About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2009
>>
[2009] ZANCHC 51
|
|
Minnie and Another v S (CA&R 10/08) [2009] ZANCHC 51 (30 October 2009)
R
apporteerbaar:
Ja / Nee
Sirkuleer
onder Regters
:
Ja / Nee
Sirkuleer
onder Landdroste
:
Ja / Nee
Sirkuleer
onder Streeklanddroste
:
Ja / Nee
IN
DI
E
HOëHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Hoëhof, Kimberley)
Saak
No
:
CA&R 10/08
Saak
Aangehoor:
26/10/2009
Dat
um
gelewer: 30/10/2009
In
die
saak tussen:
Stephanus
Minnie
1ste
Appellant
Charles
Minnie 2de Appellant
e
n
Die
Staat
Respondent
Coram:
Majiedt
R et Olivier R
UITSPRAAK
Olivier
R:
AGTERGROND
Mnre
Stephanus en Charles Minnie (onderskeidelik die eerste en tweede
appellante) het in die Streekhof tereggestaan op aanklagte
van
aanranding (aanklag 1), menseroof (aanklag 2) en
crimen
iniuria
(aanklag 3). Die eerste appellant is skuldig bevind op aanklagte 1
en 2, en die tweede appellant op aanklag 1. Beide appellante
is
onskuldig bevind op aanklag 3.
Die eerste
appellant is ten aansien van aanklagte 1 en 2 (saamgeneem) gevonnis
tot ân boete van R6 000,00 of 12 maande
gevangenisstraf,
asook ân verdere 9 maande gevangenisstraf wat voorwaardelik
opgeskort is vir 5 jaar. Die tweede appellant
is gevonnis tot 9
maande gevangenisstraf, wat eweneens voorwaardelik opgeskort is vir
5 jaar.
Beide
appellante kom nou in hoër beroep teen hulle skuldigbevindings
en vonnisse.
AANKLAGTE
1 EN 2 (AANRANDING EN MENSEROOF)
Die
Staat se saak was, in breë trekke, dat die klaer en twee ander
seuns vee laat wei het toe die appellante, wat in ân
voertuig (ân
bakkie) gery het, op hulle afgekom het. Die beweringe in aanklag 1
was dat die appellante toe die klaer aangerand
het deur te poog om
hom met die bakkie te stamp en deur hom te slaan, te klap, te wurg
en te skop.
In
aanklag 2 is dit die appellant
e
ten laste gelê dat hulle toe ook menseroof gepleeg het, deur
die appellant van sy vryheid te ontneem â
deur
hom op ân bakkie te laai, met hom te ry en hom toe te sluit in ân
toilet
â.
APPELLANTE
SE PLEITVERDUIDELIKINGS
Beide die
appellante het op al die voormelde aanklagte onskuldig gepleit.
Hulle saak was,
eweneens in breë trekke, dat die klaer en twee van sy maats
deur die appellante gevind is op die eerste appellant
se grond.
Hulle het, wat
aanklag 1 betref, ontken dat hulle enigsins die klaer aangerand het.
Wat betref
aanklag 2, het die appellante erken dat die klaer op die bakkie
gelaai is en in ân toilet toegemaak is, maar was
hulle saak dat
hulle die klaer regmatiglik in hegtenis geneem het. In hierdie
verband het hulle gesteun op die bepalings van
artikel 42(3) van die
Strafproseswet, 51 van 1977, en was hulle pleitverduidelikings dat
hulle vermoed het dat die klaer en sy
maats oor die eerste appellant
se grensheining geklim het of dit geknip het (ter oortreding van die
bepalings van artikels 23
en 24 van die Omheiningswet, 31 van 1963)
om die vee op die eerste appellant se grond te bring, maar dat die
klaer en sy maats
in elk geval ook die grond onwettiglik betree het
(ter oortreding van die bepalings van artikel 1 van die Wet op
Oortreding,
6 van 1959).
In die
alternatief hiertoe is aangevoer dat die appellante onder die indruk
was dat hulle ân regmatige arrestasie kon uitvoer
op sodanige
gronde en dat hulle dus nie die nodige wederegtelik-heidsbewussyn
gehad het toe die klaer van sy vryheid ontneem
is nie.
GETUIENIS
Die
Staat
het ten aansien van die betrokke gebeure die getuienis aangebied van
die klaer en een van die twee maats wat ten tye van
die voorval saam
met hom was, Clinton Edwin Jacobs, asook dié van ân ander
maat van hulle wat vroeër die betrokke
dag ook saam met hulle
in die veld was, naamlik Charles Oerson. Die getuienis van mnr M J
Charlton is ook namens die Staat aangebied,
maar dit is onduidelik
waarom, want dit kon geen bydrae hoegenaamd lewer tot die beslegting
van die geskilpunte nie.
Die
klaer en Jacobs was dus die enigste twee getuies van staatsweë
wat ân bydrae kon lewer ten aansien van wat daardie
dag gebeur het
toe die appellante op hulle afgekom het in die veld, terwyl die
klaer ân enkelgetuie was ten aansien van wat
met hom gebeur het
nadat hy deur die appellante met die bakkie na die eerste appellant
se woning geneem is.
Dit
het uit die getuienis van ân maatskaplike werkster, Me M Adams,
geblyk dat die klaer en Jacobs ten tye van die aflegging
van hulle
getuienis onderskeidelik ongeveer 13 jaar oud en 10 jaar oud moes
gewees het.
