About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2008
>>
[2008] ZAFSHC 21
|
|
Beeston v Matsepe and Others (5700/2007) [2008] ZAFSHC 21 (24 April 2008)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Aansoeknommer.
: 5700/2007
In
die aansoek tussen:
SONJA
BEESTON
Applikant
en
TSIU
VINCENT MATSEPE N.O.
1ste Respondent
GEORGE
FREDERICK WESSELS N.O.
2de
Respondent
VIOLET
MMATHEBE PHATSOANE N.O.
3de Respondent
MEESTER
VAN DIE HOOGGEREGSHOF,
BLOEMFONTEIN
4de Respondent
DIE
REGISTRATEUR VAN AKTES,
BLOEMFONTEIN
5de Respondent
_____________________________________________________
UITSPRAAK:
HANCKE
R
AANGEHOOR
OP:
20
MAART 2008
GELEWER
OP:
24
APRIL 2008
[1] Hierdie
is ân aansoek ingevolge artikel 21(4) van die Insolvensiewet, No.
24 van 1936 (soos gewysig) vir die loslating van die
volgende bates:
1. Eenheid 34,
Anemoonhof.
2. Eenheid
33, Ifafaleliehof.
3. Eenheid
19, Le Paradis.
4. Yskor
aandele.
5. Sleepwa
met registrasienommer DBD812FS.
6. 100% aandeelhouding en
leningsrekening in ân eiendom bekend as Cum Grano Salis Balito BK.
7. 50%
aandeelhouding in Ekâs Moeg BK.
8. Leningsrekening in
Altus Familie Trust (IT1171/2004).
9. Leningsrekening
in Gys die Slagter Besigheidstrust (IT863/1999).
10. Leningsrekening
in Roselaan 6A Trust (IT1039/2001).
11. Volkswagen voertuig.
12. Lening: R. Render.
[2] Applikante
vra verder vir ân verklarende bevel dat bogemelde bates haar
eiendom is en vrygestel en losgelaat word van die bates
van haar
insolvente eggenoot ingevolge voormelde artikel. Daar is ook verdere
bates ter sprake wat of intussen losgelaat is of maak
die applikant
nie verder daarop aanspraak nie.
[3] Die
applikant se eggenoot, Brett Beeston is voorlopig deur hierdie hof
gesekwestreer op 26 Oktober 2006, welke bevel finaal gemaak
is op 23
November 2006. Ingevolge die bepalings van artikel 21(1) van die
Insolvensiewet, val al die bates van die solvente eggenote
ook in die
insolvente boedel. Hierna word die betrokke bates van die solvente
gade beskou as bates van die insolvente boedel, onderhewig
aan die
bepalings van artikel 21(2) van die Insolvensiewet.
[4] Die bewyslas in die
huidige aansoek is eerstens op die applikant om aan te toon dat sy
die bates verkry het met ân regsgeldige
titel teenoor die
skuldeisers van die insolvent en tweedens dat sy nie in een of ander
samespanning met die insolvent gepoog het
om sy skuldeisers te
bedrieg nie.
â
The
applicant here must show that this transaction was not in effect a
donation or a disposition without value because, if it was,
then her
title could not be valid as against her husbandâs creditors.
Similarly her title could be impugned if the transaction
amounted to
a collusive dealing in terms of section 31 of the Act. Here the
applicant would be required to discharge the onus of
showing on a
balance of probabilities that, although her husband may have had the
intention of defrauding his creditors, she did
not act in collusion
with him in disposing of his property in a manner which had the
effect of prejudicing his creditors.â
Per
Eksteen, R in
COETZER
v COETZER
1975 (3) SA 931
(OK) te 936 B â C. Vergelyk ook
MAUDSLEYâS
TRUSTEES v MAUDSLEY
1940 TPD 399
te 404.
[5] Die
onus behels verder dat die applikant moet aantoon dat sy ân
regsgeldige titel gehad het
tydens
die verkryging van die betrokke bates.
