About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2008
>>
[2008] ZAFSHC 14
|
|
S v Jeje (A833/2007) [2008] ZAFSHC 14 (13 March 2008)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Hersiening.
: 43/2008
Lds
reeksno: H/S 105/07
Lds
saaknommer: A833/2007
In
die saak tussen:
DIE
STAAT
en
BOTSHO
PETER JEJE
CORAM:
C J MUSI, R et MOCUMIE, R
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
C.J.
MUSI R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
13
MAART 2008
[1] Hierdie saak het voor
my gedien by wyse van outomatiese hersiening ingevolge artikel
302(1)(a)(i) gelees met artikel 304 van die
Strafproseswet 51 van
1977 (die Wet)
[2] Die
beskuldigde is deur die landdros Botshabelo skuldig bevind aan roof
en ingevolge artikel 276 (1)(b) van die Wet tot 3 jaar
gevangenisstraf gevonnis.
[3] Ek het die landdros
versoek om redes te verskaf vir die skuldigbevinding. Die landdros
het redes verskaf. Alhoewel ek steeds nie
met haar saamstem nie, is
ek haar dank verskuldig.
[4] Die feite van
hierdie saak is relatief eenvoudig en kan as volg opgesom word. Op 27
Junie 2007 om 06H10 was die klaagster oppad
na `n bushalte te G
seksie Botshabelo. Sy kon duidelik sien aangesien daar `n maslig
gebrand het. Sy het in `n gang gestap en `n
persoon het verby haar
gestap. Hy was ongeveer nege tot tien meter van haar af toe sy hom
vir die eerste keer gesien het. Die persoon
het haar van agter
genader en met ân mes gedreig. Die persoon het haar beveel om hom
haar handsak aan hom te oorhandig, wat sy
wel gedoen het. Die persoon
het weggehardloop met die handsak. Haar getuienis ten aansien van sy
kleredrag is dat die persoon ân
â
sweetpak met swart en wit en ân swart hoed met oranje strepe en
tekkies wat swart en wit is. Die strepe op die broek het gelyk
asof
dit wit wasâ.
Sy
het nie die persoon voor hierdie dag geken nie. Daar was R300.00
kontant, `n selfoon en `n horlosie in haar handsak. Sy het na
haar
suster se woning gegaan en daarna saam met haar suster se kind in die
rigting van haar woning gestap. Terwyl hulle gestap het,
het sy `n
persoon gesien wat dieselfde klere, as die persoon wat haar beroof,
aan het. Hulle het die persoon agtervolg en gesien
dat hy by `n huis
uit beweeg. Sy het die polisie ontbied. Sy het saam met die polisie
terug gery na die woning. Hulle het die persoon
daar aangetref maar
die persoon het onder andere `n swart trui en `n leerbaadjie (beige)
aangehad. Hy het ook `n hoed op sy kop gehad.
`n Week later het sy
haar handsak teruggekry. Haar medikasie en horlosie was steeds in die
handsak. Sy getiug dat die persoon die
beskuldigde is.
[5] Die beskuldigde het
ontken dat hy die misdaad gepleeg het. Hy het stellings aan haar
gemaak rakende die gebeure by sy woning en
sy vorige kennis van die
klaagster.
[6] Na die sluiting van
die staatsaak het die beskuldigde gaan getuig en sy ontkenning
herhaal.
[7] Die landdros het
bevind dat die klaagster se getuienis rakende identifikasie
betroubaar was. Die beskuldigde se getuienis is
sonder opgaaf van
redes verwerp.
[8] Die geskilpunt in
hierdie aangeleentheid is die identifikasie van die booswig. Daar is
by herhaling gesê dat getuienis ten aansien
van uitkenning met
versigtigheid bejeën moet word . In
S
V MTHETHWA
1972 (3) SA 766
(A) te 768 A
is die volgende gesê:
â
Because
of the fallibility of human observation,
evidence of
identification is approached by the court with some caution. It is
not enough for the identifying witness to be honest;
the realibility
of his observation must also be tested. This depends on various
factors, such as lightning, visibility, and eyesight,
the proximity
of the witness; his opportunity for observation, both as to time and
situation, the extent of his prior knowledge of
the accused; the
mobility of the scene; corroboration, suggestibility; the accusedâs
face, voice, built, gait, and dress; the result
of the identification
parade, if any. And of course,the evidence by or on behalf of the
accused. The list is not exhaustive. These
factors, or such of them
as are applicable in a particular case, are not individually
decisive, but must be weight one against the
other, in the light of
totality of the evidence, and the probabilitiesâ
Sien ook
SV
SITHOLE and OTHERS 1999 (1) SASV 585 (W) te 591.