Die getuienis
van die twee appellante (die eerste appellant was die vader van die
tweede appellant) is in hulle verdediging aangebied,
asook dié
van ân geneesheer, Dr J H Meyer.
Die volgende
het uiteindelik geblyk gemenesaak te wees, of in elk geval nie
ernstig in geskil nie:
Die
klaer, Jacobs en ân derde maat, Timoteus, is inderdaad die
betrokke Sondagoggend deur die appellante aangetref op die
eerste
appellant se grond, tesame met die diere wat daar gewei het.
Die klaer en
sy maats het weggehardloop, maar die klaer is uiteindelik
voorgekeer en op die bakkie gelaai, waarna die klaer
na die eerste
appellant se woning vervoer is, waar die klaer in ân toilet
toegemaak is.
Die
klaer het egter kort daarna ontsnap. Die onderhawige aanklagte is
toe teen die appellante gelê en die eerste appellant
het toe
op sy beurt teen die klaer en sy maats aanklagte gelê (die
Staat het egter besluit om nie met die eerste appellant
se
aanklagte voort te gaan nie).
Wat in geskil
was, is die volgende:
Wat aanklag 1
betref, was dit in geskil of die appellante die klaer aangerand
het, enigsins of soos beweer.
So
ver dit aanklag 2 (menseroof) aangaan, was die vraag of die
vryheidsberowing regmatig of geregverdig was op grond daarvan
dat
die klaer gearresteer is en, indien nie, of die appellante die
nodige wederregtelikheidsbewussyn gehad het.
VERHOORHOF
SE BEVINDINGE
Die
streeklanddros het klaarblyklik bevind dat, alhoewel daar
weersprekings in die klaer se getuienis was, hulle nie wesenlik
was
nie. Daar is bevind dat die klaer se getuienis duidelik was en dat
dit in elk geval gestaaf is deur dié van Jacobs,
en dat
dieselfde nie gesê kon word van die appellante se getuienis
nie.
Wat die aanklag
van menseroof betref, is bevind:
dat
daar geen getuienis was dat die draad beskadig is nie en dat, selfs
al sou daar sulke getuienis gewees het, die getuienis
nie was dat
die appellante die klaer en sy maats â
gevind
â
het, soos bedoel in artikel 42 (3) van die Strafproseswet, waar
hulle die draad beskadig het nie.
dat
die klaer en sy maats hulle diere op die eerste appellant se grond
gaan haal het (nadat hulle daarheen afgedwaal het vanaf
grond waar
hulle vroeër gewei het) en hulle geregtig was om te wees, dat
hulle dus ân â
wettige
rede
â
(soos bedoel in artikel 1 (1) van die Omheiningswet) gehad het om
daar te wees en dat hulle gevolglik ook nie gevind is
waar hulle
die Omheiningswet oortree het nie;
dat die
appellante dus nie op grond van die bepalings van artikel 42 (3)
van die Strafproseswet geregtig sou gewees het om die
klaer te
arresteer nie; en
dat,
in elk geval, die eerste appellant ook inderdaad die nodige
wederregtelikheidsbewussyn gehad het in die vorm van
dolus
eventualis
(maar nie die tweede appellant nie).
Wat
aanklag 3 betref, is daar bevind dat daar nie bo redelike twyfel
bewys is dat die gewraakte woorde tot die klaer gerig is
nie en is
beide appellant
e
gevolglik op daardie basis onskuldig bevind.
GELOOFWAARDIGHEIDSBEVINDINGE
Dit
is geykte reg dat ân Hof van appél nie normaalweg sal
inmeng met ân verhoorhof se geloofwaardigheidsbevindinge
nie,
omdat die verhoorhof die voordeel het van persoonlike waarneming van
die getuies in die atmosfeer van die
verhoor.
Dit is egter ewe geyk dat ân Hof van appél wel met sulke
bevindinge sal inmeng waar hulle duidelik verkeerd
is en nie
onderskraag word deur die getuienis en die oorkonde nie (sien
S
v Hadebe and Others
1997 (2) SACR 641
(SCA) op 645e-f,
S
v Heslop
2007 (1) SACR 461
(SCA) op 470e-f en
S
v Crossberg
[2008] ZASCA 13
;
2008 (2) SACR 317
(SCA) para [149]).
In
die onderhawige geval meen ek dat die streeklanddros se
geloofwaardigheidsbevindinge
uit die oorkonde duidelik blyk verkeerd te wees. Ek meen verder dat
die streeklanddros, alhoewel sy bewus was van die versigtigheidsreël
wanneer dit kom by die getuienis van kinders soos die klaer en
Jacobs (sien
S
v V
2000 (1) SACR 453
(SCA), dit glad nie toegepas het nie.
AANKLAG 1
(AANRANDING)
Klaer se
getuienis
Daar was
wesenlike teenstrydighede en onwaarskynlikhede in die klaer se
getuienis, wat glad nie deur die streeklanddros in haar
uitspraak
behandel is nie. Ek verwys slegs na enkeles.
Die
klaer het erken dat hy vroeër in sy getuienis ân leuen vertel
het toe hy te kenne gegee het dat hulle glad nie geweet
het wat
hulle verkeerd gedoen het toe die appellante op hulle afgekom het
nie. Hy moes later erken dat hulle goed geweet het
dat hulle sonder
toestemming op die betrokke grond was. Dit was dan ook duidelik die
rede waarom hy en sy maats weggehardloop
het toe die bakkie met die
appellante aangekom het in hulle rigting.