â
As
I read that sub-paragraph it is necessary for the spouse, in order to
obtain the release of the property which
has
vested, in terms of section 21(1), in the Master, and thereafter in
the trustee, to show that the title
at
the time it was obtained,
was good as against the creditors of the insolvent.â
(my
beklemtoning)
MIA
AND OTHERS v MORRISON NO
1962 (3) SA 756
(N) te 758 A - B.
[6] By
die oorweging van die bewering wat die applikant maak ten aansien van
al die transaksies, moet gekyk word na die aard en substansie
van die
transaksies, asook al die omstandighede van die saak ten einde te
bepaal wat die ware bedoeling van die insolvent en die
applikante was
met die onderskeie transaksies.
JOOSTE
v DE WITT NO
1999 (2) SA 355
(T) te 362 C â E;
SNYMAN
v RHEEDER NO
1989 (4) SA 496
(T);
BEDDY
NO v VAN DER WESTHUIZEN
1999 (3) SA 913
(HHA) te 917 B â F.
[7] Dit
is verder van belang dat volledige feite aan ân hof voorgelê word
alvorens ân hof ân bevinding kan maak dat die applikant
ân
geldige titel verkry het en ook gestaaf deur die nodige dokumentasie,
indien beskikbaar.
BEDDY
NO v VAN DER WESTHUIZEN
supra
te 923 G â H; 924 B â D.
[8] Daar
het ân insolvensie ondervraging van die applikant se eggenoot
plaasgevind, en is die notule daarvan deur die Meester van
die
Hooggeregshof gesertifiseer ingevolge artikel 154(2) en (3) van die
gemelde Insolvensiewet en het die Meester toestemming verleen
dat die
oorkonde gebruik kan word in die huidige aansoek. Die algemene reël
is dat getuienis wat gelewer is by ân insolvensie
ondervraging deur
die insolvent en ander getuies nie teen die applikant toelaatbaar is
nie, behalwe as die betrokke getuie ân beëdigde
verklaring afgelê
het in die aansoek om loslating, in welke geval dit tersaaklik kan
wees by die beoordeling van die geloofwaardigheid
en die
waarskynlikhede aangaande die deponent se getuienis.
FOOT
NO v VORSTER
1983 (3) SA 179
(O) te 184 H â 185 A. Die bewyskrag van sulke
getuienis moet deur die verhoorhof bepaal word.
DU
PLESSIS NO v OOSTHUIZEN
1995 (3) SA 604
(O) te 620 I â 621 C.
[9] Respondente
steun in hul openering van die huidige aansoek onder andere op die
inhoud van sekere belastingopgawes wat deur die
applikant ingedien
is. Laasgenoemde het aanvanklik die houding ingeneem dat, uit die
hoofde van die bepalings van artikel 4(1) van
die
Inkomstebelastingwet, Wet No. 58 van 1962 respondente nie daarop kan
steun sonder ân bevel daartoe deur die hof nie. Dit blyk
egter dat
die kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens tot op hede die
enigste skuldeiser is uit die boedel van Brett Beeston,
welke eis ân
bedrag van R15 743 008,55 beloop. ân Werknemer van die
kommissaris, ter invordering van uitstaande belastings,
tree
klaarblyklik op in âdie uitvoering van sy of haar pligte ingevolge
hierdie wetâ soos bedoel in artikel 4(1) van die
Inkomstebelastingwet.
Dit sal insluit die beskikbaarstelling van
inligting aan die kuratore en die toegang tot rekords in besit van
die kommissaris ten
einde bates te verhaal tot die voordeel van die
kommissaris as die grootste skuldeiser.
SACKSTEIN
NO v SOUTH AFRICAN REVENUE SERVICE AND OTHERS
2000 (2) SA 250
(SOK) te 261 C â E. Net soos die applikant onder
andere gesteun het, ter bewys van haar inkomste, op die inhoud van ân
IRP vorm
wat sy by die kommissaris ingedien het, is die respondente,
uit hoofde van die voorgaande, geregtig om te steun op die inhoud van
al die applikant se tersaaklike belastingopgawes.
