Muller v Vrystaat Provinsiale Regering and Another (019/2004) [2008] ZAFSHC 23 (5 May 2008)

65 Reportability

Brief Summary

Negligence — Construction — Liability of engineers and contractors — Appellant, an engineering firm, held liable for damages resulting from the collapse of a concrete structure during excavation works at a hospital — Respondents included the provincial government and a construction contractor — Appellant failed to provide adequate support for southern columns during excavation, leading to structural failure — Court found that both the engineer and contractor bore responsibility for the incident, but ultimately held the engineer liable for the damages incurred.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2008
>>
[2008] ZAFSHC 23
|

|

Muller v Vrystaat Provinsiale Regering and Another (019/2004) [2008] ZAFSHC 23 (5 May 2008)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Appèl
Nr. : 019/2004
In
die appèl tussen:-
ARTER
MÜLLER
Appellant
en
VRYSTAAT
PROVINSIALE REGERING
Eerste
Respondent
JOTA
KONSTRUKSIE BK
Tweede
Respondent
_____________________________________________________
CORAM:
HANCKE
R, WRIGHT R & FISCHER WND R
_____________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
5
MEI 2008
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
15
MEI 2008
_____________________________________________________
WRIGHT,
R:
[1] Die
toneel waar die gebeure wat in hierdie appèl ter sake is, afspeel,
is die Universitas Hospitaal in Bloemfontein. Die parkeerterrein
van
die hospitaal is aan die suidekant van die hospitaal geleë, en vanaf
die parkeerarea tot by die ingang van die gebou is daar
‘n
koepelvormige betondak wat die toegangsroete vanaf die parkeerterrein
tot by die hoofingang bedek. (Die situasie word beskryf
soos dit
geheers het ten tyde van die voorval.) Die betonblad loop van suid
tot noord en dit rus op betonpilare wat etlike meter
diep in die
grond op voetstukke van beton gegiet was.
[2] Die eerste respondent
is die Vrystaatse Provinsiale Regering (waarna gerieflikheidshalwe as
die “eiser” verwys sal word) en
eiser is die eienaar van die
hospitaal, asook van die twee geboue wat aan die ooste- en westekant
van die ingang gebou is. Beide
hierdie geboue het ‘n
kelderverdieping gehad, en is daar ‘n voertuig in- en uitgang
beplan om hierdie twee kelderverdiepings
te verbind, welke
voertuiguitgange dan ondergronds ‘n tonnel sou vorm wat onderdeur
die koepelvormige betondak sou loop. Die verbindingsroete
sou dus
van oos na wes onder die bestaande ingang van die hospitaal deurloop.
[3] Die koepelvormige
betondak is na skatting ongeveer 50 meter lank en rus op ‘n aantal
kolomme, waarvan vier van hierdie betonkolomme
tans ter sprake is.
Die twee kolomme wat binne die tonnel geleë was, sal na verwys word
as die noordelike kolomme en die twee ander
kolomme sal beskryf word
as die suidelike kolomme. (‘n Kaart gemerk Bewysstuk “C2” in
Volume 23 van die oorkonde dui aan die
ligging van die suidelike
kolomme, gemerk “A” en “D”, in verhouding tot die tonnel en
die noordelike kolomme, gemerk “B”
en “C”.)
[4] Die appellant in
hierdie saak is Arter Müller, ‘n ingenieursfirma (voortaan genoem
die eerste verweerder), wat in die appèl
deur mnr. Arter
verteenwoordig was, en was hierdie firma aangestel om die
ingenieurswerk te verrig ten aansien van hierdie projek.
Deel van
die projek was ‘n massa-uitgrawingsplan wat deur appellant opgestel
is vir doeleindes vir die konstruksie van voormelde
tonnel. Ten tyde
van hierdie massa-uitgrawing het die twee suidelike kolomme waarna
hierbo verwys is, geswig en die noordelike kolomme
ook omgetrek
voordat die betonkoepel inmekaargestort het.
[5] Die tweede respondent
is Jota Konstruksie BK (voortaan genoem die tweede verweerder) wat
aangestel is as boukontrakteur vir die
projek. Die bouwerk het die
twee geboue aan die ooste- en westekant van die ingang behels, asook
die tonnel wat die kelderverdiepings
van die oos- en wesvlerk moes
verbind. Dit is gemene saak dat daar instruksies vir die
onderstutting van die massa-uitgrawing deur
eerste verweerder vir die
twee noordelike kolomme verskaf is en dat tekeninge ten opsigte
daarvan opgestel is (maar nie ten opsigte
van die twee suidelike
kolomme nie).
[6] Op
of omtrent 28 April 1997 ten tyde van die uitgrawingswerke waarin die
tonnel sou gebou word, het die twee suidelike kolomme
geswig en, soos
vermeld, die dakstuk van die hoofingang laat inmekaarstort. Die
koste van die herstel van die dakstruktuur beloop
R395 109,24.
[7] Die
eiser het beide die huidige appellant as eerste verweerder en die
tweede verweerder in die Hooggeregshof aangespreek vir hierdie
skade.
Die Hof
a
quo
het vonnis verleen teen eerste verweerder, en ook gelas dat die
vordering teen tweede verweerder van die hand gewys word, en voorts
gelas dat eerste verweerder beide die koste van eiser en tweede
verweerder moet betaal. Daar is aanvanklik verlof gevra namens
eerste
verweerder om teen die uitspraak van die Hof
a
quo
te appelleer, maar is dit geweier. Nadat ‘n petisie gerig is, het
die Hoogste Hof van Appèl verlof gegee dat daar teen die uitspraak
van die Hof
a
quo
geappelleer mag word, en gelas dat die koste van die aansoek om
verlof tot appèl koste in die appèl sou wees.
[8] Toe die appèl vir
die eerste keer ter rolle geplaas is op 12 Desember 2005 is die
kwessie van ‘n moontlike kruisappèl geopper,
en die eiser wou eers
hierdie aspek oorweeg. Die appèl is uitgestel op die basis dat
koste sou oorstaan, en toe dit weer geplaas
is op 13 November 2006
was die aansoek om verlof met betrekking tot die kruisappèl nog nie
afgehandel nie, en is die appèl weer
uitgestel totdat dit
uiteindelik op 5 Mei 2008 aangehoor is. Daar is gelas dat die eiser
die koste van die tweede verweerder ten
opsigte van die tweede
uitstel sou betaal, maar het die koste van die eerste verweerder
oorgestaan. Daar is daarna op 30 Julie 2007
verlof toegestaan vir
die voortsetting van die teenappèl. Daar sal weer na hierdie
aspekte verwys word by die bepaling van die
gepaste kostebevele.
[9] Na die plaasvind van
die voorval vermeld in par. [4] hiervan, was daar ‘n
terreinvergadering en dit is ook kort na die ineenstorting
dat ‘n
sekere dr. H.J. Marx deur tweede verweerder versoek is om ondersoek
in te stel na die oorsaak van die ineenstorting, maar
is gemelde Marx
se rekening blykbaar later deur eerste verweerder betaal. Reeds op 7
Mei 1997 is ‘n konsepverslag van dr. Marx
beskikbaar gestel aan
eerste en tweede verweerders vir hul kommentaar. Daarin het dr.
Marx, wat later as deskundige getuie vir eiser
getuig het, die
volgende vermeld:
“
We
reckon
that
the civil engineer and the contractor are jointly accountable. On
the one the contractor misjudged the stability of the highly
fissured
mudrock underneath the column foundations. According to the project
specifications, ‘Risiko van intuimeling van uitgrawings
p9’, the
contractor is solely responsible for the risks related instability of
excavations.
On
the other hand the civil engineer’s design and construction
drawings imply that the excavation for the tunnel is to be done
without
addressing the undermining problem that is inevitable at
columns A and D. Underpinning was specified at columns B and C, but
no
instructions were given to stabilise the foundations that
collapsed.”
(Kolomme
A en D is die suidelike kolomme.)
[10] Op die 12de Mei 1997
het eerste verweerder aan dr. Marx geskryf dat sy konsepverslag in
verband met die swigting van die betondakstruktuur
oor die hoofingang
van die hospitaal sonder voorbehoud aanvaar word. Reeds voor dit het
die eerste verweerder aan sy versekeraars
die volgende geskryf met
betrekking tot die verslag van dr. Marx:
“
We are in agreement with his
findings as to the reasons for the collapse. However our comments on
the section about accountability
are as follows:-
1. In the last
sentence of the last paragraph under the heading Accountability, a
lack of communication between the Contractor and
Engineer is
mentioned.
We
are in agreement with this statement
but we were never informed by the Contractor when he was to commence
his bulk excavations for the tunnelling.
2. In
terms of our appointment, full time supervision is not required.
However site inspections are executed by ourselves whenever
the
Contractor informs us that an inspection is required, or whenever an
inspection is warranted by progress with the Contract.
3. In this
instance, prior to the completion of the excavations we did not have
an opportunity to inspect the foundations to the two
front columns
where the undermining occurred, as we were not informed about the
excavation work to the tunnelling.”