Terwyl die
klaer se getuienis was dat hulle moes weghardloop van die bakkie om
nie gestamp te word nie, en dat indien dit nie
vir ân klip was
nie, die bakkie hulle sou getref het, het die klaer nie in enige van
sy twee verklarings hiervan melding gemaak
nie.
Inteendeel,
die klaer het in sy tweede verklaring selfs pertinent gehandel met
die wyse waarop die bakkie bestuur is en bloot
gesê dat dit
â
rondom
â
hulle gery het.
Die klaer het
homself ook weerspreek oor waarom daarom nie van die bedreiging van
die bakkie melding gemaak is in sy verklarings
nie, veral dan sy
tweede verklaring (die inhoud waarvan hy vroeër beweer het
korrek was en ook voor sy getuienis deur
die aanklaer met hom
deurgegaan is).
Hy het eers gesê
dat hy vergeet het om vir die polisie daarvan te vertel, en later
weer dat hy wel vir die polisie daarvan
vertel het (en dat die
verklaring dus by implikasie tog onvolledig was).
Waar die klaer
vroeër te kenne gegee het dat hy tevrede was met die inhoud van
sy tweede verklaring toe die aanklaer dit met
hom deurgegaan het, het
hy later beweer dat hy eintlik inderdaad vir die aanklaer gesê
het dat ook daardie verklaring in
hierdie opsig verkeerd was.
Later in sy
getuienis het die klaer by twee geleenthede dit toegegee dat hy nie
deur die bakkie gejaag is, soos wat hy vroeër
beweer het, nie.
Die
beweerde poging om die klaer met die bakkie te stamp, was duidelik
wesenlik vir die Staat se saak, want dit is een van die
beweringe
in aanklag 1.
Die
streeklanddros het glad nie gehandel met die feit dat die klaer geen
sigbare beserings gehad het nie; dit terwyl die klaer
op sy
weergawe platgeklap, herhaaldelik hard geskop is met geskoende
voete, bo-op die agterkant van die bakkie gegooi is (sodat
hy op sy
knieë geland het tussen voorwerpe soos ân motorbattery, ân
graaf en ân gaffel) en gewurg is.
Alhoewel die
klaer ân kind was, is dit tog van belang dat hyself toegegee het
dat dit vreemd was dat hy onder sodanige omstandighede
nie sigbare
beserings opgedoen het nie.
Van meer belang
is egter die feit dat die geneesheer wat die klaer op die derde dag
na die voorval ondersoek het, Dr Meyer, ook
getuig het dat hy met so
ân aanranding nog op daardie stadium sou verwag het om tekens van
die aanranding te vind.
Met hierdie
getuienis is daar glad nie gehandel in die streeklanddros se
uitspraak nie.
Pogings van die
kant van die aanklaer om aan te toon dat die geneesheer nie die
klaer behoorlik ondersoek het nie, was onsuksesvol.
Dit is duidelik
dat die dokter die klaer klinies observeer en betas het tydens die
ondersoek.
Die
klaer se bewering dat die dokter vier tot vyf treë van hom was
tydens die ondersoek, het nie gerym met sy eie getuienis
(op ân
stadium) dat die dokter sy hemp oopgemaak het nie, en die klaer het
toe darem later toegegee dat die dokter â
bietjie
na
(hom)
toe
gekom
â
het.
Namens die
respondent is die submissie gemaak dat die geneesheer sy mening
gebaseer het op getuienis van die klaer dat die skoppe
so hard was
dat die klaer as gevolg daarvan omgerol het, en is aan die hand
gedoen dat die betrokke getuienis die gevolg was
van ân
misleidende vraag (in die vorm van ân stelling) in die
kruisverhoor van die klaer.
Wat
in hierdie verband in kruisverhoor aan die klaer gestel is, was
bloot dat hy vroeër gesê het dat hy â
het
gerol van die houe
â,
wat die klaer toe erken het.
Daardie
stelling het duidelik gespruit uit die volgende getuienis van die
klaer ân kort rukkie tevore (net voor ân verdaging):
â
Het
hy u geskop terwyl u gelê het? === Ja.
En
het u op u gesig na onder of op u sy of op u rug geval? === My
gesig geval, nie op my gesig nie, ek het hier op my arm gaan
val.
.........................................................
Toe
u nou geval het het u omgerol voordat beskuldigde 2 u geskop het of
het u so gebly lê? === .................. (onhoorbaar).
I
rolled over.
Kom ek vra
net vir u duidelikheidshalwe, toe die Beskuldigde u skop, was u reeds
omgerol of was u nog op u arm? === My arm.
En
die skop wat beskuldigde 2 vir u onder die arm geskop het was dit ân
harde skop of was dit ân sagte skop? === Harde skop.
â
Hieruit
is dit duidelik, ten spyte van die onhoorbare gedeelte, dat die
klaer te kenne gegee het dat hy op sy arm gelê het
toe hy
geskop is en dat hy, na die skop/pe
,
omgerol het.
Teen
hierdie agtergrond was die stelling nie misleidend nie. Dit is in
elk geval opgevolg met die volgende duidelike vrae en
antwoorde ten
aansien van die omrol van die klaer:
â
Was
dit omdat die ... skoppe so hard was dat u gerol het? === Ja.
Die
Hof kan dus aanvaar dat hierdie skoppe geweldig hard moes gewees het?
=== Ja.
â
Later
het die klaer weer bevestigend geantwoord op die vraag â
En
toe u daar aan die eenkant twee keer geskop dat u rol ... so hard
was die houe?
