About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2009
>>
[2009] ZANCHC 71
|
|
November and Others v S (CA&R247/04) [2009] ZANCHC 71 (27 November 2009)
VERSLAGWAARDIG JA/NEE
SIRKULEER
ONDER REGTERS JA/NEE
SIRKULEER
ONDER LANDDROSTE JA/NEE
IN DIE HO
Ë
HOF VAN SUID-AFRIKA
(NOORD-KAAPSE
HO
Ë
HOF, KIMBERLEY)
SAAK
NO.: CA&R247/04
DATUM AANGEHOOR:
3/11/2009
DATUM GELEWER:
27/11/2009
In
die saak tussen:
STEVEN
NOVEMBER
Eerste
Appellant
JONAS
MAKOPU
Tweede
Appellant
CHRISTOPHER
BOTHA
Derde
Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
CORAM:
WILLIAMS R et MJALI WNR:
UITSPRAAK
OP APPÉL
WILLIAMS R
1. Die
drie appellante is op 13 Maart 2003 in die Streekhof, Kimberley,
skuldig bevind aan ân oortreding van artikel 18(2)a) van
Wet 17 van
1956 (sameswering om te roof). Die eerste en tweede apppellante is
ook skudigbevind op ân aanklag van huisbraak met
die opset om te
roof en roof met verswarende omstandighede.
Die
eerste en tweede appellante is effektiewelik gevonnis tot 10 jaar
gevangenisstraf en die derde appellant tot 5 jaar gevangenisstraf.
2. Die
appellante kom nou in hoër beroep teen hul skuldigbevindings.
3. Die
aanklagte waarop die appellante skuldig bevind is spruit voort uit ân
voorval op 24 Junie 2000 waartydens ân rooftog
uitgevoer is te
Kwikspar, Schmidsdrifweg, Kimberley.
4. Ses
verdagtes is in verband met die rooftog gearresteer. Die staat het
hul saak teen een van die verdagtes, Jonas Nkademeng,
aanvanklik
beskuldigde 2 in die verhoor, teruggetrek en het hy voorts in terme
van artikel 204 van die Strafproseswet 51 van 1977
vir die staat
getuig.
Die
eerste, tweede en derde appellante was onderskeidelik beskuldigdes 6,
3 en 5 in die verhoor. Beskuldigdes 1 en 4 het nie appél
aangeteken nie.
5. Die rooftog het
vroegoggend plaasgevind net nadat mnr en mev Mostert, die eienaars
van die Kwikspar, die winkel oopgesluit het
om hul voorbereidingstake
vir die nuwe werksdag te verrig. Die egpaar is binne die winkel
oorrompel deur ân aantal mans wat
binne die perseel op hulle gewag
het.
6. Mev
Mostert is eerste oorval toe sy die kantoor ingaan om die ketel aan
te skakel. Een van die rowers het haar gewurg en op
haar gesit. Toe
mnr Mostert tot haar redding kom is hy deur een van die rowers
(beskuldigde 1) geskiet. Gelukkig vir die egpaar
het mnr Mostert, na
ân struweling met die rower dit reggekry om sy eie vuurwapen in die
kluis te bekom. Nadat hy begin skiet
het het die rowers
weggehardloop en het slegs beskuldigde 1 wat gewond is in die
skietery, agtergebly.
7. Beskuldigde 1 is deur
die Mosterts in die kluis toegesluit terwyl hulle die polisie gebel
het. R1040,00 en ân goue hangertjie
is in die rooftog gesteel.
Die goue hangertjie en R420,00 kontant is later op die persoon van
beskuldigde 1 gevind.
Behalwe
vir beskuldigde 1, kon die klaers nie een van die ander rowers uitken
nie.
8. Die
staatsaak berus hoofsaaklik op die getuienis van mnr Nkademeng soos
gestaaf deur die getuienis van beskuldigde 1. Dit is
die aanvaarding
deur die verhoorhof van hierdie getuienis wat die basis van die appél
vorm.
9. Namens
die appellante word aangevoer dat die verhoorhof fouteer het deur nie
die getuienis van Nkademeng en beskuldigde 1 met
die nodige
versigtigheid waarmee deelnemers se getuienis beoordeel moet word,
hanteer het nie.
10. Die
hoofkritiek teen Nkademeng, behalwe die feit dat hy ân deelnemer
was, is dat hy ân selferkende leuenaar is. Hy het
aanvanklik in sy
waarkuwingsverklaring ân verontskuldigende weergawe voorgehou asook
in sy borgaansoek. In sy getuienis in die
verhoorhof het hy erken
dat die vorige weergawes leuens was. Wat beskuldigde 1 betref is die
kritiek dat hy ooglopend ân afgewaterde
weergawe van sy deelname
aangebied het en ook dat sy weergawe in sekere opsigte teenstrydig is
met dit van Nkademeng.
11. Nkademeng
se getuienis word vervolgens opgesom. Hy getuig dat hy deur die
derde appellant , ân polisieman, genader is wat
hom vertel het van
ân werk wat beplan word. Daarna het hulle by die eerste appellant,
wat voorheen vir die Mosterts in die winkel
gewerk het, se huis
ontmoet om die rooftog te beplan. Al drie die appellante, sowel as
beskuldigde 4 was teenwoordig by hierdie
ontmoetings.
