About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2008
>>
[2008] ZAFSHC 15
|
|
Van Niekerk and Another v Van Eeden and Others (4136/05) [2008] ZAFSHC 15 (13 March 2008)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Saak
Nr. : 4136/05
In
die saak tussen:-
IZAK
DAWID VAN NIEKERK
1ste
Eiser
D
VAN NIEKERK
2de
Eiser
en
F
VAN EEDEN
1ste
Verweerder
A
VAN EEDEN
2de
Verweerder
LUR
VAN ONDERWYS VAN DIE VRYSTAAT
3de
Verweerder
_____________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
4
EN 5 MAART 2008
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
HANCKE,
R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
13
MAART 2008
_____________________________________________________
[1] Eisers
vorder betaling van die bedrag van R477 002,23 tesame met rente en
koste van die verweerders uit hoofde van ân voorval
wat plaasgevind
het op 2 Oktober 2002 te Voortrekker Hoërskool te Bethlehem
waartydens eerste verweerder ân bottel bevattende
dreinreiniger
(âdrain cleanerâ) in die rigting van tweede eiser gegooi het.
[2] As gevolg van hierdie
voorval het die tweede eiser, op daardie stadium ân matriekleerling
van die Hoërskool Voortrekker, vry
ernstige beserings opgedoen
waarna sy gehospitaliseer is en mediese behandeling moes ondergaan.
Dit blyk verder dat die dreinreiniger
ân bytstof of ân suur bevat
het wat hierdie beserings veroorsaak het. Die saak ten opsigte van
die eerste en tweede verweerders
is na uitreiking van dagvaarding
geskik en word dit huidiglik slegs voortgesit teen die LUR van
Onderwys van die Vrystaat.
[3] By
ooreenkoms is ingevolge Hofreël 33(4) gelas dat kwantum en meriete
geskei word, dat die kwantum oorstaan om later beslis te
word, en dat
die enigste geskilpunt ter beslegting die vraag is of daar kousale
nalatigheid aan die kant van die derde verweerder,
of een van sy
werknemers aanwesig was.
[4] Daleen van Niekerk,
die tweede eiseres, het self getuienis aangebied en verklaar dat op 2
Oktober 2002 standerd 9 leerlinge toesprake
gelewer het met die oog
op die leerlingraadverkiesing. Dit is hoofsaaklik bygewoon deur
standerd 6 tot 8 leerlinge, terwyl ân
groot persentasie matrieks,
wie geen belang hierby gehad het, afwesig was. Syself het dit ook
nie bygewoon nie en het saam met ân
vriendin in die koshuis se
binnehof gesit. Die volgende oomblik het ân bottel, afkomstig van
die stoor waarvan die deur sigbaar
is op bewysstukke âA1â en
âA2â, voor haar geval en het van die inhoud oor haar geval. Sy
het dadelik begin brand en toe
sy afkyk was haar sykouse gebrand.
Haar bene, veral haar voete, boude, hande, arms en bors het gebrand
en daar het ook ân bietjie
van die vloeistof op haar gesig en nek
geval. Sy het daarna behandeling gekry en was vir ân tydperk van
twee tot drie weke in
die hospitaal en het ook twee veloorplantings
asook inspuitings by Dr. van Vuuren gekry.
[5] In kruisverhoor is
dit aan haar gestel dat die âGeen Toegangâ bord (ook bevattende
die woorde âNo Entryâ, Ha Ho Kenweâ)
altyd op die deur
voorgekom het waarop sy geantwoord het dat indien dit daar was, het
sy dit nie raakgesien nie, maar was sy beslis
dat sy dit nie daar
gesien het nie. Wat die eerste verweerder betref, is sy bewus van
die feit dat daar dissiplinêre stappe teen
hom geneem was voor
hierdie voorval en dat hy uit die koshuis geskors was.
[6] Inspekteur
Nel was die ondersoekbeampte in die strafsaak en het getuig dat daar
vervolging ingestel was teen die tweede verweerder.
Die bottel staan
bekend as ân âdrain cleanerâ en bevat ân bytstof of
âsulphuric acidâ. Dit het ook ân skerp en kenmerkende
reuk.
