772 betref, is
daarmee gehandel in paragraaf [163] van die uitspraak. Ten opsigte
van die bewyswaarde van die
selfoondata: Op enkele uitsonderings na
was die selfone, en die inligting wat dit bevat, beskikbaar aan al
die lede van die Hof.
Na my mening is dit soortgelyk aan ‘n
foto of opname wat as reële getuienis beskou word.
S
v M
2002 (2) SACR 411
(SCA) te par. [31] teenoor c – e;
S
v BALEKA AND OTHERS
(1)
1986 (4) SA 192
(T) te 195 C en verder.
[13] Aanklagte 19 en 20
(Beskuldigdes 1, 2, 3, 4, 5, 6, 10, 11 en 14):
Namens
die applikante is betoog dat die weergawe gegee deur beskuldigde 5
slegs in getuienis teen homself toelaatbaar is en dat
dit nie as
getuienis teen beskuldigde 4 toelaatbaar is nie – op geen
stadium in die uitspraak is dit egter as getuienis teen
beskuldigde 4
in ag geneem nie. Namens beskuldigde 2 is na die getuienis van Budhu
verwys. Laasgenoemde was ‘n swak getuie
en het ten opsigte van
die vorige klagtes getuig.
[14] Beskuldigde
3 se vingerafdruk is aan die buitekant van die geroofde vragmotor se
deur gevind, terwyl beskuldigde 5, die bestuurder
van die vragmotor,
in die geroofde vragmotor met vervalste nommerplate voorgekeer is in
die Lebombo-omgewing, d.w.s naby die grens.
Die geroofde vragmotor
het vervalste nommerplate gehad wat bo-oor die oorspronklikes geplak
was. Verder blyk dit dat die vragmotor
se opsporingstelsel, radio en
panele, opsigtelik verwyder was.
[15] Die
res van die beskuldigdes se skuldigbevindings is gebaseer op die
selfoonkontak wat daar was tussen die beskuldigdes, die
plekke waar
hulle bevind het, d.w.s. die totaliteit van die getuienis.
Samevattend: beskuldigdes 1 en 14 se selfone was op die
toneel tydens
pleging van die misdryf, daarna beweeg beskuldigdes 1, 5, 6 en 11 na
Alrode-Suid, terwyl beskuldigdes 3, 4, 5 en
11 later na Naas Service
Station te Komatipoort beweeg. Verder insiggewend is dat beskuldigde
4 se nommer wat eindig 8547 op beide
die foonboeke van beskuldigdes 3
(sy vingerafdrukke was op die geroofde vragmotor) en 5 (wie in die
geroofde vragmotor gevang is)
verskyn, en deel beskuldigde 4 ook ‘n
handstuk met beskuldigde 3. Sien verder die 2de paragraaf [178] van
die uitspraak.
[16] Aanklagte
21 en 22 (Beskuldigdes 1, 2, 6, 11, 14 en 15):
Beskuldigde
1 word uitgeken deur mnr Leoma en blyk dit dat hulle ‘n geruime
tyd, ongeveer vier ure, in mekaar se geselskap
was, gedurende welke
tydperk beskuldigde 1 hom oor sekere aspekte uitgevra het. Op
daardie stadium was beskuldigde 1 se haarstyl
feitlik kaalkop gewees.
Benewens hierdie uitkenning word beskuldigde 1 ook geïmpliseer
deur die selfoondata van sy foon wat
eindig met 8804. Wat selfoon
wat eindig met 1911 betref, alhoewel dit nie bo redelike twyfel met
beskuldigde 7 verbind kan word
nie, staan dit vas dat die hanteerder
daarvan aktief betrokke was by die pleging van die meeste van hierdie
misdrywe. Wat die
ander beskuldigdes betref, is die kommunikasie met
die selfone wat hulle mee verbind word van sodanige aard dat dit
enigste redelike
afleiding regverdig dat die Staat hierdie aanklagte
bewys het. Sien verder paragraaf [179] van die uitspraak.
[17] Aanklagte
23 en 24 (Beskuldigdes 1, 11 en 14):
Die bestuurder van die
betrokke vragmotor nl. mnr Molefe (paragraaf [23]) het op 17
September 2004, terwyl hy op pad was na Maputo,
by ‘n vulstasie
gestop, waar hy die mense gesien het wat hom gekaap het kort tevore.
Hy het dit aan die polisiebeamptes
wat daar aangekom het,
gerapporteer en het hy o.a. beskuldigde 1 uitgeken. Volgens hom het
beskuldigde 1, soos mnr Leoma t.o.v.
aanklagte 21 en 22 getuig het,
kort hare gedra. Hierdie uitkenning word ook gestaaf deur die
selfoondata. Origens word volstaan
met dit wat in die uitspraak gesê
is (paragraaf [180]).