â
In
hierdie verband was daar in elk geval ook die getuienis van Jacobs
wat, alhoewel hy die klaer weerspreek het deur te sê
dat die
klaer staande was toe hy geskop het (en nie gelê
het, soos wat die klaer getuig het, nie), tog gesê het dat die
klaer as gevolg van ân skop toe geval het.
Wat aan Dr
Meyer voorgehou is met betrekking tot die getuienis rakende die
geweld van die skoppe, was dus heeltemal korrek.
Jacobs se
getuienis
Teen
hierdie agtergrond kan dan nou gekyk word na die getuienis van
Jacobs, en na die vraag of die streeklanddros korrek was om
daarin
stawing te vind vir die
klaer
se weergawe.
Ook Jacobs het
homself weerspreek met betrekking tot of hulle geweet het dat hulle
sonder toestemming op die eerste appellant
se grond was.
Sy getuienis
was eers tot die effek dat hulle wel sonder toestemming op die
eerste appellant se grond was, maar dat hulle onder
die indruk was
dat dit ene Hennis se grond was (waar hulle volgens hom geregtig
sou gewees het om te wees).
Later was
Jacobs se getuienis dat hulle inderdaad op Hennis se grond was en
toe bloot op die eerste appellant se grond beland
het toe hulle
diere daarheen afgedwaal het.
Die getuie het
tog uiteindelik erken dat hulle geweet het dat hulle op grond was
waar hulle nie geregtig was om te wees nie,
en dat dit verkeerd
was.
Daar is nêrens
in Jacobs se weergawe sprake daarvan dat daar gepoog sou gewees het
om hulle met die bakkie te stamp nie.
Volgens Jacobs
het die klaer gestaan toe hy geskop is (wat, soos reeds gemeld,
strydig is met die klaer se weergawe dat hy op
daardie stadium gelê
het). Dit is moeilik in te dink dat die skoppe dan die klaer onder
sy blaaie sou kon getref het.
Eers toe Jacobs
in kruisondervraging gehoor het dat die klaer getuig het dat hy ook
geklap is, het hy ook so ân bewering gemaak.
Jacobs het
getuig dat die tweede appellant die klaer gewurg het (wat strydig
was met die klaer se getuienis dat dit die eerste
appellant was wat
hom gewurg het), maar in sy verklaring het Jacobs beweer dat dit
die eerste appellant was wat dit gedoen het.
Dan was daar
ook ân menigte ander wesenlike weersprekings tussen die klaer en
Jacobs, veral met betrekking tot die beweerde
aanranding, waarvan
weereens net enkeles uitgelig word:
Volgens
die klaer het hy, terwyl hy besig was om weg te hardloop, geval as
gevolg daarvan dat die tweede appellant hom platgeklap
het. Jacobs
se getuienis was dat die klaer geval het toe hy deur die tweede
appellant â
getackle
â,
â
uitgesny
â
of â
platgeskop
â
is, alles waarvan volgens hom dieselfde betekenis gehad het (maar
in elk geval nie â
platgeklap
â
nie).
Volgens die
klaer is hy van agteraf gewurg deurdat een arm om sy nek gehou is.
Volgens Jacobs is die klaer egter van voor af
gewurg en wel met
twee arms.
Volgens
die klaer se aanvanklike getuienis is hy deur die appellant op die
bakkie se agterkant gegooi deur hom aan sy hemp en
broek op te tel.
Later was sy getuienis egter dat hy opgetel is aan sy arms en
bene.
Jacobs se
getuienis was eers dat die klaer aan sy voete en arms opgetel is, en
later dat hy net aan sy arms opgetel is.
Die
streeklanddros het oënskynlik glad nie oorweging verleen aan
die gebreke in Jacobs se getuienis of aan die weersprekings
tussen
Jacobs se getuienis en dié van die klaer nie. Die
streeklanddros se bevinding dat, bloot omdat Jacobs ook getuig
het
van ân aanranding op die klaer, hy die klaer gestaaf het, was ân
oorvereenvoudiging en die streeklanddros het fouteer
deur in die
proses Jacobs se beskrywing van die besonderhede van die beweerde
aanranding in effek buite rekening te laat.
Waarskynlikhede
Alhoewel die
streeklanddros gewag gemaak het van die noodsaak om ook die
waarskynlikhede in ag te neem, het sy oënskynlik
nie so gedoen
nie.
Die
streeklanddros moes die getuienis van Dr Meyer, en die
onwaarskynlikheid dat ân aanranding, soos beweer deur die klaer,
nie tot beserings sou gelei het nie, in ag geneem het. Daar is geen
verwysing hierna in die uitspraak nie.
Die
streeklanddros het verder glad nie gehandel met die getuienis van
Oerson nie. Hy was vroeër die betrokke dag ook saam
met die
klaer en sy maats in die veld, maar nie meer ten tye van die voorval
nie.
Die aanklaer
het self vir Oerson as ân getuie geroep en in hoofverhoor reeds
die getuienis ontlok dat Timoteus ná die
voorval slegs gesê
het dat hulle gejaag is. Ook in kruisverhoor het dit duidelik
geblyk dat Timoteus nooit aan Oerson
enigiets gesê het van ân
aanranding nie.
Oerson
se getuienis was verder dat die klaer slegs aan hom gesê het
dat hy â
gevang
â
is, en nie dat hy aangerand is nie.