[10] Wat die aankoop van
veral onlangse bates aanbetref is dit belangrik op daarop te let dat
die applikant in haar funderende eedsverklaring
swaar gesteun het op
haar betrekking by die Veritas Trust en die salaris wat sy aldaar
verdien het ter finansiering van haar verpligtinge.
In hierdie
verband verklaar sy onder andere die volgende:
â
Tans
is ek werksaam, behalwe vir ander aktiwiteite, as die algemene
kantoorbestuurder van Veritas Trust te Bloemfontein en verdien
ek
daar ân salaris, welke salaris in die 2006 belastingjaar ân bruto
bedrag van R692 000,00 bedrae het. Ek is daar werksaam
vanaf 1 April
2005 en heg ek ook hierby aan ân afdruk van my 2006 IRP5 vorm en
merk dit as Aanhangsel âBâ.â
Tydens
die ondervraging getuig sy dat sy bloot weet van die feit dat daar ân
Veritas Trust is, en dat sy vir haar slaghuise by
die Veritas Trust
vleisaankope gedoen het. Sy het spesifiek onder eed bevestig dat sy
nog nooit by die Veritas Trust gewerk het
nie. Toe sy met die
bewerings in die eedsverklaring gekonfronteer word erken sy dat dit
ân leun was.
[11] Verder in die
funderende eedsverklaring beweer sy die volgende:
â
Ek verdien ook ân inkomste van
die Veritas Trust, welke salaris in die 2006 belastingjaar ân bruto
bedrag van R692 000,00 bedrae
het. Ek verdien voormelde inkomste
vanaf 1 April 2005 en het ek voormelde inkomste ook aan die Ontvanger
van Inkomste verklaar....â
Volgens die finansiële
state van die Veritas Besigheidstrust, wat finaal ingedien is
gedurende Augustus 2006, word geen vergoeding
vir begunstigdes in die
state vervat nie. In die finansiële state van die trust vir die
tydperk eindigende Februarie 2007 word
daar vir 2006 ân begunstigde
vergoeding aangedui ten gunste van die applikant in die bedrag van
R570 474,00. Insiggewend is egter
die vergelykende syfers vir 2006
van dieselfde state waar gewys word na ân vergoeding van R692
000,00 aan applikant as begunstigde
vergoeding, strydig met haar
getuienis, en ook strydig met bogemelde bewerings en die finansiële
state van 2006, welke finaal ingedien
was.
Die voormelde
teenstrydighede bevraagteken nie alleen ernstig die geloofwaardigheid
van die applikant nie maar ook die bron vanwaar
fondse verkry is ten
einde sekere onlangse bates aan te koop of paaiement te betaal.
[12] Vervolgens sal
gehandel word met elk van die bates waarvoor loslating gevorder word.
Eenheid
34, Anemoonhof:
Dit
is applikant se saak dat sy hierdie eiendom aangekoop het en kontant
daarvoor betaal het en wel as gevolg van fondse wat sy geleen
het by
Roselaan 6A Trust. Die eiendom wat geleë is in Wilgehof is
aangekoop vir ân bedrag van R90 000,00. Applikant steun daarop
dat
sy dit gedoen het uit hoofde van ân hervoorskot op die verband by
Eerste Nasionale Bank oor Swartleliehof uit die Roselaan
6A Trust en
het sy reeds in Februarie 2003 aansoek gedoen vir sodanige voorskot.
In repliek heg sy ook ân dokument te dien effekte
wat afkomstig is
van Eerste Nasionale Bank. Die respondente opper tereg sekere
aspekte van kritiek, onder andere die afwesigheid
van stawende
dokumente in hierdie verband. ân Gewigte oorweging in die guns van
die applikant is die feit dat hierdie eiendom
gedurende Mei 2003 in
die applikant se naam geregistreer is terwyl die ondersoek van die
Kommissaris van Binnelandse Inkomste eers
gedurende 2004 ân aanvang
geneem het, en verder belangrik is die feit dat die sekwestrasie van
die insolvent meer as drie jaar
later op 23 November 2006 plaasgevind
het. In die lig van die voorgaande is ek van mening dat die
applikant wel haar van die onus
gekwyt het om aan te toon dat die
applikant tydens die verkryging van hierdie eiendom ân regsgeldige
titel gehad het ten opsigte
van skuldeisers van die insolvent.
