About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2008
>>
[2008] ZAFSHC 20
|
|
Meyer v Groenewald and Another (A412/2007) [2008] ZAFSHC 20 (21 April 2008)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(NOORDKAAPSE
AFDELING)
Appèl
Nr. : A412/2007
In
die saak tussen:
ESIAS
ENGELBERTUS MEYER
Applikant
en
STREEKLANDDROS
A. GROENEWALD
1ste
Respondent
(In
sy amptelike hoedanigheid)
DIE
DIREKTEUR OPENBARE VERVOLGING
2de Respondent
CORAM:
CILLIé, R
et
MOLOI, WND R
_____________________________________________________
UITSPRAAK:
CILLIé, R
_____________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
21 APRIL 2008
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
30 APRIL 2008
_____________________________________________________
AGTERGROND:
[1] Hierdie
aansoek opper weereens die ou vraag na die wenslikheid daarvan dat ân
hof ân hersiening sal aanhoor terwyl die saak
nog hangende is al
dan nie. Die applikant staan in die Streekhof tereg op 27 klagtes
van bedrog. By die aanvang van die verrigtinge
was 4 klagtes teen
hom teruggetrek. Aan die einde van die staat se saak het die hof aan
hom ontslag toegestan op ân verdere 4
klagtes. Die aansoek om
ontslag op die oorblywende klagtes was afgewys. Die applikant is nou
beswaard oor die afwysing van sy aansoek
om ontslag, spesifiek op
klagtes 2 en 27. Hy meen dat daar op hierdie klagtes ook ontslag aan
hom toegestaan moes gewees het. Sy
hersieningsaansoek beoog ân
bevel wat aan hom ontslag ook op hierdie twee klagtes verleen. Die
applikant voer aan dat die weiering
van ontslag op hierdie 2 klagtes
meebring dat hy wanneer hy getuienis in sy eie verdediging op die
ander klagtes aflê, soos hy beoog
om te doen, ook op klagtes 2 en 27
ondervra kan word. Aldus, sê hy, kan hy homself inkrimineer op
hierdie klagtes wat dan tot
ân skuldigbevinding daarop kan lei.
Dit word aangevoer dat dit ân skending van sy regte is gesien die
feit dat die staat nie
tot dusver soos hy beweer genoegsame getuienis
aangebied het wat sy skuld op daardie twee klagtes bewys nie.
HERSIENING VAN
HANGENDE VERHOOR:
[2] Dit
is bekende reg dat ân hof ongeneë is om ân aansoek om hersiening
te oorweeg voordat die verrigtinge in die laerhof afgehandel
is.
Vergelyk
ISMAIL
A O v ADDITIONAL MAGISRATE, WYNBERG AO
1963 (1) SA 1
(A) op 5 waar Steyn HR hom as volg uitlaat:
â
A
Supreme Court should be slow to intervene in unterminated proceedings
in a court below, and should, generally speaking confine the
exercise
of its powers to ârare cases where grave injustice might otherwi
se
result or where justice might not by other means te attainedâ
(Wahlhaussâs case
supra
).â
Die
rede daarvoor is voor die hand liggend. Dit kan lei tot
vermenigvuldiging van verrigtinge voor die hoërhof en stuksgewyse
oorweging
van die beswaarde se klagtes meebring. Daarom verkies howe
dat die saak afgehandel is en ân finale bevinding deur die laerhof
gemaak
word
voordat ân aanvegting daarvan op hersiening of appèl aangehoor sal
word. So ân hersiening soos hier sal slegs in buitengewone
omstandighede voor die afhandeling van die verrigtinge in die laerhof
gedoen word. Daardie buitengewone omstandigheid moet wees
dat ân
onreëlmatigheid deur die verhoorhof begaan was wat lei tot âgrave
injusticeâ (sien
supra
).
Ek sal hierin later handel met die aangevoerde onreëlmatighede wat
na bewering ten aansien van hierdie 2 klagtes sou plaasgevind
het.
HERSIENING VAN
WEIERING VAN ONTSLAG:
[3] Artikel
174 van Wet No. 51 van 1977 bepaal dat indien die hof by afsluiting
van die saak vir die vervolging van oordeel is dat
âdaar
geen getuienis is dat die beskuldigde die in die aanklag bedoelde
misdryf ... gepleeg het nie kan hy ân uitspraak van onskuldig
lewer.â
Dit
is duidelik en word algemeen so aanvaar dat in hierdie verband die
hof ân diskresie het. Die weiering van ân aansoek om ontslag
is
interlokutêr en gevolglik nie appelleerbaar nie. Alleen as
onreëlmatighede in die verhoor beweer word wat gelei het tot die
afwysing van die aansoek om ontslag is daar ruimte vir ân aansoek
om hersiening van die weiering van ontslag. Die blote feit dat
die
weiering onjuis is, is nie ân grond vir hersiening nie. Vergelyk
EBRAHIM
v MINISTER OF JUSTICE
2000(2) SASV 173 (W).