[7] Gertuida Petronella
Nel, die matrone die afgelope veertien jaar te Voortrekker Hoërskool,
het ook getuig oor die betrokke gebeure
op 2 Oktober 2002. Ten
opsigte van die kennisgewing âGeen Toegangâ op die deur getuig sy
dat dit nie daar was op 2 Oktober 2002
nie en dat dit ân dag of
twee ná die gebeure aangebring was. Die betrokke kamer is volgens
haar getuienis altyd gesluit. Alhoewel
stadskinders nie veronderstel
is om op die koshuisterrein te wees nie, gebeur dit egter wel.
[8] Mnr. Burger, die hoof
van Voortrekker Hoërskool sedert 1994, het ook getuienis aangebied
ten opsigte van die betrokke gebeure.
Hy getuig dat leerlinge
veronderstel was om die saal by te gewoon het en dat dorpskinders nie
gedurende skoolure na die koshuis
mag gaan nie. Eerste verweerder
was ân moeilike kalant wat verskeie probleme gegee het.
[9] In kruisverhoor
getuig hy dat die koshuis en skool op dieselfde terrein is en dat dit
ân openbare gebou is. Hy aanvaar ook
dat die skool ân plig gehad
het om die kinders te beskerm teen beserings en dat die meerderheid
van die skoonmakers in diens is
van die Departement onder wie se
beheer die skool val. Die eerste verweerder was ân stout seun,
maar ook nie die enigste stout
kind in die skool nie en oortreding
van die reëls was ook nie ân seldsame gebeurtenis nie. Die
kinders het toesig nodig om hulle
by die reëls te hou. Hy stem saam
dat wat gevaarlike stowwe betref, toegesien moet word dat dit veilig
gebêre moet word, verkieslik
agter slot en grendel.
[10] Mnr. Ramotoho, ân
skoonmaker werksaam by Voortrekker Hoërskool die afgelope 18 jaar,
getuig dat die vertrek waarop âGeen
Ingangâ âNo Entryâ
aangebring is, gebruik word as ân stoorkamer vir onder andere hout
en die dreinreinigers. Hy maak die
drein skoon met die âdrain
cleanerâ. Op 2 Oktober 2002 het hy die dreinreiniger in ân emmer
geplaas binne-in die stoorkamer.
Ten opsigte van die âGeen
Toegangâ kennisgewing op die deur verklaar hy dat dit soms gebreek
of verwyder is en dat dit gewoonlik
na twee weke weer herstel of
vervang word.
[11] In kruisverhoor gee
hy toe dat die kennisgewing tydens die voorval verwyder kon gewees
het. Hy verklaar dat die sleutel van
die deur in die kombuis was
alwaar hy daarvoor moet gaan vra. Die deur is altyd gesluit, maar
daardie betrokke dag het hy dit âper
ongelukâ nie gesluit nie
omdat hy elders moes gaan. Tydens die voorval was hy vir ân paar
ure weg van die stoorkamer elders
op die koshuisterrein. Hy stem
saam dat hy daardie dag die deur van die stoor moes gesluit het. Toe
hy weggeroep is het hy egter
nie gedink dat hy lank sou weg wees nie.
Die rede waarom hy gewoonlik die deur sluit, is om te verhoed dat
kinders daar ingaan,
aangesien hulle stout is. Dit het dan die
getuienis afgesluit.
[12] Dit
is gemene saak dat die derde verweerder te alle tersaaklike tye in
beheer van en verantwoordelik was vir die Voortrekker
Hoërskool op
Bethlehem. Die skool en sy opvoeders staan
in
loco parentis
en het ân regsplig gehad om leerders teen beserings en ander
benadeling te beskerm.
WYNKWART
NO v MINISTER OF EDUCATION AND ANOTHER
2002 (6) SA 564
(K);
MINISTER
OF EDUCATION AND ANOTHER v WYNKWART NO
2004 (3) SA 577
(K) te 580 A â B. Sodanige regsplig behels dat
voldoende kontrole en beheer oor leerders asook die skoolterrein
uitgeoefen moet
word om ân veilige omgewing te skep en in stand te
hou.
[13] Dit is geen geheim
dat skoliere (en selfs studente) stout is en soms geneig is tot
onverantwoordelike optrede. Hierdie feit
blyk uit die getuienis van
derde verweerder se werknemers waaruit dit blyk dat onbesonne optrede
voorsienbaar was. Dit is selfs
nodig dat jong mense teen hul self
(en ten opsigte van mekaar) beskerm moet word.
KNOUWDS
v ADMINISTRATEUR, KAAP
1981 (1) SA 544
(K) te 553D â 554C;
MINISTER
OF SAFETY AND SECURITY v VAN DUIVENBODEN
2002 (6) SA 431
(HHA) te 448 F â G.
