About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2008
>>
[2008] ZAFSHC 4
|
|
Gloy and Another v Cyril Smiedt (Edms) Bpk (25/2008) [2008] ZAFSHC 4 (1 January 2008)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Saak Nr. : 25/2008
In
die saak tussen:
PETRUS
JOHANNES GLOY
Eerste
Applikant
JEANETTE
GLOY
Tweede Applikant
en
CYRIL
SMIEDT (EDMS) BPK
Respondent
______________________________________________________
CORAM:
C. J. MUSI, R
AANGEHOOR
OP:
GELEWER
OP:
[1] Die twee applikante
vra vir die volgende regshulp:
"1. Dat die lasbriewe uitgereik
vanuit hierdie Agbare Hof op 27 November 2007 onder saak nommers
4877/2005 asook 4309/2006 tersyde
gestel word;
2. Dat
die Respondent die koste van hierdie aansoek sal betaal op die skaal
soos tussen prokureur en kliënt ...â
[2] Die
twee applikante is wettiglik getroud. Hulle het in die Streekhof te
Kroonstad skuldig gepleit op aanklagte van diefstal en
bedrog. Dit
blyk dat die klaer in daardie aangeleentheid die huidige respondent
is.
Hulle
is inderdaad skuldig bevind en elk as volg op 5 Oktober 2007
gevonnis:
ïh
Agt
jaar gevangenisstraf welke opgeskort word vir ân periode van vyf
jaar op
dit
beskuldegdes voorwaardes:
1. Dat ek en Tweede Applikante nie
skuldig bevind word aan diefstal of aan bedrog en waarvoor on
opgeskorte gevangenisstraf opgelê
word, gepleeg binne die tydperk
van opskorting nie; en
2. Dat
ek en Tweede Applikante gesamentlik die bedrag van R1 miljoen betaal
aan Mnr C Smiedt en wel as volg:
2.1 R600
000.00 betaal te word op 5 Oktober 2007; en daarna R5000.00 per maand
vir die tydperk van 58 maande met ingang vanaf 1
November 2007 en
daarna op of voor die 1ste dag van elke daaropvolgende maand tot en
met 1 Augustus 2012 en ân finale paaiement
van R110,000.00 voor of
op 1 Oktober 2012.
3. Alle betalings te geskied aan
Smiedt se regsverteenwoordigers, Grimbeek Van Rooyen & Vennote,
Presidentlaan 42, Kroonstad.â
[3] Op
5 Oktober 2007, voordat die applikante gevonnis was, het hulle elk
identiese skikkingsooreenkomste onderteken. Die terme van
die
ooreenkomste is die volgende:
"DIE PARTYE KOM AS VOLG OOREEN:
1.
Verweerder tesame met J GLOY onderneem
hiermee om gesamentlik en afsonderlik aan Eiser te betaal die bedrag
van R1,000,000.00 (EEN
MILJOEN RAND)
2.
Voormelde bedrag is betaalbaar by wyse
van-
2.1 ân Eenmalige bedrag van
R600,000.00 (SESHONDERD DUISEND RAND) wat reeds betaal is ten tye
van ondertekening van hierdie ooreenkoms.
2.2 Die
balans in paaiemente van R5,000.00 (VYFDUISEND RAND) per maand met
ingang vanaf 31 Oktober 2007 en daarna voor of op die laaste
dag van
elke daaropvolgende maand.
2.3 Voormelde
paaiemente van R5,000.00 sal betaal word oor ân tydperk van 5 (vyf)
jaar en die balans van R100,000.00 (EENHONDERD
DUISEND RAND)
verskuldig sal betaalbaar wees op 30 September 2012 tesame met die
laaste paaiement van R5,000.00.
3.
Elke party sal verantwoordelik wees
vir sy eie regskoste.
4.
Die partye plaas op rekord dat
Verweerder asook J GLOY skuldig gepleit het op ân klag van diefstal
van R1,000.000.00 waar Eiser
die klaer is en sal enige betaling
gemaak ingevolge ân vergoedingsbevel deur die Streekhof waarin
voormelde Verweerder en J GLOY
gevonnis word, geag word ook betalings
in terme van hierdie skikkingsooreenkoms te wees.
5.
Indien enige betaling agterstallig is,
sal die volle uitstaande bedrag onmiddellik opeisbaar en betaalbaar
wees en sal die uitstaande
bedrag rente dra vanaf datum van
agterstalligheid tot datum van betaling teen die toepaslike moratore
koers van tyd tot tyd.
6.
Die partye stem hiermee toe dat
hierdie skikking ân bevel van die Hof gemaak word en dat die Eiser
geen verdere eise teen die Verweerder
sal hê nie, van watter aard
ook nie, voortspruitend uit die skuldoorsaak.
7.
