About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2008
>>
[2008] ZAFSHC 30
|
|
Yellow Star Properties 1087 (Edms) Bpk v Lurama 149 (Edms) Beperk (3105/2007) [2008] ZAFSHC 30 (16 May 2008)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Saaknommer : 3105/2007
In
die saak tussen:-
YELLOW
STAR PROPERTIES 1087 (EDMS) BPK
Eiser
en
LURAMA
149 (EDMS) BEPERK
Verweerder
_____________________________________________________
CORAM:
VAN
ZYL, R
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
VAN
ZYL, R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
16
MEI 2008
_____________________________________________________
[1] Hierdie is ân
aansoek om summiere vonnis waarin eiser verweerder gedagvaar het vir
die betaling van die bedrag van R201 739.72,
tesame met rente en
koste. Nadat verweerder verdediging aangeteken het, het eiser die
aansoek om summiere vonnis geloods waarop
verweerder ân opponerende
verklaring daartoe geliasseer het.
[2] Dit
blyk uit die besonderhede van vordering dat eiser en verweerder op of
omtrent 9 Maart 2006 ân skriftelike koopooreenkoms
gesluit het in
terme waarvan eiser sekere onroerende eiendom geleë te Bethlehem aan
verweerder verkoop het. Hierdie skriftelike
koopooreenkoms is
aangeheg tot die besonderhede van vordering as aanhangsel âAâ.
Daaropvolgend en wel ook op of omtrent 9 Maart
2006 het eiser en
verweerder ân skriftelike addendum tot die koopooreenkoms gesluit,
ân afskrif waarvan aangeheg is tot die besonderhede
van vordering
as aanhangsel âBâ. Voortspruitend uit voormelde koopooreenkoms
het verweerder die volle koopsom betaal en is die
eiendom
getransporteer en in die naam van verweerder geregistreer op 4 Julie
2006. Ten tyde van die sluiting van voormelde koopooreenkoms,
tesame
met die addendum daartoe, het eiser reeds begin om sekere
verbeteringe tot die bestaande eiendomme aan te bring en is dit
in
klousule 22 van die koopooreenkoms ooreengekom dat eiser aanspreeklik
sal wees vir alle sodanige bouwerk tot en met datum van
registrasie
van transport, maar dat verweerder eiser sal terugbetaal vir die
koste van sodanige verbeteringe op ân wyse, basis
en tydstip soos
volledig voor voorsiening gemaak in klousule 22 van die
koopooreenkoms. Voortspruitend hieruit het daar ân dispuut
tussen
die partye ontstaan met betrekking tot die bedrag wat deur verweerder
aan eiser betaalbaar is wat betref hierdie boukoste.
Eiser se
skuldoorsaak is daarop gebaseer dat na aanleiding van hierdie
dispuut, eiser en verweerder ân skikking bereik het op
of omtrent
16/17 Augustus 2006 in terme waarvan die partye ooreengekom het dat
verweerder aan eiser die totale bedrag van R1 748
395.80 sal betaal
vir die voormelde boukoste. Ten opsigte van hierdie bedrag het
verweerder reeds die bedrag van R1 500 000.00 aan
eiser betaal
ooreenkomstig die addendum tot die koopooreenkoms. Wat betref die
uitstaande bedrag van R228 046.80 het die partye
ooreengekom dat
skuldvergelyking ten opsigte van pro-rata huurgeld tussen die partye
toegepas sou word ten gunste van verweerder
in die bedrag van R46
656.08, waarop die uitstaande skikkingsbedrag wat aldus eiser nog
deur verweerder aan eiser verskuldig is,
die gevorderde bedrag van
R201 739.72 beloop.
[3] Verweerder
se opponering tot die aansoek om summiere vonnis is daarop gebaseer
dat verweerder ân teeneis teen eiser het in die
totale bedrag van
R218 859.63, welke bedrag eiser se vordering oorskry. Hierdie totale
bedrag bestaan uit drie afsonderlike teeneise
wat verweerder beweer
hy voornemens is om teen eiser in te stel, welke voorgenome teeneise
die volgende behels:
Verweerder het op die
bedrag van R1 748 395.80 ten opsigte van die boukoste deur eiser
verrig, geskik, op die veronderstelling dat
alle kontrakteurs ten
volle deur eiser vergoed is vir die werk deur hulle verrig. Nadat
die skikking bereik is, het dit geblyk
dat eiser nie die elektriese
kontrakteur, B.J.B. Enterprises, ten volle vergoed het vir die werk
wat hulle aan die eiendom verrig
het nie en het die elektriese
kontrakteurs gevolglik geweier om ân elektriese
nakomingsertifikaat aan een van verweerder se huurders
uit te reik.