[11] Die
enigste mededeling aan die kant van tweede verweerder wat as ‘n
reaksie tot hierdie verslag beskou kan word, is ‘n skrywe
gerig op
8 Mei 1997 aan dr. Marx, en wat wel soos volg lui:
“
1. The
waterpipe adjacent to column A
was only installed plus-minus a week before the problem started.
This tap was infact on the other side of column D in the walkway.

Due to the excavations in the walkway & tunnel, it was moved to
the side as indicated at column C. It was positioned adjacent
to the
stormwater catch pit. We are of the opinion that this had nothing to
do with the problem. The wet surface at the bottom
of the
excavations is due to seepage water from the excavations itself, as
can clearly be seen in the stripfooting at column B.
The item risk of
collapse is a measurable item according to the standard system for
work to be done in earthworks. This item does
not cover for work to
be done against or underneath concrete structures. This must be
dealt with under the item of underpinning
or lateral support, which
can only be measured according to the standard system, if designed.”
[12] Op
die 15de Mei 1997 het eerste verweerder aan die eiser se argitek, wat
in beheer was van die projek, geskryf en die situasie
uiteengesit met
betrekking tot die ineenstorting van die suidelike kolomme, asook die
stappe wat geneem is om versagting te verminder
en te voorkom dat die
struktuur heeltemal meegee. Volgens tweede verweerder was die
versekeraars se assessor op die toneel, en het
hulle versoek dat ‘n
onafhanklike ingenieur aangestel word om die ondersoek te doen, en
dat dr. Marx om gemelde rede sy verslag
beskikbaar gestel het.
Laastens word in die brief van eerste verweerder die volgende
vermeld:
“
Hierdie versakking van die
betonstruktuur en die vervanging volgens voorskrifte van die
Opdraggewer, hou geen finansiële implikasies
vir die Opdraggewer in
nie.”
[13] Ten
tyde van die verhoor het dr. Marx as getuie vir eiser getuig en ten
spyte van ellelange kruisverhoor volhard met sy standpunt
soos dit
aanvanklik uiteengesit is in sy verslag. Namens eerste verweerder
het voormelde Arter getuig, asook ‘n deskundige dr.
H A Kirsten.
Kirsten se bevinding was in kort dat die onderstutting van die
suidelike kolomme tydelike werk was wat die boukontrakteur,
en
derhalwe tweede verweerder, se verantwoordelikheid was, en dat eerste
verweerder nie daarvoor aanspreeklik gehou kan word nie.
Namens
tweede verweerder het twee persone verbonde aan die beslote
korporasie getuig, en wel albei as deskundiges. Hulle was
onderskeidelik
mnr. Butler en mnr. Van der Merwe, en die strekking
van hulle getuienis was dat tweede verweerder nie aanspreeklik is vir
die skade
nie.
[14] Die tersaaklike
kontrakte wat van toepassing is op die projek is ook as bewysstukke
ingedien. Dit was gemene saak dat beide
verweerders te alle tye in
die uitvoering van hulle pligte alle handelings wat vereis word en
nodig was, met redelike sorg, ywer,
flyt, bekwaamheid en kennis sou
uitvoer, sodat geen skade of verlies uit die bouwerk sou spruit nie.
Ten aansien van tweede verweerder
is ook beweer in die besonderhede
van vordering dat tweede verweerder die risiko van intuimeling van
uitgrawings aanvaar het, en
dat hy verantwoordelik was om die nodige
stutwerk aan te bring.
DIE HOF
A
QUO
SE BENADERING
[15] In
die Hof
a
quo
se uitspraak is die geskiedenis van die projek uiteengesit, en het
die Hof verwys na sekere relevante bepalings in die kontrakte,
en
daarna het die Hof ‘n ontleding gedoen van veral die getuienis van
Arter. In dié verband het hy veral klem gelê op sekere
getuienis
deur mnr. Marcel van der Merwe ten aansien van ‘n gebeurtenis wat
na bewering plaasgevind het op Donderdag 24 April 1997,
d.w.s ‘n
paar dae voor die ineenstorting van die betondak die daaropvolgende
Maandag. Mnr. Van der Merwe se getuienis is volledig
aangehaal in
die uitspraak, en kom dit daarop neer dat die boukontrakteurs besig
was met die uitgrawings, maar bewus daarvan was
dat water die heeltyd
ingesyfer het. Volgens Van der Merwe was hy ongemaklik daarmee, en
het daar ‘n vergadering plaasgevind op
die terrein waartydens Arter
teenwoordig was. Hulle het saam na die fondasie gekyk, en het hulle
een van die werkers ‘n pik laat
neem om teen die klip onder die
voetstuk te pik. Volgens Arter was die voetstuk solied, en was dit
sy mening dat dit nie nodig was
om dit verder te onderstut nie.
[16] Die
Hof
a
quo
het veral klem gelê op Arter se getuienis dat hy glad nie hierdie
vergadering kan onthou nie, en dat toe hy bewus geword het van
die
ineenstorting van die betondak aan Van der Merwe sou gesê het:
“I
am f ...... d.”
Daarop
het Arter in sy getuienis geantwoord:
“
No,
my lord, I am not, I am sorry I cannot comment on that
.
Look, I might have said ‘Oh my f .......’ but to say I am. I
would never have committed myself or said that I am guilty straight
away.”
Die
geleerde Regter het die getuienis beklemtoon dat mnr. Arter nooit
enige aandag hoegenaamd gewy het aan die suidelike kolomme nie,
en
die feit dat hy eintlik niks kan onthou ten aansien van die suidelike
kolomme nie. Hy het ook na ander gebreke in Arter se getuienis
verwys (waarna daar later in hierdie uitspraak verwys sal word) en
tot die gevolgtrekking gekom dat Arter se getuienis nie aanvaar
kan
word nie, en dat Van der Merwe se getuienis ten opsigte van die
vergadering op 24 April 1997 aanvaar moet word. Hy het derhalwe
sy
gevolgtrekking in ‘n groot mate gebaseer op sy
geloofwaardigheidsbevinding teen Arter en die aanvaarding van Van der
Merwe se
getuienis.
[17] Ten aansien van Marx
se getuienis was hy egter van oordeel dat hy ‘n versigtige en
objektiewe getuie was, en dat die “hof
geen huiwering het om sy
relaas as betroubaar te aanvaar nie”.
[18] Met betrekking tot
die getuienis van Kirsten was hy van mening dat dit eintlik nie
relevant was nie omdat die kontrak met tweede
verweerder ‘n
bouvoorsieningskontrak was, en nie ‘n ontwerpkontrak nie, en omdat
die kontrakte wat inderdaad aangegaan is, nie
onderskei het tussen
tydelike en permanente werk nie. Ten aansien van hierdie onderskeid
vermeld hy dat dit ‘n strooihalm is waarna
Arter op ‘n laat
stadium gegryp het. Hy het ook vermeld dat dit strydig was met sy
getuienis:
“
Dit
strook in elk geval nie met sy getuienis, soos alreeds aangetoon,
deur, onder meer, skriftelike orders vir klaarblyklike tydelike
werke
uit te reik nie. Wat meer is hy weerspreek homself ook hieromtrent –
in die een asem was die suidelike kolomme (as tydelike
werk) die
tweede verweerder se verantwoordelikheid, maar terselfdertyd gee hy
by herhaling toe dat hul posisie, hul moontlike onderstutting,
nooit
deur hom oorweeg was nie.”
[19] Die
Hof het tot die gevolgtrekking gekom dat die intuimeling van die
betondak deur die swigting van die suidelike kolomme veroorsaak
is,
en dat Arter besef en aanvaar het dat die betondak beskerm moes word,
en dat beide stelle kolomme beskerm moes word omdat die
dak ewe swaar
op albei gerus het. Hy het voorts gemeld dat Arter onderstutting vir
die noordelike kolomme voorgeskryf het, maar
dat dieselfde
behandeling vir die suidelike kolomme nooit deur hom oorweeg is nie,
en dat alhoewel hy bewus was van die feit dat
die suidelike kolomme
‘n bron van bekommernis vir tweede verweerder was, hy hulle tevrede
gestel het deur te sê dat hulle wel
met hulle uitgrawing kon
voortgaan.
[20] Op grond daarvan is
vonnis verleen teen eerste verweerder, en is die eis teen tweede
verweerder afgewys met koste. en selfs gelas
dat eerste verweerder
die koste van die tweede verweerder betaal.
GELOOFWAARDIGHEIDSBEVINDINGS
[21] Dit
is van belang om eerstens te besluit of die Hof
a
quo
korrek was met sy geloofwaardigheidsbevinding, en veral sy bevinding
ten opsigte van dit wat na bewering sou plaasgevind het op 24
April
1997. Om die waarskynlikhede ten aansien van hierdie voorval te
beoordeel, moet daar gelet word op die omringende omstandighede,
en
veral op getuienis oor wat daar min of meer op dieselfde tyd
plaasgevind het.
[22] Die belangrikste
vertrekpunt hier is juis die voormelde verslag van dr. Marx waarin hy
bo en behalwe voormelde aanhaling uit
sy verslag, ook die volgende
gesê het:
“
Due
to unknown existing foundation de
pths
the possibility of problems at columns A and D might not have been
known during the design stage, but this became apparent as
the
excavation progressed. Lack of communication between the contractor
and civil engineer, as a result of the long weekend on a
public
holiday, surely contributed to this incident.”