MIA
AND OTHERS v MORRISON NO
,
supra
te 758 A.
[13]
Eenheid
33, Ifafaleliehof:
Dit
is die applikant se saak, alhoewel dit eers volledig in repliek
vermeld word, dat sy die eiendom gedurende Januarie 2003 ten
bedrae
van R105 000,00 gekoop het en dat sy dit finansier het met ân
verband in die bedrag van R100 000,00 teen die eiendom geregistreer
ten gunste van Absa Bank. Die paaiemente, soos ook in die geval van
Anemoonhof is betaal uit die huurinkomste verkry uit twee ander
persele en klaarblyklik daarna uit die huurinkomste verkry uit die
betrokke eiendom self. Net soos in die geval van Anemoonhof,
is die
Ifafaleliehof etlike jare gelede verkry en wel gedurende Januarie
2003, dit wil sê minstens ân jaar voor die kommissaris
se
ondersoek en meer as drie jaar voor die sekwestrasie van die
insolvent. Insgelyks het die applikante daarin geslaag om op ân
oorwig van waarskynlikhede aan te toon dat sy ân regsgeldige titel
gevestig het ten opsigte van hierdie eiendom.
[14]
Eenheid
19, Le Paradis:
Dit
is die applikant se saak dat sy die eiendom, wat in ân BK
geregistreer was, waarvan die insolvent die enigste lid was,
aangekoop
het vir R1,4 miljoen. Die transaksie het plaasgevind op of
omtrent 13 Junie 2006 dit wil sê sowat 2 jaar nadat die kommissaris
met sy ondersoek begin het en slegs 5 maande voor haar man se
sekwestrasie. Volgens die afrekeningstaat is ân deposito van R482
132,01 betaal, ân verband van R1,26 miljoen bekom, word daar ân
kosterekening in berekening gebring van ân astronomiese bedrag
van
R106 000,00 ten gunste van die prokureurs en word ân balans tjek
uitbetaal in die bedrag van R232 420,04. Volgens die dokumentasie
blyk dit egter dat die deposito bedrag van R482 132,01 afkomstig is
van die insolvent, en nie die applikant nie. Verder rig die
prokureurs mnre A P Pretorius ân skrywe gedateer 7 September 2005
aan die insolvent by sy kantore te Beestonâs om te vra of sy
finansies gereël is vir hierdie transaksie.
In repliek beweer
applikant dat Ekâs Moeg BK waarvan sy ân lid was, ân sekere
eiendom verkoop het en dat daar R608 000,00 aan
haar uitbetaal is en
verwys sy na aanhangsel âPâ tot die repliek. Hierdie dokument
het nie eers ân datum op nie en hanteer
die applikant die
aangeleentheid verder op die basis dat sy haar nie kan uitlaat oor
die kantoorlêer van die prokureurs en interne
skrywes wat tussen
hulle gerig was nie. Dit blyk egter volgens aanhangsel âPâ dat
die bedrag van R608 000,00 uitbetaal is en
nie deur die prokureurs op
trust gehou is soos wat die korrespondensie in die vooruitsig gestel
het nie. Verder, indien die werkswyse
van die insolvent in ag geneem
word naamlik dat hy van tyd tot tyd sy besigheid oorgedra het van die
een entiteit na die volgende,
dat hy hierdie entiteite as homself
beskou het en bloot fondse onttrek het wat hy nodig gehad het ten
einde sy persoonlike paaiemente
te betaal, hoe applikant se inkomste
vanuit dieselfde entiteite vermeerder het oor dieselfde tydperk ten
einde paaiement wat voorheen
deur die insolvent gediens was, te
betaal, dui die waarskynlikhede oorweldigend daarop dat dit ook die
bron was waaruit applikant
voortaan die paaiement op die
verbandlening van R1,26 miljoen betaal het. Wat belangrik is, in die
lig van die voorgaande omstandighede,
is die feit dat hierdie eiendom
van die beslote korporasie nooit verklaar is in applikant se
inkomstebelastingopgawes nie. Dit blyk
verder dat ân bedrag van
R246 000,00 uitbetaal is aan die beslote korporasie op 26 Julie 2006,
dat hierdie bedrag by wyse van twee
gelyke tjeks uitgereik is, een
aan die insolvent en aan die applikant en klaarblyklik gebruik was om
van te lewe.