Hierdie
gesprekke het kort ná die voorval plaasgevind en ân mens
sou verwag het dat, indien die klaer aangerand was tot
die mate wat
hy beweer het, dit vir Oerson gesê sou gewees het.
Appellante se
getuienis
Die
streeklanddros het nie in die uitspraak enige onbevredigende aspekte
in die appellant
e
se getuienis ten aansien van die aanranding uitgelig nie (wat die
bevinding dat hulle getuienis nie van so ân goeie gehalte
soos dié
van die klaer was nie en dat hulle mekaar nie gestaaf het nie,
onverklaarbaar maak).
Ek
meen egter dat die getuienis dat daar nie spoed vermeerder is om die
klaer en sy vriende in te haal nie en dat die klaer, wat
as jong
seun pas weggehardloop het en aangekeer is en besig was om op ân
vreemde bakkie weggevoer te word, â
heel
op sy gemak
â
sou gewees het agterop die bakkie, geargumenteer sou kon word
onwaarskynlik te wees.
Die
tweede appellant se weergawe dat hy die klaer aan sy kraag geva
t
het en dat die klaer toe gestruikel het en geval het, is nie gestaaf
deur die eerste appellant nie (wat volgens die tweede appellant
minstens moes gesien het hoe hy die klaer weer ophelp), en is ook
nooit aan die klaer of Jacobs gestel nie.
Alles
inaggenome kan daar egter, op die getuienis as ân geheel gesien,
nie na my oordeel gesê word dat die appellante
se weergawe ten
aansien van die aanranding nie redelik moontlik waar was nie.
Anders gestel, die getuienis as ân geheel het
nie ân bevinding
regverdig, bo redelik twyfel, dat die appellante die klaer aangerand
het, soos beweer in aanklag 1 of enigsins,
nie.
AANKLAG 2
(MENSEROOF)
Die bepalings
van artikel 42 (3) van die Strafproseswet lees soos volg:
â
Die
eienaar, wettige okkupant of persoon in beheer van eiendom waarop of
met betrekking waartoe daar
gevind
word dat iemand ân misdryf pleeg, en iemand deur bedoelde eienaar,
okkupant of persoon in beheer daartoe gemagtig, kan so iemand
sonder
ân lasbrief in hegtenis neem.
â
(My beklemtoning)
Omheiningswet
Die
appellante het nie op die betrokke dag gaan vasstel of die
grensheining beskadig was nie en bloot die afleiding gemaak dat,
omdat
die klaer en sy maats op die grond was en nie by die hek sou kon
ingekom het nie, hulle die draad sou moes beskadig het
om toegang te
verkry.
Daar
was verder in elk geval ook getuienis tot die effek dat die
grensheining in die verlede al dikwels beskadig is en geen basis
is
daarvoor gelê dat die betrokke grensheining onmiddellik
voorafgaande die voorval met die klaer nog heel was nie.
Daar
is dus nie van die kant van die appellante ân basis daarvoor gelê
dat ân afleiding dat die klaer en sy maats oor
of deur die heining
moes geklim het, of dit moes geknip het, geregverdig sou gewees het
nie, en gevolglik is daar ook nie ân
basis gelê vir ân
verweer dat die appellante die klaer sou kon arresteer weens ân
oortreding van enige van die bepalings
van artikels 23 of 24 van die
Omheiningswet nie.
Dit
is dus onnodig om te oorweeg of, selfs al sou dit geblyk het dat die
klaer en sy maats noodwendig deur die heining moes geklim
het of dit
moes geknip het, dit op die getuienis bevind sou kon gewees het dat
â
gevind
â
is dat hulle die Omheiningswet oortree het, soos bedoel in artikel
42 (3) van die Strafproseswet.
Wet
op
Oortreding
Waar
die bepalings van artikel 42 (3) van die Strafproseswet, en die reg
om in hegtenis te neem, opgewerp is as ân regverdigings-grond
vir
die vryheidsberowing van die klaer, behoort die Staat na my oordeel
die bewyslas te gedra het om dit bo redelike twyfel te
weerlê.
Die
bewyslas in ân situasie soos hierdie moet onderskei word van dié
in ân geval waar skadevergoeding gevorder word
op grond van
onregmatige arrestasie sonder ân lasbrief (sien
Rosseau
v Boshoff
1945 CPD 135
op 137,
Brand
v Minister of Justice and Another
1959 (4) SA 712
(A) op 714F-H,
Minister
of Law and Order and Others v Hurley and Another
1986 (3) SA 568
(A) op 589E en
Minister
van Wet en Orde v Matshoba
1990 (1) SA 280
(A) op 284E-H), net soos wat daar onderskei word
tussen die opwerp van noodweer in siviele verrigtinge en in
strafverrigtinge
(sien
Mabaso
v Felix
1981 (3) SA 865
(A) op 872C-873G en vergelyk
S
v Hoho
[2008] ZASCA 98
;
2009 (1) SACR 276
(SCA) paragrawe [25] en [33],
S
v Engelbrecht
2005 (2) SACR 41
(W) paragraaf [360] en
S
v Geldenhuys
[2008] ZASCA 47
;
2009 (1) SACR 1
(SCA) op 20h-21b).
Die tersaaklike
bepalings van artikel 1 (1) van die Wet op Oortreding lees soos
volg:
â
Iemand
wat sonder die toestemming â
...
van die
eienaar van ... grond ...,
sodanige
grond betree of daarop is ..., is aan ân misdryf skuldig tensy hy
wettige rede het om sodanige grond te betree of om
daarop te wees ...
