About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2008
>>
[2008] ZAFSHC 12
|
|
Van Den Berg v Senwes Beperk (5711/07) [2008] ZAFSHC 12 (28 February 2008)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Aansoek Nr. : 5711/07
In
die aansoek tussen:-
CHRISTINA
ALETTA VAN DEN BERG
Applikant
en
SENWES
BEPERK
Respondent
_____________________________________________________
CORAM:
VAN
ZYL, J
____________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
21
FEBRUARIE 2008
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
28
FEBRUARIE 2008
_____________________________________________________
[1] Hierdie
is ân aansoek om tersydestelling van ân verstekvonnis verleen
teen applikant (as verweerder) ten gunste van respondent
(as eiser)
op 30 Januarie 2007 onder saaknommer 2037/2004 (hierinlater na verwys
as âdie hoofaansoekâ) in die bedrag van R2 710
432.02 tesame met
rente en koste. Die aansoek het aanvanklik op ân dringende basis
voor Beckley R gedien op 22 November 2007,
waartydens daar by
ooreenkoms tussen die partye, onder andere, ân bevel verleen is in
terme waarvan ân eksekusieveiling voortspruitend
uit voormelde
verstekvonnis opgeskort en afgelas is hangende die finale beregting
van die huidige aansoek om tersydestelling van
die verstekvonnis.
[2] Die
lêeromslag ten opsigte van die hoofaksie, is ook voor my geplaas vir
doeleindes van die beregting van die onderhawige aansoek.
Daaruit
blyk die volgende verloop van relevante gebeure:
1. Die dagvaarding wat
deur respondent teen applikant uitgereik is, is op 23 April 2004 op
applikant se seun beteken.
2. Nadat
namens applikant verdediging aangeteken is, het respondent ân
aansoek om summiere vonnis gebring, maar nadat applikant
haar
opponerende verklaring daartoe geliasseer het, is daar op 10 Junie
2004 by ooreenkoms tussen die partye verlof aan applikant
verleen
word om die hoofaksie te verdedig.
3. Hierna
het respondent ân deklarasie afgelewer waarna applikant op 24
November 2004 ân verweerskrif daartoe afgelewer het.
4. Tot
voormelde verweerskrif het respondent ân repliek geliasseer op 8
Desember 2004.
5. Respondent
het daarop op 27 Mei 2005 ân versoek om besonderhede vir
verhoordoeleindes geliasseer en het applikant ân antwoord
daartoe
geliasseer op 25 November 2005.
6. Die
kennisgewing van terrolleplasing van die hoofaksie vir verhoor
daarvan op 30 en 31 Januarie en 2 Februarie 2007, is op 27 Junie
2006
geliasseer.
7. Op
17 Januarie 2007 het reël 37 samesprekings plaasgevind, maar was
applikant se regsverteenwoordigers afwesig.
8. ân
Kennisgewing van onttrekking as prokureur van rekord, gedateer 29
Januarie 2007, is op 30 Januarie 2007 deur applikant se
prokureur van
rekord geliasseer. Op dieselfde datum, d.w.s 30 Januarie 2007, is
daar toe op versoek van respondent verstekvonnis
in applikant se
afwesigheid teen haar verleen.
[3] Wat
betref applikant se versuim om die hofverrigtinge op 30 Januarie 2007
by te gewoon het, verduidelik sy in haar funderende
verklaring dat sy
tans 87 jaar oud is en sedert die dagvaarding beteken is, het haar
seun namens haar prokureurs genader ten einde
haar by te staan met
haar verdediging van die hoofaksie. Sy beskik nie self oor enige
fondse en/of vervoer nie en het haar uit-en-uit
op haar seun verlaat.
Hy het ook onderneem om die regsrekeninge te betaal soos blyk uit ân
skrywe vanaf haar eertydse prokureur
van eerste instansie, welke
aangeheg is tot die funderende verklaring as aanhangsel âCâ.
Volgens haar was sy gevolglik op geen
tydstip ooit bewus daarvan dat
die verhoor geplaas was vir aanhoor daarvan op 30 Januarie 2007 nie.
Sy het haar verlaat op die prokureurs
en haar seun, laasgenoemde wie
sou toesien tot die afhandeling van die saak en het sy alle reëlings
in hulle hande gelaat. Klaarblyklik
het haar seun nie sy weg
oopgesien om haar te ontstel en in te lig oor die verhoordatum en die
feit dat haar prokureurs onttrek het
vanweë ân gebrek aan fondse
nie, welke bewering ook deur haar seun in sy verklaring aangeheg tot
die repliserende verklaring,
bevestig is. Sy het ook eers later
uitgevind dat ân lasbrief tot uitwinning ten opsigte van roerende
goed voortspruitend uit die
verstekvonnis wat verleen is, op 13 Junie
2007 deur die Balju op haar seun beteken is. Hierdie lasbrief is,
aldus haar funderende
verklaring, nie op haar beteken nie. Sy
aanvaar dat haar seun dit insgelyks so gedoen het omdat hy haar nie
wou ontstel nie. Hierdie
laasgenoemde bewerings ten opsigte van die
betekening van die lasbrief is weereens deur haar seun in sy
verklaring aangeheg tot die
repliserende verklaring, bevestig.