Dit
blyk dus in die lig van die voorgaande twyfelagtige omstandighede,
dat die applikant haar nie van die bewyslas gekwyt het om
ân
regsgeldige titel ten opsigte van hierdie eiendom aan te toon nie.
[15]
Yskor
aandele:
Dit is nie in geskil dat
die applikant hierdie aandele ten bedrae van R2 000,00 reeds etlike
jare gelede aangekoop het nie. Namens
die respondente is betoog dat
sy geen aandeelsertifikaat of bewys van dividende aangeheg het nie.
Tydens die solvensie ondervraging
beweer sy dat die aandele (skynbaar
verwysende na die sertifikate) iewers weggeraak het. Dat sy ongeveer
10 jaar terug vir die boekhouer
opdrag gegee het om dit vir haar uit
te sorteer maar dat sy tot op datum dit nog nie opgespoor het nie en
dat dit nog iewers moet
wees. Dit is duidelik dat die bewerings in
hierdie verband vaag en onbevredigend is maar wat vas staan is dat
hierdie transaksie
meer as tien jaar gelede plaasgevind het toe daar
geen sprake was van die sekwestrasie van die insolvent nie.
Applikant het dus
haar van die onus in hierdie verband gekwyt.
[16]
Sleepwa
met registrasienommer DBD812FS:
In
haar funderende eedsverklaring maak die applikant bloot ân bewering
van eiendomsreg van hierdie sleepwa. In opponering word
sy uitgenooi
om bewysstukke daarvan te verskaf waarna sy ân dokument van die
handelaar, naamlik Pretorius Sales Trust verskaf wat
die transaksie
bevestig. In die afwesigheid van enigiets tot die teendeel om haar
bewering te ontsenu is ek tevrede, op ân oorwig
van
waarskynlikhede, dat sy ook geregtig is op loslating van die sleepwa.
[17]
Aandeelhouding
en leningsrekening in Cum Gano Salis Balito BK:
Volgens
klousule 8 van die Koopkontrak is dit klaarblyklik gedurende Januarie
2005 gesluit ingevolge waarvan die applikant 100% ledebelang
in die
BK vanaf die insolvent koop vir ân bedrag van R1,7 miljoen, met ân
leningsrekening ten gunste van die insolvent in die
bedrag van R834
000,00. Die afrekeningstaat van die prokureurs gedateer 19 Mei 2005
dui nie aan waar die R1,7 miljoen vandaan kom
nie, wat bloot aantoon
daar ân uitstaande verband van R758 246.69 was. Die vraag wat
dadelik ontstaan is indien die ledebelang
wat klaarblyklik ân netto
belang is wat oorgeneem is, hoekom word
ENB se verband daar
aangetoon. Dit is verder van belang dat die verband wat geregistreer
is oor die eiendom aan die begin van Desember
2004 op ân nul balans
was, waarna ân bedrag van R787 000,00 opgeneem is en inbetaal is in
die tjekrekening van BWM Trust en kontant
onttrek is deur die
insolvent gedurende die tydperk 15 tot 29 Desember 2004.