Verweerder was gevolglik verplig om die uitstaande bedrag van R69
548.68 aan B.J.B. Enterprises te betaal ten einde
die elektriese
nakomingsertifikaat te verkry. Gevolglik is verweerder voornemens
om ân teeneis teen eiser in te stel vir die
terugvordering van
hierdie bedrag. (Opponerende verklaring, paragrawe 4.5 - 4.7, p. 54
- 55 van die aansoekstukke)
Op die eiendomme deur
eiser aan verweerder verkoop, is daar ook ân vulstasie wat deel
vorm van die verbeteringe. Eiser het ân
huurkontrak met Engen
gehad in terme waarvan Engen die vulstasie vanaf eiser gehuur het.
Kragtens die huurkontrak tussen eiser
en Engen word ân sekere
aantal sent in die rand aan die verhuurder betaal vir elke liter
brandstof wat verkoop word. Verweerder
het vanaf datum van
registrasie van die eiendomme in die naam van verweerder die plek
van eiser as verhuurder oorgeneem. Desnieteenstaande
het eiser
steeds sedert voormelde datum voortgegaan om die bedrag ten opsigte
van brandstofverkope vanaf Engen te vorder. Hoewel
verweerder nie
daarin kon slaag om die presiese bedrag vas te stel wat deur Engen
aan eiser oorbetaal is sedert registrasie nie,
het ân
verteenwoordiger van Engen bevestig dat die bedrag van R37 033.33
deur Engen aan eiser oorbetaal is vir die tydperk Julie
2006 tot en
met Junie 2007. Gevolglik het verweerder ook ân voorgenome
teeneis teen eiser vir die bedrag van minstens R37 033.33.
(Paragrawe 4.9 â 4.11, p. 56 van die aansoekstukke)
Met betrekking tot die
verbeterings wat deur eiser aangebring is en welke reeds voltooi was
op datum van registrasie van die eiendomme
in die naam van
verweerder, is daar volgens verweerder gebreke in sodanige
verbeterings en het verweerder eiser by wyse van ân
skrywe
gedateer 15 Maart 2007, welke aangeheg is tot die opponerende
verklaring as aanhangsel âOPP1â, versoek om die onafgehandelde
en/of gebrekkige werk te voltooi en te herstel. Eiser was egter nie
bereid om dit te doen nie en blyk dit uit ân kwotasie aangeheg
as
aanhangsel âOPP2â tot die opponerende verklaring dat die koste
daaraan verbonde om die gebrekkige bouwerk te herstel, die
bedrag
van R112 007.62 beloop. Gevolglik is verweerder voornemens om ân
teeneis vir sodanige bedrag teen eiser in te stel.
(Opponerende
verklaring paragrawe 4.7 en 4.8, p. 55 van die aansoekstukke)
[4] Wat
betref die eerste van voormelde drie voorgenome teeneise van
verweerder, het mnr. Snellenburg, namens eiser, reeds in sy
betoogshoofde
namens eiser toegegee dat dit
bona
fide
verwere daarstel vir doeleindes van summiere vonnis en wel in die
totale bedrag van R106 582.01 en dat eiser gevolglik slegs volhard
met sy aansoek om summiere vonnis ten opsigte van die restantbedrag,
synde R95 157.71. Hierdie toegewing is ook weer deur mnr.
Snellenburg
in die hof herhaal en meen ek dat dit ân
verantwoordelike toegewing is wat heeltemal tereg deur hom gemaak is.
Ek stem saam dat
voormelde eerste twee van die drie voorgenome
teeneise van verweerder inderdaad elkeen ân
bona
fide
verweer daarstel vir doeleindes van die afweer van summiere vonnis en
moet verlof gevolglik aan verweerder verleen word om eiser
se aksie
te verdedig met betrekking tot die bedrag van R106 582.01 van eiser
se vordering.
[5] Die
enigste aspek wat dus nog in dispuut is tussen die partye en deur my
bereg moet word, is die vraag of verweerder se voormelde
derde
voorgenome teeneis ân
bona
fide
verweer teen eiser se vordering daarstel vir doeleindes van summiere
vonnis, aldan nie.
[6] Mnr.
