About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2008
>>
[2008] ZAFSHC 5
|
|
Air Products SA (Pty) Limited v Peninsula Scrab Metals Cape CC t/a Peninsula Scrap Metals and Another (5896/05) [2008] ZAFSHC 5 (7 February 2008)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Saak
Nr. : 5896/05
In
die saak tussen:-
AIR
PRODUCTS SA (PTY) LIMITED
Eiser
en
PENINSULA
SCRAP METALS CAPE CC
Eerste
Verweerder
t/a
PENINSULA
SCRAP METALS
VELDA
STEYN
Tweede
Verweerder
AANGEHOOR
OP:
4
DESEMBER 2007
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
VOGES,
WND R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
7
FEBRUARIE 2008
[1] Die Eiser vorder van
die Eerste en Tweede Verweerders en eis van hulle, gesamentlik en
afsonderlik as volg:
EIS A
Betaling van R11 696,59
t a v gasprodukte verkoop en gelewer;
Rente ten bedrae van R2
991,45, bereken tot 30 November 2005;
Rente op voormelde
bedrag teen 15,5% per jaar vanaf 1/12/05 tot datum van finale
betaling.
EIS B
Betaling van R83 499,30,
synde agterstallige huurgeld t a v gassilinders;
Rente ten bedrae van R10
178,11, bereken tot 30 November 2005;
Rente op voormelde
bedrag teen 15,5% vanaf 1/12/05 tot finale betaling.
EIS C
Teruggawe van 76 hoëdruk
en 10 LPG silinders, alternatiewelik betaling van R103 965,72, synde
die vervangingswaarde daarvan;
Rente op hierdie bedrag,
bereken teen 15,5% per jaar vanaf uitreiking van die dagvaarding tot
finale betaling.
EIS D
As skadevergoeding vir
huurverliese gely a g v die eiser se versuim om gassilinders terug te
besorg:
Betaling van R28 431,60
vir die tydperk 1 Oktober 2005 tot 31 Januarie 2006;
Betaling van R50 251,20
vir die tydperk 1 Februarie 2006 tot 30 September 2006;
Betaling van R6 931,20
per maand vir die tydperk 1 Oktober 2006 tot datum van vonnis;
Rente op bovermelde
bedrae, bereken teen 15,5 % per jaar vanaf datum van vonnis tot
finale betaling;
asook koste in die
geding op prokureur en kliënt skaal.
[2] Die Eerste Verweerder
is ân Beslote Korporasie, met geregistreerde besigheidsadres te
Kaapstad. Sy besigheid bestaan uit die
koop, verwerking en verkoop
van skrootmetaal, welke besigheid aanvanklik slegs uit Kaapstad
bedryf is.
Die
BK se bedrywighede is later uitgebrei na die Vrystaat waar C J Steyn
as algemene bestuurder optree.
Tweede Verweerder is die
enigste lid in die Eerste Verweerder, wat haarself as borg en
mede-hoofskuldenaar gesamentlik en afsonderlik
met die Eerste
Verweerder teenoor die Eiser verbind het.
[3] Die eise spruit voort
uit ân kredietooreenkoms tussen die Eiser en die Eerste Verweerder
in terme waarvan die Eiser gas, wat
in die metaalverwerkingsproses
gebruik word, aan die Eerste Verweerder sou lewer by laasgenoemde se
perseel.
Die silinders waarin die
gas gelewer word, sou die uitsluitlike eiendom van die Eiser bly en
die Eerste Verweerder sou huur aan die
Eiser betaal ten aansien van
die silinders wat aan die einde van elke maand in sy besit is.
Voortvloeiend uit hierdie
ooreenkoms het die Eiser vanaf November 2003 gasprodukte aan die
Eerste Verweerder gelewer en gassilinders
aan hom verhuur.
Laasgenoemde huurooreenkoms is op of omtrent 30 November 2005
beëindig.