[4] Applikant
se seun het haar eers op 15 November 2007 meegedeel dat hy dit nie
langer vir haar kan wegsteek dat daar vonnis teen
haar bekom is
vroeër daardie jaar nie en dat die enigste bate waaroor sy beskik,
synde haar woonhuis, in eksekusie verkoop gaan
word op 23 November
2007. Dit was vir haar ân groot skok. Na aanleiding van daardie
inligting het sy haar seun onmiddellik versoek
om te reël dat sy
dringend met ân prokureur ân konsultasie kan voer, waarop daar
toe ân konsultasie met ân advokaat te Bloemfontein
gereël is. Sy
het met behulp van haar seun na Bloemfontein gereis en ân
konsultasie met haar huidige prokureur van rekord en ân
advokaat
gevoer, waarop die destydse dringende aansoek waarna reeds vroeër
hierin verwys is, geloods is.
[5] Wat
betref die meriete van applikant se verweer in die hoofaksie, blyk
dit dat die skuldoorsaak in respondent se dagvaarding in
die
hoofaksie daarop gebaseer is dat applikant ân borgakte onderteken
het op 7 April 1983 in terme waarvan sy haar as borg en
mede-hoofskuldenaar
teenoor respondent verbind het vir die betaling
van enige verskuldigheid deur haar seun, Abraham Paulus van den Berg,
aan respondent,
welke deur applikant ontken word. Applikant beweer
dat haar seun en haar eggenoot, wie gedurende Februarie 1983 oorlede
is, presies
dieselfde name het. Na haar eggenote se afsterwe het dit
geblyk dat hy en derhalwe hulle gemeenskaplike boedel nog ân
aansienlike
bedrag geld aan respondent verskuldig was uit hoofde van
sy boerdery. Op daardie stadium was dit respondent se houding dat
die gemeenskaplike
boedel te gelde gemaak moes word ten einde die
bedrae verskuldig aan respondent, te delg. Daar is egter reëlings
getref met amptenare
van respondent ten einde hierdie bedrae aan
respondent terug te betaal. As gevolg van hierdie reëlings was sy
verplig om sekere
dokumente en ondernemings te teken en was sy op
daardie stadium toe ook versoek om die borgakte te onderteken. Uit
hoofde van hierdie
reëlings het sy dan ook gedurende die tagtiger
jare die bedrag soos deur die gemeenskaplike boedel aan respondent
verskuldig, afbetaal.
In die laat tagtiger jare, die presiese datum
waarvan nie meer aan haar bekend is nie, het ene Gawie van Heerden,
wie op daardie
stadium die kredietbestuurder van respondent was, aan
haar bevestig dat alle verskuldigde bedrae betaal is en dat die
borgakte derhalwe
nie meer van krag is nie. Sy was op geen stadium
versoek om vir haar seun borg te teken nie en het sy dit op geen
stadium gedoen
nie. Met verwysing na die borgakte, welke aangeheg is
as aanhangsel âAâ tot die enkelvoudige dagvaarding in die
hoofaksie, wys
sy daarop dat regoor die naam âAbraham Paulus van
den Bergâ ân nommer â7373â ingevoeg is. Volgens haar is dit
haar seun
se rekeningnommer by respondent, maar het hierdie nommer
beslis nie verskyn op die borgakte toe sy dit onderteken het nie. Sy
beweer
ook dat op sigwaarde van die borgakte, dit duidelik blyk dat
hierdie nommer na die tyd ingeskryf is deur iemand met ân ander
handskrif
as die een wie die dokument ingevul het.
[6] In
antwoord op applikant se bewerings ten opsigte van die verduideliking
vir haar versuim om die hofverrigtinge op 30 Januarie
2007 by te
gewoon het, is namens respondent onder andere die volgende bewerings
gemaak:
1. Alhoewel dit so mag
wees dat applikant nie kennis gedra het daarvan dat haar prokureurs
onttrek het op 29 Januarie 2007 nie, moes
sy op waarskynlikhede
kennis gedra het daarvan dat die aangeleentheid ter rolle geplaas was
vir verhoor op 30 Januarie 2007, aangesien
verwag sou word dat sy
vooraf met die prokureurs sou kontak ten einde te verneem of sy
teenwoordig moet wees en op welke basis sy
haar getuienis moet
aanbied.
2. Wat
betref applikant se bewering dat sy eers van die vonnis bewus geraak
het op 15 November 2007 toe haar seun haar daarvan en
van die
eksekusieveiling vertel het, is dit namens respondent aangevoer dat
dit ân leuen is, aangesien die lasbrief tot uitwinning
ten opsigte
van roerende goed persoonlik op applikant beteken is op 13 Junie
2007, ter ondersteuning van welke bewering respondent
die Balju se
relaas tot dien effekte aanheg tot die opponerende verklaring.
