Monsanto South Africa (Pty) Ltd v Griessel (5955/2007) [2008] ZAFSHC 46 (19 June 2008)

55 Reportability
Civil Procedure

Brief Summary

Condonation — Late filing of opposing affidavit — Respondent seeking condonation for late submission of opposing affidavit in main application — Requirements for condonation include reasonable explanation for delay and bona fide defense — Respondent's explanation deemed reasonable due to confusion over missing supporting affidavit — Condonation granted, allowing respondent to file opposing affidavit and applicant to reply — Judgment granted in favor of applicant for specific amount with interest and costs.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2008
>>
[2008] ZAFSHC 46
|

|

Monsanto South Africa (Pty) Ltd v Griessel (5955/2007) [2008] ZAFSHC 46 (19 June 2008)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Saak Nr. : 5955/2007
In
die saak tussen:-
MONSANTO
SOUTH AFRICA (PTY) LTD
Applikant
en
MUNRO
JACQUES GRIESSEL
Respondent
_____________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
21
FEBRUARIE 2008
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
CILLIé,
R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
19
JUNIE 2008
_____________________________________________________
[1]
AARD
VAN DIE AANSOEKE:
Die ongewone aard van die
hoofaansoek (5955/07) en die betreklik gekompliseerde wyse waarop die
aangeleentheid daarna ontwikkel het,
noodsaak ‘n vollediger dan
gewone uiteensetting van die geskiedenis van hierdie drie aansoeke.
Doelmatigheidshalwe word na die
partye verwys soos in die
hoofaansoek. In die hoofaansoek vra die applikant vir ‘n bevel dat
die respondent sekere 150 sakke mieliesaad
van twee verskillende
variëteite en sekere 14 sakke mieliesaad van ‘n ander variëteit
aan hom moet teruglewer. Alternatiewelik
en op die veronderstelling
dat dit nie gelewer kan word nie, word gevra vir betaling eerstens,
van die bedrag van R150 118,00 en
tweedens, vir betaling van die
bedrag van R13 319,74. Dit verteenwoordig die koopprys van hierdie
mieliesaad, maar dit moet gemeld
word dat die twee transaksies nie
met mekaar verband hou nie. Daar word verder vir rente en koste op
prokureur-en-kliënt skaal
gevorder. Respondent het nie binne die
voorgeskrewe tyd sy bestryding van die hoofaansoek geliasseer nie.
Die aansoek is daarna
vir die onbestrede mosiehofrol ter rolle
geplaas. Toe die saak geroep is, is namens respondent aansoek gedoen
om uitstel ten einde
‘n kondonasie-aansoek te rig. Daardie aansoek
is geliasseer onder aansoeknommer 525/08. Dit vra kondonasie vir die
laat liassering
van die opponerende verklaring in die hoofaansoek.
Hierdie aansoek om kondonasie is bestry, ondersteun deur ‘n
eedsverklaring
namens applikant. Die respondent het hierop
repliseer. Dit is opgevolg met ‘n derde aansoek deur applikant
naamlik ‘n aansoek
om deurhaling van substantiewe gedeeltes van
hierdie repliserende verklaring in die kondonasie-aansoek.
[2]
HOUDING
VAN DIE PARTYE:
Namens
die partye is by aanvang van die betoë aanvaar dat, sou die aansoek
om kondonasie vir die laat indiening van die respondent
se
opponerende verklaring toegestaan word, die applikant geregtig
behoort te wees om daarop te repliseer. Dit is ook aanvaar dat
sou
die aansoek om kondonasie misluk, ‘n bevel soos in die Kennisgewing
van Mosie in die hoofaansoek vervat, verleen behoort te
word. Die
hoofaansoek sou dus, behalwe op ‘n onbestrede basis, in elk geval
nie by aanhoor van die aansoek afgehandel kon word
nie.
[3]
VEREISTES
VIR ‘N KONDONASIE-AANSOEK:
In
hierdie Hof moet ‘n party wat kondonasie vra vir die laat indiening
van ‘n opponerende verklaring die volgende vereistes bevredig:
Daar moet ‘n redelike
verduideliking vir die versuim wees; en
‘
n
Goeie en
bona
fide
verweer op die regshulp wat aangevra word, moet aangevoer word.
Vergelyk
MOTAUNG
v MUKUBELA AND ANOTHER, NNO; MOTAUNG v MOTHIBA, NO
