About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2009
>>
[2009] ZANCHC 72
|
|
Van Der Merwe v Minister van Veiligheid en Sekuriteit en Ander (716/07) [2009] ZANCHC 72 (27 November 2009)
Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN
DIE
HOË
HOF VAN SUID-AFRIKA
[
Noord-Kaap
Hoë Hof, Kimberley]
Saaknommer: 716/07
Datum
Verhoor: 2009-11-16
Datum
Gelewer: 2009-11-27
In
die saak van
:
JOSEPH
PETRUS ALBERTUS VAN DER MERWE
EISER
versus
MINISTER
VAN VEILIGHEID EN SEKURITEIT
1
STE
VERWEERDER
INSPEKTEUR
DIRK HAMMOND 2
DE
VERWEERDER
CORAM
:
MAJIEDT R
UITSPRAAK
In hierdie
aksie het die Verweerders die meriete toegegee en aanspreeklikheid
aanvaar vir
die
bedrag van skade wat die Eiser mag bewys. Die Eiser se eis is vir
onregmatige arrestasie en aanhouding en hy vorder die bedrag
van
R1 miljoen as skadevergoeding.
Tydens die
verhoor het die Eiser, sy gade en ân voorligtingsielkundige
,
Me. Petronelle Charlotte Streit, namens die Eiser getuig. Namens
die Verweerders het ene Konstabel RP Ukenah en die Tweede
Verweerder
getuig.
Dit is
gemeensaak
dat die Eiser se arrestasie onregmatig was en dat hy vir ongeveer
twee en ân half ure in polisiebewaking was en toe
so van sy
vryheid ontneem is. Baie min van die feite wat voorgehou is deur
die Eiser, sy gade en die voorligtingsielkundige,
Me. Streit,
aangaande die uitwerking en nagevolge van hierdie traumatiese
gebeure op die Eiser is in geskil. Daarvolgens blyk
dit dat die
Eiser steeds probleme ervaar om hierdie voorval en sy nagevolge te
verwerk. Die Eiser, ân suksesvolle boukontrakteur
te Upington ten
tyde van hierdie voorval, het dermate belangstelling in sy beroep
verloor dat hy opgehou het daarmee en tans
in Stellenbosch woon. Sy
gade, ân gekwalifiseerde verpleegkundige, is nou die broodwinner
in die huis. Die Eiser wat nou
68 jaar oud is, het sielkundige en
psigiatriese behandeling ondergaan en het ook medikasie wat
voorgeskryf is gebruik, maar dit
blyk dat dit nie die gewenste
uitwerking gehad het nie. Hy beskryf sy huidige toestand as dat hy
afgetakel en lusteloos voel
en dat hy erg gebelgd voel oor die feit
dat hy, ân wetsgehoorsame burger wat nooit die landswette oortree
het nie, op hierdie
wyse behandel is deur die polisie. Sy gade het
in breë trekke hierdie getuienis bevestig en is haar getuienis
glad nie
aangeval nie. Me Streit se getuienis is dat die Eiser
presenteer met simptome van depressie, naamlik slaapsteurnisse,
gebrek
aan genotservaring, lae dryfkrag, emosionaliteit en ân
algemeen depressiewe gemoed. Ander simptome wat gemanifesteer het
tydens
haar onderhoudsessie met die Eiser is terugflitse en
nagmerries van die traumatiese ervaring toe hy onregmatig
gearresteer en
aangehou is. Sy beskryf dit as tipiese simptome van
post-traumatiese versteuring.
Onder
kruisondervraging is hierdie getuienis, veral van die
voorligtingsielkundige, Me. Streit, nie juis aangeval deur Me.
Erasmus
wat namens die Verweerders optree nie. Sy het wel die
toegewing ontlok uit Me. Streit se getuienis dat die Eiser ân lae
veerkragtigheidspeil
het, met ander woorde dat hy moeilik
sielkundige trauma soos hierdie verwerk. Hierdie lae
veerkragti
gheidspeil
(â
resilience
level
â)
het tot gevolg dat ân persoon soos die Eiser se herstelproses
langer sal neem. Sy het ook toegegee dat die Eiser ân
persoon is
wat moeilik ân onreg kan verwerk en dat sy huidige situasie ten
aansien van hierdie stadige herstelproses tot ân
mate aan homself
toe te skryf is. Daarmee het sy bedoel dat die Eiser ook van sy
kant af moet meewerk om sy huidige probleme
te ondervang.
Die Verweerders
se getuienis by monde van Konstabel Ukenah en Inspekteur Hammond het
na
my mening nie veel bygedra tot die kerngeskilpunte hierin nie. Hul
getuienis gaan grootliks oor die arrestasie in aanhouding
en die
geskille wat daar wel bestaan, handel grootliks oor die metode van
arrestasie en oor die aanhouding. Die enigste tersaaklikheid
in hul
getuienis is na my mening die feit dat dit nou uiteindelik blyk
gemeensaak te wees dat die Eiser nooit in ân sel met
ander
prisoniere aangehou is nie, omrede hy geweier het om die sel binne
te gaan totdat sy prokureur daar opgedaag het. Dit
is na my mening
nie nodig om ân beslissing te maak aangaande welke weergawe
aanvaarbaar is wanneer dit kom by die geskille
tussen die partye oor
die metode van arrestasie en oor die aanhouding en die omringende
gebeure nie.
