About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2008
>>
[2008] ZAFSHC 47
|
|
Bezuidenhout and Others v Workforce Group (Edms) Bpk and Others (A44/2008) [2008] ZAFSHC 47 (19 June 2008)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Saak
Nr. : A44/2008
In
die saak tussen:
HENDRINA
MAGDALENA BEZUIDENHOUT
1ste
Applikant
DESIRé
HALL
2de Applikant
ALBERTUS
STEPHANUS HARTSLIEF
3de Applikant
en
THE
WORKFORCE GROUP (EDMS) BPK
Respondente
EN
8 ANDER
UITSPRAAK:
VAN
DER MERWE, R
AANGEHOOR
OP:
13
JUNIE 2008
GELEWER
OP:
19
JUNIE 2008
[1] Die
applikante (onderskeidelik die eerste, tweede en derde respondente in
aansoek nommer 351/08) doen aansoek om verlof om te
appelleer na die
Hoogste Hof van Appèl teen die geheel van die uitspraak en bevele in
aansoek nommer 351/08 gegee op 26 Februarie
2008. Die huidige
respondente staan die aansoek teen.
[2] Die
toets in ân aansoek soos die onderhawige is of redelike
vooruitsigte op sukses in die voorgenome appèl aangetoon is, nie
slegs ân moontlikheid daarvan nie en ook nie dat daar ân
argumenteerbare saak is nie.
[3] Die argument namens
die applikante is wesenlik dat ân ander hof mag bevind dat die
onderhawige handelsbeperkings-klousules ten
gunste van die
respondente nie enige beskermingswaardige belang dien nie en dat die
betrokke handelsbeperkingsklousules onredelik
is in die omvang en
tydsduur daarvan. Die advokaat vir die applikante het tydens die
aanhoor van hierdie aansoek weereens, myns
insiens tereg, aanvaar dat
die bewyslas op die applikante gerus het om op enigeen van die
voormelde gronde aan te toon dat die afdwing
van die
handelsbeperkingsklousules teen die openbare belang sal wees.
[4] In
die uitspraak is bevind dat die beskermingswaardige belang van die
respondente bestaan uit vertroulike inligting van die respondente
waaroor die applikante beskik. Die feite waarop die bevinding van
vertroulike inligting gemaak is, naamlik essensieel dat die
respondente
ook spesifiek ten aansien van hul Bloemfontein-tak oor
tyd vir hul eie gebruik inligting met betrekking tot klante en
werknemers
versamel het wat hul in staat kan stel om hul mededingers
voor te spring, is onbetwis. Die vraag is gevolglik slegs of daar
redelike
vooruitsigte is dat op appèl bevind kan word dat op daardie
feite nie aan die toepaslike toets vir vertroulike inligting, soos in
die uitspraak uiteengesit, voldoen word nie. Ek meen nie dat daar ân
redelike vooruitsig van sodanige bevinding op appèl is nie.
Ek is
tydens die argumentering van die onderhawige aansoek namens die
applikante veral verwys na die beslissings van
ADVTECH
RESOURCING (PTY) LTD t/a COMMUNICATE PERSONNEL GROUP v KUHN AND
ANOTHER
2008 (2) SA 375
(K) en
ARROW
ALTECH DISTRIBUTION (PTY) LTD v BYRNE AND ANOTHER
[2007] ZAKZHC 33
;
[2008] 1 ALL SA 356
(D). Ek vind dit onnodig om hierdie beslissings
te bespreek aangesien die beslissings daarin wat hier relevant is,
naamlik of die
betrokke respondente oor vertroulike inligting van die
applikante beskik het, gemaak is op die besondere feite van die
betrokke sake.
[5] Die omvang en duur
van die betrokke handelsbeperkingsklousules is nie as sulks aangeveg
in die opponerende verklarings in aansoek
nr. 351/08 nie. Daar is
gevolglik ook geen feitlike basis daarvoor gelê dat die twee jaar
tydperk en/of die 50km radius vanaf Bloemfontein
so onredelik is dat
die openbare belang verg dat dit nie afgedwing word nie. Ek meen
gevolglik ook nie dat die applikante op appèl
hiermee sukses sal kan
behaal nie.
[6] Wat
oorbly is die argument dat in paragraaf 8 van die bevel foutiewelik
gelas is dat die eerste respondent saam met die tweede
en derde
respondente die koste van die sogenaamde Anton Pillar aansoek,
aansoek nr. 6762/2007 moet betaal. Die advokaat vir die
applikante
het egter myns insiens heeltemal tereg aangedui dat verlof om te
appelleer nie slegs op hierdie punt verleen behoort te
word nie.
[7] Gevolglik
word die aansoek om verlof om te appelleer van die hand gewys met
koste.
__________________________
C. H. G. VAN DER
MERWE, R
Namens
die applikante: Adv. F. W. Botes
In opdrag van:
Rosendorff Reitz
Barry
BLOEMFONTEIN
Namens
die respondente: Adv. L. M. Malan
In opdrag van:
Symington & De Kok
BLOEMFONTEIN
/em