Dit
is gemene saak dat die uitstaande balans van ongeveer R760 000,00 by
Eerste Nasionale Bank net so oorgeneem is deur die applikante
as nuwe
lid, en indien in gedagte gehou word dat volgens die afrekeningstaat
daar ân bedrag van ongeveer R900 000,00 gegenereer
is ten einde die
betrokke skuldeisers te betaal wat daarin verskyn, blyk dit dus dat
daar slegs ân bedrag van ongeveer R900 000,00
verwissel het op
hierdie transaksie. Die belangrike vraag wat nou ontstaan is waar
dit vandaan sou kom?
Verder
insiggewend is dat daar op 20 Junie 2005 ân skrywe gerig is aan die
insolvent deur mnre A P Pretorius & Vennote tot
die effek dat die
belang oorgedra is op 8 Maart 2005 en dat die
insolvent
die hereregte moet betaal vir die transaksie, terwyl die insolvent
nie die koper was nie. Verder belangrik is die feit dat die
applikant
die aankoop van die betrokke ledebelang nie in die
tersaaklike belastingopgawes aangetoon het nie.
In repliek ontken die
applikant bloot hierdie bewerings en voer aan dat sy R1,5 miljoen
geleen het van die Van Rooyen Familie Trust.
Geen verdere
verduidelikings word deur die applikant verskaf ten aansien van die
bewerings in die opponerende verklaring nie. Hierdie
lening pas
egter gladnie in by die afrekeningstaat, of enige gedeelte van die
transaksie nie. Die afleiding is onweerstaanbaar dat
die kontant
onttrekking wat bewerkstellig is gedurende Desember 2004 van bykans
R800 000,00 deur die insolvent aangewend is om ân
gedeelte van die
skuldeisers van ongeveer R900 000,00 te betaal tydens die aangaan van
hierdie transaksie.
Dit volg dus uit die
voorgaande dat weens die onbevredigende aspekte in die applikant se
weergawe in hierdie verband, sy nié op
ân oorwig van
waarskynlikhede daarin geslaag het om aan te toon dat sy ân
regsgeldige titel ten opsigte van hierdie eiendom verkry
het nie.
[18]
50%
Aandeelhouding in Ekâs Moeg BK:
Die
applikant beweer self dat hierdie beslote korporasie dormant is. Dit
is in teenstelling met die bewerings deur die kuratore
dat daar ân
verband ten gunste van die beslote korporasie is in die bedrag R1
miljoen op een van die eiendomme geregistreer. Verder
beweer
applikant dat sy die bedrag van R500 000,00 aan die BK skuld volgens
haar vermoëstaat, terwyl sy later beweer dat dit dormant
is. Geen
bewyse word aangeheg by die stukke nie. Geen finansiële state of
enige ander bewys van ledebelang of hoe en waar sy hierdie
ledebelang
verkry het, word aangetoon nie.
Tydens die
insolvensieondervraging is sy ondervra oor die magtiging van die
insolvent wat hy gebruik het ten einde oorplasing van
alle surplus
fondse vanaf Kramer, Weihmann & Joubert na A P Pretorius &
Vennote te bewerkstellig. Dit is duidelik dat sy
geen kennis
hoegenaamd het van die betrokke beslote korporasie nie. Dit volg dat
die bewerings in hierdie verband so vaag en ontoereikend
is dat die
gevolgtrekking noodwendig is dat applikant haar nie van die onus
gekwyt het nie.
[19]
Leningsrekening,
Altus Familie Trust, Gys die Slagter Besigheids Trust en Roselaan 6A:
In
applikant se funderende eedsverklaring by wyse van die vermoë staat
vra sy vrylating van die leningsrekenings in die betrokke
entiteite.