.
â
Die
streeklanddros het, in haar verwerping van hierdie verweer, van die
vertrekpunt uitgegaan dat die klaer en sy maats slegs
op die eerste
appellant se grond gegaan het ten einde die diere daar te gaan haal
wat daarheen oorbeweeg het.
Die vraag is,
eerstens, of daar getuienis was wat so ân bevinding bo redelike
twyfel sou kon fundeer. Ek meen dat die antwoord
hierop ontkennend
moet wees.
Ek het reeds
gewys op die verskille tussen die klaer en Jacobs oor hoe dit gekom
het dat hulle en die diere op die eerste appellant
se grond beland
het.
Waarom sou die
klaer en sy maats dit nodig geag het om weg te hardloop (volgens
Jacobs terwyl Timoteus nogal lag) indien hulle
bloot die diere wou
gaan verwyder het?
Hoe
rym die getuienis dat hulle die vee gaan haal het, toe verder
gespeel het en ân bok gemelk het, en toe gelê en rus
het,
daarmee dat hulle dan steeds op die eerste appellant se grond was
toe die appellant op hulle afgekom het en Jacobs alarm
gemaak het
oor die naderende bakkie? Dit beteken tog dat hulle nie gevind is
waar hulle besig was om vee vanaf die eerste
appellant se grond te
verwyder nie, maar wel waar hulle daar gelê en rus het en toe
begin hardloop het toe die bakkie
aangekom het.
Dit was ook
nooit die klaer en Jacobs se getuienis dat hulle toe gehardloop het
om die vee te gaan haal nie. Hulle getuienis
was dat hulle toe
gehardloop het om weg te kom van die appellante.
Op
die klaer se eie weergawe lyk dit heel duidelik asof die klaer en
sy maats heel doelbewus betree het op die eerste appellant
se
grond, terwyl hulle goed geweet het dat hulle en hulle vee nie
geregtig was om daar te wees nie. Dit is tog sekerlik waarom
hulle, toe Jacobs die eerste keer iets gehoor aankom het en hulle
van die appellante se bakkie in die veld bewus geraak het,
die
bokke bymekaar gemaak het en â
bietjie
vorentoe
â
gekom het (maar nog nie af van die eerste appellant se grond af
nie).
Inteendeel,
op die klaer se weergawe moes hulle toe ook doelbewus op die eerste
appellant se grond gebly het toe hulle die kliphuisie
gaan bou het,
die bok gemelk het en gelê het, want dit was gemenesaak dat
hulle deur die appellante gevind is op die
eerste appellant se
grond. Die feit dat hulle toe weggehardloop het toe die bakkie
aankom, toon dat hulle goed geweet het
hulle is steeds op die
eerste appellant se grond, of minstens dan grond waar hulle nie
gemagtig was om te wees nie.
Op die
getuienis was daar dus na my oordeel geen ruimte vir ân bevinding,
bo redelike twyfel, dat die klaer en sy maats bloot
op die eerste
appellant se grond was om die diere te gaan haal nie.
In
die lig hiervan laat ek my nie uit oor die vraag of die haal van die
diere, op die getuienis en omstandighede hier tersprake,
ân
â
wettige
rede
â
sou kon gewees het soos bedoel in artikel 1 (1) van die Wet op
Oortreding nie.
Die
Staat
het hom dus nie gekwyt van die las om te bewys dat die klaer en sy
maats nie deur die appellante gevind is waar hulle besig
was,
minstens, om die bepalings van artikel 1 (1) van die Wet op
Oortreding te oortree nie.
Selfs
al sou hier ook sprake gewees het van ân bewyslas op die
appellante, sou hulle daardie bewyslas na my oordeel ge
kwyt
het.
Die
streeklanddros se bevinding dat die klaer en sy maats slegs aan
hierdie oortreding skuldig sou kon gewees het as hulle geweier
het
om gehoor te gee aan ân versoek om die grond te verlaat, is
duidelik verkeerd. Dit klop nie met die betrokke bepalings
nie.
Inteendeel, dit sou in ân geval soos hierdie, waar die klaer en sy
maats op alle aanduidings bewustelik op die eerste
appellant se
grond was terwyl hulle geweet het dat hulle nie toestemming gehad
het nie en dat dit verkeerd was, ân bespotting
maak van die
betrokke bepalings.
Wederregtelikheidsbewussyn
Dit
was die appellante se saak dat die tweede appellant die klaer in
opdrag van die eerste appellant gearresteer het en dat die
eerste
appellant van plan was om die klaer aan die polisie te oorhandig
(sien
Langeberg
Foods Limited and Another v Tokwe
[1997]
3 All SA 43
(OK) op 47h-48b en
Duncan
v Minister of Law and Order
1986
(2) SA 805
(A) op 820D-E).
Die
feit dat die eerste appellant ook die klaer wou gevra het wie se
diere dit was, sou geen afbreuk doen hieraan nie.
Die eerste
appellant se getuienis dat hy die klaer laat arresteer het en
aangehou het om hom aan die polisie te oorhandig:
strook met die
feit dat hy al dikwels in die verlede ook by die polisie klagtes
aanhangig gemaak het rakende die betreding van
sy eiendom; en
word
ondersteun deur die feit dat daar reeds op die toneel waar die
klaer aangekeer is al gesê is dat die klaer na die
polisiestasie geneem moes word.
Teen hierdie
agtergrond is daar geen basis waarop die eerste appellant se
getuienis dat hy twee keer van sy huis af die polisie
probeer bel
het, verwerp sou kon gewees het as onwaarskynlik of nie redelik
moontlik waar nie.