1975 (1) SA 618
(O) op 624E;
DU
PLOOY v ANWES MOTORS (EDMS) BPK
1983 (4) SA 212
(O) op 216D en verder.
[4]
DIE
VERDUIDELIKING:
In die ondersteunende
eedsverklaring tot die aansoek om kondonasie word namens die
respondent deur sy prokureurs as volg verduidelik:
In die applikant se
aansoek word in die funderende eedsverklaring verwys na ‘n
eedsverklaring van onder andere ene Roux wat as ondersteuning
aangeheg sou word by die stukke. (Vergelyk paragraaf 7, bladsy 8 van
die hoofaansoek.) Sodanige eedsverklaring van Roux was egter
nie
aangeheg by die stukke wat op respondent beteken is nie. Navrae is
toe per skrywe in hierdie verband gerig aan die applikant
se
prokureur deur die respondent se prokureur. Dit het niks opgelewer
nie. ‘n Tweede skrywe is gerig met vermelding dat die
nie-aanhegting
van die verklaring van Roux as ‘n onreëlmatige
proses, soos bedoel in Hofreël 30, beskou sou word. In die skrywe
is ook gemeld
dat ‘n kennisgewing van opponering nie liasseer sou
word voor ‘n afskrif van die verklaring van Roux nie verskaf word
nie. In
antwoord hierop is ‘n niksseggende skrywe van applikant se
prokureurs ontvang. Op Maandag 21 Januarie 2008 is toevallig, namens
respondent, kennis daarvan geneem dat die hoofaansoek op die rol is
vir aanhoor op Donderdag 31 Januarie 2008. Op daardie datum
is die
Hof suksesvol, namens die respondent, versoek om die aangeleentheid
uit te stel tot 7 Februarie 2008 ten einde ‘n kondonasie
aansoek te
loods. Dit het gekulmineer in die onderhawige kondonasie-aansoek
nommer 525/2008.
[5]
BESTRYDING
VAN DIE KONDONASIE-AANSOEK:
Die kondinasie-aansoek
het ‘n lang opponerende verklaring van applikant se prokureur
ontlok. Dit beslaan tesame met die aanhangsels
daartoe 34 bladsye.
Die essensie daarvan is ‘n houding dat die respondent blatant en
flagrant die Hofreëls verontagsaam het.
Onder andere word gekla oor
die wyse waarop die respondent die aansoek om uitstel van die
hoofaansoek, toe dit op die onbestrede
rol geroep was, hanteer het.
Ook word aangevoer dat die nie-aanhegting van Roux se verklaring nie
rede was om nie tydig ‘n kennisgewing
van bestryding van die
hoofaansoek te liasseer nie. Met verwysing na die verweer
uiteengesit in die eedsverklaring wat beoog word
onder dekking van
die kondonasie-aansoek ingehandig te word, word aangevoer dat dit nie
‘n
bona
fide
verweer is nie, aangesien dit gekelder word deur die terme van die
skriftelike ooreenkoms wat deel is van die aanhangsels tot die
funderende eedsverklaring in die hoofaansoek. ‘n Baie kriptiese en
eintlik niksseggende verklaring van voormelde Roux word dan
ook
aangeheg.
[6]
AANSOEK
OM DEURHALING:
Die respondent het
repliseer op hierdie eedsverklaring van applikant se prokureur.
Tesame met die aanhangsels daartoe beslaan dit
op sy beurt 80
bladsye. Groot dele hiervan handel met die rol van voormelde Roux in
die hele geskil tussen die partye. Ek vind
dit nie nodig om in
verdere besonderhede hierna te verwys nie. ‘n Aansoek om
deurhaling (die derde aansoek) van ‘n aantal paragrawe
van hierdie
repliserende verklaring het hierop gevolg. Die grondslag van die
meeste daarvan is dat die beweringe daarin vervat of
ontersaaklik is
of nuwe beweringe bevat. Dit wat betref die stand van die stukke wat
tans voor my dien.
[7] Mnr. Van Tonder,
namens die applikant, het aangedui, soos reeds gemeld, dat indien die
aansoek om kondonasie op die hoofaansoek
toegestaan word, die
applikant sou wil repliseer op die respondent se opponerende
eedsverklaring wat onder dekking van die kondonasie
aansoek
toegestaan word. Mnr. Van Tonder se betoog is egter dat die
applikant se Kennisgewing van Mosie in die hoofsaak eintlik
twee
totaal verskillende eise bevat, naamlik ‘n eerste ten bedrae van
R150 118,00 en ‘n tweede eis ter waarde van R13 319,74.
Hy wys
daarop dat die opponerende verklaring hoogstens ‘n verweer op die
R150 118,00 eis poog daar te stel. Hy voer aan dat die