Daar
is met die eienaarskap van selfoon 082 723 8870 gehandel in paragraaf
[163] van die uitspraak.
[18] Aanklagte
25, 26 en 27 (Beskuldigdes 1, 3, 10, 11 en 15):
Die getuie Conradie was
‘n oortuigende getuie gewees en het die toets geslaag beide wat
geloofwaardigheid en betroubaarheid
betref. Hy word gestaaf deur die
feit dat die selfoondata benewens beskuldigde 1, ook vir beskuldigde
14 op die toneel plaas.
Origens word verwys na paragraaf [181] van
die uitspraak.
[19] Aanklagte
30 en 31 (Beskuldiges 1, 2, 4 en 11):
Daar word volstaan met
wat alreeds in die uitspraak gesê is. Sien paragraaf [183].
[20] Aanklagte
32, 33 en 34 (Beskuldigdes 1, 2, 3, 11 en 12):
In
paragraaf 13.5 van adv Potgieter se betoogshoofde word daarna verwys
dat die betoog van die Staat “misplaas is aangesien
die Staat
se bewering is dat die vragmotor op pad was na Zambië. Dit is
totaal verskillende rigtings en hoe beskuldigde 4
daardeur tot die
pleging van hierdie misdaad geroep word, is verbasend.” Ek
stem saam daarmee. Beskuldigde 4 is egter
onskuldig
bevind ten opsigte van hierdie aanklagte. Dit blyk verder dat
beskuldigde 3 se vingerafdruk op die voorste vervalste nommerplaat
van die betrokke voertuig gevind is en dat hy ‘n vergesogte
verduideliking daarvoor gegee het. Origens word volstaan met
die
inhoud van die uitspraak (paragraaf [184].
[21] Aanklagte
35 en 36 (Beskuldigdes 1, 2 en 11):
Sien paragraaf [185] van
die uitspraak.
[22] Aanklagte
37 en 38 (Beskuldigdes 1, 2 en 15):
Mnr
van Rensburg het betoog dat daar nie getuienis is waar Vaalpark is
nie. Enige amptelike padkaart dui egter aan dat dit naby
(of aan)
Vereeniging geleë is. Daar word volstaan met die inhoud van die
uitspraak. Sien paragraaf [186].
[23] Aanklagte
39 en 40 (Beskuldigde 15):
Drie
weke nadat beskuldigde 15 gearresteer is in die geroofde vragmotor,
wat betrekking het op aanklagte 37 en 38 (wat op/omtrent
15 September
2004 plaasgevind het), word hy op 7 Oktober 2004 gearresteer vir
hierdie betrokke aanklagte om 22h19 d.w.s minder
as vyf ure na
hierdie rooftog. Verder insiggewend is die feit dat hy na hierdie
voorval in verbinding was met beskuldigde 6, nl.
om 22h00 en 22h01.
Beskuldigde 15 was ‘n ongeloofwaardige getuie wie se weergawe
as vals verwerp is. Sien verder paragraaf
[187] van die uitspraak.
[24] Aanklagte
41, 42 en 43 (Beskuldigdes 8 en 10):
Beskuldigde
8 is die dag na die roof in die geroofde vragmotor gearresteer terwyl
beskuldigde 10 in ‘n Camry voertuig was
wat verby hierdie
vragmotor gery het en terwyl hy sy arm uitgehou het met ‘n
duidelike teken “Volg my”. Sien
verder paragraaf [188]
van die uitspraak. Die eienaarskap van die selfoon, nl. dat dit aan
beskuldigde 10 behoort, blyk minder
belangrik te wees in die lig van
die getuienis hierbo na verwys. Die getuie Van der Schyff het die
betrokke SAP13 vorm, alwaar
die nommer verskyn, as dié van
beskuldigde 10, sowel as die notas van die foonboeke by die hof
ingehandig as bewysstukke.
Die simkaart is ook in beskuldigde 10 se
besit gevind tydens sy arrestasie. Op grond van die totaliteit van
die getuienis is
bevind dat hierdie selfoon aan beskuldigde 10
behoort.
Daar word verwys na die
mededelings wat gemaak is deur beskuldigde 8 aan polisielede wat
beskuldigde 10 sou impliseer. Daar is
geensins in die uitspraak op
hierdie getuienis gesteun by die beoordeling van die skuld van die
betrokke beskuldigde nie.