[23] Dit
spreek vanself dat indien die vergadering wat na bewering op 24 April
1997 sou plaasvind, inderdaad plaasgevind het, daar
nie sprake kon
wees van ‘n gebrek aan kommunikasie nie, aangesien daar volgens diè
weergawe kort voor die krisis, inderdaad mededelings
was juis ten
aansien van die aspek wat tot die ineenstorting van die betondak
aanleiding gegee het.
[24] Dit moet voorts
daarop gewys word dat dr. Marx se verslag in die vorm van ‘n konsep
aan beide Arter en die boukontrakteurs
voorgelê is met ‘n
spesifieke versoek dat daar geleentheid gebied word aan hierdie
partye om feite, foute of meningsverskille
uit te wys. Die volgende
is ook vermeld in hierdie skrywe:
“
Ons sal hierdie kommentaar van u
beoordeel en op die een of ander wyse inkorporeer of aanheg om
sodoende te verseker dat ‘n gebalanseerde
verslag aan die kliënt
gelewer word.”
Ten
spyte van hierdie uitdruklike versoek was daar geen antwoord van die
boukontrakteurs wat enigsins verwys na ‘n gebrek aan kommunikasie,
of verwys na die beweerde vergadering van die 24ste April 1997 nie.
Soos reeds daarop gewys, het Arter “sonder voorbehoud”,
d.w.s met
sterk bewoording, die verslag aanvaar.
[25] Die gelyktydige
opskrifstelling wat deur dr. Marx verskaf is, verskaf opjektiewe
bewys van ‘n wesenlike aard dat Arter inderdaad
nie bewus was van
die uitgrawing langs die suidelike kolomme voor die ineenstorting
daarvan nie, en dit is direk teenstrydig met
die getuienis van die
tweede verweerder.
[26] Daar
moet veral in gedagte gehou word dat Van der Merwe getuig het dat hy
hierdie voorval op die 24ste April 1997, (toe Arter
meegedeel het dat
dit nie nodig is om die suidelike kolomme te onderstut nie) aan Marx
genoem het. Desnieteenstaande sê Marx in
sy verslag dat daar ‘n
gebrek aan kommunikasie was (wat haas onversoenbaar is met die
vermelding van hierdie insident), en tog
doen Van der Merwe niks om
Marx daarop te wys dat sy verslag in dié verband verkeerd is nie.
Veral van belang is die kruisverhoor
van Van der Merwe, deur mnr. Van
der Merwe, die eerste verweerder se advokaat, met betrekking tot
hierdie hele aspek. Dit het veral
betrekking op die vraag waarom die
getuie Van der Merwe dit nie nodig geag het om hierdie belangrike
inligting volgens sy weergawe
op skrif te plaas nie. Dit gaan ook
oor die kwessie van of dit enigsins vermeld is aan enige ander
persoon ten tyde van die voorval,
of kort daarna. Hier word
byvoorbeeld verwys na gesprekke met ‘n mnr. Ferrett en ‘n mnr.
Herbert wat betrokke was by die versekeringspolisse
van die
verweerders. Van der Merwe getuig dat hy nie kon onthou of hy dit
aan Ferrett gesê het nie. Wat Herbert betref, het hy
dit blykbaar
wel aan hom vermeld. Dit is egter duidelik dat in ‘n verslag van
Herbert, d.w.s. tweede verweerder se eie versekeraar
of assessor,
gedateer 14 Mei 1997 (ongeveer twee weke na die ineenstorting), daar
geen melding gemaak word van die tweede verweerder
ten aansien van
hierdie vergadering nie. Herbert se verslag sê tot die teendeel
inderdaad
“no
instructions were given for the underpinning of the two Southern
columns and after excavations it was the two Southern columns
that
subsided which caused the damages”. Later sê hy in sy skrywe:
“
It
is however our opinion that a
n
engineer must have foreseen the fact that the southern columns might
collapse and should have suggested underpinning at these two
columns
as well.”
Hierdie gedeeltes van sy
verslag is haas onbestaanbaar met ‘n weergawe dat daar wel
instruksies was om dit nie te onderstut nie.
[27] ‘n Verdere
oorweging is dat dit blyk uit die Herbert-verslag dat die skrywer van
die verslag gekonsulteer het met Els, een
van tweede verweerder se
werknemers. Volgens Van der Merwe se weergawe was Els teenwoordig
tydens die vergadering op 24 April 1997,
en blyk dit derhalwe
duidelik dat Els ook nie enige melding gemaak het van enige positiewe
instruksie om nie te onderstut nie.
[28] Die appellant se
advokaat stel die onwaarskynlikheid in dié verband soos volg in die
aanvullende hoofpunte van betoog:
“
2.3 It is
improbable in the extreme that Els would not have referred to Arter’s
positive instruction, had it indeed been issued,
when he was
consulted by Herbert in order to prepare the report. Even more
significant is the fact that Herbert also consulted with
Mr Butler of
the second respondent, prior to the finalisation of the report. Yet,
the report reflects the opposite of what is presently
alleged by
Butler and Van der Merwe on behalf of the second respondent.”
[29] Ten
opsigte van ‘n skrywe van voormelde Ferrett gedateer 8 Mei 1997
word die volgende vermeld in die aanvullende hoofde van
betoogspunte:
“
In
addition, the contemporaneous letter dated 8 May 1997, addressed by
Arter to Mr P Ferrett (the representative of the appellant’s
insurer), confirms in general terms Arter’s version that a lack of
communication between the contractor and the engineer caused
the
collapse. This contemporaneous version is once again destructive of
the version later presented at the hearing on behalf of
the second
respondent that Arter actually issued a positive instruction to
proceed with the excavation of the external columns without
any
precautions. Although the letter is worded in general terms, it is
significant that according to the evidence at the hearing,
the letter
was forwarded to Ferrett by Arter after discussions between Arter,
Ferrett and Van der Merwe of the second respondent.
It is again
improbable in the extreme that Arter would have presented a
fabricated version to his own insurer immediately after
the collapse
and following discussions between Ferrett
and
Van der Merwe.”
[30] Ook
word daar geen melding gemaak van sodanige instruksie in twee verdere
briewe wat geskryf is deur Maritz Botha en Genote gedateer
27
November 1997 en 15 Januarie 1998 onderskeidelik. Weereens is die
inhoud van die korrespondensie nie versoenbaar met die weergawe
waarop daar gesteun word deur die tweede respondent nie.
[31] Dit
is ook duidelik dat die Hof
a
quo
glad nie in aanmerking geneem het dat die tweede verweerder in sy
aanvanklike stellings vermeld het dat die getuienis met betrekking
tot die 24 April ontmoeting gestaaf sou word deur twee ander getuies
wat op daardie stadium in diens was van tweede verweerder nie,
en wel
‘n sekere mnr. Els en ‘n mnr. Smith. Hierdie getuies is egter
nie deur tweede verweerder as getuies geroep nie, en is
daar ook geen
verduideliking verskaf waarom dit gedoen is nie.
[32] Dit moet ook in
gedagte gehou word dat die tweede verweerder se weergawe ten opsigte
van hierdie insident vir die eerste keer
ooit meer as halfpad tydens
die verhoor, ongeveer vier jaar na die plaasvind van die voorval,
aangebied is.
[33] Die
weergawe van tweede verweerder ten opsigte van hierdie vergadering is
dan ook glad nie vermeld in die tweede verweerder se
pleit nie, of
word daar nêrens gestel dat die eerste verweerder dit onnodig geag
het dat enige veiligheidsmaatreëls getref behoort
te word ten
aansien van die suidelike kolomme nie.
[34] Van nog meer belang
is die situasie soos uiteengesit in die antwoord op ‘n versoek om
besonderhede in terme van Reël 37(4).
Die tweede verweerder is
daarin gevra of eerste verweerder enige skriftelike of mondelinge
instruksies verskaf het aan tweede verweerder
met betrekking tot die
kolomme. In sy antwoord het tweede verweerder slegs verwys na sekere
geskrewe instruksies wat inderdaad deur
tweede verweerder blootgelê
is. Geen melding is gemaak van mnr. Arter se beweerde spesifieke
mondelinge instruksies met betrekking
tot die suidelike kolomme soos
daarna beweer ten tyde van die verhoor baie jare na die insident
plaasgevind het nie.
[35] In
‘n groot mate het die Hof
a
quo
ten aansien van die aanvaarding van hierdie getuienis gesteun op
Arter se bewering dat hy nie die insident kon onthou nie. Dit moet
egter onthou word dat hy ook vermeld het dat hy dit wel sou onthou
het as dit plaasgevind het so kort voor die ineenstorting. Mnr.
Arter se geheueverlies in dié verband (as dit so genoem kan word) is
miskien meer verstaanbaar indien in ag geneem word dat hierdie
weergawe nooit ter sprake was in enige gelyktydige korrespondensie of
daaropvolgende korrespondensie nie, en nooit ter sprake gekom
het op
enige terreinvergadering na die ineenstorting nie, dit nooit vermeld
is in die tweede verweerder se verweerskrif nie, en teenstrydig
is
met die nadere besonderhede wat deur tweede verweerder verskaf is, en
dit die eerste keer onder mnr. Arter se aandag gebring is
ten tyde
van die aanhoor van die saak baie jare daarna.