[4] Die Eiser voer in sy
Besonderhede van Vordering aan dat:
Eerste Verweerder
versuim het om R11 686,59 aan hom te betaal vir gasprodukte verkoop
en gelewer (Eis A);
Eerste Verweerder
versuim het om R83 499,30 aan Eiser te betaal ten aansien van die
huur van gassilinders (Eis B);
Eerste Verweerder,
nadat die huurooreenkoms tussen Eiser en Eerste Verweerder
gekanselleer is, versuim het om 76 HP (hoë druk)
en 10 LPG
silinders aan Eiser terug te besorg, waarvan die totale
vervangingswaarde R103 965,72 is (Eis C);
Die Eiser vanweë die
Eerste Verweerder se versuim om die silinders terug te besorg nie
die genoemde silinders in die normale
loop van besigheid kon
verhuur nie en gevolglik die bedrae in Eis D skade ly of sal ly.
[5] Verweerders erken in
hul verweerskrif:
Ten aansien van Eis A:
Aanspreeklikheid vir die betaling van R5 370,99;
Ten aansien van Eis B:
Dat 10 LPG gasbottels vermis word en dat die Eerste Verweerder
gevolglik aanspreeklik is vir die huur van
6 LPG gasbottels vanaf
Maart 2004 tot Oktober 2005 en 4 LPG gasbottels vanaf April 2004 tot
Oktober 2005 teen R35,00 plus BTW per
bottel per maand in die totale
bedrag van R7 820,40, asook vir die huur van die gassilinders (R4
827,90) en die vervoer daarvan
(R63,84);
Ten aansien van Eis C:
Kansellasie van die huurooreenkoms en aanspreeklikheid vir die
vervanging van 10 LPG gassilinders ten bedrae
van R6 452,00.
Verweeders pleit dat die
voormelde bedrae plus moratore rente in die totale bedrag van R31
824,11 op 14 Februarie 2006 aan die eiser
se prokureur van rekord
betaal is.
[6] In die lig van
bogenoemde erkenning en betaling deur Eerste Verweerder het Eiser
voortgegaan en getuienis aangebied ten einde
die volgende
verskuldigheid van eerste en tweede verweerder (as borg) te bewys:
Eis A: R6 251,76
Eis B: R70 851,00
Eis
C: 76 HP silinders, alternatiewelik R97 513,32
Eis D: Skade van R168
611,70 as gevolg van Eerste Verweerder se versuim om gassilinders
aan Eiser terug te besorg.
[7] Dit is gemene saak
tussen Eiser en Verweerders dat Eiser gas aan Eerste verweerder
gelewer het by twee verskillende afleweringspunte,
naamlik te Welkom
en Klerksdorp. Die fisiese adres vir lewering van die gas te
Klerksdorp was die perseel van J & A Engineering.
Ene Skura
Khumalo was die verkoopspersoon wat as tussenganger tussen die Eiser
en die Eerste Verweerder opgetree het. Dit is ook
gemene saak dat
Khumalo op 18 November 2005 oorlede is.
[8] Johan Albert
Frederick Bloementhal, die eerste getuie namens die Eiser, was sedert
2002 die krediettoesighouer van die Eiser.
Hy verduidelik die proses
wat gevolg is met die bestelling van gasprodukte deur die Eerste
Verweerder vanaf die Eiser as volg:
Die
Eerste Verweerder sou naamlik ân bestelling by die verkoopspersoon,
Khumalo, plaas. Laasgenoemde kry ân bestelnommer by die
Eerste
Verweerder, dit word deurgegee aan ân kliëntediensklerk van die
Eiser, wat die bestellling in hul rekenaarstelsel voer
en ân
bestelnommer genereer.
Wanneer die bestelling
afgelewer word, gaan dit gepaard met ân afleweringsnota waarop
uiteengesit word welke produkte afgelewer
word en hoeveel en watter
tipe gassilinders deur die kliënt (Eerste Verweerder) teruggestuur
word.