Elders
in die uitspraak is gehandel met die verdwyning van die selfone. Wat
hierdie aanklagte betref, is dit belangrik dat beskuldigde
8 se
selfoonstate ‘n spieëlbeeld is van oproepe gemaak en
ontvang tussen hom en beskuldigde 10. Vergelyk
S
v BALEKA AND OTHERS (1)
1986 (4) SA 192
(T) te 199J – 200A;
S
v RAMGOBIN AND OTHERS
1986 (4) SA 117
(N) te 134H – 135B. Alhoewel daar defekte was
in die staatsaak, was die Hof egter tevrede dat die getuienis in
wesenlike
opsigte bevredigend was.
[25] Aanklagte
44 en 45 (Beskuldigdes 13 en 16):
Getuie
Kgoete het klaarblyklik ‘n fout gemaak omtrent die tyd, welke
aspek tydens die verhoor reggestel is en ek onder die
indruk was dat
die verdediging hierdie geskilpunt laat vaar het. Ten opsigte van
die aspek of beskuldigde 13 ‘n Nokia 5510
of ‘n Nokia
3310 gebruik het, neem dit werklik nie die saak verder nie. Wat
beskuldigde 13 se selfoon, wat eindig 8872,
betref, het hy erken dat
dit aan hom behoort het, maar dat hy dit na bewering gedurende 2004
verloor het. Dit blyk egter dat sy
handstuk daarna gebruik te gewees
het, wat nie strook met sy weergawe nie. Sien verder paragraaf [165]
en [189] van die uitspraak.
[26] Aanklagte
46 en 47 (Beskuldigdes 7 en 11):
Dit is gepas om eers na die
posisie van beskuldigde 11 te verwys. Hy is o.a. skuldig bevind aan
aanklag 53, nl. oortreding van
artikel 9 van die Wet op Voorkoming
van Georganiseerde Misdaad, Wet 121 van 1998. Die hof het bo
redelike twyfel bevind dat hy
aktief deelgeneem het en lid was van ‘n
kriminele bende wat van hierdie misdrywe gepleeg het. In totaal is
beskuldigde 11
skuldig bevind aan 21 van die ten las gelegde
misdrywe. Die betrokke selfoon wat op hierdie aanklagte betrekking
het, eindig met
7824 wat beskuldigde 11 toegedig word. Sien
paragraaf [163] van die uitspraak.
Wat
beskuldigde 7 betref, is bevind dat die selfone wat eindig met nrs.
7600 en 7582 met hom verbind word. Sien paragraaf [160]
van die
uitspraak. Die betrokke voorval het plaasgevind op 26 Februarie 2005
om ongeveer 11h30 op die pad tussen Paul Roux en
Senekal.
Beskuldigde 7 se selfoon wat eindig met nr. 7600 is op dieselfde dag
vanaf 09h53 tot 13h21 in daardie omgewing gebruik.
Op dieselfde dag
het hy driekeer selfoonkontak met beskuldigde 11 op nr. wat eindig
7824 en die volgende dag by nege geleenthede
met dieselfde nommer.
Beskuldigde 11 is deur Tony Ghatu uitgeken as een van die rowers
(paragraaf [97]).
Beskuldigde
7 met sy ander nommer wat eindig 7582 bevind hom in die Paul
Roux/Senekal-omgewing vanaf 09h48 tot 13h14, gedurende
welke tydperk
20 oproepe gemaak word. Voor die voorval kontak hy vir beskuldigde
11 op dieselfde dag en na die voorval by nog
drie geleenthede. Van
belang is die feit dat beskuldigde 7 verkies het om nie enige
getuienis aan te bied of om enige verduideliking
vir hierdie
meervoudige selfoonkontak te gee nie.
[27] Aanklagte
53 en 54:
Sien paragraaf [194] van
die uitspraak.
AD VONNIS
Sien
uitspraak in hierdie verband.
[28]
In
die lig van die totaliteit van die getuienis is ek van mening dat
daar nie redelike vooruitsigte op sukses bestaan ten opsigte
van
beide die skuldigbevindings en vonnisse nie.
Bygevolg word die
applikante se aansoek van die hand gewys.
________________
S.P.B. HANCKE, R
Namens die 2de en 14de
applikante: Adv T B
van Rensburg
In opdrag van:
Regshulpraad
KROONSTAD
Namens ander
applikante: Adv H J Potgieter
Namens die Staat: Adv C
Steyn
In opdrag van:
Direkteur Openbare
Vervolging
BLOEMFONTEIN
/sp
2008/05/22
09:10:55
2008/06/23
02:57 nm
2008/06/24
09:48