R13 319,74
eis eintlik onbeantwoord is. Mnr. Van Tonder moet hierin gelyk gegee
word. Mnr. Van Rhyn, namens die respondent, antwoord
egter hierop
dat hierdie bedrag uiteindelik verreken kan word teen ‘n eis om
skadevergoeding, wat die respondent in die proses
is om in te stel,
teen die applikant en wat voortspruit uit beweerde swak en gebrekkige
saad wat die applikant aan die respondent
verkoop het. Die effek
hiervan is dus dat die respondent ‘n ongelikwideerde vordering in
skuldvergelyking wil bring met die applikant
se likiede eis vir R13
319,74. Ek is nie geneë om dit toe te laat nie.
[8]
REDELIKHEID
VAN DIE VERDUIDELIKING:
Die
respondent se aangewese prosedure sou wees om ingevolge die Hofreëls
beswaar te maak teen die nie-aanhegting van Roux se verklaring.
Dit
blyk egter uit die stukke, soos dit nou verder aangevul is, dat
alhoewel dit in die vooruitsig gestel word in die funderende
verklaring in die hoofaansoek, namens die applikant, om so ‘n
verklaring van Roux aan te heg, dit nooit gerealiseer het nie. ‘n
Verklaring van Roux was dus nooit deel van die applikant se
funderende stukke nie. Die respondent kon hierdie verwarring
moontlik
opgeklaar het deur middel van ‘n aansoek vir tersyde
stelling van ‘n onreëlmatige stap. Ek is egter nie bereid om te
bevind
dat sy verduideliking, waarom dit nie gedoen was nie,
onredelik is nie. Dit is na alles teweeggebring deur applikant se
verwarrende
beweringe in sy funderende verklaring tot die
hoofaansoek.
[9]
DIE
MERIETE VAN DIE VERWEER:
Dit
blyk uit die stukke dat daar ‘n dispuut is oor die vraag of die
respondent by die applikant die mieliesaad gekoop het (in welke
geval
die koopprys natuurlik aan die applikant betaalbaar sou wees) of
andersyds dit van die gesegde Roux aangekoop het. Daar is
verder ‘n
dispuut oor die vraag of die saad op standaard of gebrekkig was.
Mnr. Van Tonder het tereg gewys op sekere oënskynlike
teenstrydighede in respondent se verklaring oor die rol van Roux in
die hele transaksie. Hy het ook gewys op sekere terme op die
rugkant
van die bestelvorm wat volgens hom klagtes oor die gehalte van die
saad uitsluit. Ek meen dat hoe minder op hierdie stadium
oor die
meriete van die verweer gesê word, hoe beter. Dit is voldoende om
te meld dat ek tot die gevolgtrekking gekom het dat die
respondent
wel ‘n houdbare en
bona
fide
verweer opper.
[10]
DIE
AANSOEK OM DEURHALING:
Dit
is wel so dat sekere van die paragrawe in die respondent se
repliserende eedsverklaring in die kondonasie-aansoek aangeleenthede
byhaal wat as nuwe geskille aangemerk kan word. Ek is egter nie
oortuig dat dit die applikant in enige mate in die voer van sy
aansoek
benadeel het nie. Gevolglik sal geen bevel op die aansoek om
deurhaling gemaak word nie. Al effek wat dit gehad het, was om die
stukke te beswaar. Die kostebevel wat ek voornemens is om te maak,
sal dit in elk geval regstel.
Die
resultaat is dat die volgende bevel gemaak word:
1. Kondonasie word aan
die respondent verleen vir die laat liassering van sy bestrydende
eedsverklaring in aansoek 5955/2007.
2. Applikant moet hierop
repliseer, indien gerade, binne die tydperk bereken asof die
bestrydende eedsverklaring met datum van lewering
van hierdie
uitspraak liasseer is.
3. Vonnis in die bedrag
van R13 319,74 met rente teen 15.5% per jaar vanaf 3 Maart 2006 word
aan applikant teen respondent verleen.
4. Respondent moet die
koste van die kondonasie-aansoek betaal op die skaal soos tussen
prokureur en kliënt, asook die koste teweeggebring
deur die vonnis
verleen in paragraaf [3],
supra
,
maar laasgenoemde op die toepaslike landdroshofskaal asof ‘n
enkelvoudige dagvaarding vir daardie bedrag, waarvoor vonnis verleen
is, uitgereik was.
____________
C.B. CILLIé, R
Namens die
applikant: Adv. Lucas J van Tonder
In
opdrag van:
Naudes
BLOEMFONTEIN
Namens die
respondent: Adv. A J R van Rhyn SC In opdrag van:
Matsepes
Ingelyf
BLOEMFONTEIN
/sp