Snellenburg het aan die hand gedoen dat verweerder se voorgenome
teeneis met betrekking tot boukoste vir beweerde gebreke
in die
bouwerk nie ân
bona
fide
verweer konstateer nie. In die verband het hy daarop gewys dat
klousule 22.2 van die koopooreenkoms spesifiek bepaal dat die risiko
en aanspreeklikheid vir alle bouwerk op datum van registrasie van
transport deur die verweerder oorgeneem word. Gegewe dat die dispuut
met betrekking tot die koste van bouwerk tot en met datum van
registrasie van transport reeds geskik is tussen die partye, het mnr.
Snellenburg gevolglik aan die hand gedoen dat insoverre hierdie
voorgenome teeneis slaan op bouwerk wat gedoen is tot en met datum
van registrasie van transport, die dispuut reeds deur die partye
bygelê is. Hy het ook daarop gewys dat daar in ieder geval ân
voetstoots-klousule voorkom in die koopooreenkoms wat tot gevolg het
dat verweerder nie geregtig is om sodanige teeneis teen eiser
in te
stel uit hoofde van latente of patente gebreke in die eiendom nie.
Insoverre die voorgenome teeneis slaan op bouwerk wat gedoen
is nadat
die eiendom in verweerder se naam geregistreer is, het mnr.
Snellenburg aan die hand gedoen dat gegewe die bepalings van
klousule
22.2, verweerder in ieder geval self die risiko en aanspreeklikheid
ten aansien daarvan gedra het. Hy het gevolglik aan
die hand gedoen
dat verweerder se beweerde teeneis nie regtens houdbaar is nie.
Hierteenoor
het mnr. De Wet, namens die verweerder, betoog en aan die hand gedoen
dat verweerder se voorgenome teeneis met betrekking
tot die gebreke
in die verbeteringe inderdaad ân
bona
fide
verweer daarstel. Met betrekking tot die feit dat die partye ân
skikking bereik het wat betref die bedrag wat deur verweerder
aan
eiser betaalbaar is met betrekking tot die boukoste, het mnr. De Wet
aan die hand gedoen dat die skikking bereik is op die
veronderstelling
dat die bouwerk wat wel uitgevoer is, vakkundig en
behoorlik geskied het. Sodanige skikking kan, aldus sy betoog, nie
tot gevolg
hê dat verweerder verplig is om die ooreengekome bedrag
te betaal indien dit nou blyk dat die bouwerk nie vakkundig verrig is
nie.
Wat betref die voetstoots-klousule het hy gesubiteer dat dit
slaan op verbeteringe wat op die eiendom bestaan het op datum van
kontraksluiting
en nie toekomstige verbeteringe insluit nie. Vir
hierdie betoog het hy gesteun op en verwys na klousule 22.5, welke ân
tipe âarbitrasieâ-klousule
is indien ân dispuut tussen die
partye ontstaan voortspruitend uit die verbeteringe aangebring en het
hy aan die hand gedoen dat
indien dit die bedoeling van die partye
was dat die voetstoots-klousule ook sou slaan op toekomstige
verbeteringe, dan sou die teenwoordigheid
in die kontrak van klousule
22.5 nie sin maak nie.
[7] Met
betrekking tot die vereiste dat verweerder ân
bona
fide
verweer in sy opponerende verklaring moet openbaar ten einde die
aansoek om summiere vonnis suksesvol af te weer, moet sodanige
verweer
aan die vereistes voldoen soos uiteengesit in
BREITENBACH
v FIAT SA (EDMS) BPK
1976 (2) SA 226
(TPD) op 227 G â 228 B:
â
One of the things clearly required
of defendant by rule 32(3)(b) is that he set out in his affidavit
facts which, if proved at the
trial, will constitute an answer to the
plaintiffâs claim. ...It will suffice, it seems to me, if the
defendant swears to a defence,
valid in law, in a manner which is not
inherently and seriously unconvincing.â
Dit is
ook welbekend dat sodanige
bona
fide
verweer kan bestaan uit ân ongelikwideerde teeneis.