[7] Wat betref die
bewerings gemaak deur applikant ten opsigte van die meriete van haar
verweer, is namens respondent die volgende
bewerings in antwoord
daarop gemaak:
1. Respondent ontken dat
applikant namens haar oorlede eggenoot borg geteken het en vermeld
dat dit in ieder geval nie regtens moontlik
is om vir hom borg te
geteken het na sy afsterwe nie.
2. Ten
minste gedurende 1987, 1988 en 1994 is daar elke jaar ân skrywe
gerig aan applikant waarin sy herinner is van die feit dat
sy borg
geteken het namens mnr. A.P. van den Berg. Hierdie drie skrywes is
ook aangeheg as aanhangsels tot die opponerende verklaring.
Die
skrywes was geadresseer aan applikant se posadres te Virginia, welke
posadres deur applikant in haar antwoord op respondent
se versoek om
nadere besonderhede bevestig is as haar korrekte adres. Applikant
het nie in reaksie tot enige van hierdie skrywes
aan respondent
uitgewys dat sy nie vir haar seun borg geteken het nie.
3. Ter
verdere ondersteuning van respondent se weergawe dat applikant
inderdaad haar as borg ten opsigte van haar seun verbind het,
het
respondent afskrifte van haar seun se aansoek om produksiekrediet vir
die jare 1988, 1989 en 1993 aangeheg waaruit dit blyk dat
daarop
gereflekteer word dat applikant wel vir haar seun as borg dien.
4. Verdermeer
is dit namens respondent beweer dat die borgakte aantoon dat ân
vrou getroud binne gemeenskap van goed nie namens
haar man as borg
mag teken nie en gegewe dat applikant en haar oorlede eggenoot binne
gemeenskap van goed getroud was, is dit aanduidend
daarvan dat sy
inderdaad nie hierdie borgakte ten gunste van haar oorlede eggenoot
geteken het nie.
5. Met
betrekking tot die feit dat respondent ten tyde van die summiere
vonnis verrigtinge toegestem het dat applikant die hoofaksie
kan
verdedig, beweer respondent dat dit nie was omdat respondent tevrede
was dat applikant ân behoorlike verweer in haar opponerende
verklaring uitgemaak het nie, maar omdat respondent nie by summiere
vonnis verriginge kon repliseer nie en derhalwe nie bogemelde
relevante feite onder die hof se aandag sou kon bring nie.
[8] Die onderhawige
aansoek om tersydestelling ressorteer nie onder die bepalings van
Hofreël 31(2)(b) nie en ook nie onder die bepalings
van Hofreël
42(1)(a) nie. Die enigste grondslag waarop die onderhawige aansoek
oorweeg kan word, is op gemeenregtelike basis.
Beide mnr. Reinders,
namens applikant en mnr. Zietsman, namens respondent, was dit dan ook
sodanig eens.
[9] Aanvanklik
het mnr. Zietsman betoog dat gegewe die feit dat die aansoek in terme
van die gemene reg oorweeg moet word, die tersydestelling
slegs
oorweeg kan word op basis van bedrog of, in uitsonderlike gevalle, op
basis van
iustus
error
.
Ten tyde van die aanbied van sy betoog, het mnr. Zietsman egter
toegegee dat die tersydestelling van ân verstekvonnis op
gemeenregtelike
basis nie beperk is tot sodanige gevalle nie. Na my
mening was hierdie toegewing heeltemal tereg gemaak. In dié verband
is daar
aanvanklik in
DE
WET AND OTHERS v WESTERN BANK LTD
1977 (2) SA 1033
(WLD) op 1037 G as volg beslis:
â
The
only remedy which the applicants still might have, is common law
relief, but that is limited to cases of fraud and certain very
exceptional instances of
justus
error
.â
Laasgenoemde
bevinding is op appèl deur die Volbank bekragtig, soos gerapporteer
in
DE
WET AND OTHERS v WESTERN BANK LTD
1977 (4) SA 770
(TPD) op 776 G. Die aangeleentheid het egter daarna
op verdere appèl voor die Appèlhof (soos dit toe bekend gestaan
het) gedien
en is voormelde sienings van die hof
a
quo
en die Volbank as volg tersyde gestel in
DE
WET AND OTHERS v WESTERN BANK LTD
1979 (2) SA 1031
(AD) te 1040 B en verder:
â
In the Court of first instance,
HIEMSTRA AJP, in referring to the remedy available to the appellants
under the common law, said at
1037G that it was
â
limited
to cases of fraud and certain very exceptional instances of
justus
error
â ...
This view was endorsed by MELAMET J in
the judgment of the Full Court at 776F - G...
The first question which now requires
consideration is whether, under the common law, the Court's power to
grant the relief sought
was indeed confined to the grounds... In my
view that is not the case. ...