KLAG 2:
[4] Dit
is nodig om na die getuienis wat reeds op rekord is te verwys ten
einde die aangevoerde grond van onreëlmatigheid na behore
te begryp.
Die klaer in die saak, ân eenvoudige mynwerker het vir ân rede
wat tans nie tersaaklik is nie die applikant besoek.
Dit blyk uit
die getuienis dat die applikant deur die klaer as ân prokureur
beskou was. Of die applikant werklik ân prokureur
was is nie op
hierdie stadium vir my duidelik uit die stukke nie en in elk geval
insgelyks nie tans tersaaklik nie. Die applikant
het 2 tjeks wat in
besit van die klaer was en waarvan klaer die begunstigde was gesien
en die klaer meegedeel dat die tjeks reeds
verval het. Hy het
onderneem om âvarsâ tjeks vir die klaer ter vervanging van die
vervalde tjeks by die trekker van die tjeks
aan te vra. Na verloop
van tyd is die klaer deur die applikant meegedeel dat ân
vervangende tjek ge-arriveer het en dat die geld
in applikant se
rekening is. Applikant het daarop ân tjek vir die bedrag van R11
501,00 getrek op applikant se bankrekening aan
die klaer oorhandig.
Klaer het hierdie tjek in sy bankrekening inbetaal maar is later deur
die bank meegedeel dat die applikant
se tjek onteer is. Die tjek
tesame met ân dokument wat skynbaar ân nota van ontering is is
deur sy bank aan die klaer oorhandig.
Die klaer het afskrifte van
hierdie dokumente gemaak en is toe na die applikant se kantoor om te
kla. Aldaar het die applikant
volgens die getuienis van die klaer
die onteerde tjek geneem asook die nota en onderneem om dit reg te
stel. Niks van die aard het
egter plaasgevind nie. Ten einde raad
is klaer toe na ân ander prokureur, ene Erasmus. Dié het getuig
dat hy die applikant telefonies
geskakel het om uit te vind wat
gaande is en dat applikant toe onderneem het om die geld aan hom oor
te betaal. Dit het egter nooit
gebeur nie. Bovermelde getuienis is
nooit in kruisverhoor ten behoewe van die applikant aangeveg nie.
Tydens sy getuienis het die
klaer die afskrif van die applikant se
onteerde tjek wat hy gemaak het ingehandig as bewysstuk âEâ.
Die grondslag van die
applikant se aansoek om ontslag voor die landdros was dat die
oorspronklike tjek nie as getuienis deur die
staat voorgelê was nie.
Aldus, so is voor die landdros aangevoer, is daar nie aan die beste
getuienis-reël voldoen nie en is daar
gevolglik nie bewys van die
ontering van die tjek nie. Dieselfde argument is voor hierdie hof op
hersiening aangevoer met die byvoeging
natuurlik dat die toelating
van die afskrif van die tjek as getuienis die vereiste
onreëlmatigheid wat die grondslag van ân hersiening
kan wees,
daarstel. Dit moet beklemtoon word dat die getuienis dat die
applikant die gewraakte oorspronklike tjek by die klaer geneem
het,
onaangeveg is.
In
South
African Law of Evidence (formerly Hoffman and Zeffertt)
sê die geleerde skrywers die volgende op bladsy 690 onder die
kopstuk âWhen secondary evidence is admissibleâ die volgende:
â
A
party may adduce secondary evidence of a document in the possession
of his or her opponent if the latter has failed to produce it
after
having been given notice to do so. The reason for the rule,
according to Wigmore, and as accepted by Leon J in
Singh
v Govender Brothers Construction,
is that if the opponent detains the document, its unavailability to
the party seeking to produce it is governed by âthe fundamental
notion of the general rule . . . that production is not required
where it is not feasible, the rule here falls away and the
non-production
is excusedâ. The notice does not have to be formal
notice in terms of the rules of court. The notice must be such as to
give
the other party a reasonable opportunity for complying with it,
so that, if the original is in court, notice may be given informally
at the trial. There are two exceptional cases in which no notice
need be given: when the document is itself a notice served upon
the
opposing party such as a notice of dishonour of a bill of exchange,
and when the nature of the proceedings is such as to inform
him or
her, by necessary implication, that production of the document will
be required. In
S
v Miles
it was suggested that where an accused person or a litigant
might
be in possession, a notice calling on him or her to produce it, or to
confirm that it is lost (or in appropriate circumstances to
permit a
search), would serve as an excuse for not producing it in court and
would justify secondary evidence. This obiter dictum,
remarked Leon
J in
Singh
v Govender Brothers Construction
should not be construed to mean that in all circumstances a mere
notice to produce and non-production of the document would justify
the reception of secondary evidenceâ. The rule that notice can be
given by implication was not mentioned in
R
v Southall
,
in which the accused was convicted of obtaining goods by false
pretences involving the use of a document. The document was proved
to be in the possession of the accused at the time of the trial, but
Wessels JP allowed an appeal on what he himself described as
the
highly technical point that the prosecution had tendered secondary
evidence of its contents without having given the accused
notice to
produce. It is submitted that authority could have been found for
regarding the case as one in which the nature of the
proceedings was
sufficient to inform the accused that the document would be required.