[8] Alvorens
ek verder met bogemelde derde teeneis van verweerder handel, moet ek
volledigheidshalwe meld dat hoewel dit nie spesifiek
in die
opponerende verklaring geopper is nie, ek die vraag tot die advokate
gerig het oor wat die effek van die âarbitrasieâ-klousule,
vervat
in paragraaf 22.5 van die koopooreenkoms, op die Hof se bevoegdheid
is om enigsins die aksie te bereg. Die advokate was dit
nie eens met
mekaar wat hierdie aspek betref nie. Na my mening blyk dit egter dat
die blote bestaan van sodanige klousule in ieder
geval nie ân
outomatiese beletsel daarop plaas dat die tersaaaklike dispuut nog
deur ân geregshof bereg kan word nie, veral in
ân geval soos die
onderhawige waar die verweerder nie gepoog het om in sy opponerende
verklaring op die âarbitrasieâ-klousule
te steun nie. (Sien
DELFANTE
v DELTA ELECTRICAL INDUSTRIES LTD
1992 (2) SA 221
(CPD) op 226 E â G.) Die vraag of die verweerder
steeds in sy verweerskrif op hierdie klousule sal kan steun in
omstandighede
waar hy nie ten tyde van die opponering van die aansoek
om summiere vonnis daarop gesteun het nie, is nie ân aspek wat
nodig is
vir my om te bereg nie.
[9] By
oorweging van die regsgeldigheid van verweerder se derde verweer,
meen ek dat daar deeglik daarop gelet moet word dat eiser
se
vordering gebaseer is op ân skikkingsooreenkoms voortspruitend uit
ân dispuut tussen die partye met betrekking tot die bedrag
wat deur
verweerder aan eiser betaalbaar is wat betref die boukoste. Hierdie
skikkingsooreenkoms het klaarblyklik voortgespruit
uit samesprekings
wat tussen die partye en hul onderskeie regsverteenwoordigers
plaasgevind het op 14 Augustus 2006, ân skriftelike
skikkingsaanbod
wat daaropvolgend gemaak is in die skrywe deur verweerder se
prokureur van eerste instansie, aangeheg as aanhangsel
âCâ tot
die besonderhede van vordering, en die daaropvolgende skriftelike
aanvaarding van sodanige skikkingsaanbod in eiser se
prokureur van
eerste instansie se skrywe, aangeheg as aanhangsel âDâ tot die
besonderhede van vordering. Hierdie verloop van
gebeure en die
skikkingsooreenkoms wat daaruit voortgespruit het, word deur
verweerder erken. (Opponerende verklaring, paragrawe
4.3 â 4.6, p.
53 â 54 van die aansoekstukke) Uit ân bestudering van hierdie
skriftelike skikkingsaanbod en daaropvolgende
skriftelike aanvaarding
daarvan, blyk dit vir my dat die skikkingsooreenkoms bereik is op die
basis, terme en voorwaardes soos uiteengesit
in die twee skrywes. Na
my mening het die feit dat die skuldoorsaak van eiser die
skikkingsooreenkoms is en die feit dat die skikkingsooreenkoms
duidelik sekere bepaalde terme en voorwaardes van sy eie bevat (met
ander woorde wat nie in die koopooreenkoms of die addendum vervat
was
nie), tot gevolg dat die oorspronklike koopooreenkoms en die addendum
daartoe se terme en voorwaardes nie meer relevant is by
die oorweging
van die regsgeldigheid van verweerder se derde verweer nie. Die
regsgeldigheid van verweerder se derde verweer moet,
na my mening,
oorweeg word sonder inagneming van die terme en voorwaardes van die
verkoopooreenkoms en die addendum daartoe. Die
basiese beginsels met
betrekking tot die interpretasie van kontrakte sal gevolglik in die
onderhawige dispuut toegepas moet word
by die uitleg van die
skikkingsooreenkoms ten einde die betekenis daarvan en die bedoeling
van die partye daartoe vas te stel. (
ENGELBRECHT
AND ANOTHER NNO v SENWES LTD
2007 (3) SA 29
(SCA) op 32 D â 33 A)
[10] In
die onderhawige geval is dit in wese verweerder se saak dat die
skikkingsooreenkoms op ân sekere veronderstelling gesluit
is na
aanleiding van voorstellings wat deur eiser aan hom gemaak is.
Aangesien die bouwerk aan die eiendomme voltooi was op datum
van
registrasie daarvan in die naam van verweerder, was eiser die
instansie wat met die boukontrakteur en ander sub-kontrakteurs
vir
die verrigting van die bouwerk gekontrakteer het en het verweerder
geen kontrak hoegenaamd met enige van die kontrakteurs gehad
nie.