Wat dus
vasstaan deur die bewese en gemeensaaklike feite is dat die Eiser,
ân 68-jarige suksesvolle boukontrakteur, onregmatig
gearresteer en
aangehou is vir ân tydperk van twee en ân half ure. Dit staan
verder na my mening vas op die getuienis, welke
ek sonder huiwering
aanvaar, dat die Eiser baie moeilik hierdie trauma hanteer, selfs
nou meer as vyf jaar na die voorval. Dit
is daaraan te wyte dat sy
tipe persoonlikheid een van lae veerkragtigheid is en dat hy steeds
erg gebelgd voel oor wat hom oorgekom
het. Die Eiser het deurgaans
met sigbare emosie getuienis afgelê. Op ân stadium het
hierdie opwelling van emosie tot
uitbarsting gekom toe die Eiser vir
ân wyle aan die huil gegaan het. Hierdie uitbarsting is ân
grafiese illustrasie van
sy huidige gemoedstoestand.
Namens die
Verweerders het Me. Erasmus heeltemal tereg toegegee dat hierdie ân
erge traumatiese ervaring vir die Eiser was,
maar het sy daarop
gewys dat tot ân geringe mate hyself ook verantwoordelik is
daarvoor dat hy nog nie volkome herstel het
daarvan nie. Sy het
gesubmiteer dat daar geen
mala
fides
aan
die Verweerders toegedig kan word wat betref die arrestasie nie. In
dié verband het Mnr. Schreuder namens die Eiser
aangevoer op
grond van die aangebode getuienis dat die feit dat die Eiser op ân
Vrydagmiddag na 16:00 gearresteer is, met duisterere
bymotiewe
gepaard gegaan het. Na sy submissie moet dit as kwaadwillige gedrag
beskou word. Ek is dit eens met Me. Erasmus dat
die Eiser nie op ân
oorwig van waarskynlikhede geslaag het om sodanige
mala
fides
te
bewys nie. Na my mening was dit bloot ân ongelukkige sameloop van
omstandighede dat die arrestasie op daardie bepaalde tyd
plaasgevind
het.
Ek oorweeg
vervolgens die bedrag wat as skadevergoeding toegeken behoort te
word.
As
vertrekpunt moet in ag geneem word dat skadevergoeding bloot ân
tipe van
solatium
vir
die verontregte Eiser se gevoelens daarstel. In hierdie verband
moet ân Hof voldoende klem lê op elke burger se reg
op sy
persoonlike vryheid en moet ân Hof sy afkeur aantoon teen die
onregmatige ontneming daarvan. Al die tersaaklike omstandighede
moet uiteraard in ag geneem word. Die korrekte benadering is dus om
met inagneming van al die tersaaklike feite en omringende
omstandighede skadevergoeding te bepaal.
Sien in die
algemeen in dié verband:
Minister
of Safety and Security v Seymour 2006(6) SA 320 (SCA)
te
325, par. [17];
Rudolph and
Others v Minister of Safety and Security and Another 2009(5) SA 94
(SCA)
te
para [26] â [29];
Minister of
Safety and Security v Tyulu 2009(5) SA 85
te
93 J-F, par [26].
Beide advokate
het my na ân aantal gerapporteerde beslissings verwys. Wanneer ân
mens ân bedrag van skadevergoeding bepaal
is dit van belang om in
gedagte te hou dat soortgelyke toekennings in die verlede handig mag
wees, maar dat elke saak op sy eie
unieke feite beoordeel moet word.
Sien in dié
verband die opmerkings van Van Blerk AR in
Marine
and Trade Insurance Co Ltd v Goliath 1968(4) SA 329 (A)
te
333 G:
ââ¦
..
comparison
with other cases though never decisive is instructive â¦..
comparison can only be usefully undertaken where the circumstances
are clearly shown to be
broadly
similar in all material respects
.â
(beklemtoning bygevoeg).
In
Tyulu,
supra,
is
ân landdros met twaalf jaar diens onregmatig gearresteer en
aangehou vir ân tydperk van 15 minute voordat hy vrygelaat
is.
Die Hoogste Hof van Appél het die toekenning van R50 000.00
tersyde gestel en vervang met een van R15 000.00
as
skadevergoeding.
In
Mvu
v Minister of Safety and Security and Another 2009(6) SA 82
(GSJ)
is
die eiser, ân inspekteur in die SAPD, oornag onregmatig aangehou
in ân sel saam met ses ander mans. Die Hof het skadevergoeding
van R30 000.00 toegeken.
In
Louw
v Minister of Safety and Security and Others 2006(2) SACR 178
(T)
is
die eiser vir 20 ure lank aangehou en is R75 000.00 toegeken.