Daarom
was dit belangrik dat skoliere nie toegang het tot ân potensieel
gevaarlike objek soos ân dreinreiniger nie.
Law
of Delict
(5de uitgawe) deur J. Neethling, J M Potgieter en P J Visser, p. 56
e.v.
[14] Dit
blyk duidelik uit die getuienis dat die werknemers van die derde
verweerder in verskeie opsigte nalatig was en dat sodanige
nalatigheid die oorsaak was van tweede eiser se beserings. Daar was
klaarblyklik ân plig op Mnr. Ramotoho om toe te sien dat die
dreinreiniger veilig weggebêre was. Hy het dit nie gedoen nie en
was dus nalatig in hierdie opsig, welke nalatigheid ân direkte
oorsaak was van die beserings wat tweede eiseres opgedoen het.
[15] Verder was daar ân
klaarblyklike plig op die skoolowerheid om omgemagtigde toegang tot
die stoorkamer, en die inhoud daarvan,
te verbied en te verhoed. Dit
is insiggewend dat die aanbring van ân kennisgewing wat toegang tot
die stoorkamer verbied, eers
ná die betrokke insident aangebring is.
[16] Ten opsigte van
derde verweerder se verweer in die pleitstukke dat tweede eiser nie
betrokke was by ân opvoedkundige aktiwiteit,
soos na verwys in
artikel 60(1) van die Suid-Afrikaanse Skolewet, Wet 84 van 1996, is
dit duidelik uit die getuienis dat die betrokke
dag ân skooldag
was, dat afgewyk was van normale skoolaktiwiteite, dat ân groot
persentasie matrieks klaarblyklik toegelaat was
om nie die
verrigtinge in die skoolsaal by te woon nie en hulleself gedurende
daardie verrigtinge elders te vermaak. Sodanige omstandighede
val na
my mening binne die bestek van artikel 60(1) van die Suid-Afrikaanse
Skolewet wat die Staat aanspreeklik stel vir die skade
deur tweede
eiseres gely synde
â
skade
of verlies wat veroorsaak
word as gevolg van enige daad of versuim in verband met enige
opvoedkundige aktiwiteit wat deur ân openbare skool bedryf word en
waarvoor sodanige openbare skool aanspreeklik sou gewees het by
gebrek aan die bepalings van hierdie artikelâ.
Sien
RABIE
v LID UITVOERENDE KOMITEE GAUTENG VERANTWOORDELIK VIR ONDERWYS
(Saaknommer 3203/2005, gelewer op 15 Mei 2006) par. [10] en [11].
[17] Dit
blyk duidelik volgens die derde verweerder se getuienis dat die
voorval redelikerwys voorsienbaar was en moes derde verweerder
redelike stappe gedoen het om dit te verhoed, wat nie gebeur het nie.
Gemelde artikel sluit geensins derde verweerder se aanspreeklikheid
uit in ân saak soos die onderhawige nie.
[18] Dit
blyk dus uit die voorgaande dat die eisers, op ân oorwig van
waarskynlikhede, bewys het dat derde verweerder nalatig was
op van
die gronde waarop gesteun is en dat derde verweerder dus teenoor
eisers aanspreeklik is ten opsigte van die skade wat hulle
gely het
voortspruitende uit die voorval op 2 Oktober 2002.
[19] Wat koste betref,
vanweë die ingewikkeldheid van die saak, asook die belangrikheid
daarvan en die verskeie verwere wat deur
derde verweerder op die
pleitstukke geopper is, was eisers geregtig om die dienste van twee
advokate te gebruik.
[20] Bygevolg word die
volgende bevele verleen:
1. Dit word verklaar dat
die derde verweerder aanspreeklik is teenoor eisers vir sodanige
skade as wat eisers mag bewys deur hul gely
is.
2. Derde
verweerder word gelas om die koste van die verhoor te betaal, welke
koste sal insluit die koste van twee advokate.
3. Die getuies mej. van
Niekerk, Inspekteur Nel en me Nel word as noodsaaklike getuienis
verklaar.
________________
S.P.B. HANCKE, R
Namens
die eisers: Adv. B.P. Geach SC
Bygestaan deur:
Adv. C.H. van Bergen
In opdrag van:
Symington
& De Kok
BLOEMFONTEIN
Namens
die verweerders: Adv. S.E. Motloung
In opdrag van:
Staatsprokureur
BLOEMFONTEIN
/sp