Nadat daar op die skikkingsooreenkoms ooreengekom is, welke onthou
moet word juis slaan op die bedrag van boukoste, het dit
geblyk dat
van die bouwerk wat uitgevoer is, onvakkundig geskied het en wat nou
deur verweerder op sy koste herstel moet word. Wanneer
verweerder se
derde verweer dus beoordeel moet word teen die agtergrond van die
bedoeling van die partye en die betekenis van die
skikkingsooreenkoms, sal, onder andere, die volgende beginsels geld
soos uiteengesit in
ENGELBRECHT
AND ANOTHER NNO v SENWES LTD
,
supra
,
op 33 B â C:
â
[7] The intention of the parties is
ascertained from the language used read in its contextual setting and
in the light of admissible
evidence. There are three classes of
admissible evidence. Evidence of background facts is always
admissible. These facts, matters
probably present in the minds of
the parties when they contracted, are part of the context and explain
the âgenesis of the transactionâ
or its factual matrix. Its aim
is to put the Court in the armchair of the author(s) of the document.
Evidence of âsurrounding
circumstancesâ is admissible only if a
contextual interpretation fails to clear up an ambiguity or
uncertainty. Evidence of what
passed between the parties during the
negotiations that preceded the conclusion of the agreement is
admissible only in the case where
evidence of the surrounding
circumstances does not provide âsufficient certaintyâ.â
[11] Inaggenome voormelde
beginsels is ek gevolglik van mening dat indien verweerder sal kan
bewys dat sekere van die bouwerk waarvoor
eiser verantwoordelik was
onvakkundig verrig is en dat verweerder op die stadium wat hy die
skikkingsooreenkoms gesluit het onder
die indruk gebring is en
verkeer het dat die bouwerk vakkundig gedoen is en dat hy derhalwe
nie op daardie skikkingbedrag sou ooreenkom
indien hy van die
teendeel bewus was nie, behoort verweerder suksesvol te wees met sy
voorgenome teeneis.
[12] Gevolglik
en in die vooropstelling meen ek dat verweerder se derde verweer `n
regsgeldige verweer daarstel wat voldoen aan die
vereiste van ân
bona
fide
verweer.
[13] Indien
en insoverre ek verkeerd sou wees met my gevolgtrekking dat die terme
en voorwaardes van die koopooreenkoms en die addendum
daartoe na
aanleiding van die skikkingsooreenkoms nie meer relevant is by die
beregting van die dispuut nie, meen ek in ieder geval
dat selfs
indien die terme daarvan wel in ag geneem word, dit steeds nie
afbreuk doen aan my bevinding dat verweerder wel ân
bona
fide
verweer openbaar nie.
[14] Klousule
22.2 van die koopooreenkoms lees as volg:
â
Die Verkoper is aanspreeklik vir
alle bouwerk tot en met datum van registrasie van transport, waarna
risiko en aanspreeklikheid daaraan
verbonde deur die Koper oorgeneem
word.â
Mnr.
Snellenburg het aan die hand gedoen dat inaggenome dat registrasie
van transport reeds in naam van verweerder plaasgevind het,
verweerder die risiko en aanspreeklikheid vir enige gebreke in die
bouwerk, indien enige, ooreenkomstig hierdie klousule dra. Na
my
mening kan hierdie submissie nie korrek wees indien die totaliteit
van klousule 22 in oorweging geneem word en klousule 22.2 derhalwe
in
konteks gelees word nie. Indien die res van klousule 22 gelees word,
blyk dit vir my duidelik dat al wat met klousule 22.2 bedoel
word, is
dat die eiser tot en met datum van registrasie van transport
verantwoordelik was vir al die bouwerk, ingesluit die betaling
van
die bouer. Na datum van registrasie sou die verweerder in die
spreekwoordelike skoene van die eiser getree het
vis-a-vis
die bouer en sou verweerder daarvandaan self aanspreeklik wees vir
die uitvoering van die bouwerk en die betaling van die bouer.
Die is
egter gemeensaak dat die bouwerk eventueel in ieder geval reeds
voltooi was op datum van registrasie van transport en het
daar
gevolglik geensins ân stadium ontstaan waar die verpligtinge ten
opsigte van die bouwerk en die bouer (in die sin van bouwerk
wat nog
verrig staan te geword het) deur die verweerder oorgeneem is nie.
[15] Na my mening kan
klousule 22.2 dus nie geïnterpreteer word as dat dit beteken dat
verweerder geen remedie teen eiser sal hê
voortspruitend uit
onvakkundige bouwerk wat voorafgaande die datum van registrasie van
transport uitgevoer is nie.
