About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1986
>>
[1986] ZASCA 18
|
|
S v Rankwe (329/85) [1986] ZASCA 18 (18 March 1986)
MET RANKWE vs THE STATE
Saaknommer 329/85 mp
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING
)
In die saak tussen:
PIET RANKWE
Appellant
en
DIE STAA
T Respondent
CORAM:
HOEXTER, VAN HEERDEN et JACOBS, ARR
VERHOOR
: 7 Maart 1986 GELEWER: 18 Maart 1986
UITSPRAAK
HOEXTER, AR
2.
HOEXTER, AR
,
Dit is 'n strafappèl. In die Rondgaande Hof te Lydenburg, Transvaal,
is die appellant in hierdie saak aan moord skuldig bevind
en, by ontstentenis
van versagtende omstandighede, ter dood veroordeel. Met verlof van hierdie Hof
kom hy in hoer beroep teen die
bevinding dat geen versagtende omstandighede
aanwesig was nie, en teen die opgelegde vonnis.
Die kernfeite van die geval is die volgende. Die appellant, h 27-jarige
manspersoon, en die oorledene, 'n middeljarige man, was albei
inwoners van
Sekhukhune. Die oorledene was die slagoffer van 'n koelbloedige sluipmoord. In
'n skielike rugaanval op die niksvermoedende
oorledene het die appellant die
oorledene met 'n byl drie houe op die kop toegedien, elkeen waarvan skedelbreuk
tot gevolg gehad
het. Die oorledene het aan uitgebreide breinskade beskwyk.
By sy verhoor is die appellant deur 'n advokaat
bygestaan. Uit die aangevoerde gebuienis het die volgende
geblyk
3.
geblyk. Die oorledene is op 5 Augustus 1983 om die lewe gebring. Op 6
Augustus 1983 het 'n sersant in die Lebowa polisie die appellant
se klere
ondersoek en 'n kontantbedrag van R200 gevind. Op 7 Augustus 1983 het die
appellant 'n byl aan dieselfde sersant uitgewys.
Op 8 Augustus 1983 het die
appellant 'n verklaring voor 'n magistraat van die distrik Sekhukhune afgele.
Dit was gemeensaak dat by
aflegging daarvan daar aan die statutere
toelaatbaarheidsvereistes voldoen is; en by ooreenkoms is die inhoud van die
verklaring
aan die Verhoorhof voorgelees. Luidens die verklaring het ene
Makgalemane die appellant oorreed om teen vergoeding die oorledene
te vermoor;
en met die oog daarop sou Makgalemane ook aan die appellant 'n byl gegee het.
Van die daaropvolgende gebeure word die
volgende relaas in die appellant se
verklaring vervat -
" I went away to the place where the
victim was. I concealed the axe behind a certain house and went to sit next
to my victim, the deceased. He at that stage
requested
4 .
requested me to accompany him to his. in-laws. We then went out of the
court-yard together. Before we left I took possession of my
axe and went away
with the deceased. Along the way I chopped the deceased with the said axe about
twice."
Op die volgende dag, aldus die appellant se verklaring, het
Makgalemane
horn R200 betaal en terselfdertyd belowe om horn later 'n verdere R200 te
betaal. In die slotgedeelte van sy verklaring
sê die appellant dan
verder:-
"Had it not been for the fact that I was in dire need of money I would not
have done what I did. I was under the influence of Makgalemane
to carry out his
filthy work. He was pestering me every time to get rid of the deceased who is
Makgalemane's son-in-law
The said Makgalemane got on my nerves
to such an extent that I had no alternative but to carry out his
instructions. He, moreover, provided me with employment, accommodation
and food.
I did not wish to let him down. That is all."
By die verhoor is ene Tshego as staatsgetuie opgeroep. In sy hoofgetuienis
het Tshego gesê dat hy vir Makgalemane 'n huis gebou
het en dat die
appellant sy handlanger was. As
vergoeding
5.
vergoeding vir gemelde bouwerk het hy (Tshego) R460 van Makgalemane ontvang
en hiervan het Tshego in totaal 'n bedrag van R120 aan
die appellant betaal.
Volgens Tshego het hy en die appellant terwyl hul die huis gebou het hul eie kos
geëet. Tshego het verder
getuig dat die appellant nie Monger gely het nie.
In kruisondervraging van Tshego is sy getuienis hierbo aangedui nie betwis
nie.
Na afloop van die staatsaak het die appellant sy saak gesluit sonder om self
te getuig of om enige verdedigingsgetuies op te roep.
Na skuldigbevinding egter,
en met betrekking tot die aangeleentheid van versagtende omstandighede, het die
appellant wel getuig.
Hy het die Verhoorhof vertel dat oor 'n tydperk van twee
weke voor die voorval Makgalemane by verskeie geleenthede na horn toe gekom
het
en hom probeer oorreed het om die oorledene te vermoor; maar dat hy elke keer
geweier het. Op die dag van die voorval het Makgalemane
gedurende die oggend
weer eens aan die appellant gepor; en laat die middag het hy vir die
appellant
6.
appellant meegedeel dat hy die oorledene "by 'n sekere drankplek" gesien het.