[36] Mnr. Arter se
weergawe is eintlik dat hy glad nie gedink het aan die suidelike
pilare nie, en niks in dié verband gedoen het
nie. Dit stem
deurgaans ooreen met sy optrede onmiddellik na die ineenstorting,
soos sy onmiddellike aanvaarding van Marx se gevolgtrekkings,
sy
versekering dat eiser nie enige finansiële verlies sou ly nie en sy
mededelings in die korrespondensie na die ineenstorting.
Ten tyde
van sy getuienisaflegging is daar selfs aspekte van sy getuienis wat
daarmee ooreenkom. Daar kan byvoorbeeld verwys word
na sy getuienis
dat sy uitvoerbaarheidstudie onder meer behels het dat geen skade aan
omliggende eiendom van eiser sou plaasvind
nie, en dat indien daar ‘n
moontlikheid sou bestaan, hy ‘n plig gehad het om dit uit te wys.
Voorts het hy selfs erken dat hy
geen aandag aan die suidelike
kolomme geskenk het nie omdat hy nie bewus was van die diepte van die
fondament nie, en aanvaar het
dat die pilare “were going to be
going down to the hard shale”, soos hy dit stel, ten spyte van die
feit dat sy massa-uitgrawingsplan
meer as 50% van die fondamente van
die suidelike pilare sou blootstel (al het hy dit later ontken).
[37] Mnr.
Arter se optrede ten tyde van die voorval kort daarna, en selfs
gedeeltelik in sy getuienis, is derhalwe teenstrydig met
sy latere
“ommekeer” tot die gevolgtrekking dat die onderstutting van die
suidelike kolomme slegs tydelik was en dit derhalwe
die baba van die
kontrakteur is (‘n sienswyse waarvan daar nie eers in die
pleitstukke melding gemaak word nie). Dit is tog vanselfsprekend
dat
as hy hierdie sienswyse toegedaan was ten tyde van die voorval, hy
nooit Marx se gevolgtrekkings sou erken het, en ten minste
sou
antwoord op Marx se versoek om kommentaar. Hy moes dan op ‘n
latere tydstip van mening verander het, of tot die teendeel oorreed
gewees het. Sy hele getuienis moet in die lig hiervan beoordeel
word. Dit moet ook in gedagte gehou word dat as hy wou leuens
vertel,
hy maklik die bewerings van sy opdrag op die bovermelde
vergadering kort voor die ineenstorting kon ontken. Beoordeling van
geloofwaardigheid
van getuies is immers ten nouste ineengevleg met
die oorweging van die waarskynlikhede. Sien
NATIONAL
EMPLOYERS GENERAL INSURANCE v JAGER
1984 (4) 437 ECD 437 op 440 F.
[38] Ons
meen derhalwe dat daar tot die gevolgtrekking gekom kan word dat
tweede verweerder se weergawe soos slegs geopper deur Van
der Merwe
(Butler was nie teenwoordig ten tyde van hierdie vergadering nie)
teen alle waarskynlikhede indruis en op waarskynlikhede
verwerp kan
word. Ons meen gevolglik dat die Hof
a
quo
fouteer het deur hierdie weergawe van Van der Merwe te aanvaar en op
grond daarvan Arter se getuienis (hoewel dit in baie ander opsigte
onbevredigend was) te verwerp en in ‘n groot mate op grond daarvan
tot die gevolgtrekking te kom oor wie aanspreeklik was vir die
skade.
AANSPREEKLIKHEID
VAN DIE EERSTE VERWEERDER
[39] Die
aanspreeklikheid, al dan nie, van die eerste verweerder is in ‘n
groot mate afhanklik van die opweging van die getuienis
van Marx
teenoor dié van Kirsten, asook die getuienis van Butler en Van der
Merwe. Die uitgangspunt is om te bepaal of daar ‘n
kontraktuele
verpligting aan die kant van die ingenieur was om op enige wyse
voorsiening te maak vir onderstutting van die suidelike
kolomme (om
die bestaande strukture ongeskonde te hou), en moet veral klem gelê
word op die uitgangspunt dat die vraag nie is of
die werk wat gedoen
is van permanente of tydelike aard is nie, maar of dit die ingenieur
se verantwoordelikheid, of gedeeltelike
verantwoordelikheid, was.
[40] Marx het bo en
behalwe die opinies waarna reeds verwys is in sy verslag, in sy
getuienis vermeld dat dit sy mening was dat die
ingenieur versuim het
om sy planne verder betyds aan te pas, of skriftelike
wysigingsopdragte uit te reik ten aansien van die suidelike
kolomme.
Volgens hom het die ingenieur nagelaat om die risiko’s wat die
uitgrawings binne die invloedsfeer van die bestaande fondamente,
en
die inbreukmaking daarvan op die stabiliteit van die grond binne die
invloedsfeer van die bestaande fondamente, in ag te neem.
Hy het ook
nagelaat om die korrelasie tussen die massa-uitgrawingsplan se
hoogtes en die hoogtes van kolomme A en D te bepaal.
Voorts het die
ingenieur nagelaat om moontlike risiko’s behoorlik, of vroegtydig,
met die kontrakteur uit te klaar, en die versuim,
of gebrek aan
kommunikasie met die kontrakteur te verhoed ten tyde van die begin
van die massa-uitgrawings. Dit is duidelik dat
die plan die
massa-uitgrawings aantoon in die omgewing van die bestaande
kolomvoetstukke, en is enige spesifieke instruksies ten
opsigte
daarvan afwesig.
[41] Dit is duidelik ten
opsigte van die plan vir die massa- uitgrawings dat hierdie
uitgrawings deur die suidelike kolomme gegaan
het. Daar is op
verskeie plekke deur Marx getuig dat die uitgrawingsplan inderdaad
minstens sou strek tot in die middel van die
suidelike kolomme.
[42] Dit is gemene saak
dat die aanvanklike planne nie voorsiening gemaak het vir
onderstutting nie, aangesien die dieptes van die
kolomme nie bekend
was nie, en daarom is daar in die planne vermeld dat daar later
daaroor besin moes word. Marx getuig dan ook
die volgende in sy
getuienis:
“
So in daardie opsig moet die
ingenieur na die totale veiligheid en stabiliteit van dit wat hy wil
bou en bloot goed wat reeds daar
staan sou beïnvloed, raak sy
verantwoordelik. Die oomblik as jy karring aan ‘n gebou wat iemand
anders ontwerp het, dan raak
jy aanspreeklik vir wat jy doen.”
[43] Dit
is juis om hierdie rede dat Marx van mening is dat die suidelike
kolomme deel is van die permanente werk, aangesien die kolomme
en die
betonstruktuur met dak reeds daar was, en nog steeds daar moes bly
nadat die werk voltooi is. Hy sê onder meer die volgende:
“
Ek meen dat daar bestaan, daar is
ander strukture op die terrein wat in ag geneem moet word wanneer
hierdie permanente werk ontwerp
word. Of jy die tydelike werk nou
gebruik om die permanente een daar te stel, die bestaande strukture
moet in ag geneem word. Dit
kan nie weg gewens word nie ........ Dit
is deel van jou ontwerp parameters en moet dit moontlik maak om
hierdie permanente werk
van jou op ‘n plek te kan plaas en as dit
nie moontlik is nie, dan moet jy vir die argitek sê, dit is te
riskant, ek skuif die
sloot ‘n meter na die ander kant toe of ons
maak die sloot smaller of iets in daardie lyn.”
Hy
beklemtoon later weer dat hierdie kolomme en die dak deel uitmaak van
die permanente werk aangesien die kliënt dit nog steeds
wil gebruik.
Ten aansien van dr. Kirsten se getuienis soos vermeld in sy
opsomming sê hy die volgende:
“
Nee, ek stem nie
saam met die stelling om te sê dat omdat die kolomme aan die
suidekant, aan die buitekant nie direk op die nuwe
struktuur gestaan
het nie, dat dit geïgnoreer kan word en nie die ingenieur se
verantwoordelikheid is om dit ook in ag te neem net
soos hy hierdie
wat nou direk in die pad in ag moet neem, die bestaande kolomme, wat
gaan hy maak om daarby verby te kom om te sê
dat hy dit nie hoef te
gedoen het vir die kolomme wat net langsaan staan nie.”
[44] Voorts
sê Marx dat daar ook op ‘n stadium tydelike onderstutting was vir
die noordelike kolomme en dat die ingenieur dit moes
ontwerp en
daaroor moes toesig hou.
[45] Dit
is ook baie duidelik uit die getuienis as geheel dat daar baie ander
tydelike werk was ten opsigte waarvan die ingenieur
wel instruksies
verskaf het en daaroor toesig uitgeoefen het.