(op 1040 D)
Thus, under the
common law, the Courts of Holland were, generally speaking, empowered
to rescind judgments obtained on default of
appearance, on sufficient
case shown. This power was entrusted to the discretion of the Courts.
...
(op
1042 F â G)
It
follows from what I have said that the Court's discretion under the
common law extended beyond, and was not limited to, the grounds
provided for in Rules 31 and 42 (1), and those specifically mentioned
in the Childerley case. ...
(op
1042 H)
In
the result I have come to the conclusion that the Court of first
instance (and also the Court a quo) erred in taking too rigid
a view
of the ambit of the Court's discretionary power to rescind default
judgments. The test which it applied in deciding whether
to grant the
appellants the indulgence sought was too stringent and not in
accordance with the principles of our common law.â
(op
1043 B)
Laasgenoemde
bevinding is ook pertinent bekragtig en nagevolg in
CHETTY
v LAW SOCIETY, TRANSVAAL
1985
(2)
SA 756
(A) op 764 J â 765 C:
â
The
appellant's claim for rescission of the judgment confirming the rule
nisi cannot be brought under Rule 31 (2) (b) or Rule 42 (1),
but must
be considered in terms of the common law, which empowers the Court to
rescind a judgment obtained on default of appearance,
provided
sufficient cause therefor has been shown. (See
De
Wet and Others v Western Bank Ltd
1979 (2) SA 1031
(A) at 1042 and
Childerly
Estate Stores v Standard Bank of SA Ltd
1924 OPD 163.)
The term "sufficient cause" (or "good
cause") defies precise or comprehensive definition, for many and
various
factors require to be considered. (See
Cairn's
Executors v Gaarn
1912 AD 181
at 186 per INNES JA.) But it is clear that in principle
and in the long-standing practice of our Courts two essential
elements of
"sufficient cause" for rescission of a judgment
by default are:
(i) that the party seeking relief must
present a reasonable and acceptable explanation for his default; and
(ii) that on the
merits such party has a
bona
fide
defence which,
prima
facie
,
carries some prospect of success. (
De
Wet's
case
supra
at 1042;
PE
Bosman Transport Works Committee and Others v Piet Bosman Transport
(Pty) Ltd
1980 (4) SA 794
(A) ;
Smith
NO v Brummer NO and Another
;
Smith
NO v Brummer
1954 (3) SA 352
(O) at 357 - 8.)â
[10] Wat
betref die terme âsufficient causeâ en âgood causeâ blyk dit
sinonieme van mekaar te wees, soos bevestig in
HARRIS
v ABSA BANK LTD t/a VOLKSKAS
2006 (4) SA 527
(TPD) op 529 D â E:
â
[6]
The common law requires 'sufficient cause' to be shown before a
default judgment may be set aside. Rule 31(2)(b) of the Uniform
Rules
of Court requires 'good cause' to be established before the
rescission of a default judgment may be granted. The phrases 'good
cause' and 'sufficient cause' are synonymous and interchangeable. See
Silber
v Ozen Wholesalers (Pty) Ltd
1954 (2) SA 345
(A) at 352H - 353A.â
Die
Hoogste Hof van Appèl het weereens in
COLYN
v TIGER FOOD INDUSTRIES LTD t/a MEADOW FEED MILLS (CAPE)
2003 (6) SA 1
(SCA) op 9 C â F die vereiste van âgood causeâ
bevestig in ân geval soos die onderhawige en tot die gevolgtrekking
gekom
dat van ân applikant soos die onderhawige verwag word om die
volgende aan te toon:
â
n Redelike
verduideliking vir sy versuim;
Dat
sy aansoek
bona
fide
is; en
Dat
hy ân
bona
fide
verweer teen die eiser se vordering het wat
prima
facie
ân vooruitsig op sukses het.
[11] In
CHETTY
v LAW SOCIETY, TRANSVAAL
,
supra
,
is die balans tussen voormelde vereistes as volg uiteengesit op 765 D
â E:
â
It is not sufficient if only one of
these two requirements is met; for obvious reasons a party showing no
prospect of success on the
merits will fail in an application for
rescission of a default judgment against him, no matter how
reasonable and convincing the
explanation of his default. And ordered
judicial process would be negated if, on the other hand, a party who
could offer no explanation
of his default other than his disdain of
the Rules was nevertheless permitted to have a judgment against him
rescinded on the ground
that he had reasonable prospects of success
on the merits.â
[12] Met
betrekking tot die vereiste dat die applikant in `n geval soos die
onderhawige ân
bona
fide
verweer moet aandui, word dit as volg verwoord in
The
Civil Practice of the Supreme Court of South Africa,
Van
Winsen
et
al
,
op p. 540 â 541:
â
In
order to establish a
bona
fide
defence, the defendant must set out averments which, if established
at the trial, would entittle him to the relief he asks for, he
need
not deal with the merits of the case or produce evidence that the
probabilities are actually in his favour.â
[13] Daar moet vervolgens
oorweeg word of applikant se aansoek voldoen aan voormelde beginsels.