Makgalemane het toe by sy eie huis vir die appellant
drank gegee en daarna het
die appellant na die besondere plek deur Makgalemane genoem, gegaan en die
oorledene daar aangetref. Die
appellant is toe eers weer terug na Makgalemane,
waarop laasgenoemde aan hom gesê het -
"Gaan maak hom nou dood, ek sal vir jou R200 gee."
Hierop het die appellant ingestem om die oorledene om die lewe te bring.
In die loop van sy hoofgetuienis is die appellant uitgevra na die uitwerking
op hom van die drank wat Makgalemane aan hom sou gegee
het. Die appellant se
antwoord was dat hy nie weet of hy "dronk was of nie"; dat hy egter "nie reguit
geloop het nie"; en dat die
drank hom "in die sonde gebring het" omdat hy toe
later wel die oorledene om die lewe gebring het. Gedurende kruisonder= vraging
kon die appellant slegs onthou dat hy die oorledene
twee
7. twee houe met die byl toegedien het. Hieraan het hy toegevoeg
-
"Ek kan nie meer onthou nie, want ek was ook dronk gewees. Ek onthou bale
goed van die twee houe."
Hier dien opgemerk te word dat die appellant se herinnering van die voorval
andersins sowel duidelik as omvattend was. Wat helder
uit sy hele getuienis
straal is sy vermoe om sy presiese optrede by elke fase haarfyn te kan beskryf.
In die loop van sy kruisondervraging
het die appellant toegegee dat hy ten tyde
van die voorval nie Monger gely het nie, en dat hy slegs 'n behoefte aan skoene
gehad
het. Ten slotte het hy aangevoer dat hy deur Makgalemane gedwing is om die
misdaad te pleeg; en dat hy bang geword het omdat Makgalemane
daarop aanspraak
gemaak het dat hy 'n toordokter sou wees. Afgesien van die feit dat laasgenoemde
brokkie getuienis klaarblyklik
'n nagedagte aan die kant van die appellant was,
moet verder vermeld word dat die appellant in sy verklaring voor die magistraat
van die drank wat
Makgalemane
8. Makgalemane aan horn sou gegee het geen woord
hoegenaamd gerep het nie.
By sy beoordeling van moontlike versagtende omstandighede was vir die
Verhoorhof die oorheersende faktor in die saak wat hy as die
deurlopende "tema
van doodmaak vir geld" bestempel het. Rakende die moontlike uitwerking van sterk
drank op die appellant het die
geleerde Verhoorregter horn soos volg
uitgelaat:-
"Die beskuldigde se relaas van wat daar gebeur het voor, tydens en na die
doodslag toon dat die drank, indien hy drank ingehad het,
geen rol gespeel het
nie."
In bostaande verband het die Verhoorhof ook die strekking van die appellant
se verklaring voor die magistraat bygehaal.
Die appellant se appèl is deur adv.
Hopf
(wat nie by die
verhoor verskyn het nie) beredeneer. Hy het aangevoer dat die appellant se
vermoë om 'n volledige relaas van
die betrokke gebeure te gee slegs dui op
die
gevolgtrekking
9. gevolgtrekking dat hy ten tyde van die voorval nugter
genoeg
was om die opset om te dood te koester; maar dat hierdie
feit nie noodwendig die moontlikheid van 'n verminderde
verwytbaarheid weens sy drankinname uitskakel nie. Gedagtig
aan die
trefpunt van die bewyslas met betrekking tot die
bestaan van versagtende
omstandighede is ek egter nie daarvan
oortuig dat die Verhoorhof by sy
bevinding in verband met die
rol van drank by die pleging van die misdaad
enigsins fouteer
net nie. Namens die appellant is verder in oorweging
gegee
dat by beoordeling van versagtende omstandighede die
Verhoorhof die
appellant se betreklik lae beskawingspeil,
die besondere verhouding tussen
Makgalemane en die appellant,
en die druk wat Makgalemane op die appellant
uitgeoefen
net uit die oog verloor het. Maar ofskoon die Verhoorhof
in die loop van 'n ietwat beknopte uitspraak met betrekking
tot
versagtende omstandighede nie hiervan uitdruklik melding
gemaak het nie, blyk
dit uit die Verhoorregter se opmerkings
by oorweging van die aansoek om
verlof om te appelleer wat
aan
10, aan hom gerig is dat gemelde faktore inderdaad deur die
Verhoorhof in aanmerking geneem is.
Die betoog dat die Verhoorhof by sy ondersoek na die bestaan al dan nie van
versagtende omstandighede 'n mistasting begaan net, kan
mi nie opgaan nie. Na my
oordeel kan daar ook nie met welslae aangevoer word dat by sy bevinding in
hierdie verband die Verhoorhof
'n beslissing gevel het wat 'n hof, met
behoorlike inagneming van al die feite van die geval, nie redelikerwys kon vel
nie. Bygevolg
kan daar nie met die Verhoorhof se bevinding dat versagtende
omstandighede nie bewys is nie ingemeng word nie.
Die appèl word afgewys.
G G HOEXTER, A3
VAN HEERDEN, AR)
Stem saam JACOBS, AR)