[46] Teenstrydig met Marx
se opinie is die opinie van Kirsten waar hy die volgende sê waarom
dit nie die ingenieur se plig was om
voorsiening te maak vir die
suidelike kolomme nie:
“
In
short, my view is that Mr Arter
did the correct thing with regard to the internal columns, to
interfere with them and I will explain in a moment. And he also did
the correct thing in not interfering with the external columns and I
will also explain that. If I may turn to my diagram marked
H3, I
have schematically illustrated the construction process, it is not a
drawing that is to scale of the actual structure, but
it illustrates
the construction process and it is this very kind of sequence that i
believe the contractor should have rendered to
that detailed little
plan like I have done here. It starts at the top left-hand corner
again with what is required, that is the
product. We can see the
final product, a tunnel beneath a canopy of which the right leg is
intercepted by the slab over the tunnel.
And in the middle, top
middle diagram is the situation where we start, that is the canopy
that we have and we now have to introduce
the tunnel underneath that.
How are we going to do that? The first thing that we do without
showing the intervening stages is as
shown in the top right-hand
diagram where we excavate to the bottom of whatever level we need to
go to begin the construction of
the tunnel. And again as indicated
in my other diagrams, I have indicated in red the temporary work that
needs to be designed and
implemented by the contractor in the top
right-hand drawing as he goes down, he instals the support and the
temporary works progressively
as he goes down to make sure that it
stays stable all the way down. Then the bottom left-hand diagram
illustrates the state at which
the tunnel is in fact introduced,
constructed, but a short while before any connection is made between
the internal column of the
canopy and the roof slab of the tunnel,
the two structures are still at that moment in time standing
separately and do not interfere
with each other and do not depend
upon each other. The next thing that needs to be done is that the
internal column of the canopy
needs to be competently secured or
fixed to the slab over the tunnel as is indicated by the blue shading
in the middle bottom diagram.
And at that stage are the works ready
for the removal firstly in sequence of the lower part of the internal
column and then subsequently
to that the remaining column of soil
beneath the internal column and then one lands up with the situation
in the middle of the page
on the right-hand side where you have got
the tunnel constructed successfully, you have got the internal column
of the canopy overhead
resting and being tied successfully to the
slag of the tunnel, but you have not backfilled the hole, which
happens in the bottom
right-hand diagram where you now backfill the
excavation to the level of the tunnel floor, inside the tunnel and on
the side of the
tunnel to the level of the canopy. And you can see
at that stage, does the grey structure, the permanent structure again
take over
all the support work of the adjoining soil on both left and
right-hand side and the function of the temporary support indicated
in
red is replaced by the competence of the grey structure. Now, the
difference between the inside and the outside, the reason why
the
consulting engineer has to interfere with the internal columns is
because they have a lasting effect on the permanent work.
The
internal column stands on the roof slab of the tunnel, whereas
previously it did not, it had its own foundation. And to the
extent
that the internal column of the canopy stands on the roof slab, does
it have a permanent or lasting effect or impact on the
permanent
work. And therefore and because the engineer relies on that, on the
work that will be done by the contractor, is he obliged
to give a
variation order, pay for it and accept the responsibility for it.
Those are the two things that need to be satisfied,
that it is a
long-term effect and that he relies on the work that the contractor
will do, he cannot get a freebie on the contractor
and say well, I
did not ask you to price for it, but now that you have done it, I am
getting the benefit, he may not do that. And there is legal
authority on this very issue.
Now, if you were to then apply the
same principle to the outside columns or the southern columns you
find that is has, the outside
columns do not have a lasting effect on
the permanent words, it does not bear on it and the engineer did not
intend to and in fact
did not rely on the temporary work that the
contractor should have installed to safeguard the external columns as
far as the permanent
work is concerned, in other words, he did not
rely on whatever the contractor was going to instal before it
collapsed to keep it
safe as a functioning component of work that he
then would not have to carry on his permanent structure and this is a
very clear
distinction on which there is legal authority on why the
internal one should have been interfered with by the consulting
engineer
as he did and why the external columns should not have been
interfered with by, which he also correctly did. It was stated, I
think
yesterday, that it was the responsibility of the consulting
engineer to take care of the canopy and the moment you say that, as
was
argued, you then automatically make the consulting engineer
responsible for both the internal and the external columns.”
[47] Veral
ook van belang is die volgende woorde:
“
The
consulting engineer is only responsible for those aspects that have a
lasting effect on the permanent works for which only he
is
responsible.
And hard and callous as it may seem, the consulting engineer did not
have a duty to protect the existing works.”
[48] Dr.
Marx se argument tot die teendeel dat hy wel die bestaande geboue in
ag moet neem, waar sy massa-uitgrawingsplan tot gevolg
kan hê dat
dit skade aan die bestaande geboue veroorsaak, is myns insiens, meer
aanvaarbaar uit ‘n logiese en praktiese (“common
sense”)
siening van hierdie kernaspek van die verskil tussen die twee
deskundiges.
[49] Indien
daar gelet word op die getuienis van Arter, kan dit gesê word dat hy
wel by tye standpunt inneem dat daar onderskeid
getref moet word
tussen permanente en tydelike werke, en dat hy die suidelike kolomme
as tydelike werke beskou het. Daar is egter
veel wat teenstrydig is
met hierdie sienswyse in sy getuienis self, en natuurlik ook in die
voorafgaande dokumente wat min of meer
gelyktydig by die voorval tot
stand gekom het.
[50] In die eerste plek
moet onthou word dat hy geskryf het dat dr. Marx se verslag sonder
voorbehoud aanvaar moet word. Kort voor
hierdie skrywe het hy wel ‘n
skrywe aan sy versekeraars gerig met betrekking tot aanspreeklikheid,
en vermeld dat hy nooit in kennis
gestel is dat daar ‘n aanvang
geneem is met die massa-uitgrawings nie. Dit is egter insiggewend,
en van groot belang, om daarop
te let dat hy in hierdie skrywe, en
ook in die ander twee skrywes, wat hier ter sake is en waarvan
melding gemaak is, nooit op enige
stadium vermeld het dat hy as
ingenieur nie aanspreeklik is vir die skade omdat dit tydelike werk
is nie. (Hy vermeld wel in sy
skrywe van 29 April 1997 dat die
suidelike kolomme “were not affected by the new tunnel”, maar is
dit duidelik dat hulle, alhoewel
net buite die area, wel in die
gebied van die massa-uitgrawings was.)
[51] Arter se antwoord
tydens kruisverhoor ten aansien van hierdie aspekte en dit wat in
vorige skrywes vermeld is, is onoortuigend
en onbevredigend. Dit kan
ook gesê word van sy skrywe dat die swigting van die kolomme geen
finansiële implikasies vir sy kliënt
sou hê nie. Volgens hom het
hy dit net genoem omdat hy van mening was dat die eiser in die saak
nie enige finansiële verlies sou
ly nie. Aan die ander kant sê hy
ten tyde van getuienisaflegging dat sy bedoeling was dat tweede
verweerder vir die skade verantwoordelik
was, maar dit sê hy sonder
dat hy enige mandaat van tweede verweerder gehad het of hulle ooit
gekonsulteer het in dié verband.
[52] Hy gee toe dat die
uitgrawings baie versigtig gedoen moet word met spesiale aandag dat
iets nie verkeerd gaan nie. Hy erken
dat hy geen aandag geskenk het,
of ooit gedink het aan die suidelike kolomme nie. Hy gee wel toe dat
sy plan nie alleen die noordelike
kolomme nie, maar ook die suidelike
kolomme sou beïnvloed en sou blootstel. Desnieteenstaande het hy
niks gedoen om skade te beperk
nie. Volgens hom is onderstutting
nodig vir die noordelike kolomme sowel as die suidelike kolomme.
[53] Hy het nooit in sy
brief ter beantwoording van Marx se verslag (alhoewel daar spesifieke
bevindings met betrekking tot aanspreeklikheid
was) melding gemaak
dat die suidelike kolomme tydelike werk is, of dat hy nie daarvoor
verantwoordelik was nie. Tog erken hy dat
as die werk ten opsigte
van die suidelike kolomme en die uitgrawings onveilig sou gelyk het,
hy die werk sou staak. Vir doeleindes
daarvan sou hy dit, met ander
woorde, nie as tydelike werk beskou het nie.
[54] Hy gee toe dat die
drie redes wat hy in sy brief aan sy versekeraar geskryf het, nie
water hou ten aansien van sy huidige argument
dat hy nie vir die
beveiliging van die suidelike kolomme aanspreeklik is nie, aangesien
dit tydelike werk is. Hy gee ook toe dat
daar in die kontrak oor die
algemeen geen onderskeid getref word tussen tydelike en permanente
werk nie.
[55] Hy gee toe dat die
onderstutting van die noordelike kolomme ook verwyder moes word, en
dat indien die onderstutting van die noordelike
kolomme nie korrek
gedoen was nie, die betondak kon ineenstort. Die volgende word gesê
op bladsy 712 ten aansien van die suidelike
kolomme:
“
Am
I right if I say that you must have foreseen and it must have been
part of you construction design
,
realising that for this whole structure that the southern columns,
they would require underpinnings at some or other stage. ---
Yes my
lord.
But you kept silent about it in your
design. --- That is correct.”
Hy het
ook besef dat sy werk met betrekking tot die suidelike kolomme, al
was dit tydelik volgens hom, die permanente werk kon beïnvloed.