â
n
Verteenwoordiger van die kliënt teken die afleweringnota ter
bevestiging van die ontvangs van die bestelling.
â
n
Faktuur vir die gelewerde goedere, bekend as ân gasfaktuur, asoook
ân faktuur vir die huur van die silinders (huurfaktuur),
word dan
aan die kliënt gepos.
Op hierdie wyse is 3
bestellings gelewer te J & A Engineering, fakture is gepos en
betaling van R10 207,56 is vanaf Eerste Verweerder
ontvang.
[9] Die bestelling wat
die onderwerp van hierdie verhoor en grondslag van die Eiser se eise
vorm, word in Eiser se rekords aangetoon
as bestelling nommer 6, wat
op 3 Maart 2004 deur Skura Khumalo vir die Eerste Verweerder geplaas
is. Volgens die afleweringsnota
no 1332928 is 100 silinders suurstof
toe op 5 Maart 2004 by die perseel van J & A Engineering te
Klerksdorp deur die Eiser gelewer.
Ene Johannes het geteken vir die
ontvangs daarvan. 2 LPG en 42 suurstofsilinders is na eiser
teruggestuur. ân Gasfaktuur vir
die gelewerde produkte sowel as ân
huurfaktuur ten aansien van die uitstaande silinders is na die adres
van J & A Engineering,
nl Posbus 1915, Klerksdorp gestuur.
Op 24 Januarie 2005 is
die adres van die Eerste Verweerder verander na Posbus 5018, Welkom
en is gasfakture daarna na laasgenoemde
adres gestuur. Huurfakture
is egter steeds na die oorspronklike (Klerksdorp) adres gestuur.
Bloementhal
wys daarop dat die Eerste Verweerder kragtens die ooreenkoms tussen
hom en die Eiser, 5 dae tyd het om ân afleweringsnota
te betwis en
14 dae om ân faktuur te betwis.
[10] Goolam Mustapha
Butler, kredietkontroleur van die Eiser, getuig oor briefwisseling en
verskeie gesprekke tussen hom en C J Steyn
en sy ma, Velda, oor
bedrae geld wat die Eerste Verweerder aan die Eiser verskuldig was.
Hy bevestig dat die
Eerste Verweerder uiteindelik te kenne gegee het dat hy
aanspreeklikheid aanvaar vir R10 262,72 en dit betaal
het. Dit het
geskied nadat die Eiser ân aansoek om summiere vonnis gebring het.
[11] Carel Johannes Steyn
en sy moeder Velda Steyn, het vir die verweerders getuig.
C J Steyn is die algemene
bestuurder van Peninsula Scrap Metals, die Eerste Verweerder.
Hy verduidelik dat
skrootmetaal wat gekoop word, eers opgesny word voordat dit verkoop
word. Vir hierdie opsnyproses word gas, naamlik
suurstof en LPG
gebruik. Die Eerste Verweerder het hierdie gas aangekoop vanaf die
Eiser.
In Februarie 2004 het die
Eerste Verweerder ân groot hoeveelheid staal by ân myn in
Klerksdorp aangekoop. Dit moes deur J &
A Engineering opgesny
word. Die Eerste Verweerder sou die gas daarvoor verskaf en dit
aankoop vanaf die Eiser. Slegs C J Steyn
kon bestellings by Khumalo
plaas en het bestelnommers daarvoor vanaf die Kaapstad kantoor bekom.
James Wallace , as lid van J &
A Engineering, en sy voorman,
Johannes, kon gelewerde gasprodukte ontvang, daarvoor teken en leë
silinders terugstuur.
Steyn self het twee
bestellings geplaas vir gas wat te J & A Engineering gelewer moes
word, nl op 17 Februarie 2004 per bestelnommer
4 en in Maart 2004 per
bestelnommer 9.