The problem arose
in
S
v Miles
,
where Kumleben J recognised that an explicit notice can be dispensed
with where âa party has been informed by necessary implication
of
the need for a specific document to be producedâ â in a criminal
case, one has to examine the charge as stated in the charge-sheet
or
indictment, to determine whether notice had been given by
implication. There was no such implication in
Milesâs
case and secondary evidence of the documentâs contents was,
therefore, inadmissible.â
ân
Soortgelyke siening word gehuldig deur Schmidt:
Bewysreg,
Vierde Uitgawe
bladsy 348 waar die volgende gesê word:
â
(iii)
Dokument
in teenstander se besit:
Sekondêre getuienis kan gelewer word indien die dokument in die
teenstander se besit is en hy na redelike kennisgewing versuim
om dit
beskikbaar te stel. Die kennisgewing hoef nie noodwendig voor
gedingvoering gegee te word nie; dit kan selfs tydens die verhoor
van
die balie af gegee word.
In drie gevalle is kennisgewing nie
ân voorvereiste nie: (a) Wanneer die dokument op sigself ân
kennisgewing aan die teenparty
is, soos ân kennisgewing om te
ontruim. (b) Wanneer die teenstander weens die aard van die geskil
behoort te weet dat hy die
dokument moet voortbring. Wanneer die
dokument inderdaad die onderwerp van die geskil is, hoef kennis dus
nie gegee te word nie,
soos in die geval van ân beweerde misdaad
waarby ân dokument betrokke is. (c) Wanneer die teenstande die
dokument in die hof
beskikbaar het, maar weier om dit voort te
bring.â
In
die onderhawige geval is die tjek ter sprake juis die onderwerp van
klagte 2. In die klagstaat word die datum, bedrag, die applikant
as
trekker, die bank waarop dit getrek is en die begunstigde vermeld.
So ook die feit dat dit onteer is. Dit kon by die applikant
geen
twyfel gelaat het dat hierdie tjek tydens die verhoor ter sprake gaan
wees nie. Dit onderskei hierdie feite dus van dié in
S
v MILES
supra
na verwys. Om onder omstandighede soos hierdie die applikant toe te
laat om te steun daarop dat die oorspronklike tjek nie as bewysstuk
deur die staat voorgelê was nie sou ân bespotting van die straf-
en bewysregstelsel maak.
Ek laat my tans nie uit
oor die vraag of die feite hierbo uiteengesit nie die misdaad bedrog
nie maar wel die misdryf diefstal bewys.
So ân argument was nie
aan ons voorgelê op hersiening nie en was nie die grondslag van die
aansoek nie. Die verhoorhof moet
aan die einde van die verrigtinge
met inagname van artikel 270, Wet No. 51 van 1977 daaroor bereg.
Die
betoog dat die applikant benadeel was deur ân onreëlmatigheid in
die toelating van die afskrif van die tjek as getuienis kan
dus nie
gehandhaaf word nie.
KLAGTE 27:
[5] Die getuienis dui aan
dat die applikant in hierdie geval deur die klaer (wat nie dieselfde
klaer is as in klagte 2 nie) genader
was vir ân korttermynlening.
As bewys van sy vermoë om terug te betaal het klaer ân vaste
belegging sertifikaat aan die applikant
getoon. Daardie sertifikaat
het bevestig dat die klaer R42 000,00 op vaste belegging gehad het by
ân bankinstelling. Die applikant
het op een of ander wyse daarin
geslaag om besit van hierdie sertifikaat te verkry en, so skyn dit,
die klaer wat ongeletterd is,
ân sessie daarvan te laat teken. Die
applikant het daarop die sertifikaat aan ân skuldeiser van hom
verhandel wat dit opgeëis
het toe die belegging verval het. Toe die
klaer later die opbrengs van sy belegging by die bankinstelling wou
hê moes hy verneem
dat dit reeds aan iemand anders uitbetaal was.
Geen lening is ooit deur applikant aan die klaer gemaak nie.