Dieselfde
geld vir die eerste appellant se verduideliking oor waarom hy nie
die klaer sommer reguit na die polisiestasie geneem
het nie, maar
hom in die buitetoilet toegemaak het.
Selfs al sou moontlik geargumenteer kon word dat die appellant net
so maklik sy vrou by die huis kon afgelaai het en met die
klaer sou
kon gery het na die polisiestasie, sou nie gesê kon word dat
sy verduideliking dat hy in elk geval eers sy vrou
by die huis moes
besorg en om daardie rede verkies het om die klaer daar te laat
haal, nie redelik moontlik waar is nie.
Die
streeklanddros het bevind dat:
die
oormatige geweld wat deur die appellante op die klaer toegepas sou
gewees het; en
die feit dat
die klaer se maats nie ook gearresteer is nie,
aanduidend
daarvan was dat die eerste appellant nie kon gedink het dat die
arrestasie regmatig of wettig was nie.
Ek
het reeds gehandel met die beweringe van geweld, en met die
streeklanddros se bevindinge daaraangaande.
Dit
is in elk geval moeilik om te begryp hoe oormatige geweld
per
se
die afleiding sou kon regverdig dat die bedoeling nooit was om die
klaer te arresteer en na die polisie te neem nie.
Verder is dit
duidelik uit die getuienis dat die klaer uitgesonder is omdat hy na
die oudste van die betreders gelyk het en dat
dit die rede was
waarom hy gearresteer is. Die maats het in elk geval weggehardloop
en dit is dus nie asof die appellante werklik
die geleentheid gehad
het om aldrie van hulle te arresteer nie.
EED/WAARSKUWING
Volgens die
oorkonde soos wat dit oorspronklik vir die doeleindes van die appèl
ingedien is:
sou die klaer
die eed opgelê gewees het sonder enige aanduiding daarvan dat
oorweging verleen is aan die vraag of hy die
aard en betekenis van
die eed verstaan het; en
sou
die streeklanddros, in die geval van Jacobs, versuim het om enige
oorweging te verleen aan of hy die aard en betekenis van
die eed
sou verstaan en of hy tussen waar en onwaar kon onderskei, en ook
toegelaat het dat hy getuig sonder om hom uiteindelik
die eed op te
lê of selfs te waarsku.
Ons
het, uitgaande van die veronderstelling dat die oorkonde in alle
opsigte volledig was en op die basis van die bogemelde
veronderstellings, toe bepaalde navrae gerig aan die advokate, en
aan die streeklanddros, met betrekking tot wat die regsgevolge
van
so ân toedrag van sake sou wees.
Die
streeklanddros het ons sedertdien voorsien van verdere
transkripsies, wat duidelik op haar versoek en as gevolg van ons
navrae gedoen is, waaruit dit nou blyk dat die betrokke stappe wel
geneem is voordat die minderjarige getuies begin het met hulle
getuienis en dat al drie van hulle inderdaad behoorlik gewaarsku is
ingevolge die bepalings van artikel 164 van die Strafproseswet,
nadat daar na afloop van deeglike ondersoeke ooglopend tot die
slotsom gekom is dat nie een van die kinders die aard en betekenis
van die eed verstaan het nie, maar dat hulle wel kon onderskei
tussen waar en onwaar.
Dit
blyk uit die streeklanddros se antwoord, en uit ân skrywe van ân
werknemer van die maatskappy wat in hierdie geval vir
die
transkripsie van die oorkonde verantwoordelik was (Transcription
Africa), dat dit die â
werkswyse
van die maatskappy
(is)
om nie die eed soos afgelê deur getuies te tik nie
â.
Waar kinders as
getuies optree, rus daar ân plig op voorsittende beamptes om seker
te maak dat hulle kan onderskei tussen waar
en onwaar, dat die eed
slegs opgelê word waar ân getuie die aard en betekenis
daarvan verstaan en dat, in ân geval
waar ân jeugdige getuie die
aard en betekenis van die eed nie verstaan nie, maar tog kan
onderskei tussen waar en onwaar, die
betrokke getuie behoorlik
gewaarsku word soos bedoel in artikel 164 van die Strafproseswet.
Sou
dit blyk dat nie aan hierdie aspekte oorweging verleen is voordat
die eed opgelê is of iemand gewaarsku is nie, of dat
ân
getuie getuig het sonder dat hy/sy die eed opgelê is of
gewaarsku is, sou dit normaalweg tot gevolg hê dat sodanige
getuienis ontoelaatbaar sal wees. (sien onder andere
S
v B
2003 (1) SACR 52
(SCA) en die besprekings van die bepalings van
artikels 162 en 164 van die Strafproseswet in die losbladwerk
Commentary
on the Criminal Procedure Act
van Du Toit en Andere te bl 22-18E tot 22-20A).
Die
betrokke aspekte is dus van wesenlike belang, meer in die besonder
in die geval waar kinders as getuies geroep word, en na
my oordeel
behoort ook hierdie gedeelte van die verrigtinge dus altyd in
sodanige gevalle volledig getranskribeer te word.
Hier
het dit gelukkig nou geblyk dat die streeklanddros wel die betrokke
voorskrifte van die Strafproseswet behoorlik nagekom
het, maar die
versuim om die betrokke ondersoeke, bevindinge en waarskuwings te
transkribeer, het gelei tot onnodige tydsverkwisting
en moeite; nie
net vir die streeklanddros nie, maar ook vir die advokate, wat op
die basis van die oorkonde in sy onvolledige
vorm versoek is om
aanvullende betoogshoofde in te dien.