VERDUIDELIKING VIR
APPLIKANT SE VERSUIM:
[14] Die
âversuimâ wat hier ter sprake is, is applikant se versuim om ten
tyde van die verhoor op 30 Januarie 2007 teenwoordig
te gewees het.
Ten einde te oorweeg of applikant ân redelike verduidelking
hiervoor gegee het, behoort daar na my mening slegs
na die relevante
feite voorafgaande die verhoordatum gekyk te word. In die verband is
dit duidelik applikant se weergawe dat sy
haar daarop verlaat het dat
haar seun namens haar, tesame met die prokureurs, sou toestem tot die
afhandeling van die saak en het
sy alle reëlings daaromtrent in hul
hande gelaat. Dit is ook vanweë hierdie rede dat sy beweer dat sy
op geen tydstip ooit bewus
was daarvan dat die verhoor geplaas was
vir aanhoor op 30 Januarie 2007 nie. Hierdie weergawe van applikant
word ook deur haar seun
in sy beëdigde verklaring aangeheg tot die
repliserende verklaring, bevestig, waar die aanhef tot haar seun se
verklaring pertinent
lees dat hy ook applikant se funderende
eedsverklaring gelees het en die inhoud daarvan as korrek bevestig in
soverre dit op hom
betrekking het.
In wese is daar niks
namens respondent in sy opponerende verklaring beweer wat hierdie
weergawe van applikant weerspreek nie. Die
bewering namens
respondent dat applikant waarskynlik vooraf met haar prokureurs sou
kontak ten einde te verneem of sy teenwoordig
moet wees op 30
Januarie 2007 en op welke basis sy haar getuienis moet aanbied, hou
na my mening nie water nie. Sy sou tog sodanige
navraag slegs gerig
het indien sy bewus was daarvan dat die verhoordatum 30 Januarie 2007
was. Gegewe haar weergawe dat sy nie kennis
gedra het daarvan nie,
is daar geen rede waarom sy sondanige navraag tot die prokureurs sou
rig nie. Mnr. Zietsman het verdermeer
aan die hand gedoen dat ten
einde vir applikant se regsverteenwoordigers om in ân posisie te
kon gewees het om op respondent se
versoek om nadere besonderhede te
kon antwoord, daar sekerlik met applikant gekonsulteer moes gewees
het. Selfs indien dit sodanig
aanvaar word, blyk dit uit die
hoofaksie dat daardie antwoord van applikant reeds op 25 November
2005 geliasseer is. Die kennisgewing
van ter rolle plasing is
gedateer en geliasseer op 27 Junie 2006. Gegewe hierdie tydsverloop
kan daar na my mening nie hieruit ân
afleiding gemaak word dat sy,
op waarskynlikhede, kennis gedra het van die verhoordatum nie.
Ek
meen gevolglik dat applikant se verduideliking vir haar versuim
aanvaar moet word.
REDELIKHEID VAN
VERDUIDELIKING:
[15] Die
volgende vraag wat egter dan ontstaan, is of hierdie verduideliking
voldoen aan die vereiste van ân âredelike verduidelikingâ.
In
die verband was dit mnr. Zietsman se betoog dat alwaar applikant
verkies het om haar deurentyd op haar seun as haar âagentâ
te
verlaat, kan sy haar nie nou bekla dat hy haar nie ingelig het of
meegedeel het wat die verloop van sake was nie. In die verband
het
mnr. Zietsman spesifiek gesteun op die uitspraak in die hof
a
quo
in die aangeleentheid van
DE
WET AND OTHERS v WESTERN BANK LTD
(WLD
beslissing),
supra,
op
1037 â 1038,
welke
bekragtig is deur die Volbank en daarna deur die Appèlhof en wel as
volg in
DE
WET AND OTHERS v WESTERN BANK LTD
(AD beslissing),
supra
,
op 1044 C:
â
In this regard I fully agree with
MELAMET J's observation at 780E of the Full Court judgment, that the
appellants
â
cannot
divest themselves of their responsibilities in relation to the action
and then complain vis-Ã -vis the other party to the action
that their
agents, in whom they have apparently vested sole responsibility, have
failed themâ.â
[16] Na my mening is die
onderhawige geval egter onderskeibaar van die feite in bogemelde
regspraak. In laasgenoemde aangeleentheid
het die Appèlhof op 1044
B as volg bevind:
â
However,
the appellants too cannot be absolved from blame. They appear to have
manifested a complete disinterest in the conduct of
the case after
the interim settlement on 19 February 1973, and they have not
proffered any acceptable explanation for their failure
to keep in
touch with Coligionis, or with Lebos for that matter, as to the
progress of the proceedings during the three and a half
year period
subsequent to the interim settlement.â
Hierteenoor, in die
onderhawige geval het die applikant na my mening wel ân
verduideliking gegee waarom sy nie in kontak met haar
prokureur en
die verloop van die saak gebly het nie, synde dat sy (tans) 87 jaar
oud is (maar met ander woorde reeds baie bejaard
was toe die
hoofaksie `n aanvang geneem het), dat sy self nie oor enige fondse
en/of vervoer beskik het nie, dat haar seun van meet
af aan namens
haar prokureurs genader het en ook onderneem het om die regsrekening
te betaal en dat sy haar gevolglik onder hierdie
omstandighede op
haar seun en op die prokureurs verlaat het om toe te sien tot die
hantering en afhandeling van die saak. Dit blyk
dan ook uit haar
seun se verklaring dat hy bevestig dat aangesien applikant reeds
bejaard was, hy die aangeleentheid op sy eie wou
hanteer en haar
daarteen wou âbeskermâ.