Steyn het slegs fakture
vanaf die Eiser gekry vir die eerste bestelling (no 4). Nadat hy in
Mei 2004 deur Butler meegedeel is dat
hy/Eerste Verweerder R21 000
aan die Eiser verskuldig is, en hy diè bedrag betwis het, is fakture
ten aansien van die tweede bestelling
(No 9) asook ân verdere
bestelling (no 6) deur die Eiser verskaf.
Steyn ontken dat hy
laasgenoemde bestellling geplaas het en sê dat nòg Wallace nòg
Johannes van J & A Engineering by magte
was om bestellings namens
Eerste Verweerder te plaas. Die bestelboek van die Eerste Verweerder
(Bewysstuk âJâ) toon ook aan
dat bestelno 6 nie verwys na ân
bestelling vir gas deur Eerste Verweerder van die Eiser nie. ân
Bedrogklagte is by die polisie
teen Wallace aanhangig gemaak, maar
diè het intussen verdwyn. Die enigste ander persoon wat sou kon sê
wie werklik die bestelling
geplaas het, is Khumalo, wat intussen
oorlede is.
[12] Die Eiser voer aan
dat die Verweerders aan bestelling no 6 gebonde is omdat Johannes,
toe hy die afleweringsnota (bew âA19â)
onderteken het, erken het
dat alle inligting op die afleweringsnota, dus ook die bestelnommer,
korrek is. Hiervoor word gesteun
op die inskripsie op die
afleweringsnota dat
â
The
signatories below accept all information on this note as being
correct.
â
Insgelyks word op alle
silinderhuurfakture aangedui
â
If
no discrepancy is reported within 15 days of the date of invoice, it
will be assumed as correct.â
Omdat geen foute/tekorte
aangemeld is nie, so lui die betoog, is die Verweerders gebonde aan
die betrokke faktuur.
[13] Die Eiser voer aan
dat die Verweerders aanspreeklik is vir betaling van die goedere en
huur t a v bestelling no 6 omdat:
Die bestelling geplaas
was deur ân behoorlik gemagtigde verteenwoordiger van die Eerste
Verweerder (Wallace);
Wallace as
verteenwoordiger van die vennootskap tussen Eerste Verweerder en J
& A Engineering opgetree het;
3. In die alternatief
word betoog dat, sou die hof bevind dat bestelling 6 nie deur die
Eerste Verweerder of ân vennoot van hom
geplaas was nie, die Eerste
Verweerder a g v sy gedrag en die oënskynlike volmag van sy agent
deur estoppel gebonde behoort te wees.
[14] Die getuienis
ondersteun nie die Eiser se submissies nie:
C J Steyn getuig dat
Wallace nie gemagtig was om bestellings namens die Eerste Verweerder
te plaas nie. Die bestelboek van Eerste
Verweerder (bewysstuk âJâ)
toon aan dat bestelnommer 6 nie vanaf die Eerste Verweerder
afkomstig was nie.
2. Dit was die
uitdruklike getuienis van C J Steyn dat J & A Engineering bloot
die arbeid sou verskaf om die staal te verwerk.
Dit blyk nêrens uit
die getuienis dat die Eerste Verweerder en J & A Engineering
vennote was of in ân âjoint ventureâ
betrokke was of winste uit
die sogenaamde projek sou deel nie, soos die Eiser in die alternatief
aanvoer nie. Trouens, dit word
pertinent deur C J Steyn ontken.
Waarskynlikhede begunstig ook laasgenoemde se weergawe.
3. Die Eiser
argumenteer dat Wallace en/of Johannes deur ondertekening van die
afleweringsnota alle inligting, ook bestelnommers,
as korrek bevestig
en sodoende aanspreeklikheid vir die Eerste Verweerder opgeloop het.