12. Die
eerste appellant het die uitleg van die winkel geken sowel as die
gewoontes van die Mosterts. Hy het aan hulle verduidelik
dat hulle
by ân venster kan ingaan wat nie diefwering gehad het nie en ook
waar hulle binne die winkel sou wag vir die Mosterts
om oop te sluit,
watter tyd van die maand die mees winsgewend sou wees om die winkel
te roof ens.
Die
derde appellant wat die swaer is van die eerste appellant, sou die
vuurwapens verskaf â sy eie dienswapen sowel as ander vuurwapens.
13. Op
die betrokke nag het Nkademeng vir beskuldigde 4 wakker gemaak waarna
hulle met ân wit
âChev
Rekordâ
voertuig wat beskuldigde 4 bestuur het, vir die eerste appellant en
toe vir die tweede appellant opgetel het. Hulle is daarna
na die
derde appellant, maar kon hom nie in die hande kry nie. Daar is toe
besluit om na beskuldigde 1 se woning te gaan. Nkademeng
het vir
beskuldigde 1 wakker geklop en vertel van ân werk wat hulle vir hom
het te Hartswater. Beskuldige 1 het hulle toe met
sy vuurwapen
vergesel. Volgens Nkademeng was ân persoon met die naam â
Lang
Newuâ
ook
saam, maar hy was dronk en het nie aan die rooftog deelgeneem nie.
14. By
die winkel aangekom het die eerste appellant hulle gewys by watter
venster om in te gaan en het hy hulle ook gewys waar hulle
moet wag
totdat die Mosterts die oggend die winkel oopsluit.
15. Nkademeng
se getuienis is voorts dat mev Mostert eerste by die kantoor op die
boonste verdieping ingekom het. Die tweede appellant
het haar
oorrompel, haar gewurg en op haar gaan sit. Mev Mostert het geskreeu
waarna mnr Mostert die kantoor ingekom het en met
die tweede
appellant gestoei het. Een van óf beskuldige 1 óf
beskuldigde 4 het skote afgevuur na mnr Mostert. Mnr
Mostert het
daarna sy eie vuurwapen geneem en ân skoot na beskuldigde 1
geskiet. Hulle het toe almal weggehardloop en vir beskuldigde
1
agtergelaat.
16. Beskuldigde
1 se weergawe van die gebeure voordat die Mosterts in die winkel
aangeval is, stem in breë trekke ooreen met
die van Nkademeng.
Hy getuig ook dat Nkademeng hom in die vroeë oggendure wakker
gemaak het en dat hy daar weg is met Nkademeng
en die eerste en
tweede appellante in ân wit motorvoertuig wat bestuur is deur
beskuldigde 4. Die derde appellant was nie by
nie. Sy getuienis is
ook dat hy eers toe hulle by die winkel kom vertel is van die
beplande roof. Hy ontken egter dat daar nog
ân persoon, die Lang
Newu waarna Nkademeng verwys het, teenwoordig was.
17. Die
enigste wesenlike verskille in beskuldigde 1 se weergawe en dit van
Nkademeng is wat sy eie deelname in die rooftog betref.
So is sy
getuienis byvoorbeeld dat Nkademeng hom oorreed het om saam met die
ander manne te ry met ân storie dat hulle hom sou
neem na ân
persoon wat dagga verkoop. Dit is dan ook sy verduideliking vir die
geld wat die polisie op hom gevind het. Hy ontken
dan ook dat hy die
oggend ân vuurwapen saamgeneem het of enigsins hanteer het. Sy
verduideliking van hoe hy die skietwond opgedoen
het is dat hy in ân
toilet op die perseel weggekruip het en toe ân skoot gehoor het.
Toe hy ondersoek gaan instel het hy per
ongeluk in ân koeël
âvasgeloopâ
waarna hy aangerand is deur die Mostert egpaar.
18. Die
appellante het ook in die verhoor getuig. Hul getuienis is bloot dat
hulle niks te doen gehad het met die beplanning van
die rooftog of
die roof self nie en dat eerste en tweede appellant op die betrokke
stadium by hul huise was en die derde appellant
aan diens was. Hulle
onderskeie vroue het ook getuig en hul alibis bevestig.
19. Die
vraag is nou of die verhoorhof korrek was om die weergawes van die
appellante te verwerp en Nkademeng se getuienis te aanvaar.
20. Daar
is drie hoofredes waarom ân deelnemer se getuienis met
versigtigheid behandel moet word: eerstens omdat hy uit die aard
van
die saak self ân krimineel is; tweedens omdat hy die hoop mag
koester dat hy n verminderde vonnis sal kry indien hy teen
die
beskuldigdes getuig, of soos in die huidige geval met Nkademeng ân
vrywaring van vervolging kan bewerkstelling; en derdens
dat die
deelnemer, as gevolg van sy besondere kennis van die betrokke misdryf
sy leuens so kan inklee dat dit die skyn van waarheid
kan verwek.