[17] Insoverre daar wel
geag kan word blaam aan applikant se kant vir haar versuim te wees,
meen ek dat gegewe die bevinding wat ek
hieronder gaan maak met
betrekking tot applikant se prima facie vooruitsigte op sukses met
haar verweer, hierdie `n geval is waar
die meriete van haar verweer
prima facie sodanig is dat dit die moontlike blaamwaardigheid vir
haar versuim, uitbalanseer. Gevolglik
meen ek dat gegewe die
relevante feite en beginsels reeds na verwys, applikant se
verduideliking vir haar versuim wel redelik geag
moet word as synde
dat dit dus voldoen aan hierdie vereiste vir doeleindes van die
tersydestelling van vonnis.
BONA
FIDE
AANSOEK:
[18] Wat
betref die vereiste dat applikant moet aantoon dat haar aansoek
bona
fide
is, het mnr. Zietsman aan die hand gedoen dat daar na die totaliteit
van die feite gekyk moet word ten einde te bepaal of applikant
se
aansoek inderdaad
bona
fide
is, aldan nie. Hy het gevolglik gewys op die feit dat, aldus
respondent se weergawe, applikant reeds in Junie 2007 bewus was van
die vonnis wat by verstek teen haar toegestaan is en
desnieteenstaande nie op daardie stadium die onderhawige aansoek
geloods het
nie. Sy het, aldus die argument, eers toe dit blyk dat
sy haar huis gaan verloor as gevolg van die eksekusieverkoping, die
nodige
stappe geneem om die onderhawige aansoek te loods. Hierdie
optrede van applikant, aldus mnr. Zietsman se betoog, dui nie op
bona
fide
optrede nie. Hierteenoor het mnr. Reinders betoog en aan die hand
gedoen dat die relaas van die Balju wat op sigwaarde daarvan aantoon
dat die lasbrief tot uitwinning van roerende goedere persoonlik op
applikant beteken is op 13 Junie 2007, slegs
prima
facie
bewys is van sodanige feit, welke
prima
facie
bewys weerlê is deur die bewerings gemaak deur applikant en haar
seun.
[19] Na
my mening het die applikant reeds in haar funderende verklaring oop
kaarte met die hof gespeel deur spesifiek te verwys na
voormelde
lasbrief, en wel as volg op p. 13 van die aansoekstukke, par. 13:
â
Klaarblyklik
ten einde my nie te ontstel nie, is ook die lasbrief ter
beslaglegging, nooit op my beteken nie, en verstaan ek dat die
Balju
synde
Louis
du Preez
van Virginia, die voormelde lasbrief op ân stadium aan my seun
beteken het, wie hom adviseer het om dit aan te stuur na die
prokureurs
in Pretoria. Hiervan het ek niks geweet nie.â
Sy het met hierdie
bewering volhard in par. 12 van haar repliserende verklaring, soos
dit voorkom op p. 72 van die aansoekstukke.
Ter ondersteuning
hiervan het haar seun ook in par. 8 van sy verklaring, op p. 78 van
die aansoekstukke, bevestig dat die Balju
van Virginia die
tersaaklike lasbrief op 13 Junie 2007 persoonlik aan hom besorg het.
Nieteenstaande die feit dat applikant derhalwe
hierdie beweerde
persoonlike betekening op haarself reeds in haar funderende
verklaring in dispuut geplaas het, het respondent ter
opponering
daarvan slegs die relaas van die Balju aangeheg tot sy opponerende
verklaring, sonder om `n bevestigende beëdigde verklaring
daaromtrent vanaf die Balju te verkry.
Soos
tereg deur mnr. Reinders uitgewys, bepaal artikel 36 van die Wet op
die Hooggeregshof, 59 van 1959, dat sodanige relaas slegs
prima
facie
bewys is van die feite daarin vermeld. In die verband word as volg
in
Superior
Court Practice
,
Erasmus, op A1-95 vermeld:
â
The
provision of this section that the return is only
prima
facie
evidence of the matter stated therein removes any doubts as to
whether the return could be impeached for want of accuracy or truth.