Hiervoor word sterk gesteun op ân bepaling
in die terme en
voorwaardes van die kredietooreenkoms (Bewysstuk âA003â) tussen
die Eiser en die Eerste Verweerder wat lui:
â
Goods
should be examined immediately on receipt and in the case of damage,
shortage or oversupply, the carriers and Air Products should
be
notified in writing within
five days of receipt, failing which the delivery shall be prima facie
to be in accordance with the delivery
note.â
Dit word aangevoer dat
die persoon wat die afleweringsnota onderteken daardeur sertifiseer
dat alle inligting daarop, ook die bestelnommer,
korrek is.
Die aangehaalde klousule
verg bloot dat die gelewerde goedere nagegaan moet word. Dit beteken
nie dat die ontvanger gemagtig is om
te bestel, of bestelnommers te
verifieer of bevestig nie. So ân uitleg druis in teen logika en
algemene besigheidspraktyk.
4. Dit is duidelik uit
die getuienis dat die Eerste Verweerder onbewus was van die
bestelling wat by die Eiser geplaas was: Die fakture
ten aansien
daarvan was na die Klerksdorpadres van J & A Engineering gestuur;
die bestelnommer was fiktief en nòg Wallace nòg
Johannes was
gemagtig om namens die Eerste Verweerder te bestel. Omdat die Eerste
Verweerder nie van die bestelling of die fakture
daarvoor kennis
gedra het nie, kon hy uiteraard nie binne 5 dae aandui dat die
bestelling foutief was nie.
Die Eerste Verweerder kan
nie aanspreeklik gehou word vir bestellings wat sonder sy wete en
buite sy opdragte geplaas was nie.
[15] Namens die eiser is
betoog dat:
â
1. the
first defendant represented that Wallace and Johannes were authorized
to act on behalf of the First defendant and that the
Plaintiff acted
reasonably in its reliance on this representation;
2. the
fact that the first defendant changed its mind at a certain point,
deciding that Wallace no longer had authority to act on
behalf of the
first defendant, would make the firs defendant liable for the actions
of Wallace;
3. the
fact that the first defendant changed its mind at a certain point,
deciding that Johannes no longer had authority to act on
behalf of
the first defendant, would make the first defendant liable for the
actions of Johannes as well.â
In diè verband steun die
Eiser op die getuienis van Butler dat Velda Steyn aan hom sou gesê
het dat Wallace aanvanklik gemagtig
was om bestellings te plaas of
ontvang, maar later nie meer nie. Dit word pertinent deur Velda en C
J Steyn ontken. Dit is nie
betwis nie dat Velda Steyn nie
teenwoordig was toe C J Steyn en Khumalo die reëling ten aansien van
lewering van gas te J &
A Engineering getref het nie.
Volgens die Verweerders
was Wallace en Johannes slegs gemagtig om goedere te ontvang, nie om
te bestel nie. Khumalo het dit geweet
en as werknemer of
verteenwoordiger van die Eiser word sy kennis die Eiser toegereken.
Word gelet op die Eiser
se dokumentasie ten aansien van die gewraakte bestelling, toon die
daaglikse bestelstaat (bewysstuk âA0018â)
aan dat Khumalo
instrumenteel was in die plaas daarvan. ân Nota is aangebring
waarvolgens Khumalo die bestelnommer sou voorsien/voorsien
het.
[16] Die Eiser voer as
verdere alternatief aan dat die Eerste Verweerder op grond van sy
gedrag deur estoppel verhoed word om te ontken
dat die Eerste
Verweerder die bestelling vir 100 gassilinders geplaas het en dat
Johannes gemagtig was om dit ten behoewe van die
Eerste Verweerder te
ontvang.
In
NBS
BANK LTD v CAPE PRODUCE CO (PTY) LTD AND OTHERS
2002 (1) SA 396
(SCA) te 411 G â H word estoppel beskryf as:
â
a
situation where a representor may be held accountable when
he
has created an impression in anotherâs mind, even though he may not
have intended to do so and even though the impression is in
fact
wrong. Where a principal is held liable because of the ostensible
authority of an agent, agency by estoppel is said to arise.