Die partye plaas ook op rekord dat
hierdie skikking geen invloed sal hê op enige vonnis wat deur die
Streekhof opgelê word ten opsigte
van die Verweerder nie.â
GETEKEN te KROONSTAD hierdie 5de van
OKTOBER 2007
AS
GETUINES:
1.___________________
2.___________________
____________________
Nms
CRYRIL SMIEDT (EDMS)BPK
____________________
PJ
GLOY
[4] Op
1 November 2007 het eerste applikant 'n bedrag van R5000.00 inbetaal.
Op 27 November 2007 is nog ân bedrag van R5000.00
deur tweede
applikant inbetaal.
[5] Op 15 November 2007
het my suster Van Zyl R, na ân aansoek deur die respondent,
ingevolge Reël 41(4) die onderskeie skikkingsooreenkomste,
op ân
onbestrede basis, bevele van die hof gemaak (sien saak nommers
4309/2006 sowel as 4877/2005. Op 27 November 2007 het die
griffier
van hierdie hof lasbriewe tot uitwinning teen die applikante se goed
uitgereik, omrede hulle nie die eerste R5000.00 op
31 Oktober 2007
maar wel op 1 November 2007 betaal het.
[6] Die
applikante voer aan dat die wanprestasie deur ân misverstand
veroorsaak was. Hulle was nie bewus dat die datums van betaling
op
die skikkingsooreekomste verskil van die datum van die landdros se
bevel. Meneer Cilliers, namens die applikante, het in betoog,
enersyds, aangevoer dat paragraaf 4 van die skikkingsakte die bron
van die misverstand is en andersyds dat die applikante wel voldoen
het aan die ooreenkoms omdat hulle die landdros se bevel nagekom het.
Die applikante het ook aangevoer dat hulle nie geweet het
dat hulle
voor of op 31 Oktober 2007 moet betaal nie. Meneer De Wet, namens
die respondent, het tereg aangevoer dat ooreenkomste
tussen partye
afgedwing moet word. Volgens hom het die streeklanddros se bevel nie
die tyd vir betaling in die skikkingsakte neergelê
geraak nie.
[7] Ek
haal gerieflikheidshalwe weer paragraaf 4 van die skikkingsooreenkoms
aan:
"4.
ïfïf
Die partye
plaas op rekord dat Verweerder asook J GLOY skuldig gepleit het op ân
klag van diefstal van R1,000.000.00 waar Eiser
die klaer is en sal
enige betaling gemaak ingevolge ân vergoedingsbevel deur die
Streekhof waarin voormelde Verweerder en J GLOY
gevonnis word, geag
word ook betalings in terme van hierdie skikkingsooreenkoms te wees.â
Meneer De Wet het
geargumenteer dat hierdie paragraaf duidelik en ondubbelsinnig is en
dat dit in effek slegs beteken dat enige bedrag
wat betaal word in
verrekening gebring sal word en afgetrek sal word van die uitstaande
balans ingevolge die skikkingsooreenkoms.
So eenvoudig is dit darem
nie. Paragraaf 4 bepaal duidelik dat enige betaling gemaak ingevolge
die vergoedingsbevel deur die streekhof
geag sal word ook 'n
betaling in terme van skikkingsooreenkoms te wees.
[8] Volgen
die gouie reel van interpretasie moet woorde in ân geskuif hulle
gewone gremmatikale betekening gegee word tnsy dit tot
ân
abfurditelf of teenstrydigheid sal lei.
COOPERS
& LADYBRAND v
1995 (3) SA 767
E â 768 E.
Die
verklarende Hend woordeboek van die Afrikaanse taal (HAT) difineer
bevel as volg
âbevel
s.uw 1 Gebod, order.....â
die
verlkarende Afrikaanse woordeboek deur Labuschagne en Ksteen 8
ste
uitgawee defineer dit as volg â
bevel,
order gebod, opdrag...ââ.
Die
vergoedingsbevel van die Landros is dis sy vregoedingsopdrag aan die
twee applikante.
Die vergoedingsbevel van
die Landros is die bevel in sy gelieel en nie gedeeltes daavan nie.
âN Ander uitleg sal tot ân absurditeit
lei.
[9] Indien
die applikante 'N Betaling ingevolge die streeklanddros se bevel moes
maak beteken dit dat hulle alle bepalings van daardie
bevel moes
nakom. ân betaling op 2 November 2007, byvoorbeeld, sou nie 'n
betaling ingevolge die streeklanddros se vergoedingsbevel
gewees het
nie en sou derhalwe nie geag kon word u betaling ingevolge die
ooreenkoms nie.