Die
tersaaklike gedeelte van die klagstaat lees as volg:
â
...voorgegee
hetsy uitdruklik of stilswyend aan Pule Daniel Kotoane dat hy die
vaste deposito sertifikaat sal neem as sekuriteit vir
geld geleen of
voorgeskiet vir hom en het toe en daar deur middel van die genoemde
valse voorwendsels ....â
By
die aansoek om ontslag is namens applikant betoog dat die getuienis
strydig met die aangehaalde bewering in die klagstaat aandui
dat geen
lening ooit aan die klaer gemaak was nie. Die landdros het daarop
die klagstaat gewysig deur die woorde
â....
of geleen en voorgeskiet te wordâ
ingevoeg tussen die woorde
âvoorgeskietâ
en
âvir
homâ
hierbo aangehaal sodat dit as volg lees:
â
...dat hy die
vaste deposito sertifikaat sal neem as sekuriteit vir geld geleen of
voorgeskiet of geleen en voorgeskiet te word vir
hom en het toe...â
Die
betoog is dat hierdie optrede van die landdros dermate onreëlmatig
was dat die landdros se weiering om ontslag op hierdie klagte
op
hersiening tersyde gestel moet word. Die landdros steun in sy
opponerende verklaring en in sy uitspraak op die aansoek om ontslag
daarop dat hy die magte hom verleen in Artikel 86(i) van Wet No. 51
van 1977 gebruik het om die klagstaat te wysig. Sy oordeel was
volgens hom dat dit geen nadeel vir die applikant ingehou het nie.
Ek het noukeurige oorweging gegee daaraan of die optrede van
die
landdros onreëlmatig was maar tot die gevolgtrekking gekom dat die
landdros heeltemal geregtig was om sodanige wysiging aan
te bring.
Die applikant se verweer op hierdie klagte soos in kruisverhoor van
die klaer geopenbaar was nooit dat hy die sekuriteit
van die
belegging te gelde gemaak en toegeëien het omdat die klaer nie geld
wat aan hom geleen was terugbetaal het nie. Inteendeel
is ân heel
ander verweer namens die applikant gestel naamlik dat dit ooreengekom
was met klaer dat die belegging aan ene Kapp sedeer
sou word sodat
dié R20 000,00 aan die klaer kon leen om ân huurmotor te koop en
dat die balans aan klaer uitbetaal sou word sodra
die belegging
loskom. Klaer het dit ontken. Gesegde Kapp het dit ook in sy
getuienis ontken. Kapp se verduideliking was dat die
sertifikaat aan
hom sedeer was as gedeeltelike betaling vir skuld van die applikant
aan hom wat uit ân totaal ander skuldoordsaak
ontstaan het.
Ook
wat klagte 27 betref is daar dus geen onreëlmatigheid aangetoon wat
ân hersiening van die verrigtinge op hierdie stadium regverdig
nie.
Ook ten aansien van
hierdie klagte laat ek my nie uit op hierdie stadium oor die vraag of
hierdie feite nie die misdaad bedrog nie
maar diefstal bewys vir die
reeds gemelde rede dat dit nie die basis van die aansoek om
hersiening is nie.
[6] Daar is ân laaste
aspek wat vermelding verg. Die Kantoor van die Direkteur van
Openbare Vervolging is as ân tweede respondent
in hierdie aansoek
gevoeg. Geen kostebevel is teen 2de respondent aangevra nie. Namens
die 2de respondent is egter ân kennisgewing
liasseer dat berus word
in die beslissing van die hof. Daar was gevolglik geen verskyning
namens 2de respondent nie. Die resultaat
hiervan was dat die hof by
die aanhoor van die hersiening nie die voordeel gehad het van enige
argument namens die vervolging nie.
Ek vind dit jammer dat die
vervolging gegewe die feite van die saak teen applikant soos hierbo
uiteengesit so belangeloos oor die
aangeleentheid is dat hierdie hof
nie eers begunstig word met ân siening, laat alleen verskyning en
betoog, oor die houdbaarheid
van die regshulp wat deur die applikant
aangevra word nie. Die aansoek om ontslag was deur die
streekhofaanklaer bestry tydens die
verhoor self. Waarom die kantoor
van die Direkteur van Openbare Vervolging nou asât ware âanderpad
kykâ is onverstaandbaar.
[7] Die
aansoek word gevolglik afgewys.
____________
C.B.
CILLIé, R
Ek
stem saam.
__________________
K.
J. MOLOI, WND R
Namens
die Apllikant: Adv. S. J. Reinders
In
opdrag van:
Steenkamp
De Villiers &
Coetzee Ing.
BLOEMFONTEIN
Namens
die respondente: S. S. Jonase
In
opdrag van:
Staatsprokureur
BLOEMFONTEIN
/EM