But the
law stresses that the appearance, the representation, must have been
created by the principal himself. The fact that another
holds
himself out as his agent cannot, of itself, impose liability on him
.â
Te p. 412C-D, par [26]
word die vereistes wat bewys moet word, alvorens ân prinsipaal op
grond van die oënskynlike volmag van sy
agent aanspreeklik gehou kan
word, as volg uiteengesit:
â
1. A
representation by words or conduct
2. Made by [the principal] and not
merely by [the agent], that he had the authority to act as he did.
3. A
representation in a form such that [the principal] should reasonably
have expected that outsiders would act on the strength of
it.
4. Reliance by [the third party] on
the representation.
5. The
reasonableness of such reliance
6. Consequent
prejudice to [the third party
].â
In die onderhawige saak
is dit die getuienis van die Eerste Verweerder dat J & A
Engineering en/of Wallace en/of Johannes nie
sy agent(e) was nie en
nie gemagtig was om bestellings te plaas nie. Dit kan gevolglik nie
gesê word dat die Eerste Verweerder
die voorstelling gemaak of die
skyn verwek het dat hulle dit wel mag doen nie.
Geen
bestelling mag ook sonder ân bestelnommer geplaas word nie. Aldus
die Verweerders se getuienis, was hierdie reëling met Skura
Khumalo
getref en is bestellings aan hom deurgegee. Dat Khumalo wel die
bestellings aan die Eiser deurgegee het en bestelnommers
moes
verskaf, word ook gestaaf deur die inskrywing in Eiser se boeke
â
Skura
revert back with O/N (order numberâ
)
,
soos
hierbo na verwys.
Khumalo het geweet wat
die ooreenkoms tussen hom en die Eerste Verweerder/C J Steyn was en
kan nie gesê word dat hy gehandel het
op ân oënskynlike volmag
van ân agent van die Eerste Verweerder nie.
Anders as in
NBS
BANK LTD v CAPE PRODUCE CO
,
supra
gaan dit nie in die onderhawige geval oor lede van die publiek of
buitestanders wat reageer op ân bepaalde voorstelling nie.
Khumalo,
verteenwoordiger van die Eiser, was self deel van die
bestelproses en by ontstentenis van sy getuienis kan ek nie bevind
dat bestelling
nommer 6 die gevolg was van Khumalo se reaksie op ân
voorstelling deur òf die Eerste òf die Tweede Verweerder nie. As C
J Steyn
nie self die bestelling geplaas het nie, het Khumalo dit
geweet en sou redelikerwys van hom verwag word om die egtheid van die
bestelling
te bevestig.
[17] Eis B spruit voort
uit die bestelling en lewering van goedere waarop Eis A berus. Sou
die Eiser nie slaag met Eis A nie, kan
hy ook nie suksesvol wees op
hierdie eis nie.
[18] Die
Eiser het nie daarin geslaag om aan te toon dat die 76 gassilinders
waarop Eis C gebaseer is, in die besit van die Verweerders
is, en dat
die verweerders aanspreeklik is vir die teruggawe daarvan nie.
Bygevolg kan die Verweerders nie verantwoordelik gehou
word vir die
verlies aan huurinkomste deur die Eiser gely, soos geëis in Eis D
nie.
[19] Die volgende bevel
word gevolglik gemaak:
Die Eiser se eise word
van die hand gewys, met koste.
________________
M. VOGES, WND R
Namens
die Eiser: Adv. A.J.R. Booysen
In
opdrag van:
Matjila
Hertzberg & Dewey
SANDTON
c/o
Lovius Block
BLOEMFONTEIN
Namens
die Verweerders: Adv. H.J. Benade
In
opdrag van:
Hill
McHardy & Herbst
BLOEMFONTEIN
MV/sp