Hy
besef ook dat die feit dat hy spesifieke opdragte gegee het met
betrekking tot die noordelike kolomme, die indruk kan skep dat
onderstutting van die suidelike kolomme nie nodig is nie, en dat die
boukontrakteurs so kon gedink het.
[56] Hy erken dat hy ook
opdragte gegee het ten opsigte van werk wat hyself as tydelik beskou
het, en ongetwyfeld tydelike werk is,
naamlik met betrekking tot ‘n
stormwateraansluiting, en ook in ander gevalle. Hy het selfs
tydelike opdragte gegee vir laterale
onderstutting op sekere tye.
Dit geld ten opsigte van die uitgrawings langs Loggermanstraat wat
deur die tweede verweerder verrig
moes word, en ongetwyfeld suiwer
tydelike werk is. Hy gee ook toe dat hierdie opdrag in teenstelling
is met sy weergawe soos wat
dit tans uiteengesit word. Ook na die
ineenstorting van die suidelike kolomme het hy opdragte gegee vir
tydelike werk, naamlik vir
die onderstutting totdat die skade herstel
kon word.
[57] Hy stem dus saam dat
daar nie duidelikheid by die ingenieurs is oor wat presies tydelike
en permanente werk is nie.
[58] Hy gee toe dat
onderstutting nodig was om die betondak te beskerm, en antwoord soos
volg op ‘n vraag van die Hof:
“
COURT:
In other words your concern if I now understand the question
correctly your concern was to protect the canopy, not half the canopy
not part of the canopy but the entire canopy. --- Yes.
It
is no use protecting the left or the eastern side of the canopy and
leaving the western side to fall down. Then you do not protect
the
canopy as such. --- Yes.”
[59] By
die beoordeling van Arter se getuienis as geheel is dit duidelik dat
sekere aspekte van sy getuienis onbevredigend is. Aan
die een kant
is dit duidelik dat hy aanvanklik nooit die mening gehuldig het dat
hy nie verantwoordelik was vir die skade nie, omdat
die werk tydelike
werk is. Hy skryf dat die eiser geen skade sou ly nie, en sê niks
aan Marx om sy mening te weerlê dat beide
die kontrakteur en die
ingenieur vir die skade verantwoordelik is nie, en dat daar ‘n
gebrek aan kommunikasie tussen hulle was
nie. Sekere aspekte kan hy
nie onthou nie, en is by tye baie vaag oor die onderskeid tussen
tydelike en permanente werke. Aan die
ander kant herhaal hy ook van
tyd tot tyd dat hy nie vir die suidelike kolomme verantwoordelik was
nie, omdat dit tydelike werk is
wat skynbaar ‘n aspek moes wees wat
tydens konsultasie met hom bespreek moes gewees het. Die algemene
afleiding ten aansien van
sy getuienis is dat hy wel gedink het dat
hy verantwoordelik is vir die skade, of minstens gedeeltelik
verantwoordelik was vir die
skade, en ten minste nooit enige gebrek
aan aanspreeklikheid toegeskryf het aan die feit dat die suidelike
kolomme bloot tydelike
werk was nie. Daar kan eerder afgelei word
van sy getuienis dat indien daar op die detail vrae gelet word, hy
saamstem dat die beveiliging
van die suidelike kolomme noodsaaklik
was omdat dit die bestaande werk kon beïnvloed.
[60] Daar
kan ook saamgestem word met mnr. Jordaan (namens tweede verweerder)
se sienswyse soos uiteengesit word in sy hoofde:
“
In
ons submissie wil dit voorkom asof die werk aan die noordelike
kolomme meer tydelik was as dié aan die suidelike kolomme. Die
noordelike kolomme is onderstut volgens voorskrif, tydelik so behou
totdat d
ie
dak van die tonnel gegooi is, die boonste deel van die kolomme met
die dak verbind is en toe is die onderste deel wat in die tonnel
val
verwyder. Die onderste deel is derhalwe duidelik slegs tydelik
geondersteun. Die suidelike kolomme is uit die aard van die
saak ook
deur die projek en bouwerk geaffekteer, nie deurdat die uitgrawings
en bouwerk die ondersteuning sou beïnvloed nie, maar
wel deurdat dit
die sydelingse steun sou affekteer. Waar die betrokke kolom voorheen
in die grond gestaan het en van alle kante
af deur die grond gesteun
is, is die steun aan die eenkant verwyder tot teen die kolom en sou
dit, na voltooiing van die bouwerk,
gesteun word deur die muur van
die tonnel en enige kompektering wat tussen die twee geplaas sou moes
word. Die muur sou as basis
dien vir die ondersteuning in die plek
van die grond wat verwyder is. Ons sien dus geen verskil tussen die
funksie van die dak van
die tonnel om die noordelike kolom van onder
af te ondersteun en die funksie van die muur van die tonnel om die
suidelike kolom sydelings
te ondersteun nie. Ons meen derhalwe dat
die Verhoorhof korrek was om nie die gekunstelde onderskeid van
Kirsten
te aanvaar nie....”
[61] Die
Hof
a
quo
was dus heeltemal korrek om te bevind dat eerste verweerder vir die
skade aanspreeklik was.
[62] Alhoewel
daar met dr. Marx se sienswyse saamgestem word dat dit die eerste
verweerder se plig was om onderstutting voor te skryf
vir die
suidelike kolomme omdat dit die ander bestaande strukture op die
perseel kan beïnvloed, kan terloops daarop gewys word dat
eerste
verweerder self verwys na gesag wat so ‘n plig op die ingenieur
plaas al is dit slegs ten opsigte van tydelike werk. Die
eerste
verweerder haal die volgende aan uit Abrahamson (3de Uitgawe 1979)
Engineering
Law and the ICE Contracts
met
betrekking tot tydelike strukture:
“
The
engineer undoubtedly has the duty to his client to ensure that the
completed
permanent works will not be adversely affected by stresses due to the
contractor’s temporary works
,
and that duty he carries out in the first instance by a proper
specification, by actually designing temporary works where it would
not be satisfactory to leave the design to the contractor, and by
exercising his powers of control, keeping in mind the dangers of
opening the way to claims (above). The engineer must also ensure
that the temporary works are in fact built in accordance with his
or
the contractor’s design, at least
insofar
as necessary to avoid detriment to the completed permanent works
.”
Dit
dien geen doel om na die ander aangehaalde sake met betrekking tot
die appèl te verwys nie, (waarop die eerste verweerder in
sy hoofde
steun), aangesien die feite verskil van die onderhawige geval en/of
die tersaaklike kontrakte se bepalings van dié wat
ter sake is in
die saak, verskil.
AANSPREEKLIKHEID
VAN DIE TWEEDE VERWEERDER
[63] Reeds
in sy eerste konsepverslag het dr. Marx ook aanspreeklikheid bevind
aan die kant van die tweede verweerder, en vermeld
dat ‘n gebrek
aan kommunikasie ook tot die ramp bygedra het.
[64] In die opsomming van
sy deskundige getuienis vermeld Marx dat die kontrakteur nagelaat het
om die klaarblyklike fout op die ingenieur
se planne, naamlik dat die
voorgeskrewe massa-uitgrawing die bestaande voetstuk ondergrawe,
onder die ingenieur se aandag te bring,
en voortgegaan het met
uitgrawings in die gebied. Hy vermeld ook spesifiek dat die
kontrakteur nagelaat het om volgens die ingenieur
se nota op die
massa-uitgrawingsplan op te tree. Die nota het bepaal dat voordat
massa-uitgrawings vir die skakelgang gedoen kan
word, daar eers
toetsgate gegrou moet word om die diepte van die bestaande voetstukke
te bepaal sodat die ingenieur die nodige ontwerpsaanpassings
kan
maak. of spesiale voorsorgmaatreëls kan tref. Die kontrakteur was
deeglik bewus van die spesiale terrein-instruksies ten aansien
van
die ondersteuning van die noordelike kolomme, maar het voortgegaan
met massa-uitgrawings in die omgewing van die suidelike kolomme
op ‘n
publieke vakansiedag sonder om die ingenieur in kennis te stel en hom
daaroor te raadpleeg.
[65] In sy getuienis en
tydens kruisondervraging, het Marx in talle opsigte hierop uitgebrei.
Mnr. Claasen, namens die eiser, het
etlike bladsye in sy hoofde van
betoog hieraan gewy. Ondermeer vermeld hy met verwysing na die
bovermelde nota:
“
8.26 Hy
getuig dat die bouer nie blindweg moet aangaan nie. As hy nie die
ander voetstukke oopgemaak het nie, dan het hy binne die
nota
opgetree.
Hy
voel egter steeds dat ‘n goeie bouer uit sy ervaring sou geweet het
dat hier met vuur gespeel
word en dat liewer ‘n deskundige ‘n besluit oor hierdie aspek
moet neem. Andersins gaan die bouer die verantwoordelikheid daarvoor
dra. ‘n Persoon hoef nie ‘n ingenieur te wees om te weet as jy
onder ‘n bestaande struktuur grond wegvat dat ‘n hoër
sorgsaamheidsverpligting
ontstaan. Selfs al is daar nie so
uitdruklik ooreengekom nie, is dit normale praktyk dat groot
versigtigheid aan die dag gelê moet
word wanneer onder ‘n
bestaande konstruksie deurgegaan wil word. Dit is meer
kompleks
en verg baie kundigheid. ‘n Persoon sal baie meer goed moet kyk of
dit nie ‘n invloed kan hê op die nuwe struktuur,
bestaande
strukture sal hê nie.