Ek
meen dus dat hierdie uitspraak onder die aandag gebring moet word
van diegene wat belas is met die voorbereiding en versorging
van
transkripsies van hofverrigtinge in hierdie Hof se regsgebied.
SLOTSOM
Na my oordeel
moet die appèl dus teen albei die appellante se
skuldigbevindings slaag, en in die geval van die eerste appellant
ook inderdaad ten aansien van beide sy skuldigbevindings.
Dit maak dit
onnodig om die appèlle teen die vonnisse te oorweeg.
BEVEL
E
Ek
sou dus in die omstandighede hierin die volgende bevele maak:
Die appèl
teen die appellante se skuldigbevindings slaag en gevolglik word
die eerste appellant se skuldigbevindings
op aanklagte 1 en 2, die
tweede appellant se skuldigbevinding op aanklag 1 en beide die
appellante se vonnisse tersydegestel.
Die
Griffier word versoek om te verseker dat hierdie uitspraak, en meer
bepaald paragrawe 81 tot 89 daarvan, onder die aandag
gebring word
van die Klerke van die Landdroshowe binne hierdie Hof se regsgebied
en van die instansies wat transkripsies voorberei
van
hofverrigtinge in hierdie Hof se regsgebied.
______________
________
C J OLIVIER
REGTER
NOORD-KAAPSE
AFDELING
MAJIEDT R:
Ek
is dit eens met my kollega dat die appél moet slaag vir die
weloorwoë redes wat hy voorgehou het.
Ek ag dit egter nodig om enkele opmerkings by te voeg.
By die deurlees
van die oorkonde het die sterk vermoede by my ontstaan dat alles nie
pluis is met die Appellante se oënskynlik
onskuldige relaas van
gebeure nie. Behalwe vir die onwaarskynlikhede in hulle weergawes
uiteengesit deur Olivier R hierin,
kom hul optrede deurlopend
bra verdag vir my voor, so asof daar sinistêre bymotiewe was
met hul optrede daardie dag. Hulle
(veral die Eerste Appellant)
gaan stel glad nie eers vas op enige stadium of die draadheining wel
beskadig is nie en hulle doen
geen moeite om die vee te probeer
aankeer en te laat skut nie. Verder word daar geen moeite
hoegenaamd gedoen agterna om te
probeer vasstel wie die werklike
eienaar van die vee is nie (want dit kon tog nooit die drie jong
seuns sân wees nie). Die
verduideliking aangaande die klaer se
toesluit in ân donkerige buitetoilet val my as eenvoudig
onoortuigend op. Daar is geen
rede waarom, gegewe die
omstandighede, die klaer nie binne in die woning kon wag onder
toesig totdat die polisie opdaag nie.
Dis insiggewend dat die
getuie Edwin Jacobs onder kruisondervraging getuig het dat hy later
vir die klaer gesien het:
ââ¦
..
hy
het asvaal terug gekom hol, vol spinnerakkeâ
.
Hierdie brokkie
getuienis wat tot ân mate die klaer se getuienis staaf dat die
buitetoilet donker en vuil was, was glad nie betwis
nie.
Hierdie voorval
het blykbaar groot ontevredenheid ontlok onder die Lutzburg
gemeenskap, om verstaanbare redes. Hoe dit ookal
sy, dit strek tot
die voordeel van die Appellante dat die Staat nie die mas kon opkom
met die bewys van sy saak bo redelike twyfel
nie.
â
n
Laaste aspek: die Streeklanddros het ongelukkig nagelaat om
voldoende beheer oor die verrigtinge wat kruisondervraging
aanbetref,
uit te oefen. Die verhoor was gekenmerk deur ellelange,
repeterende kruisondervraging wat aan treitering (âbadgeringâ)
grens.
Beide die staatsaanklaer en die Appellante se prokureur het
hulle daaraan skuldig gemaak. Die gevolg was dat veral die jong,
ongesofistikeerde Staatsgetuies, die klaer en Jacobs, se getuienis
maar power vertoon op die oorkonde (en daarmee doen ek glad
nie
afbreuk aan Olivier R se geregverdigde kritiek en ongunstige
geloofwaardigheids
-bevindinge
teen hulle nie). Die inkorting van herhalende sirkelgang
kruisondervraging dra by ân verhoor baie by tot die
vereenvoudiging van die geskilpunte en vestig makliker die fokus
direk op sodanige geskilpunte. Die absolute laagtepunt is bereik
toe die aanklaer op erg neerhalende wyse met Dr. Meyer (ân
behoorlike gekwalifiseerde algemene mediese praktisyn met bykans
24
jaar ondervinding) geredekawel het daaroor dat hy nie ân dokter is
nie, maar bloot as â
meneer
â
aangespreek behoort te word (kwansuis omrede hy nie oor ân
doktorsgraad beskik nie).
Ek reik die
bevel uit soos voorgehou deur Olivier R hierbo.
_____________
_________
S A MAJIEDT
REGTER
NOORD-KAAPSE
AFDELING
Nms
App
ellante: Adv
J G van Niekerk, SC
In
opdrag van
: Duncan
& Rothman, KIMBERLEY
Nms
Respondent
: Adv
J J Rosenberg
Namens
: Direkteur
van Openbare Vervolgings, KIMBERLEY