21. In
R v
Ncanana
1948(4) SA 399(A) verklaar Streicher AR die posisie as volg te 405 en
406 daarvan:
â
The
cautious Court or jury will often properly acquit in the absence of
other evidence connecting the accused with the crime, but
no rule of
law or practice requires it to do so. What is required is that the
trier of fact should warn himself . . .of the special
danger of
convicting on the evidence of an accomplice . . . The risk that he
may be convicted wrongly . . . will be reduced, and
in the most
satisfactory way, if there is corroboration implicating the accused.
But it will also be reduced if the accused shows
himself to be a
lying witness or if he does not give evidence to contradict or
explain that of the accomplice. And it will also
be reduced, even in
the absence of these features, if the trier of fact understands the
peculiar danger inherent in accomplice
evidence and appreciates that
acceptance of the accomplice and rejection of the accused is, in such
circumstances, only permissible
where the merits of the former as a
witness and the demerits of the latter are beyond question.â
22. Dit
is myns insiens duidelik dat die verhoorhof bedag was op die gevare
verbonde aan die getuienis van Nkademeng en het hy benewens
die feit
dat hy bevind het dat Nkademang ân goeie getuie was, wat by sy
weergawe gehou het, ook ander betroubaarheidswaarborge
vir die
aanvaarding van sy getuienis gesoek.
23. Nkademeng
het ân gedetailleerde weergawe aan die verhoorhof voorgehou waarvan
die waarkynlikhede nie gering geskat moet word
nie.
24. Hy
identifiseer vir die eerste appellant as die persoon wat die
beplanning hanteer het en dit kan nie as toevallig beskou word
dat
die eerste appellant op ân stadium by die winkel gewerk het en dus
die uitleg daarvan en gewoontes van die eienaars geken
het nie. Die
getuienis is dat die eerste appellant en Nkademeng mekaar nie vooraf
geken het nie.
25. Wat
betref die tweede appellant, het Nkademeng hom ook nie vooraf geken
nie, maar die getuienis dui daarop dat die eerste en
tweede
appellante op ân stadium saamgewerk het by ân hotel, dat hulle
naby mekaar woon en dat die tweede appellant by die eerste
appellant
gekuier het.
26. Die
derde appellant is vêrlangs familie van Nkademeng en ook die
swaer van die eerste appellant. Vanweë sy werk
as polisieman
was hy in ân posisie om vuurwapens te verskaf. Toe hy die
spesifieke nag nie opgespoor kon word nie is beskuldigde
1, ân
daggahandelaar wat ân vuurwapen besit, ingetrek.
27. Beskuldigde 4 is ân
man wat voertuie herstel. Hy het dan ook die vervoer verskaf.
28. Die
legkaaart pas perfek. Die kanse is uiters skraal dat Nkademeng
hierdie manne, sommige wat hy geken het, anders nie, so
goed kon
verbind, nie net met mekaar nie maar ook ten opsigte van hulle rolle,
indien hulle nie betrokke was nie.
29. Op
Nkademeng se weergawe alleen is die waarskynlikhede hoog gestapel
teen die appellante. Dit eindig egter nie hier nie. Beskuldige
1
bied stawing vir die getuienis van Nkademeng wat die betrokkenheid
van die eerste twee appellante betref. Daar kan na my mening
ook nie
sprake wees van ân sameswering tussen Nkademeng en Beskuldigde 1 om
die appellante te impliseer nie, die weersprekings
in hulle getuienis
is aanduidend daarvan.
30. Wanneer
die getuienis in totaliteit oorweeg word is die risiko van ân
verkeerdelike skuldigbevinding ten opsigte van die eerste
en tweede
appellante myns insiens bevredigend verminder.
31. Na
my mening het die staat sy saak teen die eerste en tweede appellante
bo redelike twyfel bewys en kan hul appélle dus
nie slaag nie.
32. Wat
die derde appellant betref is die posisie ietwat anders. Alhoewel
die getuienis van Nkademeng, wat sy betrokkenheid in
die beplanning
van die rooftog betref, die geheelbeeld van die prentjie in
perspektief plaas is daar geen stawing daarvoor of ander
getuienis
wat hom betrek by die voorval nie.
33. Die
suspisie dat die derde appellant betrokke was by die beplanning van
die rooftog is amper oorweldigend. Dit is egter nie
die maatstaf
waaraan strafsake beoordeel word nie. In die
afwesigheid van enige
ander getuienis, is dit veiliger en gepas dat die derde appellant die
voordeel van die twyfel gegun word.
In
die omstandighede word die volgende bevele gemaak;
a) Die
appél ten opsigte van die eerste en tweede appellant word van
die hand gewys.
b) Derde
appellant se appél slaag. Die skuldigbevinding en vonnis ten
opsigte van die derde appellant word ter syde gestel.
____________________
C.C
WILLIAMS
REGTER
Ek
stem saam.
_____________________
G.N.Z
MJALI
WAARNEMENDE
REGTER
Nms.
Appellante
: Mnr
Titus
Desmond Appie Ing
N
ms.
Respondent
: Adv
Hollander
Kantoor
van die Direkteur van openbare Vervolgings