(Eie kursivering.)
8.38 Dr
Marx getuig voorts dat die kontrakteur nagelaat het om volgens die
ingenieur se nota op die massa uitgrawingsplan op te tree.
Die nota
het bepaal dat voordat massa uitgrawings vir die skakelgang gedoen
word, moet daar eers toetsgate gegrawe word om die diepte
van die
bestaande voetstukke te bepaal sodat die ingenieur die nodige
ontwerpsaanpassings kan maak of spesiale voorsorg kan tref.
Nêrens
is daar enige iets in die korrespondensie dat daar ‘n
gesprekvoering tussen die ingenieur en die kontrakteur was dat
uitvoering
aan hierdie nota gegee is nie. Hierdie nota is op die
massa uitgrawingsplan aangebring. Die nota sê dat die voetsukke
oopgemaak
moet word voordat die massa uitgrawing daar plaasvind.
Selfs al was die nota net op die noordelike kolomme van toepassing
gewees,
moes die onduidelikheid tussen die kontrakteur en die
ingenieur uitgeklaar word. As dit vir die kontrakteur onduidelik is,
moes
hy dit met die ingenieur bespreek want die ingenieur weet nie
wat is vir die kontrakteur onduidelik nie en moes die onduidelikheid
tussen die kontrakteur en die ingenieur uitgeklaar word.”
Dan sluit hy af:
“
8.44 Ten
slotte is dr Marx van oordeel dat die kontrakteur aanspreeklikheid
opgedoen het deurdat hy geweet het op watter diepte die
bestaande
voetstukke van die suidelike kolomme fondeer was. Hy nie ag geslaan
het op die buitengewone situasie, naamlik dat daar
‘n uitgrawing of
ondergrawing in die invloedsfeer van die bestaande voetstukke voorkom
nie. Hy het die stabiliteit van die steun
onder die voetstuk
onderskat of hy het die situasie nie betyds aan die ingenieur
gerapporteer en die ingenieur se besluit oor enige
verdere handeling
afgewag nie. Dit is weer die kommunikasie probleem waarna verwys is.
Die kontrakteur is die eerste persoon wat
die voetstukke
kon
sien wat oopgemaak is en ‘n kundige bouer sou eers gestop het en
advies verkry het.”
In die
lig van die tweede verweerder se getuies se eie uiteensetting van
hulle deskundigheid, kennis en ervaring kan daar met hierdie
gevolgtrekking saamgestem word.
[66] Bogemelde gronde van
aanspreeklikheid geld bo en behalwe die spesifieke gronde wat in die
kontrak vermeld word, wat hier ter
sprake is, en waarvan die
belangrikste gedeeltes soos volg lui:
“
RISIKO
VAN INTUIMELING VAN UITGRAWINGS:
Waar dit so
beskryf word, is die risiko van intuimeling van uitgrawings die
totale vertikale wandoppervlaktes van die
voltooide
uitgrawings wat moontlik instand gehou moet word. Die metodes van
instandhouding van hierdie wande word algeheel aan die Aannemer
oorgelaat en is sy verantwoordelikheid en sy pryse moet dus
voorsiening maak vir oop- of digte plank- en stutwerk, of ander
metodes
wat deur hom gebruik mag word om die wande instand te hou.
Die oppervlakte wat aangegee word is die van die gehele oppervlakte
van
die wande en sal reggestel word slegs as hierdie oppervlaktes
verander, of daar wel stutte gebruik word of nie.”
[67] In
dié verband kan ook verwys word na die volgende klousule:
“
Die formering vir die betonwerk
moet suiwer haaks wees en goed verspar wees om stewig te bly, voor,
tydens en na die giet van beton
en moet tot die bevrediging van die
Ingenieur wees, wie die reg behou om enige addisionele versparrings,
ens., aan te vra sonder
addisionele koste. Hierdie reg vrywaar
geensins die Aannemer van die verantwoordelikheid in hierdie verband
nie, en enige eise as
gevolg van onbehoorlike formering ens., sal
geheel en al die verantwoordelikheid van die Aannemer wees.”
[68] Ten
aansien van eersvermelde klousule het Kirsten as deskundige getuie
getuienis gelewer dat wat plaasgevind het op die terrein,
inderdaad
gedek is deur die betrokke klousule. Hy sê die volgende in sy
getuienis:
“
Yes I would say
so m’lord, because what happened on site is very much in principle
what I have illustrated on H4. It was an ondergrawing
or an over
excavation of a vertical phase below the footing and the soil
underneath the footing when the vertical phase beneath the
footing
was exposed, moved in a unstable manner into the excavation that was
made in front of it.”
[69] Bo
en behalwe bostaande, en Kirsten se algemene sienswyse dat tweede
verweerder vir die skade verantwoordelik was omdat dit tydelike
werk
is waaroor dit nie nodig is om ‘n besluit te neem nie, het hy ook
in sy getuienis vermeld dat tweede verweerder aanspreeklik
is op
grond van die inhoud van sekere latere klousules in die betrokke
kontrak, onder meer die volgende bepaling:
“
Die
Kontrakteur is aanspreeklik vir en vrywaar hierby die Administrasie
en Verteenwoordiger/Agent teen enige aanspreeklikheid, verlies,
eis
of geding ten gevolge van die verlies van of skade aan enige vaste of
roerende of persoonlike eiendom of eiendom aangrensende
aan die
Terrein, hetsy dit behoort aan of onder die beheer is van die
Administrasie of enige ander liggaam of persoon, wat ontstaan
uit of
in die loop van of omrede die uitvoering van die werke, tensy dit te
wydte is aan enige handeling of versuim van die
Verteenwoordiger/Agent
of enige persoon vir wie se optrede die
Administrasie regtens aanspreeklik is. Die Kontrakteur moet by
ontvangs van ‘n Skriftelike
Order van die Verteenwoordiger/Agent
sodanige verlies of skade op volmaakte en vakkundige wyse op eie
koste laat
goedmaak,
en by gebreke daarvan is die Administrasie geregtig om dit te laat
goedmaak en die koste daarvan verbonde van die Kontrakteur
te verhaal
of sodanige koste van bedrae af te trek wat aan die Kontrakteur
verskuldig is, soos in klousule 24 hiervan bepaal.”
Daar
is geargumenteer, namens tweede verweerder, dat hierdie klousule
slegs verwys na eiendom wat aangrensend is tot die betrokke
terrein.
Ek meen dat die tweede verweerder se argument ten opsigte van hierdie
klousule argumenteerbaar is, maar dat dit wel natuurlik
van
toepassing kan wees indien die suidelike kolomme beskou kan word as
aangrensende eiendom.
[70] Daar
is voorts verwys na klousule 39 van dieselfde kontrak, waar die
volgende vermeld word:
“
Die bestaande gebou op die terrein
sal in gebruik wees gedurende die uitvoering van hierdie kontrak en
die kontrakteur moet toelaat
vir die inagneming van die gerief en
veiligheid van die bewoners.”
Asook:
“
Die Kontrakteur moet alle
voorsorgmaatreëls tref om aangrensende geboue, ens., teen skade te
beskerm en sal enkel en alleen verantwoordelik
gehou word vir enige
skade aan persone of eiendom wat deur onvoldoende voorsorgmaatreëls
veroorsaak word.”
(Dit is duidelik uit die
klousule as geheel dat laasgenoemde gedeelte ook na bestaande geboue
verwys.)
[71] Voorts
word die volgende ook geargumenteer in die hoofde van argument van
die eerste verweerder:
“
95. It is
accordingly apparent from the aforegoing that the Bills of Quantities
part of the contract with the second respondent, provided
for several
instances where the contractor could incorporate the expense
pertaining to the prevention of damage during construction
to
existing structures and adjoining buildings. The approach as
reflected in the contract documentation indicates conclusively that
the contractor carried the risk in this regard and was given the
opportunity to price for it in its tender submission.”
[72] Met
betrekking tot mnr. Butler van die tweede verweerder se verweer met
betrekking tot die hoeveelheidslyste, word die volgende
gesê in
eerste verweerder se hoofde van betoog:
“
97. It
also appears that the
Honourable
Court
a
quo
accepted Mr Butler’s implausible explanation regarding the meaning
of clause 8 of the Bills of Quantities. According to Mr Butler’s
evidence this clause means that the engineer must provide all
information necessary in order to build the works, including all
information
regarding temporary precautions during construction. It
is respectfully contended that the Honourable Court
a
quo
erred in not accepting the logical evidence of the appellant’s
engineering expert, Dr Kirsten and the argument that this clause
obviously refers to the geometrical layout of the works on the
surface, which evidence is supported by the ordinary meaning of the
words in question and the context of the clause as a whole.”