[9] Indien daar na die
totaliteit van die getuienis in hierdie saak gekyk word is dit
duidelik dat daar verskeie ernstige leemtes
is. Die klaagster getuig
dat die persoon `n hoed op sy kop gehad het. Dit is nie duidelik
watter tipe hoed dit was nie. Dit is ook
nie duidelik of die hoed
identifikasie bemoeilik het nie. Haar getuienis is dat die beskudigde
`n
â hoed opgehad, jy
het niks in jou gesig gehad nie.â
Daar
is geen getuienis ten aansien van hoe die hoed op sy kop gesit het en
of dit `n gedeelte van sy gesig bedek het of nie. Die feit
dat sy sê
dat hy niks in (sic) sy gesig gehad het nie beteken nie dat die hoed
nie `n gedeelte van sy gesig, byvoorbeeld die voorkop,
kon bedek het
nie.
[10] Daar is geen
getuienis op rekord wat aandui waaraan sy hom uitgeken het nie.
Behalwe vir die kleredrag is daar geen getuienis
oor ander aspekte
soos byvoorbeeld gelaat, beskrywing van die gesig, enige unieke
kenmerke wat sy aanvanklik waargeneem het en weer
gesien het toe
hulle by beskuldigde se woning aangedoen het. Daar is ook geen
getuienis wat daarop dui dat die klerasie wat sy beskryf
het uniek
was nie. Haar getuienis is as volg:
â
Edelagbare,
toe vermoed ek dat daardie klerasie wat daardie persoon aangetrek
het, lyk net soos daardie klere van die persoon wat
vir my in die
oggend beroof hetâ.
Dit kan kwalik beskryf
word as die getuienis van `n persoon wat seker was van die
beskuldigde se kleredrag.
[11] Die staatsaanklaer
het versuim om verskeie getuies te roep om die klaagster se weergawe
te staaf. Die landdros het ook klaaglik
in haar taak gefaal om
relevante en belangrike getuies, in die belang van geregtigheid, te
roep. Die klaagster se niggie is nie geroep
om te bevestig wat daar
gebeur het nie; of om die beskuldigde se weergawe te weerlê met
betrekking tot wat by sy woning gebeur het.
Die polisiebeamptes wie
die klaagster vergesel het na die beskuldigde se woning is ook nie
geroep nie. Hulle kon getuig het ten aansien
van die beskuldigde se
kleredrag en of die beskuldigde se woning deursoek was vir klerasie
wat voldoen het aan die beskrywing wat
die klaagster hulle gegee het,
indien die klaagster hulle hoegenaamd `n beskrywing gegee het. Dit
blyk uit die klaagster se getuienis
dat die beskuldigde `n alibi
opgewerp het en aangevoer het dat hy te H.3 was ten tye van die roof.
Die polisie het volgens die klaagster
hierdie alibi opgevolg. Sy weet
egter nie wat die polisie vasgestel het nie. Het die polisie
vasgestel dat hy wel daar was gedurende
die relevante tyd? Het die
polisie vasgestel dat hy nie daar was nie? Ons weet ongelukkig nie.
[12] Die
beskuldigde was nie `n slegte getuie nie. Die landdros het immers
geen kritiek teen sy getuienis uitgespreek nie. Sy getuienis
is ook
nie onwaarskynlik nie.
[13] Na
my mening is hierdie skuldigbevinding, in die lig van die totaliteit
van die getuienis, nie ontvanklik nie.
[14] Gevolglik maak ek
die volgende bevel:
(a)
Die skuldigbevinding en vonnis word tersyde gestel.
____________
C.J.
MUSI, R
Ek
stem saam
____________
MOCUMIE,
R