About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2009
>>
[2009] ZANCHC 73
|
|
Springbok v S (CA&R/0) [2009] ZANCHC 73 (27 November 2009)
VERSLAGWAARDIG JA/NEE
SIRKULEER
ONDER REGTERS JA/NEE
SIRKULEER
ONDER LANDDROSTE JA/NEE
IN DIE HO
Ë
HOF VAN SUID-AFRIKA
(NOORD-KAAP
HO
Ë
HOF, KIMBERLEY)
SAAK
NO.: CA&R/0
Datum aangehoor:
23/11/2009
Datum van
uitspraak: 27/11/2009
In
die saak tussen:
PIETER
SPRINGBOK Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
CORAM:
S A MAJIEDT R et CC WILLIAMS R:
UITSPRAAK
OP APPÉL
WILLIAMS R
1. Die
appellant, mnr Pieter Springbok, is op 5 Februarie 2009 in die
Landdroshof te Barkly-Wes skuldig bevind op ân aanklag van
roof.
Hy is gevonnis tot 3 jaar gevangenisstraf waarvan 1 jaar
gevangenisstraf voorwaardelik opgeskort is.
2. Die
appellant kom nou in hoër beroep teen die vonnis hom opgelê.
3. Die
feite van die saak word vervolgens opgesom. Die appellant en sy
vriendin, ene Lebo, het op die betrokke aand by die Diggers
Taverne
te Windsorton gekuier. Op ân stadium het die twee van hulle
handgemeen geraak. Die klaer, mnr Montesquie Jacobs het
tussenbeide
getreë en vir sy moeite het die appellant sy aggressie op die
klaer gerig. Terwyl die klaer besig was om die
polisie op sy selfoon
te skakel het die appellant hom ân vuishou teen die bors gegee.
Die klaer het agteroor geval en sy selfoon
het op die grond beland.
Die appellant het die selfoon opgetel in sy sak gesteek en nadat hy
gepoog het om die klaer met klippe
te gooi is hy daar weg. Die klaer
se selfoon is nooit terugbesorg nie.
4. Die
appellant is ân 35 jarige man en ook ân eerste oortreder. Hy het
ten tye van die voorval gewerk by die Golden Falls
Myne te Holpan
waar hy R7200, 00 per maand verdien het. Die appellant is ongetroud
maar het twee minderjarige kinders waarvoor
hy onderhoud betaal het
in die bedrag van R700,00 per maand. Hy het ook gesorg vir sy moeder
en sy broers.
5. Namens
die appellant is daar aangevoer dat die verhoorhof fouteer het deur
die aard en erns van die misdryf en die belange van
die gemeenskap te
oorbeklemtoon ten koste van die persoonlike omstandighede van die
appellant en dat die vonnis oppgelê in
die omstandighede
buitensporig swaar en onvanpas is.
6. Mnr.
Kgatwe, wat namens die Staat optree in die appél, gee na ons
mening tereg toe dat die vonnis opgelê, gegewe
al die
relevante omstandighede, skokkend onvanpas is.
7. Die
verhoorhof het na my mening uitermatig klem gelê op die
voorkoms van roofgevalle, spesifiek in die distrik van Barkley-Wes,
sonder om die voorval op sy eie meriete te beoordeel. Hierdie is
klaarblyklik nie die tipiese roofgeval wat daagliks in die howe
dien,
waar booswigte daarop uit is om die gemeenskap te teister en hulle
van hul eiendom te ontneem nie.
8. Op
die oog af was hierdie ân doodgewone kroeggeveg met die ongelukkige
uiteinde dat die appellant die klaer se selfoon geneem
het heel,
waarskynlik om te verhoed dat die klaer die polisie skakel. Die
appellant se gunstige persoonlike omstandighede is ook
sprekend
daarvan dat hy nie ân geharde misdadiger is van wie die gemeenskap
beskerm behoort te word nie. Die getuienis is duidelik
dat die
betrokkenes almal in die taverne drankies geniet het en dat die
appellant kwaad geword het vir die klaer toe hy inmeng
in die rusie
tussen die appellant en sy vriendin. Die klaer homself was tot so ân
mate onder die invloed van drank dat hy besluit
het om eers die
volgende dag ân verklaring by die polisie af te lê.
9. Na
my mening het die verhoorhof nie sy diskresie redelikerwys uitgeoefen
met die oorweging van ân gepaste vonnis nie en is
hierdie Hof dus
geregtig om in te meng met die opgelegde vonnis.
10. Alhoewel
ek nie van mening is dat direkte gevangenisstraf noodwendig die
enigste gepaste vonnis in hierdie omstandighede is
nie, is die koeël
deur die kerk aangesien die appellant reeds sedert 5 Februarie 2009
in die gevangenis is.
Derhalwe
word die volgende bevel gemaak:
a) Die
appél teen vonnis slaag.
b) Die
opgelegde vonnis word tersyde gestel en vervang met die volgende:
â
18
(agtien) maande gevangenisstraf waarvan 9(nege) maande vir ân
periode van drie jaar opgeskort word op voorwaarde dat die
beskuldigde
nie skuldig bevind word aan roof of aanranding of
diefstal of ân poging om gemelde misdrywe te pleeg, gepleeg binne
tydperk van
opskorting nie.â
c) Die
vonnis word terugdateer na 5 Februarie 2009.
____________________
C.C
WILLIAMS
REGTER
Ek
stem saam.
_____________________
S.A
MAJIEDT
REGTER
Nms.
Appellant
: Adv
P.J Cloete
i.
o. v. Regshulpraad
N
ms.
Respondent
: Adv
Kgatswe
Kantoor
van die Direkteur van Openbare Vervolgings