'n
Betaling van R4000.00 op 1 November 2007 is ook nie ân betaling
ingevolge die streeklanddros se vergoedingsbevel nie. Indien
die
applikante nie die betaaldatum of die bedrag van die streeklanddros
se bevel nagekom het nie het hulle die risiko geloop dat
hulle weer
voor die hof sou staan om ân aansoek om die inwerkingstelling van
die opgeskorte vonnis af te weer. Daar moet onthou
word dat ân
skikkingsooreenkoms nie ân bevel van die hof is nie en dat geen
lasbrief tot uit_______ slegs op sterkte van ân
skikkingsooreenkoms
beskou kan word nie.
BRANDTNER
v BRANDTNER
1991 (1) SA 866
WLD. Die argument dat die streeklanddros se bevel
nie die tyd vir die skikking kon raak nie is ook misplaas. Op die
feite en omstandighede
van hierdie saak sou dit beteken dat die
applikante die streeklanddros se bevel kon verontagsaam ter nakoming
van 'n ooreenkoms wat
nie 'n hofbevel is nie.
[10] Indien die landdros
se vergoedingsbevel met die skikkingsooreenkoms vergelyk word is dit
duidelik dat die ooreenkoms onder die
landdros se aandag gebring was.
Dit is duidelik dat die partye antisipiteer het dat die landdros 'n
bevel ingevolge die skikkingsooreenkoms
sou maak. Dat daar informele
pleitonderhandelinge was is duidelik. Daar was 'n verwagting dat die
landdros se bevel met betrekking
tot die datum van prestasie ook
dieselfde as die skikking sou wees. Paragraaf 4, inaggenome al die
omstandighede, is heel waarskynlik
as gevolg van daardie verwagting
bygevoeg.
[11] Die
respondent as outeur van die skikkingsakte kon gewag het tot die
afhandeling van die strafsaak om die ooreenkomste te laat
onderteken.
Dit is duidelik dat die respondent die siviele aangeleenthede wou
afhandel of bevorder deur die druk van 'n strafgeding
en moontlike
potensiële gevangenisstraf te gebruik.
Hy
verklaar self as volg:
â
In
this regard I might mention that the plea of guilty in the criminal
case was only offered by the Applicants after consultation
with
myself through my attorney Mr B C van Rooyen and once I had agreed
that the civil matters could be settled in terms of Annexure
"Bâ
and âCâ and Annexures âAâ and âBâ (sic) actually signed.â
[12] Dit
is waarskynlik die hoop om twee vlieë met een klap te dood wat gelei
het tot die onelegante en lomp paragraag 4.
Indien
paragraaf 4 nie deel van die ooreenkoms was nie dan sou die
applikante geen been gehad het om op te staan nie. Paragraaf 7
van
die skikking noem maar net wat vanselfsprekend is en dit is dat geen
skikking of pleitonderhandeling 'n landdros se strafbevoegdheid
aan
bande kan lê nie. Myns insiens het die applikante ingevolge die
landdros se bevel betaal en word daardie betaling geag 'n betaling
ingevolge die skikkingsooreenkoms te wees. Daar was dus voldoening
aan die skikkingsooreenkoms en was daar dus nie gronde vir die
uitreik van die lasbriewenie. Die aansoek behoor te slaag.
[13] Die
respondent in hierdie aangeleentheid het uiters nydig, onredelik en
kwelsugtig opgetree.
Die
respondent voer aan dat sy optrede nie onredelik is nie want
ïg
Nobody can
foresee what will happen in the future and the applicants might pass
away or become financially embarrassed to such an
extent that they
are not able to repay the balance to the substantial amount owing to
the Respondent.â
Die
respondent moes gedink het toe hy die skikkingsooreenkomste
onderteken het. Dit het toe besef dat die gelde eers teen 2012
vereffen
sal wees. Op daardie stadium het die almagtige,
alomteenwoordige verskynsel die dood, reeds oor die twee applikante
se kop gehang.
Die risiko dat hulle later moontlik nie oor die
vermoeë sal beskik om die gelde te betaal nie, was ook 'n realiteit.
Die respondent
wou volhard het met die siviele aangeleenthede en by
wyse van sy sivielregtelike remedies, na vonnis, lasbriewe tot
uitwinning bekom
het. Ek is dus nie beïndruk deur die respondent se
argument nie. Die applikante is onnodiglik genoodsaak om ten duurste
aansoek
te doen vir die tersyde stelling van die lasbriewe. Die
verskil in die landdros se bevel en die skikking is slegs een dag.
Die
applikante het twee dae voor einde November 2007 betaal.
Na
my mening moet ek my misnoeë uitspreek by wyse van 'n gepaste koste
bevel.
[14] Gevolglik
staan ek bedes 1 en 2 van die kennisgewing van mosie toe.
_____________
C.
J. MUSI, R
Namens
die applikante: Mnr. H. J. Cilliers
In opdrag van:
Naudes
BLOEMFONTEIN
Namens die
respondent: Mnr. P. J. T. De Wet
In
opdrag van:
Symington
& De Kok
BLOEMFONTEIN