It also removes whatever doubts may have existed as to whether the
return could be impeached as being hearsay evidence. An impeachment
of the return will not be likely upheld; the clearest evidence must
be adduced.â
Gegewe
die feit dat op respondent se eie weergawe dit blyk dat die ander
prosestukke in die hoofaksie deurentyd op applikant se seun
beteken
is en dat applikant ten opsigte van hierdie tersaaklike lasbrief
pertinent beweer dat dit nie op haar beteken is nie, welke
bewering
deur haar seun in sy verklaring bevestig word, meen ek dat dit wel
getuienis daarstel wat die
prima
facie
bewyswaarde van die relaas weerlê. Addisioneel hiertoe meen ek dat,
hoewel dit nie spesifiek voor my geargumenteer was nie, die
Balju se
relaas in sodanige omstandighede hoorsê getuienis daarstel. In
afwesigheid van ân beëdigde verklaring deur die Balju
waarin hy
die korrektheid van sy relaas bevestig, het applikant se bewerings
tot die teendeel na my mening die
prima
facie
bewys van die relaas weerlê.
[20] Gegewe laasgenoemde
bevinding, aanvaar ek dat applikant inderdaad eers op 15 November
2007, toe haar seun haar meegedeel het
van die bestaan van die vonnis
en die dreigende eksekusieverkoping, die eerste keer kennis geneem
het van die bestaan van sodanige
vonnis. Gevolglik aanvaar ek ook
dat sy die onderhawige aansoek geloods het op die vroegste moontlike
geleentheid nadat sy kennis
van die bestaan van die verstekvonnis
verkry het.
[21] Hierdie
bevinding het na my mening tot gevolg dat ek nie anders kan as om te
bevind dat applikant se aansoek
bona
fide
is nie en het applikant haar van haar bewyslas ten opsigte hiervan
gekwyt.
BONA
FIDE
VERWEER WAT
PRIMA
FACIE
âN VOORUITSIG
OP SUKSES HET:
[22] Ek
het reeds hierbo die hoofpunte van applikant se bewerings ten opsigte
van haar verweer teen respondent se vordering in die
hoofaksie,
uiteengesit. Mnr. Reinders het aan die hand gedoen dat die bewerings
van applikant omtrent haar verweer onbetwis op die
stukke staan en
gevolglik deur my aanvaar behoort te word. Mnr. Zietsman het egter
aan die hand gedoen dat gegewe die skrywes wat
aan haar gerig is
waarin sy telkens opnuut verwys is na die borgstelling, gegewe die
feit dat die borgakte onderteken is op ân
datum na haar man oorlede
is en voorts gegewe die feit dat applikant se seun se aansoeke om
produksiekrediet aangedui het dat sy
borg staan vir hom, applikant se
beweerde verweer nie ân
bona
fide
verweer daarstel nie.
[23] Na
my mening het applikant pertinente, direkte bewerings gemaak met
betrekking tot hoe sy deur amptenare van respondent versoek
is en
verplig was om sekere dokumente en ondernemings te teken, ingesluit
die tersaaklike borgakte. Desnieteenstaande het respondent
geensins
gepoog om ân verklaring van die tersaaklike amptenare te verkry ten
einde hierdie bewerings te weerlê nie; alternatiewelik,
is daar geen
bewering namens respondent gemaak dat nieteenstaande pogings daartoe
die identiteit van sodanige beweerde amptenare
nie vasgestel kon word
en/of dat sodanige amptenare nie meer in diens van respondent is nie.
Op dieselfde wyse het applikant ân
baie pertinente bewering gemaak
ten opsigte van ene Gawie van Heerden, wie op daardie stadium die
kredietbestuurder van respondent
was, wie aan applikant sou bevestig
het dat die verskuldigde bedrae betaal is en dat die borgakte nie
meer van krag is nie. Daar
is insgelyks geen bewering namens
respondent gemaak met betrekking tot enige poging deur respondent om
ân verklaring tot die teendeel
vanaf gemelde Gawie van Heerden te
verkry nie. Saam met voormelde het applikant die pertinente bewering
gemaak dat die rekeningnommer
van haar seun wat nou op die borgakte
voorkom, agterna ingeskryf is en nie daarop voorgekom het op die
stadium wat sy dit onderteken
het nie. Hoewel namens respondent in
respondent se opponerende verklaring erken word dat die
rekeningnommer â7373â inderdaad
die van applikant se seun is,
word die bewering deur applikant gemaak, bloot ontken sonder enige
poging om getuienis ter weerlegging
daarvan aan die hof voor te hou â
dit terwyl dit op sigwaarde van die borgakte wel blyk dat die nommer
aangebring is deur `n ander
persoon as wie die borgakte voltooi het.
Wat
betref die beweerde skrywes wat aan applikant gerig was ten einde
haar te herinner aan die borgstelling, word daar in die opponerende
verklaring slegs vermeld dat die korrespondensie aan applikant
âgerigâ was. Dit blyk duidelik dat die deponent tot die
opponerende
verklaring namens respondent geensins persoonlik kennis
dra of hierdie skrywes inderdaad versend is aan applikant nie en,
insoverre
dit op sigwaarde van ten minste een van daardie skrywes
blyk per geregistreerde pos versend te gewees het, is daar geen bewys
van
sodanige versending aangeheg tot die opponerende verklaring nie.