[73]
Dit
is duidelik dat die Hof
a
quo
ondermeer as gevolg van tweede verweerder se getuienis van wat
plaasgevind het op 24 April 1997 tot die gevolgtrekking gekom het
dat
daar nie nalatigheid was aan die kant van tweede verweerder nie.
Indien hierdie getuienis wegval en mnr. Arter se getuienis
aanvaar
word omdat hy nie in kennis gestel is van die massa-uitgrawings
waarmee tweede verweerder besig was nie (wat meer waarskynlik
lyk in
die lig van al die omstandighede van hierdie saak), is dit duidelik
dat daar wel nalatigheid was aan die kant van tweede verweerder
om
nie vir eerste verweerder in dié verband te ken nie. Dis is veral
meer so omdat mnr. Van der Merwe van tweede verweerder uitdruklik
getuig het dat hy ongemaklik gevoel het en bekommerd was oor die
uitgrawings. Ten spyte daarvan word niks gedoen om te keer dat
die
ondergrawing tot die ineenstorting van die kolomme lei nie.
[74] Dit
is ook duidelik dat dit die sienswyse was van die bestekopnemer dat
die kontrakteur verantwoordelik was, en die eiser gevrywaar
het ten
opsigte van enige skade wat ten tyde van die konstruksiewerk mag
ontstaan. (Sien brief C P de Leeuw bl. 1409.) Aan die
anderkant was
dit die sienswyse van die argitek, wat die projekleier was ten
aansien van hierdie projek, dat beide stelle kolomme
wat hier ter
sprake is, afhanklik was van tydelike onderstutting wat deur eerste
verweerder onnodig geag is ten opsigte van die suidelike
kolomme.
(Sien brief op bl. 1411 van die rekord.)
[75] Die tweede
verweerder het derhalwe nie sy kontraktuele verpligtings, soos
gepleit in par. 6.3 van die besonderhede van vordering,
nagekom nie.
Dr. Marx was slegs bereid om sy aanspreeklikheid te beperk indien Van
der Merwe se weergawe met betrekking tot die
inspeksie op 24 April
1997 aanvaar sou word (wat reeds hierbo verwerp is). Die bepalings
van par. 12 van Afdeling 1 van die kontrak,
soos uiteengesit in
Volume 18 van die stukke, waarop mnr. Jordaan gesteun het, neem die
saak ook nie verder nie.
OPSOMMING:
[76] Die
Hof is dus die mening toegedaan dat daar bewys is dat daar
kontrakbreuk was aan die kant van beide eerste en tweede verweerders,
en dat elkeen van die verweerders
in
solidum
aanspreeklik
is teenoor eiser ten aansien van hierdie skade. Dit was dan ook die
aanvanklike siening van dr. Marx toe hy sy aanvanklike
konsepverslag
opgestel het, en is dit sonder voorbehoud aanvaar deur eerste
verweerder. Dit moet weereens beklemtoon word dat dr.
Marx ‘n
objektiewe getuie is met praktiese ervaring, en dat hy ook bewus was
van die sienings van kontrakteurs en ingenieurs ten
opsigte van
tydelike en permanente werk in die gebied waar hy werksaam was. Sy
siening in dié verband is gestaaf nie alleen deur
tweede verweerder
se getuies nie, maar ook deur Arter van eerste verweerder. Sy
getuienis wat maar ‘n uitbreiding van sy verslag
is, is dus gegrond
op logika en wysheid, en is inderdaad nie weerlê deur die getuienis,
behalwe in ‘n mate deur dié van Kirsten,
wie se getuienis meer van
teoretiese (en moontlik selfs gekunstelde) aard is en wie se
getuienis ten opsigte van die kritieke vraag
wat hier ter sprake is,
nie aanvaar kan word bo dié van Marx nie.
KOSTE
[77] In
die lig van die bevindings wat hierbo gemaak is, is dit duidelik wat
die bevel van die Hof
a
quo
moes wees, en dat beide verweerders gesamentlik en afsonderlik
aanspreeklik moes wees vir die eiser se koste.
[78] Wat
betref die koste van die appèl, is die aangeleentheid meer
ingewikkeld. In hoofsaak het die eerste verweerder nie sukses
behaal
nie, want hy is steeds verantwoordelik vir 100% van die eiser se
skade en koste (alhoewel tesame met die tweede verweerder).
Dit is
ook duidelik dat die eiser nie aanspreeklik kan wees vir enige party
se koste van appèl nie, aangesien sy posisie as gevolg
van die appèl
eerder verbeter as verswak het. Myns insiens, is die enigste bevel
wat gemaak kan word ten opsigte van die eiser
se koste, ‘n bevel
wat beide verweerders gelas om die koste van die hoofappèl
gesamentlik en afsonderlik te betaal. In dié verband
moet ook in ag
geneem word dat eerste verweerder se appèl vanaf die begin gerig was
teen
al
die bevele van die Hof
a
quo
.
[79] Wat die teenappèl
betref, was dit suksesvol, en kan daar ook nie twyfel wees dat tweede
verweerder hiervoor verantwoordelik
is nie. Daar kan net vermeld
word dat daar wat betref die teenappèl geen addisionele koste
aangegaan is by die aanhoor van die
appèl self nie (aangesien al die
argumente in elk geval ook tersaaklik, en selfs noodsaaklik, was vir
die hoofappèl). Die koste
wat hier ter sprake is, is die koste van
die kennisgewing van die teenappèl, asook die koste van die aansoek
om verlof tot die teenappèl
bo en behalwe die koste ten opsigte
waarvoor daar reeds voorsiening gemaak is in die bevel van regters
Cillié en Van Zyl op 30 Julie
2007. Daar is gelas dat koste tot die
opposisie van die betrokke aansoek koste in die appèl is, en verwys
dit klaarblyklik na die
teenappèl. (Eerste verweerder was glad nie
betrokke by die aansoek nie.)
[80] Dit
moet egter in gedagte gehou word dat die Hof
a
quo
se bevel ook ‘n bevel ingesluit het dat eerste verweerder
verantwoordelik was vir tweede verweerder se koste. Hierdie
bevinding
word nou tersyde gestel, en het die eerste verweerder in
dié mate sukses behaal teen tweede verweerder. Ons meen dat tweede
verweerder
derhalwe in dié verband ‘n deel van die eerste
verweerder se koste van appèl behoort te betaal, en wel in die mate
soos hieronder
uiteengesit.
[81] Wat beide uitstelle
van die appèlle betref, was die wesenlike rede vir die uitstel eiser
se begeerte om ‘n teenappèl in te
stel. (Beide eiser en tweede
verweerder - die enigste tersaaklike partye – was dit eens dat ‘n
teenappèl noodsaaklik was.
Dit is nie nodig vir hierdie Hof om te
beslis of dit wel so is, of nie.) Bygevolg moet die eiser beide
verweerders se koste van
die uitstel op 12 Desember 2005 betaal,
asook die koste van die appellant wat oorgestaan het ingevolge die
bevel ten opsigte van
die uitstel op 13 November 2006. Laasgenoemde
uitstel was immers die gevolg van die feit dat die aansoek om verlof
tot die teenappèl
nog nie afgehandel was op daardie datum nie.
[82] Bygevolg
word die volgende bevele gemaak:
1. Die
appèl teen die Hof
a
quo
se bevinding van appellant se aanspreeklikheid misluk.
2. Dit
word bevind dat die Hof
a
quo
fouteer het deur te bevind dat die tweede respondent nie aanspreeklik
was teenoor die eerste respondent (eiser) nie en dat appellant
tweede
verweerder se koste moet betaal.
3. Die
bevel van die Hof
a
quo
word in die geheel tersyde gestel en vervang met die volgende bevel
teen eerste en tweede verweerder, gesamentlik en afsonderlik:
Betaling van die bedrag
van R395 109,29.
Betaling
van rente
a
tempore morae
op voormelde bedrag teen 15% per jaar tot datum van betaling.
Koste van geding.
4. Die appellant en
tweede respondent word gelas om gesamentlik en afsonderlik die eerste
respondent se koste van die hoofappèl te
betaal.
Die
tweede respondent word gelas om die koste van eerste respondent ten
opsigte van die teenappèl (in die mate soos hierbo aangedui)
te
betaal.
6. Die tweede respondent
moet 25% van die getakseerde koste van die appellant met betrekking
tot die appèl betaal.
Die
eerste respondent moet die koste van beide die appellant en die
tweede respondent betaal ten opsigte van die uitstel op 12 Desember
2005.
Die
eerste respondent moet die koste van die appellant betaal ten
opsigte van die uitstel op 13 November 2006.
______________
G.F. WRIGHT, R
Ek
stem saam.
________________
S.P.B. HANCKE, R
Ek
stem saam.
___________________
P.U. FISCHER, WND R
Namens
appellant: Adv. L.J. van der Merwe
In
opdrag van:
Israel
& Sackstein
BLOEMFONTEIN
Namens
eerste respondent: Adv. J.Y. Claasen
In
opdrag van:
Staatsprokureur
BLOEMFONTEIN
Namens
tweede respondent: Adv. A.F. Jordaan SC
Bygestaan
deur:
Adv.
S.J. Reinders
In
opdrag van:
Van
Wyk & Preller
BLOEMFONTEIN
/sp