[16] Verdermeer
het mnr. Snellenburg op klousule 8, synde die voetstoots-klousule,
gesteun as synde dat verweerder nie enige aksie
teen eiser het op
grond van gebreke in die bouwerk nie. Klousule 8 lees as volg:
â
Die KOPER erken hiermee dat hy die
eiendom besigtig het, tevrede is daarmee, en dit voetstoots koop.
Die KOPER bekragtig verder hiermee
dat hy nie geregtig sal wees om
enige aksie voortspruitende uit hierdie Koopbrief in te stel teen die
VERKOPER of sy agent vir enige
gebrek, (hetsy sigbaar of verborge) in
die eiendom of die verbeteringe daarop of vanweë enige voorstelling
of waarborge deur die
VERKOPER of sy Agent in verband met die eiendom
gemaak nie.â
[17] Wanneer die
totaliteit van die koopooreenkoms weereens in ag geneem word, stem ek
met mnr. De Wet se betoog saam dat die voetstoots-klousule
hoogstens
kon slaan op verbeteringe wat op die eiendom bestaan het op dié
stadium wat die koopooreenkoms gesluit is. Dit moet afgelei
word uit
die feit dat die partye spesifiek in klousule 22.1 van die
koopooreenkoms bevestig het dat sekere beoogde bouwerk aan die
eiendom deur die eiser begin is (met ander woorde daar was reeds
verbeteringe op die eiendom op die stadium wat die koopooreenkoms
gesluit is), maar terselfdertyd is daar ook duidelik deur beide
partye op datum van kontraksluiting voorsien dat daar nog verdere
verbeteringe aangebring gaan word. In dié verband bepaal klousule
22.5 as volg:
â
Ingeval enige dispuut tussen die
partye ontstaan aangaande of voortspruitend uit die verbeteringe
aangebring en of die Argitek-Sertifikaat
sal die dispuut bepaal word
deur ân onafhanklike bou-rekenaar van beide se keuse en by gebreke
aan eenstemmigheid t.a.v. ân bou-rekenaar,
ân bou-rekenaar deur
die Raad van Bourekenaars aangewys:
wie se besluit binne 21 (een en
twintig) dae vanaf sy aanstelling geneem sal word; en
wat sal dien as ân deskundige en
nie as ân arbiter nie; en
wie se besluit finaal en bindend op
die partye sal wees; en
wat sal bepaal welke party
aanspreeklik is vir sy kostes en sodanige party sal sy kostes
betaal.â
As dit die bedoeling van
die partye was dat die uitsluiting vervat in die voetstoots-klousule
ook geslaan het op bouwerk wat nog in
die toekoms verrig sou word,
sou dit sinneloos wees om, teenstrydig daarmee, klousule 22.5 in die
koopooreenkoms in te sluit wat
juis spesifiek vir dispute ten opsigte
van die bouwerk voorsiening maak. Die feit dat klousule 22.5
ingesluit is in die koopooreenkoms,
is derhalwe aanduidend daarvan
dat die verbeteringe waarna in die voetstoots-klousule verwys word,
slaan op verbeteringe wat reeds
aangebring was op die stadium van
kontraksluiting.
[18] Gevolglik meen ek
dat die bestaan van die voetstoots-klousule ook nie verweerder se
derde voorgenome teeneis sal negeer nie.
[19] Gevolglik
en selfs indien die bepalings van die koopooreenkoms en die addendum
daartoe in ag geneem word, is ek steeds van mening
dat verweerder se
derde voorgenome teeneis ân
bona
fide
verweer teen eiser se vordering daarstel vir doeleindes van summiere
vonnis.
[20] Wat
betref die koste van die aansoek om summiere vonnis, het mnr.
Snellenburg versoek dat koste moet oorstaan vir latere beregting.
Daarteenoor het mnr. De Wet versoek dat koste koste in die geding
behoort te wees. Na my mening is hier geen besondere rede waarom
die
meer gebruiklike kostebevel in aangeleenthede soos hierdie, synde dat
koste koste in die geding is, nie in die onderhawige geval
behoort
gelas te word nie.
[21] Gevolglik
word die volgende bevele verleen:
1. Die aansoek om
summiere vonnis word van die hand gewys.
2. Verlof
word aan verweerder verleen om die aksie te verdedig.
3. Koste
is koste in die geding.
____________
C. VAN ZYL, R
Namens
die eiser: Adv. N. Snellenburg
In
opdrag van:
Naudes
BLOEMFONTEIN
Namens
die verweerder: Adv. P.J.T. de Wet
In
opdrag van:
Symington
& De Kok
BLOEMFONTEIN
/sp