Na my mening het hierdie skrywes gevolglik geen bewyswaarde onder
die
omstandighede waar applikant beweer dat sy nie hierdie skrywes
ontvang het nie.
Wat
betref applikant se seun se aansoeke om produksiekrediet, het
applikant se seun pertinent in sy verklaring aangeheg tot applikant
se repliserende verklaring ontken dat die inligting daarop wat
reflekteer dat sy moeder vir hom borg staan, deur hom voltooi is
en/of
korrek is. In die verband moet ek vermeld dat bloot op
sigwaarde daarvan, die handskrifte waarin dit voltooi is nie
ooreenstem met
die handskrif van applikant se seun waar hy sy
handtekening aangebring het nie. Hoe dit ookal sy, respondent het
verkies om daardie
dokumentasie aan te heg tot sy opponerende
verklaring sonder om te poog om verklarings te verkry van die
tersaaklike persone wat
namens respondent die onderskeie ondersoeke
hanteer het. Onder die omstandighede meen ek gevolglik dat hierdie
dokumentasie derhalwe
insgelyks nie enige bewyswaarde het nie.
[24] In
die vooropstelling is ek van mening dat, soos deur mnr. Reinders
betoog, applikant se bewerings met betrekking tot haar verweer
tot
die grootste mate geag moet word onbetwis op die stukke te staan. Op
basis van haar bewerings is ek gevolglik voorts van mening
dat
applikant haar van haar bewyslas gekwyt het ten einde aan te toon dat
sy ân
bona
fide
verweer in die hoofaksie het wat
prima
facie
,
en selfs ân goeie, vooruitsig op sukses het.
[25] Gevolglik
is ek van mening dat daar geen rede of basis is waarom ek nie my
diskresie ten gunste van applikant behoort uit te
oefen ten opsigte
van die tersydestelling van die verstekvonnis soos deur haar aangevra
nie.
[26] Wat
betref die koste van die aansoek was beide advokate dit eens dat
indien applikant suksesvol sou wees met haar aansoek, sy
ten minste
gelas behoort te word om die koste van die aansoek tot en met die
liassering van die funderende verklaring behoort te
betaal, aangesien
die regshulp wat deur applikant gevorder word ân vergunning is.
Wat betref die koste van die opponering van
die aansoek was dit mnr.
Reinders se betoog dat respondent gelas behoort te word om alle koste
vanaf die opponerende verklaring en
verder, ingesluit die
hofverskyning op 21 Februarie 2008, te betaal op die basis dat die
opponering van die aansoek nie geregverdigd
was nie en daar spesifiek
in die kennisgewing van mosie gevorder was dat respondent gelas
behoort te word om die koste van die aansoek
te betaal indien
geopponeer. Mnr. Zietsman, daarenteen, het betoog en aan die hand
gedoen dat respondent se opponering van die aansoek
geregverdigd en
nie onredelik was nie en dat applikant gevolglik gelas behoort te
word om die koste van die aansoek in totaliteit
te betaal.
[27] Na
my mening is ek inderdaad van oordeel dat respondent se opponering
van die aansoek nie onredelik en/of ongeregverdigd was
nie, in
besonder nie wat betref applikant se verduideliking van haar versuim
nie. Dit inaggenome en gegewe dat die applikant die
hof vir ân
vergunning genader het, is ek in die uitoefening van my diskresie van
mening dat die applikant onder die omstandighede
gelas behoort te
word om die koste van die aansoek te betaal (wat dus insluit die
opponering daarvan).
[28] Die
voorgenome tersydestelling van die verstekvonnis verleen op 30
Januarie 2007 het tot gevolg dat die koste van 30 Januarie
2007
verkwiste koste word. Applikant het in haar funderende verklaring,
en wel in par. 20 daarvan op p. 16 van die aansoekstukke,
getender om
daardie verkwiste koste te betaal, welke tender na my mening
heeltemal tereg gemaak is en derhalwe ook weer deur mnr.
Reinders
namens applikant in die hof herhaal is. Ek is gevolglik wel
voornemens om applikant te gelas om ook daardie verkwiste koste
te
betaal.
[29] Gevolglik
word die volgende bevele verleen:
1. Die verstekvonnis
verleen ten gunste van respondent op 30 Januarie 2007 onder
saaknommer 2037/2004, word tersyde gestel.
2. Applikant
word gelas om die verkwiste koste van 30 Januarie 2007 onder
saaknommer 2037/2004, te betaal.
3. Applikant
word gelas om die koste van die aansoek te betaal.
____________
C. VAN ZYL, R
Namens
die applikant: Adv. S.J. Reinders
In
opdrag van:
Hill,
McHardy & Herbst
BLOEMFONTEIN
Namens
die respondent: Adv. P. Zietsman
In
opdrag van:
Naudes
BLOEMFONTEIN
/sp