Ter opponering wys die kuratore daarop dat die Altus Familie Trust
Leningsrekening nie net ân simulasie is nie maar
inderdaad op
bedrog neerkom. Ten opsigte van die ander leningsrekenings word sy
uitgenooi om ân repliek te handel met die ontstaan
daarvan. In
antwoord hierop antwoord sy bloot die volgende:
â
Ek is geadviseer dat hierdie
aansoek handel oor die loslating van die bates deur my na verwys in
my aansoekstukke. Ek het gevolglik
nie nodig om te handel met ander
transaksies nie en ten einde hierdie stukke gevolglik nie onnodig te
beswaar nie, volg ek voormelde
advies en volstaan by wat ek reeds
hierin gesê het.â
In
die lig van die voorgaande is dit duidelik dat die applikant nie ân
saak uitgemaak het vir die loslating van enige van laasgenoemde
bates
nie.
[20]
Volkswagen
voertuig:- registrasienommer SONFS
In
haar eedsverklaring verklaar die applikant dat dit R200 000,00 werd
is, met uitstaande verpligtinge van R194 000,00. In hul opponerende
verklaring verklaar die kurators dat alhoewel die
afbetalingsverkoopstransaksie in die applikant se naam is, hulle dit
ontken dat
die paaiement deur haar betaal is met uitsondering van
enkele maande. Geen bewys van die aankoop word in die
inkomstebelastingopgawes
aangedui nie. In repliek is daar geen
antwoord verskaf ten opsigte van waar die paaiemente vandaan kom en
hoe dit gefinansier is
nie. In repliek word verwys na die feit dat
die markwaarde daarvan nou R30 000,00 minder is as die uitstaande
bedrag. Sy gee te
kenne dat die kurators welkom is om beheer oor die
voertuig te neem onderhewig daaraan dat hulle onderneem om die
finansierder ten
volle af te los. Dit blyk sinneloos om ân bevel
in hierdie verband te maak en staan dit die partye steeds vry om te
onderhandel
oor die gebruik van hierdie voertuig.
[21]
Lening:
R. Render ten bedrae van R10 000,00:
Insgelyks
het die kurators die applikant uitgenooi om volledige besonderhede
van die lening te verskaf. Geen verdere feite of geen
kontrakbesonderhede of selfs ân bevestiging van gemelde Render word
verskaf nie.
BEDDY
NO v VAN DER WESTHUIZEN
supra
TE 923 G â H; 924 B â D. In die lig aan die gebrek aan feite het
die applikant haar nie van die bewyslas gekwyt nie.
[22] Uit
voorgaande volg dit dus dat die applikant slegs gedeeltelik suksesvol
was. Die sukses is hoofsaaklik te wyte aan bewerings
wat sy vir die
eerste maal in repliek gemaak het en was die kurators dus minstens
tot op daardie stadium geregtig om die aansoek
te opponeer. In die
lig van die enkele items ten opsigte waarvan sy suksesvol is asook
die geringe waarde daarvan kan dit nie gesê
word dat sy substansieel
suksesvol was nie. Hierdie aspekte moet reflekteer word in die
kostebevel en moet dit ook by taksasie inaggeneem
word dat die meeste
van die tyd in beslag geneem is tydens argument ten opsigte van haar
aansoek om loslating van bates waarvoor
sy nie suksesvol was nie.
[23] Bygevolg word die
volgende bevele verleen:
1. Applikant se aansoek
om loslating van die volgende bates word toegestaan.
(a) Eenheid 34,
Anemoonhof;
(b) Eenheid 33,
Ifafaleliehof;
(c) Yskor
aandele;
(d) Sleepwa
met registrasienommer DBD812FS.
2. Dit word verklaar dat
die bates vermeld in 1 hierbo vrygestel en losgelaat word van die
bates van die applikant se insolvente eggenoot
Brett Beeston.
3. Applikant se aansoek
ten opsigte van die balans van die bates word van die hand gewys en
word applikant gelas om 50% van die respondente
se koste te betaal.
________________
S.P.B.
HANCKE, R
Namens die
applikant: Adv. A.J. R. Van Rhyn SC
Bygestaan
deur
Adv.
S. J. Reinders
In
opdrag van:
Kramer,
Weihman & Joubert Ing.
BLOEMFONTEIN
Namens
die respondente: Adv. P. Zietsman
In
opdrag van:
Matsepes
Ing.
BLOEMFONTEIN
/EM