In
Olivier
v Minister of Safety and Security and Another 2008(2) SACR 387 (W)
is
die eiser, ân senior polisieoffisier (ân superintendent),
onregmatig gearresteer en aangehou vir ongeveer ses en ân half
ure. ân Bedrag van R50 000.00 is toegeken as
skadevergoeding. In
Gellman
v Minister of Safety and Security 2008(1) SACR 446 (W)
,
is ân prokureur en eienaar van ân onderneming wat graniet sny
aangehou vir ân tydperk van 48 uur in ân sel met
ander
prisoniere. Hy is verneder voor sy werknemers en voor sommige van
sy kollegas by die landdroshof. ân Bedrag van R80 000.00
is
toegeken as algemene skadevergoeding. Laastens verwys ek na die
beslissing van
Van
Rensburg v City of Johannesburg 2009(1) SACR 32 (W)
waar ân bedrag van R75 000.00 toegeken is aan die eiser, ân
74-jarige afgetrede rekenmeester, wat onregmatig gearresteer
en
aangehou is vir ân tydperk van ongeveer ses ure.
Soos blyk uit
die voormelde gewysdes, verskil elke saak se feite en omringende
omstandighede van ân ander. In die onderhawige
geval het Mnr.
Schreuder betoog dat ek ân bedrag van skadevergoeding tussen
R50 000.00 en R100 000.00 moet toeken.
Me. Erasmus aan
die ander kant het aan die hand gedoen dat, gegewe die afwesigheid
van
mala
fides
,
ân bedrag van tussen R10 000.00 en R20 000.00 gepas sal
wees. Die probleem wat ek het met Mnr. Schreuder se voormelde
submissie is dat dit heeltemal uit pas is met die jongste gesag van
die Hoogste Hof van Appél, te wete
Tyulu
hierbo,
waar slegs R15 000.00 toegeken is. Alhoewel die eiser in
daardie saak vir ân aansienlik korter tyd aangehou is
as die Eiser
in die onderhawige geval, moet in ag geneem word dat dit ân
gesiene landdros met taamlik baie ervaring was. Alles
inaggenome is
ek die mening toegedaan dat skadevergoeding in die bedrag van
R25 000.00 gepas sal wees in die onderhawige
geval.
Ek ag dit nodig
om ân opmerking te maak aangaande die bedrag wat aanvanklik in die
aanmaning
gevorder
is deur die Eiser se prokureur en ook die bedrag wat gevorder is in
die dagvaarding. Ek moet dadelik uitwys dat Mnr.
Schreuder nie die
advokaat is wat die Besonderhede van Vordering tot die dagvaarding
opgestel het nie. In die aanmaningskrywe
aan die Eerste Verweerder
het Eiser se prokureur die belaglike bedrag van R10,5 miljoen as
skadevergoeding te berde gebring.
Daarna het daar so ân klein
tikkie redelikheid die lig gesien in die Besonderhede van Vordering
, en is daardie astronomiese
bedrag verminder na ân bedrag van
R1 miljoen, wat steeds die wenkbroue lig. Hierdie soort van
optrede strek die regsprofessie
geensins tot eer nie, aangesien dit
heeltemal onredelike verwagtinge skep by ân eiser. Beide die
prokureur en die advokaat
wat die Besonderhede van Vordering
opgestel het (nogal ân senior advokaat op die koop toe) moes baie
deeglik besef het dat,
gegewe vergelykbare toekennings in die
verlede, daar nooit ân bedrag van meer as R50 000.00
toegestaan sal word, selfs
in die mees toegeeflike omstandighede,
nie. Regspraktisyns moet daarteen waak dat hulle nie onbillike
verwagtinge skep by hul
kliënte deur sulke belaglik
astronomiese bedrae te vorder in ân aanmaningskrywe of in ân
dagvaarding nie.
Die laaste
aspek is dié van koste. Mnr. Schreuder het namens die Eiser
betoog dat ek koste op die Hooggeregshofskaal behoort
toe te ken,
selfs al sou die bedrag van skadevergoeding binne die landdroshof
jurisdiksie val. In dié verband het hy
verwys na ân aantal
gewysdes, welke gerieflik saamgevat word in
Mvu
,
supra
,
te 83 D-E, para [17]. Daarin wys Willis R tereg daarop
dat die onderliggende beginsel is dat die howe onregmatige
arrestasie en aanhouding met bepaalde erns bejeën. Ek is die
mening toegedaan dat hierdie ân gesonde en navolgenswaardige
beginsel is.
Die volgende bevel word uitgereik.
15.1 Die
Verweerders word gesamentlik en afsonderlik, indien die een die
betaal die ander
pro
tanto
kwytgeskeld
te word, aan die Eiser te betaal:
15.1.1 Die bedrag van R25 000.00
(vyf en twintig duisend Rand).
15.1.2 Rente op die voormelde
bedrag vanaf datum van aanmaning tot datum van betaling teen 15.5%
per annum.
15.1.3 Gedingskoste.
___________
_
SA MAJIEDT
REGTER
Adv J Schreuder in opdrag van Engelsman
Magabane Ing namens die Eiser
Adv S Erasmus in opdrag van die
Staatsprokureur namens die Eerste en Tweede Verweerder